• No results found

n Samevatting van die vorige ses hoofstukke word in hier- die hoofstuk verstrek en gevolgtrekkings asook enkele aan- bevelings word na aanleiding van die studie gemaak.

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "n Samevatting van die vorige ses hoofstukke word in hier- die hoofstuk verstrek en gevolgtrekkings asook enkele aan- bevelings word na aanleiding van die studie gemaak. "

Copied!
26
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

HOOFSTUK 7

SAMEVATTING~ GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

7.1 INLEIDING

n Samevatting van die vorige ses hoofstukke word in hier- die hoofstuk verstrek en gevolgtrekkings asook enkele aan- bevelings word na aanleiding van die studie gemaak.

7.2 SAMEVATTING

7.2.1 AGTERGROND VAN DIE STUDIE (vgl. par. 1 .2-1.3)

In ooreensternming met die Christelike antropologie 1~ die doel van die Christelike opvoeding daarin om elke kind volkome toegerus vir sy eie Christelike lewenstaak op te voed. Dit is die beskikkingswil van God dat sommige leer- linge leerprobleme ontwikkel. Vanwee beperkinge van indi- vidue en die feit dat alle mense onder die mag van die sonde verkeer, bestaan daar grense aan wat geleer kan word.

Dit bly steeds die taak van die opvoeder om mee te help om elke kind volgens sy eie potensiaal ten volle te laat ont- plooi.

Dit gebeur in skole dat van die leerlinge nie in ooreen- sternming met hulle aangebore moontlikhede vorder nie as ge- volg van leerprobleme wat ontstaan en hulle van die ver- wagte ontwikkeling weerhou. Die Christen-opvoeder behoort

juis besondere aandag hieraan te wy, sodat dit met vrug teengewerk en betyds oorkom kan word.

Daar word reeds na vasstelling van bepaalde leerprobleme

aan betrokke leerlinge terapeutiese hulp verleen, maar tot

dusver word weinig van musiek in hierdie programme gebruik

gemaak aangesien die aanwending daarvan relatief onbekend

is.

(2)

7.2.2 DOEL VAN DIE STUDIE (vgl. par. 1.4)

Die doel van die ondersoek is om vat te stel of enige gunstige resultate verkry kan word deur n individuele musiekterapeutiese program aan onderpresteerders in stan- derd een

1

wat oor n normale intelligensie beskik1 te bied.

7.2.3 TEORETIESE FUNDERING

7.2.3.1 Inleiding

Die verklaring en beskrywing van die begrippe leerprobleme en musiekterapie is met die oog op die studie oorsigtelik nagevors en onderskeidelik in hoofstukke twee en drie om- skryf.

7.2.3.2 Leerprobleme (vgl. par. 2.2)

Navorsers soos Meyer (1979)

1

Vedder (1964)

1

Barnard (1973)

1

Love (1972)

1

Hellmuth (1965)

1

Ebersole, Kephart en Ebersole (1968)

1

Waugh en Bush (1971)

1

Kirk (1976)

1

Erwee (1980)

1

Bruner en Lloyd (1978) en Grove en Hauptfleisch (1977) se verklarings van die begrip leerprobleme is met mekaar ver- gelyk en daar is by die standpunt van Meyer (1979:54), naamlik dat daar sprake van leerprobleme is wanneer n kind nie aan die eise wat die skool aan hom stel kan voldoeti nie, terwyl geen ernstige sigbare of opvallende afwyking of tekorte vasgestel kan word nie, as n geldige samevattende omskrywing van die begrip volstaan.

( b ) 0 0 Jt)., a. k. e. (vgt. pa.Jt. 2.3)

Gulliford (1971)

1

Ingram (1960)

1

Sonnekus (1976)

1

Ebersole

e.a. (1968)

1

Doman (1979)

1

Johnson en Hyklebust (1967) en

Waugh en Bush (1971) wys daarop dat daar verskeie oorsake

vir die ontstaan van leerprobleme bestaan. Prenatale

(3)

invloede (invloede voor geboorte) hou veral met die moeder se dieet en algemene gesondheidstoestand tydens swanger- skappe verband. Perinatale invloede (invloede tydens ge- boorte) kom hoofsaaklik op beserings of n moontlike suur- stoftekort tydens die geboorte neer, terwyl postnatale invloede alle invloede wat na geboorte op n kind kan in- werk, verteenwoordig.

Opvoedingsfoute (vgl. par. 2.3.2) wat ouers begaan, kern op verwaarlosing, verwenning, oorbeskerming, dominering, af- wesigheid van ouers, liefdeloosheid, verwerping en tergery neer en dit kan aanpassingsprobleme by die betrokke leer·- linge veroorsaak.

Besondere gesinsposisies van kinders (vgl. par. 2.3.3) wat ouers nie na wense hanteer nie, kan ook die oorsaak daar- van wees dat kinders emosionele en aanpassingsprobleme ervaar.

Versteurde gesinsverhoudings_(vgl. par. 2.3.4) bring mee dat die kinders nie genoegsame identifikasiemoontlikhede in ouerhuise gebied word nie.

Fisieke probleme (vgl. par. 2.3.5) wat liggaamsgestremdheid, swaksiendheid, hardhorendheid, algemene siektetoestande en minimale breindisfunksie insluit, kan n kind se rnoontlike ontwikkeling verhinder.

Die feit dat n leerling by skooltoetrede nie skoolgereed is niet hou die gevaar in dat spesifieke agterstande in die skoolwerk kan ontstaan ten spyte van die feit dat die be- trokke leerling oor genoegsame intelligensie vir gemid- delde vordering beskik (vgl. par. 2.3.6.).

Probleme wat in die skoolloopbaan kan ontstaan, kan toege- skryf word aan verontagsaming van individuele verskille

(vgl. par. 2.3.7.1), emosionele wanaanpassing (vgl. par.

