• No results found

Hoofstuk Sewe

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Hoofstuk Sewe"

Copied!
29
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

HOOFSTUK SEWE

Die bydrae van die EAV(S.A.) tot die vertegnologisering en

professionalisering van die elektrisiteitsbedryf in Suid-Afrika

Die uitwerking van industrialisering in England gedurende die agtiende eeu op geslagte mense daarna wereldwyd is omvangryk. 'n Ekonomiese paradigmaskuif het individue en veral gemeenskappe tot in hulle diepste wese geraak. Dit het nie aileen produksie in sy verskeidenheid be"invloed nie, maar ook nuwe behoeftes geskep in die werksomgewing, die onderwys, in regerings van die tyd en binne sosiale kringe vanwee die skepping van nuwe klasse mense. Negatiewe belewings daarvan beloop ook boekdele.

Die ontstaan van beroepsverenigings, as uitloper van hierdie ekonomiese paradigmaskuif binne die raamwerk van onderwys en opleiding met die oog op professionalisering en beter dienslewering, is 'n aspek wat in hierdie studie beklemtoon is, veral die rol daarvan op elektrotegniese gebied as eeue-oue navorsingsterrein. Algaande het die verloop van die geskiedenis binne die raamwerk van streeks- en nasionale ekonomiee ook ruimte geskep vir die studie van ekonomiese en besigheidsgeskiedenis. Beide hierdie rigtings is relatief jong vertakkings van Geskiedenis as dissipline in Suid-Afrika. Dit geld ook vir die geskiedenis van die Elektrotegniese Aanemersvereniging van Suid-Afrika - oftewel die EAV(S.A.), as beroepsvereniging binne die nasionale ekonomie van Suid-Afrika.

Hierdie Vereniging het maar eers in 2000 formeel sy 50ste bestaansjaar gedenk.

Word jare se aanvoorwerk en ander vorme van sigbaarheid van die professie op streeksvlak ook in aanmerking geneem, is die professionele bewusmakingsperiode binne die elektrotegniese bedryf in Suid-Afrika al sowat 80 jaar oud - byna net so oud soos die begiin van die algemene gebruik van elektrisiteit in Suid-Afrika, en nie ver agter elektrotegniese ontwikkeling in die buiteland nie. Die vernaamste sake wat 'n beroepsvereniging soos die EAV(S.A.) raak en hanteer, is optimale kontinue professionalisering van elektrotegniese kontrakteurs tot voordeel van Suid-Afrika. Dit sluit in opleiding en die effektiewe benutting van tegnologie deur lede.

(2)

Hoofstuk Sewe

7.1

Professionalisering en vertegnologisering

Professionele bewusmaking gerig op kwaliteit en dienslewering van gehalte op nasionale vlak is nie 'n inisiatief wat van die grond af net met Suid-Afrikaanse breinkrag gevestig is nie. Die aktiwiteite van werkersklubs in Engeland waarvan in Hoofstuk Een melding gemaak is, en waarop beroepsverenigings en vakbonde later gevolg het, het ook in Suid-Afrika indruk gemaak. Daarop is bloot voortgebou. In die begrip beroepsvereniging is elemente soos onder meer opleiding, spesialisasie en professionalisasie ingebou. Dit is ook hierdie kriteria wat gebruik is om die rol en toekoms van die EAV(S.A.) te bepaal.

Teen die eerste helfte van die twintigste eeu was elektrotegniese aannemers in Suid-Afrika se belange verdeel tussen die bou- en konstruksiebedryf en die elektriese ingenieursbedryf.1 Uit hierdie half dubbele statusposisie het die behoefte binne elektrotegnici-geledere ontstaaan om 'n eie onafhanklike vereniging te stig. Met die ondersteuning van die moedervereniging, naamlik die Master Builders' Association (MBA) wat reeds teen 1899 takke in sommige streke van die land gehad het, is die EAV(S.A.)(S. A.) in 1949 gestig.2 'n Stigtersledetal van 141 en vyf EAV(S.A.)-takke in Johannesburg, Pretoria, Kaapstad, Oos-London en Port Elizabeth het in die bestuur en professionalisering van die elektrotegniese aannemer Ieiding geneem. Gedurende die periode 1949 tot 1957 het die ledetal met 100% gegroei.

Kort na die stigting van die eerste takke en die installing van die eerste organisatoriese en huishoudelike reels, het die EAV(S.A.) die stryd om registrasie as volwaardige beroepsvereniging by die Regering se lndustriele Raad aangepak. 'n Stryd was dit, want nie aile verwante ekonomiese verenigings was genee om die nuweling sander meer te aanvaar nie, aangesien geoordeel is dat oorvleueling in

2

Vergelyk Master Builder's Association (MBA), Minutes of the National Executive Committee, minute, 9 March 1943, p.15:10 August 1943, p.2; 14 March 1944, p.4; 14 October 1947, p. 5.MBA, Presidential report, 31 Desember 1943 p.1.

Elecrtical Contractor's Association of South Africa, ECA(S.A.), Minutes of the National Executive Committee, minute, 27 April 1949, pp.1-2.

(3)

verenigingsdoelstellings voorgekom het.3 Daarmee het ontevredene groepe indirek die registrasieproses van die EAV(S.A.) tot 1950 vertraag toe dit formeel as werkgewersorganisasie geregistreer is.

Sedertdien was die kontinue rol van die EAV(S.A.) binne die Suid-Afrikaanse

ekonomie om sodanig in die bedryfsraamwerk waarbinne die vereniging funksioneer

te professionaliseer en te vertegnologiseer dat hulle as die rigtinggewers jarelank

geen gelyke gehad het nie. Hieronder tel die EAV(S.A.) se letterlik ure, dae, maande

en jare van onderhandelinge met veral regeringsdepartemente en organisasies

rakende tenderregulasies, prosedures rakende roof elektriese installasie,

kwaliteit-en gehaltebeheer kwaliteit-ensomeer. Onaanvaarbare dienslewerings-, werknemers- en

werkgewersituasies is in die reel sender meer hanteer om die EAV(S.A.) se

professionele gerigtheid en beeld nie te skaad nie. Daarmee is ledebelange

beskerm.

Vanaf stigting in 1949 het die EAV(S.A.) beoog om verteenwoordigend te wees van

die hele elektrotegniese aannemersbedryf in Suid-Afrika. Benewens elektrotegnies

gerigte werkgewers is handelaars en verspreiders van elektriese materiaal ook by

die EAV(S.A.) betrek.4

Om beter beheer oor EAV(S.A.)-Iede uit te oefen het die EAV(S.A.) kort na

registrasie in 1950 die moeisame proses van 'n moontlike eenvormige nasionale

registrasie van elektrotegniese aannemers aangepak. As gevolg van die probleme

wat die plaaslike owerhede met nasionale registrasie gehad het, vanwee elk se

unieke omstandighede en omgewing, kon die proses nie deurgevoer word nie. Ten

spyte hiervan het die EAV(S.A.) steeds toegespits op die bevordering van

professionalisering binne die elektrotegniese bedryf.

3

4

ECA(S.A.), Minutes of the National Executive Committee, minute, 23 January 1950, pp. 3-5; 24

March 1950, p.5; 21 August 1950, p.5.

