• No results found

Die verklaring kultuurlandskappe : voor- en nadele

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die verklaring kultuurlandskappe : voor- en nadele"

Copied!
157
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)DIE VERKLARING KULTUURLANDSKAPPE: VOOR- EN NADELE. Anita van der Merwe (nèè du Preez). Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad van Magister in Lettere en Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis) aan die Universiteit van Stellenbosch. Studieleier: Dr. M Burden Maart 2007.

(2) VERKLARING. Ek, die ondergetekende, verklaar hiermee dat die werk in hierdie tesis vervat, my eie oorspronklike werk is en dat ek dit nie vantevore in die geheel of gedeeltelik by enige universiteit ter verkryging van ’n graad voorgelê het nie.. ANITA VAN DER MERWE (nèè DU PREEZ). Handtekening:___________________________________Datum: __________________.

(3) DANKBETUIGINGS. Graag wil ek my opregte dank uitspreek teenoor:. •. Dr. Mathilda Burden vir haar leiding en insette,. •. Spesiale vriende, familie en kollegas vir hul aanmoediging, ondersteuning en hulp,. •. Jimmy vir sy volgehoue begrip, vertroue en onderskraging, en. •. God, waarsonder niks moontlik is nie..

(4) OPSOMMING ‘n Kultuurlandskap is ‘n geografiese gebied wat die kulturele en natuurlike hulpbronne wat met ‘n geskiedkundige gebeurtenis, aksie, persoon of groepe mense geassosieer word, insluit. Kultuurlandskappe gee vir die mens ‘n sin van plek. Dit verklaar die mens se verhouding met ‘n landskap oor tydperke heen; dit is deel van ‘n nasionale erfenis en deel van elke mens se lewe. Die waarde van ’n kultuurlandskap lê daarin dat dit ’n verskeidenheid van diverse omgewings insluit. Die beweegrede wat tot die keuse van hierdie navorsingsonderwerp aanleiding gegee het, is die opvallende miskenning van die bestaande kultuur in sekere kultuurlandskappe en die daarstel van nuwe kunsmatige kultuurlandskappe met uitsluitlike winsmotief as die hoofdoel. Een van die doelwitte van die studie is om te kyk na die bedreiging van kultuurlandskappe.. Die begrip kultuurlandskappe word breedvoerig omskryf en verduidelik in konteks van die voordele sowel as die nadele daarvan. Pogings tot volhoubare toerisme-ontwikkeling hang nou saam met die volhoubare ontwikkeling van die verskillende erfenisgebiede. Gevolglik behoort die prioriteit van plaaslike besture te wees om ’n kultuurtoerismebeleid te formuleer en te implementeer in samewerking met die privaatsektor, asook met die samewerking van die plaaslike inwoners. Daar word gefokus op die balans tussen die waarde van die kulturele erfenis en die welvaartsgeleenthede wat vir die plaaslike gemeenskap kan voortspruit uit die ekonomiese benutting daarvan. Die prosedure van die verklaring van die Wêrelderfenisgebiede word ook behandel.. Die doel van die gevallestudies is om plaaslike voorbeelde te gebruik ten einde die situasie in die Wes-Kaap ten opsigte van kultuurlandskappe uit te beeld. Twee gevallestudies van kultuurlandskappe is nagevors, naamlik die Karoo Erfenislandgoed in Oudtshoorn se opgradering van die gholfbaan en die ontwikkeling van die nuwe wooneenhede, asook die Boschendal plaaslandgoed in die Franschhoek-distrik se voorgestelde ontwikkeling en uitbreiding.. Riglyne en voorbeelde vir bestuur van die bewaringsmodelle wat die natuurlike en die kulturele hulpbronne insluit en wat ook die belange van die plaaslike gemeenskappe uitdra, word gegee. Die behoefte aan ’n globale strategie word sterk beklemtoon.. UNESCO se Wêrelderfenis lys van kultuurlandskappe is as ’n aanhangsel aangeheg..

(5) SUMMARY A cultural landscape is a geographical area that includes the associations of cultural and natural resources of historic events, actions, person or groups of people. A cultural landscape gives one a sense of belonging. It explains relationships between man and land over time; it is part of a national heritage and part of every person’s life. The value of cultural landscapes is vested in the fact that they include a variety of diverse environments. The motive of selecting this subject for search is the prominent disregard of existing culture in certain cultural landscapes and creation of new artificial cultural landscapes with profit exclusively as its main goal. One of the aims of the study is to look at the threats of cultural landscapes.. The concept cultural landscapes is extensively explained in context of its advantages and disadvantages. Sustainable tourism development is closely connected to sustainable development of heritage sites. Local government should therefore develop a cultural tourism policy in collaboration with private stakeholders and local residents as a matter of priority. The focus is on the balance between values of cultural heritage and potential economic opportunities for local communities. The procedure of the declaration of World Heritages sites is also dealt with.. The purpose of the case studies is to use local examples in order to reflect the situation in the Western Cape with respect to cultural landscapes. Two cases of cultural landscapes were researched, namely the Karoo Heritage Landscape’s upgrading of the golf course in Oudtshoorn with a proposed new housing development, and a proposed development and extension at the Boschendal Farmers Estate in the Franschhoek district.. Guidelines and examples for managing the models for conservation of cultural landscapes are given, which include natural and cultural resources as well as the concerns of the local communities. The need for a global strategy is strongly emphasized.. UNESCO’S World Heritage List of Cultural Landscapes is attached as an appendix..

(6) INHOUDSOPGAWE Bladsy. Inleiding. 1. Hoofstuk 1: Konseptualisering en historiese perspektief. 6. 1.1 Definisie en terminologie van ‘n kultuurlandskap 1.2 Agtergrond van die konsep kultuurlandskap 1.3 Kategorieë en kriteria van kultuurlandskappe 1.4 Analise en interpretasie van ’n kultuurlandskap 1.5 Waardes en belangrikheid van ’n kultuurlandskap 1.6 Samevatting. 6 9 11 13 15 18. Hoofstuk 2: Nominasie tot die Wêrelderfenis Komitee. 19. 2.1 Oorspronklikheid en integriteit van kultuurlandskappe 2.2 Identifikasie en seleksie van kultuurlandskappe 2.3 Tipologie en kenmerke van ’n kultuurlandskap 2.4 Formaat en konteks. 19 21 23 25. Hoofstuk 3: Kultuurtoerisme. 29. 3.1 Definisie en agtergrond van kultuurtoerisme 3.2 Suksesse en voordele van kultuurtoerisme by ’n kultuurlandskap 3.3 Probleme en nadele van kultuurtoerisme by ’n kultuurlandskap. 29 32 35. Hoofstuk 4: Bedreiging van kultuurlandskappe. 38. 4.1 Oorsake en aanloop tot bedreiging van kultuurlandskappe 4.2 Kultuurlandskappe op die Wêrelderfenis Lys 4.3 Lys van bedreigde kultuurlandskappe 4.4 Gevallestudies van gebiede op die Gevaarlys soos deur UNESCO beskryf in 2006. 38 39 43 46. Hoofstuk 5: Riglyne en strategieë. 49. 5.1 Riglyne vir kultuurlandskappe 5.1.1 Bestuur en monitering van ’n kultuurlandskap 5.1.2 Bewaring en beskerming van ’n kultuurlandskap 5.1.3 Restourasie, rehabilitasie en rekonstruksie van ’n kultuurlandskap 5.1.4 Behoud van kultuurlandskappe 5.2 Globale strategie 5.2.1 Afrika 5.2.2 Australië en Stille Oseaan-gebiede 5.2.3 Wes-Europa 5.2.4 Verenigde State van Amerika. 49 49 53 56 58 61 61 62 63 64.

(7) 5.2.5 Suid-Amerika 5.2.6 Midde-Ooste 5.2.7 Asië 5.2.8 Oos-Europa. 66 67 68 68. Hoofstuk 6: Ekonomiese faktore. 70. 6.1 Ekonomiese ontwikkeling van ’n kultuurlandskap 6.2 Werkverskaffing en volhoubaarheid. 70 74. Hoofstuk 7: Gevallestudies. 80. 7.1 Erfenis impakstudies 7.1.1 Karoo Erfenis Landgoed: Oudtshoorn 7.1.2 Boschendal plaaslandgoed: Franschhoek. 80 81 90. Hoofstuk 8: Evaluering. 105. Bronnelys. 112. Aanhangsel A1: Lys van Kultuurlandskappe. i.

