• No results found

is sit

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "is sit"

Copied!
29
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

H 0 0 F S T U K V.

DIE PL.AASLIKE BEHEER EN VER.ANTWOORDELIKHEID TYDENS

DIE ENGELSE BEWIND, 1877 -

1881.

1. Verkose skoolkornmissies sit hulle werk voort. Toe die Zuid-Afrikaansche Republiek op 12 April 1877 in Engelse hande oorgegaan het, is by wyse van 'n proklamasie aangekondig dat die wette wat ten tye van die anneksasie van krag was, dus ook die onderwyswet van 1874, van krag sou bly. Amptenare is versoek om

1)

in hulle betrekkings te bly • Bestaende skoolkomrnissies,-soos ook superintendent Van Gorkom, sou dus met hulle werksaamhede voortgaan. Tog het die Engelse Adminis

trat~~r.~ besluit dat die verkiesing van skoolkomrnissies wat teen die m;ddel van 1877 op Lydenburg en Middelburg moes plaasvind, uitgestel m~es word totdat hy in staat

2) sou wees om meer aandag aan die onderwyssake te skenk • Terselfdertyd het dr. J. Vacy Lyle opdrog ontvang

om 'n ondersoek in te stel na die bestaande onderwys-stelsel en die wette waarvolgens die onderwys beheer

3)

word • Van die Administrateur self het 'n oproep uitgegaan aan skoolkommissies, onderwysers, predikante en die bevolking om dr. Lyle by te staan in sy onder-soek ten einde horn in staat te stel om aanbevelings te doen aangaande die toepassing van die wette sodat dit sou voorsien in die behoeftes van die volk en die

omstandighede/ •••

1. Locale wetten der

Z.A.

Republiek, 1849 - 1885,659 e.v. Uys: In the era of Shepstone, 391.

2. O.D. 1/2 no. 106: Staatsekretaris aan Van Gorkom, 8 Junie 1877.

3. OoDo 1/2 no. 111: Staatsekretaris aan dr. Lyle,

4

Junie 1877. Die opdrag is oorspronklik aan Van Gorkom gegee maar later teruggetrek, vgl. O.D. 1/2 no. 110: Staatsekretaris aan Van Gorkom,

7

Junie lfJn.

(2)

omstandighede van die land, want in die sa8k van die opvoeding was dit bowenal noodsaaklik dat die wense en gerief van die volk in aanmerking geneem moes word. Enige stelsel strydig daarmee, hoe goed ook al, sou

1)

altya faal •

Die resultate van dr. Lyle se ondersoek, wat in 2)

Januarie 1879 bekend gemsak is , het ten gevolg gehad dat in dieselfde jaRr 'n aantal voorlopige

onderwys-3)

regulasies uitgevaardig is • Wet no. 4 van 1874 het egter die geldende onderwyswet gebly totdat dit in

4)

1880 vervang is deur Wet no. 10 van 1880 • Van die anneksasie van 1877 af tot 1880 het dr. Lyle en ds. Bosman, wat agtereenvolgens na die b~danking van sunerintendent Van Gorkom waarnemende Superintendent

. . 5)

van Onderwys geword het , pogings aangewend om die neg bestaande skoolkommissies die onderwyswet te laat toepas. Die toestande was in hoofsaak socs voor die anneksasie. Dit was vir superintendent Lyle nodig om verskeie skoolkommissies te herinnner aan artikels

6)

58 en 61 van Wet no. 4 van 1874 • Verslae wat nog agterwee was, moes da0elik ingedien word en in die

toelrnms/ •••

· - ·

-

-·---1. Transvaalsche Gouvernements Courant, 16 Junie 1877.

2. Ibid., 7 Jan. 1879. 3. Ibid.,

4

Maart1 1879.

4. Locale Wetten der Z.A. Republiek, 1849-1885,764 e.v. 5. Lugtenburg: Geskiedenis van die onderwys in die

Suid-Afrikaanse Republiek, 1836-1900,119,125.

6.

Wet no.

4

van 1874, art. 58:,pe Schoolcomnissie zorgt voor een geschikt schoolgebouw en toebehoren, voor het meublement der school, de behoorlijke uit-betaling der jaarwedde aan de onderwijzers en voor een geregeld driemflandelijksch verslE1g van de werk-zaamheden der Commissie aen den Superintendent · genereal van Opvoeding door middel van haren secre-teris opgezonden "•

Art. 61: ,,De Secretaris en Thesourier der School-comrnissie zorgt voor de geregelde invordering der schoolgelden en uitbetaling van jaerwedde der on-derwijzers. Hij doet er maandelijks verslag van bij den Superintendent Generaal van Opvoeding".

(3)

1)

toekoms gereeld verstrek word

Woar vaketures in die besteende skoolkomrnissies ontstaan het, is pogings a8ngewend om sulke vakatures

2)

aan te vul • Die gebrek aan pleeslike entoesiesme vir die onderwys het egter in hieraie tyd selfs die samestelling van 'n skoolkonmissie bemoeilik. In Augustus 1879 het die lenddros van Middelburg aan as. Bosman geskryf: ,,It having been found useless to call a Public meeting of the inhabitants for the purpose of obtaining a direct vote for the members of the school-comm. et Middelburg, it was resolved at the last general meeting of the school-commission that a list should be prepared and sent round to the resi-dents, and you will see that the names suggested have

3) been approved by the public" •

Die le.nddros van Middelburg het in dieselfde brief nog die volgende belangrike vraag aan as. Bosman

ge-stel: ,,Does the schoolcornmission lapse after the period of 3 years - in the same way as the English Parliament - or has each member a life of

3

years from

4)

his election as a school-commissioner" • Ds.

H.s.

Bosman het hierop geantwoord dat elke skoolkommissielid vir drie jaar van sy verkiesing af lid bly, sodat 'n skoolkonnnissie nooi t in sy geheel ,, doodloop" nie,

5) mits alle vaketures gereeld aangevul word •

In 'n aental/ ••• 1. O.D. 308/1: Dr.Lyle aan die Sekretaris,

skoolkom-missie, Pretoria, 11 Julie 1878.

Vgl. O.D. 219 (brieweboek),259, 275, 279.

2.

o.n.

308/1: Dr.Lyle aan die Sekretaris,skoolkom-missie, Pretoria, 11 Febr. 1879.

3. O.D.

1/4

no.92: Landdros van Middelburg aan ds.H.S. Bosman, 14 Aug. 1879.

4.

Ibid.

5. O.D. 219, 795: H.S. Bosman aan die voorsitter skool-konnnissie, Middelb'lirg, 9 Aug. 1879.

(4)

In 'n aantal briewe van Hendrik van der Linde(\. wat in hiGrdie jare onderwyser op Middelburg was en wat

vanwe~ sy 26 jaar ervaring as onderwyser in die Repu-bliek goed op hoogte moes gewees het van die heersen-de toestanheersen-de, vind ons 'n verheersen-dere openbaring van die gebrek aan entoesiasme en steun vir die plaaslike onderwys.