ECA(S.A.), Minutes of the meeting of the National Executive Committee, minutes 10 September

1956, pp.6-7; 20 October 1956, pp.3-4; 18 February 1957, pp.2, 14.

(4)

Hoofstuk Sewe

Opleiding en verdere opleiding sowel as sertifikate vir toekenning en erkenning van sekere vlakke van opleiding is onderwysaangeleenthede wat gedurende die vyftigerjare al aandag ontvang het. Een van die eerste "ongewenste" reelings wat aandag ontvang het, was die twee stelle eksamens waaraan vakleerlinge in die elektrotegniese bedryf blootgestel was. Om dit te hanteer, is die eerste Nasionale Vakleerlingskapkomitee vir die bedryf op 21 Junie 1954 onder Ieiding van die EAV(S.A.) gestig om onder meer 'n eenvormige eksaminering van vakleerlinge te bevorder asook verdere leemtes in opleiding en assessering te identifiseer. Hiermee het die elektrotegniese bedryf 'n groter mate van onafhanklikheid ten opsigte opleiding gekry Dit het ook gelei tot 'n bevordering van die professionaliteit van die bedryf.

'n Historiese bydrae op die kerfstok van die EAV(S.A.) was hierdie Vereniging se betrokkenheid by die opstel van 'n elektrotegniese gedragskode vir die bedrading van persele. Daarmee is 'n verdere bydrae tot gehalte vakmanskap, tesame met beroepsveiligheid bevorder.5 Daarmee saam het die EAV(S.A.) ook die inisiatief geneem om in Brittanje by elektrotegniese verenigings te gaan kers opsteek rakende hoe ontoereikende tender- en kontrakvereistes en voorwaardes hanteer behoort te word.6 Gedurende byvoorbeeld die vyftigerjare is heel dikwels geen boubestekke vir elektriese werknemers in plaaslike, streeks- en nasionale tenders en kontrakte/projekte ingesluit nie. Hierdie onaanvaarbare situasie vir die EAV(S.A.) het gedurende 1955 gelei tot 'n konsepdokument ten opsigte van boubestekke vir elektriese werk7. Daarby moet egter ook onthou word dat die EAV(S.A.) self vir 'n

lang periode taamlik skepties gestaan het teenoor die nut daarvan. Die impak daarvan was veral tot voordeel van professionalisering. Tenders vir elektriese werk is hiermee ook voorsien van noukeurigberekende afmetings alvorens hulle 'n diens lewer. Hierdie vernuwing het daartoe bygedra om professionaliteit te bevorder en die tegnologie op 'n verantwoordelike wyse aan te wend. Om die publiek as verbruiker

5

6

7

Vergelyk ECA(S.A.), Minutes of the National Executive Committee, minute, 26 April 1954, p. 9;

23 August 1954, p.12.

Vergelyk ECA(S.A.), Minutes of the Sixth Annual General meeting, minute, 16 May 1955, pp.

16-20; minute, 20 October, 1956, p.9.

ECA(S.A.), Minutes of the National Executive Committee, minute, 26 April 1954, p. 9; 23 August

1954, p.12.

(5)

te beskerm, het die EAV(S.A.) gedurende die periode hom oak ten gunste van die uitreiking van 'n verpligte klaringsbewys uitgespreek wanneer 'n perseel van eienaar

verwissel. Hiermee het elektrotegniese aanemers hulle reputasie as vakmanne op

die spel geplaas, aangesien hulle werk eers getoets is voordat 'n sertifikaat uitgereik

is.8

Op werknemersvlak was die EAV(S.A.) sedert stigting 'n belangrike rolspeler. Deur

middel van nuut gestigte industriele rade is ooreenkomste met die Suid-Afrikaanse

Elektriese Werkers gesluit, wat onder meer daartoe bygedra het om die lot van die

wernemer te verbeter, arbeidsverhoudinge daarmee te bevorder en s6 gunstiger

werksomstandighede daar te stel. Daarby was die EAV(S.A.) tot die negentigerjare

'n prominente rolspeler in die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde (SABS) se subkomitees betrokke by die opstel van spesifikasies vir die gebruik van elektriese

produkte, materiale en gereedskap. Hierdeur is verseker dat die regte en mees

gevorderde tegnologiese produkte ingespan en aangewend word in die voltooiing van kontrakte en projekte. Met so baie wat vermag is gedurende die boufase van

die EAV(S.A.), was dit oak nie vreemd dat nag streke en takke spontaan ontstaan

het nie. Daarmee het die EAV(S.A.) sy magsbasis versterk en sy invloedsfeer kon uitbou. 'n Groei in ledetal van 28% sedert 1961 tot 1967 is aangeteken (Kyk Grafiek 11 ).

8 Vergelyk ECA(S.A.), Extract from the report submitted to the 1958 Annual congress by the

sub-committees appointed to formulate recommendation regarding the revision of the standard form

of sub-contract and various other matters, pp.1-3.

(6)

Graflek 11 150 140 130 120 110 100

....

~

90

c

80 w

....

z

70 iii 60 0 01:: 50 ~ ~ 40 0 30 20 10 0 -10 -20

Totale

aantal

EAV

(SA)-Iede

vir

die

tydperk

1949-2000

1949-1957 1957 -1961 1961-1967 1967-1971 1971-1972 1972-1977 1977-1982 1982-1987 1987-1992 1992-1997 1997-2000 JARE Hoofstuk Sewe Bron : ECA (SA), Minutes 1949-2000, E CA (SA) Head Office, Edenglen , Germiston.

(7)

'n Tweede fase van professionalisering en vertegnologisering is opgemerk. Met basiese regulasies in plek is kortings onder meer vir lede beding en 'n direkte verhandeling deur groothandelaars aan die publiek deur die EAV(S.A.) ontmoedig om s6 EAV(S.A.)-Iede te beskerm. Voorts is gehelp met die opstel van tender- en kontrakvereistes ter beskerming van die elektrotegniese aannemers as

sub-kontrakteurs. Die korting van byvoorbeeld 5% aan die hoofkontrakteur waarvoor

daar in tender- en kontrakvereistes en -voorwaardes voorsiening gemaak is, is in

1969 amptelik opgeneem en in 1977 verder verfyn om beide die subkontrakteurs en

hoofkontrakteurs tot voordeel te strek. 9 Hierdie stelsel is die Pay when

Paid-beginsel genoem.10 Die Pay when Paid was steeds nie vaartbelyn nie en is

aangevul met die Pay when Paid-beginsel as tydelike waarborg dat betaling aan

elke verskaffer/kontrakteur sal geskied.

Gedurende die jare sewentig is navorsing ten opsigte van die elektrotegniese

· aannemersbedryf onderneem om kwaliteitsbeheer te toets en te verseker dat die

standaard van professionalisering as missie steeds bevorder word.11 Op sy beurt

het die navorsing daartoe gelei dat die elektriese bedradingsregulasies gedurende 1974 hersien moes word. Nuwe produkte is aan plaaslike owerhede teen kosprys bekend gestel.

