• No results found

'n Ondersoek na relevansie en balans as kriteria in kurrikulumontwerp vir swart serebraalgestremde leerlinge

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "'n Ondersoek na relevansie en balans as kriteria in kurrikulumontwerp vir swart serebraalgestremde leerlinge"

Copied!
130
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

KURRIKULUHOR~RP VIR SWART SEREBRAALGESTREMDE LEERLIRGE

Sarel Francois Maude, B.A., B.Ed., D.B.O., T.O.D.

Skripsie voorgele ter gedeeltelike nakoming van die vereistes vir die graad Magister Educationis in die

Departement Didaktiese Wetenskappe aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Boer Onderwys.

Studieleier: Prof. I.N. Steyn

Vanderbijlpark 1993

(2)

Dit was vir my 'n voorreg om onder die bekwame leiding van professor I.N. Steyn hierdie navorsing te onderneem.

Ek betuig graag my dank aan:

- Die PU vir CHO vir die Taalversorging;

die Departement van Onderwys en Opleiding vir die studie-verlof toegestaan; en

my vrou en kinders vir hulle aanmoediging en hulp met die woordverwerker.

(3)

AD investigation of the criteria underlying a balanced and relevant curriculua for Black Cerebral Palsied pupils

This research encompasses the following objectives:

- To examine the criteria underlying a balanced and relevant curriculum for Black Cerebral Palsied pupils.

- To determine the characteristics of Black Cerebral Palsied pupils, and to describe and define career opportunities

available for such pupils.

- To evaluate in general the curriculum of the Black Cerebral Palsied pupil, with particular reference to the subject curricula prevailing at the Philip Kushlick School and in the process to determine the relevance

(appropriatness) and balance thereof.

- To show where necessary, where a need for the

restructuring of the existing curriculum exists, in order to meet the requirements of the above mentioned criteria.

The first objective was attained through a study of the literature pertaining to relevance and balance as criteria in the development of a curriculum. Pertinent National and International literature were consulted in order to

determine a macro-criteria for general teaching and a micro-criteria for job orientated education.

In order to achieve the second objective, psychometric data available at the school was used in conjunction with an examination into the physical and intellectual ability, and social adaptibility of the neorologically disabled child. Although this data has been drawn primarily from the Philip Kushlick School, perusal of literature in this regard in similar schools in the R.S.A substantiate the findings. Vocation potential for these pupils was carefully evaluated in this study, and to this end interviews with

neurologically disabled people actively employed in the job market and employers revealed that job opportunities do exist in the computer field, with the emphasis on

information technology and general handwork.

The third objective was reached through the evaluation of the existing syllabi/subject curricula in regard to both

(4)

syllabi/subject curricula should be re-structured, with more emphasis on subjects such as Domestic Science, Handwork, Art and Gardening. More time should be allocated to these

subjects in order to prepare the Cerebral Palsied child for the labour market.

These conclusions and recommendations can with justification be applied to other similarly circumstanced schools, as the syllabi/subject curricula follows a general pattern

(5)

Lys van Tabelle . . . • · • · · • · • • · · • · · · • · · · • · · • BOOFSTUK 1 : ORieHTERIHG •••• • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • 1 1.1 1.2 1.3 1.4 1.5 1.6 1.7 1.8 Orientering ••••••••••••• Probleemstelling ••••••••

. . .

.

.

. . .

1 4 4 5 6 6 7 Doel van die ondersoek ••••••••••••

Metode van die ondersoek ••••••••••• Uitvoerbaarheid van die navorsing •••• Program van ondersoek ••••••••••••••• Begripsomskrywing. •••••• •••••

. . . .

.

. .

. . . .

.

.

••• 10 Samevatting. . . . . . . . . .

.

. .

. .

. . .

.

BOOFSTUK 2: 'n ANALISE VAN DIE SEREBRAALGESTREMDE LEERLING SE INTELLEKTUELE EN FISIESE VERMOeNS, SOSIALE AANPASBAARHEID EN BEROEPSGELEENTHEDE 2.1 2.2 2.2.1 2.2.1.1 2.2.1.2 2.2.2 2.2.2.1 2.2.2.2 2.2.3 2.2.3.1 2.2.3.2 2.3 2.4 2.5 2.5.1 2.5.2. 2.5.3 2.5.4 2.5.5 2.6 Inleiding . . . 11 Die beskrywing en voorkoms van die drie hoofvorme van serebraalgestremdheid. • • • • • • • • • • • • • 12 Spastisiteit •••••••••••••••••••••••••••••••••••• 12 Algemene voorkoms en beskrywing ••••••••••••••••••• 12 Voorkoms van spastisiteit by leerlinge van die

Philip Kushlick skool... • •••• Atetose . . . .

Algemene voorkoms en beskrywing.... • •••• Voorkoms van atetose by leerlinge van die Philip Kushlick skoal . . . . Ataksie . . . . Algemene voorkoms en beskrywing •••••••••••••••••• Voorkoms van ataksie by leerlinge van die Philip

.13 .13 .13 • 15 .15 .15 Kushlick skoal . . . 16 Intellektuele, sosiale en emosionele vermoens van serebraalgestremde leerlinge.. • •••••• 16 Samevatting en vooruitskouing... ••••••••• ..19 Beroepsgeleenthede... .19 Orientering... . . . . • . . .. 19 Beskermingswerksplekke.... ••••••••• ••••• .20 Ope arbeidsmark... ••••• • •• 21 Inligtingstegnologie.. •••••••••••••• • ••••••• 22 Ander beroepe . . . . . . 2 3 Samevatting. • • • • • • • • • • • • • • • • • • 24

BOOFSTUK 3: RELEVANSIE EN BALANS AS KRITERIA VIR KURRIKULUMON~RP EN EVALUERING

(6)

3.2.1 3.2.2 3.2.3 3.2.4 3.2.5 3.2.6 3.2.7 3.2.8 3.2.8.1 3.2.8.2 3.3 Relevansie en balans •••••••••••••••••••••••••••• 27 Orientering en begripsomskrywing... • ••• 27 Individu en samelewing •••••••••••••••••••••••••••• 29 Kontekste vir relevansie •••••••••••••••••••••••••• 30 Relevansie en balans in kurrikulum en leer •••••••• 33 Balans in onderrig en leer •••••••••••••••••••••••• 38 Kriteria vir die evaluering van makro-inhoud •••••• 39 Die beroepswereld as mikrokonteks vir relevansie en balans ••••••••••••••••••••••••••••••••••••••••• 44 Kriteria vir die evaluering van mikro-inhoud •••••• 46 Beredenering •••••••••••••••••••••••••••••••••••••• 46 Gevolgtrekking •••••••••••••••••••••••••••••••••••• 4 8 Samevatting ••••••••••••••••••••••••••••••••••••••• 49

BOOFSTUK 4: 'n EVALUERING VAN DIE KURRIKULUMPRAKTYK VAN SWART SEREBRAALGESTREMDE LEERLINGE OP GROND VAN ONTWERPTE KRITERIA VIR RELEVANSIE EN BALANS

4.1 4.2 4.3 4.3.1 4.3.2 4.3.3 4.3.4 4.3.5 4.3.6 4.3.7 4.3.8 4.3.9 4.3.10 4.3.11 4.3.12-4.3.13 4.3.14 4.4 4.5 4.5.1 4.5.2 4.6 Inleiding ••••••••••••••••••••••••••••••••••••••••• 50 Eval uer ing •••••••••••••••••••••••••••••••••••••••• 51 Doelstellings en interpretasie van evaluerings- •••

data... . ... 52

Algemene wetenskap.. •••••••••• • ••••••••• 52 Algemene wiskunde... • • • • • • • • 57 Tuinbou ••••••••••••••••• q • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • 6 0 Vaardighede en tegnieke... • ••••• 63 Liggaamlike opvoeding... ••••••• • •••••••• 65 Geskiedenis.. •••••••••••••••••••• ••••• • ••• 68 Geografie. • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • ••••••• 71 Tale •••••••••••••••••••••••••••••••••••••••••••••• 7 4

.

. .

.

. .

.

.

Godsdiensonderrig •••••••••••••••••••••• Musiek ••••••••••••••••••••••••••••••••• Kuns ••••••••••••••••••••••••••••••••••••• ••• 78 ••• 79 ••• 81

.

..

