• No results found

In die milieugeremde gesin slaag ouers nie daarin om aan die eise van die alledaagse bestaan te voldoen nie en is daar weinig ge-

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "In die milieugeremde gesin slaag ouers nie daarin om aan die eise van die alledaagse bestaan te voldoen nie en is daar weinig ge-"

Copied!
37
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

HOOFSTUK 2

DIE ONTOEREIKENDE SOSIALE OPVOEDING VAN VERSTANDELIK GESTREM- DE, GEDRAGSGEREMDE ADOLESSENTE DOGTERS IN 'N KLINIEKSKOOL

2.~

INLEIDING

Die grootste meerderheid van verstandelik gestremde, gedrags- geremde kinders in 'n kliniekskool is sosiopedagogies verwaar- loosde kinders. Vermeulen (1989:34) het in sy studie van 120 verstandelik gestremde, gedragsgeremde seuns in 'n kliniekskool bevind dat 76% van hierdie seuns uit milieugeremde huise kom. Van die 30 dogters wat hulle tans in 'n kliniekskool bevind, kom 26 uit milieugeremde huise. Die aanname kan dus gemaak word dat ver- standelik gestremde, gedragsgeremde dogters se sosiopedagogiese verwaarlosing veral toegeskryf kan word aan hul milieugeremdheid.

In die milieugeremde gesin slaag ouers nie daarin om aan die eise van die alledaagse bestaan te voldoen nie en is daar weinig ge-

leentheid of belangstelling vir opvoedende omgang, ontmoeting en kommunikasie tussen ouers en kinders. Daarbenewens was die ouers se eie opvoeding waarskynlik nie na wense nie en is hulle nie verstandelik en kultureel in staat tot toereikende opvoeding van hulle kinders nie. Dikwels huldig hulle 'n negatiewe siening van die lewe en die-samelewing, wat hulle nog minder bevoegd maak om hulle kinders toereikend op te voed. 'n Opvoedingsverhouding van vertroue, begrip en gesag word dus nie verwesenlik nie. Dit im-

pliseer dat opvoeding in saamlewe nie toereikend

vol~rek

word nie. Die kind leer nie binne gesinsverband wat die norme van behoorlike menslike saamlewe en kommunikasie is nie. Hy leer dan ook nie om buite die gesin met andere om te gaan en toereikend te sosialiseer nie. Omdat opvoeding,in saamlewe skeef loop, vind opvoeding tot saamlewe ook nie toereikend plaas nie (Pretorius, 1981:215-217; Pistorius, 1976:269; Kruger, 1980:78-80).

Die kind wat ontoereikende opvoedingsverhoudinge en saamleefver-

. houdinge beleef en wat ontoereikend kommunikeer binne sy gesin-

(2)

30

situasie, beleef intense onveiligheid en angs. Die psigiese ver- steurdheid van die kind belemmer sy totale uitgaan tot sy wereld en dus ook tot sy medemens. Die kind kan aanvalsgedrag vertoon, of hom andersyds totaal terugtrek in homself, of hy kan terugval

in infantiele, regressiewe gedrag (Pretorius, 1976:22-28, 30- 31;). Van gebalanseerde interpersoonlike omgang en kommunikasie sal daar weinig tereg kom. Die kind se gedragsgeremdheid sal inderdaad ook tot uiting kom in kommunikasiegeremdheid, met 'n ontoereikende vermoe om interpersoonlike

verhoud~nge

te handhaaf.

Die verstandelike gestremdheid van gedragsgeremde dogters in die kliniekskool hou ook sekere implikasies in ten opsigte van hul vermoe tot sosiale omgang, kommunikasie en die handhawing van verhoudinge. As verstandelik gestremdes is hulle dikwels ten op- sigte van hul ganse persoonwees gestrem. Hul gevolglike misluk- kings- en verwerpingsbelewinge maak hulle emosioneel labiel. Dit kan lei tot onstabiele of aandagsoekerige gedrag, wat andere af- stoot. Hul verstandelike gestremdheid beperk hul abstrakte denkvermoe, wat nie alleen hul vermoe tot verbale kommunikasie belemmer nie, maar ook hul insig in sosiale gedrag en verhoudinge beperk. Verstandelik gestremde dogters het dikwels 'n swak self- beeld, wat daartoe lei dat hulle eerder terugtrek uit sosiale situasies. Hierdie teruggetrokkenheid lei tot verdere remming in die sosialisering van verstandelik gestremde dogters (Van der Merwe & Jacobs, 1982:37; Kruger, 1980:158-161; Els, 1988:31).

Uit waarnemings van verstandelik gestremde, gedragsgeremde dog- ters in die kliniekskool, sowel as uit individuele pedoterapie met hierdie dogters, blyk dit dat hulle inderdaad ontoereikend kommunikeer met hul medemens. Die gevolgtrekking meet gemaak word dat hul ontoereikende kommunikasie toegeskryf kan word aan ontoe- reikende opvoeding vanwee hulle milieugeremdheid. Hul verstande- like gestremdheid kan as verdere bydraende faktor tot hierdie probleem beskou word.

Vervolgens word dan uiteengesit hoe die ontoereikende verwesen-

liking van die primere opvoedingsverhoudinge, sowel as die ontoe-

(3)

reikende opvoedingskommunikasie van verstandelik gestremde, ge- dragsgeremde dogters in 'n kliniekskool aanleiding gee tot hul ontoereikende sosialisering. Sosiopedagogiese verwaarlosing sal bespreek word vanuit die milieugeremdheid van verstandelik ge- stremde, gedragsgeremde dogters. Daar sal ook kortliks uiteen- gesit word watter rol verstandelike gestremdheid speel as ver- swarende faktor ten opsiqte van die sosialisering van verstan- delik gestremde, gedragsgeremde dogters.

2.2 ONTOEREIKENDE OPVOEDING IN SAAMLEWE

Vir die toereikende sosiale opvoeding van die kind is alle verhoudinge binne die gesin belangrik. Deur toereikende ver- houdinge tussen ouer en ouer, kind en ouer, kind en volwassene en ouers teenoor ander volwassenes leer die kind wat toereikende interpersoonlike omgang is. Dit is egter veral die opvoedings- verhoudinge wat hier van wesenlike belang is en dus vervolgens bespreek word (Pretorius, 1981:46}.

Die opvoeding van 'n kind kan slegs geslaag wees as die opvoe- dingsverhouding tussen ouer en kind gekenmerk word deur vertroue, beqrip en gesag. Vertroue, begrip en gesag kan slegs verwesenlik word wanneer opvoeder en kind met mekaar omgaan en met mekaar in ontmoeting tree (Van Niekerk, 1976:174-175; Pretorius, 1976:22- 23) •

Wanneer vertroue, begrip en gesag nie vergestalt word in die op-

voedingsverhouding nie, ontstaan daar wanverhoudinge, wat tot

uiting kom in versteurde, negatiewe en selfs vernietigende kom-

munikasie. Ouer en kind leef nie meer in liefdevolle verbonden-

heid tot mekaar nie, raak vervreemd van mekaar en raak teenstan-

ders van mekaar. Die opvoeding word gekenmerk deur onsekerheid

en misverstand. Kind en ouer beleef hulle as onveilig en oorge-

lewer aan die versteurde situasie, en hulle beleef dit as uitsig-

loos, sinloos, bedreigend en onaangenaam. ons kan dus hier praat

van 'n gesin in opvoedingsnood (Pretorius, 1976:33,34).

(4)

Volgens Pretorius ( 1976:18) word die gesin in opvoedingsnood gekenmerk deur falende sosialisering, waarvan veral die volgende op die milieugeremde gesin van toepassing is:

* onvoldoende sosialisering - die opvoeding van die kind word verwaarloos;

* ontoereikende sosialisering - die ouers probeer die kind opvoed, maar misluk;

* terroriserende sosialisering - die kind word verwerp of mishandel.

Falende sosialisering beteken eerstens dat die kind nie die geborgenheid beleef om sosiale verhoudinge te handhaaf nie en tweedens dat hy nie leer hoe om met andere in interaksie te tree en verhoudinge te handhaaf nie.

Vervolgens word ui teengesi t hoe die versteurde vertrouens-, begrypings- en gesagsverhouding binne die gesin lei tot die ontoereikende sosiale opvoeding van die kind.

2.2.1

2.2.1.1

Die ontoereikende verwesenliking van die primere opvoedingsverhoudinge

Die versteurde vertrouensverhouding

God het aan die ouers 'n hulpelose kind toevertrou. Die ouers is verantwoordelik om te voorsien in al die opvoedingsbehoeftes van die kind. Kruger (1980:59-61), Meyer (1986:114-118), Pretorius (1976:16) en Van Niekerk (1976:107) dui die volgende opvoedings- behoeftes aan:

* 'n Behoefte a an fisiese versorging;

* 'n behoefte a an sekuriteit en geborgenheid;

* 'n behoefte a an lief de en aandag;

* 'n behoefte a an prestasie en erkenning;

* 'n behoefte a an verwesenliking van die eie moontlikhede;

* 'n behoefte a an 'n verhouding tot God.