Op

27

Oktober

1879

het hy by die Superintendent gekla dat die skoolkomrnissie horn

£14.6.6

verskuldig is. Die skoolgelde kon die huur van

£5

nie dek nie. ,, Ik ben thens 26 jaren onderwijzer in Z.A. maar heb nog nooit zoo zwaar geleefd els nu. .Alle maanden meer

schuld en in bijna drie maanden geen penny in huis, dat is zwaar •••••

u

Wel ea. Gestr. zult wel vragen wat doet

1).

1 II

de schoolcommissie? Ik za u zeggen ••••• •

Twee maande lank het die onderwyser geprobcer om die skoolkommissielede byeen te kry vir 'n vergadering, en toe dit eindelik gehou is, was alleen die landdros

2)

en die onderwyser teenwoordig • Skoolkommissies van sewe lede was volgens Van der Linden te groot. Die lede het met mekaar rusie gemaak en niks konstruktiefs

3)

uitgevoer nie • Nog ander ouers wou die skoolgelde nie beta81 nie, omdat hulle weens Persoonlike kwessies

on-±

.

-

t

4)

tevrede wos met die skoo k6mmissie1ede •

Vier dae later het dieselfde onderwyser geskryf: ,, De Commissie gaat van het gevoelen uit, dat zij door het volk is gekozen en door de regeering erkend als een lichaam om voor ae belangen van het onderwijs en

al wat/ ••• ·

1.

O.D.

1/4

no.

118

e.v.,

27

Okt.

1879.

2. Ibid. 3. Ibid.

4.

O.D.

1/4

no.

125:

~.

v.a.

Linden aan H.s. BosmBn,

(5)

al wat daartoe behoort, te waken en te zorgen, en

wanneer het mocht gebeuren, zooals nu het geval is, dat zij in middelen te kort schiet, dan is zij overtuigd dat eene regeering, wier leus is: ,beschaafdheid',

1)

haar verzoek niet zal w«lgeren" • Die skoolkornmissie het dan versoek dat die regering aan hulle £25 moes

2) verskaf om die agterstallige huishuur te betaal •

Nog 'n paar dae later berig H. van der Linden alweer dat leae van die skoolkornmissie bedank het maar dat hulle dit nie nodig ag om dit skriftelik te doen nie. Omdat daar nou geen sekretaris was nie, versoek die onderwyser dat die Superintendent die betaalbare

3) subsidie aan die landdros self moes stuur •

Die algemene onwil of onvermo~ van die plaaslike gemeenskappe om die finansi~le verpligtinge volgens die wetsbepalinge na te kom - 'n toestand wat reeds tyc1ens die Burgersregime algemeen was - het in hierdie jare voortgeduur. So het die Ventersdorpse skoolkom-missie sonder meer by die regering aansoek gedoen om

4)

finansi~le steun vir die oprigting van 'n skoolgebou

Uit Utrecht het die landdros gekla oor die onwenslik-heid daarvan aat die skoolgebou op 'n erf van die Ned. Geref. Kerk staan en by die regering aansoek gedoen om

finansi~le/ ••• 1. O.D.

1/4

no.129:

H.

Y.d.Linden aan

H.S.

Bosman,

11 Nov. 1879. 2. Ibid.

3.

o.n.

1/4

no.

130: H.

vd.Linden aan

H.s.

Bosman, 15 Nov. 1879.

Vgl ook o.D.

1/4

no.149, 1 Aug. 1879.

Lugtenburg: Geskiedenis van die onderwys in die Suid-Afrikaanse Republiek, 1836-1900, 118: ,,Die

kommis-sies ender die bestaande wet, wat feitlik net in lewe geroep was om die goewerment in staat te stel om die subsidie uit te betaal, het deur inwendige opposisie hulle in baie gevalle niks meer van die onderwys aangetrek nie".

4.

O.D. 1/2 no.117: A. R~scher aan Superintendent van Onderwys, Ventersdorp,

13

Junie 1877.

(6)

finansiele steun om 'n ander erf te koop en 'n

skoolge-1)

bou op te rig •

Op dieselfde dag het die skoolkommissie sy drie-maandelikse verslag oor die skool ingedien, gekla oor

die swak toestand van die bestaande skoolgebou en meubels en dan vervolg: ,,The committee further beg to state that during the past months they hBve not

regularly inspected the school and on this account they are not able to report in detail about the progress made

2)

in the several branches" • Hierdie versleg oor die skoolwerk self was egter tydens die toepassing van die

3) Burgerswet nooit die plig van die skoolkommissies nie •

Dat die toestande hierbo genoem vry algemeen was en dat daar op plekke nog ander faktore meegewerk het om die plaaslike entoesiasme vir die onderwys te demp, blyk uit die inspeksierapporte van ,,deputy inspector"

ds. Jooste. Op 8 April 1880 het hy aan as. Bosman

berig dat hy die skool op Potchefstroom ge!nspekteer het. Die kasboek van die skoolkommissie was nie bygehou nie.

4)

Die meubels was in 'n baie swak toestand en die leerlinge

5)

te veel vir die onderwyser , • • • • • • ,, maar waar ik veel over aan te werken heb, is de localiteit. De school word in de Herv. Kerk gehouden. En ik ben om verschillende redenen er op tegen:

Velen ouders/ ••• 1. O.D.

1/3

no.82: Landdros van Utrecht aan dr.Lyle,

4

SeptjJ. 1878.

2. O.D. 3 no. 83.

3.

Wet no.

4

van

1874,

art.59.

4.

In De Volkstem van

4

Jan. 1879 het die volgende be-skrywing van die Potchefstroomse skoolgebou verskyn: ,,Het schoollokaal toch is noch slechter dan een

V8rkenshok. Het ligt laag beneden de watervoor en is dus vochtig en ongezona en om dit vooral niet beter te meken, ziet men door het dak heen waar gaten in zijn waardoor men gemakkelijk het hoofd kan steken".

5.

O.D.

1/4

(~onder no.): Ds. Jooste aan as.Bosman, 8 .April 1880.

(7)

(a) Velen ouders zenden hunne kinceren niet naar

school omdat de kerk antagonistisch is. En dat werkt slecht. Eene Gouvernementschool behoort bovenal in dEll.

strengsten zin des woords neutraal te zijn.

(b) Indien de inspector niet tot het kerkgenootschap behoort waarin de school gehouden wordt, dan mocht het hem misschien hinderen in de inspectie.

(c) De kerkeraad of gemeente van zoodanig kerkgebouw mogt er misschien op tegen zijn om een inspector van anderen kerkelijke bloede in hun kerk gebouw te ont-van gen.