(8) 1. INLEIDING. Probleemformulering. Hierdie studie ondersoek die probleem van kultuurlandskappe: hul bewaring en beskerming, asook die bedreiging van iets wat eie is aan ’n bepaalde gemeenskap. Die veronderstelling is dat, vanaf die oomblik dat ’n kultuurlandskap geïdentifiseer word, bewustheid geskep moet word van wat behoue moet bly en wat verlore mag gaan.. Vir die doeleindes van hierdie studie word na kultuurlandskappe in die breë gekyk en die redes waarom die begrip aan ‘n spesifieke gebied togeken word, word ontleed. In aansluiting by Leedy se uitspraak; The problem is the axial centre around which the research effort turns (1989:45), is die kernprobleem die volgende twee vrae: •. Op grond waarvan word ’n gebied as kultuurlandskap verkaar?. •. Hoe word dit beskerm?. Ander vrae waarmee die navorser sal worstel ten opsigte van die bewaring en behoud van ’n landskap, is: •. Hoeveel van die kultuur word behou?. •. Hoeveel van die landskap word bewaar?. •. Hoeveel gaan verlore? (Met ander woorde die miskenning van kultuur en die misbruik van die landskap, byvoorbeeld kultuurtoerisme vir die winsmotief versus kultuurtoerisme vir die opvoedings- en bewaringsmotief).. Die oplossing van die probleem lê dus in die bestudering van die volkskultuur van die inwoners van ’n bepaalde landskap in ‘n bepaalde tydperk, en om die gebruike en lewenswyse van die huidige inwoners van daardie landskap daaraan te meet.. Leedy beveel aan dat ’n navorsingsprojek sub-probleme moet hê: Each subproblem should be a complete researchable unit. A subproblem should constitute a logical subarea of the larger research undertaking (1989:54). In hierdie studie sal daar dus gekyk word na behoud versus bedreiging in die konteks van kultuurlandskappe, asook die voor- en nadele van kultuurtoerisme..

(9) 2. Die noodsaaklikheid en implementeerbaarheid van die navorsing, asook die aktualiteit en die sosiaal ekonomiese voordele daarvan, is faktore wat die keuse van ‘n onderwerp ten nouste beïnvloed (Eloff 1988:2). Die noodsaaklikheid van navorsing vir die behoud van kultuurlandskappe word beklemtoon deur die aktualiteit van die toenemende behoefte aan ontwikkeling in beskermde landelike gebiede. Hierdie verskynsel kan ondersoek word deur die behandeling van gevallestudies. Toerisme se sosio-ekonomiese voordele kan lei tot die bewaring van ’n kultuurlandskap, wat noodsaaklik is vir die beskerming van die plaaslike bevolking.. Die beweegrede wat tot die keuse van hierdie navorsingsonderwerp aanleiding gegee het, is die opvallende miskenning van die bestaande kultuur in sekere kultuurlandskappe en die daarstelling van nuwe kunsmatige kultuurlandskappe met winsmotief as die uitsluitlike doel.. Doel van studie. Die oorkoepelende doel van die studie is om die begrip kultuurlandskap breedvoerig te omskryf en in konteks van die voordele, sowel as die nadele daarvan te verduidelik. Die spesifieke doelwitte is die volgende: •. Om ’n deeglike konseptualisering te verskaf aangesien daar min literatuur oor kultuurlandskappe beskikbaar is.. •. Om die faktore wat kan lei tot die bedreiging en behoud van kultuurlandskappe aan te toon.. •. Om die impak van toerisme op kultuurlandskappe te ondersoek.. •. Om met behulp van twee gevallestudies die aktualiteit van die aanvraag vir ontwikkeling in kultuurlandskappe en die gevolglike bedreigings te illustreer.. Konseptualisering. ’n Volledige konseptualisering van kultuurlandskappe word in Hoofstuk 1 gedoen. In hierdie afdeling word slegs kortliks hieraan aandag gegee. Vir die doeleindes van hierdie ondersoek. word. kultuurlandskappe. as. wêreldfenomeen. in. oënskou. geneem.. Kultuurlandskap as konsep kan verskeie vorme aanneem. Kultuurlandskappe word soos.

(10) 3. volg verklaar: to reveal and sustain the great diversity of the interactions between humans and their environment, to protect living traditional cultures and preserve the traces of those which have disappeared (Unesco 2004:1).. Benewens die veld van ondersoek wat gespesifiseer word, is toeligting oor begrippe wat ondersoek word ‘n vereiste. Die voorstelling wat hier volg, dui aan dat die abstrakte en onsigbare faktore, die idees, ideale en oortuigings van die mens sy gedrag beïnvloed, wat konkrete, tydelike of permanente en sigbare kultuurlandskappe tot gevolg het. Cultural landscapes are both causes and effect of culture (Vogeler 2003:2).. Idees, ideale, oortuigings abstrakte onsigbare. konkrete tydelike sigbare. gedrag. kultuurlandskappe konkrete, permanente, sigbare. (Vogeler 2003:2).. Die uitspraak van Mouton & Marais, dat ‘n konsep die konstruksie is waardeur ‘n mens die werklikheid klassifiseer of kategoriseer, sluit hierby aan (1992:139).. Die konsep kultuurlandskap word onder meer gedefinieer as ‘n geografiese area wat kulturele en natuurlike bronne insluit. Birnbaum verdeel kultuurlandskappe ook in vier algemene. tipes:. geskiedkundige. terreine,. geskiedkundig. ontwerpte. landskappe,. volkslandskappe en etnografiese landskappe (1994:1). Die kultuurlandskappe kan wissel.

(11) 4. van duisende hektare van landelike gebiede tot ‘n klein huisie op ‘n klein erfie. Dit kan groot landgoedere, plase, openbare tuine en parke, kampusse, begraafplase, snelweë en selfs industriële gebiede insluit (Cultural Landscape Fundation 2004:1).. Metodologie. Die. metodologie. van. Kultuurgeskiedenis. en. spesifiek. Burden. se. model. vir. Kultuurgeskiedenis, is ideaal om ’n onderwerp soos kultuurlandskappe te bestudeer, omdat dit die verband tussen onderwerp en sub-onderwerp beklemtoon, en ‘n stuk navorsing in konteks plaas. Dit is belangrik om te verstaan dat die metodologie van die vakgebied die leer van metodiek is en dat dit nie slegs na die navorsingsmetodiek verwys nie (Burden 2000:29).. Mouton & Marais se beskouing, dat een van die belangrikste metodologiese lesse die geïntegreerdheid van die navorsingsproses is (1992:106), sluit direk aan by die model van Burden (2002:21):. Geestelike Kultuur. A. Tradisionele Kultuur. E Patrisiër Kultuur C. D Volks. Kultuur. Eietydse Kultuur. F. B. Stoflike Kultuur.

(12) 5. Burden se model vir Kultuurgeskiedenis verduidelik in watter verhoudings verskillende onderwerpe teenoor mekaar staan. Dit verskaf ook aan navorsers ’n verwysingsraamwerk waamee hulle op ’n sistematiese wyse inligting kan klassifiseer (2000:35). Dit is dus van die uiterste belang dat die navorser die sinergie tussen patrisiër en volkskultuur, wat baie duidelik te voorskyn kom in ‘n kultuurlandskap, uitwys. Kultuurgeskiedenis kan nie volledig ‘n vakwetenskap wees sonder die beskouing van die volkslewe nie (Burden 1998:3).. Pretorius verduidelik dat tipologie wat verkry is deur kulturele reste of spore van die verlede wat gevorm is of ontstaan het tydens of na afloop van een of ander gebeurtenis, as bronne gebruik kan word (1990:2).. Wanneer ’n kultuurlandskap herskep word, moet die wisselwerking tussen die voorgestelde kultuurlandskap en sy vroeëre inwoners, asook die historiese tydperk wat uitgebeeld word op die terrein deur middel van byvoorbeeld plaaswerfverrigtinge en die fisiese konstruksie/behoud van die geboue, volkskundig en wetenskaplik korrek wees. Burden sê verder dat die werking van die gees en hoe dit alle kultuurskeppinge beïnvloed, nagespeur moet word ten einde hierdie resultaat te bekom (1998:3).. Voorbeelde van kultuurlandskappe wat internasionaal deur instansies soos die United Nations Educational Scientific and Cultural Organisation (hierna UNESCO) aangewys is, asook kultuurlandskappe wat as toeriste-aantreklikhede onder die gewilde vaandel van kultuurtoerisme gepropageer word, moet teen mekaar opgeweeg word. Aangesien die navorser objekief moet wees, is dit wenslik om wyd opinies in te win en so vergelykende studies te tref.. Die bronne wat gebruik is vir die ondersoek sluit literatuurstudies, tydskrifartikels, argivale bronne, asook referate en verslae in. Weens die skaarsheid aan literatuur en die feit dat dit meestal die mees resente inligting oor die onderwerp is, moes daar baie van elektroniese bronne gebruik gemaak word. UNESCO is die instansie wat reeds baie inligting oor kultuurlandskappe vrygestel het, en daarom was dit nodig dat daar baie na die UNESCO-bronne in elektroniese sowel as referaat-formaat verwys word..