(5)

Dit is die ouers se taak en roeping om te voorsien in die opvoe- dingsbehoeftes van die kind. Dit beteken dat die ouers die kind moet versorg, hom onvoorwaardelik moet aanvaar, liefde en agting aan hom moet betoon en vir hom 'n tuiste moet skep, waar hy wel- kom en geborge voel en waar hy behoort. Sodoende wek die ouers die kind se vertroue in die lewe, in homself en in sy medemens.

Die kind wat deur sy ouers aanvaar word, aanvaar homself en het 'n positiewe selfbeeld. Hy is ook in staat daartoe om andere te aanvaar (Du Plessis, 1974:165: Hobson

&

Scally, 1984:69). 'n Geborge kind het die selfvertroue om die sosiale werklikheid buite die gesinslewe sonder huiwering tegemoet te gaan (Botha, 1977:43-44; Sonnekus, 1977:4).

Die kind wil ook ervaar dat hy self vertrou word. Slegs dan sal hy self bereid wees om groter verantwoordelikheid vir sy eie aandeel aan die opvoedingsverhouding te neem (Landman, 1977:64).

Hy sal dan ook as volwassene aanspreeklikheid aanvaar vir sy interpersoonlike verhoudinge. In die gesin word die kind van ek- gevoelens tot ons-gevoelens opgevoed. Hier word die eerste grond- slae gele van liefde, vriendskap, offervaardigheid, pligsbesef, getrouheid, verdraagsaamheid en samewerking. Juis daarom is 'n harmoniese huwelikslewe essensieel, omdat dit die kwaliteit van alle ander saamleefverhoudinge in die gesin grootliks bepaal

(Pretorius, 1981:46).

Hoffman (1978:75) wys daarop dat vertroue slegs verwesenlik kan word as beide ouers en kinders ook in hulle sosiale handeling God in liefde dien. Die liefdesgebod dat jy jou naaste moet liefhe soos jouself staan sentraal ten opsigte van die ware Christelike medemenslikheid.

Wanneer die vertroue tussen ouer en kind ontbreek, voel die kind onvei1ig en bedreig. Die kind voe1 weerloos, in die steek gelaat, magteloos, onaanvaarbaar en onwaardig, en beleef wantroue, angs en onsekerheid. Die kind word getraumatiseer (psigies gewond).

Omdat die ouers self vir die kind die bedreigende is, kan die

kind sy angs nie met die ouers deel nie. Die gevoelslewe van die

(6)

kind word versteur en word gekenmerk deur wisselvalligheid en onstabiliteit (Pretorius, 1976:19,25-26; Van Niekerk, 1976:122).

Die kind wat nie sy ouers vertrou nie, kan ook nie andere vertrou nie (Vermeulen, 1989:38). So 'n kind is nie bereid om met andere in ware ontmoeting te tree nie en dus waarlik met andere te kom- munikeer nie. Sy interpersoonlike verhoudinge sal verskraald bly,

omdat hy nie geleer het hoe om homself en andere lief te he en te ag nie. Sy emosionele onstabiliteit dra verder by tot sy on- vermoe om verhoudinge met andere te handhaaf.

Vermeulen (1989:38) het bevind dat 90% van die kinders wat hy bestudeer het, hulle in 'n ernstige vertrouenskrisis bevind. Van die 30 dogters wat tans in die kliniekskool is, bevind 28 hulle tans in 'n vertrouenskrisis ten opsigte van een of albei ouers.

Dit kan beskou word as 'n belangrike oorsaak van die kommunika- siegeremdheid van hierdie dogters.

2.2.1.2 Die versteurde begrypingsverhouding

'n Tweede wesenskenmerk van die opvoedingsverhouding is dat dit 'n begrypingsverhouding, of kenverhouding moet wees. ouer en kind moet mekaar deeglik ken en verstaan, sodat hulle mekaar kan aan- vaar. Slegs die ouer wat kennis het van die unieke aard van elke kind, kan weet wat daardie kind se bestemming is. Die ouers moet die kind ook help tot kennis van sy eie moontlikhede en tot ken- nis van die eise van behoorlike volwassenheid, sodat hy behoorlik volwasse kan word volgens sy gegewe moontlikhede. So kom die kind tot realistiese kennis van homself. Die ouer moet begrip he vir die beperkinge van die kind en moet dit aanvaar, sodat daar altyd realistiese eise aan die kind gestel sal word (Landman, 1977:63;

Kruger, 1980:61; Mol, 1985:66). Begrip stel die eis dat die ouers

verdraagsaamheid en respek teenoor die kind moet betoon, en ook

bereid moet wees om met begrip na die kind se standpunte en

probleme te luister. Die kind wat beleef dat hy self met begrip

behandel word, sal begrip he vir sy ouers en andere buite die

gesin. Ouers en kinders sal mekaar slegs ken en begryp indien

daar toereikende opvoedingskommunikasie tussen hulle is. Die

(7)

vermoe om te kommunikeer sal ook die basis vorm van die kind se begrip van mense buite die gesin.

Die begrypingsverhouding het ook 'n ander dimensie, naamlik die ontsluiting van die analities-logiese bestaanswyse van die kind.

Dit is noodsaaklik dat opvoeding sal lei tot die verwerwing van aktiewe, funksionele kennis, want daarsonder kan die kind sy leefwereld nie beheers nie (Vander Walt et al, 1983:75,169).

ouers moet aktief betrokke wees by die verstandelike opvoeding van die kind deur onder andere spel, gesprek, uitstappies en die verskaffing van boeke en speelgoed. Hulle rnoet veral bereid wees om tyd saam met die kind deur te bring, asook om sy vrae te beantwoord (Sonnekus, 1977:44-45).

Die kind wat logies kan dink, kan kom tot ware selfbegrip en ware begrip vir andere. Dit beteken dat die kind insig sal he in so- siale verhoudinge en sosiaal oordeelkundig sal optree (Hoffman, 1978:77).

Waar die vertrouensverhouding aangetas is, loop die begrypings- verhouding ook skeef, omdat ouers en kinders mekaar nie waarlik ken en verstaan nie. As ouers die kind nie ken nie, leef die kind vanwee sy affektiewe labiliteit en vanwee die afwesigheid van 'n nastrewenswaardige volwassenheidsbeeld nie in verbondenheid met die ouers nie. Die kind is dan nie gerig op volwassenheid nie.

Die kind ken en begryp ook nie sy opvoeders nie en hulle word vir hom 'n bedreiging (Van Niekerk, 1976:122-133; Sonnekus, 1977:5;

Hoffman, 1978:76).

Pretorius (1976:19-20) wys daarop dat ouers dikwels nie werklik begryp wie bulle kind is nie en dan onrealistiese eise en ver- wagtings aan die kind stel. Wanneer die kind nie aan verwagtinge kan voldoen nie, lei dit tot ontmoediging, frustrasie, skuldge- voelens en ontsporing.

Verstandelik gestremde, gedragsgeremde kinders het veelvuldige

belemmeringe ten opsigte van hul persoonlike vermoens. Juis daar-

(8)

36

om het hulle 'n besondere behoefte om begryp te word. Indien hul- le nie begryp word nie, sal hulle nie die

opvoed~ng

van die ouers aanvaar nie, en sal hulle gedrag onbegryplik raak vir andere (Vermeulen, 1989:46). Vermeulen (1989:44) het bevind dat 94% van die kinders in sy ondersoek hulself as onbegrepe kinders beleef.

Van die 30 verstandelik gestremde, gedragsgeremde dogters wat hulle tans in die kliniekskool bevind, beleef 27 hulself as onbegrepe kinders.

2.2.1.3 Die versteurde gesagsverhouding

Die opvoedingsverhouding moet ook 'n gesagsverhouding wees. Aan die hand van skrifwaarhede moet die ouers beginsels, norme en waardes aan die kind voorhou en voorleef. Die kind moet hierdie norme leer begryp en aanvaar. Hy moet ook aan die hand van hier- die norme keuses maak, daarvolgens handel en rekenskap gee van

sy handelinge. Deur ontsluiting van die norme wat geld ten op- sigte van al sy menslike bestaanswyses, verwerf die kind vryheid tot verantwoordelikheid. Deur geloofsopvoeding lei die ouers die kind tot die aanvaarding van 'n Christelike lewensopvatting. Die kind moet egter volkome vertroue he dat die opvoeder hom nie ver- keerd sal lei nie. Slegs dan sal hy die gesag van die opvoeder aanvaar. Konsekwente, simpatieke en verantwoordelike gesag laat die kind veilig en seker voel en versterk die vertrouensverhou-

ding (Van der Walt et al., 1983:135-139; Landman, 1977:64:

sonnekus, 1977:6-7; Van Niekerk, 1976:110; De Witt, 1979:27-28).