2.3.7.2), n negatiewe selfbeeld (vgl. par. 2.3.7.3) en die feit dat die kinders milieu-gestremd mag wees (vgl. par.

2.3.7.4).

(4)

Indien die onderwyser in die skool die kind nie na wense kan hanteer nie en die skoolprogram nie vir remediering - waar nodig - voorsiening rnaak nie, kan leerprobleme ook ont- staan (vgl. par. 2.3.7.5). Ten opsigte van die leerling self kan swak perseptuele vermoe, swak simbolisasie en swak taal- vaardigheid die ontstaan van leerprobleme aanhelp.

Verkeerde invloede van buite via ongewenste radio- en tele- visieprogramme en swak lektuur kan ook n stremmende invloed op die emosionele ontwikkeling van leerlinge uitoefen

(vgl. par. 2.3.7~6).

(c) Simptome v~n !ee~p~ob!eme (vg!. p~~. 2.4)

Hakkelry, aandagsoekery, buitengewone teruggetrokkenheid, aggressiwiteit, diefstal en stokkiesdraai kan as simptome van opvoedingsprobleme uitgewys word.

Ten opsigte van skoolwerk kan onvoldoende visuele diskri- minasie, swak visuele geheue, onvoldoende ouditiewe diskri- minasie, swak ouditiewe geheue, swak oog-handkoordinasie, ruimtelike orientasieprobleme, voorgrond-agtergrondprobleme, persewerasie, hiperaktiwiteit, linkshandigheid en n gebrek aan deursettingsvermoe voorkom.

(d) Spe~i6ieke !ee~p~obleme {vg!. pa~. 2.5)

Spesifieke leerprobleme kom ten opsigte van lees, spel,-

skryf en reken voor. In die meeste gevalle waar ernstige

leerprobleme ondervind word, kan hierdie probleme as van

die belangrikste veroorsakende faktore daarvan vasgestel

word.

(5)

7.2.3.3 Musiekterapie (vgl. hfst. 3)

Volgens die definisie van Gouws e.a. (1981:194) impliseer musiekterapie dat musiekbeluistering en -beoefening n voor-

delige invloed op n pasient se stemming en fisiologiese funksies uitoefen en is dit daarom by uitstek geskik om in terpaie aan te wend.

(b) 0oJt.6pJLon.g (vg.t. pa.Jt. 3.3)

Die oorsprong van musiekterapie kan teruggevoer word na verwysings in die Bybel, waar koning Saul besef het dat sy woedebuie slegs deur die strelende musiek van Dawid se siterspel tot bedaring gebring ken word (I Sam.16:14-23).

Roode (1960:10-16) het bevind dat musiek n uitwerking op die hartklop van die mens het en Greenberg (1979:5-6) wys op die belangrikheid van musiek in kleuteropvoeding, aange- sien musiek kinders reeds vanaf n vroee leeftyd beinvloed.

Gary (1967:172) voeg hieraan toe dat musiek die moontlikheid aan kinders bied om uiting aan hulle emosies te gee en hulle daardeur in staat stel om beter by hulle omstandighede aan te pas.

(c) Moont.ti~heid van mu.6ie~teJta.pie (vg£.. paJt. 3.4)

Aangesien rnusiekopvoeders glo dat feitlik alle kinders ocr rnusikale rnoontlikhede beskik en dat rnusiekaktiwiteite,

-beluistering en/of -beoefening daarvan, die hele persoon:

fisiek, verstandelik, geestelik, en op sosiale gebied be-

trek, kan alle kinders daardeur bereik word.

(6)

(d) Voet van mu~~ek~e~ap~e (vgt. pa~. 3.5)

In groepsaktiwiteite waar musiek gepaardgaande met beweging en taal aangebied word, bestaan die geleentheid dat die kinders alle bewegingsmoontlikhede van hulle liggame leer ken. Dit versterk die lateraliteits- en algemene begrip van die liggaam wat beter beheer oor die hele liggaam

moontlik maak, wat uiteindelik n verbetering van motoriese probleme tot gevolg het.

Ouditiewe en visuele aspekte kan ingeskerp word en emosio- nele probleme kan verlig word, aangesien die groepsakitiwi- teite die moontlikheid tot kommunikasie met ander kinders skep, die moontlikheid om gedrag te verbeter bied en ter- selfdertyd die geleentheid om te kan sukses ervaar bewerk- stellig. Die feit dat doelgerigte beweging in die aktiwi- teite voorkom, kan daartoe lei dat hiperaktiewe kinders hierdeur die geleentheid gebied word om ten spyte van hulle bewegingsdrang te leer.

(e) Waa~de van mu~~ek~e~ap~e (vgt. pa~. 3.6)

Leerlinge wat leerprobleme openbaar, ervaar dikwels hulle eie ontoereikendheid en misluk as gevolg daarvan in die klassituasie. As musiekterapie-aktiwiteite met oorleg be- plan word, kan dit juis aan hierdie leerlinge die geleent- heid hied om sukses te ervaar, wat hulle algemene werksin-

stelling positief behoort te beinvloed.

Die feit dat musiek as woordlose kommunikasiemiddel beskou kan word, bied aan die leerlinge met kommunikasietekorte die geleentheid om suksesvol met andere kontak te maak.

Die musiekterapeut moet oor die basiese kwaliteite van n

doeltreffende musiekonderwyser beskik, daarnaas bereid

wees om die leerlinge te help waar probleme ontstaan, en

(7)

in staat we~s om die leerlinge se vertroue te wen en te behou (vgl. par. 3.7).