(13) 6. HOOFSTUK 1. KONSEPTUALISERING EN HISTORIESE PERSPEKTIEF. 1.1 Definiëring en konseptualisering van die begrip kultuurlandskap. ‘n Kultuurlandskap is ‘n geografiese gebied wat die kulturele en natuurlike hulpbronne, wat assosieer met ‘n geskiedkundige gebeurtenis, aksie, persoon of persone en groepe mense, insluit. Kultuurlandskappe kan varieer van duisende hektaar grond, tot wonings met klein tuintjies. Dit kan ‘n mensgemaakte uitdrukking van visuele en ruimtelike verhoudings. wees. wat. groot. landgoedere,. plase,. openbare. parke,. kampusse,. begraafplase, snelweë en industriële gebiede insluit. Kultuurlandskappe is die kern van kultuurvertellings en uitdrukkings van identiteit van ‘n streek of gebied en staan in verhouding tot hul ekologiese konteks (www.tclf.org 1999:1).. Kultuurlandskappe gee vir die mens ‘n sin van plek. Dit verklaar die mens se verhouding met ‘n landskap oor tydperke; dit is deel van ‘n nasionale erfenis en deel van elke mens se lewe. Die waarde van ’n kultuurlandskap lê daarin dat dit ’n verskeidenheid van diverse omgewings insluit. Kultuurlandskappe word gedefinieer as die mensgemaakte omgewing wat velde, huise, kerke, snelweë, plantasies, myne en industrieë, sowel as onkruid en selfs besoedeling, insluit (www.en.wikipedia.org/wiki/Cultural_landscape 2006:1).. ‘n Landskap is dit wat sigbaar is, die vrug van gekombineerde persepsies. Binne die sigbare wêreld lê die onsigbare wêreld met die verhouding wat elke individu teenoor sy gemeenskap, die natuur, die ekonomie en politieke situasies het. Hierdie verhoudinge is gebaseer en ooreengekom binne die raamwerk van die kulturele, simboliese en gedragskodes. Die sigbare gedeelte van die landskap is die getuie van ‘n oorerflike geskiedkundige proses van landelike oorlewing en ontwikkeling. Alhoewel die beeld van ‘n landskap emosies opwek soortgelyk aan kunstenaars se artistieke beskouinge, is die waarde nie dieselfde as dié van ‘n kunswerk nie. Laasgenoemde is die gevolg van ‘n indivudu se intuïsie en die uitdrukking daarvan. Die landskappe wat die mens bewonder, is die gevolg van ‘n gesamentlike kreatiwiteit van die inwoners wat dit geërf het en van die.

(14) 7. inwoners wat dit geskep het. Die kennis wat die inwoners van ‘n landskap gehad het, was gemeenskaplik, onmiddellik en instinktief.. Kultuurlandskappe is ’n voorstelling van hoe die mens geleef het en hoe die mens homself. aangepas. het. oor. ‘n. tydperk. deur. landbou,. mynbou,. boerdery. en. nedersettingsaktiwiteite, of tradisionele kultuurpraktyke (www.parks.ca.gov 2004:1).. Daar bestaan verskillende kulturele streke:. a.. ‘n Formele kultuurstreek is een waar daar ‘n duidelike homogene kulturele identiteit bestaan wat op verskillende vlakke uitgeleef kan word. Hierdie vlakke verwys na substreke binne die geografiese gebied.. b.. ‘n Funksionele kultuurstreek is grootliks die gevolg van ‘n sentrale kultuurbron wat die rede vir die bestaan van die landskap regverdig.. c.. ‘n Inheemse kultuurstreek is die visuele beeld van ‘n streek wat in die gedagtes van buitestanders (mense wat nie daar woon nie) bestaan. ’n Plaaslike voorbeeld hier is hoe ’n buitestander (’n nie-Griekwa) die Griekwa-landskap van Ratelgat in Namakwaland, sal sien.. d.. ‘n Aspirerende kultuurstreek is in die “gedagte”-fase, ‘n streek wat in die gedagtes en aspirasies van diegene wat dit in die toekoms wil skep, bestaan. ‘n Goeie voorbeeld is die idealisering van die staat Israel terwyl die Jode nog verspreid was oor die wêreld (www.en.wikipedia.org/wiki/Cultural_region 2006:1).. Sauer het in 1925 reeds ‘n kultuurlandskap beskryf as ‘n natuurlike landskap wat deur ‘n sekere kultuurgroep gevorm word. Kultuur is die agent, die natuurlike omgewing is die medium en die kultuurlandskap is die resultaat. Onder die invloed van ‘n sekere kultuur of kulture, wat self veranderinge deur die jare ondergaan het, het die landskap deur ‘n ontwikkelingsproses gegaan, of is deur fases van ontwikkeling en het waarskynlik die einde van sy evolusie bereik met die bekendstelling van ‘n ander vreemde kultuur of kulture. Die kultuurlandskap ondergaan dus ‘n verjonging, of ‘n nuwe landskap word op die oorblyfsels van die oue daargestel (www.en.wikipedia.org/wiki/Cultural_region 2006:1).. Met Sauer se definisie word die fisiese omgewing van sentrale belang en is dit die medium waardeur die mens optree. Hierdie definisie kan veral waargeneem word waar die fisiese omgewing soos die geologie, grond, plante en diere deur menslike invloed.

(15) 8. aangepas is. Sauer se vreemde kulture is simbolies van die kulturele impak wat die Europeërs gedurende die tydperk van kolonialisme oral oor die wêreld gehad het, en van die oplegging van die koloniale kulture op die reeds bestaande kulture van ’n landskap (www.en.wikipedia.org/wiki/Cultural_landscape 2006:1).. Die konsep van ‘n kultuurlandskap as ’n wêrelderfenisgebiede kan verwys na begrippe soos die belangrikheid, plaaslike betekenis, waarde en uniekheid van ‘n plek.. As. potensiële en moontlike wêrelderfenisgebied, oorheers faktore soos gehalte en kwaliteit oor dié van meriete en waarde van ‘n gebied, wat soms slegs as van plaaslike belang gesien word (Fowler 2003:19).. In 1992 het die Werelderfenis Komitee, die administratiewe liggaam van die Wêrelderfenis Konvensie, ‘n definisie vir kultuurlandskappe aanvaar wat van uitstaande universele waarde vir die identifkasie en seleksie van kultuurlandskappe is:. Kultuurlandskappe verteenwoordig die gekombineerde werke van die natuur en van die mens, illustreerbaar deur die werking van die menslike samelewing en nedersettings oor die tye heen, onder die invloed van die fisiese beperkinge en/of geleenthede wat voorkom in hul natuurlike omgewing en van suksesvolle sosiale, ekonomiese en kulturele kragte, beide ekstern en intern (Breedlove 2002:165).. Die US National Park Service verklaar:. ‘n Kultuurlandskap is ‘n geografiese area, insluitende kulturele en natuurlike bronne, die wildlewe of huisdiere daarbinne, geassosieer met ‘n geskiedkundige geleentheid, aktiwiteite, persoon of uitstalling van kulturele of estetiese waardes. Vier tipes kultuurlandskappe is geïdentifiseer:. a.. Histories-ontwerpte verteenwoordig. wat. landskappe,. wat. ontwerp. vir. is. ‘n ‘n. tuin. of. spesiale. ‘n. landskap. doel. deur. ‘n. landskapsargitek, argitek of landskapsontwerper. b.. Historiese landboulandskap wat ‘n tuin of landskap verteenwoordig wat ontwikkel. het. uit. plaaslike. kreatiwiteit. en. vanuit. funksionele. noodsaaklikhede. c.. Geskiedkundige gebiede wat die monumente en beboude oorblyfsels van ‘n persoon, groep of nasie vereer..