Te midde van kwaliteitsversekering en diens van gehalte as vernaamste funksies van die EAV(S.A.) het die EAV(S.A.) ook die Electrical Employers' Association

(EEA) die stryd aan gese ten opsigte van die verdeling van geskoolde en

ongeskoolde arbeid. Na vele samesprekings het die EAV(S.A.) die EEA oorreed om in te stem tot die verslapping van arbeidswetgewing. Dit het onder meer behels dat

geskoolde arbeid ook toeganklik gemaak is vir minder geskoolde werknemers. 'n

9

ECA(S.A.), Minutes of the meeting of the National Executive Committee, minute, 21 July 1989, p.4.

10

ECA(S.A.), Report of the National Executive committee, report, 18-19 July 1975, pp.41-46.

11 ECA(S.A.), Minutes of the meeting of the National Executive Committee, minute, 23 August

1954, p.12.

(8)

Hoofstuk Sewe

Nuwe werknemersklas, die vakmansassisstent (artisan's assistant), het hieruit

ontwikkel.12

Toe die BIFSA gedurende 1976 inbreuk wou maak op die invloedsfeer van die

EAV(S.A.), was dit die begin van die pad na deaffiliasie. Die EAV(S.A.) het die

aansoek van die uitgebreide invloedsfeer van die BIFSA by die regeringsowerhede

teegestaan en gedurende 1977 van die BIFSA gedeaffilieer.13 Die EAV(S.A.)-Iede

was heel te vinde vir s6 'n stap. Daarmee is 'n derde fase in die

ontwikkelingsgeskiedenis van die EAV(S.A.) begin (Vergelyk Hoofstuk Vyf).

Met die derde fase van strategiese beplanning van die EAV(S.A.) is beoog om die

bestuurstruktuur van die EAV(S.A.) meer vaartbelyn te maak met die toepassing

van die streekskonsep van nuwe bestuurstrukture ensomeer. Gedurende 1982 tot

1987 het die ledetal met 136% gegroei (Kyk Grafiek 11 ). Bemarking en 'n grater

sigbaarheid na buite - onder Jan Publiek sowel as vennote in die bou- en

konstruksiebedryf - is ge"identifiseer as bydraend tot die professionele diens en

kundigheid waarvoor die EAV(S.A.) bekend wou wees. Om dit te verwesenlik het die

EAV(S.A.) 'n eie publikasie The Electrical Contractor in 1977 begin.14 Hierdie

publikasie wat aanvanklik bloat as 'n brosjure begin is, het as amptelike mondstuk

van die elektrotegniese aannemersbedryf gedien waardeur die professionele beeld van die EAV(S.A.) (S.A)

uitgedra kon word.15 Mettertyd het die blad ontwikkel tot 'n glanstydskrif van hoe

kwaliteit wat vanaf Julie 2000 deur die maatskappy Crown Publications

(Sparks/Electrical Contractor) hanteer word.

12

Vergelyk ECA(S.A.), Minutes of the National Executive committee, minute, 29 October 1969,

pp.13-14,

13 ECA(S.A.), Minutes of the National Sub-Committee on Labour Afairs, minute, 10 June 1977, p. 9.

14

ECA(S.A.), Minutes of the National Executive Committee, minute, 22 October 1976, pp.1 0-11.

15 Interview R. Pinto (voormalige president van die EAV(S.A.)(S.)/E.S. van Eeden, 12 Oktober

2000.

(9)

Die voorblad van die eerste Sparks Electrical van samewerkin tussen die EAV S.A. ,

Contractor. Dit is die resultaat

arks en Crown ublikasie.

P~ge

Energy Meaaorement

and Supply 2 • 6

CabM:s and Cable

Accessories 7 • 12

Produets 13 News, This and That 14

Contractors' Corner 15-16

17

ltit.·,.,thyt88tpi!QaatJ!ethatlil~ lrKf>ng~kH'tMbeneftof•ts umns lllld te.tur.•. Moat nolttbfy 'M!'

1'1\al Sparlls Electnc.lll Ne-Ns 11 now memberlandtharrcllents ltsMt'V1081 hftebroughiL1)tltw.y.asa~UPE:tothe

Sp;.'\rlr.a Elednc~~l Contr..:t()(. include lebour ~-educll toN·W~t~eareondaf"MdbySAHCI.SALA,

wnon WIJ 'Ml"' 1\n\t appt't)a(;l'led by t.on W'ld ttvq . ...,_ ,....n· &. ILESA. lJVhtJng ,. noc taught as a

rhO FCA with the ~ lhat ' " taboO, rrnulwmg Md pubk:lty 1110 ...,., ... ~ V1 .lily tort ary ,nsf~

,otn !()t'(M. we t"-0\.lldn t r• to ... m. ~ Jnd ~~ bKk l.C). tullonl and'" bnr'9nv the latest tech

-otw<:~Us mertts in tttoa a~tJOn. CrOMl Pubk:.lllon bought Sperb nulogy •nd a.dw..qun ao our f'Mder'

The ECA wu founded SO ~1"5 lr'l 1993 and ha grown the m.ga£.,. we k.IO hd.vu learned and er,oyed !he

~to prO'r1Cie and create an 8flii'W'OI'l· !OUbSW'Itllllt'(llneethen. Wetneretdlf!O ~

mllrt! «W''I.Jel\.'8 10 the pn:: 1M and the orculabon. bf~ .,_ tOfu- ~ JOWW1Y ton;.n the ECA ww+ be

etfo~Jnt operatiOfl of eAeetr!Cal con· nal cont.,t aDd •deted riQI.IW• COl· Mltd'led 10 . , aVIII'tl *'"'ong pubtica

L- - - -- - - , . - - - - -- ---, 110n .-a a MGt~ 11114'1ltti'l , . . ,7 A new venture for ECA

THE ECA ha.s gone, and is still goir'lg

1==-=====-- - -1 ~~~=~~:.!00~~~:

lr::-=.:.:...::.:.;.:.:..::=.,,;---::-,1 ~~~cbfa~ng~':~~:~=~

-sarythiayoorand Its recordt>oo«sahOw

a groat numbef of achievements to be

proud of. But, that is histoty. What4bout

the ptMent and lu!ure?

