• No results found

Geffert, J. 2012. Johannes Geffert spielt an der neuen Klais-Orgel der Schlosskirche zu Bonn. [CD-bespreking]

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Geffert, J. 2012. Johannes Geffert spielt an der neuen Klais-Orgel der Schlosskirche zu Bonn. [CD-bespreking]"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

100

CD-BESPREKINGS Christiaan Carstens

JOHaNNES gEffERt SPIElt aN DER NEUEN

KlaIS-ORgEl DER ScHlOSSKIRcHE ZU bONN

A. Lucchesi: Sonate C-Dur, Sonate F-Dur; I. de Gruytters: Cruyd Capelleken, Vivace (D. Raick), Gavotte I und II (H. Fiocco), Marche van de Begijnen, Menuett (I. de Gruytters) (aus dem Beiaardboek von 1746); C.G. Neefe: Veränderungen über das Thema des “Priestermarsches”aus Mozarts Oper “Die Zauberflöte”; L. van Beethoven: Fuge D-Dur (WoO 31), Fünf Stücke für die Flötenuhr (WoO 33); W.A. Mozart: Fantasie f -Moll (KV 607); J. Haydn: Stücke für die Flötenuhr aus der Sammlung von 1793 (Fuga, Marche, Andante, Allegro); C.H. Rinck: Konzert

F-Dur “Flötenkonzert”(Allegro maestoso; Adagio; Rondo). Johannes Geffert (orrel) Motette CD 13841 (CD 74:48) Duitse, Engelse en Franse kommentaar ingesluit Opname: Schlosskirche – Universiteit van Bonn, Duitsland (2012)

D

ie gevierde Johannes Geffert, vir baie jare geassosieer met die Kreuzkirche in Bonn, die Robert Schumann Konservatorium in Düsseldorf en die Hochschule für Musik Köln, Duitsland, het ’n interessante program saamgestel vir hierdie CD-uitreiking. Stukke wat waarskynlik min in konsertprogramme gehoor word, behalwe die Mozart-fantasie, is ingesluit. Die komponiste wat verteenwoordig word, is almal op een of ander manier met mekaar verbind, hetsy deur vriendskappe of hulle beroepe as musiekonderwysers, deur verbintenisse met die keurvorstelike hof te Bonn, ’n gedeelde Vlaamse kulturele agtergrond of omdat hulle tydgenote was. Elke snit bied ’n keurige klankblik op die klankmoontlikhede van hierdie splinternuwe Klais-orrel wat in 2012 in gebruik geneem is in die kapel van die voormalige keurvorstelike paleis (vandag universiteitsgeboue).

Die Italianer Andrea Lucchesi (1741-1801) was vir twintig jaar, vanaf 1774 tot 1794, die kapelmeester van die Prins-biskop en keurvors van Keulen. Hy was die opvolger van Beethoven se oupa na lg. se oorlye. Lucchesi het homself onderskei as ’n musiekleier van formaat en komponis van instrumentale- en kerkmusiek, sowel as verskeie operas. Twee van sy leerlinge, nl. Anton Reicha en Franz Anton Ries, het ook wyd erkenning geniet as komponiste en uitvoerende musici. Die twee melodieuse orrelsonates wat op hierdie CD gehoor kan word, is, in navolging van die Italiaanse gebruik, slegs vir manuale. Hierdie sonates is waarskynlik gebruik as sg. “epistelsonates” wat deel vorm van ’n vereenvoudigde Katolieke liturgie.

Ioannes de Gruyters (1709-1772), Vlaamse beiaardier uit Antwerpen, het in 1746 ’n versameling stukke vir beiaard (klokkespel) gepubliseer. Slegs 4 uit die 194 komposisies van verskeie komponiste, is deur Gruyters self, waarvan ’n Menuett vir hierdie CD opgeneem is. Beethoven, wat in Bonn gebore is, se Vlaamse herkoms, sowel as dié van Gilles van Eeden, sy orrelonderwyser en voorganger as orrelis van die keurvors se paleiskapel, word hier in herinnering geroep. Christiaan Gottlob Neefe (1709-1798) word vandag onthou as musiekonderwyser van die jong Beethoven, eerder as orrelis, pianoforte-speler en komponis. Afgesien daarvan dat hy ná Van

(2)

100 101 Eeden as hoforrelis diens gedoen het, was hy ook verantwoordelik vir klawerbordtranskripsies van gewilde opera-arias. In die variasies op ’n tema uit “Die Zauberflöte” word ’n verskeidenheid variasiestyle aangewend en die orrel se klankmoontlikhede effektief gedemonstreer.

