• No results found

PROBLEEMSTELLING1 DOEL1 METODE EN PROGRAM VAN ONDERSOEK

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "PROBLEEMSTELLING1 DOEL1 METODE EN PROGRAM VAN ONDERSOEK "

Copied!
8
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

,,

HOOFSTUK 1

PROBLEEMSTELLING1 DOEL1 METODE EN PROGRAM VAN ONDERSOEK

1.1 INLEIDING

Die onderwysbeleid in Suid-Afrika, soos in Wet nr. 39 van 1967, art. 2 se eerste bepaling vasgel€, lui dat onderwys in Blanke staatskole n Christelike karakter moet he

(Stone,

19

7 4 :4 9) .

In ooreenstemming hiermee meen Van Loggerenberg (1973:45) dat volgens Christelik-Protestantse beskouing die basiese of fundamentele doel van opvoeding daarin gelee is om mense tot die eer en verheerliking van God Drieenig vir elke goeie werk volkome toegerus, te vorm. Die Christen- opvoeder behoort daarom n doelbewuste poging aan te wend om die onvolwassene omhoog te lei na liggaamlike sowel as geestelike volwassenheid.

1.2 ORieNTERING

Aangesien dit n mens is wat opvoed en n mens is wat opge- voed word, sal die opvoeder se mensbeskouing .sy leerteorie bepaal. So sal n persoon wat die mens bloot as verleng- stuk van die dier beskou geneig wees om die leerhandeling slegs as n ingewikkelder verloop as van wat by die dier gebeur, te sien. Die neiging sal bestaan om alle leer deur kondisionering te verklaar (De

~vet,

Monteith en Vander Westhuizen,

1981:13).

Volgens Christelike mensbeskouing, wat teenoor die huma- nistiese mensbeskouing staan, sien die Christen die mens as: unieke

we~e,

wat n eiesoortige onherleibare wese met

n eie individualiteit, persoonlikheid en denkvermoe

is;

(2)

an~woo~dgewende we~e

wat deur sy milieu, sy aanleg, die sarnelewing, sy naaste en bo alles deur God geroep word om op al die take wat op horn afkorn, ooreenkornstig die eise van God, selfstandig te antwoord;

ve~houd~ng~we~e

wat op God, sy rnedernens en die dinge om horn betrokke bly;

eenhe~d~we~e

wat in personale eenheid rneer as die sorn van sy dele is;

geb~oke we~e

wat in al sy funksies deur die mag van die sonde aangetas is hoewel hy nog opvoedbaar is;

kon~nk~ykwe~e

wat deur geloof in Christus deel aan die verlossing kry;

ge~oepe we~e

wie se prirnere roeping die is tot die koninkryk van God (Van der Walt en Dekker, 1983:220- 221 en De Wet e.a., 1981: 14-15).

"Die mens kan horn nie van hornself losrnaak nie. Elke skep- sel is veranker in die skepping van die kosrnos as die een groot werk van God en alle sisternatiese wete ontleen sy karakter aan die skepping van die mens as n eenheid, geskape na die beeld van God" (VanWyk, 1979:117).

Die doel van opvoeding en die doel van die lewe is ten nouste verbind. Die lewensbeskouing bepaal die uitgangs- punt, die inhoud, sowel as keuse van opvoedingsrnetodes

(Van der Walt en Dekker, 1983:186-187).

Die kern van die Christelike opvoeding is daarorn in "die

terugbinding van die afvallige onrnondige aan sy religieuse

wortel" gelee. Die Christelike skool behoort in ooreen-

sternrning hierrnee in kurrikulurnbeplanning en in leerstof-

keuse en rangskikking aansluiting te vind by "die Chris-

(3)

telike antropologie, naarnlik dat die mens na die beeld van God geskape is en dat hy n bepaalde taak in opdrag van God ontvang het" (Van der Walt en Dekker, 1983:236).

Die kind is as mens deur God s6 geskape dat hy oor leer- rnoontlikhede beskik, maar daar bestaan grense aan wat hy kan leer, as gevolg van beperkte rnoontlikhede en die feit dat hy onder die mag van die sonde verkeer. Beperkings kan onder andere in die genetiese potensiaal van die intelligensie van leerlinge, die ornvang van kortterrnyn- en langtermyngeheue en die verkeerde toepassing van kennis gelee wees (De Wet e.a., 1981:15).

Coetzee, soos deur De Wet aangehaal, beklemtoon dat die onderwyser individuele verskille wat tussen leerlinge bestaan rnoet aanvaar en daarin behoort te berus. .., ..Die

ryke verskeidenheid in die eenheid openbaar aan ons die alrnag en goedheid van die Skepper. Die feit van indivi- duele verskille leer die onderwyser dat sy taak beperk

is : hy kan van die kind alleen rnaak wat potensieel in die kind aanwesig is. Hy kan nie skep wat daar nie is nie; hy kan alleen rneehelp aan die groei en ontwikkeling van die kind" . . . en hy hoef "nie te gee wat daar nie is nie hy kan en rnoet vorrn, ontwikkel en laat groei wat daar is"

(De Wet e.a., 1981:365-366).

