D
IE WÊRELDBANK SE ‘Voices of the Poor,’ gegrond op navorsing waarby meer as 20 000 arm mense in 23 lande betrek is, groepeer die fak-tore wat arm mense as deel van hul armoedigheid identifiseer. Dit sluit in:•
Onsekere lewensbestaan•
Van plekke uitgesluit•
Fisiese beperkinge•
Vroue die meeste deur armoede geraak•
Gebrek aan sekuriteit•
Word misbruik deur mense in magsposisies•
Ontmagtigende instellings•
Beperkte vermoëns vanweë genetiese kwale•
Swak gemeenskapsorganisasiesHierdie faktore, wat dui op arm mense se gebrek aan middele om in basiese behoeftes te voorsien, word hoofsaaklik met marginalisasie, uit-sluiting en gebrekkige geleenthede geassosieer.
Om armoede op konvensionele wyse bloot met honger ly en min geld te assosieer, is simplisties. Arm mense se droewige toestand en er-varing van armoede word vererger deur die baie meer skadelike gevoel dat hulle niks beteken nie en nêrens tuishoort nie – wat in brose sosiale verhoudings of in ’n desperate, uit-nood-gebore solidariteit weerspieël
word.
Selfs ’n oppervlakkige kykie na die alledaagse, openbare aansig van armoede behoort die effek van vervreemding deur uitsluiting te toon.
Jy ry in jou motor en stop by ’n verkeerslig. ’n Persoon in ver-flenterde klere en verwaarloosde voorkoms nader jou. Sy liggaams-reuk walm tot by jou en laat jou naar voel. Jy druk die knoppie om jou venster toe te skuif. Wanneer jy veilig in die kokon van jou toe motor sit, lees jy die ‘Help my asseblief’-boodskap wat op ’n stuk karton
geskryf is. Jy besluit om ’n munt-stuk uit te gooi, en jy voel verlig en tevrede met jouself. Jy het jou deel gedoen! Maar jou selftevredenheid verander in afkeer wanneer jy by die volgende verkeerslig deur nog ’n bedelaar gekonfronteer word: “Waar kom al hierdie mense vandaan? Hoekom kry hulle nie werk en ver-dien hul brood soos die res nie? Ek kan nie aanhou gee nie!”
Só word die armes van hul mens-likheid gestroop. Jy het nie eens “Goeie môre” gesê nie.
Gewoonlik neem ons aan arm mense is arm vanweë die een of ander persoonlike tekortkoming of swakheid. Daarteenoor neem ons aan ons welvaart is die gevolg van ons intelligensie, harde werk en ywer: ons verdien wat ons het; ons het daarvoor gewerk.
Armoede in al sy manifestasies is een van die grootste uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar.
Volgens die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) en die ekonoom Andrew
Whiteford het die persentasie mense in Suid-Afrika wat in armoede leef nie tussen 1996 en 2001 beduidend verander nie. Daardie huishoudings wat in armoede leef, het egter nog dieper in die armoede versink en die gaping tussen ryk en arm het groter geword.
Die RGN en Whiteford raam dat nagenoeg 57% van die mense in Suid-Afrika in 2001 onder die
ar-IN DIEPTE / Dar-INKSKRUM / GASRUBRIEK
AGENDA NR 1 / 2010 / www.usb.ac.za
Die samelewing raak maklik immuun teen mense se armoede.
Party sal dalk sê dis deels vanweë die Bybelse argument dat ons
die armes altyd met ons sal hê. Of dit kan wees dat, hoewel meer
welvarende mense bewus is dat armoede bestaan, die verskynsel
so veelvlakkig en ingewikkeld is – en so fi sies verwyder – dat dit
moeilik is om ten volle te begryp.
Die armes hoef nie
altyd met ons te wees nie
China het
armoede
ingekort en
die afgelope
twee dekades
300 miljoen
mense uit
die kloue
daarvan
gered.
moede-inkomstegrens geleef het, onveranderd sedert 1996. Limpopo en die Oos-Kaap het die hoogste persentasie armes gehad, met onder-skeidelik 77% en 72% van hul bevolk-ings onder die armoedegrens. Die Wes-Kaap het die laagste persen-tasie armes gehad (32%), gevolg deur Gauteng (42%).