(16) 9. d.. Etnologiese landskappe wat beskryf word as ‘n landskap wat oor ‘n verskeidenheid van natuurlike en kulturele bronne beskik, wat deur mense geassosieer word met erfenishulpbronne (Breedlove 2002:165).. Parks Canada definieer kultuurlandskappe soos volg:. Enige geografiese gebied wat verander, beïnvloed is of deur mense spesiale kulturele betekenis gegee is (Breedlove 2002:165).. Die wêrelderfenis kultuurlandskappe kan gegroepeer word volgens eienskappe wat die volgende insluit:. a.. Geografiese / tipologiese / funksionele (by berge, water, boerdery en bewoonde nedersettings wat dorpe insluit), en. b.. Intellektuele (by geskiedkundige en/of ander plekke van kulturele belang), kontinuïteit en tradisie, godsdiens en die estetika (Fowler 2003:50).. Fowler gebruik verskeie ander definisies om kultuurlandskappe te omskryf, byvoorbeeld: die. manifestasie. van. menslike. aksies. en. gelowe. binne. ‘n. natuurlandskap.. Kultuurlandskappe is ook die illiustrasie van die evolusie van die menslike samelewing en nedersettings oor die tye heen onder die invloed van die fisiese beperkinge en/of geleenthede wat deur die natuurlike omgewing beperk, of moontlik gemaak word (Fowler 2003: 22).. Indien kultuur gesien word as die waardes, optredes, sosiale instansies en vaardighede wat binne ‘n samelewing geleer word is, dan is kultuurlandskappe die aspekte van die omgewing wat omgesit is in waardes, aspirasies, konflikte, vooroordeel en aanvaarbare menslike interaksie (Solem, www.web.uccs.edu 2000:1).. 1.2 Agtergrond van die konsep kultuurlandskap. Cicero het geskryf: We sow corn, we plant trees, we fertilise the soil by irrigation, we confine the rivers and straighten or divert their courses. In short by means of our hands we try to create a second nature within the natural world (Breedlove 2002:102)..

(17) 10. Kultuurlandskappe is deur die eeue gesien as die tweede natuur. Die Latynse woord natura/naturans, verwys na die gegewe, die bio-fisiese materiale, vorme en die buitengewone en merkwaardige, en natura/naturata verwys na dit wat verwerk is deur menslike hande (Breedlove 2002:102).. Ontwerpte landskappe in die vorm van ornamentele tuine, religieuse komplekse en jaggronde, is in die prehistoriese en middeleeuse tye op verskillende plekke soos Suidwes-Asië, Indië en Europa geskep. Wat vandag as ‘n kultuurlandskap bekend sal staan, was ‘n doelbewuste uitdrukking van die verhouding tussen die mens en die natuur, en is in China reeds in die eerste eeu na Christus geskep (Fowler 2003:17).. Die konseptuele oorsprong van die term soos dit vandag verstaan en prakties gebruik word vir wêrelderfenisdoeleindes, maar nie die werklike definisie nie, lê in die bewoording van die Duitse historici en die Franse geograwe van die middel- tot laat-negentiende eeu. Kultuurlandskap as ‘n term het eers in die akademie ontwikkel in die vroeë-twintigste eeu. Die term en die spesifieke omvattende idee is in die 1920’s en die 1930’s deur professor Carl Sauer in die Verenigde State van Amerika bevorder. Dit het egter eers as professionele term in bewaringskringe bekend geword nadat dit deur die Wêrelderfenis Komitee en deur die Wêrelderfenis Sentrum begin gebruik is. Alhoewel die term se gebruik vandag meer algemeen bekend is, bly dit ’n relatief onbekende term vir ‘n onduidelike konsep (Fowler 2003:17).. Breedlove verwys na Whiston Spirn se uiteensetting, naamlik dat kulturele neerlegging op ‘n landskap deur die geskiedenis gedoen is om die volgende redes:. a.. die stryd om oorlewing. b.. die karakter van die menslike samelewing (die verhouding van die individu tot sy/ haar familie, godheid, staat of korporasie). c.. die aard van die natuur en die plek van die mens daarin. d.. waar dinge vandaan kom en hoe spesifieke plekke tot stand gekom het - stories van oorsprong en skepping, van berge en riviere, blomme en mense (2002:102).. Hierdie kulturele neerlegging vind alles plaas deur middel van ‘n proses, ‘n doelbewuste daad deur ’n persoon wat ‘n bepaalde doelwit wil bereik. Alle menslike prosesse is doelbewuste kulturele handelinge wat aangepas is in die bestaande omgewing en staan in verband met mekaar. Volgens Spirn is die mees basiese prosesse wat deur alle tye.

(18) 11. heen belangrik was vir bevrediging en dus oorlewing van die individu en die menslike spesie, die volgende:. a.. fisiese – beweging, aanvoeling, uitruiling, reproduksie, groei, asook agteruitgang. b.. sosiale – identifisering, kommunikasie, bou en skep, handel, speel, leer, kompeteer en konfrontasie. c.. geestelike – drome en aanbidding (Breedlove 2002:102-103).. 1.3 Kategorieë en kriteria van kultuurlandskappe. Die United Nations Educational, Scientific and Cultural Organisation (hierna UNESCO), verdeel die Wêrelderfenis Kultuurlandskappe in die volgende kategorieë en kriteria van kultuurlandskappe, naamlik:. Kategorie (i): Duidelik gedefinieerde landskap Kategorie (ii): Organies ontwikkelde kultuurlandskap a) Oorblyfsels- of fossiellandskap b) Ononderbroke kultuurlandskap Kategorie (iii): Verwantskaplike kultuurlandskap (Rössler 2003:11). Kriterium (iv): Gekose en konvensionele gebiede Kriterium (v): Kulturele kriteria wat ’n kultuur of kulture uitbeeld Kriterium (vi): Kulturele kriteria wat lewende tradisies uitbeeld (Clama 2003:107).. Kategorie (i) Duidelike gedefinieerde landskap. Lednice-Valtice in die Tjeggiese Republiek was die eerste voorbeeld van ’n ontwerpte kultuurlandskap wat deur UNESCO erken is, naamlik ’n enkele groot stuk park en tuin met bypassend ontwerpte geboue (Fowler 2003:18). Die Lednice-Valitice kultuurlandskap is ’n landskap in suidelike Bohemië, in die omgewing van Brno in sentraal Moravië. Die kombinasie van die Barok-argitektuur en die klassieke neo-Gotiese styl van die kastele van Lednice en Valtice, met die landelike omgewing wat herinner aan die Engelse romantiese landskapsargitektuur, maak deel uit van hierdie kultuurlandskap..