VanWyk, aangehaal deur van der Walt en Dekker, rneen dat die Christen-opvoeder geroepe is "om die kind wat aan horn toevertrou is te lei en te vorrn tot n geintegreerde per- soonlikheid, volgens sy unieke aard gereed vir die sarne- lewing, ingestel op ware vryheid en verantwoordelikheid, gedra en gerig deur geloof, hoop en liefde" (Vander Walt en Dekker, 1983:226).

Die kind rnoet gelei word om gaandeweg sy eie rnenswaardig- heid te kan besef en daardeur ook agting vir die rnens- waardigheid van andere te ontwikkel (Van der Walt en Dekker , 1 9 8 3 : 2 0 1 ) .

. · - - · · · - - - - - - - - -

(4)

Van Wyk beskryf daarorn Christelike of Skrifrnatige opvoe- ding as n "doelbewuste, opsetlike en waarheidsgenorrneerde handeling waarby rnondige persone wat uit liefde vir God en die naaste gedronge en in volle besef van sy roeping met betrekking tot die kosrnos onrnondige persone help, lei, rig, oorhaal en vorrn tot vrywillige en roepingsbewuste aanvaarding en uitlewing van sy roeping om God met sy hele lewe te dien, sy koninkryk op alle terreine uit te brei en sy naaste se heil te soek en te bevorder en die kosrnos te ontgin en tot volle ontsluiting te bring", soos deur Vander Walt en Dekker aangehaal (1983:178-179).

Om dus waarlik op te voed is om n kind tot volledige be- skawingsrnondigheid, volkorne toegerus vir die diens van God en tot voordeel van die rnedernens te lei (Van der Walt en Dekker, 1983:199).

Aangesien die Christen-opvoeder horn dus ten doel behoort te stel om elke kind volkorne toegerus vir sy eie Chris- telike lewenstaak te kry, behoort sodanige opvoeder horn

juis met leerproblerne wat ontstaan te bernoei, sodat alle leerlinge, elk na sy eie verrnoe ten spyte van problerne wat as gevolg van verskeie oorsake hulle norrnale ontwikkeling

strern, werklik ten volle kan ontwikkel.

1.3 PROBLEEMSTELLING

Daar word reeds deur skoolsielkundiges van die onderskeie onderwysdeparternente, na vasstelling van bepaalde gebreke en/of problerne, aan leerlinge wat leerproblerne openbaar, hulp verleen, maar die vraag ontstaan of alle rnoontlike rniddele deur die Skepper beskikbaar gestel, tans hiervoor aangewend word.

Daar kan byvoorbeeld aanvullend van rnusiek gebruik gernaak word, aangesien dit oor soveel rnoontlikhede beskik, wat die terapeut ten gunste van die leerlinge kan aanwend.

n Leerling word baie rnaklik deur rniddel van rnusiek, wat

(5)

beskou kan word as n woordlose taal, bereik. Musiek bied byvoorbeeld in groepsaktiwiteite die geleentheid tot ver- betering ten opsigte van swak

liggaamsori~ntasie,

motoriese probleme, perseptuele probleme (ouditief en visueel}, ver- ligting van emosionele probleme en die geleentheid om

hiperaktiwiteit teen te werk. Volgehoue deelname kan selfs aandagskonsentrasie en

deursettingsvermo~

verbeter terwyl persewerasie terselfdertyd teengewerk kan word. Met die individuele aanbieding van musiekterapie kan reedsgenoemde moontlikhede sowel as fyn spierbeheer ontwikkel word en die suksesvolle daarstelling van n positiewe selfbeeld van leerlinge verkry word.

1.4 DOEL VAN DIE ONDERSOEK

Die primere doel van die ondersoek is om vas te stel of musiekterapie aangewend kan word om akademies geremde leer-

linge te remedieer. Om dit te bereik sal daar:

(i} leergeremde proefpersone geselekteer word;

(ii} n musiekterapieprogram antwerp word en

(iii} hulpverlening aan die proefpersone deur.middel van bogenoemde program gebied word.

1.5 METODE VAN ONDERSOEK

Agtergrondskennis word deur literatuurstudie verkry en die empiriese ondersoek verskaf die nodige kennis en inligting deur middel van gevallestudies.

Daar word dus hoofsaaklik van die historiese en deskrip- tiewe metodes gebruik gemaak en bewyse word deur die

eksperimentele metode gelewer. In die empiriese

ondersoe~

word n ideografies-beskrywende metode as gevolg van die

feit dat individuele proefpersone van mekaar verskil, toe-

gepas.

(6)

1.5.1 LITERATUURSTUDIE

Gesaghebbende literatuur is oor leerprobleme, oor musiek- terapie in die geheel, asook toepassingsmoontlikhede daar- van ter verbetering van leerprobleme geraadpleeg.

