• No results found

Kreatiewe denke is om die onmoontlike te droom –en dan meer as dit te bereik.

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Kreatiewe denke is om die onmoontlike te droom –en dan meer as dit te bereik."

Copied!
19
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

'N PROGRAM OM KREATIEWE DENKE BY ADOLESSENTE TE VERHOOG

Kreatiewe denke is om die onmoontlike te

droom –

en dan meer as dit te bereik.

(2)

Inleiding

Welkom by die ongelooflikste ervaring van jou lewe!

Vir die volgende paar weke gaan jy bekend gestel word aan kreatiewe denke.

Gun my egter eers geleentheid om hallo te sê .

Noudat ons mekaar ontmoet het

(3)

Inleiding

Ek sien jou: G-A-A-A-A-P! Waarom sal jy nou so ‘n keuse wil maak as jy eerder, wel, kom ons wees nou eerlik, niks hoef te doen nie behalwe

eet,

slaap,

kuier,

slaap,

eet,

die onnie bly te maak deur af en toe belangstellend te lyk,

jou ouers gelukkig te hou deur af en toe te maak asof jy saamwerk en jou kop herhaaldelik instemmend te knik;

en het ek al eet, slaap en kuier genoem?

(4)

Inleiding

Een oggend dou voor dag om ongeveer halftwaalf gaan jy soort van wakker word, jou pa gaan in die deur staan en “Die Praatjie” vir jou gee. Nee, nie daardie een nie (dit het jy reeds vroeër die jaar saam met jou blosende,

stamelende pa deurgeworstel!) Ek praat van die een waar jou pa (of wie ookal afgevaardig is om dit te doen) jou vertel dat jy nou “mooi groot” is, dat hy baie lief is vir jou, hy nog altyd groot dinge van jou verwag het, en dat dit nou tyd geword het om …AAAGGGHHH!!! JOU EIE POTJIE TE KRAP! Skielik stel jy regtig belang in wat hy sê, want dit klink soos iets wat ernstig met jou sosiale lewe kan inmeng. Ja, oral rondom jou maak mense gereed om te studeer, oorsee te reis of te werk, maar jy het gehoop die oomblik van grootword en verantwoordelik wees by jou sal verby gaan…dit het toe nie…

Word wakker! Word wakker!! Word wakker!!!

(5)

Inleiding

Die idee van Kaizen (die Japannese term vir die

konsep om voortdurend te verbeter) hang af van ‘n voortdurende stroom van kreatiewe denke.

Kreatiewe denke is dus ‘n waardevolle eienskap in

‘n demokratiese samelewing omdat persone wat

kreatief kan dink ‘n betekenisvolle bydrae kan lewer.

Dit is moeilik om aan ‘n enkele area van die lewe in die algemeen, of in jou persoonlike lewe te dink wat nie by kreatiewe denke kan baatvind nie.

Nog beter nuus!

(6)

Inleiding

Jy kan op kreatiewe wyse leer aanpas by die

kompleksiteit en onsekerheid van die ontwikkeling van die wêreld rondom jou. Jy kan die uitdagings wat hierdie probleme bied aanvaar om sodoende geleenthede te skep, nie net vir jouself nie, maar selfs ook op wêreldwye vlak. Jy kan miskien ‘n tweede Mark Shuttleworth (Internet biljoenêr en eerste ruimtevaarder van Afrika) word!

(7)

Inleiding

Jy wil meer bereik met minder moeite. Jy geniet die proses omdat jou keuses gebaseer word op kwaliteit besluite en gerig is op

werklike prestasie.

Dit voel dus nie soos werk nie!

Dit voel nie asof jy jou volle potensiaal bereik nie: Jy kan leer om jou breinkrag beter te benut sodat jy jou volle potensiaal kan

bereik.

Jy moet groot probleme aanpak: Meeste probleme het nie ‘n enkele, logiese oplossing nie. Dit is soms selfs moeilik om ‘n probleem te definieer. Dit is dus nodig om probleemoplossing vanuit verskillende hoeke te benader en om terselftertyd alle moontlike faktore in ag te neem.

Op praktiese vlak kan jy gemotiveer word om kreatief te dink, want:

(8)

Is jy gereed?

Inleiding

Is jy oortuig? Mooi! Hoe dan anders?

Natuurlik! Dis waarop jy jou lewe lank nog gewag het!

Sit terug, ontspan en as jy wil, geniet die avontuur van

‘n leeftyd! Aan die einde van hierdie program sal jy meer kreatief dink as enige iemand anders wat jy ken, of ten minste meer kreatief dink as wat jy tans dink … DIT HANG ALLES VAN JOUSELF AF!

(9)

Die Proses

Aan die begin van die kreatiewe denke program het sommige van julle ’n kort papiertoets afgeneem wat jou vermoë tot

kreatiewe denke bepaal het. Hierdie toets verwys na die vermoë waaroor jy reeds beskik.

Hierna vereis die kreatiewe denke program dat jy vir sewe

weke lank een keer per week afsprake nakom om die program deur te werk. Die program bestaan uit ses modules

(afdelings) van ongeveer een uur lank, waarvan een module oor twee weke verdeel word. In totaal sal jy agt sessies van ongeveer een uur elk bywoon om die program te voltooi.

Onthou, kreatiewe denke is harde werk!