Groepsaktiwiteite moet met oorleg beplan word sodat dit die betokkenes sal interesseer, bulle selfbeeld kan verbeter, aan alle leerlinge genoeg tyd verskaf om kennis wat oorge- dra word te bemeester, terwyl genoegsame geleentheid vir reaksie deurgaans daargestel moet word. Hierdie aktiwi- teite moet ook aan die leerlinge die geleentheid bied om emosioneel te ontwikkel en aan te pas (vgl. par. 3.8.2).

Aktiwiteite ten opsigte van individuele terapie moet ook aan bogenoemde vereistes voldoen. Klem behoort op die er- varing van sukses ter verkryging van n beter selfbeeld ge-

l~ te word (vgl. par. 3.8.3). Vingeroefeninge (kyk Bylae A:

18-22) behoort ingesluit te wees vir verbetering van fyn spierkoBrdinasie, links-regsorientasie, visuele diskrimi- nasie, voorgrond-agtergrondonderskeiding, oog-handko6rdi- nasie, ouditiewe diskriminasie, deursettingsvermoe, aandags- konsentrasie en genoegsame spierkoBrdinasie vir die aanpak van n !anger klavierstuk. Klavierstukke .(kyk Bylae A:28, 30-33 en 41-43) word na die vingeroefeninge gedoen wat die- selfde reedsgenoemde voordele inhou. Hier moet daarop ge- let word dat die leerlinge die stukke bemeester om sukses, ter versterking van die selfbeeld, te kan ervaar. Ter aan- vulling word eenvoudige gehoortoetse ter wille van die bevor- dering van ouditiewe diskriminasie en ouditiewe geheue,

asook konsentrasieverkryging gedoen (vgl. par. 3.8.3.3f.

Skriftelike musiekspeletjies (kyk Bylae A: 15,17,23-24,26, 29 en 34-40) word ook gedoen omdie leerlinge te motiveer om musiekbegrippe wat aangeleer word terwyl bulle speel, te verstewig (vgl. par. 3.8.3.4).

(g) Lok.aa£. (vg£.. paiL. 3.9)

Die lokaal waarin musiekterapie aangebied word, moet nie te

kleurvol of lawaaierig wees nie. Muurversierings moenie

steurend wees nie en vensters moet nie so laag wees dat

(8)

leerlinge daardeur na buite kan sien nie. Bewegingsaktiwi- teite moet liefs op n mat wat in een helfte van die lokaal aangebring is, uitgevoer word. In die ander helfte van die lokaal behoort tafels en stoele vir die uitvoering van

skriftelike werk te wees.

Die opstelling van die leerlinge in die klas moet vir beter kontroledoeleindes verkieslik in n sirkel of agtermekaar in rye in n halfmaan om die terapeut gerangskik wees.

Verder behoort apparaat vir n gewone musiekkamer soos n

platespeler, plate, bandopnemers met bande, slaginstrumente, truprojektors, n skuifbare skryfbord en n klavier met vrug in die terapielokaal aangewend te kan word.

7.2.4 MOONTLIKHEDE VAN MUSIEKTERAPIE IN GROEPSVERBAND

(vgl. hfst. 4)

7.2.4.1 Inleiding (vgl. par. 4.1)

Groepsaktiwiteite kan ter verbetering van motoriese vaar- dighede, ontwikkeling van perseptuele vermoens (ouditief en visueel), taalontwikkeling, verwerwing van rekenkundige be- grippe en die verkryging van sosiale aanpassing aangebied word.

Voorgestelde aktiwiteite is vir leerlinge met leerprobleme

in standerd een bedoel en behoort slegs nadat vasgestei is

wat die betrokke leerlinge se probleme is, uitgevoer te

word. Daar moet in ag geneem word dat liedere en aktiwi-

teite soos in hierdie hoofstuk aangebied, nie as die enigste

moontlikhede tot die bereiking van n bepaalde doel beskou

word nie.

(9)

7.2.4.2 Keuse van geskikte liedere (vgl. par. 4.2}

Die omvang van liedere mag nie te wyd wees nie. Die melo- die en ritme in die liedere moet nie te ingewikkeld wees nie, terwyl die inhoud vir die leerlinge relevant moet wees. Liedere moet die maksimum moontlikheid tot beweging bied.

7.2.4.3 Wenke by toepassing van groepsaktiwiteite {vgl. par. 4.3)

Die werkstempo van die leerlinge moet gehandhaaf word en geen kritiek of afkeur moet in hulle pogings getoon word nie. Die terapeut se gesigsuitdrukking, stemtoon en lig- gaamsbeweging beinvloed die leerlinge tydens lesse en aan- dag moet daarom hieraan gegee word. Aktiwiteite moet by die spesifieke behoeftes van die betrokke leerlinge aanpas.

Indien die leerlinge nie die wysies van die liedere self kan regkry nie, moet aan hulle hulp verleen word en almal moet gedurig aangemoedig word om te sing en hulle volle aandag aan die uitvoering van die aktiwiteite te gee.

Korrekte woorduitspraak moet gehandhaaf word en groepsakti- witeite moet verkieslik in 'n kring uitgevoer 'V70rd, aange- sien dit die neiging om deelname in groepsverband aan te wakker, openbaar.

7.2.4.4 Toepassingsmoontlikhede van terapeutiese groeps- aktivdteite

(a) GROWWE MOTORIESE VAARVIGHEVE

* Liggaam~bee!d (vg!. pa~. 4.4. 1.1 l

Lied 1-7 wat aangebied word, het betrekking op die ver-

sterking van die eie liggaamsbeeld waar klem op die vind

en aantoon van die onderskeie liggaamsdele gele word, by-

voorbeeld voete, bene, hande, arms, kop, ore, oe en mond.

(10)

In Lied 8-10 word klem op die belewing van links en regs

gel~.

(b) FYN MOTORIESE VAARVIGHEVE lvg..t. pa.Jt. 4.4.2)

Vir die ontwikkeling hiervan word die bespeling van slag- orkesinstrumente aanbeveel (kyk Lied 11).