Ten einde die kind sosiaal op te voed, moet die opvoeder binne die gesinsituasie die norme van sosiale samesyn en omgang aan hom voorhou en voorleef. Kommunikasie is slegs moontlik as beide ouers en kinders gehoorsaam is aan hierdie norme. Dieselfde norme geld ook vir sosiale verhoudinge buite die gesin (Hoffman, 1978:

75). Die basis vir normatief korrekte interpersoonlike kom- munikasie moet dus binne gesinsverband gele word.

Binne 'n versteurde gesagsverhouding word die norme van menswaar-

dige interaksie nie verwesenlik nie. Die ouer wat die kind vir

(9)

ongelukke

1

foute of mislukkings straf, vernietig die kind se selfbeeld. Dit is ook ontoelaatbaar om die kind te dreig met weerhouding van liefde. Kritiek, veroordeling, vernedering en 'n geskel vernietig die kind se selfagting. Gesag moet nooit die kind se waardigheid as mens aftakel nie (Mol, 1985:75-78). Die mens wat in homself afgetakel is kan nie sosiaal met sy medemens omgaan nie.

Wanneer gesinsamelewing ontoereikend vol trek word

1

vind daar nor- matiewe ontsporings ten opsigte van die sosiale bestaanswyse van die gesinslede plaas. Hoffman (1978:74-79) gee 'n uiteensetting van die invloed wat ontoereikende voltrekking van norme het op die sosiale lewe in die gesin. Sy uiteensetting is gebaseer op 'n skriftuurlike mensbeskouing, soos uiteengesit in paragraaf 1. 4 .1. Om duplisering te voorkom word die volledige uiteensetting nie hier weergegee nie, maar word deurgaans daarna verwys in die bespreking van versteurde opvoedingskommunikasie (vgl. paragraaf 2.2.2.)

Vermeulen (1989:49) wys daarop dat verstandelik gestremde, ge- dragsgeremde kinders langer afhanklik bly van die steun van vol- wassenes. Hul identifisering met en gehoorsaamheid aan die le- wensnorme kan langer uitbly. Dit stel 'n besondere eis aan die geduld, liefde en verantwoordelikheid van die ouers. Die ouer kan die langsame normatiewe volwassewording van die kind beleef as mislukte opvoeding. Die ouers kan dan enersyds alle straf laat

vaar

1

of andersyds oorstreng optree. Die kind se liefde en ver-

troue word hierdeur geskok en dit lei tot gevoelens van onseker-

heid, opstandigheid en selfs haat. Vermeulen (1989:50) het bevind

dat 92% van die kinders wat hy bestudeer het in 'n ontoereikende

gesagsverhouding tot bulle ouers staan. Daar kan dus met redelike

sekerheid aangeneem word dat verstandelik gestremde, gedragsge-

remde dogters ook nie toereikend opgevoed is ten opsigte van die

norme vir sosiale omgang en verhoudinge nie.

(10)

Verstandelik gestremde, gedragsgeremde dogters het as afwykende kinders dus 'n besondere behoefte aan gesagsleiding, ook in hul verhouding tot hul heropvoeders (Pretorius, 1976:126).

2.2.2 Versteurde opvoedingskommunikasie

In paragraaf 1.4.2.2 is reeds uiteengesit dat opvoeding slegs toereikend kan plaasvind indien die opvoedingskommunikasie tussen ouer en kind gekenmerk word deur intieme persoonlike omgang en ontmoeting, wedersydse aanvaarding en begrip en normatiewe lei- ding aan die kind. Wanneer daar egter sprake is van opvoedings- verwaarlosing word die gesin gekenmerk deur negatiewe en ontoe- reikende opvoedingskommunikasie. Die kind bevind hom dan in 'n disharmoniese opvoedingsituasie, wat hom ernstig kan rem ook ten opsigte van sy sosiale volwassewording.

Dit is ongelukkig so dat die gesin nie slegs die saamleefge- meenskap is waarbinne liefde, verdraagsaamheid en samewerking vol trek word nie, maar dikwels ook die si tuasie is waarbinne aggressie, isolasie, botsing en wrewel verwesenlik word (Preto- rius, 1981:46). In so

1

n disharmoniese opvoedingsituasie het die ontmoeting, die liefdevolle verbondenheid tussen ouer en kind verlore gegaan. Teenoor die liefdevolle verbondenheid van die kommunikasie staan die angsvolle isolasie van versteurde kommuni- kasie. Die kind kom te staan voor dit wat vir hom vreemd en be- dreigend is. As gevolg van sy hulpeloosheid kan die kind nie alleen staan teenoor die lewe nie. Angs is wesenlik die belewing van eensaamheid (Pretorius, 1976:23).

Volgens Wijngaarden (1959:116-118) trek die beangste kind hom

terug in homself en sluit hom af, of rig hy teen hom die buite-

wereld om homself te verdedig. Die versteurde kind verberg dus

nie slegs sy innerlike nie, maar sy gedrag word vir sy opvoeders

onbegryp1ik. Daar ontstaan konflik tussen opvoeder en kind, wat

lei tot verwydering, ontnugtering, skuld, eensaamheid en angs.

(11)

Die opvoedingsnood van die kind is dus primer op kommunikasievlak en verhoudingsvlak.

In die lig van die bevindinge van Vermeulen en Snyman (paragraaf 2.1), naamlik dat die grootste meerderheid van verstandelik ge- stremde, gedragsgeremde kinders in die kliniekskool ontoereikende opvoedingsverhoudinge beleef, kan aangeneem word dat hulle ook onderworpe is aan ontoereikende opvoedingskommunikasie in die gesin. Ook die 30 dogters wat tans in die kliniekskool is, beleef die een of ander vorm van versteurde kommunikasie in hulle pri- mere opvoedingsituasie.

Pretorius (1981:17-18) wys daarop dat die wesenskenmerke van in- terpersoonlike kommunikasie binne 'n toereikende opvoedingsver- houding vergestalt word. Vervolgens word hierdie wesenskenmerke kortliks uiteengesit. Daar word ook aangedui op watter wyse die wesenskenmerke ontoereikend verwesenlik word binne die disharmo- niese opvoedingsi tuasie. Verder word aangedui op watter wyse ver- standelik gestremde, gedragsgeremde dogters ontoereikend kommuni- keer in die kliniekskoolsamelewing. Hierdie aannames berus op

* waarnemings van die dogters deur die pedoterapeut en ander personeel wat daagliks met die dogters werk;

* die pedoterapeut se kliniese oordeel, wat berus op indivi- duele- werk wat met dogters gedoen word, en

* orto- en sosiopedagogiese verslae, wat insae bied in die aard van die dogters se kommunikasieprobleme tuis en in die skool.

2.2.2.1 Gevoelskommunikasie

Die eerste wesenskenmerk van interpersoonlike kommunikasie is

toereikende gevoelskommunikasie. Toereikende gevoelskommunikasie

beteken dat 'n persoon bereid moet wees om die eie gevoelens te

erken. Verder moet die persoon ook in staat wees tot die uitle-

(12)

wing van positiewe sowel as negatiewe gevoelens op sosiaal aan- vaarbare wyse (Pretorius, 1981:17-18). Gevoelens moet toepaslik wees binne die betrokke situasie waarin dit tot uiting kom. 'n Persoon moet ook in staat wees om sy gevoelens te beheer (Hoff- man, 1978:77). Verder moet 'n persoon in staat wees tot empatie met die gevoelens van andere en om hierdie empatie oor te dra aan

andere (Pretorius, 1981:17-18).

VanWyk (1983:44-45) beklemtoon in hierdie verband die noodsaak- likheid daarvan dat ouers bereid moet wees om na die gevoelens van hulle kinders te luister, dit te respekteer en begrip daar- voor te toon. Slegs op so 'n wyse sal die kind leer om sy eie gevoelens te aanvaar, te begryp en op aanvaarbare wyse uit te leef, asook om ware empatie te he met die gevoelens van andere.

Gevoelens word op negatiewe en ontoereikende wyse gekommunikeer wanneer ouers hulle gevoelens op onbeheersde wyse teenoor mekaar en hul kinders uitleef, of wanneer hulle nooit enige positiewe of eerlike gevoelens teenoor hulle kinders openbaar nie. Dit gebeur ook wanneer ouers geen begrip toon vir die gevoelens van hulle kinders nie of hulle gevoelens nie in ag neem nie. Die kind leer dus nie emosionele sensitiwiteit aan nie en leer ook nie om hulle gevoelens te beheer nie (Hoffman, 1978:77; Pretorius, 1981:18).

Verstandelik gestremde, gedragsgeremde dogters toon hul versteur- de gevoelskommunikasie onder andere deur gevoelslabiliteit. Hulle reageer soms met hewige aggressie of onsteltenis op gebeure, bui- te verhouding tot die erns van die gebeure. Hul gevoelskontrole is swak. Dikwels is hul gevoelens verhard en vertoon hulle 'n onvermoe om enige gevoelens te toon. Omdat hulle dikwels vas- gevang is in hul eie, versteurde gevoelens, kom hulle moeilik tot

'n objektiewe stellingsname teenoor die werklikheid en vertoon

hulle 'n onvermoe om empatie te he met die gevoelens van andere.