The EGA has decided. in future, to

II

~~~=~;,;~ te m up wilh a dynamic group of the

fairer tcx from GrO'I'<Tl Pub!ioi.ltion9 nnd

to 3PPf'C*h a now diipeosation cnttlu·

tiastic..~'y In an ox~tlrlQ now publica·

lion, Sparb Electrical Contractor.

Not only will the incroas.od mmkct

~etration be oone~ but it Should

OQen now chalonges to the Industry

anc;t its roW..piayel't.

Ooo thing tho EGA h~s learnt owr

the pa.il50 yea.rs is to cater for wha I thO

contractors want, not whllt Wfl think

tney ncod. In lho noxt few yoa.rs, tha

ECA wil further improve its aervlces to

i:.t ITI9mberland focus oo the noeda of

the ecnerging sec lor in terms of techni

-cal skilts end bftslc bu$iness skifb

de\.'eklpment, Ell.iiting contractors In

our Industry havo an oppol1unity to act

us mootofs and smro thcfr invaluablo

cxpcniso and oxpcrienoo. This wii! go

a k>ng way towal'ds ensuring lhatlhO !-;====================~

playlog rields are levelled and that

experienced contractors urve tht

economy.

The new puble..'ltiofl \\;n be !hero

Wf"teoo"' It Mppene and .. ._ ensure 1h..1t

indu$try it k.ept fnfonnad and intc.racts

with the roi~Ytf'l. The new team

brings with them a wide mngo of

expe-rience, a oommltmcot $4K:Orld to none

and an energy thnt rc:ts too 'spar1<$1ty'.

Chango noonally goes: hand in hand

w:th ~ott as the H$'1 out option is to

stall and hOpo that it ~ ... 1:1 efthergo away

orrcc!ifyi1sclf.

Wo.yne Gretsky coco said, 'I skato to where 'tt.4 pl.dt Is going to be, not to

whcnl it is'. He Nld that he had found

that most organisations ar~ so busy

rcact:ng to the 5h00 term probicm.3 of

lOday {Chasing the puck around) that

they hJ.ve lir.i£1 lime loft for Ct!:';:ating

their futuro.

(10)

Hoofstuk Sewe

Met die stigting van die Nasionale Opleidingskomitee het die EAV(S.A.) beheer

verkry met betrekking tot elektrotegniese opleiding.16 Dit het beteken dat die

EAV(S.A.) onafhanklik was met betrekking tot opleiding. Ter ondersteuning hiervan

het die elektrotegniese bedryf onder Ieiding van die EAV(S.A.) ook mettertyd 'n eie

Ontwikkelings- en Opleidingsfonds gekry.17 Hierdie fonds was gedurende die

tagtiger-negentigerjare beskikbaar vir aile vlakke van opleiding in die bedryf.

Strategiese posisionering het verder uitgeloop op die EAV(S.A.) se prominensie in

die stigting van die Elektrotegniese Aannemersraad (ECB).18 Hiermee is 'n

registrasiestruktuur vir aile elektrotegniese aannemers in Suid-Afrika ingestel wat

kontrole van persone in die bedryf vergemaklik het. Met 'n eenvormige

elektrotegniese aannemerslisensie wat deur die ECB aan gekwalifiseerde

aannemers uitgereik is, is die professionele status van die lede bevorder (Vergelyk

Afdeling 4.4.8.)

'n Eie nasionale nywerheidsraad is ook gevestig, en daarmee het die Vereniging 'n

groot bydrae gelewer tot die stablisering van die arbeidsmag binne die

Elektrotegniese bedryf tot voordeel van die land se ekonomie in die bree.19 Dit was

ook nie net die lede wat deur jarelange professionele gerigtheid bevoordeel is nie.

Strategiese posisionering vir die EAV(S.A.) het ook behels die daarstelling van 'n

waarborgskema vir elektriese dienste gelewer. Hiermee het die EAV(S.A.) 'n

bereidheid getoon om die Vereniging se naam op die spel te plaas deur 'n mosie

van vertroue te stel in die opleiding en algemene professionalisme van sy lede

(Vergelyk Afdeling 4.4).

16 Vergelyk ECA(S.A.), Supporting documentation for the national Executive Committee meeting,

21-22 October 1983, p.5.

17

Republiek van Suid-Afrika (RSA), Staatskoerant nr. 11719, 3 Maart 1989, p.16; ECA(S.A.),

Minutes of a meeting of the National Training Advisory Committee, minute, 13 July 1989, p. 3.

18 ECA(S.A.), Minutes of the meeting of the National Executive Committee, minute, 28 October

1987, p.33; Geskrewe notas, J.C. Baker (Uitvoerende Direkteur EAV(S.A.)), 29 November 2000.

19 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of Branch Chairman Secretaries and Management Committee,

minute, 13 September 1979, pp.1-2.

(11)

Graflek 12 3200 3100 3(XX)

Totale

aantal

EAV

(SA)-Iede

vir

die

tydperk

1949-2000

290J 2800 2700 2600 2548 2500 2400 2300 2200 2100 ~ 1934 1900 _, 1800 I ~ 1700 •~ I w 1600 ~ 1500 _, 1400 1300 1200 1100 l(XXJ 900 800 "71\1\ 700 ~ ~ ~ 500 448 A17 I 400 --· ~t>J I LQ.. ,., 300 141 I 200 100 0 1949 1957 1961 1967 1971 1972 1977 1982 JAAR Bron : ECA (SA), Minutes 1949-2000 , ECA (SA) Head Office, Edenglen, Germiston. 1987 1992 1997 Hoofstuk

(12)

Grafiek 13

Ledestatistiek soos teen 2000 in die EA V(S.A.) Streke:

Gauteng 32 Ooskaap 51 55 Noord Transvaal 172 • Witwatersrand •wes Transvaal D Vaaldriehoek • Port Elizabeth •suidkaap D Oos-Londen D Grens ( 0 /L) 88 94 • Brits/Rustenburg • Laeveld Weskaap 24 KwaZulu Natal 34 40 Vrystaat 34 42 •Kaapstad •Boland

• Durban (Natal Coastal) • zululand D Natalse Middelande • Bloemfontein • Oos Vrystaat DNoordkaap o Noord Vrystaat •Upington 187

(13)

Sedert 1994, met 'n nuwe en eerste demokraties verkose regering in beheer, is aan

die EAV(S.A.) nuwe uitdagings gestel. Etlike aanpassings moes gemaak word,

waaronder wetgewing gerig op gelyke geleenthede, regstellende aksie in die

werksplek ensomeer. Die bemagtiging van veral swart elektrotegniese aannemers

was 'n nuwe fase maar 'n welkome toevoeging tot die grater rol wat die EAV(S.A.) al

jare lank wou vervul. Aansluitend hierby het swart elektrotegniese

aannemersverenigings in 'n grater mate op die voorgrond getree wat kompeterend teenoor die EAV(S.A.) en waarskynlik in die toekoms nog sal staan. In vele opsigte

het dit die EAV(S.A.) net meer sensitief gemaak vir die wyse waarop deur die

Vereniging te werk gegaan kan word om 'n nog grater, beter diens te fasiliteer tot

voordeel van die lid en die publiek (Vergelyk Hoofstuk Ses).

Vanwee veranderende landsomstandighede na 1994 is meer klem geplaas op die

opleiding en entrepeneurskap van die opkomende sektor. Opleidingsmetodes is

verander en kursusse is aangepas by afstandsonderrig. Die EAV(S.A.) het ook

begin met die uitkontraktering van opleiding teen 2000 volgens die

rasionalisasiebeleid van die Sentrale regering. Volgens regeringsbeleid het die

EAV(S.A.) ook sy eie beleid ten opsigte van taal en regstellende aksie hersien.20

