• No results found

leerlinge Sowel

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "leerlinge Sowel"

Copied!
42
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

HOOFSTUK 6

DIE ONDERWYSPROGRAM AAN SKOLE VIR BLINDES

6.1 INLEIDING

Waar die interne struktuur, organisasie en leerlingtal van skole vir blindes in hoofstuk 4 aan die orde gestel is, sal die onderwysprogram as sodanig in die onderhawige hoofstuk bespreek word. Aspekte wat aangesny sal word, is groepering van leerlinge, aanbieding van leerinhoude, sillabusse, kurri= kula, eksaminering en bevordering van leerlinge. Nadat die situasie aan skole vir blindes in die RSA in oenskou geneem is, sal enkele knelpunte in hierdie verband aan skole vir blindes in sekere oorsese lande bespreek word.

6.2

6. 2. l

6.2.1.1

DIE ONDER~JYSPROGRAM AAN SKOLE VIR BLINDES IN DIE RSA

DIE PRE-PRIMeRE ONDER~~SPROGRAM Groepering van leerlinge

Sowel die Skool vir Blindes te Worcester as die Prinshofskool te Pretoria laat blinde leerlinge vanaf vyfjarige ouderdom tot 'n voorbereidende klas toe waar hulle as heterogene groep wat betref kognitiewe, affektiewe en selfstandigheidsontplooi= ing vir toetrede tot meer formele onderrig voorberei word. Dit gebeur egter soms wel dat blinde kinders hulle eers op

ses-, sewe- en selfs agtjarige ouderdom vir toelating aanmeld.

In 1973 was daar 7 blinde leerlinge in die voorbereidende klas aan die Prinshofskool. Aan die Skool vir Blindes was daar in 1974 gesamentlik 9 leerlinge in die voorbereidende klas (klein substanderd A) en substanderd A en hulle is in dieselfde klasgroep onderrig. Afrikaans- en Engelssprekende

(2)

blinde kleuters is aan albei skole in dieselfde klasgroep onderrig (kyk bylae A, v. 1.5 en 1.7).

6.2.1.2 Inhoud van die pre-prim~re onderwysprogram

a. Klaskameraktiwiteite

Uie primere doel met die pre-primere onderwysprogram aan sowel die Skool vir Blindes as die Prinshofskool, is om die blinde kleuters voor te berei vir meer formele onderrig. Sekere aspekte van die leerinhoude wat onderskeidelik in substanderd A aan die Skool vir Blindes en graad I aan die Prinshofskool aangebied word, word deur die personeel verwerk om as riglyne by die onderrig van hierdie kinders te dien. Aspekte wat in hul onderrigprogram ingesluit word, is onder andere getals= begrippe en eenvoudige werk op 'n telbord; mondelinge werk in Afrikaans vir Afrikaanssprekende en in Engels vir Engels= sprekende kinders (onder andere die voordra van gedigte en inskakeling op kinderprogramme oor die radio); godsdienson= derrig; onderrig aangaande die eie gesondheid; sang en musiek met besondere beklemtoning van ritme; kennis van hul omgewing; elementere handwerk (hoofsaaklik met die oog op tassintuiglike oefening en spierkoordinasie); die verduideliking van die brailletikmasjien, die oefening van ritmiese tikwerk met be= hulp van musiek en die elementere beginsels van brailleskrif.

b. Buitemuurse aktiwiteite

Die onderwysprogram word buite die klaskamer voortgesit. Be= sondere aandag word aan werklikheidsorientasie en bevord~ring van mobiliteit gegee. Die leerlinge word gehelp om met self= vertroue te beweeg en om 'n mate van selfstandigheid te ver= werf. Hulle word ook geleer hoe om te speel. Toepaslike

(3)

speletjies word deur die onderwysers beplan, terwyl besondere aandag aan liggaamsoefeninge gegee word. Leerlinge word ge= help om hul leefwereld uit te brei deur na die dinge geneem te word en dit te betas, terwyl die onderwysers die dinge aan hul beskryf en verduidelik.

In die koshuise verleen onderwysers en koshuispersoneel hulp aan leerlinge ten aansien van aangeleenthede soos korrekte eetgewoontes, die afronding van toiletgebruike, aan- en uit= trek, die aan die kant maak van hul kamers en die bevestiging van ander korrekte sosiale gedragswyses. Die pre-primere leerlinge word ook by kulturele aktiwiteite ingeskakel, by= voorbeeld eredienste en die Sondagskool (kyk bylae A, v. 4.2 en

4. II).

6.2.1.3 Die oorplasing van leerlinge na graad 1 of substanderd A

Die tydperk wat leerlinge hul in die voorbereidende klas be= vind, word bepaal deur die vordering wat hulle maak. Leer= linge wat bewys daarvan !ewer dat hulle in 'n meer formele klaskamersituasie tereg sal kan kom en sal kan voldoen aan die eise wat ten opsigte van die skolastiese aan hulle gestel gaan word, word na graad of substanderd A oorgeplaas, Som= mige leerlinge vertoef dan ook minder as 'n jaar in die voor= bereidende klas, terwyl ander tot twee jaar in die voorberei= dende klas bly. Sommige van die leerlinge wat na twee of meer jare in die voorbereidende klas nie noemenswaardige vor= dering gemaak het nie, word as "ononderrigbaar" na hul ouer= huise terugverwys (kyk bylae A, v. 5,30).

(4)

6.2.1.4 Slotopmerkings

a, Die genoemde heterogeniteit* van kinders (kyk 6.2.1. I) wat vir die eerste keer tot 'n skool vir blindes toegelaat word, is veral aan twee faktore toe te skryf, naamlik die verskil in die intellektuele moontlikhede van die kinders en die verskil in die opvoedings- en onderrigpoging van ouers van blinde kinders gedurende die kind se voorskoolse jare.

'n Tydperk in 'n voorbereidende klas is dan ook onontbeerlik in 'n paging om blinde kinders die vereiste vlak van skoolge= reedheid te help verwerf (dit wil se opvoedende bemoeienis

ten aansien van die ontplooiing van potensialiteite soos so= sialisering, selfstandigheid, emosionaliteit, intellektuali~ sering, spierkoordinasie en moreel-etiese gevormdheid), voor= dat hul na graad I of substanderd A oorgeplaas word.

b. Die tydperk wat blinde kinders in die voorbereidende klas deurbring, dien dus in besonder ook as 'n evalueringstydperk. Waar dit, wat betref die blinde kind van voorskoolse ouderdom, besonder problematies is om vas te stel in watter mate 'n ontplooiingsagterstand aan pedagogiese verwaarlosing, gebrek= kige opvoedingskennis van die ouers of verstandelike vertra= ging toe te skryf is, kan gedurende die tydperk wat hy in die voorbereidende klas vertoef, tot groter kennis van die kind

*swart (1975) wys daarop dat die chronologiese ouderdom van die

~erling gerieflikheidshalwe dikwels as maatstaf vir sy algemene ontplooiing geneem word. Die verstandelike ontplooiing van slegs 68 persent van alle leerlinge korreleer egter met hul chronologiese ouderdom. Die ontplooiing van die oorblywende 32 persent leerlinge is dus nie in ooreenstemming met hul chro~ nologiese ouderdom nie (p. 2). Waar die blinds leerling (ook die voorskoolse blinde kind) gespesialiseerde onderrig vereis, kan verwag word dat die ontplooiing van 'n grater per• sentasie van hierdie kinders nie met hul chronolcgiese ouderdom korreleer nie wat die noodwendigheid van differensiasie onder• streep.

(5)

se moontlikhede gekom word.

c. Die voorbereidende klas maak ten aansicn van "skooltoelat"ingu moontlik. Die stadium waarin 'n leer= ling na graad I of substanderd A oorgeplaas word, word deur die vordering van elke indiwiduele leerling bepaal.

d. Soos vermeld, is die kinders in die voorbereidende klas 'n besondere heterogene groep. Hierdie kinders vereis dus soda~ nige indiwiduele aandag met betrekking tot die opvoeding en onderwys dat die klasgrootte tot die minimum beperk moet word. Die saamgroeper>ing van Zeerlinge in die voorbereidende klas met leerlinge in graad I of substanderd A sou ook doel= treffende onderrig bemoeilik.

e. Tydens die verkenningsbesoeke aan sowel die Skool v1r Blindes te Worcester as die Prinshofskool te Pretoria, was daar in 'n besondere mate blyke van verantwoo:r>de deur die onderwyseresse wat verantwoordelik is vir die voorberei= dende klasse. Die besondere intieme verhouding tussen kleu= teronderwyseresse en die blinde kinders was opvallend en rna= nifestasies van 'n belewing van geborgenheid deur die kinders was merkbaar. Die kinders was besonder spontaan maar tog eerbiedig in hul optrede teenoor die onderwyseresse, Outori= tere gesagsuitoefening was opmerklik afwesig en lyfstraf is slegs by hoe uitsondering toegedien. Die onderwyseresse het steeds hul vertroue in die verwerkliking van die ontplooiings= rnoontlikhede van die leerlinge gestel, selfs wanneer daar slegs geringe tekens van vordering vertoon is. Ook het on~ derwyseresse gewaak teen die moontlikheid van oorbeskerming en positiewe pogings aangewend om die kinders te help om on= afhanklikheid op verskillende terreine van hul daaglikse doen en late te verwerf en hul aan selfvertroue te laat wen.