Bout- en Metaalwerk •••••••••••••• •••• 84 Naaldwer k. • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • 8 7 Huisvlyt. • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • ••••••••••••••• 87 Gevolgtrekking •••••••••••••••••••••••••••••••••••• 9 0 Relevansie en balans van die vakkurrikula en die kurrikulum ••••••••••••••••••••••••••••••••••••• Samevatting m.b.t relevansie en balans van die vakkurrikula ••••••••••••••••••••••••••••••••

.

.

.

.

.

.

.90 .90 .91 Relevansie en balans m.b.t die kurrikulum.

Samevattende gevolgtrekking •••••••••••••••• ••••• 92

BOOFSTUK 5: EVALUERING: SAMEVATTING, GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS VIR DIE HERSTRUKTURERING VAN 'N KURRIKULUM EN VAKKURRIKULA VIR SWART SEREBRAALGESTREMDE LEERLINGE

5.1 5.2 5.3 5.4 •••• 93 ••• 93 Inleiding •••••••••••••••••••••••••••••••••••••••• Samevatting ••••••••••••••••••••••••••••••••••••• Gevolgtrekkings •••••••••••••••••••••••••••••••• Aanbevelings •••••••••••••••••••••••••••••••••••••• .94 ••• 97

(7)

fase van die skool •••••••••••••••••••••••••••••••••• lOO 5.6

5.7

Oorkoepelende gevolgtrekkings en aanbevelings ••••••• 102 Slotwoord ••••••••••••••••••••••••••••••••••••••••••• 103

BRODBLYS ••••••

.

. .

.

. .

. .

.

.

.

. .

.

.

.

.

.

.

.

.

.

.

.

.

. . .

.

.

.

.

.

.

. .

.

.

.

••• 104 Bylae A •••••••••••••••••••••••••••••••••••••••••••••••••• 111 Bylae B •••••••••••••••••••••••••••••••••••••••••••••••••• 123 LYS VAB TABELLE

TABEL 2.1

Intelektuele vermoens van Philip Kushlick skool leerlinge.14 TABEL 5.1

(8)

BOOFSTUK 1 ORieNTERING, DOELSTELLINGS, ONDERSOEK 1.1 Orientering PROBLEEMBEREDENERING EN METODE, UITVOERBAARBEID EN -STELLING, PROGRAM VAN

Balans, relevansie, breedte, opeenvolging en kontinuiteit, asook differensiasie is kriteria wat die ontwerp van enige kurrikulum medebepaal (Namibie DNO, 1989:8). Weens die omvang wat navorsing oor al die genoemde kriteria sou aanneem, word daar vir die doel van hierdie navorsing slegs op relevansie en balans gekonsentreer.

Relevansie is 'n begrip wat dikwels sonder nadere omskrywing in opvoedkundige literatuur gebruik word. Dit sou dus nodig wees om relevansie as kriterium vir kurrikulumontwerp nader te omskryf. In die verband word dikwels verwys na die leefwereld van die leerling. Kruger (1980:137) stel dit dat die kurrikulum lewensrelevant moet wees.

Die kurrikulum moet nie aileen by die kind se leefwereld aansluiting vind nie, maar ook aan die kriterium van balans beantwoord (Namibia DNO, 1989:8). Die vraag is watter inhoude ingesluit (onderrig en geleer) behoort te word om balans in die lewe van die individuele leerder te verseker. Bierdie en ander aanverwante begrippe sal verder toegelig moet word.

Balans en relevansie as kriteria vir kurrikulumontwerp is des te meer belangrik vir serebraalgestremde persone, omdat hulle die nodige onderrig en leer moet ontvang om vir hulle 'n plek in die wereld van die volwassene te verseker. Daar sal ondersoek ingestel moet word na die soort vaardighede wat noodsaaklik in die lewe van die serebraalgestremde is om onafhanklik in die wereld van die volwassene te funksioneer.

(9)

Beroepsplasing as een van die belangrike aspekte van onafhanklikheid, sal derhalwe in oenskou geneem moet word. Wanneer beroepsgeleenthede vir swart serebraalgestremde leerlinge in oenskou geneem word, is die prentjie nie baie rooskleurig nie. Benewens fisiese gestremdhede, is daar velerlei ander probleme wat die serebraalgestremde persoon moet oorkom om vir werksplasing in aanmerking te kom. Sosiale onaanpasbaarheid, gebrek aan ondervinding, gebrekkige selfvertroue asook onrealistiese verwagtings van

die ouers, is van die enkele probleme wat deur Cohen (1980:514) uitgelig word. Safford (1985a:3916) stel dit dat gestremde persone dikwels as hulpeloos beskou word, wat gevolglik hulle kanse op indiensneming beperk. Werksgeleenthede bestaan tans uit beskermingswerksplekke, beskutte arbeid en selfhelpskemas waar gestremdes die

geleentheid gebied word om op kontraktuele basis verpakking te doen of aan die vervaardigingsbedryf en die ope arbeidsmark deel te he. Werksgeleenthede in die ope arbeids-mark word onder andere bemoeilik deur onkunde en vooroordeel aan die kant van die werkgewer. Die hoofverslag van die RGN -Werkkomitee (1989:72) stel dit dat werkgewers voorkeur verleen a an fisiekgestremdes teenoor serebraal- en gesigsgestremdes. Vervoer van die gestremde word onder andere ui tgelig as een van die wesenlike probleme waarmee

die werkgewer te kampe het.

Die gestremde ondervind self probleme om werk te kry as gevolg van onder andere kommunikasieprobleme en gebrekkige opleiding. Hierdie uitgangspunt word deur die RGN-Werkkomitee (1989:73) uitgewys. Die verslag stel dit ook dat

selfhelpskemas in landelike en stedelike swart gebiede feitlik net vir fisiekgestremdes voorsiening maak. Ander probleme wat deur die RGN-Werkkomitee (1989:66-71) uitgelig word, is die volgende:

(10)

(i) Geen voorsiening word in die beskermingswerksplekke vir loopbaanontwikkeling gemaak nie.

( ii) Geen vereistes word in beskermingswerksplekke gestel ten opsigte van kwalifikasies en vaardigbede nie.

(iii) Die meeste kontrakte is vir die korttermyn en nie

genoeg om meer gestremdes van werk te voorsien nie.

(iv) Die vaardigbeidspeil van die meeste aansoekers in selfbelpskemas wat op vervaardiging toegespits is, is nie na wense nie.

Voorgemelde is maar enkele van die problema waarmee die gestremde in die beroepswereld te kampe bet. Die RGN-Werkkomitee (1987:146-148) verklaar dat die opleiding van swart gestremde leerlinge vir die arbeidsmark van uiterste belang is. Die verslag toon verder dat opleiding van bierdie leerlinge in die algemeen nie daarin slaag om beroeps- en sosiale vaardigbede by leerders te ontwikkel en bulle te begelei tot inskakeling in die samelewing nie. Om die skool

in staat te stel om die serebraalgestremde leerling vir die beroepswereld voor te berei, sal die program van en kurrikulum vir onderrig oordeelkundig beplan moet word. In bierdie verband word onder andere gedink aan loopbaangerigte en beroepspesifieke onderwys wat verderaan bespreek sal word (kyk 3.2.7). Die Departement van Nasionale Opvoeding (1992:85) onderskryf die belangrikbeid van loopbaanonderwys in die algemene vorming van die leerder.

Die boofverslag van die RGN-Werkkomitee (1989:44-61) stel dit dat die kurrikula tans oorwegend akademies van aard is en dat daar te min opleidingsgeleentbede vir plasing in die arbeidsmark bestaan. Daar is 'n tendens in ontwikkelende lande om op akademiese kwalifikasies in teenstelling met praktiese vaardigbede te konsentreer (Baine, 1988:2). Die taak van die skool word verder bemoeilik deur die ongekoordineerde beplanning wat daar tussen die onderskeie

(11)

onderwysdepartemente ten opsigte onderwys bestaan (RGN, 1989:42-43).

van loopbaangerigte

In die lig van voorgemelde bevindinge wil dit dus voorkom of die serebraalgestremde persoon en in besonder die teikengroep, naamlik leerlinge van die Philip Kushlick skool in Soweto, tussen die ouderdomme 9 tot 13 jaar met middelmatige tot erg fisiese gestremdheid met die volgende probleme te kampe het: (i) onvoldoende gereedmaking in die skool vir die arbeidsveld; (ii) skakeling met die beroeps-wereld kom as onvoldoende voor; (iii) werksgeleenthede blyk onvoldoende te wees (kyk 1.4).

1.2 Probleemstelling

Uit voorgaande bespreking en konteksskepping kan die volgende probleemvrae gepostuleer word:

1.2.1 Wat behels relevansie en balans as kriteria in kurrikulumontwerp?

1. 2. 2 Wat is die kenmerke van die teikengroep en watter beroepsgeleenthede bestaan vir die swart serebraalgestremde leer ling?