(19) 12. Kategorie (ii) Organiese ontwikkelde kultuurlandskap. By nadere ondersoek is gevind dat die oorblyfsels in die organies ontwikkelde kultuurlandskap, naamlik fossiele, sonder onderbrekings in die voortbestaan van die kultuurlandskap behoue gebly het. Hierdie kategorie staan ook as die natuurlike kategorie bekend en sluit in uitsonderlike voorbeelde van aaneenlopende geologiese prosesse, biologiese evolusie en die mens se interaksie met sy/haar natuurlike omgewing.. Die sub-kategorie ononderbroke, is die gewildste en algemeenste kultuurlandskap met meer as 50% van ’n landskap wat nie deur moderne ontwikkelings gebroke is (of gebreek word) nie. Die goue standaard vir die ononderbroke kultuurlandskap is reeds gestel met die rysterasse van die Cordilleras in die Filippyne. Hierdie landskap verskyn ongelukkig vandag op die lys van die bedreigde kultuurlandskappe (Fowler 2003:18). Calma beskryf hierdie kategorie as die kategorie wat op die natuurlike landskap van toepassing is, naamlik die natuurlike kriteria, met uitstaande voorbeelde wat geologiese prosesse, biologiese ontwikkeling en die mens se interaksie met sy natuurlike omgewing voorstel (2003:106).. Kategorie (iii) Verwantskaplike kultuurlandskap. ’n Verwantskapskultuurlandskap is ’n landskap met definitiewe, sterk geloofs-, kunstige of kulturele assosiasies met die natuurlike elemente eerder as met die materiële kultuurbewyse, wat onbelangrik of selfs afwesig mag wees.. Hierdie kategorie van. kultuurlandskappe is na verwagting skaars, en word min gebruik as ’n kategorie. Die oorspronklike voorbeeld van Tongario in Nieu-Zeeland het ’n hoë standaard gestel. In hierdie konteks kan die nie-inheemse inwoners ook die waarde van die landskap waardeer – daarom word buitengewone eise gestel aan die aanspraakmakers op hierdie kategorie. ’n Landskap beeld dus belangrike stadiums in die menslike geskiedenis uit, maar kan ook wel as ’n uitsonderlike voorbeeld van ’n tipe landskap gekategoriseer word (Fowler 2003:18-19).. Die unieke en skaars natuurlike verskynsels, formasies en eienskappe van gebiede met buitengewone natuurlike skoonheid, soos byvoorbeeld die Uluru-Kate Tjuta Nasionale Park in Austalië, word hierby ingedeel (Calma 2003:107)..

(20) 13. Kriterium (iv) Gekose en konvensionele gebiede. Hierdie is die kriterium van gekose, die voor-die-hand-liggende kultuurlandskappe. Dit kom byna dubbeld soveel voor as enige ander kriterium aangesien baie van die argitektoniese en monumentale gebiede in hierdie kategorie val. Dit verwys na die tipe gebou, argitektoniese of tegniese samestelling, of landskapselemente wat belangrike stadiums in die geskiedenis van die mens uitbeeld of voorstel. Kritiek hierop is dat die waarde van die belangrike stadiums van die mens eers omskryf en ondersoek moet word, alvorens so ’n besluit oor die waarde en belangrikheid geneem kan word (Fowler 2003:19).. Kriterium (v) Kulturele kriteria wat ’n kultuur of kulture uitbeeld. Die omskrywing van die kulturele kriterium is ‘n voorbeeld van ’n tradisionele menslike nedersetting, asook ’n landskap wat ’n kultuur of kulture verteenwoordig, veral wanneer dit kwesbaar vir vernietiging en onkeerbare verandering geword het (Calma 2003:107).. Kriterium (vi) Kulturele kriteria wat lewende tradisies uitbeeld. Die kulturele kriterium wat lewende tradisies uitbeeld, verwys na die direkte assosiasie met die deelneem aan en die meemaak van, die lewende tradisies, gelowe en gebruike, deur middel van kuns- en literêre werke van uitstaande universele belang (Calma 2003:107).. 1.4 Analise en interpretasie van ‘n kultuurlandskap. Met die interpretasie en die analise van ’n kultuurlandskap word verskeie kategorieë geïdentifiseer. Verskillende kultuurlandskappe is oor ‘n tydperk van 10 jaar geanaliseer na aanleiding van sekere kategorieë. Die volgende tabel dui aan die jaar wat die kultuurlandskap gelys is op die Wêrelderfenis lys, die staat wat die gebied genomineer het, asook die naam van die kultuurlandskap. Die kriterium word aangedui deur middel van (i)–(vi) volgens die Wêrelderfenis Kriteria..

(21) 14. Wêrelderfenis Kultuurlandskappe 1992 – 2002: ‘n analise. JAAR. STAAT. NAAM. i. ii Iii iv. ii iii iv v vi A B C F G. 1993. Nieu- Zeeland. Tongario. 1994. Australië. Uluru. *. 1995. Philippines. Rysterasse. *. Portugal. Sintra. 1996. Tjeggiese Republiek. Lednice-Valtice. 1997. Frankryk / Spanje. Mont Perdu. Oostenryk. Hallstat-. *. i. *. * *. *. *. *. *. *. *. * *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. I. L M N P R S T W. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. ANDER jf. * *. *. *. *. Ra *. *. * jf/Wi. *. * jf/Wl. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. * *. * Wl. *. * Wi/Wr/Ws. *. * jf/Wi/Ws. *. * Wr/Ws. Dachstein. 1998 1999. 2000. Italië. Cinque Terre. *. *. *. Italië. Amalfitana. *. *. *. Italië. Cilento. *. Libanon. Cedars. Hongarye. Hortobàgy. Kuba. Viñales. Poland. Kwawaria. Frankryk. Saint-Emilion. Nigerië. Sukur. Duitsland. Dessau-Wörlitz. Frankryk. Loire. Swede. Öland. Oostenryk. Wachau. Verenigde Koninkryk. Blaenavon. Litaue/. Curonian Spit. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. * * *. *. *. * *. *. * *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. * * *. *. *. *. * * *. *. *. *. *. * *. * *. * *. *. * *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. * Wl * Wr. *. * Ws. *. * Wr. *. * Wi. *. *. * Ws. *. *. * Wi. *. * Wl. *. * Wi/Wl/Wr. *. * Wi/Wl. *. *. *. *. * Wr. * *. *. jf. * *. * *. * *. * *. *. * *. *. *. *. * *. Russiese Federasie 2001. 2002. Kuba. Koffie plantasies. *. *. Laos. Vat Phou. *. *. Oostenryk/. Fertö /. * *. *. *. *. Hongarye. Neusielersee. Madagaskar. Ambohimanga. Spanje. Aranjuez. *. *. Portugal. Alto Douro. *. *. Hongarye. Tokaji. Duitsland. Ryn. *. *. * * 1. 2. 3. 4. 1. 2. 3. * *. *. * 5. *. *. *. *. *. *. *. *. *. A:. estetiese gehalte. B:. geboue – alle groottes. C:. lewenswyse / gebruik van die land. F:. boerdery / landbou as die belangrikse element. G:. die landskap, of ornamentele tuine / parke. *. *. *. *. * Wi/Wl/Wr. *. * *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. *. Die analise is gedoen volgens:. *. *. 6 A B C F G. (Fowler 2003:20).. *. * *. 4. * *. *. *. I. * Wr. L M N P R S T W ANDER.

(22) 15. I:. hoofsaaklik ‘n industriële gebied. L:. die landskap is of bestaan uit elemente wat belangrik is in een of meer vorms van ‘n groepidentiteit soos vir ‘n nasie, ‘n stam of ‘n plaaslike gemeenskap. M:. ‘n berg of bergreeks wat ‘n integrale deel van die landskap uitmaak. N:. die landskap bestaan uit, of is geheel en al, ‘n nasionale park. P:. ‘n plaaslike inwonende populasie is ‘n belangrike deel van die bestuur van die landskap. R:. die landskap beskik oor ‘n belangrike dimensie van geloof / heiligheid / gewydheid. S:. oorlewing is ‘n belangrike tema in die landskap, tasbaar soos ‘n antieke veldsisteem en argeologiese monument en/of sosiaal as ‘n groep mense in ’n onvriendelike omgewing. T:. dorpe, en of gemeenskappies, wat binne die landskap bestaan. W:. water is ‘n integrale deel, of ten minste ‘n belangrike deel van die landskap. Ander: die laaste kolom dui die res van die karaktereienskappe van die kultuurlandskappe aan wat belangrik is vir daardie betrokke gebied jf:. oerwoud / plantasie / bos omgewing. Ra:. rotskuns. Wi:. besproeiing of ‘n ander vorm van funksionele waterbestuur. Wl:. ‘n meer of mere wat ‘n integrale deel van die landskap uitmaak. Wr:. ‘n rivier of riviere wat ‘n integrale deel van die landskap uitmaak. Ws:. ‘n see of oseaan wat ‘n integrale deel van die landskap uitmaak. (Fowler 2003:20).. 1.5 Waarde en belangrikheid van ‘n kultuurlandskap. Waarde word geheg aan dinge van die verlede en van die natuur wat die mens wil bewaar en beskerm. Die kern van die begrip bewaring omvat ’n waardeoordeel oor ’n voorwerp, gebou, plek of landskap, omdat dit betekenis inhou vir ’n sosiale groep weens die tydperk, skoonheid, die kunstige aard daarvan of assosiasie met ’n spesifieke persoon of gebeurtenió- of andersins omdat dit bydra tot die proseó!van kultuòdlå!affiliasie. Enige plek sal ’n reeks waardes hê – hierdie waardes kan aan die kriteria gemeet word om vas te stel of dit oorweeg sal word om dit op die lys van Wêrelderfenis Bewaring te plaas (Lennon 2003:120)..