Hiermee het die EAV(S.A.) sy eie grondwet in ooreenstemming gebring met

regeringsbeleid as 'n bewys van die doelgerigtheid om steeds, na 50 jaar in die

Elektrotegniese aannnemersbedryf, prominent vooruitstrewend te bly, ongeag

ekonomiese hindernisse - nasionaal en internasionaal - sowel as die negatiewe

groeikoers in ledetal wat die Vereniging van tyd tot tyd beleef het (Kyk Grafiek 11 ).

Volgens die besigheidhistorikus Lee is s6 'n verandering juis nodig aangesien,

volgens hom: structural change is an obvious and important manifestation of

growth.21 Die benutting van rekenaartegnologie soos die die internet is 'n nuwe

terrein waarop die Beroepsvereniging onlangs ingeskakel het en die potensiaal

20 Vergelyk ECA(S.A.), Minutes of the meeting of the National Executive Committee, minute, 7-8

May 1996, p.19, 22; Supporting documentation for the National Executive Committee meeting, 7-8 November 1996, p.13.

21 C.H. Lee, Corporate behaviour in theory and history: The historian's perspective,

Business History, 32, April 1990, p.165.

(14)

Hoofstuk Sewe

daarvan in 'n meer professionele dienslewering aan lede nog ondersoek. Hieronder

tel die beskikbaarstelling van tenders via die EAV(S.A.) se tuisblad www.ecsa.co.za

aan lede.22

7.2

Professionalisering op streeksvlak

Die EAV(S.A.) het in 1992 sy struktuur sodanig gewysig dat die destyds bestaande

takke in ses streke ingedeel is. Die name daarvan het sedertdien effe gewysig om

meer in te pas by die nuwe provinsiale indelings wat na 1994 se demokratiese

verkiesing gegeld het. Teen 2000 was die ses streke reeds bekend as die Gauteng-,

die KwaZulu-Natal-, die Noord -Transvaal-, die Oos-Kaap-; die Vrystaat- en die

Wes-Kaapstreek (Kyk Grafiek 13). Uit navorsing wat die EAV(S.A.) self onderneem

het, blyk dit dat hulle ledeprofiel, vergeleke met die aantal nie-lede in die onderskeie

streke, in KwaZulu-Natal die grootste is, naamlik 'n sigbaarheid van 67,03%. Daarop volg Noord-Transvaal met 62%, gevolg deur die Wes-Kaap (55,74%), Gauteng (38,43), die Oos-Kaap (32,89%) en die Vrystaat (32,55%). Die EAV(S.A.) se

grootste ledekorps is egter in die meer ge"lndustrialiseerde Gauteng waar die

kompetisie meer en grater is (Kyk Grafiek 14). Wat ook opval uit die gegewens van prominente lede in streeksverband soos in die ondergegewe inligting voorgehou, is dat EAV(S.A.)-Iede nie noodwendig net projekte binne die eie streek onderneem nie.

Gesien teen hierdie agtergrond is dit sinvol om van die EAV(S.A.) se grater

elektrotegniese ledetal in van die streke uit te wys as voorbeelde van die wyse

waarop elektrotegniese kontrakteurs as lede van die EAV(S.A.) hulle professie beoefen om die professionele beeld van die Vereniging ook indirek tot voordeel te

strek.23 Dit sluit in die onderneming van projekte waarby miljoene rande betrokke is

22

Vergelyk telefoniese onderhoud J. Oliver (Finansiele bestuurder EAV(S.A.)(S.A)/E.S. van Eeden,

24 November 2000.

23

Terwille van ruimte is daar nie pertinent na die elektrotegniese kontrakteurlede in aile streke

-klein of groat - verwys wat al vir jare met die EAV(S.A.) geassosieer word nie.

(15)

en waarby elektriese kontrakteurs in verskeie streke oak betrek is rakende die

elektrifisering van 'n verskeidenheid openbare en sakepersele24:

Gautengstreek

Alhoewel etlike EAV(S.A.)-Iede in hierdie streek die Vereniging se naam hoog hou

met hulle betrokkenheid by groat projekte, verdien Stone & Stewart (Pty) Ltd. sowel

as Stantronic Electrical van die Standard Electrical Group besondere vermelding.

Die Stone & Stewart firma het 'n ryke familiegeskiedenis van elektrotegniese

kontrakteurswerk wat sy oorspronge in 1924 in Durban gehad het. Die onderneming

te Parkhurst, Johannesburg, soos dit in 2000 bekend was, is reeds in 1936 gevestig.

Benewens die firma se bekendheid weens sy betrokkenheid by groat projekte in die

noordelike dele van Johannesburg, bestuur die firma oak een van die grootste

onafhanklike besighede in beligtingstoerusting. Die justisiegebou, genaamd Clouds

End en wat voorheen aan Mary Oppenheimer behoort het, sowel as die Eric Gallo

Huis is van Stone & Stewart se besonderse projekte wat onderneem is.25

Die Standard Groep is 'n onderneming wat tot stand gekom het tussen hoofsaaklik

Standard Electrical (gestig 1946) en Relectron (gestig 1982). Ander firmas wat oak

hulle kundigheid in hierdie Groep ingeploeg het, en/of daaruit ontwikkel is, is Firstworld Electrical (1993 gestig) e-Tronics (2000 gestig), Stankom, Light Raze, Kgolagano Electrical en Tlhabollo Electrical. Die Standard Groep se kennis is veral

elektrotegniese kundigheid in kommersiele en industriele behoeftes. Hierdie grootse

24

Ten tyde van die navorsing is geen statistiek van lede in die Vrystaat Streek beskikbaar gestel

nie.

25 Memoirs, Stone

& Stewart (Pty) Ltd., ca. October 2000.

(16)

Hoofstuk Sewe

Stone and Stewart Electrical Contractors se perseel gedurende 1973 en 1990

(17)

onderneming wat 650 werknemers in diens het, is ook al verskeie kere versoek om lewensvatbare studies te onderneem rakende die elektrotegniese stand van bestaande geboue. 'n Betrokkenheid by projekte van die Pick 'n Paygroep

-waaronder die groot Boksburg Hiperwinkel - , die Oosrandse Winkellaan, Westgate, die vroeere Checkers-groep, die bedrading van die Makro- en Sappi hoofkantore sowel as die 26 verdieping Southern Life-gebou is 'n mikrokyk in die lyste van groot

projekte waarvan die Standard Groep deel was. Van die mees onlangse projekte wat onderneem is, is die Gold Reef City Casino en die Menlyn winkelkompleks in

Pretoria. Hierdie lid van die EAV(S.A.)(S.A) het daartoe bygedra dat laasgenoemde meer betrokke geraak het in opleiding van gemeenskappe met 'n agterstand.26 Vir die doel is die gemelde Stankom in 1994 deur Stantronic Electrical gestig. 27

Noord-Transvaalstreek

In die wyd uitgestrekte streek is dit DC Elektries van die Cronje-broers wat sedert die nuwe streeksindeling in 1992 tot 2000 nog as een van die voorste elektrotegniese firmas in die streek beskou is.28 Van die meer prominente projekte wat aan DC Elektries toegeken is, is hoofsaaklik in Pretoria, Centurion en Johannesburg rtoegeken. Hieronder tel die Carnival City Casino en die Southgate

Winkelsentrum. 29