(c) PERSEPTUELE VERMOeNS (vg..t. pa.Jt. 4.5)

* Ouditiewe veJtmoen~ (vg..t. pa.Jt~ 4.5. 1.1}

Met Lied 12 word gepoog om die leerlinge van geluid en klank bewus te maak.

Geluide wat aan die leerlinge bekend behoort te wees word op band opgeneem en in die klas voorgespeel. Die leer- linge meet dit, deur daarna te luister, identifiseer. In Lied 13 meet die klank van verskillende slaginstrumente onderskei kan word, naamlik onderskeidelik tromme, drie- hoekies en ritmestokkies.

* Ouditiewe geheue (vg..t. pa.Jt. 4.5. 1.3)

Aktiwiteite vir ouditiewe diskriminasie waar op een klank

op n keer gekonsentreer is, word nou uitgebrei. Verskil-

lende klanke word direk na mekaar voorgespeel en die

leerlinge meet dit daarna in die regte volgorde .·kan

identifiseer.

(11)

* v~~uele d~~kn~m~na~~e (vgl. pan. 4.5.2.1}

In Lied 14 word van verskillende kleure gesing en ter- selfdertyd leer die leerlinge die kleure van mekaar

onderskei deur die gepaardgaande bewegingsaktiwiteite met gekleurde kartonne. Later word die kartonne met prente van diere en ander gebruiksartikels vervang en moet dit ook visueel korrek van mekaar onderskei kan word.

* v~~uele geheue (vgl. pan. 4.5.2.2)

Nadat die aktiwiteite soos in die vorige paragraaf uit- eengesit is uitgevoer is, word die leerlinge versoek om neer te skryf waarvan hulle gesing het. Die leerlinge kan ook versoek word om die voorkoms van iets waarvan hulle gesing het te beskryf.

(d) TAALONTW1KKEL1NG

* Woonde~kazu~zbne~d~ng. (vgl. pan. 4.6. 1)

Nuwe liedere wat die leerlinge aanleer, bevat gewoonlik een of meer onbekende woorde wat hulle op die manier in korrekte sinsverband leer ken en self later weer kan ge- bruik.

n Speletjie word ook gespeel waartydens elke leerling n

sin moet maak oor n voorwerp wat hy/sy in n materiaal- houer vind wat gedurende die spel telkens omgeruil word.

n Gedig of verhaal word aan die leerlinge voorgelees en hulle moet dan die gebeure in klank en beweging voorstel.

Terwyl die leerlinge aandagtig leer luister, word hulle

hierin terselfdertyd die geleentheid gebied om te beweeg

en word hulle ouditiewe diskriminasie en geheue bevorder.

(12)

(e) VERWERWING VAN REKENKUNVIGE BEGRIPPE {vg!. pa.IL. 4.7)

* S~ng va.n telnymp~eh (vg!. pa.n. 4.7.1)

Lied 15 en 16 bied die geleentheid om vlot van een tot tien te leer tel en die meegaande aktiwiteite help die leerlinge om hulle getalsbegrip te versterk.

* Belew~ng va.n ba.h~ehe vonmh (vg!. pa.n. 4.7.2.1}

Sirkels, driehoeke, reghoeke en vierkante word met kryt op die vloer getrek en die leerlinge beweeg op die buite- lyne daarvan terwyl die terapeut op n tamboeryn tydhou en hulle hardop die vorm se naam waarop hulle beweeg, s~.

(f) SOSIALE AANPASSING (vg!. pa.n. 4.8)

Deelname aan groepsaktiwiteite skep gunstige aanpassings- moontlikhede vir die leerlinge by ander gebeure in die skoolle\·le.

Kinders wat emosionele probleme openbaar en ontoereikend kommunikeer, word die kans gebied om in groepsverband kon- tak met andere te maak.

(g) PERSOONLIKE BATE$ (vg!. pa.n. 4.9.3)

Indien aktiwiteite akkuraat beplan word, kan die leerl'inge sukses ervaar wat hulle selfbeeld positief behoort te bein- vloed.

Aangesien die leerlinge aangemoedig word om volle aandag by dit wat hulle doen te bepaal, kan dit hulle aandagskonsen- trasie en deursettingsvermoe bevorder.

Die leerlinge wat tot hiperaktiwiteit neig, word die ge-

leentheid gebied om te leer terwyl hulle beweeg.

(13)

Elke leerling kry genoeg tyd om teen sy eie werkstempo leer- materiaal te bemeester.

Linkshandiges kry volle geleentheid om aan aktiwiteite mee te doen.

Volgehoue aandagtige deelname met liggaamsbeweging en die betrekking van soveel sintuie moontlik behoort ook perse- werasie te kan teewerk.

In Lied 17: "So bly ek gesond", word van daaglikse gewoon- tes gesing en word die lied beleef deur gepaste liggaams- beweging daarby uit te veer. "Gebedjie" (Lied 18) word ook gesing, waar die klem op die gewyde atmosfeer behoort te val.

7.2.5 EMPIRIESE ONDERSOEK (vgl. hfst. 5)

7.2.5.1 Inleiding

Die doel en metode van die ondersoek is in hierdie hoofstuk bespreek. Die beplanning en werkswyse is uiteengesit en toetsmateriaal sever moontlik omskryf. Die verkryging van

n persoonlike en n akademiese beeld van elke proefpersoon is toegelig en daarna is die terapeutiese werksprogram be- kendgestel.

7.2.5.2 Doel van die empiriese ondersoek (vgl. par. 5.2)

Die doel is om vas te stel wat die waarde van individuele musiekterapie vir onderpresteerders met n gemiddelde intel- ligensie in standerd een is.