1. 2. 3 Hoe sien die praktyk van die kurrikulum en vakkurrikula vir swart serebraalgestremde leerlinge tans daar uit en in watter mate beantwoord dit aan die kriteria vir relevansie en balans?

1.2.4 Indien die kurrikulum en vakkurrikula nie relevant en gebalanseerd is nie, op watter wyse moet daar herstruktureer word om aan die kriteria vir relevansie en balans te beantwoord?

1.3 Doel van die ondersoek

Die volgende doelstellings word vir die ondersoek gestel:

1.3.1 Om die betekenis van relevansie en balans as kriteria in kurrikulumontwerp te bestudeer.

(12)

1.3.2 Om die kenmerke van die swart serebraalgestremde leerling te bepaal en om beroepsgeleenthede vir die leerlinge oorsigtelik te beskryf.

1.3.3 Om die kurrikulum en in besonder die vakkurrikula van die swart serebraalgestremde leerling in die Philip Kushlick skool te evalueer en die relevansie en balans daarvan te bepaal.

1. 3. 4 Om aan te dui hoedat die bestaande kurrikulum en vakkurrikula vir swart serebraalgestremde leerlinge, indien nodig, herstruktureer kan word om aan die kri teria vir relevansie en balans te beantwoord.

1.4 Metode van ondersoek

Die bereiking van die eerste doelstelling sal nagestreef word deur 'n literatuurstudie oor relevansie en balans as kriteria in kurrikulumontwerp te doen. Nasionale en internasionale l i teratuur sal geraadpleeg word om makro-kriteria vir algemene onderwys en mikrokriteria vir beroepspesifieke onderwys daar te stel.

Om die tweede doelstelling te bereik, sal daar gebruik gemaak word van psigometriese data wat by die skool beskikbaar is en 'n literatuurstudie oor die fisiese en intellektuele vermoens en sosiale aanpasbaarheid van die serebraalgestremde leer ling. Alhoewel hierdie data hoofsaaklik by die Philip Kushlick skool bekom is, is dit uit onder andere die literatuurstudie duidelik dat hierdie data veralgemeenbaar is ten opsigte van soortgelyke skole vir serebraalgestremde leerlinge in Suid-Afrika. Beroepsmoontlikhede vir hierdie leerlinge

oorsigtelik ondersoek word. Onderhoude sal met

sal ook serebraal-gestremde persone wat in die bedryf staan en ander kundige persone in die beroepswereld gevoer word. Hierdie data mag betekenisvol bydra tot die ondersoek na beroepsmoontlikhede.

(13)

Die derde doelstelling sal bereik word deur die evaluering van die bestaande kurrikulum en sillabusse/vakkurrikula aan die hand van makro- en mikrokriteria.

Die vierde doelstelling sal bereik word deur gevolgtrekkings en aanbevelings te maak op grond van die evaluering van die kurrikulum en sillabussefvakkurrikula wat by die skool in gebruik is. Die aanbevelings wat uit hierdie evaluering voortspruit, kan ook op ander soortgelyke skole van toepassing gemaak word, aangesien die sillabusse vir gewone skole met enkele aanpassings ook by hierdie skole gevolg word.

1.5 Uitvoerbaarheid van die navorsing

1.5.1 Die navorser is hoof by die Philip Kushlick skool en gevolglik kan data maklik bekom word.

1. 5. 2 Verder is daar voldoende bronne beskikbaar om die navorsing moontlik te maak, omdat skrywers en navorsers verskeie publikasies oor die teikengroep die lig laat sien bet.

1.6 Program van ondersoek

Aan die hand van 'n literatuurstudie is daar in Boofstuk 1 'n aantal probleemvrae gestel, waarna die doelstellings vir die ondersoek, metode van ondersoek, uitvoerbaarheid van die navorsing en die program van ondersoek in oenskou geneem is. Die hoofstuk sal afgesluit word met 'n begripsomskrywing en samevatting.

In Hoofstuk 2 sal daar na aanleiding van 'n literatuurstudie 'n ontleding van die swart serebraalgestremde leer ling se intellektuele en fisiese vermoens, sosiale aanpasbaarheid en beroepsmoontlikhede gedoen word.

(14)

In Boofstuk 3 sal relevansie en balans as kriteria vir kurrikulumontwerp en evaluering deur middel van 'n literatuurstudie en onderhoude in oenskou geneem word.

In Boofstuk 4 sal evaluering van die kurrikulumpraktyk van swart serebraalgestremde leerlinge op grond van ontwerpte kriteria vir relevansie en balans gedoen word, deur gebruik te maak van inligting in tabelle en interpretasie van evalueringsdata.

In Boofstuk 5 sal daar gepoog word om riglyne vir die herstrukturering van sillabussefvakkurrikula vir leerlinge neer te le en om aanbevelings te doen. 1.7 Begripsomskrywing 'n kurrikulum en swart serebraal gevolgtrekkings gestremde te maak en

In die probleemvrae kom bepaalde begrippe/veranderlikes voor, waarvan die betekenis wesenlik is vir die navorsing. Dit is daarom noodsaaklik om die begrippe in hierdie hoofstuk kortliks te omskryf. Uit die probleemvrae kom die volgende begrippe na vore: kurrikulUDl (kurrikulUDlontwerp, sillabus, vakkurrikulUDl) en serebraalgestremdheid.

1.7.1 KurrikulUDl

Cornbleth {1990:6) stel dit dat 'n kurrikulum beplande leerervarings is wat aan leerlinge beskikbaar gestel word. Uit die verskeidenheid definisies kom die begrip leerervarings herhaaldelik na vore, soos blyk uit onder andere die navorsing van Connelly en Lantz (1985:1160). Lewy en Eden (1991:277) verklaar dat die begrip kurrikulUDl 'n ingeburgerde woord in die Engelse opvoedkundige literatuur is, terwyl die betekenis wat in ander Europese lande aan die begrip geheg word, meer met die begrip sillabus ooreenstem

(15)

("lehrplan" inDuits en "programme scholaire" in Frans). In Suid-Afrika word daar duidelik tussen kurrikulum en sillabus

onderskei. 'n Kurrikulum is, in teenstelling met 'n sillabus, nie 'n strak opgawe van inhoude nie~ inteendeel,

die kurrikulum moet daarop gerig wees om deur doelstellings, geskikte leerervarings, leergeleenthede en evaluering die geleentheid aan leerlinge te bied om "'n greep op die werklikheid te verkry" (Kruger, 1980:7). Bierdie werklikheid bestaan uit die geheel van kennis wat die bestaanswyses in of ervaringsterreine van die werklikheid insluit (Steyn, 1983:19).

Die werklikheid word ondersoek/bestudeer aan die hand van 'n kurrikulum, wat bestaan uit 'n aantal skoolvakke, ver-teenwoordigend van die bestaanswyses/ervaringsterreine in

die werklikheid.

1.7.2 Sillabus

Die RGN-Werkkomitee (1981:99) stel dit dat 'n sillabus 'n aanduiding is van die inhoud van 'n vak, wat 'n samevatting

is van die temas van 'n bepaalde vakgebied en toepaslik is op 'n bepaalde ontwikkelingsvlak van die leerlinge, met gepaardgaande tydsindeling. Carl, Volscenk en Franken (1988:22) brei hierop uit, wanneer bulle verklaar dat 'n sillabus kerninhoude bevat, met oorkoepelende vakdoelstellings. Uit voorgemelde omskrywing is dit dus

duidelik dat daar aan 'n dokument gedink word, terwyl 'n kurrikulum en vakkurrikulum veel meer is as 'n dokument.

1.7.3 Vakkurrikulum

Carl, Volscenk en Franken (1988:23) stel dit dat 'n vakkurrikulum meer as 'n sillabus is, deur die toevoeging van meer besonderhede aangaande onder andere evalueringsprosedures, onderwysmedia en onderwysmetodes.

(16)

Namibia se Departement van Nasionale Opvoeding (1989:6) konstateer dat 'n vakkurrikulum geselekteerde kennis, vaardighede en gesindhede is, wat vir 'n besondere skoolvak in leerinhoude saamgevat word. Besonderhede soos onder andere voorskrifte en riglyne vir onderrig en evaluering, vorm deel van 'n vakkurrikulum. Die verklaring vir die begrip vakkurrikulum word afgesluit met die definisie van Steyn (1983:19), wat verklaar dat "'n vakkurrikulum die geheel van kennis op een afgebakende kennisterrein is, wat deur die leerder bemeester moet word aan die hand van voorafgestelde doelstellings".