KwaZulu-Natalstreek

Persentasiegewys (Kyk G rafiek 14) was hierdie streek teen Oktober 2000 die EAV(S.A.) se mees verteenwoordigende afdeling in die elektrotegniese bedryf op streeksvlak. Groot elektrotegniese kontrakteursondernemings, waarvan sommige

26 Company Resume, Stantronic Electrical, December 1999, pp.1-7; Company Resume, Standard

Group Electrical, October 2000, pp.1-5.

27 ECA(S.A.), Testimonial Letter on Stantronic by Mr. J.C. Baker (ECA S.A Executive Director), 20

February 1998.

28 lnligting gebaseer op Onderhoud, F. Steyn/E.S. van Eeden, 20 September 2000; 11 Oktober

2000. F. Steyn is Streeksdirekteur van die Noord-Transvaalstreek.

29 Noord Transvaal Streek, Pretoria, Projeklys DC Elektries, 11 Oktober 2000.

(18)

Hoofstuk Sewe

ook bekend as die mees winsgewende ondernemings op die terrein binne die EAV(S.A.)-Iedekorps, is in die KwaZulu-Natal streek te vind. Van die suksesvolle ondernemings soos teen 2000 aangeteken, is Genrec Construction (Pty) Ltd.,

Bendigo Electrical cc, Ukhesi Electrical (Pty) Ltd, Edison Power, Bradcor Electrical

Engineering Contractors cc, T.E.C. Electrical and Power (Pty) Ltd. en B & S

Electrical cc.30 Wat opval uit elk se bemarkingsbenadering is die professionele

aanslag en wye verskeidenheid dienste wat gelewer word. Die meeste vermelde ondernemings le klem daarop dat hulle regstellende kontrakteurwerkgewers is wat

benadeelde gemeenskappe wil ophef.31 Edison Power(Pty) Ltd. is s6 'n

onderneming. In 2000 was dit die grootste elektrotegniese kontrakteursonderneming

wat 100% onder swart eienaarskap bestuur is.32

Genrec Construction (Pty) Ltd. is tot 2000 nog beskou as een van die grootste en

mees innoverende elektrotegniese en instrumentale konstruksiemaatskappye in

Suidelike Afrika. Benewens die elektrifisering van die pulpverwerkingsfabrieke vir Mondi gedurende die negentigerjare was Genrec Construction (Pty) Ltd. ook betrokke by die elektrifisering van die Wildekus Hotel en van die De

Beers-mynaktiwiteite. 33

Die Oos-Kaapstreek

Alhoewel hierdie Streek ledegewys nie groat is nie, is die meeste lede gemoeid met groat projekte. Van die jongste groat projekte wat onderneem byvoorbeeld deur

Shones Electrical en Arcadia Electrical in Oos-Londen uitgevoer. Die mees resente

projek wat beide onderneem het, is die elektrifisering van die Daimler Chrysler-aanleg. In Port Elizabeth het Smith and Weldrick pas, ten datum van die voltooiing van hierdie studie, die retikulering vir die Boardwalk Casino-kompleks te Humewood

30 lnligting verskaf deur C. Greager (Streeksdirekteur van die EAV(S.A.)(S.A., Durban), 19 Oktober

2000.

31 Vergelyk die memoirs/inligtingsbrosjures van Genrec Construction (Pty) Ltd., Bendigo Electrical

cc, Ukhesi Electrical (Pty) Ltd, Edison Power, Pty Ltd., BradcorEiectrical Engineering Contractors

cc, T.E.C. Electrical and Power (Pty) Ltd. en 8 & S Electrical cc soos in 2000 aangeteken.

32 Edison Power (Pty) Ltd Company Profile,2000, pp.2-5.

33 Genrec Construction (Pty) Ltd. Profile, ca 2000

(19)

onderneem. Hulle name is ook te verbind met die opgradering van die St. George's

en Livingstone hospitale.34

Die Wes-Kaapstreek

Die Wes-Kaap, soos in Hoofstuk Een uitgewys, het 'n besondere historiese band met die huidige EAV(S.A.). Sowat 67 jaar sedert die eerste elektrotegniese vereniging daar begin is, staan die Wes-Kaapstreek steeds nie terug vir die aktiwiteite in die sentrale en noordelike streke nie. Prominente elektrotegnici en lede van die EAV(S.A.) in die gebied soos teen 2000 is onder meer Power Electrical wat in 1987 gestig is. Benewens die bedrading van 'n aantal behuisingsskemas en winkelkomplekse was Power Electrical ook verantwoordelik vir die elektrifisering van die Bio-Kinetika Gimnasium by die Universiteit van Stellenbosch.35 Dan is daar ook

Brand Engineering S.A. (Pty) Ltd wat alreeds vanaf die vroeg-sewentigerjare in die

konstruksie- en vervaardigingsbedryf staan. Projekte in elektrifisering is ook sedertdien onderneem, waaronder etlike myne. Die Groote Schuur Hospitaal, die Saldanha Staalprojek en drie ander projekte met 'n waarde van sowat R120 miljoen.

Brand Engineering S.A. (Pty) Ltd se jaarlikse omset is R180 miljoen en die aantal

werkgewers in diens byna 500. Om ook sinvol byte dra tot die ekonomiese visie van die jongste Regering in Suid-Afrika, die African National Congress, is twee eiendomsgebaseerde maatskappye in Desember 1999 gestig waarbinne regstellende vennote 'n geleentheid gebied is, en tans word, om te ontwikkel. Hierdie ondernemings is bekend as die Besamandla Electrical Engineering &

Construction Company Western Cape (Pty) Ltd. en die Besamandla Electrical

Engineering & Construction Company Eastern Cape (Pty) Ltd.36

34

Geskrewe notas, N. van Rooyen, EAV(S.A.) Streeksdirekteur Ooskaap, 6 Desember 2000.

35 Geskrewe notas vanaf A. Viljoen (werknemer Power E/ectrica~. 26 Oktober 2000.

36 Vergelyk Bemarkingsbrosjure-manuskrip Brand Engineering S.A. (Pty) Ltd., 25 Oct 2000.

(20)

Hoofstuk Sewe

Die Newlands Electrical Engineers & Contractors is die jongste van die vermelde EAV(S.A.)-Iede in die Weskaap soos in hierdie afdeling uitgelig. Sedert die onderneming in 1991 gevestig is, is 'n aantal groat projekte onderneem. Hieronder tel 'n groep geboue vir die Universiteit van Kaapstad, Centurion Park, en die opgradering van die Union Castle, elk teen 'n koste van byna 'n half miljoen.37

Sou dit moontlik wees om aile lede oor aile streke heen se eie status-, werknemer-en inkomsteprofiel te meet, kan hierdie inligting insiggewende statistiek vorendag bring. Enersyds interessant met betrekking tot die volhoubaarheid/aanpassings van elke lid in die ekonomie. Andersyds tot die waarde van 'n bemarking van sodanige proefiel-inligting van elke lid en streek tot voordeel van EAV(S.A.) se beeld na buite.

7.3

Nasionale bemagtigings- en statusprofiel soos teen 2001

Bemagtiging en status onder professionele verenigings soos in die geval van die EAV(S.A.) is baie n6u verweef met die ledetal wat hulle verteenwoordig en nie soseer met elke lid op streeksvlak se individuele prestasies soos in afdeling 7.2 kortliks uitgewys is nie. Nie dat hierdie prestasies vir die EAV(S.A.) nie ook van belang ter ondersteuning van die Vereniging se nasionale status is nie. Die aantal lede weerspieel ook die inkomste, belangrikheid en sigbaarheid van die Vereniging waar dit vir die elektrotegnikus van belang is.