Dit alles werkt doodelijk op de goede zaak. En het is met een een wurgende strop om de nek van in-specter, commissie, onderwijzer en onderwijs. Ik zou u derhalwe raden om der schoolcommissie tot het bouwen aan te zetten .•••• Het is mij ook niet onbekend dat de school-commissie onder invloed van den Pastor Loci, kerkeraad en gemeente tegen mi~n persoon als Deputy Inspector heeft gepetioneerd" •

Op 30 Maart

1879

het ds. Jooste die skool op Lichtenburg ge!nspekteer en soos ~olg rapport gedoen:

,,De school is flaauw ••• de commissie is zeer doodsch. Zij behooren opgewekt te worden. Het meublement der school is bepaald ellendig •••• is van begin tot end af

2) t e keuren

° •

Op Klerksdorp het die inspekteur die skool in 'n ,,zeer armoedigen" toestand gevind. ,,Ik weet werkelijk niet wie het meest te beschuldigen is over

de achterlijken/ ••• 1. O.D.

1/4

(sender no.): Ds. Jooste aan

as.

Bosman,

8 .April 1880. 2. Ibid.

(8)

de achterlijken toestand der school: de onderwijzer,

1)

de schoolcornmissie of de ouders" •

In dieselfde gees het die landdros van Wakker-straom in 'n skrywe aan ds. Bosman sy lot as voor-sitter van die skoolkommissie bekle: ,,You are per-haps aware by this time that all the work falls to the share of the chairman of the committee. I have

2) done what I could, but it is terrible uphill work"

Volgens die waarnemende Superint~ndent van Onder-wys self was die skoolkommissie van Rustenburg in hierdie jare ,,maar alte zeer schuldig geweest aan

3)

plichtsverzuim" •

Aan toestande soos die hierbo beskryf, moet dit dan toegeskryf word dat daar in die voorlopige onder-wysreelings van 1879 en in die onderwyswet van 1880 afgesien is van die gedagte van offisiele plaaslike

4)

skoolkommissies •

2. Die ondersoek en bevindinge van dr. Lyle,1877-1879. a. Aanbevelings van Van der Linden.

Na aanleiding van die versoek aan onderwysers, predikante e.a. om dr. Lyle behulpsaam te wees in sy

5)

ondersaek het H. van der Linden, vroeer onderwyser op Potchefstroom en lid van·die Algemene Skoolkommissie, aanbevelings aan dr. Lyle en Van Gorkom voargel~ wat

be langrike/ •••

1. O.D. 1/4 (sander no): Ds. Jooste aan ds. Bosman, Potchefstroom, 10 Mei 1880.

2.,0.D. 1/4 (sander no.): Landdros van Wakkerstraom aan H.S. Bosman, 18 Junie 1880.

3.

O.D. 220, 448 (Brieweboek): H.S. Bosman aan die skoolkommissie van Rustenburg, 9 Julie 1880. 4. Vgl. volgende bladsye.

(9)

belangrike lig werp op die onderwystoestande. Op 11 Augustus 1877 het hy aan dr. Lyle geskryf dat die

eerste vereiste vir 'n deeglike onderwysstelsel is dat die onderwyswette ondcrstcun moes word. Die onderwys-wet van president Burgers kon nie deeglik beoordeel word nie, omdat dit nie ordentlik toegepas is nie. Die regering kon nie altyd aan die volk vra of dit of dat goed is nie: ,,de staat zorgt voor zijne onderdanen,

1)

zijne kinderen" •

Twee dae later het hy in 'n brief aan Van Gorkom self melding gemaak van die pogings van die

,,Gerefor-2)

meerde partij" om kerkskole op te rig • Hy het dit derhalwe sy plig geag om die regering aan te raai ,,geene sektescholen toe te laten, en vooral niet het

. 3)

onderwys ui t hare handen te geven" •

b. Bevindinge t.o.v. die plaaslike beheer en verantwoordelikheid.

In November 1878 was dr. Lyle met sy ondersoek klaar, en in Januarie van die volgende jaar is sy ver-slag in die Transvaalsche Gouvernements Courant

ge-4)

publiseer •

Die stelsel van regeringsondersteuning van die plaaslike inisiatief in die onderwys was in Suid-Afrika nie nuut nie. In Kaapland het so 'n stelsel redelike sukses afgewerp, maar in die Transvaal sou dit nie slaag nie: ,,the country is too thinly peopled and

consequently the power for local combination necessary would be/ ••• 1. O.D. 1/2 no.

145:

H. van der Linden aan J. Vacy

Lyle, Middelburg, 11 Aug. 1877. 2. Vgl. hoofstuk VI hieronder.,

3.

o.n.

1/2 no.

144:

H. van der Linden aan W.J. van Gorkom, Middelburg, 13 Aug. 1877.

4.

Transvaalsche Gouvernements Courant,

7

en 21 Jan. 1879.

(10)

would be too weak in most cases and in others wanting

1)

al together n •

In die stelsel in swang ten ·tye van die ondersoek is te veel oorgelaat aan die private inisiatief in

2)

'n land waar die organisasievermoe gering was

Die goewerment het wel die onderwysers betaal en 'n al-gemene toesig uitgeoefen, maar die skoolgeboue en benodigohade moes plaasl.ik verskaf word, met die ge-volg dat hulle op enkele ui tsonderi.nge na

ondoel-3)

treffend was • Op enkele dorpe wear daar wel

4)

belangstellendes was , soos op Potchefstroom, het dit goed gegaan, msar op die platteland, waar die

element~re onderwys die nodigste was, was die toestande

5)

uiters onbevredigend • In een besondere geval wet ender dr.Lyle se Aandag gekom het, het die r~gering

van sy kant alles gedoen om 'n skool te begin. Die skool is egter nooit begin nie, want die skoolkonrnissie

6)

kon nie 'n gebou opgerig kry nie • Hierdie gebrek aan aktiewe hulp van die plaaslike gemeenskappe het ook in ender Engelse kolonies voorgekom. In die Transvaal was die ouers moontlik begerig dat hulle kinders wel onderwys ontvang, ,,but their own

avocations are too pressing to permit them to devote

7)

much time to helping it forward •••••• the edu-cational system must bend to the people and not

the people/ ••• 1. Lyleverslag, par.

76.

2. Ibid., par.35. 3. Ibid.

4.

Ibid., par.37: ,, Public spirited men"•

5.

Ibid., par.37.

6.

Ibid., par.39. 7. Ibid.

(11)

149.

1)

the people to the system"

In die Transvaal sou geen stelsel slsag nie, tensy die regering die nodige skoolgeboue voorsien. Onderwyserswonings moes hierby ingesluit wees, sodet ten minste mense van middelmatige geleerdheid en eerbare karakter vir die beroep van onderwyser

ver-2)

kry ken word •

Hoewel dr. Lyle dus die mislukking van Wet no.

4

van

1874

in hoofsaak toes::kryf aan die onvermo~

van die plaaslike gemeenskappe om die wet uit te voer en tot die gevolgtrekking kom dat die wet te idealisties was vir die Transvaal, noem hy nog ander faktore wat daartoe ~f gedra het. Dear was gebrek aan sentrale leiding , dit was 'n onafrikaanse stelsel, en die onderwyswet is verkeerd vertolk, sodat ouers onder die indruk gebringis dat die Bybel

'n sekond~re plek in die onderwys sou inneem, terwyl

dit reeds die Bybelse onderrig was wat so nodij~was

4)

vir die aflegging van belydenis van die geloof • c. A~nbevelings van ar. Lyle.