(23) 16. Landskappe is vandag nie meer slegs kultureel van aard nie, maar beskik oor die belangrike elemente van die moderne aanslag tot volhoubare ontwikkeling (www.cabipublishing.org 2006:1).. Aangesien kultuurlandskappe nooit “voltooid” en afgehandel is nie, duur die proses van landskapskepping voort met die daaglikse besluitneming van diegene wat dit besit, gebruik, beheer, waarde daaraan heg en daaroor debatteer (Breedlove 2002:110).. Waarde word onder meer aan ’n gebied of kultuurlandskap geheg weens ‘n historiese verlede. ’n Voorbeeld hiervan is die uiteenlopende waardes wat geassosieer word met Queensland se natuurlike landskap wat varieer van tropiese reënwoude tot woestyne, elkeen ryk aan kulturele belangrikheid vir die Aborigine en die Torre Strait Eiland se gemeenskappe. Hierdie landskappe het ook in die besonder waarde vir die nie-Aborigine mense van Australië. Gebruikers van die landskappe en die eienaars van die landskappe se waardes verskil. Woude en gebiede waar minerale voorheen ontgin is, beskik oor geskiedkundige oorblyfsels van die 19de en vroeë-20ste eeu. Die huidige landsgebruikers skep sterk teenstrydige waardes vir hierdie gebiede, insluitende die Indiginous Lands Titles (Breedlove 2002:110).. Vir sekere kultuurlandskappe is die volhouding van die plaaslike kulturele kennis van uiterste belang. Wanneer tradisionele sosiale gebruike en kulture vernietig word en verdwyn, kan dit nie weer suksesvol herroep word nie. Slegs sekere soortgelyke sisteme kan geskep word. Die uitdaging is dan om nuwe en alternatiewe strukture te skep wat die herlewing bevorder, eerder as die bewaring van tradisies in museums, of om die landskap in ’n fossiel buitemuseum te omskep. Herlewing van plaaslike kennisstelsels mag voorkom wanneer ouer kennisstelsels herontdek word, en reeds bestaande vorme van plaaslike kennis her-evalueer word (Lennon 2003:121).. Die mate waartoe ’n kultuurlandskap se volhoubaarheid suksesvol kan wees, kan grafies voorgestel word deur ‘n driehoek. Dit hang af van die grade van sinkronisasie tussen die buitenste driehoek en die binneste gebied, naamlik die kulturele, natuurlike en geestelike kern wat deur die buite-driehoek voorgestel word, en die binneste driehoek wat die menslike verhoudings uitbeeld, naamlik die waardes, gemeenskap en norme. Daar moet konfigurasie by die een punt wees, en kommunikasie by al drie punte, soos hieronder voorgestel:.

(24) Waardes. Gees. Norme. Natuur. 17. Gemeenskap. Mens. (Munjeri 2003:136).. Waardes in die tradisionele kultuur is ’n weerspiëeling van die geestesingesteldheid van ‘n samelewing (Munjeri 2002:137). Alhoewel waardes abstrak van aard is, byvoorbeeld polities, ekonomies, kultureel, geestelik en esteties, moet die plaaslike gemeenskap die waardes bepaal. Op hierdie manier kan verskillende perspektiewe verkry word op gereguleerde verhoudings en op goeie vennootskappe tussen die verskillende kulture binne die betrokke samelewing (Munjeri 2002:135).. ’n Kultuurlandskap in perspektief gesien, erken dus duidelik die geskiedenis van ’n plek en sy kuturele tradisies as byvoeging tot sy ekologiese waarde, die argeologiese bewys of dokumentasie van “iets” wat wel plaasgevind of ontdek is (Fowler 2002:56).. Die mens, as die waarnemer van hierdie waardes en norme, moet die lae van die kultuurlandskap binne die sosiale en persoonlike waardes waardeer en respekteer. Die cliché is in hierdie geval waar, dat die geheel groter is as die somtotaal van die dele. Sekere kultuurlandskappe is saamgestel en ontwerp deur individue wat argitekte, ontwerpers, dus professionele persone is, maar die groter kultuurlandskap is deur die anonieme geskep, en kan eenvoudig waardeer word as slegs die werk van die gewone mens (Fowler 2003:57)..

(25) 18. 1.6 Samevatting. Uit die hoofstuk blyk dit dat ’n kultuurlandskap in werklikheid enige landskap kan wees waar die mens met die natuur ingemeng het. In dié kultuurlandskappe waar vandag nie meer mense woonagtig is nie, is die vereiste dat die spore van menslike handelinge daar aangetref moet word.. Daar. moet. onderskeid. getref. word. tussen. bloot. kultuurlandskappe. en. ’n. Wêrelderfenisgebied wat deur UNESCO as ’n kultuurlandskap verklaar is en gelys is op die Wêrelderfenis lys. Laasgenoemde moet aan sekere vereistes en identifikasies voldoen en sekere seleksieprosesse “oorleef”, alvorens dit as ’n kultuurlandskap in eie reg geklassifiseer kan word..

(26) 19. HOOFSTUK 2. NOMINASIE TOT DIE WêRELDERFENIS KOMITEE. Die Wêrelderfenis Komitee kies, na deeglike ondersoek, nuwe kultuurlandskappe wat op die Wêrelderfenis Lys kan verskyn. Alvorens hierdie seleksie kan plaasvind, moet die nominasies aan sekere kriteria en vereistes voldoen:. 2.1 Oorspronklikheid en integriteit van kultuurlandskappe. Met die analise van ‘n landskap is dit belangrik dat die verandering wat die landskappe deur die jare ondergaan het, verstaan word. Dit is met hierdie stap dat die historiese belangrikheid en oorspronklikheid van die landskap, asook sy integriteit bepaal word. Historiese oorspronklikheid is die identifiserende belangrikheid van ‘n gebied, en is van kritiese belang vir die bepaling van sy kulturele en geskiedkundige waarde. Vir ‘n landskap om integriteit te hê, is dit hierdie definiëring van karakter en kwaliteite wat bydra tot die oorspronkikheid van die landskap, en is dus noodgedwonge van kardinale belang (www.cr.nps.gov/hps/TPS/briefs/brief36.htm 2006:16-17).. Die beskerming van landskappe en die bestuur daarvan, die oorspronklikheid en integriteit van die gebiede, is van die belangrike oorwegings in die identifikasie en seleksie van kultuurlandskappe (whc.unesco.org/n/creteria 2006:1-2).. Integriteit is ‘n gebied se historiese identifikasie deur oorlewing van die fisiese karaktereienskappe van die eiendom se geskiedkundige of voor-geskiedkundige periode. Die sewe kwaliteite wat integriteit bepaal is:. a.. Plek. b.. Ligging. c.. Gevoel. d.. Assosiasie. e.. Ontwerp. f.. Vakmanskap. g.. Materiale.