(13)

2.2.2.2 Magskommunikasie

Volgens Pretorius (1981:18) is oak die magsaspek 'n wesenskenmerk van interpersoonlike kommunikasie. Hy omskryf dit as die intensie van 'n persoon om die aandag op homself gevestig te kry, asook die intensie om andere te kontroleer. In die opvoeding word die magsaspek deur die gesagsverhouding verwesenlik (De Klerk, 1990:

50; Pretorius, 1981:18). Volgens Hoffman (1978:76) is die kern van gesag regverdigheid. Regverdigheid eis demokratiese gesags- uitoefening, wat oak die kind se regte as mens respekteer. ouers wat hul kinders op demokratiese wyse opvoed help hulle kinders om selfstandig te word. So leer die kind om self beslissings te maak en self stelling in te neem teenoor sy medemens en leer hy andere se standpunte waardeer. Die kind kan hom aan die hand van norme en waardes orienteer in vreemde situasies. Hy sal in staat wees tot gesonde selfhandhawing in sy kommunikasie met andere, sander om hulle te oorheers (De Wit en Van der Veer, 1982:104;

Gresse, 1973:26).

By versteurde magskommunikasie gaan dit om die versteurde gesags- verhouding. Die kind verwerp die gesag van die ouers en die gesag van samelewingsnorme. Dit vind plaas wanneer ouers gesag op outo- kratiese wyse aan die kind kommunikeer deur oormatige beheersing, dominering, onregverdigheid, vernedering, onmenslike straf of selfs mishandeling. Die gees van die kind word geweld aangedoen, en dit kan lei tot opstandigheid en haat, of volkome onttrekking.

Andersyds sal 'n laat-maar-gaan opvoedingstyl lei tot verwenning en onbeheersde optrede by die kind. Die kind leer nooit om af- stand te doen van die eie begeertes en wense ter wille van andere nie. Hy is nie in staat tot affektiewe binding nie en is groot- liks egosentries ingestel (Hoffman, 1978:76; Gresse, 1973).

Verstandelik ge?tremde, gedragsgeremde dogters vind dit moeilik om gesag te aanvaar en is dikwels in botsing met volwassenes.

Hulle is geneig om hul maats te manipuleer om hul sin te kry en

hul eie behoeftes te vervul. Hulle ontken dan oak maklik die

regte van andere en verontskuldig hulself wanneer hulle oortree

(14)

42

het. Deur dreigemente, 'n geskel of omkopery probeer hulle soms mag uitoefen op andere tot hul eie voordeel.

2.2.2.3 Buigsaamheid

Die volgende wesenskenmerk van kommunikasie is buigsaamheid.

Buigsaamheid is die teenoorgestelde van rigiditeit. Gouws, et al., (1979:42) omskryf buigsaamheid as aanpasbaarheid en plas- tisiteit, dit wil se die vermoe om met gemak 'n ingesteldheid te verander, gedrag te wysig en op toepaslike wyse op veranderde omstandighede te reageer. Volgens Pretorius (1981:18) is buig- saamheid die moontlikheid om 'n groat verskeidenheid van gevoe- lens, idees en handelinge te verwesenlik. Rigiditeit kan omskryf word as die onvermoe van 'n persoon om sy gedrag, houdings,

menings of wyse van aanpassing te wysig, en as die vasklou aan uitgediende gedragspatrone (Gouws et al., 1979:262).

Die opvoeder moet aan die kind buigsaamheid kommunikeer. Dit is noodsaaklik dat die kind sosiale aanpasbaarheid binne gesins- verband sal aanleer (Hoffman, 1978:78). Sodoende sal hy kan aanpas by 'n groat verskeidenheid interpersoonlike situasies buite die gesin sander om die eie waardes en norme prys te gee.

Wanneer ouers onbuigsaam, ontoeskietlik en onderdrukkend optree, leer hulle oak die kind om nie buigsaam te wees nie. Die kind word dan self 'n harde en ongenaakbare mens, wat rigied dink en optree, moeilik inskakel by veranderende omstandighede en moeilik interpersoonlike verhoudinge kan handhaaf. Onderdrukkende kommu- nikasie lei tot opstand, of totale passiwiteit-en 'n gebrek aan spontaneiteit in die omgang met andere. oormatige toeskietlikheid kan andersyds daartoe lei dat die kind geen standvastigheid ver- toon nie en geen standpunt kan inneem nie.

Die onbuigsaamheid van verstandelik gestremde, gedragsgeremde

dogters kom tot uiting in hul onvermoe om andere te begryp en in

hul onverdraagsaamheid. Hulle vind dit moeilik om sander konflik

in die kliniekskoolsamelewing saam te leef en saam te werk. Heel

(15)

dikwels beland hulle egter in die moeilikheid omdat hulle sander teespraak doen wat hul maats se, of hulle laat hulle misbruik omdat hulle hul maats nie wil teegaan nie.

2.2.2.4 Erkenning van die ander

Landman (1977:63) omskryf hierdie wesenskenmerk van kommunikasie as agting vir die menswaardigheid van die ander. Die woord "ag- ting" stam van die Oud-hoogduitse woord "ahton", wat beteken

"nadink", "beag", "waardeer" of "glo". wanneer een mens deur die ander geag word, beteken dit dat hy waarderend beag word, en dat sy outentieke persoonwees na regte besef word (Van Rensburg al., 1979:7). Volgens Pretorius (1981:18) is erkenning van die ander die mees fundamentele sosiale handeling.

Ouers moet deur hulle optrede aan die kind kommunikeer dat hulle agting het vir hom as unieke mens, omdat hy as beelddraer van God deelnemer is aan die hoogste waardes van menswees. Die ouer moet bereid wees om met die kind in verhouding te tree en hom welkom laat voel. Die kind se tuiste moet vir hom 'n geborge ruimte van intieme gesinsamesyn wees (Landman, 1977:63-64).

Erkenning van die ander impliseer ook erkenning van jouself as menswaardige mens, as individu in eie reg - dus selfaanvaarding en selfvertroue (Van Rensburg et al., 1979:7). Die kind wat hom- self ag, sal ook agting betoon in die omgang met andere.

Wanneer ouers die unieke indi viduali tei t van die kind misken, kan

daar van ware aanvaarding en begrip geen sprake wees nie. Die

ouer wat afbrekende en aanhoudende kritiek lewer en wat die kind

verneder en verkleineer breek die selfbeeld van die kind af. Die

kind verloor agting vir sy ouers en vir sy medemens in die alge-

meen. Wanneer ontkenning, minagting en verwerping aan die kind

gekommunikeer word, sal die kind minderwaardig voe1 en sal hy ook

nie andere kan erken en aanvaar nie (Nel & Steyn, 1985:14).

(16)

44

Verstandelik gestremde, gedragsgeremde dogters toon dikwels hul minagting vir hul maats en selfs volwassenes deur hulle toe te snou, te vloek, te slaan, te beskinder, te belieg, te besteel, te misbruik, te ignoreer of weg te jaag. Hul miskenning van die menswaardigheid van andere kom trouens tot uiting in al die vorme van versteurde kommunikasie wat in hierdie paragraaf

be~preek

word. In wese le hul onvermoe tot erkenning van die ander in hul eie belewenis van nie-menswaardigheid en in hul egosentriese vas- gevangenheid in hul eie problematiese leefwereld. Daarom draai hul denke en gevoelens meesal net om hulself en hul onvervulde behoeftes. Op tipies egosentriese wyse vertoon hulle dan oak dikwels opvallende of

11

snaakse

11

gedrag net om die aandag op hulself te vestig.

2.2.2.5 Rasionele Denke

Vervolgens word rasionele denke as wesenskenmerk van interper- soonlike kommunikasie uiteengesit. Die woord "rasioneel

11

stam van die Latynse woord "rationalis", wat beteken "deur middel van die rede",

11

redelik

11

of "verstandelik". Rasionele denke is logiese denke (Van Rensburg et al., 1979:139). om rasioneel te dink oar 'n saak beteken om daardie saak te begryp en insig te he daarin.

'n Begrip vat die eienskappe van 'n saak saam wat belangrik is om 'n saak te verstaan (Gouws et al., 1981:30).

Binne die konteks van opvoedingskommunikasie verwys hierdie aspek eerstens na die kind se vermoe om dit wat andere aan hom kommuni- keer korrek te interpreteer. Tweedens vereis dit dat die kind hom moet kan indink in die lewensituasie van andere (Pretorius, 1981:

18), sodat hy nie slegs realistiese sienings van sy medemens sal he nie, maar oak ware begrip vir hulle sal he.'

Om andere waarlik te kan begryp, moet die kind egter oak insig

verwerf in sy eie gevoelens, gedagtes en handelinge. Hierdie

insigte sal slegs aan die kind oorgedra word as hy in 'n

begrypensverhouding tot sy opvoeder leef (Landman, 1977:63).

(17)

Binne die begrypingsverhouding leer die kind om begrypend teenoor homself, asook sy medemens te staan.