In die voorafgaande hoofstukke is takstigting en ledetalle, sowel as streeksvorming onder 'n nuwe bestuurstruktuur teen 1992, in die fynste besonderheid uitgewys. In die geheel beskou was 1997 vir die EAV(S.A.) betreffende ledetalle 'n hoogtepunt. Toe het sowat 2548 lede landwyd vanuit die ses streke by die visie en missie van die elektrotegniese beroepsvereniging ingeskakel (Kyk Grafiek 12). Persentasiegewys is dit egter die groei gedurende die stigtingsjare en die middel-tagtigerjare wat opval. Vir die periode 1982 tot 1987 is 'n groei van 136%

37 Vergelyk P. Timoney, Newlands Electrical Engineers Contactors, 25 October 2000.

(21)

Grafiek 14 Die EAV(S.A.) se nasionale sigbaarheid binne die elektrotegniese kontrakteursbedryf soos teen Oktober

2000

70.0 , ---~ ~.::::---~---~ 65.0

+

-

--60.0 +----~ 55.0 ""C ·a; .s::.

...

111 ~ 50.0 .Ql (f) ~ 0 45.0 7=-'C, .... ., -~

---.

I .. ,

.

·. . ~ <, .. •. :h' i,.; ~-~ •. ~~:'!!., " i 1' .. "

..

I .:-....:;.: 40.0 35.0 30.0 Gauteng KwaZulu Natal Noord Transvaal Ooskaap Weskaap Vrystaat Bron: ECA (SA), Minutes 1949-20CXl ECA (SA) Head Office. Edenglen, Germiston. Hoofstuk Sewe

(22)

Hoofstuk Sewe

opgeteken. In vele opsigte kan die onsekere en onstabiele ekonomiese toestand in Suid-Afrika sowel as die oorname van 'n nuwe bestuur met nuwe idees en benaderings (onder meer groter klem op advertensies gerig op elektrotegniese beroepslui en Jan Publiek) as redes voorgehou word. Gedurende 1992-1997 nog is 'n bestendige groei van 32% gehandhaaf te midde van veranderende politieke omstandighede. Sedertdien tot Oktober 2000 is 'n negatiewe groeikoers van -11% egter aangeteken38 (Kyk Grafiek 11 ). Vir die EAV(S.A.) is dit 'n terugslag soos die-7% groei in die vroeg-sewentigerjare.

Oorsake vir die negatiewe groeikoers soos teen 2000 is moontlik die EAV(S.A.) se afstanddoen van die opleidingskomponent en inisiatiewe daarmee saam wat jare lank bedryf is. Die eise wat nuwe wetgewing na 1994 meegebring het, het van die EAV(S.A.) vereis om binne 'n kort tydsbestek bestaande strukture te hersien en by die werwing van lede betrokke te raak wat vir jare bewustelik of onbewustelik oor die hoof gesien is. In vele opsigte kan beweer word dat die EAV(S.A.) die eie bestuurstruktuur bloot gerig het op die politieke eise en denke van die tyd. Die periode na 1994 - histories beskou - is in die opsig nie veel anders as daarvoor nie en weer onder soortgelyke druk.

Ekonomies beskou mag dit ook wees dat die lidmaatskapsvereistes vir sommige lede en nuwe lede op 'n meer verteenwoordigende basis te duur is. Daarby is die toenemende vestiging van nuwe beroepsverenigings vir elektrotegnici 'n gegewe waarby die EAV(S.A.) moet aanpas en meeding soos wat hulle ook in die verlede gedoen het, en met sukses daaruit getree het. 'n Reeks eksterne faktore kan 'n uitwerking op 'n vereniging soos die EAV(S.A.) he. 'n Vername barometer is die posisie van die boukonstruksiebedryf binne gegewe stadiums van die ekonomie.39 Ongeag die terugslag is die ledeprofiel van 2255 soos teen Oktober 2000 (Kyk Grafiek 12) steeds bevredigend in die lig van die EAV(S.A.)-sigbaarheid en die uitdaging om die bemagtigings- en statusprofiel wat oor jare heen opgebou is, in

38 Vergelyk Membership Statistics: Ordinary members & non members as at 31/10/2000 soos uit

die jongste notules bylae C.

39 Vergelyk telefoniese onderhoud

J. Oliver (Finansiele bestuurder EAV(S.A.)(S.A)/E.S. van Eeden, 24 November 2000.

(23)

2001 en daarna te probeer behou (Kyk grafiek 12 en 13) Om dit te verseker, sal grater en gerigte marknavorsingsinsette en die betrokkenheid van bemarkingskundiges in die Vereniging vereis, aangesien die behoeftes van samelewings met verloop van tyd verander. Sukses is byvoorbeeld nie meer hoofsaaklik afhanklik van gehaltediens nie- 'n terrein wat die EAV(S.A.) jare lank met onderskeiding gedomineer het - maar ook op openbare, politieke en sosiale teenwoordigheid. Thomas A. Rumer verwys daarna in sy bespreking van korporatiewe maatskappye, hoewel ewe geldig. vir verenigings en organisasies wat ook korporatiewe lede verteenwoordig:

attempts to achieve stability, clear-sighted management, alignment with the

new technology, and workable attitudes about change and other challenges ... While the field of public relations is engaged in many, often simultaneous, efforts at image building aiming at a cumulative and continual effect, the luxury of a longer, convincing book-length treatment of the same

themes can be well worth the expense ... 40

Volgens die Junie 2000 finansiele state van die EAV(S.A.) is R1698 aan publisiteit bestee. In 1999 was dit byna twee keer minder.41 Streke bestee soms aan publisiteit in plaaslike koerante. Die interne tydskrif dien ook 'n soortgelyke doel onder lede en potensiele lede, maar dit kan nie op gelyke voet met bemarking en 'n algehele blootstelling na buite beskou word nie. Dit kan as een van die redes geld van waarom inskrywings van 1999 tot 2000 'n dalende tendens toon. Uit Grafiek 14 blyk dit ook dat die EAV(S.A.) sinvol kan groei indien daar sinvol bepaal sou kon word waarom die Vereniging in sommige streke 'n lae groeikoers het, en waarom die Vereniging byvoorbeeld in die Oos-Kaap en die Vrystaat nie betekenisvol in die bestaande elektrotegniese mark verteenwoordig is nie.

40 T.A. Rumer, "Corporate history can be public relations gold",

Public Relations Quarterly, 29, fall

1984, pp.19-20.

41 Electrical Contractor's Association South Africa, Newton Road Germiston, Financial Statemenrts,

30 June 2000, p.18; June 1999. p.18.

(24)

Groflek 15 1 20 110 100 90 80 70

'iii

a;

60 "C Q) ..J 50 40 30 20 10 0 1949 1956 1962

Totale

aantal

EAV

(SA)-Iede

van

die

Port

Elizabeth-tak

vir

die

tydperk

1949

-2000

1967 1972 1977 1979 1983 1987 1992 1994 Jaar Bron: ECA (SA). Minutes 1949-2000. ECA (SA) Head Office. Edenglen. Germiston . 1995 1997 2000 Hoofstu k Sewe

(25)

Graflek 16 75 70 65 60 55 50 45 ii 40 '&; 'C Cl) 35 ..J 30 25 20 15 10 5 0 1949 1956 1962

Totale

aantal

EAV

(SA)-Iede

van

die

Bloemfontein-tak

vir

die

tydperk

1949-2000