Skoolvakke word aan die hand van vakkurrikula/sillabusse bestudeer met die oog op die algemene vorming van die leerder. Die begrippe sillabusfvakkurrikulum word as parallelle gebruik, vanwee verskeie ooreenkomste (kyk 4.1).

1.7.4 Serebraalgestremde (kyk ook 2.2, waar die begrip verder omlyn word)

Serebraalgestremdheid of neuraalgestremdheid as al ternatiewe vorm is terme wat gebruik word om persone te identifiseer wat liggaamlike gestremdheid toon as gevolg van beskadiging van die brein. Scherzer en Tscharnuter (1982:12) stel dit dat breinbeskadiging, wat genetiese afwykings insluit voor of tydens geboorte, na geboorte of in die latere lewe, kan plaasvind. Gedurende geboorte vind breinskade plaas, hoofsaaklik as gevolg van onder andere die aanwending van instrumente tydens geboorte, obstruksie of verstrengeling deur die naelstring. Die hoofoorsaak kan teruggevoer word na

Motorongelukke is breinbeskadiging.

'n gebrek aan suurstof na die brein. onder andere 'n groot oorsaak van

Liggaamlike gestremdheid is slegs 'n manifestasie van breinskade en dikwels tree aanverwante problema na vore.

(17)

Safford per soon voorkoms probleme. (1985a:659) verklaar meervoudig gestremd van intellektuele, 1.8 Samevatting

dat die serebraalgestremde

is, as gevolg van die hoe sensoriese en perseptuele

In hierdie hoofstuk is die probleme waarmee die serebraal-gestremde leerder in die beroepswereld te kampe het oorsigtelik beskou. 'n Aantal doelstellings is vir die ondersoek gestel om die probleme in oenskou te neem en om moontlike aanbevelings te maak.

daar onder andere besin word vakkurrikula van die leerders.

In hierdie ondersoek oor die kurrikulum

sal en

Die skool het 'n taak om toe te sien dat die program van onderrig relevant en gebalanseerd sal wees om die serebraal-gestremde leerling gereed te maak vir 'n lewe na formele skoolonderrig, veral ten opsigte van die beroepswereld. Alvorens kriteria vir relevansie en balans daargestel word, sal daar in Hoofstuk 2 besin moet word oor die serebraal-gestremde leerling se fisiese probleme en intellektuele vermoens, asook beroepsgeleenthede, aangesien hierdie aspekte die kriteria vir relevansie en balans medebepaal.

(18)

BOOFSTUK 2

'n ANALISE VAN DIE SEREBRAALGESTREMDE LEERLING SE INTELLEKTUELE EN FISIESE VERMOeNS, SOSIALE AANPASBAARHEID EN BEROEPSGELEENTHEDE

2.1 Inleiding

Om 'n beter begrip te kan vorm van waartoe die swart serebraalgestremde leerling in staat is, is dit nodig om te besin oor die probleme waarmee bulle te kampe het. 'n Analise van serebraalgestremdheid aan die hand van 'n fisiologiese klassifikasie, sosiale, emosionele en intellektuele vermoens kan as vertrekpunt gebruik word in

die daarstelling van 'n program van opvoeding en riglyne

vir moontlike beroepskeuses.

Om 'n analise van serebraalgestremdheid te kan maak, is 'n klassifikasiestelsel 'n uiters bruikbare instrument. 'n Groot verskeidenheid klassifikasiestelsels kom in die literatuur voor. Die klassifikasiestelsel wat meer algemeen gebruik word, is 'n fisiologiese klassifikasie wat onder andere deur Safford (198Sb:659) weergegee word. Daar is hiervolgens verskeie vorme van serebraalgestremdheid. Die hoofvorme is spastisiteit,

atetose, ataksie en gemengde tipes. Rigiditeit, tremor en atonie se voorkomssyfer is baie laag en word vir die doel van hierdie bespreking buite rekening gelaat.

In hierdie hoofstuk sal daar besin word oor die drie hoofvorme van intellektuele serebraalgestremdheid, vermoens, sosiale beroepsgeleenthede. met gepaardgaande aanpasbaarheid en

(19)

2.2 Die beskrywing en voorkoms van die drie boofvorme van serebraalgestremdbeid

2.2.1 Spastisiteit

2.2.1.1 Algemene voorkoms en beskrywing

Die toestand wat bekend staan as spastisiteit word dikwels

Denhoff

gekenmerk deur oordrewe spiersametrekkings. (1980:31-48) verklaar dat daar verhoogde spiertonus in die spastiese spiere aanwesig is met gepaardgaande swakheid in die teenoorstaande spiere.

Hierdie disharmoniese spieraktiwiteit is toe te skryf aan

die beskadiging van die motoriese areas van die brein.

Die beskadiging van die linker- of regterhelfte van die brein sal bepaal of 'n leerling 'n regter- of linkerhemipleeg is.

'n Hemipleeg is iemand wie se linker- of regterhelfte van

die liggaam duidelik aangetas is. Die hakskeen van die aangetaste been is opgetrek, sodat die persoon geneig is om op sy tone te loop. Alhoewel die loopgang hierdeur bemoeilik word, is daar sommige leerlinge wat so goed by

die gebrek aanpas dat bulle aan sekere sportsoorte kan deelneem. Die arm van die aangetaste gedeelte van die liggaam is ingetrek met 'n hand en polsgewrig wat slap voorkom. Die greep van die geaffekteerde hand word sodanig bei.nvloed dat leerlinge se handvaardighede bei.nvloed word. Botha (1980:127-128) verklaar dat 'n tipiese skerloopgang op te merk is.

Die skrywer vergelyk die fleksie by die polsgewrig en elmboog waar die voorarm styf opgetrek is teen die bo-arm met 'n toegemaakte knipmes: "Wat verder onderskei word 1

is die sogenaamde serebrale duim, waar die duim in die palm van die hand gevou is, met die vingers daaroor geklem."

(20)

Afgesien van hemiplegie kom diplegie en kwadriplegie ook voor. By diplegie is albei kante van die liggaam aangetas en by kwadriplegie al vier ledemate. Spastisiteit is die hoofvorm van serebraalgestremdheid met 'n voorkomssyfer van so hoog as 75% (Botha, 1980:127).

2.2.1.2 Die voorkoms van spastisiteit by leerlinge van die Philip Kushlick skool

'n Opname van die teikengroep bet aangetoon dat 76% (vyf en veertig) van die leerlinge spasties is, waarvan sewe en twintig (46%) hemipliee, ses (10%) kwadripliee en twaalf ( 20%) dipliee is ( kyk Tabel 2.1) • Die oorgrote meerderheid leerlinge val dus binne die klassifikasie van spastisiteit, waarvan die meeste hemipliee is.

2.2.2 At.et.ose

2.2.2.1 Voorkoms en beskrywing

'n Duidelike kenmerk van die atetoot is onwillekeurige spierbewegings wat normale spierfunksie belemmer; gevolglik word die doelgerigte gebruik van die ledemate verhinder. veroorsaak Die onwillekeurige vertrekte gelaatstrekke. spiersametrekkings Die tong- en keelspiere word ook deur hierdie spiersametrekkings aangetas, waardeur spraak en slukbewegings gestrem word. Verskeie van hierdie leerlinge is op rystoele aangewese vir voortbeweging. Botha (1980:128) verklaar dat die onwillekeurige bewegings van die gelaat, die tong en die keel 'n inhiberende invloed bet op spraak, kou- en slukbewegings. Voeding, sit- en loopbewegings word bemoeilik deur die onbeheerde bewegings. Spanning en

(21)

SPASTISITEIT ATETOSE ATETOSE

+

ATAKSIE GROOT

SPASTISITEIT TOTAAL

I.K VER- HEMI- KWADRI-

01-SPREIDING PLI Ee PLIEe PLIEe TOT. % AANTAL % AANTAL % AANTAL % N % L R % L R % % 110-119 1 1,7 1 100-109 1 1 2 3,4 2 3 5 90-99 2 2 3,4 1 1,7 2 3,4 5 8 80-89 4 5 1 1 11 18,9 2 3,4 13 22 70-79 4 4 1 3 12 20,6 2 3,4 1 1,7 15 25 60-69 4 4 4 12 20,6 2 3,4 1 1,7 2 3,4 17 50-59 2 1 3 5,1 3 23 38 40-49 1 1 2 3,4 2 30-39 1 1 1,7 1 TOTAAL 12 15 (46) 6 (10) 12 (20) 45 (76) 8 (13) 3 (5) 3 (5) N=59

(22)

emosionele toestande laat dikwels die probleem vererger, terwyl daar volkome ontspanning gedurende slaap is.