(6)

6.2.2

6.2.2.1

DIE PRIMeRE ONDERWYSPROGRAM Groepering van leerlinge

Die grootte van die verskillende klasgroepe in die primere afde= ling (substanderd A tot standerd 5) aan die Skoal vir Blindes te Worcester het in 1974 gewissel tussen 5 en 9 blinde leerlinge. Die enkele Engelssprekende leerlinge in die verskillende standerds is saam met die Afrikaanssprekendes in dieselfde klasgroepe onder= rig. Afgesien van die groepering van blinde en swaksiende leer= linge in afsonderlike klasgroepe en die uitplasing van leerlinge na Aanpassings- en Hulpklasse, word daar in die gewone primere standerds geen verdere differensiasie by wyse van die groepering van leerlinge in dieselfde standerd in verskillende klasgroepe, toegepas nie. Sodanige verdere differensiasie word ook nie werk= lik nodig geag nie, aangesien bogenoemde uitplasing van leerlinge die heterogeniteit van die blinde kinders in dieselfde standerd ten aansien van intellektuele vermoe en skolastiese bekwaamheid reeds verminder het, en die grootte van die verskillende klas= groepe sodanig is dat indiwidualisering in die onderwys in 'n groat mate moontlik is.

Aan die Prinshofskool is 7 graad 1- en graad 2-leerlinge in 1973 gesamentlik in dieselfde klasgroep onderrig. Waar die moontlik= heid nie aan hierdie skoal bestaan om blinde leerlinge na 'n Aanpassings- of Hulpklas oor te plaas nie, word soms besondere probleme as gevolg van die heterogeniteit ten aansien van die intelligensie van leerlinge in dieselfde standerd ondervind. Die saamgroepering van graad 1- en graad 2-leerlinge verhoog hierdie heterogeni tei t verder (kyk bylae A, v. I. 7).

6.2.2.2 Kurrikula

(7)

volgende vakke aan leerlinge ~n die ~;1•a.dL (substanderds aan= gebied:

Godsdiensonderrig,

Rekenkunde (ook genoem Element~re Wiskunde), Afrikaans A of B, Engels A of B, Liggaamlike Opvoeding, Omgewingsleer, Gesondheidsleer, Handwerk en Sang.

Aan die Skoal vir Blindes te Worcester word die volgende vakke ~n

standerds 1 tot 5 aangebied:

Verpligte nie-eksamenvakke Godsdiensonderrig, Liggaamlike Opvoeding, Sang en Handwerk. Verpligte eksamenvakke Afrikaans A of B, Engels A of B, Elementere Wiskunde, Geskiedenis, Aardrykskunde, Gesondheidsleer en Algemene Wetenskap.

Van standerd 4 af tvord Tik ook as vak aangebied en vanaf standerd 5 is dit 'n volwaardige eksamenvak. Die onderrig van braille as skryf- en leesmedium begin reeds in substanderd A (graad I) en tot en met standerd 5 word spesifieke braille-onderrig gegee. Aan

(8)

blinde leerlinge in die primere skool word dus twee vakke aange= bied wat nie aan primere skole vir normaalsiendes aangebied \vord nie, naamlik Brailleskrif en Tik as bykomstige skryfmedium.(kyk bylae A, v. 4.4).

6.2.2.3 Sillabusse

Aangesien die Departement van Nasionale Opvoeding nie oor silla= busse vir die primere skool beskik nie, word die vakke in die grade aan die Prinshofskool " aangebied in ooreenstemming met die voorskrifte en leerplanne van die Transvaalse Onderwysde= partement. Indien wenslik word sekere aanpassings gemaak" (Suid-Afrika, 1970 b, p.69). Die primere ardeling aan die Skool vir Blindes volg die sillabusse van die Kaaplandse Onderwysdeparte= ment (Departement van Openbare Onderwys, Kaap die Goeie Hoop). Die sillabusse van die Kaaplandse Onderwysdepartement word egter nie volgens die letter nagevolg nie en 'n besondere wendbare bena= dering geld. Indien die hoof en verantwoordelike personeel sou besluit dat sekere gedeeltes van die leerstof vir blindes onoor= komelike probleme oplewer, of vir die blinde in sy leefwereld nie van betekenis is nie, word daardie gedeeltes weggelaat. Daar word egter sorg gedra dat die standaard van die leerinhoud nie verlaag word nie en wysiginge van sillabusse is onderhewig aan goedkeuring deur die Departement van Nasionale Opvoeding. Die sillabusse vir Tik in standerds 4 en S word aan die skool self opgestel en deur die Departement van Nasionale Opvoeding goedge= keur. (Kyk bylae A, v. 4. 1).

6.2.2.4 Enkele aanbiedingsaangeleenthede

a. Aan die primere afdelings van sowel die Skool vir Blindes as die Prinshofskool funksioneer hoofsaaklik 'n stelsel van klason= derrig. Die standpunt word gehuldig dat die jong blinde kind aan

(9)

leer ken. Die jong blinde kind beleef geborgenheid in die beken= de klassituasie en in die teenwoordigheid van 'n besondere ondcn,~= ser as vertroueling. In die senior primere standerds (standerds 3, 4 en 5) word in sekere vakke egter wel vakonderrig gegee, aan• gesien dit noodsaaklik is dat 'n vakspesialis hierdie vakke do• seer (kyk bylae A, v. 5.1).

b. Sowel die Skool vir Blindes as die Prinshofskool gee amptelik moedertaalonderrig aan kinders afkomstig uit onderskeidelik Afri• kaans- en Engelssprekende huisgesinne. As gevolg van die klein aantal Engelssprekende blinde leerlinge (kyk 4.4.1.4)

is dit egter nie moontlik om afsonderlike klasgroepe vir die taalgroepe in te stel nie. 1n Stelsel van dubbeZmediumonderrig word dus gevolg,

c. In die vak Omge~ingsZeer word leerinhoude van vakke soos Al= gemene Wetenskap, Geskiedenis en Aardrykskunde gekombineer. Die doel met hierdie vak is onder andere om kleiner blinde kinders eers met hul onmiddellike en later met die verderliggende omge2

wing bekend te stel en vertroud te maak. Vergesel van hul klas= onderwyseres besoek die kinders verskillende instansies. Hierdie verkenningsbesoeke dien terselfdertyd as orienterings- en be• weeglikheidsonderrig vir die kinders,

d. In die primere afdeling van albei skole word baie aandag aan

handWerk bestee. Die jong blinde kind is dikwels nog baie lomp

met sy hande en soms is die hande nie sterk ontwikkel nie. Waar die blinde kind in 'n besondere mate van die tassintuig afhanklik is en braille as skryf- en leesmedium gebruik, is een van die belangrike doelstellinge met handwerk om die blinde kind te leer om sy hande te gebruik en in besonder om ham te help om fyner tas= onderskeidinge te kan maak.

e. Die onde~g van b~iZZe as lees- en skryfmedium begin reeds 173

(10)

in substanderd A (graad I) en alle onderwysers aan die Skool vir Blindes is verplig om die kursus in braille wat deur die skool self aangebied word, te deurloop. Sodra 'n leerling as braille= kandidaat toegelaat word en nog oor 'n mate van gesig beskik, beklemtoon die onderwyser by die leerling dat hy hom op sy tassin= tuig as medium van onderrig moet rig en dat hy nie moet probeer om brailleskrif met sy oe te ontsyfer nie. Aanvanklik gebeur dit wel dat 'n mate van weerstand teen die gebruikmaking van braille by braillekandidate te bespeur is en dit is soms vir braillekan= didate moeilik om te aanvaar dat bulle nou as blind beskou word en dat hul gesig sodanig verswak het dat bulle nie meer deur medium van die visuele in die didaktiese situasie tereg kan kom nie.

In hierdie verband skryf Vaughan (1966) dat die metode wat by die onderrig van braille gebruik word om die kind spesifiek op die

tassintuiglike te rig, die kind sal help om die versoeking om braille met die oe te lees, te weerstaan. Hy noem egter dat daar steeds leerlinge sal wees wat met die kop teenaan die boek sal probeer om brailleskrif met die oe te lees. Die toepassing van strafmaatreels deur byvoorbeeld die leerling se oe toe te bind, keur hy egter as pedagogies onverantwoordbaar af

(p. 18).

f. Tydens die verkenningsbesoeke aan die Skool vir Blindes en die Prinshofskool het geblyk dat onderwysers daarin slaag om die onder= rig in 'n besondere mate te indiwidualiseer; om die betrokkenheid van die blinde kind by die klaskameraktiwiteite te verseker en sy mate van geisoleerdheid te deurbreek; om beskikbare onderwyshulp= middels op 'n verantwoorde wyse in te skakel, en om die selfstan= digheidsontplooiing van die jong blinde kind voorop te stel.