Nadat hy die bestaande toestande op onderwys-gebied ontleed het, doen dr. Lyle die volgende

5)

aanbevelings

(1)

Die voorsiening van skoolgeboue en onderwysers-wonings meet 'n regeringsverantwoordelikheid wees.

(2) Al die skole in Transvaal, of hulle onde~ toeeig van 'n plaaslike kommissie stean en of hulle

heeltemal/ ••• 1. Lyleverslag, par.66. 2. Ibid.,

par. 63.

3. Ibid·.,

par

.11.

4.

Ibid.,

par.3li

5.

Ibid.,

par.

8

e. v.

(12)

heeltemal private ondernemings is, moet van

..

Degeringswee finansieel ondersteun word deur 'n jaarlikse toelae, sg. ,,grants in aid", solank die geboue, leerlingtal en die peil van die onderwys aan sekere sta~daarde voldoen.

(3) In sekere gebiede moet volledige staatskole opge-rig word. Op sulke plekke sou enige vorm van plaaslike beheer die onderwys skaad.

(4)

Bestaande skoolkommissies, saamgestel volgens Wet no.

4

van

1874,

moes bly bestaan. Hulle kennis

van die plaaslike toestande was waardevol. Hul moes 'n algemene toesig hou oor die goewerment-skool waaraan hul verbonde is, sy finansiele sake

..

reel en die onderwysers vir benoeming aanbeveel. (5) 'n Sentrale raad vir die beheer van die onderwys is onwenslik, aangesien dit die masjinerie lomp sou maak.

(6) Geen skoal in Transvaal sou 'n sukses wees nie, tensy daarin in die Bybel gelees word, Bybelge-skiedenis onderrig word en in 'n mate godsdiens-onderwys onderrig word - dit egter op so 'n wyse dat geen skade berokken word aan die oortuigings van andersdenkendes nie.

(7) Skoolkomrnissies moes besluit oor die medium van onderrig in hulle skoal; ,,this point ·sh'buld n' ·be decided by the Government or by any

authc-at a distance, it should be and must be d' by those immediately interested, whose are to be educated at the school the· founding".

(8) By gebrek aan inspekteurs moes die plaasli~ dikante teen beloning die skole inspekteer. Hl,

(13)

persone was geag in die gemeenskappe en hul 1) besoeke sou tot voordeel van die skole weea

3.

Miskenning van off}si~le skoolkomnissies,

18Z2·

Enkele maande nadat die bevindinge van dr. Lyle geopenbaar is, was die Engelse bewindhebbers gereed

2)

met 'n stel voorlopige onderwysregulasies wat tot gevolg moes h@ die totstandkoming van 'n nuwe soort skool, die ,,grant in aid" skole naas die sg. steat-skole van president Burgers en waarvan die belangrikste kenmerk nou die algehele negering van die offisiele skoolkomrnissies was.

Alvorens 'n skool ondersteuning uit die publieke gelde kon ontvang, moes so 'n skool aanbeveel word deur minstens tien ,,huisvaders" van die omgewing

.. 3)

waarin die skool gelee is • Hierdie aanbeveling moes dan ondersteun word deur die landdros van die distrik en deur 'n predikant wat in die distrik woon of

offisi-4)

eel daarmee in betrekking staan •

Indien so 'n skool in 'n stad gelee is, moes ge-gewens verstrek word dat dit deur ten minste twintig leerlinge gereeld besoek word.

As

die skool in 'n dorp

..

of op die plattelana gelee was, moes dit gereeld deur 5)

minstens twaalf leerlinge bygewoon word • Ter

voldoening van die Superintendent moes die sollisitante 6)

bewys lewer dat hulle onderwyser bekwaam is • Die volgende/ •••

1. 'n Aanbeveling in ooreenstemming met art.59 van die Burgerswet, nl. dat die toesig oor die skoolwerk as sodanig nie onder die magte en pligte van die skool-korrmissies moes ressorteer nie.

2. Transvaalsche Gouvernements Courant,

4

Maart

1879.

Hierdie regulasies is ook opgeneem as bylae VIII in Lugtenburg: Geskiedenis van die onderwys in die Suid-Afrikaanse Republiek, 1836-1900.

3.

Regulatien aanbevolen voor de leiding .•••• ,art.l.

4.

Ibid.

5.

Ibid.

(14)

Die volgende aansoekvorm was voorgeskryf:

,,Wij, de ondergetekenden, zijnde huisvaders in de (stad of district van ••••• zooals het geval moge zijn) recommanderen dat de school te ••••• bestuurd door ••••• uit de publieke fondsen zal warden onder-steund. Dezen School heeft sedert den •••••• dag van 18 •••• bestaan. Wij hebben de naamlijst der Scholieren onderwijs ontvangende nagezien, en vinden het getal te zijn ••••• ; namelijk ••••• jongens en ••••• meisjes~.

Geteekend Woonplaats "•

Bogenoemde verklaring van die tien huisvaders moes dan vergesel gaan van die vol~ende verklaring van die landdros en predikant:

,,Wij getuigen hiermede dat eene school (of tweede school~ zooals het geval moge zijn)noodig is in de staa (of district,zooals het geval moge zijn) en dat de personen die de voorgaande recommandatie ge-teekend hebben, werkelijk op de plaats wonen wear de school zal worden geopend.

Getee-kend. Landdrost.

1)

Geestelijke"

Wanncer die Luitenant-Goewerneur so 'n aansoek goedkeur, sou InBandeliks vir elke maand van die jaar vyf sjielings betaal word aan die bestuurders of

eienaar van die skool vir elke leerling wat die skool 2)

gereeld besoek • Wanncer die getal leerlinge benede die helfte van die voorgeskrewe aantal daal, sal die

3)

regeringsubsidie gestRak word , terwyl geen skool

4)

op meer as £180 per jAar geregtig sou wees nie • Alle skole/ •••

l.Regulati~n aanbevolen voor de leiding ••••• ,art.4.

2. fbid., art. 5. 3. bid., art. 9. 4. Ibid., art.10.