1.5.2 EMPIRIESE STUDIE

Om te bepaal of leerlinge onderpresteerders of swakbegaafdes is, word erkende intelligensietoetse ten aanvang van die ondersoek deur n skoolsielkundige afgeneem.

Skolastiese en perseptuele toetse word aan die begin van die terapeutiese program deur die ondersoeker self afge- neem, om die probleme van elke leerling vas te stel. Die- selfde toetse word na afloop van die terapeutiese program herhaal.

Verdere toetse (saamgestel deur die ondersoeker aan die hand van gesaghebbende literatuur) word aanvullend gedoen met die doel om die terapeut n beter begrip van elke leer- ling se probleme te bied. Hierdie toetse word ook aan die einde van die ondersoek herhaal.

n Terapeutiese program wat in die behoeftes van elke indi- viduele leerling na aanleiding van voorafgaande toetsings behoort te voorsien, word daarna saamgestel en individueel aan die leerlinge gebied.

Om vas te stel of die leerlinge by die terapieprogram

baatgevind het, word die resultate van die aanvangstoetsing

met die resultate van die herhaalde toetsing aan die einde

van die program, vergelyk.

(7)

1.6 PROGRAM VAN ONDERSOEK

In hoofstuk een word die probleemstelling, doel en metode van hierdie studie uiteengesit.

In hoofstuk twee word leerprobleme bespreek. Moontlike oorsake van leerprobleme, byvoorbeeld opvoedingsfoute wat deur ouers begaan word, besondere gesinsposisies van

kinders wat swak deur ouers hanteer word, fisieke probleme wat leerlinge mag strem, die feit dat leerlinge nie skool- gereed by skooltoetrede was nie en probleme wat leerlinge in die skoolloopbaan mag ondervind, word bespreek. Simp- tome van leerlinge met leerprobleme, ten opsigte van aan- passing en skoolwerk word toegelig en die spesifieke leer- probleemareas vasgestel.

In hoofstuk drie word die begrip musiekterapie verklaar en die oorsprong daarvan omskryf. Die moontlikheid, doel en waarde van musiekterapie word bespreek. Vereistes gestel aan musiekterapeute, aktiwiteite in musiekterapie met die oog op moontlike hulpverlening ten opsigte van leerprobleme en die aard van die lokaal waarin dit aangebied behoort te word, word ook verduidelik.

In hoofstuk vier word die toepassingsmoontlikhede van

musiek in groepsverband met voorbeelde ter illustrasie aan- gebied. Toepassingsmoontlikhede word toegespits op ver- betering van growwe en fyn motoriese vaardighede, persep- tuele vermoens (ouditief en visueel) , taalontwikkeling en verwerwing van rekenkundige begrippe. Daar word ook aandag aan sosiale aanpassing geskenk.

In hoofstuk vyf word die empiriese ondersoek om die waarde van individuele musiekonderrig (klavier) te bepaal, uiteen- gesit.

Die verloop van die terapieprogram en die resultate van die

empiriese ondersoek word in hoofstuk ses bespreek.

(8)

In hoofstuk sewe word n samevatting van leerprobleme wat deur middel van musiekterapie verhelp kon word, asook ge- volgtrekkings en aanbevelings na aanleiding van die hele ondersoek, verstrek.

1.7

SM~EVATTING

Die probleemstelling, doel, metode en program van ondersoek is in hoofstuk een uiteengesit.

In hoofstuk twee word vervolgens n oorsig oor moontlike

leerprobleme aangebied.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

stelsels van internskap of soortgelyke begeleidingsmodelle wat in oorsese lande ge1mplementeer word, om die aspiranton- derwyser beter toe te rus vir sy

Die oudi ti ewe perseptuele tekorte wat bestaan het, is na die toepassing van .die hulpverleningsprogram oorko~ In heelparty van die ouditiewe funksies het die

Daar word vandag verskeie terme gebruik om die probleem van swak lesers te beskryf, naamlik leesvertraagdheid, agterlikheid in leesvaardighede, woordblindheid,

• Die onderwyser verrig sy taak in die openbaar; daarom word die gehalte van sy werk, sy persoonlike optrede en persoonlike leefwyse voortdurend deur die

Terwyl die liede- re gesing word, behoort die voorgestelde liggaamsbewe- gings (soos by elke lied aangebring) telkens deur alle leerlinge in die groep uitgevoer

Indien aktiwiteite akkuraat beplan word, kan die leerl'inge sukses ervaar wat hulle selfbeeld positief behoort te bein- vloed. Aangesien die leerlinge aangemoedig

Hierdie klein aantalleerders het meegebring dat daar nie 'n sinvolle faktoranalise op die onafhanklike veranderlikes (n = 32) uitgevoer kon word nie. lndien die

Hipotese 1 stel dat 3 – 9 maande oue babas wat ‟n formele stimulasieprogram volg, hetsy in groepsverband in ‟n dagsorgsentrum, of deur middel van individuele stimulasie wat