• No results found

Oranje-Vrystaatse vlag en wapen 125 jaar oud

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Oranje-Vrystaatse vlag en wapen 125 jaar oud"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

ORANJE-VRYSTAATSE VLAG EN

WAPEN 125 JAAR OUD

* P R A G P O R T R E T VAN WILLEM III A AN M U SEU M GESKENK

* W I L L E M III S E A A N D E E L I N D I E VER W E SE N L IK IN C VAN DIE VLAG EN WAPEN

Van jaar is die vlag en wapen van die Oranje- Vrystaat 125 jaar (1857-1982) oud. Willem III, koning van Nederland vanaf 1849-1890, het ’n besondere aandeel gehad in die daarstelling daarvan. Op 30 Oktober 1981 het dr. C. de Jong van Pretoria 'n pragtige reproduksie (afdruk) in volklcur van ’n olieverfportret van koning Willem 111 aan die Nasionale Museum geskenk. Hierdie staatsieportret is in 1851 deur die hofskilder, N. Pieneman, geskilder. Deur bemiddeling van die Nederlandse Ambassade in Pretoria het die Rijksvoorlichtingsdienst in Den Haag die reproduksie aan dr. De Jong voorsien. Tydens die oorhandiging van die afdruk aan die Museum, se dr. De Jong: “Die aanleiding tot die aanbieding van die reproduksie is die besondere historiese band tussen Willem 111 en die Oranje-Vrystaat.” Willem III, seun van die Nederlandse vors Willem II, is op 19 Februarie 1817 gebore. In 1839 tree hy in die huwelik met Sophia, dogter van die koning van Wtirttemberg. Hierdie huwelik was ongelukkig en het op ’n vervreemding uitgeloop. Na die afsterwe van Sophia verbind Willem horn in die eg met prinses Emma van Waldeck-Pyrmont. Uit sy eerste huwelik is twee seuns gebore wat voor hul vader oorlede is. Emma skenk hom ’n dogter, Wilhelmina, wat haar vader later sou opvolg as Koningin van Nederland. Willem 111 toon min belangstelling in staatsake en laat dit in die hande van sy ministers, hoewel hy geen simpatie met politieke liberaliste het nie. Hy wend sy rykdom aan om sosiale en ekonomiese ontwikkeling in sy land te bevorder en sy gewildheid neem verder toe wanneer hy in le w e n s g e v a a r lik e o m s t a n d i g h e d e die oorstroomde gebiede in die Bomelerwaard in 1861 besoek. In die begin van 1889 verswak sy gesondheid en op 23 November 1890 sterf hy.

10

J. Haasbroek

A fdruk van staatsieportret van Willem III wat aan die M useum geskenk is.

Reeds jare voor sy dood ontstaan ’n noue vriendskapsband tussen Willem III en die pasgestigte Republiek van die Oranje-Vrystaat toe prof. U.G. Lauts, Vrystaatse konsul in Nederland, in opdrag van president J.P. Hoffman, die Koning versoek om ’n staatsvla^ en wapen aan die Vrystaat te skenk. Aan die versoek is voldoen en Cornelis Hiddingh is n£ die Oranje-Vrystaat afgevaardig om namens Sj Majesteit, Willem III, ’n brief van goeif betrekkinge, wat soos volg afgesluit is ... om I de verzekering te geven der gevoelens vat hoogachting, waarmede ik mij noeme. Mijnheer de Presidente, uwen goeden Vriend, Willem ... en 'n beskrywing en tekeninge van ’n voorgestelde vlag en wapen aan die Vrystaatse regering te oorhandig.

Intussen het ’n verandering in die politieke toestand in die Vrystaat ingetree. Na slegs ’n

(2)

jaar in die presidentstoel is Hoffman verplig om in 1855 te bedank en hy is deur J.N. Boshof opgevolg. Die hele kwessie rondom die vlag en wapen het hoofsaaklik gespruit uit die inisiatief van Hoffman en met Boshof se diensvaarding wis hy niks van die hele aangeleentheid nie - bygese dat die staatsdokumente op daardie tydstip in ’n verwarde toestand was.