(15)

Alle skole wat hierdie ondersteuning van die

regering ontvang, sou onderworpe wees aan inspeksie van die Superintendent

of

sy gevolmagtigde verteenwoordige~

Indien, volgens die oortuiging van hierdie persone, d:ie skoolgebou ongeskik is of die onderwys self nie aan

1)

die vereistes voldoen nie, sou die toelae gestaak word Die hoofonderwyser van elke skool moes maandeliks aan die Superintendent 'n verslag stuur oar die vorige maand, waarin hy aantoon: Die aantal leerlinge op die

register, die skoolbesoek van iedere leerling en die aantal dae waarop skoolgehou is. Hierdie verslag moes dan onderteken word deur alle onderwysers van die skool en vergesel gaan van 'n sertifikaat van noukeurigheid, geteken deur twee huisvaders van die buurt, waarin ver-klaar word dat hulle die naamlys van die skool met die

2)

verslag vergelyk bet • ,,mmige opzettelijl{e vervalsching van dit verslag zal de terugtrekking van alle

Gouverne-3)

ments ondersteuhing ten gevolge hebben" •

Met duidelike vermyding van die noodsaaklikheid van effisi~le skoolkorrnnissies was die voorlopige

Onderwysregulasies van 1879 dus daarop bereken om die private inisiatief van onderwysers of gemeenskappe van skoolouers te stimuleer en te ondersteun deur 'n toelae toe te ken aan privaat tot stand gekome skole. Hierdie miskenning van die skoolkomm~ssies het egter tot 'n mate van verwarring aanleiding gegee, sodat plaaslike gemeenskappe die nuwe regulasies van 1879

gekombineer/ •••

1. Regulatien aanbevolen voor de leiding ••••• ,arit. 11 en 12. Die voorsiening van 'n skoolgebou het dus die verantwoordelikheid van die plaaslike instansies gebly ten spyte van die aanbeveling van ctr.Lyle.· 2. Ibid., art.13.

3.

Ibid.

(16)

gekombineer het met die wetsbepalinge van die Burgers-wet. So is daar in Junie 1879 op Hartebeestfontein 'n

openbare vergadering gehou waartydens vier skoolkom-missielede onder voorsitterskap van die veldkornet

ge-l)

kies is • Op 30 Junie 1879 het hierdie skoolkommissie by die Superintendent aansoek gedoen om ondersteuning

2)

vir die oprigting van 'n skoolgebou en die onderwyser

3)

se salaris • Op 23 Julie het die veldkornet egter 'n naamlys van die gereeld skoolgaande kinders ingedien, vergesel van 'n verklaring onderteken deur tien

huis-4)

vaders ooreenkomstig die regulasies van 1879 • Ter-selfdertyd beveel die skoolkommissie egter 'n

onder-5)

wyser aan vir benoeming deur die regering • Op

5

Augus-tus het die veldkornet aan die Superintendent berig dat die verklaring van die landdros en predikant volgens die

6)

regulasies van 1879 ingedien sal word • Toe ,,deputy inspector" Jooste egter vroeg in 1880 die skool gein-spekteer het, het hy met lof melding gemaak van die goeie toesig wat die skoolkommissie oor die skool hou

7)

en van hulle pogings om 'n nuwe skoolgebou op te rig 4. Die verslag van ds. Bosman, 1880.

Na die dood van dr. Lyle is as. H.S. Bosman in Junie 1879/ •••

1. O.D. 1/4 no.

144:

HoJ. Badenhorst aan ds. H.S.Bosman,

H~rtebeestfontein,

3Q

Junie 1879.

2. Nog die Burgerswet nog die regulasies van 1879 het vir regeringsondersteuning vir die oprigting van 'n skoolgebou voorsiening gemaak.

3. O.D. 1/4 no.144: H.J. Badenhorst aan ds. H.S. Bosman, Hartebeestfontein, 30 Junie 1879.

4. O.D. 1/4 no.144: P.J. Lombard aan as. H.S.Bosman, Hartebeestfontein,

23

Julie 1879.

5. Ibid.

6.

O.D. 1/4 no.144: P.J. Lombard aan ds. H.S. Bosman, Hartebeestfontein,

5

Aug. 1879.

7. O.D. 1/4 (sonder no): Ds. Jooste aan as. Bosman, Potchefstroom, 8 April 1880.

(17)

rr ,'

\_/

J

155.

Junie 1879 tot waarnemende Superintendent van

Onder-1)

wys benoem Die nuwe Superintendent het vroeg in •

1880 sy eerste verslag uitgebring, 'n verslag waarin hy horn, in 'n poging om tot die oorsake van die

on-bevredigende onderwystoestande te kom, net soos dr.Lyle die vorige jaar, in hoorsaak reeds op die terrein van die plaaslike beheer oor en verantwoordelikheid vir

2)

die onderwys bevind •

Ten tye van as. Bosman se verslag het daar in die Transvaal twee soorte skole bestAan. Eerstens was daar die sg. goewermentskole ender beheer van die ge-kose skoolkornmissies ooreenkomstig die nog geldende onderwyswet van pres. Burgers. Hierdie skole was vol-gens as. Bosman nou vir hulle bestaan geheel arhanklik van regeringsgelde. Tweedens het daar ses skole be-staan wat volgens die regulasies van 1879

5/-

per leerling per maand uit die staatskas ontvang het maar verder deur verskillende kerke, verenigings or indi-widuele onderwysers op eie koste en

verantwoordelik-3) heid in stand gehou is

Ds. Bosman was van opinie dat hierdie twee soorte skole moes bly voortbestRAn, maar doen dan sekere

wysiginge aan die hand, waarvan veral van belang is sy aanbeveling met betrekking tot die rinansi~le

verantwoordelikheid: ,,The inhabitants or every town, village or ward should be made to reel it is their duty to advance the cause or education as much as in

their power/ •••

1. Transvaalsche Gouvernements Courant,10 Junie 1879. 2. Ibid., 20 April 1880.

De Volkstem, 27 April 1880.

(18)

their power lies. The responsibility of this should not rest upon the Government alone. By means of annual and voluntary contributions towards a local fund this

1)

desireable end can easily be obtsinedtt •

Die algemene gebruik om van kerkgeboue vir skool-doeleindes gebruik te 11JElak, was 'n ongewenste toestand

2)

van sake • Ds. Bosman het tereg tot die gevolgtrekking gekom dat hierdie gebruik te wyte is aan die plaaslike onvermoe om skoolgeboue self op te rig volgens die bepalinge van Wet no. 4 van 1874, en hy het gevolglik aanbeveel dat die regering self skoolgeboue en onder-wysers wonings moes oprig. Voorkeur moes egter gegee

3) word aan plekke waar plaaslik hiertoe bygedra word •

Die element van stabiliteit het in alle plattelandse skole ontbreek: ,, In some cases the material for a

local board or committee was wanting; in others, where the material existed, a want of co-operation, which is characteristic of our country people, pr~duced the same re~ult, viz.: that there is neither school,nor

masters house, the school fees were uncertain •••• and the salaries were less than those paid to clerks in our

stores. It is not therefore, to be wondered at that with one or two noble exeptions, in which teachers have taken to their work because they preferred it to any other within their reach; they have held their posts only until some better career presented itseif, or else have held them because their conduct made this the only

4)

means left them of earning their livelihood" • Skoolkommissies/ ••• 1. Verslag van as. Bosman, par.10.

2. Ibid., per..12.

3.

Ibid., par.11.

(19)

J

Skoolkommissies wat ooreenkomstig Wet no.