1967 1972 1977 1979 1983 1987 1992 1994 Jaar Bron : ECA ( SA) , Minutes 1949-2000 , EC A (SA) Head Off ic e , Edenglen , Germiston. 1995 1997 Hootstuk

(26)

Hoofstuk Sewe

Streeksdirekteure verrig sedert 1992 'n prominente skakelfunksie tussen lede en die EAV(S.A.). Ledewerwing en 'n ledet~vredenheid met die grater liggaam se rol in hulle wei en wee is 'n behoefte wat in Suid-Afrika groter geword het. In vele opsigte blyk dit dat die taak van professionele verenigings soos die EAV(S.A.) in die 21 e eeu sal wees om meer aandag te skenk aan die kosmopolitiese beroepsbeen van die Vereniging. Dit sluit ook in 'n breer spektrum van kundigheid sowel as 'n grater sensitiwiteit en sigbaarheid in die sentrale en streeksbestuur. Verteenwoordigende deelname en innoverende denke daarmee saam blyk op die lang termyn eerder 'n professionele bate te wees as 'n las.42 Daarby behoort groter kundigheid ingespan te word ter identifisering van die moderne behoeftes van lede wat almal entrepeneurs in eie reg is, elk met sy eie groep werknemers waaroor die EAV(S.A.) as beroepsvereniging nie gesag het nie, maar met kennisuitruiling daartoe kan bydra dat die entrepeneur se professionaliteit bo verdenking staan, en daarmee ook indirek die status van die Vereniging tot voordeel strek. Volgens H.G.J. Aitken: The

general rule is that it is the 'association', not the individual, that exibits

entrepeneurship. 43

Uit die finansiele jaarverslae van die Vereniging in die negentigerjare is betreklik min aangeteken wat op innovasie en vernuwing dui. Alhoewel die streekskantore veral beskou word as die spreekwoordelike vonk in die EAV(S.A.)-bedrading, is dit die moederliggaam wat rigtinggewend behoort op te tree. Dit is opvallend hoeveel EAV(S.A.)-Iede op 'n individuele grondslag lank die Vereniging met innovasie staande gehou het, 44 veral in tye wanneer terugslae beleef is.45 Diesulkes is yl gesaai; vandaar dat 'n grater vertroue op kenners in die mark die nodige verligting in denke en visie mag bring. In hierdie studie is die waarde wat die

EAV(S.A.)-42

Vergelyk T.A. Rumer, "Corporate history can be public relations gold", Public Relations Quarterly, 29, fall1984, pp.18-19.

43

H.G.J. Aitken, "The future of entrepeneurial research", Journal of Economic History, II, Supplement, 1942, p.123.

44

Vergelyk Onderhoud R. Pinto,/E.S. van Eeden, 12 October 2000; T. Me Donald/E.S. van Eeden 2 Dec 1999; September 2000.

45

Vergelyk T.A. Rumer, "Corporate history can be public relations gold", Public Relations Quarterly, 29, fall 1984, p.21.

(27)

EAV(S.A.)-streke soos teen 2000

(28)

Hoofstuk Sewe

EAV(S.A.)-streke en ledestand soos teen 2000

-a:

LL

<C

I

c

-::::)

CJ)

(29)

stigting vir die elektrotegniese bedryf in Suid-Afrika gehad het sedert 1948 uitgewys. In die opsig het tye nog nie werklik verander nie. 'n Behoefte aan beroepsverenigings as spreekbuis en as voorloper in ekonomiese aktiwiteite sal so lank bestaan as wat die mens worstel en werskaf. Die ledetalprofiel van die EAV(S.A.) het teen 2000 daarop gedui dat die streke in die binneland (Noord-Transvaal (Gauteng)-streek, Suid-Gauteng-streek en die Vrystaat-streek) sowat

15,2 % meer lede het as die streke aan die kus (Wes-Kaap-streek, Oos-Kaap-streek en KwaZulu-streek). Die Suid-Gauteng-streek met sy 660 lede is die streek wat die meeste lede bedien - nagenoeg 30,5 % van die totale EAV(S.A.)-Iedetal. Beskikbaarheid van werksgeleenthede as gevolg van industriele groei in die gebiede kan as moontlike rede verskaf word.

Suid-Gauteng-streek word gevolg deur die KwaZulu-streek met 423 lede - sowat 19,6 % van die totale ledetal. Daar is dus 'n verskil van 10,9 % tussen die twee streke met die grootste ledetal binne die EAV(S.A.).

Noord-Transvaal (Gauteng)-streek is met 417 lede 'n kortkop agter die KwaZulu-streek. Die feit dat die streek aan die Suid-Gauteng-streek grens, kan moontlik bydra tot hierdie posisie, aangesien industriele groei in 'n gebied tog in 'n mate 'n invloed het op aanliggende gebiede.

Wes-Kaap-streek, Oos-Kaap-streek en die Vrystaat-streek kan as plattelandse gebiede beskou word. Hierdie streke het ook die kleinste ledetal - onderskeidelik 267, 227 en 167. Hiermee verteenwoordig die streke 12,3 %, 10,5% en 7,7% van die totale EAV(S.A.)-Iedetal. Altesaam is dit 30,5 % - nagenoeg net soveel soos die Suid-Gauteng-streek, wat die streek met die grootste ledetal is.

Die wyse waarop tydruimtelike behoeftes en uitdagings hanteer word, kan bydra tot die verskil in die uiteindelike status wat sodanige beroepsvereniging beklee. Historiesgewys is die jare van dienslewering wat s6 'n vereniging (en selfs 'n besigheid/organisasie) kon bied en kon staande bly, ook 'n statusgegewe. Die Since

1860 of Since 1950 byvoorbeeld voor besighede se deure weerspieel trots en

status. Dit sou ook vir die EAV(S.A.) in die nuwe millenium kon geld.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Op basis van de resultaten en besluitvorming uit de adviesronde en de publieke raadpleging (Openbaar Onderzoek) wordt een scopingnota, als verder uitwerking van de startnota,

Die verantwoordelike subkomitee van die EAV(S.A.) het ook deur middel van samesprekings met die Association of Municipal Electricity Undertakings (AMEU) pogings

De steun, onze steun (ja, we zijn met veel meer) is er voor jou. Die steun is er altijd geweest. Alleen door alle ruis of programma’s, zoals jullie het nu noemen, is dit lange

- De bezoekersgroep staat te popelen om te beginnen, maar eerst moet voor iedereen een VOG verklaring geregeld zijn.. - Herman Beukeveld is druk bezig geweest

persconferentie afwachten, dan volgt daarna bericht van de bisschop waarin zij de vertaalslag maken naar de kerken en vervolgens moeten wij dat weer vertalen naar onze kerk, die

Ten spyte van hewige teenkanting en grondige bewyse dat dit nie in die beste belang van skole en leerders is nie, het president Ramaphosa op 23 Julie aangekondig dat openbare

Voor het bepalen van de geraamde kostprijs van rechten en heffingen waarmee kosten in rekening worden gebracht, en van goederen, werken en diensten van de gemeente, die worden

Therefore the aims of the current study were to evaluate the morphologic differences between the VCG synthesized by the INVD matrix and the Kors matrix and to assess the