• No results found

Spinnekop-stories

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Spinnekop-stories"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

SPINNEKOP-STORIES

Praat van spinnekoppe en alm al ril en grit. W at ook al die oorsaak van die antagonisme is, spinnekoppe is nie alm a l se maat nie. A lh o ew el ...

Hoe sou u voel om 'nspinnekopastroeteldieraan te hou. Banaal? Dit blyk nie die geval te wees nie, want mense is selfs bereid om te betaal om 'n

agtpotige tro e te ld ie r te bekom. V ir 'n

bobbejaanspmnekop is daar al tot soveel as R50 opgedok. Eienaars reken dat jy net so lief vir so 'n diertjie kan word as vir 'n hond of kat.

Daar is 'n gesegde w at lui — "if you wish to live and thrive, let the spider run alive". W as dit dalk hierdie gesegde of iets soortgelyks w at in 1936 daartoe gelei het dat 'n Londense verkeersman die verkeer tot halt roep toe 'n redelike groot huisspinnekop die pad kruis. Die bestuurdersen voetgangers het na bewering die insident heeltemal gedwee aanvaar sonderenige klagtes. Dan is daar ook nog die legende van Arachne, die Griekse meisie w at 'n uitstekende weefster en spinster was. Mense en diere het van oral gekom om haar pragwerk te aanskou. Arachne het toe begin spog oor haar werk en a l die aandag w at sy as gevolg daarvan gekry het. Sy het selfs geredeneer dat sy 'n be ter kunstenares is as Athene, die godin van wysheid en kuns. Athene was woedend en het Arachne gewaarsku dat so 'n opmerking vir haar baie gevaar kan inhou. Arachne wou egter nie luister nieen die godin het besluit dat hulle 'n weefkompetisie sou moes hou om Arachne op haar plek te sit. Ongelukkjg moes die godin toegee dat Arachne se werk baie mooier as hare was en uit woede en jaloesie het sy Arachne se pragtige tapiserie in stukke geskeur. Arachne se hart was gebreek en sy het probeer selfmoord pleeg. Athene het haar egter gekeeren in 'n spinnekop verander sodat sy vir die res van haar lewe kon spin en weef.

Daar is nog verskeie stories en gel owe oor spinnekoppe. Tot so laat as die agtiende eeu het

mense die Gewone huisspinnekop, Tegenaria

domestica, gebruik om malaria en ander siektes te genees. Die manier van inname was o m 'n spinnekopsmeer te maak, dit op brood te sit en vinnig weg te sluk.

C. Pieterse Sou 'n persoon aanhoudend hoes, is 'n spinnekop bokant die kop van die pasient gehou, terwyl die pasient dan aanhoudend "spider as you waste away, whooping cough no longer stay" resiteer. Die lewendige spinnekop word dan in 'n papiersak geplaas en wanneer dit uitgedroog het, is daar geglo dat die hoes ook genees sou wees.

Almal van ons ken ook die rympie: "Little Miss Muffett, sat on her tuffet, eating her curds and whey. There came a big spider that sat down beside her and frightened Miss Muffett away." H ie rd ie in s id e n t het b ly k b a a r w e rk lik plaasgevind. Miss Muffett was die dogter van ene dr. Thomas Muffett w at sowat 3 0 0 jaar gelede in Engeland gewoon het. Hy was nie net 'n mediese dokter nie, maar ook 'n natuurkundige met 'n besondere voorliefde vir spinnekoppe. Hy het onder andere vas geglo dat mense wat spinnekoppe in hul huise toelaat, nooit probleme

met jig sou he nie. lufiiti

Is daar nie dalk een of ander geneeskundige deurbraak in al die stories opgesluit nie? Of isdie genesing van een of ander kwaal 'n te "duur" prys om te betaal as die voorskrif se jy moet 'n spinnekopsmeer drie maal per dag saam met jou brood neem?

BIBLIO GRAFIE

PRESTON-MAFHAM, R. 19B4. Spiders of the world. Dorset: Blandford Press. YATES, J.H. 19 6 8 .Spiders of southern Africe. Cape Town: Cape&Transvaal Printers Ltd.

(2)

In die T ransvaal is w e tg e w in g o n la n g s a fgekondig dat geen bobbejaanspinnekoppe sonder 'n p e rm it aangehou m ag w o rd nie, vir w a tte r rede ook al. Die spinnekoppe is baie gesog as troeteldiere en w o rd om die rede in g ro o t getalle gevang en teen hoe pryse te

koop aangebied.

SPINNEKOP-KLUB

Enige persoon w a t in spinnekoppe belangstel, kan by die

S p inn ekop -klub van suidelike A frik a a a n s lu it. n K w a rta a llik s e

n u u s b rie f w o rd uitgegee en u itsta p p ie s w o rd gereel. S kryf gerus aan:

Die S p in n e k o p -klu b van S uidelike A frik a Posbus 8 1 1 2

P a rkh u rst

2120

AMERICAN ENTOMOLOGIST VISITS MUSEUM

Dr Bob Kimsey, a medical entom ologist from the U niversity of C alifornia, Davis, paid a brief visit to the Departm ent of Entom ology in January. He represented the R.M. Bohart M useum of

Entom ology and w h ils t in Bloem fontein futu re cooperation and specimen exchange between the tw o m useum s were discussed.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

332 ‘n Vraag waaroor al die Pukke, wat gedurende die sewentigerjare ook ASB- presidente was, hulle sekerlik sou moes verantwoord, was of hulle as ASB-presidente van

Hulle moes maar self luukse artikels aankoop en die voorbereiding daarvan self doen : Eerstens sou dit hulle besig hou en verder is die moontlikheid dan daar

20.. Verenigiog aan te sluit, hetsij as werkende of kunsliewende lid. Ook nodi g ons leerlinge uit vir die Toneelskool. Ons mense wil tog die skouburg besoek. Ons

Waar deze kenmerken niet aanwezig zijn, kunnen de V85 snelheden tot boven de 80 km/uur stijgen. Zoals verwacht nemen de snelheden tússen snelheidsremmende voorzieningen toe en

Om de relatie tussen de binnendijkse grondwaterstand en de buitendijkse grond- en oppervlaktewaterstand te bepalen, zijn op twee locaties peilbuizen in de bodem van het

13-7-2021 Dirk Moes MMH voorzitter initiatiefgroep 'Tynaarlo Goed gehoord' - De Krant van Tynaarlo - Het laatste nieuws in de gemeente

Als ik aanzie de heldere Stralen, Die uyt de Fles in ’t Glaasje dalen, Word ik geparst door Bachus-nat, Weg Venus, weg met uw geyle oogen, Mijn Bachus heeft veel meer vermogen Als hy

Zymen laet die sotheyd varen, Siet je kreukeld al myn goed, Nou ’t is wel ik sal ’t verklaren, Datje myn dit leet aen doet, Gaet dan nou maer vry jou gang, Maer maekt het toch niet