^ 1 .»■* *
O lie w e n h u is
Laura R autenbach, die we/bekende beeldhouer, m et “ H a m le t" w at sy aan O lie w e n h u is ku nsm useum geskenk het.
( fo io : Die V o lk s b la d )
'N PERSOONLIKE KLEIN KUNSGESKIEDENIS
D .J . H ugo
Ek noem my praatjie va na a nd "D ie belydenis van n leek ", o m d at ek as letterkundedosent en digter my op 'n redelik onbekende terrein bevind. W a te k aan u gaan v o orho u , is 'n persoonlike klein kunsgeskiedenis.
M y skilderyverstand het ek as kleuter tydens vakansiebesoeke aan die h u is van my oum a Hugo gekry. Sy het in ’ n V ictoria an se h uis aan die b op u nt van V ic to r ia s tr a a t op Stellenbosch gew oon. In die skemerige sitk a m e r aan die s u i d e k a n t v a n d ie h u i s h e t d a a r d r ie a m a te u ro lie v e rw e van haar hand gehang. Die een het n onbeholpe panoram iese blik gebied op die fam ilie p la as , B otm a s k lo o f naby Riebeeck- Kasteel, die ander en geslaagste van die drie het 'n p la a s p a d m e t g e w e l d i g e k r o o n d e n n e w eerskante voorgestel, en die derde w a s die n askildering van n verinnew eerde seilboot op n stormsee vol dreigende g olw e en ro m a n ties - verw ro n ge wolke.
A a n v a n k lik het die som ber seetoneel my kindergemoed die meeste aangespreek. Later, toe ek al op hoerskool w as, het ek besef dat die plaaspad met die dennebome die eerlikste en vaardigste skilderpoging van my o um a was. Sy het die skilderye as negentienjarige meisie gem aak en daarmee getoon dat sy 'n om vattende en afgeronde V icto ria a n s e dam esopvoeding o n t v a n g het. (S y het o ok b u i t e m u u r s e klavieropleiding gehad.) Dit het haar op die sosiale leer hoer geplaas as die m in d er welgestelde boeredogters w ie se handvaardig- hede beperk w a s tot broodbak, b otterm aak en brei. Dit het terselfdertyd gedien as bewys van haar hubaarheid. Die feit dat haar oudste k leinkind vyftig ja ar na haar troue oop m o n d na die skilderye kon staar, w a s 'n teken van die suksesvolh eid van haar opvoeding w a t ook kunsvaardighede van haar vereis het. M y oum a se skilderye het dus van vroeg reeds — hoewel
dan onbewustelik — vir my die sosiale relevansie van die skilderkuns gedemonstreer.
Die skilderkuns is nie bloot 'n estetiese
aangeleentheid nie. Dit het, benewens die sosiale, ook ideologiese, religieuse, tegniese en kommersiele dimensies. Van die kommersiele faset van 'n skildery het ek pynlik bewus geraak toe my ouma haar Victoriastraathuis aan die universiteit moes verkoop en daar 'n vroee verdeling van haar boedel plaasgevind het. Die skildery met die kroondenne, w a te k intussen leer lief kry het, is aan 'n onbeskaamde fam ilielid bemaak w at dit terstond vir 'n paar rand verpand het.
Die estetiese sy van 'n skildery het ek eers b e h o o r lik b e g in w a a r d e e r t y d e n s my hoerskooljare in die hoofstad van Namibie. M y pa het op 'n dag 'n Suidweslandskap huis toe , gebring. Dit w as 'n olieverfskildery van sekerlik die mees afgebeelde Suidwesbaken, te wete die Spitskoppe naby Usakos. Dit is gemaak deur
T ra v e rs B ro w n , 'n b ru in a m a te u r van
W alvisbaai.
Vir die eerste maal het ek besef dat die onbegryplike wydsheid van die Suidwesruim tes w aaraan my oog so gewoond was, op 'n bevredigende wyse kunsmatig vasgevat en ingeraam kan word. Dit het 'n rilling van opwinding deur my laat gaan dat die skynbaar ongrypbare tog vasgele kan word. Dit w as my eerste, egte estetiese ervaring op die visuele
g ebied. T ra v e rs B ro w n w a s vir my 'n
n o o d s a ak lik e v o o rb e re id in g op die veel
gesofistikeerder Suidweslandskappe van Adolf Jentsch. Brown se eenvoudige realisme het dit vir my moontlik gemaak om Jentsch se mistieke
uitbeelding van dieselfde geliefde land te
waardeer.
Toe ek W indhoek verlaat het om na die Universiteit van Stellenbosch te gaan, het my
ouers vir my 'n Travers B ro w n -skild ery
saamgegee. In die moeilike aanpassingstyd, toe
ek aan engtevrees gely het tussen die
oorweldigende Bolandse berge, het Brown se
s k ild e ry my v e r la n g e na N a m ib ie se
uitgestrektheid gewek en gestil.
En so het ek nog 'n dimensie van die skilderkuns ontdek. 'n Skildery kan dus 'n sentimentele funksie vervul en selfs psigoterapeutiese w aarde he.
Toe ons in 1 9 8 0 na Bloemfontein gekom het, het ek vir die eerste keer met die sketse en skilderye van die Vrystaatse kunsvader Frans Claerhout kennis gemaak. Hy het die wyse w aaropek na die vir my onbekende Vrystaatse landskap en mense gekyk het, help bepaal. Travers Brown het vir my die bekende om gewing begryplik en herkenbaar gemaak; Claerhout het vir my die onbekende toeganklik en opw indend gem aak. V ad er Claerhout se ekspressionistiese styl het my ook geleer dat 'n skildery die mens se metafisiese
vrese en vreugdes kan verwoord. En die woord
het my gebring by die uitdrukkingsmiddel w aarvan ek wel meer as 'n lekekennis het. Ek bedoel die poesie.
Om my waardering vir my mentors op die gebied van die skilderkuns te betuig, het ek die volgende twee gediggies oor hulle gemaak. Inelke geval is die skilder self aan die woord. Ek hoop dat hulle
hulself sal herken in die vreemde medium:
Travers Brown
dag na dag het ek bitterbos kolle s u u rg ras en 'n soetdoring (kyk ho ed at die h itteg o lw e kring ) uit die vorm lose verf verlos to t verb lind end die sonbesie sing
Frans Claerhout
vir m y w o rd die w ereld al hoe som berder e n w a a r die skadu kom , keer lig en donker om (m ens van A frik a e n die so nn eblo m )
da aro m het ek h a a r heldergeel geskilder:
die vrou w a t h a a r arm s lig na d ie ,s w a rt va n die son.
Ten slotte vertrou ek dat u by die uitstalling vanaand die geskakeerde wyse waarop skilderye tot 'n mens kan spreek, sal ervaar.
* O p en in g sto es p raak van m n r. D an iel Hugo, dosent in A frik a a n s en N ed erland se L etterku nd e a a n die U O V S by die o pening van die N asio n a le M u s e u m se ku nsv ersam elin g te O lie w e n h u is op 2 3 J u n ie 1 9 8 7 .