4

van 1874 tot stand gekom het, het dikwels net in naam

bestaan. Hulle samestelling was alleen 'n eerste stap om die onderwyser se salaris van die regering te

ont-1)

vang • Omdat dit nie altyd moontlik was om geskikte persone te kry om op die kommissies te dien nie, was dit dikwels die ondernemingsgees van een enkele lid van 'n kommissie wat sake aan die ·gang gehou het. Met die vertek van so 'n persoon het die kommissie gewoon-lik opgehou om te funksioneer: ,,the management and supervision of the schools fell in most instances to the schoolmaster himself aDd the superintendent of

2) education" •

Dit was moeilik om die pligte van die kommissies te definieer behalwe deur te s~ dat hulle 'n algemene toesig oor die skole uitoefen en die uitgawes en in-komste kontroleer. ,,Some few members are doing very useful work, but others exist apparently mainly to

,.

uphold their ,rights. They are fre~uently at variance amongst themselves, with the teacher or with the

3)

government" •

In enige toekomstige onderwysstelsel sou dit wenslik wees om die samestelling, magte en pligte van

4)

die plaaslike kommissies duidelik te omskryf •

In die reel is die skoolkommissies van weinig nut. In baie gevalle het hulle net die vooruitgang van die

skoolL •••

1. Verslag van as. Bosman,par.19: ,,The action of the committee beginning and ending with the treasurer receiving the government allowance from the super-intendent, and handing it over to the teacher". 2. Ibid.

3.

Ibid.

(20)

skool in die weg gestaan • Wyk~kole moes ..

lie:weI?.--hael.te-m~_so~deR~ _ _ekQQJ.kg_mmissies bes~~~!L!Ul-·

a_i;i_n

w~l .. ond~.r pie

d ~;r;'.8.~.te t_oe .. si& ... Y.~m .... c:l~~-.i:Jl:l.t.>e!!.I'!~.~n~.E'.}~·-:t., Ook die ·keuse

van onderwysers moes heeltemal aan die Superintendent 2)

oorgelaat word • Die distrikskole kon nog 'n rukkie aan hulleself oorgelaat word en dus toegelaat word om

3) met hulle ,, langsame bestaan" voort te gaan •

Ten spyte van

sy

algehele geringskatting van die waarde van die offisiele skoolkommissies wou ds. Bosman nie die beginsel van 'n mate van plaaslike verantwoorde-likheid vir die onderwys oorboord gooi nie. Hy doen tewens aan die hand dat die regering £200 .moes betaal vir die salaris van 'n hoofonderwyser. Bewoners van die omgewing waarin die skool gelee is, moes dan nog minstens £100 aan die onderwyser waarborg. Hierdie by-draes moes nie plaaslik geadministreer word nie maar moes kwartaalliks vooruit ingesamel word en in die staatskas

inbetaal word as belasting, sodat die onderwyser dan

4)

maandeliks uit die staatskas betaal kon word •

Omdat so baie van die Afrikaanse families vasgehou het aan die gebruik om 'n paar maande lank 'n rondgaande onderwyser op eie verantwoordelikheid in diens te neem

om aan hulle/ ••• 1. Verslag van ds. Bosman, par.20.

Vgl. Lugtenburg: Geskiedenis van die onderwys in die Suid-Afrikaanse Republiek, 1836-1900,125: ,,Opvallend in Bosman se rapport is die houding wat aangeneem word teenoor die kommissies ••• Dis in lynregte opposisie teen ·die stelsel deur Burgers ingevoer ••• om die ouers 'n s~ te gee in die opvoeding van hul kinders. Dis wonderlik om dit te hoor uit die mond van 'n domin:ie, want die kerk is steeds teen dinge van di~ soort,

aangesi~n hulle as grondstelling aaneem dat die ouers

verantwoordelik is vir die opvoeding van hul kinders ••• Aan die ender kant stAan natuurlik die reit dat ds. Bosman die volle werklikheid voor

oe

gehad het en daarvan oortuig was dat baie van die destydse kom-missies die skool, deur hul eindelose twiste, meer nadeel dan voordeel gebring het".

2. Verslag van as. Bosman, par.20. 3. Ibid.

(21)

om aan hulle kinders die mate van onderrig te verskaf wat nodig is vir die aflegging van belydenis van die geloof, moes die regering hierdie vorm van onderwys

steun met 'n toelae van £25 per jaAr indien minstens tien

1)

leerlinge tegelyk onderrig ontvang •

5.

Wet no. 10 van 1880.

Op 4 Junie 1880 is Wet no. 4 van 1874 deur die Engelse Administrateur van die Transvaal herroep en 2) vervang deur die ,, wet op het onderwijs" van 1880

'n wet waarin daar

na

die openbaring van die byna

'

CT' algehele nutteloosheid van die offisiele skoolkommissies

deur dr. Lyle en ds. Bosman, geheel en al afgesien is van hierdie instellings, wat in een of ander vorm reeds sedert 1859 in die Transvaal bestaan het.

Die eerste gedeelte van hierdie wet, wat uit slegs ses artikels bestaan het en wat reeds op 8 Junie 1880 in werking getree het, het soos die voorlopige regu-). lasies van 1879 gehandel oor die subsidi~ring van skole

uit die publieke inkomste, sander ~rens melding te

3)

maak van enige vorm van plaaslike beheer • Eers op 28 Augustus van dieselfde jaar is hierdie wetsbepalinge aangevul deur verdere regulasies waarmee die nuwe stel-sel voltooi is. Ter inleiding is verklaar dat die regering soveel moontlik alle ,,maatschappijen" bestuurders van skole en indiwiduele onderwys wop:

aanmoedig en ondersteun in hulle vrywillige pogings om

4)

die onderwys te bevorder •

Enige goedgekeurde skool, opgerig en ondersteun deur besondere genootskappe, bestuurders van skole , of deur indiwiduele onderwysers, sou op aanvraag en

na goedkeuring/ ••• 1. Verslag van ds. Bosman, par.27.

2. Locale wetten der

Z.A.

Republiek, 1849-1885,764-772.

3.

Ibid.,764-766.

(22)

na goedkeuring deur die Superintendent, van 1 Julie

1)

1880 af subsidie uit die publieke gelde ontvang • Alle skole wat aanspraak maak op bogenoemde subsidie, wat maandeliks betaalbaar sou wees, sou egter onderworpe wees aan inspeksie deur die Superintendent self of sy

2) afgevaardigde •

As

verdere voorwaardes word gestel dat die ge-middelde aantal leerlinge in dorpskole nie minder as

twintig moes wees nie en distrikskole nie minder as 3)

twaalf nie • Behalwe in die geval van sendingskole sal geen: IBUbaidie betaal word aan 'n skool waarvan die ouers

4)

nie hulle regmatige deel van die skoolgelde betaal nie • Hierdie bepaling was die duidelike gevolg van die vroe~e

onwil of onvermoe van ouers om hulle regmatige deel tot die onder1JVys by te dra. Voortaan sou ouers self hulle verpligtinge moes nakom alvorens hulle op staatsonder-steuning geregtig sou wees.