Atetose word veroorsaak deur beskadiging van die basale gang lee. Scherzer en Tscharnuter ( 1982:14) verklaar dat minder as 10% van die kinders met serebrale gestremdheid atetote is.

2.2.2.2 Voorkoms van atetose by leerlinge van die Philip Kushlick skoal

Uit die teikengroep van nege en vyftig leerlinge was daar agt leerlinge (13%) wat atetoties was en 'n verdere drie (5%) waar atetose sowel as spastisiteit aanwesig was (kyk Tabel 2.1).

2.2.3 Ataksie

2.2.3.1 Voorkoms en beskrywing

By leerlinge met ataksie is daar 'n gebrek aan koordinasie, wat aan die beskadiging van die serebellum toegeskryf kan word. 'n Kenmerk van ataksie is 'n steurende loopgang met wydgeplante bene en bakgemaakte arms om vir die gebrek aan koordinasie te kompenseer. Die leerlinge beweeg dikwels behendig op driewiele.

Botha ( 1980:129) verklaar dat ataksie die gevolg is van beskadiging van die serebellum en dat die hoofkenmerk swak koordinasie is. Die swak koordinasie word toegeskryf aan versteurings van balans, houding en kinestetiese terugvoerprosesse. Die spiere van die ataksiese persoon is normaal in die sin dat daar nie spastisiteit of onwillekeurige bewegings aanwesig is nie. Die gebrekkige koordinasie word gekenmerk deur lompheid en wanbalans, waardeur die oogspiere aangetas en lees bemoeilik word. 'n Verdere kenmerk is tipiese slepende

(23)

spraak. Ataksie is redelik skaars onder serebraalgestremde leerlinge.

2.2.3.2 Die voorkoms van ataksie by leerlinge van die Philip Kushlick skool

Ui t die groep van nege en vyftig was daar slegs drie leerlinge ( 5%) met ataksie ( kyk Tabel 2. 1) • Wanneer 'n fisiologiese klassifikasie gedoen word, blyk dit duidelik dat 'n groot aantal serebraalgestremde leerlinge aan fisiese beperkinge onderworpe is.

2.3 Intellektuele, sosiale en emosionele probleme van serebraalgestremde leerlinge

Gepaard met fisiese beperkinge bet breinbeserings ook 'n nadelige invloed op die ontwikkeling van die intellek.

Bevindinge in Engeland van Bowley en Gardner { 1972:910) bet aangetoon dat tussen 40-50% serebraalgestremde persone 'n subnormale intelligensie bet (0-49 IK).

Ongeveer 47% val binne 'n normale

intelligensieverspreiding van 75-115 IK en 6% binne 'n boer intelligensieverspreiding (IK:115+). Sedert 1982 is daar by die Philip Kushlick skool van verskeie psigometriese toetse gebruik gemaak, onder andere: Ravens Progressive Matrices, Herril Palmer, en die Hew South African Individual Scale, in 'n poging om die

intellektuele vermoens van die leerlinge te bepaal. Die Ravens wat in Engeland ontwikkel is, is vera! geskik vir fisies gestremde leerlinge aangesien kleure gebruik word om verbale vermoens te tC\ets. Die doel met die Herril

Palmer-toets, wat in . die V S A ontwikkel is, is die vasstelling van leerlinge se oog-hand-koordinasie, asook verbale en nieverbale probleemoplossing.

(24)

Die NSAIS 1 wat in Suid-Afrika ontwikkel is

gebruik word, kan saam met voorgemelde toetse gebruik word om 'n redelike

en algemeen psigometriese beeld van serebraalgestremde leerlinge se intellektuele vermoens te verkry. Waarnemings en toetse deur klasonderwysers het in 'n groot mate hierdie bevindinge van die sielkundige bevestig.

Bierdie bevindinge word soos volg in Tabel 2.1 weergegee: ( i) Dertien ( 22%) van die nege en vyftig leerlinge val binne die I.K.-verspreiding 80-89, waarvan 11 (18,9%) spasties is. (ii) Drie en twintig (38%) van die nege en vyftig leerlinge se I.K. is minder as 69. (iii) Drie (5%) van die leerlinge se I.K. val binne die 100-119 verspreiding. (iv) Vyftien (25%) van die leerlinge se I.K. val binne die 70-79 verspreiding. Uit die tabel blyk dit duidelik dat die grootste groep leerlinge, naamlik vyf en veertig (75%) as spasties geklassifiseer kan word. Navorsing in die VSA deur Cruikshank, et; al. (1980:100) het ook aangetoon dat die grootste groep leerlinge as spasties geklassifiseer kan word, naamlik vyfhonderd twee en twintig (52%) uit 'n totaal van eenduisend. Bulle stel verder dat agt en sestig ( 13%) van die leerlinge binne die I.K.-verspreiding 70-79 val.

Benewens fisiese en intellektuele gestremdhede is daar ander sekondere gestremdhede soos onder andere epilepsie, visuele, gehoor-, en spraakprobleme wat 'n invloed op leerlinge se vordering het. Bowley en Gardner (1972:7-9) verklaar dat epilepsie by 25-35% serebraalgestremdes voorkom en dat fisieke defekte, gedeeltelike gehoorverlies en spraakprobleme dikwels aanwesig is. Bierdie veelvuldige gestremdhede bring mee dat die serebraalgestremde persoon probleme ondervind in sy interaksie met ander lede van die gemeenskap. Cruikshank, et; al. (1980:125-131) verklaar: "The present writers would hypothetize that as the degree of severity

(25)

of visible physical disability increases, the scope of personality characteristics and their degree of psychological severity increase." Bulle stel verder dat die serebraalgestremde persoon in sy sosiale opset vasgevang is in 'n tweeledige situasie, naamlik: (i) die sosiale opset binne die gemeenskap waar ouers, onderwysers en vriende deur hul optrede op 'n bepaalde wyse met die gestremde sosialiseer; en (ii) sy eie sosiale selfkonsep. Die serebraalgestremde is dikwels gefrusteerd en aggressief ook op grond daarvan dat hy noodsaaklike vaardighede nie kan bemeester nie. Hierdie frustrasie neem toe wanneer dit kom by beroepskeuses en die begin van 'n eie huishouding. Terapie verhoog die leerling se aggressie en word soos volg deur Cruikshank, et al. ( 1990:129) omskryf: "Some parents have expressed

the opinion that temper displays really begin when therapy starts. This may be the result not only of the part that the therapy programme is physically tiring, but also that during therapy the child is 'forced' to perform in ways which are basically distasteful to him."

As gevolg van veelvuldige gestremdhede is die serebraal-gestremde persoon se behoefte aan steun dus groter as ander lede van die samelewing. Die skool het hierin 'n vername rol te vervul, naamlik waar die fisio-, spraak-en arbeidsterapeut, asook kinderarts, sielkundige en onderwyser alma! kan meewerk om die kind 'n plek in die samelewing te verseker. In 'n verslag van die

RGN-Werkkomitee (1997:103) word verklaar dat die serebraalgestremde persoon gelei moet word tot 'n sinvolle bestaanswyse, wat gekenmerk word deur "verantwoordelikheid,

lewensopvatting."

normidentifikasie en 'n eie

(26)

2.4 Samevatting en vooruitskouing

Uit voorgaande paragrawe is dit dus duidelik dat die serebraalgestremde persoon aan intellektuele, sosiale, fisiese en emosionele gestremdbede onderworpe is.

Onlangse bevindinge van die werkevalueringseenbeid in

Hillbrow bet aangetoon dat ses skoolverlaters van die Philip Kusblick skool in 'n beskermde werksomgewing geplaas kon word. Die volgende vaardigbede is ook getoets: lewens-, sosiale, fisiese en werksvaardighede, asook motivering, uithouvermoe en werkgewoontes. Die volgende tekortkominge bet aan die lig gekom: gebrekkige

veral ten opsigte van

koiii1Dunikasie,

gebruikstaal, werkingesteldheid,

Engels as

toegespitste beroepsvaardighede, lewensvaardigbede en tempo waarteen die werk afgehandel is. Teen voorgaande agtergrond sal daar gepoog word om 'n aantal moontlike beroepe vir die serebraal gestremde toe te lig.