7.2.5.3 Metode van ondersoek (vgl. par. 5.3)

Onderpresteerders is in oorleg met klasonderwyseresse en

die skoolhoof geselekteer en intelligensie-, skolastiese,

perseptuele en selfontwerpte toetse is afgeneem om vas te

(14)

stel wat elke proefpersoon se probleme is. Klasonderwy- seresse het ook skriftelik verslag oor elkeen se prestasie en algemene gedrag gedoen.

Daarna is n terapeutiese program vir elke proefpersoon ant- werp en aangebied. Na afloop daarvan is die huidige met die aanvanklike stand van hulle skoolprestasie vergelyk en is die toetsbattery herhaal om te bepaal of die leerlinge by die terapie baat gevind het.

7.2.5.4 Beplanning van ondersoek (vgl. par. 5.4-5.6)

Die keuse van die skool is bespreek en die seleksie van die spesifieke proefpersone gemotiveer.

Om so n volledig moontlike beeld van elke proefpersoon se vermoe te bekom, is besluit om die volgende toetse af te neem:

* In~e£l~9en~~e~oe~~e - vir die vasstelling van die ver- standsvermoe van elke proefpersoon;

* Sko£a~~~e~e en pen~ep~ue£e ~oe~~e - vir die bepaling van moontlike leerprobleme en

* Sel6on~wenp~e zoe~~e - waarin op vaardighede wat van n leerling vereis word in die bespeling van n klavier ge- konsentreer is.

Intelligensietoetse is deur n skoolsielkundige afgeneem, terwyl die ander toetse deur die ondersoeker self afgeneem is. Behalwe die N.S.A.G. wat in groepsverband afgeneem is, is alle ander toetse individueel afgeneem.

Die onderskeie toetse is elkeen bespreek (vgl. par. 5.5.3)

en daarna is n persoonlike beeld van elke proefpersoon ver-

kry (vgl. par. 5.6). Van die gegewens is uit die kumulatiewe

verslagkaarte bekom en die klasonderwyseresse het aanvul-

lend vraelyste voltooi. n Akademiese beeld is verkry deur

(15)

die vakpunte uit die punteboeke van die klasonderwyseresse na te gaan en die punte met die klasgemiddeld vir elke vak te vergelyk.

7.2.5.5 Beoogde musiekterapeutiese werkprogram

(vgl. par. 5.7)

(a} 1 N LE1V1 NG

n Werkboek wat gegewens ten opsigte van musieknotasie, vin- geroefeninge, musiekstukke en musiekspeletjies bevat, is saamgestel en aan elke proefpersoon is n kopie daarvan ge- gee. Deur middel van n klemverskuiwing tydens die lesaan- bieding is individuele aanpassings na aanleiding van elke proefpersoon se behoeftes bewerkstellig.

(b) WERKBOEKMOONTLIKHEVE (vgl. pa4. 5.7.2)

n Aanknopingspunt is deur n afbeelding van n bekende karak- ter uit n gewilde kindertelevisieprogram waarin musiek voorkom, geskep.

Om te bepaal of fyn spierko5rdinasie ontwikkel het, is twee inkleurprente verskaf. Die eerste een is aan die begin van die terapie-aanbieding en die ander een teen die einde van die program gegee. Deur n vergelyking van die kwaliteit van die inkleurwerk kan bepaal word of die vingeroefening wat deurgaans voorgekom het die fyn spierko5rdinasie verbeter het.

Oefening is verder deur die hele program ten opsigte van oog-handkoordinasie, links-regsorientasie en leesoefening daargestel. Aandag is ook aan visuele diskriminasie en

visuele geheue, ouditiewe diskriminasie en ouditiewe geheue,

posisie in die ruimte, opeenvolging van klanke, voorgrond-

agtergrondonderskeiding, rekenvaardigheid, spelling, aan-

dagskonsentrasie

1

deursettingsvermoe

1

musikale ontwikkeling

en die ervaring van sukses met die oog op n verbeterde self-

beeld toegespits.

(16)

(c) TERAP1E-AANB1EVING (vgl. pa.JL. 5.7.3}

Tydens terapie-aanbieding is sorg gedra dat elke oefening bemeester is. Instruksies is duidelik gegee en daar is nie

onnodig gepraat nie. Die aktiwiteite is gedurende die les afgewissel om verveling te voorkom. Die leerlinge is gedu- rig aangemoedig en ruim erkenning is aan elke poging van die proefpersone se vordering gegee. Die leerlinge se werkstempo is gehandhaaf en gehoortoetse is aanvullend gedoen.

Toonhoogtes is met handhoogtes aangedui voordat dit op die klavier gespeel is. Aandag is deurgaans op die musikale ontwikkeling van elke persoon gevestig en daar is aan hulle verduidelik dat daar geen sprake van kompetisie met die ander proefpersone bestaan nie.

Sorg is gedra dat lesse gereeld bygewoon is en daar is

skriftelik van elke les verslag gehou. Huiswerk is gereeld met die oog op kontroledoeleindes aangeteken.

7.2.6 BESPREKING VAN DIE ONDERSOEKRESULTATE (vgl. hfst. 6)

D~e terapie-aanbieding aan die sewe proefpersone is indivi- dueel, nadat n volledige beeld van elk verkry en verstrek is, uiteengesit. Elke proefpersoon se vordering is volledig getabelleer en bespreek.

Samevattend kan gese word dat n styging in alle vakpunte

na afloop van die terapieprogram sigbaar was as gevolg van

die feit dat die proefpersone se aandagskonsentrasie, dis-

kriminasievermoe, geheue, begrip van opeenvolging van let-

ters en klanke, lees- en spelvermoe, skrif en rekenvermoe

oor die algemeen verbeter het (vgl. par. 6.3).

(17)

Die feit dat elk individuele aandag, hulp en aanmoediging ontvang het en daar geleenthede geskep is om ruimskoots sukses te kon ervaar, het die proefpersone se selfbeeld aansienlik verbeter, wat hulle benadering tot skooh-.Terk positief beinvloed het.