Die ouer wat hom nie kan indink in die lewensituasie en gevoelens van die kind nie, sal die kind nie leer ken nie. Die kind sal nie tot selfkennis en selfbegrip gebring word nie. Die ouer sal aan die kind irrasionele sienings oor homself, sy medemens en sy leefwereld kommunikeer. Daar sal wanbegrip wees tussen ouer en kind, en die kind sal ook nie kom tot voldoende begrip van sy leefwereld en van die lewenseise nie. Dit sal lei tot verwarring by die kind, asook 'n onvermoe om andere te begryp.

Omdat die abstrakte redeneringsvermoe van verstandelik gestrem- de, gedragsgeremde dogters beperk, is vertoon hulle weinig insig

in sosiale verhoudinge. Hulle verstaan baie moeilik die motive- ring vir andere se gedrag en reageer dan op irrasionele wyse.

Hulle kom moeilik tot begryping van 'n ander se lewensituasie en huldig dikwels irrasionele sienings van andere. Hierdie beperking word vererger deur hulle emosionele versteurdheid, wat kogni tiewe ordening belemmer. Hul beperkte insig is 'n besonder sterk rem- mende faktor ten opsigte van interpersoonlike kommunikasie.

2.2.2.6 Gesprek

Kommunikasie is altyd 'n tweegesprek of dialoog, waardeur weder- sydse beinvloeding en persoonsvorming plaasvind. Volgens Frankl

(1980:65) is dialoog die wesenlike van eg menslike ontmoeting.

Die oorsprong van die woord "dialoog" kan teruggevoer word na die Griekse woord "dialogos" wat saamgestel is uit die woorde "dia", wat beteken "intree tussen" en "logos", wat beteken "verhaal",

"gesproke woord" of "woord", asook die woord "dialegomai", wat beteken "gesels".

Dialoog is 'n tweegesprek of samespraak om kommunikasie te

bevorder. Di t lei tot beter verstandhoudings en wedersydse

begrip. Dialoog, gesprek en kommunikasie is dus sinoniem (Gouws

(18)

46

et al., 1982:29; Pretorius, 1981:18; Botha & Van Rensburg, 1985:

68; Pistorius, 1976:213). Sander die opregte intensie om 'n ander te wil begryp, te wil ontmoet en te wil raakhoor, kan daar van dialoog nie sprake wees nie. Onderliggend aan gesprek moet daar 'n houding wees van ware bereidheid tot verhoudingstigting, aan- vaarding en erkenning van die ander se reg om anders te wees

(Traas, 1974:86).

Wanneer opvoeder en kind nie tyd saam deurbring nie, nie met mekaar praat nie, en nie bereid is om onbevange na mekaar te luister nie, kan daar geen sprake wees van wedersydse aanvaar- ding en begrip nie (Pistorius, 1981:66). Om nie te luister na die kind nie, is minagting van die menswaardigheid van die kind en is ontkenning en verwerping van die kind as mens in eie reg. Die kind wat nie na sy ouers luister nie, het nie agting vir sy ouers nie. Hy vertrou hulle nie en aanvaar nie hulle gesag nie. Bowenal leer die kind nie hoe om op aanvaarbare wyse uiting te gee aan sy gevoelens en gedagtes nie en leer hy ook nie hoe om met 'n ontvanklike gemoed na andere te luister nie.

Verstandelik gestremde, gedragsgeremde dogters is verbaal ge- strem. Op grand van hul verstandelike beperktheid is hul taal- vermoe, hul konsentrasievermoe, asook hul insig in idees en verhoudinge beperk. Hul milieugeremdheid veroorsaak verder dat hulle hul reeds beperkte verbale vermoens nie optimaal ver- wesenlik nie. Hulle vind dit moeilik om hul belewinge, gedagtes

en gevoelens te verbaliseer. Bowendien kan psigies versteurde

dogters hul gevoelens nie verwoord nie (Lubbers, 1971:7). Hulle

is dikwels in hulself gekeer en het nie die vrymoedigheid om met

andere te praat nie. Die ander uiterste is dat,hulle geneig is

om slegs oor hulself te praat en die geselskap te oorheers. Hulle

vind dit moei1ik om met opregte belangstelling na hul maats te

luister en toon dikwels weinig begrip vir wat hulle se. Hulle

verkies dit om self te praat en die aandag op hulle gevestig te

hou. Daarom val hulle hul maats in die rede om oor hulse1f te

praat, of hulle snou hul maats toe om stil te b1y.

(19)

2.2.2.7 Ontllloeting

'n Volgende wesenskenmerk van kommunikasie is ontmoeting. Die mens is altyd gerig op die wereld en hy staan oop vir die wereld;

hy is in dialoog met die wereld en tree voortdurend daarmee in ontmoeting. Interpersoonlike verhoudinge ontstaan omdat die mens ook met sy medemens in ontmoeting tree (Gresse, 1973:17-18).

Pretorius (1981:18) omskryf interpersoonlike ontmoeting as die gebeure waar die ander "van alle meet onthef word." Dit impliseer onvoorwaardelike aanvaarding van die ander. In 'n ontmoetingsi- tuasie ontstaan optimale vryheid, sodat die een dit sal wil waag met die ander in 'n sfeer van veiligheid, begrip en vertroue.

Deur ontmoeting in die opvoedingsverhouding ervaar die kind die vryheid waarbinne hy homself kan wees. Gewone menslike omgang beteken 'n by-mekaar-wees in ruimte en tyd, en die bestaan van die moontlikheid om met mekaar te kan kommunikeer. Die ontmoe- tingsverhouding beteken egter dat die menslike saamlewe verdiep tot 'n met-mekaar-wees. Ouer en kind kan hulle in vertroue tot mekaar wend en sinvol met mekaar kommunikeer (Van Rensburg et al., 1979:108). Dit beteken ook die belewing dat ons aan mekaar behoort ter wille van mekaar. Ontmoeting vereis dat ouer en kind hulle vir mekaar oopstel en vir mekaar bereikbaar en beskikbaar is. In 'n ontmoetingsituasie heers daar innigheid, hartlikheid en vertroulikheid. Ontmoeting word gekenmerk deur 'n gesindheid van samewerking en medeverantwoordelikheid vir mekaar, omdat die saamleefsituasie as sinvol beleef word. In so 'n situasie·heers daar diepgewortelde goeie gesindhede en welwillendheid, wat daartoe lei dat die betrokkenes graag by mekaar en met mekaar wil wees (Landman

1

1977:66-66; Gresse

1

1973:20). Konflik kan ook voorkom in 'n ontmoetingsituasie, maar opvoeder en kind is dan bereid om die konflik "uit te veg", aldus Traas (1974:84).

Om met andere in ontmoeting te kan tree vereis egter dat die mens

ook met homself in ontmoeting moet tree en homself moet leer ken,

begryp en aanvaar.

(20)

48

Dit blyk dus dat ontmoeting die sentrale begrip is ten opsigte van interpersoonlike kommunikasie. Ontmoeting kan slegs waarlik gestalte vind as alle ander wesenskenmerke van kommunikasie ver- wesenlik word.

Ontmoeting word versteur wanneer die betrokkenes mekaar nie on- voorwaardelik aanvaar nie, en kontak nie natuurlik en spontaan is nie. Die liefdevolle betrokkenheid tussen ouer en kind kom nie tot sy reg nie. Die kind beleef dat hy nie versorg word nie, dat sy ouers hom nie lief het nie, dat hy slegs voorwaardelik aanvaar word, of selfs verwerp word. Die kind beleef nie meer geborgen- heid nie, en kan die ouers nie meer vertrou nie.

Die ongeborge kind sal in sy kommunikasie dit nie wil waag met sy medemens nie, hulle ook nie waarlik vertrou nie en nie waarlik ontmoet nie. Hy sal ook nie in staat wees om andere waarlik te ken, te begryp of te aanvaar nie. Sy verhoudinge met volwassenes, asook sy portuurgroep, sal eerder gekenmerk word deur wantroue, onbegrip en afwysing van die ander. Die kind is geslote vir die ander en is behep met die eie self. So bly die kind vasgevang in sy eie innerlike wereld van angsvolle isolasie.

Wanneer die opvoeder andersyds die kind oormatig aan hom bind, kan daar 'n afstootlike familiariteit tussen opvoeder en kind ontstaan. Vertroue en gesag kan nie tot hul reg kom as opvoeder en kind aan mekaar gelykgestel word nie (Traas, 1974:84). Verder kan die kind wat gevoelsmatig te geheg is aan die ouer, moeilik sosiaal selfstandig word, omdat sy kontak beperk bly tot die ouer.