Skoolgelde moes nie minder as twee sjielings en nie meer as twintig sjielings per leerling per maand

5) bedra nie •

Die agtenswaardigheid en redelike bekwaamheid van die leerkragte sou in iedere geval al~}d 'n voorwaarde vir die uitbetaling van subsidie wees •

Op aanbeveling van die Superintendent kan 'n subsi-die ook toegestaan word vir 'n boufonds, mits voldoende waarborg verskaf word vir die behoorlike gebruik van die

7)

subsidie en die verskuldige bedrag • Terwyl die nuwe onderwyswet/ •••

1. Wet no.10 van-1880,artt.2,3 en

4.

2. Ibid., artt. 1 en

7.

3.·

Ibid., art. 3.

4

Ibid., art.

4.

5. Ibid., art.5

6.

Ibid., art.8

7.

Ibid., art.11.

(23)

onderwyswet dus enersyds die ouers verplig het om

finan-si~le bydraes tot die onderwys van hulle kinders te maak, was hierdie bepaling daarop bereken om ouers tegemoe6 te kom in die oprigting van die skoolgeboue, 'n ver-pligting wat volgens die gebeurtenisse tydens die toe-passing van die Burgerswet geblyk het bo die vermoe van die plaaslike gemeenskappe alleen te wees.

Enige skool, hetsy opgerig deur private weldadig-heid of deur genootskappe of deur indiwiduele onderwysers, kan te eniger tyd deur die Superintendent by die Kolo-niale Sekretaris aansoek doen om op die lys van skole wat deur die Superintendent of sy gevolmagtigde

verteen-1)

woordiger geinspekteer word, geplaas te word •

Vir hierdie doel moes minstens tien hoofde van huis-gesinne die volgende vorm, wat op aanvraag verskaf sou word, invul en onderteken:

,,Wij ondergeteekende, zijnde hoofden van huisge-sinnen in de ••• stad, dorp of district •••• bevelen aan dat de school, geleid door en onder toesig van ••••• uit publieke fondsen warden ondersteund.

Deze school is in bestaan geweest sedert den ••••••

d~g van ••••• 18 ••••

Wij hebben de nominale lijst onderwijs ontvangende leerlingen onderzocht en bevinden dat het aantal is •••••

2) namelijk ••••• mannelijken en ••••• vrouwelijken11

Bogenoemde vorm moes dan vergesel gAan van die volgende sertifikaat, onderteken deur die landdros: ,,Wij certifiseeren dat er behoefte bestaat aan ene school in •••• stad, dorp of district •••• en dat de

personen/ ••• 1. Wet no. 10 van 1880,,art.12.

(24)

personen die bovenstaande aanbeveling teekenden op het oogenblijk verblijf houden op de plaats wear de school

1)

gehouden zal word en" •

Aan geen skool sou subsidie toegestaan word as hy nie ten tye van die aanvraag minstens drie volle maande

2)

bestaan het nie

Ook hierdie bepaling was dearop be-reken om te verseker dat die ouers eers hul eie ver-pligtinge moes nakom alvorens hulle op regeringsteun geregtig sou wees. Tweedens sou hierdie bepaling ver-seker dat die skole minstens van 'n redelike permanente aard sou wees. Van bestuurders van skole wat subsidie ontvang, sou verwag word dat hulle die registers en skoolbesoeklyste nagaan en hulle vergewis dat dit be-hoorlik en getrou bygehou word, en dit dan maandeliks sertifiseer. 'n Opgawe van alle gelde ontvang, d.i.

skoolgelde en vrywillige bydraes, en ook van alle gelde ,., wat ten behoewe van die skool uitgegee is, moe3)drie-maandeliks aan die Superintendent gestuur word •

In die geval van onderwysers wat op eie risiko skole in stand hou, sou die Superintendent-Generaal van Onderwys die reg h~ om twee of meer persone te benoem om die boeke hierbo genoem, na te gaan en te

sertifi-4)

seer dat hulle behoorlik gehou word •

Vir die eerste keer in die onderwyswetgewing in die Transvaal is daar nou voorsiening gemaak vir die oprigting en instandhouding van skoolkoshuise aeur bestuurders van skole. Mits daar minstens ses kos-gangers is en op voorwaarde dat die Superintendent

sodanige/ •••

1. Wet no. 10 van 1880, art. 13.

2. Ibid., art.14. 3. Ibid., art.16. 4. Ibid., art.18.

(25)

vyf sjielings per kosganger per maand betaal word. Die name en leeftye van alle kosgangers moes maandeliks aan die Superintendent gestuur word. In alle gevalle moes dit betalende kosgangers wees, en die voorsiening van slaapvertrekke moes tot bevrediging van die

Supe-1) rintendent wees •

Alle skole, behalwe daardie skole wat.aan

in-speksie onderworpe sou wees, sou verplig wees om sulke verslae te verstrek as wat die Superintendent van tyd

2) tot tyd mag verlang •

Nerens in die onderwyswet van 1880 is voorsiening

J gemaak vir enige prosedure aangAande die benoeming

van leerkragte nie. Die bepaling dat die Superintendent bevredig moes word aangaande die bekwaamheid van 'n

3)

onderwyser , maak egter voorsiening daarvoor dat

aan-..

stellings minstens van regeringswee bekragtig moes word. Behalwe waar die wet handel oor die

sending-4)

skole , ontbreek alle bepalinge aangaande die leer-plan, die skoolure, die skoolvakansies, eksamen en die onderwysersalarisse.

Met die vervanging van Wet no. 4 van 1874 deur Wet no.10 van 1880 het offisi~le skoolkommissies

"

amptelik opgehou om te bestaan. Op 9 Julie 1880 het waarnemende superintendent Bosman in 'n brief aan die Rustenburgse skoolkommissie die nuwe stelsel socs volg verduidelik: " Het verder bestaAn van School-commissien wordt niet noodzakelijk geacht. De

Superintendent/ ••• 1. Seksie twee van Wet no.10 van 1880, art.18.

2. Ibid., art.23.

3.

Ibid., art. 8.

(26)

plaatselijke landdrost en een of meer ander personen de regelen van alle schoolzaken in zijne handen te nemen. Dit geldt niet alleen van

1yrivate scholen maar ook van Gouvernementscholen" •

Alle skoolkommissies bet egter nie opgehou om te bestaan nie. Selfs in September 1881 het die landdros van Utrecht nog aan die Superintendent van Onderwys geskryf dat die meeste lede van die skool-kommissie weggetrek bet, en gevra of hy 'n ander

2)

skoolkommissie moes laat kies deur die dorpsbewoners In 1881 verstrek Jeppe nog die name van die lede van nege skoolkommissies, nl. op Potchefstroom,

Ventersdorp, Rustenburg, Marice, Lichtenbu~~' Wakker-stroom, Lydenburg, Utrecht en Zoutpansberg •

..

