• No results found

Klomp, C. 2010. Organ plus one. [Boekbespreking]

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Klomp, C. 2010. Organ plus one. [Boekbespreking]"

Copied!
1
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

57

H

oewel daar reeds heelwat bundels beskikbaar is vir orrel in kombinasie met obligaat instrument, is alle verwerkings nie altyd ewe suksesvol nie. Dikwels is die musiek bloot oorgeskryf vir die nuwe besetting, maar die nodige aanpassings is nie noodwendig in ag geneem om dit idiomaties vir die orrel te maak nie. Tipiese voorbeelde hiervan is vinnige herhaalde note en alberti-bas figure wat nie tipiese orrelstyl omlyn nie. Nog meer dikwels is daar probleme met tekstuur, waar middelstemme nie genoegsaam projekteer nie en dit selfs die harmoniese uitkoms vreemd laat klink vir die luisteraar. Die kuns van goeie transkripsies en verwerkings lê juis daarin om hierdie probleme suksesvol op te los en dit sodoende aantreklik te maak op die orrel.

Carsten Klomp is reeds vir die afgelope 18 jaar aktief as kerkorrelis en ook as dosent in liturgiese orrelspel en improvisasie in Freiburg, Duitsland. Dit is opvallend dat hy al die bogenoemde probleme in ag geneem het in sy eerste bundel verwerkings en oorspronklike werke, uit reeks van 8 wat beplan is volgens die liturgiese kerkjaar en spesiale eredienste waar die orrelis betrokke is. Die huidige bundel is gerig op Advents- en Kersfeesgeleenthede.

Wat hierdie verwerkings interessant maak, is dat die Cantus Firmus (of die melodie in die sekulêre werke) nie altyd deur die solo instrument gespeel word met begeleiding op die orrel nie. Hier is duidelik moeite gedoen om juis werke te gebruik waar dialoog en ensemblespel die uitkoms kan wees. Dikwels voeg Klomp van sy eie harmonisasies by, wat vir begeleiding van gemeente-, solo- of groepsang kan dien. Die soloparty is verwerk om die meeste orkesinstrumente te kan akkommodeer en is selfs uitgegee in weergawes vir transponerende instrumente in B-mol, E-mol en F. Ook hier het Klomp altyd die omvang van die onderskeie instrumente ingedagte gehou in sy beplanning en verwerking van die oorspronklike materiaal.

Die orrelparty speel gemaklik en die klankbeeld werk so oortuigend dat dit weliswaar die gevoel skep van oorspronklike besetting eerder as verwerking. Slegs die noodsaaklike artikulasie is in die orrelparty aangedui en effektiewe asemhaling is voorgestel in die solopartye wat voorsiening maak vir die asembeheer van die gemiddelde speler. Die komponiste in die huidige bundel is verteenwoordigend vanaf die voor-Barok tydperk (o.a. Thomas Tallis) tot die laat-Romantiek, insluitend werke van welbekende meesters soos JS Bach en Ludwig Krebs asook Grieg, Guilmant en Klomp self.

Praktiese oorweging wat dikwels deur verwerkers nie in ag geneem word nie is die toonaard van die korale soos dit in die huidige kerkbundels verskyn: Klomp werk volgens die Evangelisches Gesangbuch en het daarvoor die nodige toonaard aanpassings gemaak sodat die verwerkings kan aansluit by die kerkbundelweergawes vir gebruik tydens die erediens en gemeentesang. Dit is egter jammer dat meeste van die pragtige korale waarop van die werke gebaseer is nie in die huidige Liedboek van die Kerk verskyn nie, wat dit dus vir baie Suid-Afrikaanse orreliste minder toepaslik maak. Die hoë kwaliteit van die werke maak egter dat hul steeds konstruktief tydens en rondom die erediens gebruik kan word.

BOEKBEsPREKING

ORGAN PLUS ONE:

ADVENT CHRISTMAS

VeRWeRkinG: caRsten kloMp

2010

uitGeWeR: bäRenReiteR ba 8501

mario nell

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Zastępca kierownika, dziś pierwszy dzień w pracy po dwutygodniowej nieobecności, już po odprawie i rozmowie z szefem działu dostaje sygnał, że coś złego dzieje się z

naar buiten. /k vind datje als voorzitter de plicht hebt om optimaal gebruik te maken van de mogelijkheid deJOVD op een positieve manier extern op de kaart te 7etten. Het

© 2001 The Sacred Music Press, a division of The Lorenz Corporation For Europe: Small Stone

First finding of the parasitic fungus Hesperomyces virescens (Laboulbeniales) on native and invasive ladybirds (Coleoptera, Coccinellidae) in South Africa.. Danny Haelewaters 1,*

FIGDUR 6.25 DKHDROGR!H VAH BKTKKKNISVOLLE VERDKLERS TEH OPSIGTK YAH DIE BKLAMGRIKHEID YAK DIE BEHOEFTK AAH SK&URITKIT {bv. sekuriteit oor per1anente pos). 25

toekomsplanne van die Mandaatregering met betrekking tot die Duitse skole uiteengesit. Op l April 1920 sou al1e Duitse skole en koshuise deur die Regering

noegsaam water en elektriese krag, buitelugskuilings soos bome, ens.. onderv~sers met twintig kinders toegelaat word. Dan is daar die Kindertuin vir sub. Cb) Vir

• Er wordt gewerkt op de schaal van minimaal de 10 politieregio’s • Er zijn in de 10 regio’s regionaal coördinatoren voor de forensisch. medische expertise bij