President Boshof het ondertussen van die Volksraad goedkeuring verkry om ’n Grootseel vir die Vrystaat te laat ontwerp. Wanneer Hiddingh in die Republiek opdaag, verkeer die Volksraad ietwat in die verleentheid, want die Grootseel is reeds deur bemiddeling van sir George Grey van die Kaap vervaardig en in besit van die President. Omdat dit die algemene gevoel was dat die Grootseel die wapen van die Vrystaatse Republiek sou vorm, het die Volksraad die volgende oplossing bereik: “Dat het ontwerp van de vlag (bestaande uit drie oranje en vier wit bane met die Nederlandse driekleur in die boonste linkerhoek) gezonden door den Koning der Nederlanden, zal aangenomen worden, zoo als in de ontvangene afteekening voorgesteld, en bij het gezondene dito wapen, het reeds bestaande, zoo als in het Groot Zegel van den Staat zal ingevoegd worden, met weglating der Oranje Streep.” (Kyk afbeeldings I en II.)

Willem III het geen beswaar geopper dat die Grootseel die oranje face vervang nie. Met die viering van die Oranje-Vrystaat se derde jaar van onafhanklike bestaan in 1857 is die Vrystaat se nuwe vlag en wapen, soos deur die Volksraad aanvaar, amptelik in ^ebruik geneem.

Die E erste R a a d s a a l-m u s e u m in St. Georgesstraat, Bloemfontein, bied ’n volledige uiteensetting van die ontwerp en samestelling van die Oranje-Vrystaatse vlag en wapen. Die oorspronklike ontwerptekeninge is in veilige bewaring by die Nasionale Museum.

Die portret van Willem III wat aan die Museum geskenk is deur dr. De Jong, is by hierdie uitstalling gevoeg om dit verder te versier en op te helder, omrede hierdie vors so ’n noue aandeel gehad het in die verwesenliking van die

vlag en wapen. ©

Afbeelding /. Die ontwerp van die wapen wat Willem III na die O. V.S. gestuur het.

A fbeelding II: Die ontwerp van die wapen wat deur die V olksraad van die n runje- Vrystaatse R epubliek goedgekeur is. 'n Soortgelyke wapen w ord vandag deur die Oranje• Vrystaat gebruik.

B ib lio g ra fie

Encyclopaedia Britannica. Volumes 16 en 23, Londen, 1966.

GODfiE-MOLSBF.RGEN, E C., “ Hoe de Oranje-Vrijstaters hun vlag en wapen kregen”. Onse eeuw. lldejrg., 1911.

K.IESER, A., "Die wapen van die Vrystaatse Republiek”, Die Skoothtad. Februarie 1936.

MULLER. H.P.N.. Oude Tijden in den Oranje Vrijsiaai Leiden, 1907.

PA MA, C.. "Die Viystaatse Boom". Historia. V](2). Junie 1961.

VAN S C H O O R . M.C.E., “ Die Wapen van die Oranje-Vrystaat”,

Historia. VI(3), September 1961

WI NKL ER P R IS S ' A LG E M E N E ENC YCLO PAED 1E. Amsterdam.

1928.

G.S. 1328, Vrystaatse Argiefbewaarplek, p. 14.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Dat mensen in armoede het gevoel hebben dat er niet altijd even respectvol omgegaan wordt met hun persoonlijke informatie binnen de hulpverlening en dat het dossier vaak gebruikt

Toe dit in Augustus 1877 blyk dat daar 'n groot tekort op die Patriot is en die voorsitter, ds Du Toit, moedeloos wou word, het Hoogenhout die G.R.A. moed ingepraat, want van

Table 2: Median total expected waiting time from referral by GP to treatment, by specialty, 2020 (in weeks) Table 3: Median patient wait to see a specialist after referral from a GP,

Policy recommendations to mitigate the physician shortage emphasize on increasing enrolment at medical schools, improving the distribution of physicians in urban and rural areas

Voor patiënten die in het eerste behandeljaar in een zwaardere ernstcategorie (B2, C of D) vielen, en die na fysio- of oefentherapeutische behandeling en eigen beweegactiviteiten

Die spreker wat die toespraak hou, maak van gesigsimbole ( gebare en mimiek) en gehoorsimbole ( spreektaal) gebruik. Oor die vereiste vir goeie spraakgebruik het ons

teenkanting uitgelok. ·n .Algemene gevoel dat politiek, kerkisme e_n nepotisme te •n groat rol speel, het bestaan en die georganiseerde professie het al sterker

keling van die onderwys aangewakker het. Brebner het van die standpunt uitgegaan dat die onderwys In staatsaangeleentheid was. Die skool was, volgens horn,