7.3 GEVOLGTREKKINGS

Op grond van die voorafgaande studie kan onderstaande ge- volgtrekkings gemaak word:

7.3.1 ALGEMENE VERBETERING

Tydens die aanbieding van die terapieprogram het dit aan die lig gekom dat die toepassing van musi.ekterapie groot moontlikhede bied, wat in verdere ondersoeke in meer beson- derhede nagevors behoort te word. Oaar is tot die gevolg- trekking gekom na aanleiding van die groot hoeveelheid

positiewe reaksies wat by die proefpersone in die besondere ondersoek waargeneem kon word.

Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat dit juis die mu- siekterapieprogram is wat die vordering van die leerlinge bewerkstellig het as gevolg van die feit dat die betrokke leerlinge reeds vanaf skooltoetrede, ·.met ander ";oorde oor twee voltooide jare, nie na wense gevorder het nie en slegs

n merkbare verbetering in bulle skoolwerk tydens die aan- bieding van die terapieprogram en veral direk na afloop van die program vertoon het.

Verder het die proefpersone n besliste vorderin.g in die spesifieke afdelings waarop klem in hulle verhelpingspro- gramme gele is, getoon, hoewel verbetering in ander afde- lings van hulle skoolwerk ook voorgekom het.

Die feit dat al die proefpersone in die ondersoek betrek,

n mate van verbetering, hoewel dit van persoon tot persoon

gewissel het, getoon het en dat geen proefpersoon tydens

(18)

die aanbieding van die program verder verswak het nie, is genoegsame bewys dat die proefpersone spesifiek by die mu- siekterapieprogramme wat aan hulle gebied is, moes baat gevind het.

Daar moet egter op die feit gelet word dat daar ook nega- tiewe reaksies op die aanbieding van die program te voorskyn getree het. Alle ander gevolgtrekkings waartoe gekom is, sal vervolgens bespreek word.

7.3.2 AANPASSING

Goedbeplande groepsaktiwiteite bied aan leerlinge wat suk- kel om sosiaal by ander in te skakel die geleentheid om suksesvol in groepsverband mee te doen, wat hulle motiveer om na afloop daarvan aan ander gewone groepsaktiwiteite deel te neem.

7.3.3 GELEENTHEID TOT DEELNAME

Individuele musiekterapie bied n geleentheid aan leerlinge om deel te neem aan buiteskoolse aktiwiteite in gevalle waar dit andersins nie vir hulle moontlik sou wees nie.

Vier van die sewe proefpersone, met ander woorde meer as die helfte van die aantal, het as gevolg van·verskeie oar- sake, wat van huislike tot fisieke probleme gewissel het, nie die geleentheid daartoe gehad nie.

7.3.4 TYDSFAKTOR

Musiekterapie bied aan leerlinge wat stadig nuwe leerstof snap, die volle moontlikheid om die mas op te kom, aange- sien in al die aktiwiteite leerstof gereeld herhaal word met die oog daarop om leerlinge genoeg kans te gee om alle werk te bemeester. Leerlinge wat by skooltoetrede nie skoolgereed was nie, kry op hierdie manier die geleentheid om ontbrekende noodsaaklike vaardighede aan te leer.

In die individuele terapie-aanbieding vorder elke proef-

persoon teen die tempo waartoe hy op die spesifieke sta-

dium in staat is.

(19)

7.3.5 VOORKOMING

Musiekterapie kan reedsbestaande leerprobleme betyds reg- stel en moontlike sluimerende probleme voorkom voordat dit te ver ontwikkel en ernstige afmetings aanneem.

Die feit dat die terapeut by die toepassing van musiekte- rapie in groeps- en in individuele aanbieding daarop inge- stel is om die individuele leerlinge se probleme te reme- dieer, het tot gevolg dat addisionele verskuilde probleem- areas hierdeur aan die lig kan kom.

Vroegtydige hulpverlening kan voorkom dat ernstige simp- tome, waar die kinders byvoorbeeld begin hakkel, steel of wegbly van die skool af, ontwikkel.

7.3.6 SPESIFIEKE PROBLEME 7.3.6.1 Inleiding

Musiekterapie bied die geleentheid om spesifieke probleme ten opsigte van lees, spel, rekenvaardigheid en skrif te verlig en in gevalle totaal uit die weg te ruim {vgl. tab.

6.22).

7.3~6.2 Spel en lees (vgl. par. 6.3.4)

Posisie in die ruimte, ouditiewe en visuele diskriminasie en geheue, opeenvolging van klanke en letters en verwarring van voorgrond-agtergrond is aspekte wat n leerling se verde- ring, indien hy hiermee probleme ondervind, in spel en lees ernstig strem.

Musiekterapie, veral individuele aanbieding, bied oefening

in hierdie afdelings en verbeter terselfdertyd die oogbewe-

ging van links na regs wat baie belangrik by lees en spel-

ling is.

(20)

n Baie groot bate van musiekterapie is dat leerlinge se konsentrasievermoe, aangesien bulle hierin geleer word om meer as een sintuig gelyktydig te benut, verbeter.

7.3.6.3 Rekenvaardigheid (vgl. par. 6.3.6)

Speletjies in groepsverband kan vormonderskeiding en tel- probleme verbeter (vgl. hfst. 4).

In individuele musiekterapie-aanbieding speel al die gege- wens onder 7.3.6.2 genoem ook n rol by rekenvaardigheid van leerlinge. In aansluiting hierby behoort ook gemeld te word dat musiekterapie die neiging toon om die werkspoed van leerlinge te verbeter, wat n baie groot bate vir die rekenvermoe van alle leerlinge is.