(11)

6.2.2.5 Eksarninering en bevordering

Die eksaminering in die primere afdeling VQn beide die Skool vir Blindes en die Prinshofskool geskied intern. Vraestelle word in die reel in 'n stygende graad van moeilikheid opgestel om vercll die swakker kandidate die geleentheid te hied om direk met die makliker gedeeltes te begin wat daartoe hydra dat kandidate tydens die aflegging van die eksamen aan selfvertroue wen. Deur vraestel= le in 'n stygende graad van moeilikheid op te stel, \vord dan ook 'n wyse van gedifferensieerde eksaminering toegepas.

'n Paneel bestaande uit die skoolhoof, die betrokke vise-hoof, 'n onderwysersielkundige en die klasonderwyser besluit in die reel oor die bevordering van die leerlinge. Die bevordering in graad I

en 2 (substanderds A en B) geskied hoofsaaklik op grond van skolas= tiese prestasies in Afrikaans, Engels en Rekenkunde. In die junior primere afdeling (graad I en 2 (substanderds A en B) en standerd I)

is die slaagvereiste 'n gemiddelde van 55 persent. Van standerds 2 tot 5 is 'n gemiddelde van SO persent die slaagvereiste.

Afgesien van die prestasie van 'n leerling in die eksamen wat aan die einde van die vierde kwartaal afgele word en wat as hoof= kriterium dien, word sy prestasies in klastoetse en eksamens ge= durende die jaar, sy ouderdom en die stadium van die jaar waarop hy tot die skool toegelaat is, sy moontlike afwesigheid as gevolg van siekte en 'n volledige persoonsbeeld van die leerling vir die doel van bevordering in aanmerking geneem. Die bevordering van elke leerling geskied dus op 'n indiwiduele grondslag en in die lig van 'n verskeidenheid persoonlike gegewens aangaande die kind. Daar is dus in 'n besondere mate sprake van gedifferensieerde be= vordering aangesien bevordering nie bloot op 'n eksamenpunt berus nie.

(12)

6.2.2.6 Aanpassingsklasse

In 19 74 he t 9 b linde lee rlinge en geen swaks iende leerl inge a an die Skool vir Blindes te Worcester hul in die Junior Aanpassings= klas bevind waarin vir leerlinge van ongeveer standerd 1- tot standerd 3-vlak voorsiening gemaak word. In die Senior Aanpas= singsklas waarin leerlinge van ongeveer standerd 4- tot standerd 6-vlak opgeneem word, was in 1974 5 blinde leerlinge en I swak= siende leerling. In werklikheid het drie kategoriee blinde en swaksiende leerlinge hulle in die Aanpassingsklasse bevind, naam= lik

-a. Leerlinge wat hul skolastiese agterstand sal verhaal en na die gewone klasse teruggeplaas sal word.

b. Leerlinge wat in die Aanpassingsklasse bly, ooreenkomstig hul besondere moontlikhede vorder (aan die hand van 'n verwerking van sillabusse van die primere skool) en later van hierdie klasse na die Vakafdeling oorgeplaas word.

c. Leerlinge wat sodanig verstandelik vertraagd is dat hulle na 'n evalueringstydperk in 'n Aanpassingsklas, na 'n Hulp= klas oorgeplaas word.

Wat betref die onderrigtaak in die Aanpassingsklasse, is daar leerlinge wat spesiale onderrig in braille ontvang, leerlinge wat remedierende onderrig ten aansien van sekere vakke ontvang (in be= sander ten aansien van die twee amptelike tale en Rekenkunde) en leerlinge wat 'n verwerking van sillabusse van die primere skool volg (kyk bylae A, v. 1.7, 5.4 en 6.10).

Die meriete van die Aanpassingsklasse le onder andere daarin dat dit as evalueringstydperk dien. Waar daar onsekerheid mag bestaan of sekere leerlinge verdere akademiese onderwys suksesvol sal kan deurloop en of hulle noodwendig op spesifieke handvaardigheidsop= leiding in die Vakafdeling aange,vys is, word hierdie leerlinge in 176

(13)

die geleentheid gestel om hulle moontlikhede in die Aanpassings= klasse te toon. Leerlinge wat nie in die primere standerds skolas=

ties kan tred hou nie, word dus nie summier tot Hulpklasse en hand= vaardigheidsopleiding gepredisponeer nie. Verder word lee

wat wel nog baat vind by die aanbieding van die voorgeskrewe leer= inhoude (of 'n verwerking daarvan), maar nie die volwaardige pri= mere onderwysprogram suksesvol kan deurloop nie, in die Aanpasc

singsklasse in die geleentheid gestel om ooreenkoms hul beson= dere moontlikhede te vorder.

Uit bogenoemde blyk dan die diverse aard van die onderrigtaak in die Aanpassingsklasse, asook die heterogeniteit ten aansien van die leerlinge wat hulle in die klasse bevind. Alhoewel indiwidu= alisering in die onderrig as gevolg van die klein aantal leerlinge in hierdie klasse in 'n groot mate moontlik is, skep genoemde diversiteit en heterogeniteit wel besondere probleme.

6.2.2.7 Hulpklasse

In 1974 is 31 verstandelik vertraagde blinde en swaksiende kinders wat nie uit die gewone primere onderwysprogram voordeel kon trek nie, in drie Hulpklasse aan die Skool vir Blindes onderrig (kyk tabel 4.1). Sommige van hierdie kinders is sodanig verstandelik vertraagd dat hulle as ononderrigbaar beskou kan word. Aangesien daar dikwels vir hierdie kinders geen ander heenkoroe is nie en dit ook moeilik is om die mate van verstandelike vertraging op 'n vroee ouderdom vas te stel, word hierdie kinders in die reel wel tot skole vir blindes in die RSA toegelaat.

Die onderrigprogram in die Hulpklasse word deur die betrokke on= derwysers(esse) in oorleg met die verantwoordelike vise-hoof be= plan. In Hulpklas word onder andere aandag gegee aan syferwerk (tel), lees en skryf deur medium van braille, en handwerk. Die leerinhoud in Hulpklas 2 is effens meer gevorderd. Eenvoudige

(14)

gediggies word geleer, met die aanleer van die tweede taal word 'n aanvang gemaak, "paragraafopstelle" word geskryf, kinderverhale word geleer en elementere rekene word gedoen. In Hulpklas 3 word hoofsaaklik van 'n verwerking en vereenvoudiging van die sillabus= se van standerds 3, 4 en 5 as leerinhoud gebruik gemaak.

Die reeks van drie Hulpklasse moet in werklikheid as 'n afsonder= like stroom, met eiesoortige leerinhoud vir verstandelik vertraagde blinde kinders, gesien word. Blinde leerlinge word op ongeveer sestienjarige ouderdom van of Hulpklas 2, of Hulpklas 3 na die Vakafdeling oorgeplaas waar hulle op toetrede tot beskutte werkswinkels voorberei word (kyk bylae A, v. 1.7, 5. II en 5.12). Soos daarop gewys (kyk 4.4.2.2), dui getuienis en gegewens daarop dat die persentasie meervoudiggestremde kinders steeds toeneem. In hierdie verband moet oak op 'n verklaring deur Peach (1972) gewys word. Hy noem dat die grootste persentasie van die meer= voudiggestremde gesigsgestremde kinders wel verstandelik vertraag is, en dat dit skyn asof in lande waar in afsonderlike skole vir gesigsgestrernde kinders voorsiening gernaak word, die skole even= tueel uit twee afsonderlike afdelings sal bestaan, naamlik een vir normaalbegaafde gesigsgestremde kinders en een vir verstan= delik vertraagde gesigsgestremde kinders (pp. 19-20).

6.2.3 DIE SEKONDERE ONDERWYSPROGRAM 6.2.3.1 Groepering van leerlinge

In 1974 is blinde en swaksiende leerlinge van standerd 7 tot stan= derd 10 aan die Skoal vir Blindes te Worcester in dieselfde klasc groepe saamgegroepeer. 'n Afsonderlike afdeling vir swaksiende leerlinge (insluitende swaksiende sekondere skoolleerlinge) met 'n eie gebouekompleks, is egter reeds deur die Departement van Nasio= nale Opvoeding goedgekeur en sal binne afsienbare tyd voltooi

(15)

wees (SANRB, 1970, p. 116).

Die grootte van die klasgroepe in standerds 6 tot 10 het gewissel van ongeveer 5 tot ongeveer II leerlinge per klasgroep. Uit die aard van die saak vind 'n onderverdeling van die klasgroepe tydens die aanbieding van keusevakke plaas. In klasse waar die hetero-geniteit van leerlinge ten aansien van skolastiese bekwaamheid dit genoodsaak het, is intraklasgroepering (dit wil se groepering bin= ne dieselfde klaskamer) toegepas.

Die enkele Engelssprekende leerlinge in die sekondere afdeling word saam met Afrikaanssprekendes in dieselfde klasgroepe onderrig en 'n stelsel van dubbelmediumonderrig word gevolg (kyk 4.4.1.4 en bylae A, v. 1.7).