2.5 Beroepsgeleenthede

2.5.1 Orientering

Fisiese gestremdbede en intellektuele vermoens tesame met die ekonomiese klimaat van 'n land sal in 'n groot mate

die werksgeleentbede van medebepaal. Sillanpaa et al.

die serebraalgestremde (1982:468-467) verklaar na aanleiding van navorsing in Finland dat werksgeleentbede

gunstiger blyk te wees vir spastiese persone en minder gunstig vir die ataksiegroep. Van die ses en tagtig proefpersone was agt en sestig (79%) spasties. Tien van die persone of 12%, was in die ope arbeidsmark werksaam.

Dertien persone (15%) kon werk, maar is nie geplaas nie. Van die totale aantal proefpersone bet 15% dit moeilik gevind om albei bande te gebruik. Sewe en sestig ( 78%) van die proefpersone bet benewens fisiese gestremdbede

(27)

ook sekondere gestremdhede getoon. Bogemelde data toon 'n bemoedigende tendens ten opsigte van die spastiese groep. Ten spyte van fisiese en ander gestremdhede kon 12% van die proefpersone in die ope arbeidsmark geplaas word. Alhoewel voorgaande navorsingsresultate nie noodwendig wyer veralgemeenbaar is nie, toon Engelbrecht (RGN, 1989:17) vergelykbare syfers. Uit 'n totaal van 26 954 bet 4492 ( 16%) swart serebraalgestremde persone in 1985 betrekkinge in die beroepsmilieu beklee.

Alhoewel die minderheid van serebraalgestremde persone dus in die ope arbeidsmark geplaas kan word, kan 'n gesamentlike poging van skool en gemeenskap moontlik verseker dat die swart serebraalgestremde persoon iewers in 'n toepaslike werksituasie tereg kom. Die skool bet 'n taak om toe te sien dat relevansie en balans vir kurrikulumontwerp nagestreef word om vir die leerling 'n plek in die arbeidsmark te verseker.

Rossouw (1976:207) verklaar dat 'n ontleding van die arbeidsmark drie vorme daarvan onderskei, naamlik: die ope arbeidsmark, beskutte en gesubsidieerde arbeid, asook beskermde arbeid.

In die volgende paragrawe sal daar besin word oor beskermingswerksplekke, asook die ope arbeidsmark.

2.5.2 Beskermingswerksplekke

Gesubsidieerde en beskermde arbeid word vir die doel van hierdie bespreking onder die opskrif beskermingswerksplekke geklassifiseer, aangesien beide groepe in 'n beskutte omgewing werk.

Beskutte arbeid vind plaas in fabrieke en werkswinkels. Die Departement van Mannekrag bied 'n gesubsidieerde arbeidskema aan. Twee leerlinge van die Philip Kuschlik

(28)

skoal is reeds deur voorgenoemde Departement in 'n werksituasie geplaas, waarvan een na 'n jaar steeds in diens is. Beskermingswerksplekke bied aan die

serebraalgestremde persoon die geleentheid om onder toesig, met die nodige leiding en hulpverlening te werk. Werkswinkels vir beskutte arbeid skep werksgeleenthede vir gestremdes wat nie in die ope arbeidsmark geplaas kan word nie. Die gestremde word oak die geleentheid gebied om 'n eie salaris te verdien, met gepaardgaande uitbouing van selfrespek en verbetering van sosiale verhoudinge. Cohen ( 1980:523-524) verklaar dat werkswinkels vir beskutte arbeid op die langtermyn werksgeleenthede vir gestremdes skep.

2.5.3 Ope arbeidsmark

In 'n ondersoek na werksmoontlikhede vir die serebraalgestremde persoon in die ope arbeidsmark is dit duidelik dat daar 'n aantal probleme is waaraan dringend aandag geskenk moet word. Vervoer is maar een van die probleme wat na vore kom. Aan die eise wat die werkgewer stel, kan oak nie altyd beantwoord word nie. In 'n onderhoud met mev. A. van der Merwe, 'n dame met serebraalgestremdheid (1991), verbonde aan die Vereniging vir Serebraal Gestremdes, het dit geblyk dat die werk dikwels behartig kan word, maar dat die tempo waarteen

die werk geskied, dikwels nie tot die bevrediging van die werkgewer is nie.

Nieteenstaande verskeie probleme wil dit voorkom of daar wereldwyd 'n verandering in die benadering tot beroepsbeoefening plaasvind, omdat inligting in toenemendemate 'n belangrike rol daarin vervul. In hierdie verband word spesifiek verwys na inligtingstegnologie wat aan die gestremde persoon die geleentheid bied om vanuit 'n sentrale plek, waar hy oak

(29)

kan inwoon, sy werk te kan verrig. Verskeie problema, waaronder onder andere vervoer word hierdeur opgelos.

2.5.4 Inligtingstegnologie

In ontwikkelde lande soos die V S A, Japan en Duitsland is daar 'n verskuiwing van 'n industriele ekonomie na 'n ekonomie waar wel vaart grootliks op inligtingsverwerwing en -verskaffing gebaseer is.

Dizard ( 1982:2-5) verklaar dat die V S A in 'n inligtingstydperk inbeweeg waar die voortbrenging, opgaar en verspreiding van inligting 'n sentrale plek sal inneem. Ryder ( 1989:31) sluit hierby aan wanneer hy verklaar: "Information is seen as a resource of the next decade. The quicker you get access to i t the better, for information is power. " In 'n inligtingsentrum is die werksaktiwiteite in hoofsaak gelokaliseer, wat meebring dat die serebraalgestremde p~rsoon nie baie hoef rend te beweeg nie. Sy woonplek kan ook sy werkplek word.

Bierdie stalling word deur Du Preez (1986:146) onderskryf. Vir di~ . voortbring, opgaar en kommunikering van inligting speel die rekenaar 'n baie belangrike rol. In 'n publikasie van "The Vocational Studies Centre, School of Education", University of Wisconsin - Madison (1987:9-10) word 'n rekenaarmaatskappy, wat deur twintig serebraalgestremdes bedryf en bestuur word, beskryf. Die werk behels die bantering van massapos, bemarking, boekhouding en salarisadvies vir die Compute-Able Maatskappy in die V S A. Die werk is uiters geskik vir serebraalgestremde persone met fisiese

hulle nie nodig het om rend te beweeg

gebreke, omdat nie. Die werk vereis die gebruik van die woordverwerker, die lees van eenvoudige werkstukkies, akkurate kopiering en die invul van vorms.

(30)

Alle serebraalgestremdes sal egter nie in die inligtings-veld tereg kan kom nie; gevolglik sal ander beroepsmoont-likhede in oenskou geneem moet word.

2.5.5 ADder beroepe

Die tiende jaarverslag van die Vereniging van Erg Gestrem-des van die V S A se Departement van Onderwys ( 1983:6-10), toon dat mikroverfilming, rekenaarvaardighede en klerklike werk moontlikhede vir die serebraalgestremde inhou. Hierdie sienswyse word ondersteun deur 'n verslag van 'n kommissie oor menseregte wat in die V S A (1983) ter tafel gele is.

Die kommissie het bevind dat voorgenoemde beroepe geskik is vir liggaamlike gestremdes, omdat persone wat mikro-verfilming doen, nie nodig het om rond te beweeg nie. Motoriese vaardighede kon deur 'n individu wat die gebruik van een of beide hande het, bemeester word. 'n Derde oorweging was dat gestremde persone in die verlede suksesvol was met mikroverfilming.

'n Publikasie van " The Vocational Studies Centre, School of Education, University of Wisconsin - Madison" (1986:44 en 135-136) het aangetoon dat daar verskeie ander beroepsmoontlikhede vir die serebraalgestremde bestaan. Die werk wat hier uitgelig word, is 'n bootskoonmaakbesigheid, naamlik "The Stepping Stones Company. " Die werk behels die skoonmaak van bote ( binne en bui te) , vernia, olie en versorging van die houtwerkgedeeltes, asook verkryging van voorrade en toerusting.