Verstandelik gestremde, gedragsgeremde dogters vind dit besonder moeilik om volwassenes te vertrou. Hulle is egosentries, stel hulle moeilik oop vir andere en toon weinig opregte belangstel-

ling in andere. Van onvoorwaardelike aanvaarding is daar dikwels

weinig sprake. Andersyds beleef hulle so 'n affektiewe honger,

dat hulle hulself oormatig probeer bind aan volwassenes, of

maats. Hierdie neiging tot familiariteit kom ook tot uiting daar-

(21)

in dat hulle dikwels hul diepste geheime sal vertel aan elkeen wat bereid is om te luister. Ook binne portuurgroepverhoudinge is daar van ware vertroue dikwels weinig sprake. Maats skinder van mekaar en sal mekaar skaamteloos beskuldig om straf vry te spring. Selfs

11

boesemvriendskappe

11

word dikwels opgebreek as gevolg van 'n stryery oor seunsvriende. Vriendskap word voor- waardelik gegee "as jy vir my van jou lekkers gee, of as jy my klere was, of as jy met niemand anders speel nie, of as jy doen wat ek se."

2.2.2.8 Waarde-oordrag

Waarde-oordrag is die allesomvattende wesenskenmerk van inter- persoonlike kommunikasie. Kommunikasie is slegs sinvol as di t lei tot die oordrag van die hoogste menslike waardes.

Die woord

11

waarden is afgelei van die Latynse woord nvaleren of

"valu", wat beteken "van waarde wees." Waarde is die besondere betekenis wat 'n bepaalde saak vir 'n mens het en dit druk sy gesindheid daarteenoor uit (Van Rensburg et al., 1979:172).

In hierdie ondersoek val die klem op oordrag van sosiale waardes.

Deur middel van opvoeding dra die ouers die waardes van behoor- like sosiale saamlewe aan die kind oor. Dit doen hy deur self hierdie waardes binne die opvoedingsverhouding aan die kind voor te hou en voor te leef. Die ouer wat ontoereikend met die kind kommunikeer, dra nie die waardes van aanvaarbare interpersoonlike omgang aan die kind oar nie en voed die kind dus nie op tot ver- wesenliking van sy sosiale bestaanswyse nie.

Die negatiewe kommunikasiegedrag van verstandelik gestremde, ge-

dragsgeremde dogters dui op ontoereikende waarde-oordrag ten op-

sigte van sosiale interaksie. Dit is die opgaaf van die ortope-

dagoog om die waardes van behoorlike interpersoonlike kommuni-

kasie aan verstandelik gestremde, gedragsgeremde dogters oor te

dra. so vind sosiale heropvoeding plaas.

(22)

2 • 3 MILIEUGEREMDHEID AS VERNAAMS'.fE OORSAAK VAN DIE ONTOE- REIKENDE SOSIALE OPVOEDING VAN VERS'.fANDELIK GESTREMDE, GEDRAGSGEREMDE ADOLESSENTE DOGTERS IN 'N KLINIEKSKOOL.

Die ondersoeke gedoen deur Vermeulen (1989) en Snyman {1976) dui daarop dat die groat meerderheid verstandelik gestremde, gedrags- geremde kinders in 'n kliniekskool milieugeremde kinders is.

Hierdie aanname word versterk deur die feit dat 26 uit die 30 dogters wat hulle tans in die kliniekskool bevind, uit milieuge- remde huise kom. Die milieugeremde kind is 'n sosiopedagogies verwaarloosde kind. Vervolgens word die sosiopedagogiese verwaar-

losing van verstandelik gestremde, gedragsgeremde dogters be- spreek vanuit die perspektief van hul milieugeremdheid.

Die begrip "milieu" kan omskryf word as die mens se

* geografies-fisiese wereld:

* medemenslike wereld, en

* kultuur-historiese wereld.

(Pretorius, 1981:211)

Wanneer die kind se opvoedingsmilieu ernstig tekort skiet, kan daar gepraat word van 'n gestremde of geremde milieu (Booyse, 1989:142: Van Niekerk, 1986:4; Pretorius, 1981:211-212). Booyse

(1989:142) is van mening dat die term "milieugeremd" verkieslik is, omdat 'n geremdheid die moontlikheid van opheffing impliseer.

Dit is dan oak so dat sekere aspekte van 'n problematiese opvoe- dingsmilieu ophefbaar is. In die geval van verstandelik gestrem- de, gedragsgeremde dogters verwys hierdie aspekte veral na opvoe- dingsprobleme of -tekorte in die gesin.

Van Niekerk (1986:4) en Pretorius {1981:211-212) gebruik egter

die term "milieugestremd", en beklemtoon daarmee die onophefbare

aspekte van 'n ontoereikende opvoedingsmilieu. oat sekere tekorte

ten opsigte van 'n gesin se milieu onophefbaar is is eweneens

waar. Beide die bostaande terme is dus toepaslik op verstandelik

gestremde, gedragsgeremde dogters in 'n kliniekskool. Verstan-

(23)

delik gestremde, gedragsgeremde dogters word egter in 'n kli- niekskool geplaas met die aanname dat hul problematiese op- voedingsituasie opgehef of verbeter kan word. Die term "milieu- geremd" word dus as meer toepaslik beskou en sal vervolgens gebruik word.

Milieuqeremdheid beteken dat die kind hom bevind in 'n leefwereld wat gekenmerk word deur

* 'n ontoereikende fisiese omgewing en woonbuurt, swak behuising en karige materiele besittings;

* ontoereikende interpersoonlike kommunikasie wat die kind rem ten opsigte van die verwesenliking van sy persoons- moontlikhede. Veral sy sosiale kommunikasiemoontlikhede word nie optimaal verwesenlik nie;

* die handhawing van 'n lae kulturele peil.

(Pretorius, 1981:211-212)

In hierdie ondersoek gaan dit hoofsaaklik oor interpersoonlike kommunikasie as aspek van sosiale opvoeding. Daar sal dus in die besonder gekyk word na die ontoereikende voltrekking van inter- persoonlike kommunikasie as gevolg van ontoereikende opvoeding- in-saamlewe binne die milieugeremde gesin en hoe di t lei tot ontoereikende ontplooiing van die kind se kommunikasievermoe.

2.3.1 Die milieugeremde gesin

In die milieugeremde gesin staan die ouer se gebrekkige saamleef- voorbeeld en die opvoedingsverwaarlosing van die kind voorop. Die milieugeremde kind leer ontoereikende en versteurde huweliksaam- 1ewe, opvoedende saamlewe, kinderlike saamlewe en volwasse saam- lewe deeglik ken. Milieugeremde ouers is nie kindgerig nie, en steur bulle nie veel aan die kinders nie. Hulle het te min tyd of lus vir opvoedingsomgang en opvoedingsbemoeienis. Daar is te min gesamentlike maaltye, gesinsgesprekke en gesamentlike vrye- tydsbesteding. Die gesin is in die verwaarlosende sin permissief.

Dit is 'n ongeborge gesinslewe, gekenmerk deur stryd, konflik,

(24)

onrus en uitbarstings. Die milieugestremde gesinsfeer is 'n ge- brekkige oefensituasie vir die sosiale lewe van die kind, omdat daar nie positiewe houdinge ten opsigte van die medemens en die samelewing gewek word nie, en die kind nie tot sosiale verant- woordelikheid opgevoed word nie. Die kind leer om homself op geslepe, aggressiewe wyse in die stryd van die milieugeremde situasie te handhaaf. Die gesag in die gesin is te gebrekkig om die kind te lei tot sosiaal aanvaarbare gedrag ( Pretorius,

1981:216-217; Botha, 1977:137-138).

Die milieugeremde gesin is dikwels 'n groot gesin wat in uitsig- lose armoede leef en wat geringe sosiale en ekonomiese status in die samelewing geniet (Pistorius 1 1976:268; Botha 1 1977:135;

Gresse

1

1973:90). Die vader is dikwels werkloos 1 werksku en swak opgelei 1 met 'n gevolglike lae werkstatus en lae inkomste. In baie gevalle is die vader afwesig 1 of hy is 'n onstabiele per- soon, geneig tot dobbel en drankmisbruik, na wie se grille almal hulle moet skik. Die vaderbeeld is dus afgetakel. Die moeder moet dikwels noodgedwonge buitenshuis gaan werk. Sy is ook dikwels swak opgelei en het 'n karige verdienste. Te midde van die lewen- stryd en afslofing 1 kan sy nie die kinders toereikend versorg 1 opvoed en liefde gee nie. Daarby is die ouers dikwels verstan- delik swak bedeeld en sonder veel opleiding. Gevolglik word die karige inkomste swak bestee { Pretorius

1

1981:213: Pistorius

1

1976:269).

Die gebrekkige opvoedende samesyn word gemanifesteer in ongedul-

dige1 geirriteerde 1 ontkennende en gespanne opvoedingskommuni-

kasie. Geen goedkeuring en beloning of afkeuring en straf, geen

waardes en norme word aan die kind gekommunikeer nie. Ook ont-

breek dit aan diepte 1 egtheid en intimiteit in die kommunika-

siepatroon van die milieugeremde gesin {Pretorius, 1981:217). In

die milieugeremde gesin staan die verskynsel van opvoedingsver-

waarlosing dus voorop.