6.2.3.2 Kurrikula

a. Vakke wat aangebied word*

I. Standerd 6 word as 'n verkenningsjaar** beskou en gedurende

hierdie jaar maak die leerlinge met verskillende vakke ken= nis waaruit hulle hul keusevakke in standerds 7 en 8 moet saamstel. Die kurrikulum vir standerd 6 is soos volg saam-gestel: Verpligte nie-eksamenvakke Liggaamlike Opvoeding, Skoolmusiek en Sang, Godsdiensonderrig en Dui ts

*Hierdie is 'n beskrywi~g van die situasie saos gedurende 1973. **•n Uiteensetting van die verdeling van die twaalf skooljare in

vier skoolfases soos deur die Minister aangekondig, word in paragraaf 6.2.4.2 gegee.

(16)

Deur Duits as verpligte nie-eksamenvak aan te bied, word leerlinge in die geleentheid gestel om met die vak kennis te maak en kan hulle besluit of hulle met Duits as keuse-en eksamkeuse-envak in standerd 7 wil voortgaan.

Verpligte eksamenvakke Afrikaans A of B, Engels A of B, Geskiedenis Tik en Fisiologie

Fisiologie word in standerds 7 en 8 as keusevak aangebied en dus as verkenningsvak in standerd 6 ingesluit.

Keusevakke (eksamenvakke)

Aardrykskunde of Natuur- en Skeikunde, Rekenkunde* of Wiskunde.

2. Die kurrikulum van standerds 7 en 8 is soos volg saamgestel:

Verpligte nie-eksamenvakke Liggaamlike Opvoeding, Skoolmusiek en Sang en Godsdiensonderrig. Verpligte eksamenvakke Afrikaans A of B, Engels A of B, Geskiedenis en Tik

(17)

Keusevakke (eksamenvakke)

Fisiologie of Wiskunde, Aardrykskunde of Duits en Handel of Natuur- en Skeikunde.

3. Die kurrikulum van standerds 9 en 10 is soos volg saamge= stel: Verpligte nie-eksamenvakke Liggaamlike Opvoeding, Skoolmusiek en Sang en Godsdiensonderrig. Verpligte eksamenvakke Afrikaans A of B, Engels A of B en Fisiologie. Keusevakke (eksamenvakke) Duits of Tik, Geskiedenis of Wiskunde en

Handelsreg of Natuur- en Skeikunde (kyk bylae A, v. 4.4(b) en 4.5(b).

b. Verbandhoudende kurrikulere aangeleenthede I. In 'n paging om aan die besondere behoeftes van

spesifieke leerlinge ten aansien van vakkeuse t<' vnl= doen,word 'n besondere wendbare benadering ten aan= sien van die vakke wat sekondere skoolleerlinge kan kies, deur die skool gevolg. Dit gebeur dan ook dat verpligte en keusevakke van tyd tot tyd wissel na gelang 'n sekere groep leerlinge, of selfs 'n spesifieke leerling, sekere vakke of 'n sekere vakgroepering vir hulle of sy naskoolse beroeps= opleiding, universitere opleiding of gekose beroep benodig.

(18)

In die lig van hierdie benadering en van die keusevakke wat wel in die verskillende standerds Ln die sekondere afdeling aangebied word (Rekenkunde, Wiskunde, Natuur- en Skeikunde, Aardsrykskunde, Fisiologie, Musiek, Handel, Handelsreg, Duits, Tik en Geskiedenis), kan wel deeglik van die aanbieding van gedifferensieerde kurrikula gepraat word. 2. Die leerlinge wat probleme ondervind om Wiskunde te bemees=

ter, neem in standerd 6 Rekenkunde. Die Rekenkundesillabus is intern opgestel en die leerinhoud is daarop gerig om hierdie leerlinge sodanig syferkundig te onderle dat hulle sal kan voldoen aan die eise waarmee hulle in hierdie ver= band in die wereld van die volwassene gekonfronteer sal word. 3. Tik is tot op standerd 8-vlak 'n verpligte eksamenvak. Hier=

die vak vereis egter 'n besondere mate van handvaardigheid, noukeurigheid en taalkundigheid en al die leerlinge kan nie altyd aan die vereistes in hierdie verband voldoen nie, wat die onderrig bemoeilik.

4. Sekondere skoolleerlinge maak mettertyd in 'n al groter mate van gewone tikskrif gebruik, en 'n probleem wat opduik, is dat sommige leerlinge nie in 'n voldoende mate met braille= skrif op hoogte bly nie. In besonder verswak die spelling van sommige leerlinge. Ook noodsaak veranderinge in skryf= wyse voortdurende aanpassings ten aansien van braille (by= voorbeeld die nuwe notasies in Wiskunde en Natuur- en Skei= kunde as gevolg van metrisering) en blinde leerlinge in die sekondere afdeling moet hierin onderrig word. Vir sodanige addisionele onderrig in braille meet dus tyd ingeruim word. 5. ~~~1kskunde word in standerds 6 tot 8 as keusevak aange=

bied. As gevolg van die besondere probleme wat blinde kin= ders ondervind om veral sekere aspekte van die leerinhoud van hierdie vak te bemeester, is die leerinhoud aansienlik

(19)

verwerk en gewysig en word Aardrykskunde nie in standerds 9 en 10 aangebied nie.

6. Alboewel HandhJerk en Huishoudkurzde nie in die kurrikula van

die sekondere standerds aan die Skool vir Blindes ingesluit is nie, word onderrig in bierdie verband wel as opsionele naskoolse aktiwiteit aangebied (kyk 11.3.2).

7. Blinde leerlinge wat dit verkies en daartoe in staat is, word in die geleentbeid gestel om sowel Afrikaans as F:n(;els op die hoer vZak (A) aan te hied. Veral vir die leerlinge wat bulle as fisioterapeute in Londen wil gaan bekwaam waar bulle deur medium van Engels moet studeer, as die betere ge= skooldbeid in Engels van besondere waarde (kyk 12.2.2.2). 8. Die keuse van vakke bet vir sommige blinde leerlinge wat

aan 'n universiteit in musiek verder wou gaan studeer, pro=

bleme opgelewer. Die Gemeenskaplike Matrikulasieraad (GMR) bet onder andere vereis dat 'n derde taal of 'n natuurweten= skaplike vak in die Senior Sertifikaateksamen aangebied moet word om matrikulasievrystelling te kan verkry*. Enkele blin= de leerlinge wat in die vak Musiek besonder goed presteer bet, bet probleme ondervind om vakke soos Duits, Wiskunde en Natuur- en Skeikunde te bemeester. Gevolglik kon bierdie leerlinge beswaarlik aan die universiteitstoelatingsvereistes wat deur die GMR gestel is, voldoen (kyk 6.2.4.4).

6.2.3.3 Sillabusse

Die Skool vir Blindes bied sillabusse aan wat deur die Departement van Nasionale Opvoeding voorgeskryf of goedgekeur is en bierdie

*Hierdie vereistes wat deur die GMR ten aansien van matrikulasie= vrystelling gestel is, was tot aan die einde van 1973 van krag.

(20)

sillabusse is basies dieselfde of soortgelyk aan die wat aan skole vir normaalsiende leerlinge aangebied word. Waar nodig word seke= re aanpassinge of wysiginge ten aansien van leerinhoud in die lig van die moontlikhede en beperkthede van die blinde kind gedoen. Daar word egter gewaak teen blote verwatering van leerinhoude en enige verandering rnoet deur die Departernent van Nasionale Opvoeding goedgekeur word.

Afgesien van die twee arnptelike tale word vakke wat in standerds 9 en 10 aan die Skool vir Blindes geneem kan word, slegs op een vlak aangebied en wel op 'n vlak wat leerlinge in die geleentheid stel om die Nasionale Senior Sertifikaat (met of sander matrikula= sievrystelling) te verwerf. In die lig van die aanpassings en wysigings wat ten aansien van die leerinhoud van sekere vakke aan= gebring word, kan egter wel in 'n mate van gedifferensieerde silla= busse vir blindes gepraat word (kyk bylae A, v. 4.1 en 4.6).

6.2.3.4 Enkele aanbiedingsaangeleenthede

a. Ten spyte van die feit dat die leerlinge in die verskillende standerds van die sekondere afdeling (veral die leerlinge in standerds 9 en 10) as gevolg van die oorplasing van leerlinge na die Vak- en Beroepsafdeling, redelike homogene groepe is, word daar nogtans in die klas gedifferensieer. Dit geskied by wyse van indiwiduele aandag aan leerlinge, intraklasgroepering, die wisseling van die tempo van vordering van verskillende groepe

leerlinge, die uitskakeling van moeiliker gedeeltes van die leer= inhoud vir swakker kandidate en die aanmoediging van braillekandi= date om, ten opsigte van die vak Wiskunde, bruikbare gesigsreste waaroor hul nog mag beskik, te gebruik.

b. Om verskeie redes is die tempo van skolastiese vordering van die blinde leerling stadiger as die van die normaalsiende. In hierdie verband kan genoem word dat die leesternpo in braille

(21)

stadiger is as die met die blote oog; naslaanwerk deur gebruik= making van literatuur in braille heelwat tyd in beslag neem en selfstandige studie as gevolg daarvan gekortwiek word, en voorts dat die aanbieding van sekere leerinhoud aan die blinde kind be= sander baie tyd verg, aangesien die onderwys indiwidueel van aard is. Dit gebeur daarom dat onderwysers van die Skool vir Blindes probleme ondervind om die leerinhoude volledig aan te hied en soms genoodsaak is om in 'n sekere mate 'n eksamengerigte benadering te

volg in 'n paging om te verseker dat die leerling die eksamen met vrymoedigheid sal kan aandurf.

c. Soos daarop gewys, word blinde en swaksiende leerlinge van standerd 7 tot standerd 10 in dieseZfde kZasgroepe Daam;?cJ:r'oepeer.