Inleiding

(10)

Die Proses gaan aan ...

Die kreatiewe denke program vereis verder dat jy ook jou kant moet bring deur jouself tydens die sessies met behulp van die rekenaarprogram te begelei. Jy sal ook

‘n kreatiewe denke werkboek ontvang waarin jy sekere aantekeninge tydens die sessie oor die modules se inhoud moet maak. Jy sal ook kreatiewe denke uitdagings tuis in jou werkboek moet voltooi. Dit is noodsaaklik dat jy jou kreatiewe denke werkboek na elke sessie moet saambring. Aan die einde van die program sal jou werkboek ingeneem word om nagesien te word, en sal jy dit daarna weer terugontvang.

Na afloop van die program sal jy weer die kreatiewe denke toets voltooi wat jy voor die aanvang van die program voltooi het. Hierdie toets behoort ‘n

aanduiding te gee of jou vermoë tot kreatiewe denke wel verhoog het nadat jy die program voltooi het.

Inleiding

(11)

Wat is dit vir my werd ?

Indien jou kreatiewe denke wel verhoog het, sal die Departement

Sielkunde aan die Universiteit van die Vrystaat ‘n sertifikaat aan jou uitreik as bewys dat jy die kreatiewe denke

program suksesvol voltooi het. Die voltooiing van die program kan dan ook op jou Curriculum Vitae aangedui word. Dit kan ‘n potensiële werkgewer verseker positief beïnvloed!

Die ses modules van die program lyk soos volg:

Inleiding

(12)

MODULE 1 : KREATIEWE DENKE – OF WAT NOU WEER?

Die doelwit van Module 1 is om jou aan kreatiewe denke bekend te stel, om jou in te lig oor wat

kreatiewe denke is, oor watter eienskappe persone wat kreatief kan dink beskik, en waarom kreatiewe denke nodig is. Jy sal leer van die moontlike

struikelblokke met kreatiewe denke, besluit watter probleme jy met behulp van kreatiewe denke wil

Inleiding

(13)

MODULE 2: MAAR KAN JOU BREIN DIT DOEN?

Die doelwit van Module 2 is om jou aan jou wonderlike brein of

“meesterorgaan” bekend te stel. Die module vertel meer oor hoe jou brein lyk, die

funksies daarvan en wat tydens die proses gebeur wanneer jy jou brein benut om kreatief te dink.

Inleiding

(14)

MODULE 3 : DIE PROBLEEM IS EEN DING;

DIE KREATIEWE OPLOSSING DAARVAN

‘N ANDER!

Die doelwit van Module 3 is om jou aan ‘n weergawe van ‘n kreatiewe denke probleemoplossingsmodel bekend te stel.

Inleiding

(15)

MODULE 4 : “GELUKKIGE” 13 DIVERGENTE TEGNIEKE

Die doelwit van Module 4 is om jou vermoë om

divergent te dink te ontwikkel, sodat jy aan soveel as moontlik kreatiewe oplossings vir ’n probleem kan dink.

Inleiding

(16)

MODULE 5 : EN NOU OM ‘N BESLUIT TE NEEM!

Die doelwit van

Module 5 is om jou vermoë om

konvergent te dink te ontwikkel sodat jy uit verskillende

moontlike oplossings die beste een kan

Inleiding

(17)

MODULE 6:

TIEN “WILLE WENKE” VIR ‘N KREATIEWE LEEFSTYL

Die doelwit van Module 6 is om aan jou wenke vir ‘n kreatiewe leefstyl te gee en ‘n kreatiwiteitstoets toe te pas. Hierna is dit jy en jou nuwe, verhoogde

vermoë tot kreatiewe denke en die wye wêreld wat wag!

Ontmoet vir WILLE. Hy’t ‘n paar wenke oor kreatiewe

leefstyl.

Inleiding

(18)

Selfs inleidings kom tot ‘n einde ...

Jy het nou deur die Inleiding gewerk. Indien jy meer

kreatief wil leer dink, teken die kontrak wat jy saam met jou

kreatiewe denke werkboek ontvang het om te bevestig dat

jy die kreatiewe denke

(19)

@Kopiereg voorbehou - Laudi Ströh (082-4144-100)

Geniet ‘n week

propvol kreatiew e

denke !!!

!

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

These results indicate that these stimuli occurred significantly more often in the experimental group where these stimuli have been presented throughout the route to the test

Based on the finding that maternal depression was related to infants’ decreased sensitivity to sad expressions (Field et al., 1992), we expected that the more mothers

verschillen gevonden in scores op de STAXI-2 tussen de gewelddadige patiënten van het Bouman GGZ en de niet-gewelddadige patiënten, terwijl verwacht zou worden dat bij het

From left to right CONV stands for convenience of the app, INT for interactivity, CUS for customization, DES means design aesthetics, PU stands for perceived usefulness, PE

The data will be collected via the distribution of questionnaires through internet questionnaire service group in China. This could make sure that the respondents are

The first expectation of the third hypothesis was that the participants who were less involved with the environment would show an increased difference between the positive and

Bij gezin 6 was er een samenhang tussen indirecte agressie en het tonen van begrip en het hebben van gezag volgens de jongere en communicatievaardigheden volgens moeder.. Bij

Service cut-offs became widespread as local authorities implemented aggressive cost recovery policies which resulted in the advent of community movements whose primary aim was to