(25)

2.3.2 Vorme van opvoedingsverwaarlosing in die milieugeremde gesin

Skrywers soos Kruger (1980:76-82), Pretorius (1981:214-222) en Sonnekus (1977:8-9) toon die volgende vorme van opvoedingsver- waarlosing aan ten opsigte van die milieugeremde gesin:

* Fisiese verwaarlosing;

* affektiewe verwaarlosing:

* intellektuele verwaarlosing;

* normatiewe verwaarlosing;

* religiese verwaarlosing.

vervolgens word die bogenoemde vorme van verwaarlosing kortliks bespreek. Daar sal aangedui word in watter mate hierdie vorme van verwaarlosing aanleiding gee tot 'n versteurde persoonsbeeld by die kind en watter implikasies dit inhou ten opsigte van die on- toereikende voltrekking van sy kommunikasiemoontlikhede.

2.3.2.1 Fisiese verwaarlosing

Volgens (Nel 1966:36) le fisiese versorging ten grondslag van af- fektiewe stabiliteit. Voldoende fisiese versorging is 'n voor- waarde vir geslaagde opvoeding. Die milieugeremde kind geniet nie die voorreg van voldoende behuising, kleding, voedsel, -mediese sorg, higiene en ontspanning nie. Die kind verskyn verwaarloos en onversorg by die skoal en voel dikwels minderwaardig (Gresse, 1973:91; Kruger, 1980:76; Pretorius, 1981:214).

Wanneer die ouer wat wel in staat is om die kind te versorg

voortdurend versuim om dit te doen, beleef die kind dit as ver-

werping (Snyman, 1976:59). Volgens Vermeulen (1989:59) word die

verwerping van die kind in 'n kliniekskool sigbaar onder andere

in die ontoereikende voorsiening van materiele behoeftes soos

klere en toiletbenodigdhede. Kempe en Kempe {1978:19) wys daarop

dat die fisies verwaarloosde kind swak verhoudings het met ande-

re, geneig is tot apatie en depressie en stadiger volwasse word.

(26)

Die fisies verwaarloosde kind sal dus nie toereikend kommunikeer nie.

2.3.2.2 Affektiewe verwaarlosinq

Die milieugeremde kind beleef dikwels binne die chaos van 'n

11

oorvol

11

huishouding, 'n tekort a an 1 iefde, gevoelskontak en gevoelswarmte. Die gebrek aan liefdevolle saamlewe lei tot on- toereikende wekkinq van die gevoelslewe van die kind. Die kind bly seek na liefde en sy gevoelslewe is dikwels vlak en labiel.

Hy betree die skoal en die breer gemeenskap met gevoelens van basiese lewensonsekerheid (Pretorius, 1981:214; Kruger, 1980:78- 79). Die affektief verwaarloosde kind voel verworpe, bedreig en minderwaardig. Hy bet dus 'n swak selfbeeld. Els (1988:30) wys daarop hoe 'n swak selfbeeld 'n kind se sosiale omgang en verhoudinge versteur:

* 'n Kind met 'n swak selfbeeld is nie in staat om betekenis- volle verhoudinge aan te knoop nie.

* Hy tree vyandiggesind op teenoor ouers en maats. Omdat hy verwag om verwerp te word, verwerp hy andere.

* Hy is obsessief in sy soeke na goedkeuring en aanprysinq.

Sy gedurige hanger na liefde stoat andere af.

* Hy hou 'n vals beeld voor, omdat hy dink dit is meer aanvaarbaar as sy werklike beeld.

* Hy glo nie hy het beheer oar sake nie en hou hom hulpeloos.

* Hy rasionaliseer eerder as om sy probleme te erken.

* Hy bet min selfvertroue en glo dat hy sal misluk voordat hy

nag probeer bet. Hy eksploreer dus nie graag nie, oak nie

ten opsigte van verhoudinge nie.

(27)

* Hy neem in homself sy eie swakhede selektief waar, omdat dit ooreenstem met sy verwagtinge.

* Hy het 'n baie swak liggaamsbeeld en 'n besondere hoe angsvlak.

* Om homself te beskerm onttrek hy hom aan interaksie met andere en bly liewer eensaam en alleen.

Volgens Snyman (1976:33-34) het opvoedingsverwaarloosde kinders juis 'n besondere behoefte aan aanvaarding en vriendskap. Omdat hulle egter vasgevang is in affektiewe nood, het hulle weinig be- grip vir hul eie aandeel aan verhoudinge, asook hul aandeel aan mislukte verhoudinge. Op grond van 'n gebrekkige waarde-oordeel en gebrekkige begrip van behoorlike interpersoonlike gedrag, kan hulle nie die gevolge van hul optrede antisipeer nie. Hulle laat hulle in hul gedrag alleenlik deur hul behoeftes lei. Binne die portuurgroepverhoudinge gaan hulle nie werklik oor tot die stig- ting van 'n ons-wereld nie, omdat hulle nie begrip het vir die behoeftes van andere nie. Die mislukte verhoudinge wat noodwendig volg, skryf hulle dan toe aan die verkeerde optrede en valse beskuldiging van maats. Gevolglik beleef hulle verhoudingstigting as sinloos en onttrek hulle hul eerder aan portuurgroepverhou- dinge. Sosiale heropvoeding ten opsigte van hierdie kinders is dus van besondere belang.

Vermeulen ( 1989:34,57) het in sy studie van verstandelik gestrem- de, gedragsgeremde jeugdiges in 'n kliniekskool bevind dat 90%

van hierdie jeugdiges affektief verwaarloos was. Hierdie verwaar-

losing neem die vorm aan van verwerping, fisiese mishandeling of

behandeling van die kind as uitsonderingskind. Die kind wat nie

aanvaar word nie, meet geduring die kritiek, aggressie, afwysing

en irritasie van die ouer verduur. Hy ervaar weinig meelewing,

goedkeuring en aanmoediging van sy ouers. Dikwels neem die fisie-

se mishandeling van hierdie kinders die vorm aan van onmenslike

straf soos die weerhouding van water, voedsel en slaap, en die

toediening van ongemak en pyn, soos om in koue water te bad, op

(28)

56

die vloer te slaap en die toediening van brandwonde. Die straf is ook dikwels buite verhouding tot die oortreding. Fisiese be- dreiging kom ook voor wanneer die kind die skyf van 'n beskonke ouer se aggressie is, of wanneer 'n ouer 'n kind seksueel mis- bruik (Vermeulen, 1989:60, Snyman, 1976:61-62). Hier kan genoem word dat 12 van die 30 verstandelike gestremde, gedragsgeremde dogters wat tans in 'n kliniekskool is, seksueel misbruik is deur

'n eie vader, 'n stiefvader of ander gesins- of familielede.

2.3.2.3 Intellektuele verwaarlosing

Die verwaarloosde kind kom nie tot volle ontplooiing van sy ana- lities-logiese bestaanswyse nie. Vormende leesstof en vormende ervaringe ontbreek, veral ten opsigte van taalervaringe, speeler- varinge, liggaamlike ervaringe, kulturele ervaringe, sosiale er- varinge en opvoedkundige ervaringe. Die kind ontplooi nie sy waarnemingsvermoe en onderskeidingsvermoe nie. Hy het dus reeds by skooltoetrede 'n agterstand ten opsigte van perseptuele ver- moens. Hierdie agterstand word progressief opgebou, sodat hy spoedig in sy skoolloopbaan druip. As gevolg van sy affektiewe versteurdheid kom hy moeilik tot abstrakte denke. Hy waag nie toereikend in die formele klassituasie nie en die gevolge is onderprestasie, mislukking en druiping. Dit knou sy negatiewe selfbeeld nog verder (Kruger, 1980:82; Pretorius, 1981:219;

Botha, 1977:141; Gresse, 1973:97).

Die milieugeremde kind is ook 'n taalgeremde kind. sy kognitiewe wording word veral op die vlak van taalverwerwing gerem. Omdat hierdie kinders nie die taal kan struktureer nie, kan hulle ook nie essensiele gedagtes korrek weergee nie. Hulle beskik dus nie oor die taalvermoe om toereikend te kan kommunikeer nie. Hul

11

plattaal

11

en vloektaal dra verder by tot hul negatiewe kom- munikasie (Pretorius, 1981: 215-216; Botha, 1977:142).

Waar ouers self verstandelik beperk is, kan intellektuele op-

voeding nie toereikend plaasvind nie. Vermeulen (1989:33) het

bevind dat 24% van die verstandelik gestremde, gedragsgeremde

(29)

jeugdiges wat hy bestudeer het, se ouers albei spesiale onderwys ontvang het, terwyl in 48% van gevalle een ouer spesiale onderwys ontvang het. Hieruit kan afgelei word dat die verstandelik ge- strernde ouer, wat boonop rnilieugerernd is, dit besonder rnoeilik sal vind om die kind op te voed tot ontplooiing van sy intel- lektuele verrnoens.