7 • 3 • 6 • 4 S k r i f ( vg 1 . p a r . 6 . 3 . 5 )

Fyn spierbeheer en -ko6rdinasie ontwikkel gewoonlik tydens aanbieding van individuele musiekterapieprogramme. Daarom het dit n direkte verbetering van skrif tot gevolg.

Veral die skryfspoed van die leerlinge toon in die meeste gevalle die neiging om te versnel. Dit gebeur waarskynlik as gevolg van meer effektiewe spierbeheer, en.beter konsen- trasievermoe.

7.3.7 SELFBEELD

Musiekterapie, in groeps- en in individuele verband, bein- vloed die selfbeeld van die proefpersone positief

( vg 1 • par • 6 • 3 • 8 ) .

Groepsaktiwiteite word s6 beplan dat alle leerlinge sukses

kan ervaar. By individuele aktiwiteite speel sukseservaring

ook n groot rol; hierby kom nog die individuele aandag wat

die terapeut aan die leerlinge gee wat gewoonlik bevorderlik

vir die selfbeeld van alle leerlinge is.

(21)

Sodra n leerling se selfbeeld verbeter, verbeter die leer- ling se skool\<:erk gewoonlik dienooreenkomstig. (Vergelyk proefpersone A, C, D, E, F en G se algemene vordering soos in boofstuk ses volledig uiteengesit is).

7 • 3 • 8 MUS I KA L E V E R M 0 eNS ( v g 1 • par • 3 . 8 • 3 )

Musiekterapie bied die leerlinge n geleentbeid om bulle eie musikale vermoens, terwyl bulle met terapie besig is, te ontwikkel.

Na afloop van sodanige terapieprogram kan die betrokke leerlinge met klavierles voortgaan en is by bulle reeds

n stewige grondslag vir verdere ontwikkeling gele.

Hoewel leerlinge in groepsaktiwiteite individueel nie so- vee! baat nie, kweek bulle tog deur die aktiwiteite n

liefde vir musiek aan wat as basis vir verdere ontwikkeling kan dien.

7.3.9 BESIT VAN n KLAVIER

Ouers van leerlinge wat n individuele musiekterapieprogram volg meet n klavier besit. Hierdie voorwaarde bet tot ge- volg dat sekere kinders wat baie by n individuele musiek- terapieprogram baat sou kon vind, daarvan weerbou word om sodanige program te volg indien bulle nie tuis toegang tot

n klavier bet nie.

7.3.10 WANOPVATTING BY OUERS

Die opvatting by sekere ouers dat seuns nie klavierles beboort te neem nie, weerbou seuns wat by n musiekterapie- program sou kon baat, van deelname aan sodanige program.

Hierdie wanopvatting wat deur sommige .ouers gebandhaaf

word, bet in onderhawige ondersoek veroorsaak dat die be-

sondere proefpersoon nie die valle voordeel van die tera-

(22)

pieprogram kon benut nie. Hy het wel die program gevolg en voltooi, maar toenemend aan die wenslikheid van sy deelname aan die aktiwiteite getwyfel (vgl. par. 6.2.5).

7.3.11 SWAK MUSIEKAANLEG

In die terapieprogramme , in groepsverband asook in indi viduele aanbiedings, word daar gepoog om geleenthede vir die be-

trokke leerlinge te skep om sukses te ervaar om motivering, deursettingsvermoe en verbetering van hulle selfbeeld te bewerkstellig. Kinders wie se musiekaanleg swak is, kan deur n musiekterapieprogram benadeel word, aangesien n leer-

ling wat die program volg en oor weinig musiekaanleg beskik se vordering nie na wense sal wees nie en die program kan daarom n struikelblok in plaas van n hulpmiddel vir so- danige leerling wees.

Die moontlikheid dat n leerling swak sal vorder bestaan, hoewel kinders gewoonlik wel oor genoegsame aanleg beskik om die programme te bemeester (vgl. par. 3.4). In die be- trokke empiriese ondersoek is sewe proefpersone betrek. Al sewe het vordering ten opsigte van hulle eie musiekaanleg getoon, hoewel almal nie ewe goed gevorder het nie. In hierdie ondersoek was daar egter nie een leerling wat geen vordering getoon het en dus s6 benadeel kon word nie.

7.3.12 OUERBETROKKENHEID

n Musiekterapieprogram kan misluk indien ouers van die leer- linge wat die program volg, nie genoegsaam daarin belang- stel en hulle samewerking verleen nie.

Om na wense in n individuele musiekterapieprogram te vorder, moet n leerling gereeld tuis oefen. Waar ouers nie genoeg belangstelling in die program toon nie, gebeur dit dat hulle nie toesien dat die kinders elke dag oefen nie.

n Musiekterapieprogram kan alleen slaag indien die ouers

en die betrokke leerlinge almal hulle valle samewerking aan

die terapeut verleen.

(23)

7.3.13 SLOTSOM

Hoewel daar moontlikhede tot negatiewe reaksies en optrede by proefpersone na aanleiding van n musiekterapieprogram

soos uiteengesit kan ontstaan, was die optrede en reaksies van die proefpersone in hierdie ondersoek merendeels posi- tief en was die gehalte van hulle verbetering van sodanige aard dat die gevolgtrekking gemaak kan word dat die terapie- aanbieding die moeite werd was. Daarom kan daar meer ge-

·reeld van hierdie programme gebruik gemaak word om leer- linge met leerprobleme te help om hulle probleme op te klaar, sodat elke leerling na sy eie vermoe ten volle kan ontwikkel om volkome toegerus vir sy Christelike lewenstaak te wees (vgl. par. 1.2).

7.4 AANBEVELINGS

7.4.1 INLEIDING

Na aanleiding van die ondersoekresultate word die volgende aanbevelings gemaak:

7.4.2 OPVOEDKUNDIGE HULPDIENS

Musiekterapie behoort by onderwyshulpsentra vir die ver- helping van leerprobleme aangebied te word. Hoewel die ge- bruik van musiek in die verband nog nie bekendheid verwerf het nie, behoort by elke hulpsentrum n opgeleide persoon te wees wat sodanige programme aan leerlinge met leerprobleme kan bied (vgl. par. 1.2).