Die feit dat blinde en swaksiende leerlinge as twee afsonderlike groepe binne dieselfde klasgroep behandel moet word, bemoeilik om 'n verskeidenheid van redes die onderwystaak. Aangesien egter reeds in beginsel besluit is om afsonderlike onderwysgeriewe vir swaksiende leerlinge te Worcester tot stand te bring, sal nie ver= der op hierdie aspek van die aanbieding ingegaan word nie, Wat be= tref die saamgroepering van grensgevalle in dieselfde klasgroep, dit wil se die leerlinge oor wie daar 'n mate van twyfel bestaan of hulle steeds deur medium van die visuele onderrig kan ontvang en of hulle as braillekandidate moet voortgaan, is die aangeleent= heid reeds in hoofstuk 5 aangesny (kyk 5.3.1.2 a).

d. As gevolg van die feit dat dit heelwat tyd neem om 'n handboek te brailleer, asook 'n hoe finansiele uitleg verg, word wel pro= bleme ondervind om nuwe handboeke binne 'n redelike tydperk beskik=

baar te stel. Onderwysers is dus soms genoodsaak om leerlinge die leerinhoude in braille te laat afneem, 'n aangeleentheid wat be= sender tydrowend is (kyk bylae 8.2).

(22)

6.2.3.5 Eksaminering

Die opstel van eksamenvraestelle aan die Skoal vir Blindes vir die eindeksamens in standerds 6, 7, 8 en 9, asook die nasien van antwoordstelle, geskied intern. Die eksamenvraestelle en die na= gesiene antwoordstelle word egter deur die Departement van Nasio= nale Opvoeding gemodereer. Wat betref die standerd 10-eindeksamen (Nasionale Senior Sertifikaateksamen), geskied die eksaminering

in die vakke waarvan die leerinhoud sekere aanpassings ondergaan het, intern met eksterne moderering deur die Departement van Na= sionale Opvoeding. Eksaminering in die ander vakke geskied geheel en al ekstern.

Ten aansien van die afle van eksamens is sekere toegewings vir blinde leerlinge gemaak. Hierdie toegewings is onder andere dat die opsiener die eksamenvraestel voor die aanvang van die eksamen aan die leerlinge kan voorlees; dat addisionele tyd vir die afle van die eksamen toegestaan word; asook dat blinde leerlinge van sekere alternatiewe wyses om hul antwoorde te verstrek, gebruik kan maak ('n voorgeskrewe skets in die vak Fisiologie mag byvoor= beeld beskrywe word in plaas daarvan om dit te teken).

'n Besondere probleem wat tydens eksaminering ondervind word, is dat indien die leerling die vraag in brailleskrif verkeerd lees, die foutiewe interpretasie van die vraag noodwendig in sy antwoord gereflekteer word. Die eksamen is dus nie slegs 'n toets van die onderlegdheid van die leerling in die verskillende vakinhoude nie, maar ook van sy vermoe om brailleskrif te lees. Genoemde toege= wings is dan ook daarop gerig om sekere beperkinge wat blindheid by die aflegging van die eksamen op die b lin de kind le, in ag te neem (kyk bylae A, v. 5.7, 5.8 en 5.9).

In die lig van die praktyk van interne eksaminering en eksterne moderering, van genoemde toegewings tydens die aflegging van

(23)

eksamens, en van die metode om die eksamenvraestel in 'n stygende graad van moeilikheid op te stel, kan daar dus wel in 'n mate van gedifferensieerde eksaminering gepraat word.

6.2.3.6 Bevordering

Die bevordering van blinde leerlinge vanuit standerds 6, 7, 8 en 9 aan die Skool vir Blindes geskied intern, maar moet deur die Departement van Nasionale Opvoeding bekragtig word. Die aanvankli= ke interne bevordering het besondere meriete aangesien die perso= neel die kinders persoonlik ken ('n groot aantal van die blinde leerlinge is vir hul hele skoolloopbaan aan die Skool vir Blindes verbonde) en die bevordering dus teen die agtergrond van persoon= like kennis van die moontlikhede en beperkthede van elke kind ge= skied. Die beslissing oor watter standerd 10-leerlinge aan die vereistes vir die verwerwing van die Nasionale Senior Sertifikaat

(met of sonder matrikulasievrystelling) voldoen, word egter geheel en al ekstern behartig.

Die bevordering en eksamenprestasies van blinde en swaksiende leer= linge aan die Skool vir Blindes te Worcester word deur die volgen= de syfers weerspieel. Van 1944 tot 1970 het 166 kandidate vir die Nasionale Senior Sertifikaateksamen ingeskryf. Van hierdie kandi= date het 74 (44,6%) in die eerste klas geslaag, 87 (52,4%) in die tweede klas en 5 (3,0%) nadat hereksamens geskryf moes word (Suid-Afrika, 1970b, p. 40). In die 27 jaar het dus nie een kandidaat wat vir die Nasionale Senior Sertifikaat ingeskryf het, gedruip nie. Gedurende die jare 1968, 1969 en 1970 het 36 kandidate vir hierdie eksamen ingeskryf waarvan 17 (47,2%) in die eerste klas ge= slaag het. Van die 66 leerlinge wat van 1960 tot 1967 vir die standerd 10-eindeksamen ingeskryf het, het tussen 50 en 60 persent die Nasionale Senior Sertifikaat met matrikulasievrystelling ver= werf. Wat betref die Nasionale Junior Sertifikaateksamen (standerd

(24)

8-eindeksamen),het 16 kandidate van die Skool vir Blindes in 1970 vir hierdie eksamen ingeskryf. Van hierdie 16 kandidate het 6

(37,5%) in die eerste klas geslaag en 9 (56,3%) in die tweede klas (Skool vir Blindes, 1968a, 1969 en 1970a}.

Bier word ook gewys op die persentasie standerd 6-ZeerZinge wat weZ standerd 10 bereik en die Nasionale Senior Sertifikaat ver= werf. Van al die blinde en swaksiende leerlinge wat van 1956 tot

1963 in standerd 6 was, het 46,2 persent (66) na vier jaar verdere skoolopleiding die Nasionale Senior Sertifikaat verwerf. Leerlinge wat moontlik na standerd 6 tot die Skool vir Blindes toegelaat is, is egter ook by die 66 leerlinge wat gedurende die jare 1960 tot 1967 die Nasionale Senior Sertifikaat verwerf het, ingesluit (kyk bylae A, v. 5.20).

Die besonder hoe persentasie matriekleerlinge aan die Skool vir Blindes wat wel slaag, asook die wat in die eerste klas slaag, is opmerklik. Wat betref die aspekte wat in die vorige paragraaf bespreek is, kan hier dan ook 'n vergelyking getref word tussen die situasie aan die Skool vir Blindes en die aan die provinsiaZe skoZe in die vier provinsies. Aan die einde van 1972 het 87,0 persent van die standerd 10-leerlinge in die provinsiale skole in die Oranje-Vrystaat, Natal, Transvaal en die Kaapprovinsie die eindeksamens met goeie gevoZg afgele. Van hierdie leerlinge het

19,2 persent in die eerste kZas geslaag en 45,2 persent matriku= Zasievrystelling verwerf. Wat betref die persentasie standerd 6-leerlinge aan nie-beroepskole (dit wil se provinsiale en private skole) wat wel daarin geslaag het om standerd 10 te bereik en te slaag, het 40,6 persent van die seuns en 34,8 persent van die meisies wat gedurende die jare 1956 tot 1967 in standerd 6 was, wel gedurende die jare 1960 tot 1971 die standerd 10-eindeksamen

geslaag (RGN, 1970b, pp. 40 en 55}.

Uit hierdie gegewens blyk die gunstiger situasie aan die Skool vir 188

(25)

Blindes. Hierdie toedrag van sake kan onder andere moontlik aan van die volgende redes toegeskryf word: Die doeltreffendheid van die stelsel van differensiasie by wyse van uitplasing van som~ mige leerlinge na die Vak- en Beroepsafdeling, waardeur verseker word dat leerlinge wat vir die standerd 10-eksamen inskryf, wel aan die vereistes wat gestel word, kan voldoen; die klein klas= groepe wat 'n besondere mate van indiwiduele aandag aan leerlinge moontlik maak, en die noodwendigheid van 'n mate van eksamengerigt= heid in die didaktiese situasie waarop gewys is.