(27) 20. Met die evaluering van hierdie kwaliteite moet daar voorsorg getref word vir verandering. ‘n Tweede generasie woud wat ‘n oop veld toegegroei het, waar voorheen ‘n landskap was waar ‘n oorlog of ‘n veldslag plaasgevind het, kan hier as voorbeeld gebruik word. In situasies soos hierdie, is dit die omkeerbare of die aanpasbare eienskappe wat oorweeg moet word, beide individueel en omvattend, soos in die brëer kultuurlandskapkonteks gesien (www.cr.nps.gov/hps/TPS/briefs/brief36.htm 2006:17).. Die evaluasie van die oorspronklikheid en integriteit, wanneer dit met geskiedkundige navorsing gekombineer word, dokumentasie van bestaande kondisies, en analitiese bevindinge, beïnvloed saam die latere behandeling en interpretasie van die besluite wat oor ‘n bepaalde landskap geneem word (www.cr.nps.gov/hps/TPS/briefs/brief36.htm 2006:17).. Addisionele navorsing is soms noodsaaklik vir die insameling van gedetailleerde inligting oor ‘n landskap se evolusie en oorspronklikheid, ten einde besluite te neem ten opsigte van behandeling en instandhouding en om ‘n meer volledige beskrywing van die geskiedkundige gebied, wat die oorspronklike areas en landskappe insluit, te bekom (www.cr.nps.gov/hps/TPS/briefs/brief36.htm 2006:17).. Dit is dus nie moontlik om uitsprake van waarde en oorspronklikheid slegs aan gevestigde kulture te gee nie. Die teenoorgestelde is egter waar, naamlik dat die respek wat alle kulture verdien en toekom, vereis dat die erfenis oorweeg en beoordeel moet word binne die kultuurkonteks waar dit behoort (Fowler 2003:90).. Die nou skakeling tussen die natuurlike, geestelike en kulturele elemente, die mengsel van tasbare en nie-tasbare in die konteks van Afrika, vereis ‘n besliste definisie vir die konsep oorspronklikheid en integriteit. Heilige berglandskappe wat die balans van die estetiese, ekologiese sisteme, kulturele gelowe en kunstige assosiasies insluit, dui op oorspronklikhied en integriteit van daardie bepaalde kultuur. Alhoewel hierdie faktore van kultuur tot kultuur verskil, bly die geloofwaardigheid van die verwante inligting en bronne noodsaaklik (Fowler 2003:90).. Die volgende twee voorbeelde dien as illustrasies van die bepaling en verdeling van oorspronklikheid en integriteit: Die kultuurlandskap van die Andes word beskou as die Andeaanse mense se siening van ruimte en verhoudings, vorme, ruimtelike en strukturele.

(28) 21. integriteit, sowel as die integrale dele van die natuurlike, kulturele en geestelike waardes wat die persepsies en gelowe van die plaaslike gemeenskappe insluit (Fowler 2003:90).. In die geval van ‘n kultuurlandskap wat in ’n lyn-vorm voorkom, soos die kanale van Chaffeys Lock in Kanada, is die definitiewe strukture van die kanaal en sy evolusie deur die jare van uiterste belang. Die oorspronklikheid van die kanale word ten beste gemeet in ‘n aaneenlopende tydperk wat die projekbeplanning, uitvoering en voortdurende gebruik van die kanale insluit. Die oorspronklikheid en die historiese assosiasie en interpretasie van die kanaal, word ook bepaal deur die verbintenis tussen die oorspronklike eiendom, moontlike beweegbare eiendom en die geassosieerde strukture (Fowler 2003:80,90).. 2.2 Identifikasie en seleksie van kultuurlandskappe. Die daarstelling van die Verenigde Koninkryk se lys van potensiële nominasies vir aanbieding tot die Wêrelderfenis Komitee, is amptelik die verantwoordelikheid van die Departement van Nasionale Erfenis. Die Departement konsulteer met die Skotse, Walliese en Noord-Ierlandse kantore, asook met die Buitelandse en Statebondskantore. Verskeie nasionale agentskappe verantwoordelik vir erfenis adviseer die departement.. Die Departement van Engelse Erfenis werk voortdurend met verwante organisasies en kenners wat menings het oor moontlike nominasies van gebiede vir toelating deur die Komitee. Die International Council on Monuments and Sites (hierna genoem ICOMOS), is die hoofadviseur tot die Wêrelderfenis Komitee. Om aan hierdie vereistes te kan voldoen, moet die nominasies: •. Baie selektief wees en moet die ware internasionale belangrikheid van die gebied of monument onder bespreking reflekteer, aangesien daar ‘n beperking is op die aantal gebiede wat UNESCO as van ‘uitstaande universele waarde’ beskou.. •. Genoegsame agting toon vir die voortbestaan van die genomineerde gebiede vir bestuursdoeleindes (Wheatley 1996:8).. Identifikasie word ook deur middel van reeksnommers gedoen om verskillende gebiede in dieselfde tema of geografiese groep te nomineer, of in ‘n enkele nominasiedossier te plaas. Sekere reeksnommers stel dus sekere tipe landskappe voor en help met die vinnige identifikasie van die gebied. Onlangse suksesvolle voorbeelde sluit in die Belfries.

(29) 22. van Vlaandere en Wallonië (België, 1999), die Rock-art of the Mediterranean Basin op die Iberiese Skiereiland (Spanje, 1996), die historiese monument van die Antieke Kyoto (Kyoto, Uji en Otsu stede) (Japan, 1994), die dorpies met die gefortifiseerde kerke in Transylvanië. (Romenië,. 1993,. 1999). en. die. Australian. Fossil. Mammal. Sites. (Riversleigh/Naracoorte) (Australië, 1994).. Reeksnommers is ook gebruik vir die oorgrenseiendomme, soos die Jesuit Missions of the Guardanis (Argentinië en Brasilië, 1984). Nog voorbeelde sluit in die Roman Limes in Europa, geskiedkundige belangrike verbindingsbrûe, en die Routes of Santiago de Compostela (Guidelines for the preparation of serial nominations to the World Heritage List 2002:1).. Die kriteria word op ‘n gereelde basis aangepas deur die Komitee, om sodoende ook die die evolusie van die Wêrelderfenis as ’n konsep te beklemtoon. Die kriteria vir die seleksie word deur UNESCO soos volg gestel:. a. Om ‘n meesterstuk van die mens se kreatiewe talente voor te stel; b. Om oor ‘n tydperk of binne-in ‘n kulturele gebied in die wêreld, belangrike reaksie van die mens op ontwikkelinge in argitektuur of tegnologie, monumentale kuns, dorpsbeplanning of landskapsontwerp uit te beeld; c. Om ‘n unieke of uitsonderlike bewys van kulturele tradisie of ‘n beskawing wat nog leef of reeds uitgesterf het, uit te beeld d. Om ‘n uitsonderlike voorbeeld te wees van ‘n tipe gebou, argitektuur of tegniese voorbeeld of landskap wat, soos genoem in (a), belangrike stadium(s) in die menslike geskiedenis illustreer; e. Om ‘n uitstaande voorbeeld te wees van tradisionele menslike nedersettings, landsgebruik, of seegebruik wat verteenwoordigend is van ‘n kultuur (of kulture), of menslike interaksies met die omgewing, veral wanneer dit weerloos geword het onder die impak van onomkeerbare verandering; f.. Om direk of fisies geassosieer te word met geleenthede van lewende tradisie, met idees, of gelowe, met kunstige en literêre werke van uitstaande universele belang. (Die Komitee het besluit dat dit wenslik is dat hierdie kriterium saam met ander kriteria as maatstaf gebruik word);. g. Om die grootste en merkwaardigste gebiede van uitsonderlike natuurlike skoonheid en estetiese belangrikheid te behou;.

(30) 23. h. Om uitstaande voorbeelde van belangrike stadiums van die geskiedenis van die aarde uit te beeld, insluitende die tekens van lewe, belangrike geologiese prosesse in die ontwikkeling van landformasies, of belangrike geomorfologiese of natuurbeskrywende tekens; i.. Om uitstaande voorbeelde te wees wat die belangrikheid uitbeeld van aaneenlopende ekologiese en biologiese prosesse in die evolusie en ontwikkeling op. aardsisteme, vars water, kus- en see-ekosisteme en gemeenskappe van. plante en diere; j.. Om die belangrikste en mees betekenisvolle natuurlike habitat daar te stel vir die bewaring. van. biologiese. diversiteit,. insluitende. bedreigde. spesies. van. uitsonderlike universele waarde, vanuit ‘n wetenskaplike en bewaringsoogpunt (whc.unesco.org/n/criteria 2006:1-2).. 2.3 Tipologie en kenmerke van ‘n kultuurlandskap. Breedlove beskryf die tipologie van ‘n kultuurlandskap as the reading of the landscape (2002:101). Die landskap word met taal vergelyk. ‘n Taal bestaan uit woorde en alle woorde is tekens. Dus is alles wat uit tekens bestaan, ‘n taal. Die landskap staan as ‘n taal in sy eie reg. Dit dra ‘n boodskap van “vir wie dit mag aangaan” uit met sy eie sintaksis - die verhouding van tekens onder hulself; semantiese - die verhouding van die tekens teenoor ‘n voorwerp; die pragmatiese - die verhouding van die tekens vir die gebruiker.. Die taal van die landskap is die inheemse taal. Die landskap was die oorspronklike woonplek; die mens het tussen die plante en diere ontwikkel, onder die lug, op die aarde en naby water. Landskappe het al die eienskappe van ‘n taal. Dit beskik oor die woorde en dele van gesprekke – patrone van vorme, strukture, materiale, formasie en funksies; betekenis van landskapselemente is slegs potensieel totdat dit in konteks gevorm word.. Die wêreldbevolking se onvermoë om die aarde te bestuur, lei tot groot kommer. Die vermoë om te kan lees, inligting oor te dra en om ‘n landskap te kan ontwerp, is van die mens se grootste talente (Breedlove 2002:101)..