Dit is noodsaaklik dat van opgeleide personeel wat oor die

vereistes soos in hoofstuk drie {par. 3.7) beskryf is be-

skik, gebruik gemaak sal word om hierdie programme aan te

bied.

(24)

7.4:3 KURSUSSE IN REMEDieRING

Kursusse met die oog op remediering van leerprobleme met behulp van musiekterapie, behoort by onderwyskolleges aan- gebied te word.

Die rede waarom dit by onderwyskolleges behoort te geskied, is omdat personeel vir die primere skool hoofsaaklik aan sodanige opleidingskolleges opgelei word en hierdie onder- seek aan die lig gebring bet dat hierdie programme by uit- stek vir gebruik in die junior primere fase geskik is.

Die kursusse behoort in oorleg met die Departemente Opvoed- kunde en Musiek saarngestel te word.

Dit sou raadsaam wees dat hierdie kursusse aan gekwalifi- seerde klasmusiekonderwyseresse wat reeds n paar jaar onder- wyservaring bet, gebied word, aangesien bulle dan n beter insig in leerprobleme behoort te he en ook sal weet waartoe kinders wat nie probleme ondervind nie, in staat is.

7.4.4 MUSIEKONDERRIG IN PRIMeRE SKOLE

Musiekterapie behoort as n deel van die musiekonderrig in die primere skole, veral in die junior primere fase, as voorkomende maatreel teen die ontstaan van leerprobleme aangebied te word.

Musiekskernas behoort ni~ net daarop gemik te wees om die musikale vermoe van die kinders te ontwikkel nie, maar be- hoort aspekte te bevat sodat die kinders terwyl bulle dit geniet en bulle musikaliteit ontwikkel, ook op ander vlakke, soos in hoofstuk vier aangetoon, daarby baat kan vind.

7.4.5 VERDERE NAVORSING

Verdere navorsing ten opsigte van musiekterapie as hulpmid- del vir leerlinge met leerprobleme behoort gedoen te word.

Spesifieke onderafdelings, byvoorbeeld spelling, lees, skrif

en rekenvaardigheid behoort individueel nagevors te word.

(25)

ABSTRACT

Not all pupils of average intelligence can be said to make satisfactory progress at school. Frequently some of them, for some reason or other, fall behind in certain areas of the curriculum. Unless timely action is taken, serious learning problems may develop with ultimate detrimental effect upon the pupil's progress.

This study is aimed at determining to what extent music therapy can be successfully applied in the case of Std. I pupils whose progress at school is not commensurate with their I.Q.

First of all a study was undertaken of the available literature on learning problems and subsequently of that dealing with music therapy. Finally a programme was de- vised for using music therapy with groups. This programme

is particularly concerned with the development of the following: motor skills, perceptual abilities, language, acquisition of mathematical concepts and social adapta- bility.

Seven pupils from a primary school were then selected as experimental subjects and a six-month individual music therapy programme was presented to each after establishing their individual problems. This information was derived from class teachers' reports, pupils' scores in the various school subjects and from the results of standardized scho- lastic and perceptual tests. The progress of each subject was discussed per se and illustrated by means of tables explaining the various data. During the period of presenta-

tion due attention was paid to: Fine muscle co-ordination, eye-hand co-ordination, left-right co-ordination, exercises

in reading, visual and auditory discrimination and memory,

spacial awareness, succession of sounds, foreground-back-

ground differentiation, number skills, spelling, sustained

attention and perseverance, musical development and improve-

ment of pupils' self-image.

(26)

When the programme had been fully presented, the battery of tests was repeated and the class teachers were once more consulted to determine the extent of the progress. These data were then also included in the tables previously mentioned. The following conclusions could be drawn from the results of the individual music therapy programme that had been presented to the seven pupils:

All the pupils concerned had made progress;

subjects in which there had been significant improvement were reading, mathematics, spelling and hand-writing, with notable increase in writing speed;

the experimental subjects showed improved ability to concen- trate and their self-image had also improved.

One can therefore arrive at the conclusion that music

therapy can be successfully used with groups or indivi-

duals to help them overcome their learning problems.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

In hoofstukke 1 tot 5 is met die literatuurstudie gepoog om die rasionaal wat aanleiding tot hierdie navorsing gegee het, te regverdig. In hoofstuk is kortliks

Kulturele waardes word nie aangeleer deur bloot in 'n groep gebore te word nie, maar die jonger groep moet onderrig word, en die kultuur oorgedra word aan hulle deur die

Die oudi ti ewe perseptuele tekorte wat bestaan het, is na die toepassing van .die hulpverleningsprogram oorko~ In heelparty van die ouditiewe funksies het die

In die aanduiding van enkele vorme van buitengewoonheid word veral klem gele op die minderbegaafde en begaafde leerlinge, waarvoor in die gewone skool op

Aandag moet gegee word aan die onderwyser se vermoe om kennis oor te dra; die entoesiasme waarmee die les aangebied word; die opwekking van die leerlinge se

In die Knnpprovinsie word dio provinsi'::',lo koshuise ge- adninistreer volgens dio proscduro wat oorspronklik dour dio Suid-Afrika-wet neergele is, wat dit

staan in dienste van 'n maatskaplike aard. 10) Vanwee die belangrikheid van taal as denk- en abstraheringsmedium (vgl.. ling van die kind deur ouers, onderwysers,

In hoofstuk sewe word n samevatting van leerprobleme wat deur middel van musiekterapie verhelp kon word, asook ge- volgtrekkings en aanbevelings na aanleiding van