Om hierdie vlak van armoede te verlig, het die regering sy beste-ding aan welsyn verhoog. Meer as 13 miljoen mense ontvang nou maat-skaplike toelaes, vergeleke met 7.87 miljoen in 2004/05. Die grootte van die toelaes help arm mense om net in hul basiese behoefte aan voedsel en baie min ander dinge te voorsien. Hoe belangrik die toelaes ook al is, gee dit nie aandag aan die grondliggende oorsake en ervaring van armoede soos in die Wêreldbank se studie geïdentifiseer nie.
Armoede is nie vooraf bestem of onvermydelik nie. China het ar-moede ingekort en die afgelope twee dekades 300 miljoen mense uit die kloue daarvan gered. In 1981 het 84% van China se bevolking onder die armoedegrens van VS$1.25 per dag (teen 2005 se pryse) geleef; in 2005 was die syfer net 16%. Dit het neergekom op ’n proporsionele jaar-likse koers van 6.6% waarin armoede verlig is.
Die stryd teen armoede moet be-gin by die besef dat dit nie ’n gewen-ste toestand is nie en dat dit groot-liks verlig, indien nie uitgeskakel nie, kan word.
Ons moet die strukturele faktore aanpak wat bydra tot armoede, die gebrek aan lewensmiddele en
hulp-bronne, en ’n sosio-ekonomiese en politieke bestel wat armoede aan-bring en deur hebsug en uiterste selfsug laat voortduur.
’n Ekonomiese raamwerk geken-merk deur monopolieë en oligopo-lieë in die besonder, en onmeded-ingende markte in die algemeen, is nadelig vir almal, maar verwoestend vir die armes.
Die onlangse onthullings oor prysvasstelling in verskeie sektore van die land se ekonomie is ’n goeie voorbeeld. Samespanning met die vasstelling van broodpryse raak byvoorbeeld almal, maar dit is arm mense wat buite verhouding hier-onder ly – en hier-onder stygende voed-selpryse in die algemeen, want hulle bestee ’n groot persentasie van die bietjie geld wat hulle dalk het aan voedsel.
Die stygende eiendomswaardes wat in stedelike gebiede hooggety vier, het na die kleiner dorpies in Suid-Afrika versprei, wat dit vir gewone werkers moeilik maak om basiese huisvesting te bekostig. Na raming het sowat ’n miljoen mense in 2009 hul werk verloor, wat die geledere van die armes laat uitswel. Die meeste van hulle is die onge-skooldes, met min vooruitsigte om ander werk te kry in kwynende sek-tore soos die landbou, vervaardi-ging en mynbou. Aan die ander kant skiet bestuurshoofde se besoldiging steeds die hoogte in. Dit is betreu-renswaardig, want indiensneming is die beste teenmiddel vir armoede. ’n Groeiende ekonomie is die beste werkskepper.
Die positiewe gevolge van ’n
groeiende ekonomie word dikwels deur ’n groeiende bevolking geneu-traliseer. Ons moet dus aanhou met maatreëls om vrugbaarheid en ge-sinsgrootte te beperk. Hoewel gesin-sbeplanning straks in dié verband na ’n vanselfsprekende mikpunt lyk, is goeie onderwys en gesondheidsorg, veral vir vroue, die doeltreffendste en omvattendste intervensie. ’n Gesonde en goed opgeleide bevol-king is die beste aandrywer van ekonomiese groei en ontwikkeling.
Ons moet die hebsug in bedwang hou wat party in staat stel om ten koste van ander te vergaar, en die selfsug stuit wat sorgsaamheid teenoor ander beskou as lafhartig, swak en strydig met ’n moderne en gesofistikeerde ekonomiese lewe.
IN DIEPTE / DINKSKRUM / GASRUBRIEK
AGENDA NR 1 / 2010 / www.usb.ac.za