Ludwig van Beethoven (1770-1827) het slegs een orrelwerk die lig laat sien en dit waarskynlik gespeel tydens sy aansoek as hoforrelis in 1783. Hierdie Fuga in D (WoO 33) reflekteer die musikale smaak van die tyd: dit verloop hoofsaaklik tweestemmig, met ten slotte ’n verrykte tekstuur oor ’n pedaalpunt. Die vrolike Fünf Stücke für die Flötenuhr (WoO 33) is geskryf vir meganiese uurwerk in opdrag van graaf Deym von Stritez en herinner sterk aan Joseph Haydn se Stücke für die Flötenuhr aus der Sammlung von 1793. Wolfgang Amadeus Mozart, daarenteen, skryf ’n majestueuse Fantasia in f KV608 vir ’n meganiese selfspelende orrel – vir dieselfde opdraggewer – hoewel hy by geleentheid vermeld het dat hy in werklikheid ’n groot orrel in gedagte gehad het tydens die komposisieproses. In hierdie uitvoering, wat tegnies hoë eise aan die uitvoerder gestel het, word die gradering tussen die dramatiese en meer ingetoë elemente effektief ontgin en ondersteun deur weldeurdagte registrasiekeuses.

Van die mooiste uitvoerings op hierdie CD-vrystelling, is dié van Christian Heinrich Rinck (1770-1846) se Konzert F-Dur, ook bekend as die “Flötenkonzert”. Dit is oorspronklik gepubliseer in die Praktische Orgel-Schule wat tussen 1819 en 1821 die lig gesien het. Die styl herinner sterk aan die Weense klassieke skool en die tekstuur wissel tussen klaviatuur- en simfoniese elemente. Melodieuse en genuanseerde fluitmusiek word toegepas op dié orrel met sy verskillende timbres en opvallende dinamiese kontraste. Omdat Rinck studeer het by ’n Bach-leerling en ook ’n tydgenoot van Beethoven en Mozart was, kon hy die Barok-polifonie effektief vermeng met die nuwer neigings in musiek uit die oorgangsperiode tussen 18de-eeuse Klassieke, en vroeg 19de-eeuse Romantiek.

Die CD-omslag bied heerlike leesstof: ’n geskiedkundige agtergrond van die Schloßkirche, die orrels en ’n bondige, maar insiggewende, bespreking van die repertorium, aangevul met ’n disposisie van die nuwe orrel en ’n indrukwekkende CV van die kunstenaar. Mooi kleurfoto’s van die gebou, die orrel en Johannes Geffert rond die geheel af. Die buiteblad bevat ’n pragtige foto van die orrel wat ’n goeie idee gee van die moderne orrelkas se afmetings in verhouding tot die galery waarop dit staan, en van die argitektuur waarbinne die instrument ’n belangrike fokuspunt vorm.

Geffert ontgin ’n wye verskeidenheid klankmoontlikhede om sodoende die orrel op ’n voortreflike wyse bekend te stel. Intieme en welluidende registrasies word by geleentheid aangevul deur die vrolike klanke van die Glockenspiel (4’) en Cymbelstern se ses ongestemde klokkies. Hoewel die oorhoofse klanksfeer 18de-eeus Italiaans is, verseker Franse en Duitse elemente in die disposisie van die orrel dat musiek uit die Frans- en Duitse Romantiek eweneens outentiek voorgedra kan word.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Another important point to make around the limitation of biblical sources treatment, is that the researcher will limit his usage of biblical sources and focus primarily on the Book

Komplekse strukture, byvoorbeeld ’n kanon in die tenoor met ’n omgekeerde kanon in die pedale terwyl die gospel-melodie daaroorheen gehoor word, maak van ’n prelude soos Just as I am

8.7 Packet loss probability on the multi bottleneck links when a TCP tick value of 500 ms and buffer size of 128 packets are used.. 122 8.8 Packet loss probability on the

A neoclassical realist approach to Waltz’s balance of power theory makes it possible to analyze whether domestic-level factors can explain the variation in the internal balancing

In Figures 6.1 and 6.2 we illustrate how the first and second version of our system adapts the game to the same human player, when starting at hard in-game difficulty settings in a

In addition, my belief that the PicTopics can be used as a way to encourage a creative approach to teaching and learning, and that they can play a transformational role,

The main focus of stigma reduction work is on individuals, specific group (sex workers, pregnant women, men who have sex with men (MSM), communities and hospitals as health

Hierdie studie oor Engelenburg word binne die raamwerk van biografiese geskiedskrywing onderneem eerstens om ʼn histories belangrike persoon se lewe en werk in ʼn