Ho ~W.t3-!: _ g i e sk o olkommi es ie-s--van ... r..eger..ingswe e geen offisiele erkennif!g .. ----.. -~~-~ ' ,... _, ,__,.,_.,.. ___ ,_... .§-9.Y.~-·-··.e.r.l.flJl& .. nie, bet di t tog die plaaslike gemeenskappe van ouers, van wie die inisiatief moas uitgaan vir die onderwys, vry gestaan Om ter Wille Van bulle eie plaaslike reelings 'n

skoolkommissie saam te stel.

Op 8 Augustus 1881 het die land weer 'n vrye

4)

Republiek geword , en soos die onderwysstelsel van president Burgers is ook die plAaslike onderwysbeheer volgens Wet no.10 van 1880 nooit volledig in die

praktyk getoets nie. 6. Samevatting.

Nooit tevore in die Zuid-Afrikaansche Republiek is die/ •••

1. O.D. 220 (Brieweboek), 448 e.v.: H.S. Bosman aan die skoolkommissie van Rustenburg, Pretoria,

9 Julie 1880.

2.

o.n.

2/1 no.14: Landdros van Utrecht aan die Superintendent van Onderwys, 8 Sept.1881.

3.

Jeppe: Transvaal book almanac and directory,1881, 194 e. v.

4. Locale Wetten der

Z.A.

Republiek, 1849-1885,1000.

(27)

is die kwessie van die plaaslike beheer in die onder-wys aan soveel ondersoek en kritiek onderwerp as tydens die Engelse Bewind van 1877-1881 nie. Die Engelse ver-oweraar het vroeg reeds besef dat die stelsel van

pres. Burgers nie voldoen het aan die wense en gerief van die volk nie, sodat die verkiesing van nuwe skool-kommissielede voorlopig uitgestel is en 'n ondersoek na die onderwystoestande gelas is.

Offisieel was die Burgerswet egter nog die gelden-de ongelden-derwyswet. Op verskeie plekke het skoolkommissies die onderwys min of meer aan die gang gehou. Die ge-' brek aan plaaslike entoesiasme vir die onderwys en veral die onwil of onvermoe om die wetlik voorgeskrew~

finansi~le verpligtinge in die onderwys na te korn, het egter sedert die Burgersregime nie verbeter nie rnaar eerder versleg.

Skoolkommissies het meesal net in naam bestaan,die 1 subsidie van die regering ontvang en dit uitbetaal en verder weinig belangstelling vir die onderwys geopen-baar. Selfs die blote samestelling van 'n skoolkorn-missie het 'n moeilikheid geword. Skoolkomrnissiever-gaderings is deur lede swak of gladnie bygewoon nie. Sonder dit nodig te ag om skriftelik te bedank het lede opgehou om hulleself as skoolkommissielede te beskou. Skoolgeboue en meubels was oral in 'n swak toestand of kerkgeboue is vir skooldoeleindes gebruik. Waar skoolkornmissies nog pogings aangewend het om

geboue op te rig, het hulle hulle sonder rneer na die regering gewend om finansiele steun, hoewel dit volgens die letter van die wet reeds 'n verantwoordelikheid van die kornmissie self was.

Die ondersoek van dr. Lyle het aan die lig ge-br ing dat die oorsake vir die onbevredigende toestand

(28)

waarin die onderwyssake van die Republiek verkeer het, in hoofsaak gesoek moes word op die terrein van die plaaslike beheer en verantwoordelikheid. Daar is te veel oorgelaat aan die private inisiatief in 'n

yl-1

bewoonde land waarin die organisasievermoe gering was. 1

Ouers wat moontlik wel begerig was om vir hulle kinders goeie onderwys te verseker, was ten gevolge van hulle eie behoeftes nie in staat om veel vir die onderwys te doen nie. Die regering moes self skoolgeboue oprtg. Op plekke het die bestaan van skoolkommissies die onderwys alleen tot nadeel gestrek, terwyl hulle tog op sommige plekke, waar daar enkele belangstellendes was, tot voordeel van die onderwys kon bestaan.

In 1880 het ds. Bosman die mislukking van die stelsel van plaaslike beheer deur verkose skoolkom-missies nog duideliker gestel. Die materiaal vir die

sarnestelling van kommissies wat enigsins van waarde kon wees, het ontbreek. Waar die rnateriaal wel bestaan het, het gebrek aan samewerking, onenigheid met mekaar, met die onderwyser of die regering tot gevolg gehad

dat die kommissies van weinig nut was. Soms het 'n enkele lid sake aan die gang gehou, maar meer dikwels het alle verantwoordelikheid op die skouers van die onderwyser self gerue. In nog ander gevalle het die bestaan van

'n kommissie die skool bepaald tot nadeel gestrek.

Veral wykskole moes liewer sonder skoolkommissies onder direkte beheer van die Superintendent staan, deur wie die onderwyser ook gekies moes word.

Met die geringskatting van die waarde van die offisiele skoolkommissies wou beide dr. Lyle en

ds. Bosman egter die beginsel van plaaslike inisiatef handhaaf. Met die voorlopige regulasies van ~879 het

(29)

skoolkommissies as sodanig vir die , .grant in aid"-skole onnodig geword. Met die hulp van die landdros, predi-kant en die skoolouers self sou die regering steun , verleen aan die plaaslike inisiatief.

Met Wet no. 10 VAn 1880 het die skoolkommissies

I

offisieel opgehou

om

te bestaAn, terwyl die plaaslike \ inisiatief en veral die finansiele bydrae tot die I onderwys wetlik 'n voorvereiste geword het vir enige reger511gsteun 1.1an die onderwys, sodat die ,priva:~e

inisiatief en verantwoordelikheid self .n!:e mi-sl~e'n is nie maar wel die skooJ.kommissies os offisiele

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

(b) Voortbestaan van die Provinsiale Rade na vyf jaar en die wenslikheid van n Uniale Beleid ten opsigte van onderwys... (b) Getuienis en

Hiervolgens kan die onderwysontwikkeling ingedeel word in die volgende periodes: onderwys in die Nieuwe Republiek, onderwys in die Z.A.R., onderwys in die kolonie

Om de relatie tussen de binnendijkse grondwaterstand en de buitendijkse grond- en oppervlaktewaterstand te bepalen, zijn op twee locaties peilbuizen in de bodem van het

Om hierdie eise suksesvol te kan hanteer, behoort onderwyskandidate wat oor die gewenste persoonseienskappe vir doeltreffende onderwys beskik, tot die onderwys toe te

die vakansie mag drie maande per jaar nie te ho gaan nie, en biervan moet twee derde in die myne deurgebring word. Deur die Eerste Volksraad was <lit saam

Die doelstellings van die ondersoek is vervolgens uiteengesit, naamlik om die aard en oorsake van verstandelik gestremde, ge- dragsgeremde adolessente dogters in

Daar is in hoofsaak drie maniere om 'n deeglike Afri- kaanse handelstaal in die lewe te roep (en die drie maniere.. geld mutatis mutandis van Afrikaans in alle

industri~le ~ebied~ kan dit beswaarlik verlaag word. eerder mag klim as daal. Dit moet ook onthou word dat daar individuele begaafd-.. hei~sverskille tussen