Die soort werk is geskik bevind vir serebraalgestremde persone, aangesien die fisiese vereistes 80% ligte werk behels. Die werksomstandighede kan beskryf word as soms beknopte ruimtes, hitte, koue en die hantering van

(31)

chemikaliee. Die werk self vereis die voltooiing van vorms, die lees van eenvoudige instruksies en handvaardigheid. Die verslag toon verder dat die werk van projekbeamptes in die onderskeie Departemente van Onderwys ook uiters geskik is vir die serebraalgestremde persoon. Werknemers doen beplanning.en voorbereiding van programme vir die gestremde. Die werk vereis verder 'n kennis van Standaardengels en 'n leesbegrip van tegniese inligting. Kommunikasie word vereis in luister, duidelik praat en korrekte terugrapportering. Voorgenoemde is maar enkele voorbeelde van beroepsmoontlikhede in 'n hoogs van die V S A. Die tegnologiese ekonomie soos die

uitlig van hierdie moontlikhede agtergrond tot werksgeleenthede persone in die RSA te verkry.

is 'n poging om 'n breer vir serebraalgestremde

Daar rus 'n taak op die skouers van serebraalgestremdes in Suid-Afrika om arbeidsmark te ontgin, ten einde vas

skole vir swart die plaaslike te stel watter beroepsvoorbereidingsprogramme gevolg moet word en om kurrikula daar te stel wat met betrekking tot die eise van toepaslike beroepsmilieus relevant is. Verder moet die kurrikulum die moontlikhede besit om die serebraalgestremde gebalanseerd te vorm en dus toe te rus vir sy lewenstaak.

2.6 Samevatting

Ui t 'n studie van die swart serebraalgestremde blyk di t duidelik dat hierdie persone aan fisiese en soms intellektuele gestremdhede onderhewig is. Hierdie en ander gepaardgaande gestremdhede maak aanpassing in die samelewing veel moeiliker en vernou die arbeidsveld. Nietemin moet die skool alles in sy vermoe doen om die leerlinge voor te berei vir

skoolonderrig.

(32)

Bierdie voorbereiding moet relevant en gebalanseerd wees vir elke individuele leerder. Die vraag kan gevra word na kennis, vaardighede en gesindhede wat ingeslui t behoort te word in 'n program van onderrig. Bieraan sal aandag verleen word in Boofstuk 3, waar daar besin sal word oor kriteria vir relevansie en balans in 'n toepaslike kurrikulum vir die serebraalgestremde leerling. In 'n ondersoek na beroepsgeleenthede vir die serebraalgestremde kom daar 'n aantal lewensbelangrike vaardighede na vore wat noodsaaklik is in die samelewing en lewens van individuele leerders.

Uit voorgaande hoofstuk blyk dit duidelik dat die

oorgrote meerderheid serebraalgestremde leerlinge as vroee skoolverlaters beskou moet word (kyk 2.3). Bevindinge in Boofstuk 2 toon dat ongeveer 6% serebraalgestremde leerlinge wel die vermoe het om tot sekondere en selfs tersiere vlak te vorder. Die kurrikulum moet vir beide groepe voorsiening maak. Basiese vorming moet steeds as grondslag dien vir al

hierdie leerlinge (Meers, 1985:5475).

Met basiese vorming as uitgangspunt sal daar gepoog word om kriteria vir die

kurrikulum daar te stel.

evaluering van die huidige Op hierdie stadium sal in 'n oorsig verwys word na enkele vaardighede en gesindhede wat op die serebraalgestremde leerling van toepassing gemaak kan word.

- Vaardighede

Vir die vroee skoolverlater sou beroepsvoorbereiding, waaronder algemene en toegespitste beroepsvaardighede van besondere belang wees. Beroepsvoorbereiding vir die

serebraalgestremde het in die verlede min aandag geniet (Pietruski, 1983:5). In die lig hiervan is dit dus noodsaaklik dat serebraalgestremde leerlinge onderrig ontvang in spesifieke en algemene beroepsvaardighede,

(33)

asook lewensvaardighede, 1985:17). Wehman et al.

wat rekreasie insluit (Misawa, (1985:27) konstateer dat hierdie vaardighede nie op 1 n lukrake wyse geselekteer kan word

nie, maar dat daar tred gehou word met werksgeleenthede

in die samelewing. Daar sal gepoog Boofstuk 3 verder blyk dit ook

word om hierdie basiese vorming in

toe te lig. Uit die voorgaande hoofstuk duidelik dat kommunikasie en lewensvaardighede van uiterste belang is in die lewe van die serebraalgestremde leer ling. Inligtingstegnologie veronderstel 1 n basiese kennis van rekenaarvaardighede,

wat 1n nuwe veld vir die serebraalgestremde persoon skep.

Die volgende vaardighede spruit onder andere hieruit voort (kyk ook 3.2.6):

(i) Basiese beroepsvaardighede.

(ii) Toegespitste beroepsvaardighede.

(iii) Lewensvaardighede, waaronder persoonlike en sosiale vaardighede.

(iv) Kommunikasievaardighede. (v) Rekenaarvaardighede.

- Ingesteldheid (gesindhede)

(i) Werksingesteldheid.

(ii) Sosiale ingesteldheid tot die gemeenskap.

Voorgemelde kennis, vaardighede en gesindhede behoort die

posisie van serebraalgestremde persone te verstewig om sodoende 'n plek in die beroepswereld te verseker. Met

die nodige leiding kan die serebraalgestremde persoon tot sy reg kom (ISMRRD, 1981:2). In die volgende hoofstuk sal daar dus besin word oor kriteria vir relevansie en balans, wat in voorgaande paragrawe reeds aangeraak is.

(34)

BOOFSTUK 3

RELEVANSIE EN BALANS AS KRITERIA VIR KURRIKULUMONTWERP EN -EVALUERING

3.1 Inleiding

In Hoofstuk 1 is daar gewys op die belangrikheid yan balans, relevansie, breedte,

differensiasie as kurrikulum (kyk 1)

opeenvolging en kontinul.teit, asook kriteria in die ontwerp van enige ( Namibia DNO, 1989:8). Vir die doel van hierdie studie word daar op relevansie en balans gekonsentreer. Die redes hiervoor is alreeds in Hoofstuk 1 vervat (kyk 1). In die paragrawe wat hierop volg, sal daar gepoog word om die begrippe relevansie en balans nader te omskryf. Verder sal die kontekste waarbinne relevansie en balans ter sprake mag kom beskryf word. Die kennis, vaardighede en gesindhede wat die individu benodig vir die uitoefening van bepaalde rolle binne die samclewing en spesifiek vir die beroepswereld sal die nodige aandag geniet. Hierna sal kriteria vir die evaluering van makro-inhoud, asook mikrokriteria vir die beroepswereld in oenskou geneem word.

3.2 Relevansie en balans

3.2.1 Orientering en begripsomskrywing

Die HAT (1976:693) verklaar dat relevansie betrekking het op dit wat ter sake is. In die skool word daar opgevoed aan die hand van bepaalde inhoude. Die vraag kan gevra word of hierdie inhoude ter sake is. Indien die inhoude ter sake is, kan gevra word in watter verband die inhoude ter sake of relevant is. Steyn (1983:60-61) verklaar dat die

kurrikulumkundige moet bepaal watter kennis, vaardighede en gesindhede leerlinge in die ouerhuis en ander sekondere opvoedingsmilieus behoort te verwerf, waarna hy 'n

(35)

lewensrelevante kurrikulum daar kan stel. Kruger (1980:137) konstateer dat "die realiteite van die lewe self" in die

kurrikulum beslag moet vind. Taylor ( 1981:130) verwys in hierdie verband na "funksionele kennis". Anders gestel, word

daar in 'n moderne tydvak gevra na die bruikbaarheid van

kennis wat veral op die beroepswereld toegespits is.

Wanneer dit by balans kom konstateer Van der Stoep en Louw (1987:50) dat in 'n didaktiese situasie ewewig gehandhaaf

moet word ten opsigte van tyd en inhoud. Die stelling is ook

waar wanneer tyd en inhoud in kurrikulumontwerp in oenskou

geneem word. MClure ( 1985:1144) stel dit dat balans ten nouste saamhang met tyd en beklemtoon dit in die volgende

woorde: "Time is the major characteristic used to determine curriculum balance." Namibia se Departement van Nasionale Opvoeding (1989:10) onderskryf hierdie stelling wanneer

bulle verklaar dat op die vlak van implementering, toedeling

van tyd onder andere in berekening gebring moet word (kyk

3.2.5).

Die skooldag bestaan slegs ui t 'n aantal skoolure, wat maksimaal benut moet word en gevolglik moet die

kurrikulumkundige besin oor die tyd wat aan bepaalde aspekte

van die kurrikulum afgestaan word.

Wanneer relevansie en balans ter sprake begrippe samelewing en individu

kom, kom die

dikwels in

kurrikulumontwikkeling na vore. Basson ( 1989:1) verwys in hierdie verband na determinante wat "bepalend kan wees vir die ontwikkeling van 'n kurrikulum." Hierdie determinante

sluit onder andere in: eise en behoeftes van die samelewing

en die behoeftes van die individu (kyk ook 3.2.6). In die lig hiervan sal daar in die volgende paragrawe besin word

oor die begrippe samelewing en individu. Beide begrippe het

betrekking op relevansie en balans en sal dus gelntegreerd behandel word.