6.2.3.7 Sertifikaatuitreiking

Op aanvraag reik die Departemen.t van Nasionale Opvoeding aan blinde leerlinge wat die skool verlaat en aan die betrokke ver~ eistes voldoen het, die Nasionale Standerd 6 Sertifikaat, die Nasionale Standerd 7 Sertifikaat, die Nasionale Junior Sertifi= kaat en die Nasionale Intermediere Sertifikaat uit. Leerlinge wat die standerd 10-eindeksamen met goeie gevolg afgele het, verwerf die Nasionale Senior Sertifikaat, met of sonder matriku= lasievrystelling. Aan leerlinge wat slegs sekere vakke in 'n betrokke standerd geslaag het, word 'n gesertifiseerde verklaring deur die skool uitgereik waarop die vakke waarin die leerling ge= slaag het, aangedui word. Op grond van hierdie verklaring kan skoolverlaters dan ook vir pensioenvoordele wat op sekere blinde persone van toepassing is, in aanmerking kom (kyk bylae A, v. 4. 8).

6.2.3.8 Voortsettingsklasse

Afgesien van die gewone sekondere onderwysprogram word aan die Skool vir Blindes ook vir voortsettingsklasse voorsiening gemaak. Leerlinge in die Vak- en Beroepsafdeling, leerlinge wat vanaf sko~ le vir swaksiendes en normaalsiendes na die sekondere afdeling van

(26)

die Skool vir Blindes oorgeplaas word, asook jeugdige en volwasse blinde persone van wie sommige reeds hul skoolloopbaan voltooi bet voordat bulle blind geword het en vir die een of ander vorm van beroepsopleiding na die Skool vir Blindes en die Werkswinkels vir Blindes te Worcester kom, word by voortsettingsklasse ingeska= kel. Aan hierdie persone word in die skoolafdeling onderrig aan= gebied in onder andere die twee amptelike tale, Braille, Tik, Rekenkunde, mobiliteit en orientasie, asook ten opsigte van die bemeestering van alledaagse take (Suid-Afrika, 1970b, p. 48). Uit die aard van die saak word die blinde persone wat by die voort= settingsklasse ingeskakel word op verskillende tye van die jaar opgeneem en is bulle 'n besonder heterogene groep wat betref hul ouderdom en hul onderlegdheid in dit waarin hul onderrig word. Ook word heelwat probleme ondervind om tyd vir hierdie voortset= tingsklasse in te ruim en om onderwysers daarvoor beskikbaar te stel.

6.2.3.9 Slotopmerking

Uit hierdie oorsig blyk dat besondere pogings deur die Skool vir Blindes aangewend is om die eiesoortige probleme waarmee die onderwys vir blindes gekonfronteer word, die hoof te bied. Ten aansien van verskillende aspekte van die onderwysprogram word daar gedifferensieer. Hierdie wyses van differensiasie het op sowel blinde leerlinge onderling as op blinde leerlinge in teen= stelling met normaalsiende leerlinge betrekking. 'n Verslapping in voorskrifte aan skole vir blindes is deur die Departement van Nasionale Opvoeding goedgekeur ten aansien van leerinhoude van sekere vakke, die opstel van eksamenvraestelle en die afle van eksamens, asook die bevordering van blinde leerlinge totdat hulle standerd 10 bereik. Deur middel van 'n wendbare benadering is dus reeds gevorder op die pad om binne die grense waar die blinde

(27)

volwaardig mens kan wees en in die lig van die eise van 'n "sien= de wereld"' die onderwysprogram vir blindes doeltreffend uit te bou.

6.2.4

6.2.4.1

ASPEKTE VAN DIE AANGEKONDIGDE STELSEL VAN GEDIFFEREN= SIEERDE ONDERWYS

Inleiding

Op 12 November 1971 het die Minister van Nasionale Opvoeding in sy beleidsaankondiging aangaande 'n stelsel van gedifferensieerde onderwys, die riglyne van sodanige stelsel uitgestippel. Sedert die beleidsaankondiging van die Minister het die Gemeenskaplike Matrikulasieraad (GMR) hersiene matrikulasievrystellingsvereistes aangekondig en het die Departement van Nasionale Opvoeding 'n De= partementele Handleiding insake Gedifferensieerde Onderwys opge= stel. Hierdie ondersoek sal dan ook nie volledig wees indien daar nie op hierdie riglyne gewys word nie.

6.2.4.2 Beleidsaankondiging deur die Minister van Nasionale Opvoeding insake 'n stelsel van gedifferensieerde onderwys

In die Staatskoerant van 12 November 1971 het die Minister van Nasionale Opvoeding aangekondig dat die onderwys in vier fases moet geskied en hierdie vier fases en die inhoud van elke fase is soos volg uiteengesit:

"Vier skoo lfaaes

8. Onderwys word in die onderstaa:nde vier skoolfases verskaf: (a) Die Zaer onderwys in wee skoo lfases

(i) die junior primere skoolfaae: Skoolja~ een tot drie;

(ii) die senior primere skoolfase: Skooljare vier tot ses.

(28)

(b) Die midcklbare onckr'I;Jy.s in twee skoolfases

-(i) die junior sekondere skoolfase: Skooljaro sewe tot nege;

(ii) die senior• sekondero skoolfase: Skooljare tien tot twaalf.

Junior• primere skoolfase

9. In die junior primero skoolfase word slegs klasonderwys verskaf.

Junior sekondere skooZfase

10. Onderwys in die eerste jaar van die junior sekondere skool= fase >Jord aan 'n laerskool of primere afd2Ung van 'n skool verskaf.

11. In die junior sekondere skoolfase

-(a) he die onderwys 'n bree, aluemeen vormende inslag; (b) is die meerderheid vakke verpligte vakkc; en

(c) mag daar geen gedifferensieerde leerplanne aangebied t.JOrd nie, maar word die leerstof gedifferensieerd aan= gebied volgens die opvoedkundige behoeftes van bepaal= de groepe Zeerlinge: Met dien verstande dat aan 'n

Zeerling wat nie voldoende voordeel uit die gewone onderrig wat in die normale verloop van die onderwys verskaf word, kan t.rek nie, 'n meer praktiese leerp Zan as die ander gedifferensieerde Zee.rplanne, waarin 'n beroepsgerigte kurnus ooreenkomstig gedifferen"dPcrdP

leerplanne verskaf word, aangebied word. Scn£or sekondere skoolfase

12. ( 1) Onderstaande studierigtings word op sen'i.Or sekondEre vlak aangebied:

(a) Teaniesc studiei'lgting; (b) handelstudierigting;

(29)

(c) Zandboustudierigting;

(d) natuurwetenskcrpZike studierigting; (e) geesteswetenskcrplike studierigting;

(f) kunsstudierigting (met inbegrip Van musiek, m'uTI'a, ballet en beeldende kuns);

(g) huishoudkundestudierigting; (h) algemene studierigting; en

(i) ten opsigte van die Zeerlinge in die voorbehouds= bepaZing by paragraaf 11 (c) be doe l, 'n praktiese studierigting.

(2) Meer as een studierigting kan aan 'n skool aangebied word.

13. In die senior sekondere skoolfase word 'n eksamenvak op 'n hoer vlak of op 'n standaard vlak of op 'n hotfr en op 'n standaard vZak aangebied" (Suid-Afrika, 1971, pp. 19-20).

Die kurrikulum wat deur 'n besondere leerling op die senior sekon= dere vlak aangebied word, kwalifiseer as 'n gespesialiseerde stu= dierigting indien 'n voorgeskrewe aantal vakke wat deur die leer= ling aangebied word, wel direk met 'n betrokke studierigting ver= band hou.

6.2.4.3 Die praktiese beroepsgerigte studierigting Soos daarop gewys, het die praktiese beroepsgerigte studierigting betrekking op leerlinge wat nie voldoende voordeel uit die gewone sekondere onderwysprogram kan trek nie. Die kursus loop parallel met standerds 6 en 7 van die junior sekondere skoolfase en stan= derd 8 van die senior sekondere skoolfase, met die moontlikheid vir leerlinge om selfs tot 'n standerd 9- of standerd 10-vlak in hierdie eiesoortige kursus te kan vorder. In die genoemde hand= leiding van die Departement van Nasionale Opvoeding (kyk 6.2.4.1)

(30)

word die volgende kurrikulum ten aansien van die praktiese beroeps= gerigte studierigting uiteengesit:

a. b. Nie-eksamenvakke Godsdiensondcrrig, Liggaamlike Opvoeding en Skoolmusiek. Eksamenvakke

Afrikaans/Engels (eerste taal), Engels/Afrikaans (tweede taal), Geskiedenis - Aardrykskunde, Praktiese Wiskunde,

Algemene Wetenskap en

Praktiese beroepsgerigte kursus - 3 of 4 vakke.

Die volgende 5 rigtings word in die praktiese beroepsgerigte kursus aangebied, naamlik: 'n Handels-, huishoudkundige, tegnie= se, landboukundige en algemene rigting (Suid-Afrika, 1973b, pp. 9-12).