2.3.2.4 Normatiewe verwaarlosing

Norrnatiewe verwaarlosing vind plaas wanneer die norrne van behoor- like volwassenheid, wat oak sosiale volwassenheid insluit, nie toereikend aan die kind voorgese en voorgeleef word nie en die kind horn dus nie met hierdie norme identifiseer nie {Vermeulen, 1989:62; Sonnekus, 1977:7-8). Dit vind plaas wanneer vaste reels in die gesin ontbreek. Te min eise word gestel. Dikwels gee die ouers te rnaklik toe aan die eise van die kind om konflik te verrny. Normatiewe verwaarlosing sluit oak in die uitoefening van inkonsekwente, liefdelose of diktatoriale gesag. Die norrnatief verwaarloosde kind het geen respek vir sy rnedernens nie en ontsien niks en niemand nie. So 'n kind kom dikwels in opstand teen die sarnelewing (Pretorius, 1981:132-133; Kruger, 1980:90; Vermeulen, 1989:63).

Die demoraliserende effek van rnilieugeremdheid is so sterk dat die gesin nie probeer om fatsoenlike standaarde van rnedernenslik- heid te handhaaf nie. Hulle leef in 'n gerneenskap waar drankrnis- bruik, buurttwiste, bakleiery, asosiale wandade en fisiese aan- randing aan die orde van die dag is. In so 'n situasie kweek die kind noodwendig 'n gesindheid aan van elkeen-vir-hornself, wat later kan lei tot wangedrag en rnisdaad (Pretorius, 1981:213-214;

Pistorius, 1976:269).

2.3.2.5 Religieuse verwaarlosing

Die Christenouer is geroepe om sy verbondskind op te voed krag-

tens die doopbelofte, naamlik om die kind omhoog te lei na God

toe. Die opregte godsdiensbelewing en -beoefening van die ouers

(30)

58

sal as identifikasiemodel dien vir die kind. Deur identifikasie met die ouers, sal die kind 'n eie lewensopvatting bou, gegrond op die grondmotief van skepping, sondeval en verlossing. Die kind wat besef dat hy in Christus die kroon van God se skepping is, sal homself, sowel as sy medemens, na waarde ag (Postma & Vander Walt, 1984:8).

Volgens Vermeulen (1989:33,64) blyk die ontoereikende geloofsop- voeding van verstandelik gestremde, gedragsgeremde kinders in 'n kliniekskool daaruit dat slegs 15% van die ouers betrokke by sy

ondersoek, meelewende lede van 'n kerkgenootskap was.

2. 4 VERSTANDELIKE GESTREMDHEID AS BYDRAENDE FAKTOR TOT DIE ONTOEREIKENDE SOSIALE OPVOEDING VAN VERSTANDELIK GESTREMDE, GEDRAGSGEREMDE ADOLESSENTE DOGTERS IN 'N KLINIEKSKOOL

'n Kind word as verstandelik gestremd beskou as hy oor ontoe- reikende verstandelike moontlikhede beskik (Pretorius, 1976:74- 75; Kruger, 1980:159; De Wet et al., 1979a:153; Vedder, 1976:

34). Verstandelik gestremde kinders is dikwels in hul totale persoonwees gestrem. Hulle het dus nie slegs 'n agterstand ten opsigte van hul verstandelike vermoe nie, maar het dikwels 'n algehele agterstand (Du Toit, 1989d:367). Nel (In Thiele, 1972:

16) wys daarop dat verstandelik gestremde

kinde~s

hul leefwereld nie toereikend verstaan nie, en dikwels skewe betekenisse daaraan gee. Hierdie skewe betekenisgewing strem hul persoonsontplooiing.

Individuele verskille moet egter in ag geneem word; hoe erger die graad van gestremdheid, hoe groter sal die algehele agterstand wees (Du Toit, 1989d:368; Jacobs & van der Merwe, 1982:28).

Vervolgens word kortliks uiteengesit op watter wyse verstandelik

gestremde kinders se tekorte bydra tot.hul ontoereikende kommuni-

kasie. Die eienskappe van verstandelik gestremde kinders wat be-

spreek word, word beskou as van toepassing op verstandelik ge-

stremde, gedragsgeremde dogters.

(31)

2.4.1 Liggaamlike tekorte

Deur sy liggaam tree die mens in dialoog met sy wereld. Enige liggaamlike gebreke wat die kind mag openbaar, kan sy volwasse- wording ernstig versteur (Van Niekerk, 1976:85-86; Sonnekus, 1977:149). Die reflekse en motoriese handelinge van verstandelik gestremde kinders is dikwels stadiger, spierkoordinasie is swak- ker en hulle is lomp. Perseptuele probleme kan ook dikwels voor- kom. Dit strem hulle verder in die belewing van en betekenis- gewing aan hul leefwereld, en dus in hul totale persoonsont- plooiing (Vander Merwe & Jacobs, 1982:27,52; Kruger, 1980:159;

Du Toit, 1989d:371-372; Visser, 1978:8).

Vermeulen (1989:72) het in sy ondersoek die volgende bevind aan- gaande die liggaamlike tekorte van 120 verstandelik gestremde, gedragsgeremde seuns in 'n kliniekskool:

TEKORTE PERSENTASIE

Visueel 53

Gehoor 20

Spraak en Taal 54

Liggaamsorientasie en koordinasie 54

Linkshandigheid 12

Gekruiste dominansie 49

Rigtingsin 67

Opvallende liggaamlike andershede 46

Vermeulen (1989:82) wys verder daarop dat verstandelik gestremde,

gedragsgeremde kinders hul liggaamlike andersheid besonder nega-

tief be1eef. 'n Negatiewe 1iggaamsbelewing impliseer 'n negatiewe

selfbeeld. 'n Negatiewe selfbeeld belemmer die kind se kommunika-

sievermoe.

(32)

60 2.4.2 Verstandelike onvermoe

Verstandelike onvermoe is die mees algemene kenmerk van verstan- delik gestremde kinders. Hulle beleef vele mislukkings ten op- sigte van kognitiewe prestasies. Hulle het meesal 'n swak self- beeld, wat gepaard gaan met 'n swak waaghouding en swak moti- vering; daarom onttrek bulle bulle dikwels aan hul leefwereld en hul medemens (Thiele, 1972:5; Suran & Rizzo, 1979:228-229; Du Toit, 1989:375; Gunzburg, 1968:22-23; Els, 1988:30-32; Chiu,

1990:263; Chapman, 1988:366).

Verstandelik gestremde kinders het 'n groat agterstand ten opsig- te van taalvaardigheid. Hul woordeskat is swakker, bestaan uit meer konkrete begrippe, die betekenisse van woorde word swakker

begryp en sinskonstruksie is swak. Verstandelik gestremde kinders se ontoereikende verbale uitdrukkingsvermoe belemmer hul kommuni- kasievermoe (Sonnekus, 1983:88). Verder het hulle beperkte self- insig, asook beperkte insig in interpersoonlike verhoudinge

(Gunzburg, 1968:65; Kruger, 1980:151; Pretorius, 1976:75; De Wet et al., 1979a:154; Mentz, 1973:130). Gunzburg (1968:65) wys op die uiterste belangrikheid daarvan dat die verstandelik gestremde kind geleer moet word om effektief te kommunikeer.

2.4.3 Affektiewe probleme

Verstandelik gestremde kinders het dieselfde basiese affektiewe behoeftes as normale kinders. Volgens Hamilton (1971:70-72) lei die volgende faktore daartoe dat hierdie behoeftes nie bevredig word nie:

* Beperkte intelligensie;

* Sko1astiese en sosiale mislukking;

* Stadiger gevoe1sontwikkeling;

* Onge1yke ontwikkeling op fisiese, psigiese, geeste1ike en

sosiale gebied.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

FIGDUR 6.25 DKHDROGR!H VAH BKTKKKNISVOLLE VERDKLERS TEH OPSIGTK YAH DIE BKLAMGRIKHEID YAK DIE BEHOEFTK AAH SK&URITKIT {bv. sekuriteit oor per1anente pos). 25

Die voorsetsel voor het sy verskillende bctekenisse bewaar ( vgl. Die woord oes is algemeien gebruiklik, die vorm oogs het liguurlike bet,ekenis, bv.. belse

Om hierdie eise suksesvol te kan hanteer, behoort onderwyskandidate wat oor die gewenste persoonseienskappe vir doeltreffende onderwys beskik, tot die onderwys toe te

Die spesifieke doelstellings van hierdie ondersoek is om te bepaal of verstandelik gestremde, gedragsgeremde adolessente dogters in 'n kliniekskool deur middel van

* Sal groepterapie aan verstandelik gestremde, gedragsgeremde adolessente dogters in 'n kliniekskool die geleentheid bied om in kommunikasie te tree met hul

Die doelstellings van die ondersoek is vervolgens uiteengesit, naamlik om die aard en oorsake van verstandelik gestremde, ge- dragsgeremde adolessente dogters in

telik-nasionale gees. Greyling kom dan ook tot die slotsom dat die Christelik-nasionale beginsel die deurslaggewende lewensbeskouing van elke onderwyser moet

asie na "buite", waar algemeen-vormende vakke deur alle leerlinge geneem moet word, en •n keuse tussen bepaalde studiekursusse of -rigtings oor=. eenkomstig