(36)

3.2.2 Individu en samelewing

Inhoud hang ten nouste saam met die behoeftes en eise van die samelewing en die individu. Wheeler (1983:159) stel dit soos volg: "The whole problem of balance arises from two sources: the developmental needs of the child and the demands of his society." 'n Skeefgetrekte kurrikulum waarin daar nie sprake van balans is nie, kan byvoorbeeld die gerigtheid op die behoeftes 6f van die samelewing 6f van die leerder eensydig beklemtoon. Kelly (1982:241-242) konstateer dat daar 'n balans moet wees tussen die behoeftes van die individu en die samelewing waartoe hy behoort (kyk 3.2.6).

Rossouw { 1989:3) gebruik die term maatskaplike relevansie

wanneer hy na kennis, vaardighede en gesindhede verwys wat deur die samelewing benut kan word. Di t gaan dus om die funksionele karakter van kennis, vaardighede en gesindhede vir die bruikbaarheid en toepasbaarheid daarvan in die samelewing. Sommige outeurs plaas 'n hoe premie op relevansie in samelewingsverband. Wiles en Bondi (1984:140)

stel die eise van relevansie en betekenisvolheid aan die kurrikulum. Vir die kurrikulum om relevant te wees, moet daar gedurig gepoog word om tred te hou met die nuutste ontwikkelinge in die verskillende politiese, sosiale en ekonomiese samelewingskontekste.

Bruner (1972:114) verklaar dat relevansie tweeledig van aard kan wees. In die eerste plek is daar sprake van sosiale relevansie en tweedens van persoonlike relevansie. 'n Sosiaal relevante kurrikulum is in die breedste sin gerig op die voorbereiding van die leerder vir die basiese eise van die samelewing, of enger gestel, die maatskappy. Oliva

(1982:216) sluit hierby aan wanneer hy verklaar: "The curriculum worker not only looks at the needs of students in

(37)

relation to society but also at the needs of society in

relation to students."

McCarthy, et al. (1982:15-16) steun die voorgenoemde standpunt en konstateer verder dat die unieke eienskappe van elke individuele leerder in kurrikulering in berekening

gebring moet word. Hierdie uitgangspunt beklemtoon die belangrikheid van persoonlike relevansie. Voortvloeiend uit voorgenoemde is dit dus duidelik dat die behoeftes en eise van samelewing en individu in die ontwikkeling van die kurrikulum in berekening gebring moet word en dat samelewing en individu in die evaluering van makro-inhoud (kyk 3.2.6)

sterk sal figureer. Verder sal daar gevra kan word na wat die eise van die samelewing en die behoeftes van die individu binne bepaalde kontekste vir relevansie behels. 3.2.3 Kontekste vir relevansie

Die leerling funksioneer as lid van die samelewing binne bepaalde samelewingsverbande of kontekste. By is lid van 'n gesin, deelnemer aan die aktiwiteite van die breer gemeenskap en na skoolverlating beoefenaar van 'n beroep. Voorgaande illustreer die leefwereld waarbinne die leerling hom gaan bevind. Binne elke samelewingsverband is daar bepaalde rolle ter sprake. As werker, burger van die staat, tuisteskepper en gelowige, om maar enkeles te noem, word daar bepaalde bevoegdhede veronderstel. Die skool het 'n taak om toe te sien dat die leerling met die nodige kennis, vaardighede en gesindhede toegerus word om sy rol binne bepaalde samelewingsverbande na behore te vervul.

Van der Walt (1986:84-87) fundeer die samelewingsverbande (-kontekste) Skriftuurlik:

(38)

- Primere groepe, wat bestaan uit die buwelik, die gesin, die staat en die kerk. Hierdie samelewingsverbande is deur God self ingestel.

Sekondere groepe, wat onder andere die skool insluit. Sodanige samelewingsverbande is deur die mens self ingestel. By verwys in bierdie verband na "voorsienigheidstrukture, wat nie· regstreeks deur God ingestel is nie maar ook nie buite Sy wil tot stand gekom bet nie." Indenburg (1971:14-15) onderskei die volgende samelewingsverbande: kerk, staat, gesin, kul turele, en beroepsorganisasies. , By sien die skool as die middelpunt van die maatskaplike omgewing, waar 'n wedersydse beinvloeding tussen skool en omgewing plaasvind. In die verband word verwys na kragte wat dinamies op die samelewing inwerk en soos volg daar uitsien: lewens- en wereldbeskouing, die ekonomie, die sosiale stelsel, die politieke bestel en wetenskap en tegnologie. Vir doeleindes van bierdie navorsing word die volgende samelewingskontekste onderskei: beroepswereld, bree gemeenskap (kulturele en ander organisasies), gesin , kerk, staat en die skool.

Alboewel bierdie samelewingstrukture (-kontekste) onderskei kan word, is bulle moeilik skeibaar. Tussen die verskillende samelewingskontekste is daar 'n samebang of verband, aange-sien die mens in sy bestaanswyses by al die samelewingsverbande betrokke is. Om bierdie stelling te illustreer, kan daar slegs gewys word op die verskeidenbeid rolle wat 'n enkele persoon in die samelewing vervul. van der Walt, et al. (1983:250-251) onderskryf bierdie stelling en voeg by dat "nie een van die aspekte van die menslike bestaanswyse verabsoluteer mag word nie." Rossouw (1989:115-- 116) verwys na die huisgesin, die kerk en die skool, met elk

'n eiesoortige karakter maar wat tog in onderlinge verband deel van die kultuurwereld met sy vele fasette vorm. Yule (1989:152-153) sien die vervlegting van samelewingstrukture (-kontekste) diagrammaties soos volg:

(39)

As gevolg van begrippe deur voorgenoemde vervlegtheid, alle samelewingskontekste. sny Omdat bepaalde hierdie begrippe deur alle samelewingskontekste sny, is dit verstaanbaar as die kriteria vir die evaluering van die kurrikulum ook hier sy be slag sal vind. Enkele voorbeelde dien as illustrasie hiervan:

- Waardes hang ten nouste saam met die etiese bestaanswyse van die mens en die wereld waarin hy woon. Clark (1988:98) verklaar dat die etiese norme moraliteit impliseer. Hy verklaar verder: "Education is an ethical undertaking." Die

handhawing en uitbou van waardes is belangrik vir die voortbestaan van 'n volk. Ryan en Lickona (1987:3) konstateer dat waardes van 'n gemeenskap wat nie oorgedra word aan 'n jonger geslag nie, tot die agteruitgang van sodanige samelewing aanleiding mag gee. In die lig van voorgaande is dit dus belangrik dat waardes in die lys van kriteria vir die evaluering van makrokurrikuluminhoud ingesluit word (kyk ook 3.2.6). Daar is 'n noue verband tussen norme vir moraliteit en die geestelike bestaanswyse van die mens.

- Die geestelike bestaanswyse hang ten nouste saam met die sin van die lewe, wat nou verbonde is aan verantwoorde-likheid. Clark (1988:107) stel dit dat hierdie verantwoordelikheid saamhang en gebaseer is op die Almag van

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

2) Volgens de berekening van de doelstelling voor hernieuwbare energie totaal uit de EU-richtlijn Hernieuwbare Energie uit 2009, dus zonder.. kunnen tellen, op een moment dat nog

Die Direkteur van Onderwys het toestemming verleen dat die ondersoek gedoen mag word, daarom sal ek dit waardeer indien u my in die verband behulpsaam kan

Die sug van mijn asem laat die grassaad bewe waar ek eensame grawe se heuwels o'erswewe, tot mijn fluister·geklaag in die eensaamheid sink... Om mijn jeugd te

- Niet onderzocht of vragenlijst geschikt is voor kinderen met een andere culturele achtergrond dan de Nederlandse (behalve een onderzoek bij kinderen op Curaçao). - Deze lijst

Adding life satisfaction and subjective health status to the regression of risk aversion on religion, increased (in both the Dutch and American data) the relation between religion

In dit onderzoek zal de volgende vraag centraal staan: Op welke manier worden, binnen instellingen voor jongeren met een licht verstandelijke beperking die onder toezicht zijn

As gevolg van die retoriese kragte immanent in taal, is die literere teks inderwaarheid "onleesbaar" (wat ook De Manse opinie is) en kan slegs talle mislesings