6.2.4.4 Aspekte van die hersiene matrikulasievereistes van die Gemeenskaplike Matrikulasieraad (GMR) Die hersiene matrikulasievrystellingsvereistes wat deur die GMR vrygestel is, vereis onder andere dat minstens drie vakke (inslui= tende een van die amptelike tale) op die hoer vlak geslaag moet word en dit word nie van 'n leerling verwag om noodwendig

of

Wis= kunde,

of

'n derde taal in matriek aan te hied nie. Die voorwaar= de word egter ges te 1 dat die sertifikate van die leerlinge wat Musiek of Musikologie of Kuns as een van die vereiste drie vakke op die hoer vlak aanbied, sodanig geendoseer word dat hulle slegs tot sekere studierigtings a an 'n universiteit toegelaat sal word, naamlik B. Mus., B.A. (Musiek) of B.A. (Skone Kunste) (GMR, 1971,

(31)

p. 13). Hierdie gewysigde matrikulasievrystellingsvereistes impli= seer dat di€ blinde leerlinge wat in die vak Musiek besonder gocd presteer, maar probleme ondervind om vakke soos Duits, Hiskunde en Natuur- en Skeikunde te bemeester, nou wel matrikulasievrystel=

ling kan verwerf en in musiek aan 'n universiteit kan gaan spesia= liseer.

6.2.4.5 Slotopmerking

Die aangekondigde nasionale stelsel van gedifferensieerde onder= wys is 'n besondere paging om te verseker dat die kwalitatiewe on= gelykheid van kinders (onder andere ten aansien van verstandelike vermoens, emosionaliteit, aanleg en belangstelling) in die onder= wys in ag geneem sal word, asook dat onderwys in harmonie met die mannekragbehoeftes van die land sal geskied. Wat betref die uit= bouing van die onderwys van blinde kinders is dit van belang dat getrou gebly sal word aan die beginsels wat hierdie stelsel onder= le. Dit is egter nie moontlik om die onderwysstelsel vir normaal= siende kinders net so op blinde kinders van toepassing te maak nie. Gedifferensieerde onderwys vir blinde kinders moet, afgesien van die onderlinge indiwiduele verskille tussen blinde kinders, veral ook in die lig van die besondere lewenswerklikheid (ook as be= roepswerklikheid) van die blinde beplan word.

6.3

6.3. I

6.3.1.1

ASPEKTE VAN DIE ONDERWYSPROGRAM AAN SKOLE VIR BLINDES IN ENKELE OORSESE LANDE

ENKELE AANBIEDINGSAANGELEENTHEDE

Aanbieding aan braillekandidate met bruikbare gesigsreste

Dit is die praktyk aan verskillende skole v~r blindes in oorsese lande om braillekandidate met bruikbare gesigsreste in die geleent= heid te stel om, indien moontlik, hul gesig in die leersituasie

(32)

te gebruik. Aan byvoorbeeld die Skoal vir Blindes te Rome (Scuola Statale di Metoda 'A Romangnoli per gli Educatori dei Ciechi), word braillekandidate aangemoedig om, indien die leer= situasie hom daartoe leen, ook van hul gesig gebruik te maak

(kyk bylae D). Sommige braillekandidate maak dus van sowel die taktuele as die visuele as medium van onderrig gebruik. Ook te Chorleywood College for Girls in Engeland waar van alle leerlinge verwag word om braille te bemeester, word leerlinge met bruikbare gesigsreste aangemoedig en in die geleentheid gestel om ten valle daarvan in die leersituasie gebruik te maak (RNIB, J971c, p. 1). Hier sal dan ook op die beskouinge van enkele deskundiges in hier= die verband gewys word. Ashton, beroepsplasingbeampte van die Royal National Institute for the Blind (RNIB) te Landen beklemtoon die noodsaaklikheid dat braillekandidate, indien enigsins moontlik, van hul gesigsreste gebruik sal maak. Hy beweer dat alhoewel die gebruikmaking van hul gesig deur braillekandidate in die didaktie= se situasievirsommige leerlinge nie van veel waarde mag wees nie en selfs probleme mag skep, mag sy gesigsreste later in 'n beroepsi= tuasie vir die persoon van besondere waarde wees. In die lig hiervan noem hy dan dat die onderrig van die blinde kind nie bloat 'n doel in sigself is nie, maar wel ook 'n voorbereiding om later diensbaar en selfvervullend in 'n beroep in te skakel (kyk bylae D). Ook die Komitee van Ondersoek na die Onderwys van Gesigsge= stremdes (1972) in Engeland meld dat braillekandidate aangemoedig moet word om hul gesigsreste te gebruik in situasies waar dit vir hulle van waarde kan wees. Die Komitee wys byvoorbeeld daarop dat in skole vir blindes in Engeland nie veel gedoen word om braillekandidate te leer skryf nie, behalwe dat kinders geleer word om hul name te teken en vervolg: "Many ehiZ.dr>en may hcrve sufficient vz:s1:on to write and they should be to write i f at aZZ

z.e."

(p. 66).

(33)

Vaughan (1966) noem dat 'n skool vir blindes die oorbl)"vende vi: suele vermoe van die blinde kind nie mag onteien of neg('<'r nie, 11 want vir hom is sy 'n waardevolle besitth,y, ch:tl<:k 'n prestasie. Die doelstelling van die skoot vir swaksiendes om onder andere waarde te heg aan die gesig en om alles in we1•ktna

te steZ om die interpreteer van visuele sensasies te vcrbeter, meet aan sy nuwe skoal met dieselfde doelgerigtheid voortgesit !liord" (p. 116). Hy noem verder dat braillekandidate met bruikbare

gesigsreste geleentheid gegee moet word vir die beoefening van kuns in die vorm van teken- en verfwerk, vir die lees van groot swart= druk en vir verdere oefening in gewone handskrif. Ook moet braille: kandidate aangemoedig word om van bulle oorbl)'1Vende gesigsvermoe gebruik te maak tydens die aanbieding van vakke soos Rekenkunde, Aardrykskunde (onder andere deur gebruikmaking van gekleurde kaar: te met groot swartdruk), Geskiedenis en Natuurstudie. Wat betref die aanbieding van leerinhoude deur medium van beide die visuele en die taktuele, moet bier egter gewys word op die waarskuwing teen die praktyk om die jong braillekandidaat (grensgeval) gelyktydig in brailleskrif en gewone skrif te onderle. Vaughan (1966) verwys soos volg na die verslag Blind Children, Degree of Vision, Mode of Reading wa t in 1961 in die VSA ui tgegee is: "Many educators con= tend that teachiru.; both print and braille to children in the prima=

xy grades before they have mastered one skill tends to bring about aonfusion and aaa.demic roetardation" (p. 113).

6.3.1.2 Die saamgroepering van braillekandidate en swaksiende leerlinge

Verbandhoudend met voorafgaande bespreking van die gebruikmaking van hul gesigsreste deur braillekandidate, ook in die klaskamer= situasie, is die saamgroepering van braillekandidate en swaksien= des in dieselfde klaskamer. Volgens die School for Visually

(34)

Handicapped Children te Bringend (Glamorgan) en die St. Vincent's School for Blind and Partially Sighted te Liverpool is daar sekere voordele verbonde aan die praktyk om braillekandidate wat reeds braille bemeester het, en swaksiendes in dieselfde klasgroep te onderrig (kyk 5.3.1.2 a), en ondervind hulle nie besondere pro; bleme in hierdie verband nie. (Hierdie praktyk het in besonder op grensgevalle betrekking, dit wil se braillekandidate met bruik= bare gesigsreste.) Die saarngroepering van hierdie twee kategoriee leerlinge stel die leerling in die geleentheid om in die een leer= situasie, byvoorbeeld tydens die aanbieding van Wiskunde, van sy gesig gebruik te maak, terwyl hy in 'n ander (byvoorbeeld onaf= gebroke leeswerk) van braille gebruik kan rnaak. Ook aktiveer die alternatiewe gebruikmaking van visuele en taktuele metodes van aanbieding die braillekandidaat om steeds te "probeer om te sien". Hierdie volgehoue gerigtheid op die moontlike gebruik van sy ge= sigsreste, kan vir die braillekandidaat ook in ander skoolaktiwi= teite, asook tydens sy latere beroepsbeoefening en orientering in 'n siende gemeenskap van besondere waarde wees. Sodanige bena= dering impliseer dat die braillekandidaat (grensgeval) nie tot 1n

spesifieke medium (die gebruik van braille) gepredisponeer word nie, maar dat die medium van onderrig ooreenkomstig die moontlik= hede (gesigsvermoe) van die leerling aangewend word.

6.3.1.3 Die inskakeling van braillekandidate aan skole vir blindes in klasse vir normaalsiendes aan gewone skole

Aan sekere skole vir blindes in Engeland, Nederland en Italie be= staan daar die praktyk om geselekteerde blinde leerlinge vir die aanbieding van sekere vakke in klasse vir normaalsiende leerlinge aan naburige skole in te skakel. Sedert 1961 gaan geselekteerde blinde leerlinge van die St. Vincent's School for the Blind te

(35)

Bridgend na plaaslike akademiese hoerskole (Grammar Schools) vir die aanbieding van sekere akademiese kursusse. 'n Onderwyservoor~ ligter is onder andere verantwoordelik vir hulpverlening spesifiek aan hierdie leerlinge (Great Britain, 1972, p. 37). Ook enkelc blinde meisies van Chorleywood College wat reeds 'n matrikulasie~ sertifikaat (Ordinary Level General Certificate of Education) ver= werf het en met die oog op toetrede tot 'n universiteit verdere gevorderde studie (Advanced Level Studies en Entrance and Scholas= ship Papers) onderneem, gaan vir sekere kursusse na naburige aka= demiese hoerskole vir normaalsiende leerlinge (RNIB, l971c, p. 2). Die rede vir die inskakeling van blinde leerlinge in klasse aan skole vir normaalsiende leerlinge is tweerlei. In die eerste plek word sekere kursusse nie aan skole vir blindes aangebied nie. Ten

tweede stel sodanige inskakeling die blinde leerling in die ge= leentheid om saam met siendes te verkeer en te werk, wat hul late= re sosiale orientering as studente en beroepsbeoefenaars vergemak= lik.

6.3.2 DIE LEERINHOUD AAN SKOLE VIR SLINDES IN VERGELYKING MET DIE AAN SKOLE VIR NORMAALSIENDES

In drie skole vir blindes in Belgie, een in Nederland en een in Italie word spesifiek gepoog om die leerinhoude van die verskil= lende vakke nie drasties te laat afwyk van die wat in skole vir normaalsiende leerlinge aangebied word nie. In Belgie byvoorbeeld word die sillabusse wat in skole vir blindes aangebied word, deur die departement van onderwys gemodereer en goedgekeur om te ver= seker dat sowel die standaard as die inhoudelike voldoen aan seke= re vereistes wat aan die leerinhoud vir normaalsiendes gestel word

(kyk bylae B, v. 2.7 en bylae D). Ook in die VSA volg feitlik alle skole vir blindes in wese dieselfde studiekursusse as die in openbare skole vir normaalsiendes, ten spyte van aanvanklike

(36)

teenstand teen vakke soos Chemie en Fisika (Lowenfeld, 1967a, p. 202). Deur sodanige praktyk word gepoog om te verseker dat blinde skoolverlaters wel sal kan voldoen aan die eise wat aan tersiere onderwysinrigtings, asook in die beroepswereld gestel word.

6.3.3 EKSAMINERING EN SERTIFIKAATUITREIKING

In Belgie vind die eksaminering van leerl aan skole vir blin= des hoofsaaklik intern plaas. Die eksamenvraestelle word egter wel deur die onderwysowerhede gemodereer en die sertifikate wat deur die skole toegeken word, word dan oak as gelykwaardig beskou aan sertifikate wat deur normaalsiende kinders verwerf word (kyk bylae B, v. 2.7).

Aan nie-akademiese sekondere skole in Engeland is, wat betref die

interne CSE-eksamen (Certificate of Secondary Education), die ver= gunning verleen om die eksamenvraestelle te baseer op sillabusse wat spesifiek saamgestel is om aan 'n besondere skoal se vereis= tes te voldoen in die lig van wat die skool met die kinders wil bereik. Sekere sekondere skole vir blindes in Engeland skyn eg= ter onwillig te wees om van hierdie vergunning gebruik te maak. Hierdie onwi spruit blykbaar uit die vermoede dat poten= siele werkgewers, asook ander belanghebbende persone van mening sal wees dat vergunning gemaak is ten aansien van die standaard van die werk wat van blindes verwag word. In hierdie verband laat die Vernonkomitee (1972) hom soos volg uit: "These fears are mistaken sinoe external moderators ensure that standards are high" (Great Britain, 1972, p. 79). Die Komi tee beveel dan ook aan dat die voordele van hierdie eksamenstelsel ernstig deur skole met die oog op implementering, oorweeg moet word.

(37)

Engeland kan leerlinge die General Certificate of Education (GCE) verwerf. Hierdie sertifikaat kan op een van drie vlakke verwerf word, naamlik gewone vlak (0-level), gevorderde vlak (A-level) en universiteitstoelatingsvlak (Entrance and Scholarship Papers). Blinde leerlinge wat van plan is om hul studies aan 'n universi= teit voort te sit, vertoef in die reel vir 'n addisionele studie= jaar op skool (RNIB, 197lc, p. 2; Brown, 1967, p. 82). Met die toestemming van die eksamenrade word aan blinde kinders meer tyd as aan normaalsiendes toegelaat vir die aflegging van die eksamens en blindes mag ook sekere alternatiewe metodes gebruik om hul antwoorde te verstrek (Great Britain, 1972, p. 79).

6.3.4 ONDERWYSPROGRAMME VIR MEERVOUDIGGESTREMDE BLINDE KINDERS

a. In EngeZand word meervoudiggestremde blinde kinders (waaronder verstandelik vertraagde blinde kinders) in afsonderlike skole saamgetrek (kyk 5.3.2.2). Aan die Rushton Hall School te Kettering wat vir junior meervoudiggestremde blinde kinders (sewe- tot twaalf=

jariges) voorsiening maak, word 'n algemeen vormende onderwyspro= gram aangebied en die kurrikulum omvat handwerk (pottebakkery, houtwerk en rottangwerk), musiek, braille-onderrig, liggaamlike opvoeding (gimnasiumaktiwiteite en swem) en mobiliteitsonderrig. Die sosiale orientering van die leerlinge word sterk beklemtoon en daar word gepoog om hulle, sover as wat dit moontlik is, vir

'n selfstandige bestaanswyse voor te berei (RNIB, 1Y7Ub, pp. 1-5).

Van hierdie skool word leerlinge na die Condover Hall School te Shrewsbury vir senior meervoudiggestremde blinde kinders (twaalf-tot sewentienjariges) oorgeplaas. Die kurrikulum aan hierdie skool is ook praktiesgerig. Ten tye van skoolverlating word die leerlinge wat oor die moontlikhede beskik om tot 'n beroep in die ope arbeid toe te tree, na sentra vir beroepsvoorligting en

(38)

beroepspotensiaalevaluering oorgeplaas (kyk 7.3.5). Ander word in beskutte werkswinkels opgeneem, terwyl die kinders wat nie tot beroepsbeoefening in staat is nie, in inrigtings opgeneem word waar bulle by uitstek versorg word (RNIB, 197ld, pp. 1-4). b. Aan die Koninklijk Instituut Spermali voor Blinde en Slecht= ziende Meisjes en Jongens te Brugge (BeZgie) word verstandelik vertraagde blinde kinders reeds gedurende hul aanvangsjare in die prirnere skool na 'n afsonderlike afdeling oorgeplaas. Die onderwysprograrn is praktiesgerig en die onderrig geindiwiduali= seerd. Op ongeveer dertienjarige ouderdom word leerlinge uitge= plaas vir opleiding in 'n handvaardigheidsrigting. Die meerder= heid van hierdie leerlinge word later in beskutte werkswinkels

opgeneem. Aan twee skole vir blindes te Brussel word op ooreen= stemmende wyse vir verstandelik vertraagde blinde kinders voorsie= ning gemaak (kyk bylae B, v. 2.1).

c. Die probZematiek van die meervoudiggestremde blinde kind, en in besonder van die verstandelik vertraagde blinde kind, bet die afgelope aantal jare, veral weens die vermeerdering in hul getalle, al sterker op die voorgrond getree (kyk paragraaf 1.2). In Augus= tus 1967 is die volgende resolusie dan ook deur die Vierde Vyfjaar= likse Konferensie van die International Council of Educators of Blind Youth (ICEBY), wat aan die Perkins School for the Blind te Watertown (Massachusetts, VSA) gehou is aanvaar: "In view of the increasing numbers of muZtipZe handicapped bZind chiZdren, the ICEBY urgentZy aaZZs to the attention of aZl governments the spe= aiaZ needs of these chiZdren and requests their assistance in meeting these needs by the support of faciUties for them"

(Myers, 1967, p. 276). Wat betref die aard van die onderwys en opleiding wat in die lig van hul spesifieke gestremdheid, en van die grense waarbinne bulle hul as volwassenes sal moet uit= lee£, aan hierdie kinders aangebied moet word, verwys Peach (1966} 202

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

(vii) •n Kliniekskool moet vanwee die afgesonderdheid van sy leerlinge, ruim voorsiening maak vir vorming en toerusting van die kinders. Hulle moet gemotiveer

spiegelbeeld. tiscl1e periode en. hebben? is het \.Toor ke:nrllssociologen zo aantreklce1ijke \terbancl tussen Ilu.rld'-.:.eins lLniv-ersi taire bliksemcarrii3re e11

The arid and semi-arid areas of southern Africa have been affected significantly by anthropogenic changes to the landscape, which, when combined with the effects of climate change,

Sodoende word daarin geslaag om die begrip begeleiding konkreet te maak, deur dit in waarneembare terme uit te druk om sodoende onderwysvaardighede te onderskei

country context. The energy demand profile in terms of energy services as opposed to simply electricity has demonstrated the unique energy needs of a developing country

). Offisie1e Koerant: G.K. Offisiele Koerant: G.K.. boere, nedersetters of persone in •n permanente werk in die gebied uitgebrei moes word en dat die toelating

* Skriftelik-kollektiewe kontak- omsendbriewe (Ibid., 18). operettes, gimnastrades, ens. probleme is hier ter sprake.. Indien aangeneem word dat die hoof op die

le 'lengongobadi' gonne romoki a sa dirisa leina loso mme a dirisitse tshwantshiso ya gore loso ke lengongobadi ·gonne loso.. lo ngangabalela batho mme lo