(31) 24. In 1992 het die Expert Group on Cultural Landscapes (La Petite Pierre, France) ‘n hersiende weergawe van die Operasionele Riglyne uitgegee wat die kultuurlandskappe op die Wêrelderfenis Lys ingesluit het. Dit het ook die volgende drie kategorieë voorgestel: •. Landskappe doelbewus ontwerp en geskep deur die mens. •. Organies ontwikkel: - erosie of fossiellandskappe - deurlopende landskappe. •. Assosiërende kultuurlandskappe (Fowler 2003:80).. Tipes kultuurlandskappe kan ook kanale insluit. ‘n Kanaal is ‘n mensgemaakte waterweg. Dit mag universele waarde hê, vanuit ‘n geskiedkundige en tegnologiese oogpunt, as ‘n voorbeeld van uitsonderlike kulturele eiendom. Die kanaal kan monumentaal van aard wees, of ’n spesifieke eienskap van die kanaal kan gesien word as ’n erfeniselement - die gebruik oor die tye en watter tegniese veranderinge die kanaal ondergaan het (Fowler 2003:80).. Kultuurroetes word ook deur die tipologie van verskeie kategorieë van kultuurlandskappe ingedeel. ‘n Erfenisroete bestaan uit elemente van die kulturele belangrikheid van lande en streke, wat in tyd en ruimte, interaksie en beweging tot gevolg het.. Die konsep van kultuurroetes impliseer die gemeenskapike veronderstelling van die aanslag op geskiedenis, gebaseer op die menslike bewegings, interaksie, dialoog en kulturele uitruilings. Inisiatiewe gebaseer op die idee van beweging en dialoë, soos die syroete, sluit materiaal, kulturele en geestelike elemente in. Die erkenning van hierdie elemente beteken dat die nomadiese gemeenskappe daartoe kan aspireer om sekere kulturele erkenning te kry vir die rol wat hulle gespeel het. Dit is veral van belang in gebiede in Asië, Afrika en Amerika waar die kulturele erfenis onderverteenwoordig op die Wêrelderfenis Lys is (Fowler 2003:80).. Die ryskultuur en die terraslandskappe van die Asië-gebied is in 1995 bestudeer vir die insluiting op die Wêrelderfenis Lys. Asië se ryskultuur en die terraslandskappe is een van die komponente in ‘n wyer reeks van landformasies wat deur die menslike aksie, die landbou-aktiwiteite, ontstaan het. Die lewenstyl wat deur die mense in die berge gevoer word, sterk kulturele tradisies wat ontwikkel het, die bestuur en beheer van die daaglikse aspekte van lewe, en die verbouing van die lande, is essensieel in die behoud van die.

(32) 25. terrasse. ‘n Voortdurende verhouding tussen die mens en die natuur word hier aangetref (Fowler 2003:80).. Buitengewone fossiel- of erosielandskappe van die derde tot die eerste millennium voor Christus bestaan in die Verenigde Koninkryk (Stonehenge, Avebury, Dartmoor) en soortgelyke voorbeelde word in Ciprus (Paphos), Griekeland (Delos) en Swede (Tanum) aangetref (Fowler 2003:81).. Assosiatiewe kultuurlandskappe is kompleks en tipologies sluit dit aan by die klimaat, geologiese, morfologiese en geografiese data wat spreek van uiterse kulturele diversiteit (Stonehenge, Meteora, Mount Athos, Mont St. Michel en die paaie van Santiago de Compostella val in hierdie kategorie). Hulle kan geassosieer word met die kunstige verskynsel en nie-tasbare erfenisse (musiek, digkuns, filosofie en wetenskap). Die assosiasie van ‘n landskap met nie-tasbare waardes kan slegs behoue bly as dit van universele waarde is. Aangesien alle landskappe kultureel is, maak dit dat selfs natuurbewaring ‘n kulturele taak word (Fowler 2003:81).. Ná ‘n ondersoek na assosiatiewe kultuurlandskappe, het die Wêrelderfenis Lys die volgende kwalifikasies ingesluit: •. Kuns is alle vorme van kunstige uitdrukkings, insluitende literatuur. •. Kultuur sluit alle assosiasies met geskiedkundige gebeurtenisse, tradisies van inheemse en nie-inheemse kulture in. •. Landskappe sluit seeskappe in (Fowler 2003:81).. Alhoewel die stedelike landskappe gesien kan word as kompleks, omstrede en simboliese gesagstelsels, is dit belangrik om erkenning te gee daaraan dat sommige landskappe meer openlik simbolies as ander is, afhangende van die konteks waarin dit gevorm is (Breedlove 2002:110).. 2.4 Formaat en konteks. Voordat ‘n gebied ingeskryf en genomineer kan word vir internasionale erkenning as ‘n kultuurlandskap, moet die vorm vir Nominasies vir die Formaat en Konteks vir die Wêrelderfenis Komitee, voltooi word. Die vorm lyk soos volg:.

(33) 26. 1. Identifikasie van die eiendom*. a. Land (staat indien verskil) b. Staat, provinsie of area c. Naam van eiendom d. Presiese ligging op ‘n kaart en identifikasie van geografiese koördinate tot die naaste graad e. Kaarte en/of planne van die grense vir voorgestelde areas vir inskrywings en buffersones f.. Gebiede of areas wat vir inskrywings (hektaar) voorgestel is en voorgestelde buffersones (hektaar), indien enige. 2. Verklaring vir Inskrywings*. a. Deklarasie van belangrikheid b. Moontlike ooreenkomstige analises (insluitende die stand of bewaring van soortgelyke gebiede) c. Oorspronklikheid/Integriteit d. Kriteria waaronder inskrywings voorgestel is (en regverdiging vir inskrywing onder daardie kriteria). 3. Beskrywing*. a. Beskrywing van eiendom b. Geskiedenis en ontwikkeling c. Formaat en datum van mees onlangse rekord van gebied d. Huidige stand van bewaring e. Beleid en programme wat verband hou met die aanbieding en bevordering van die eiendom. 4. Bestuur*. a. Eienaarskap b. Regstatus c. Beskermingsmetodes en metodes van implementering d. Agente/agentskappe met bestuursgesag.

(34) 27. e. Vlak van bestuur (byvoorbeeld plaaslike- of streeksbestuur) en name en adresse van verantwoordelike persone vir kontakdoeleindes f. Ooreengekome planne vir die eiendom (byvoorbeeld plaaslike of streeksplanne, bewaringsplan, toerisme ontwikkelingsplan) g. Bronne en vlakke van finansies h. Bronne van ondervinding en opleiding in bewaring en bestuurstegnieke i. Besoekersfasiliteite en statistieke j. Areabestuursplan en verklaring van doelwitte (kopieë moet aangeheg word) k. Personeelvlakke (professionele, tegniese, instandhoudende). 5. Faktore wat die area beïnvloed*. a. Ontwikkelingsdruk (byvoorbeeld indringing, bewerking, landbou, mynbou) b.Omgewingsdruk (byvoorbeeld besoedeling, klimaatsverandering) c. Natuurlike rampe en voorsorg (aardbewings, vloede, brande, ens) d. Besoekers/toerisme druk e. Aantal inwoners binne die gebied, buffer sone /s f. Ander. 6. Monitering*. a. Indikators vir die meet van die vlak van bewaring b. Administratiewe reëlings vir gebiedsmonitering c. Uitslae van vorige verslagsbevindinge. 7. Dokumentasie*. a. Foto’s, skyfies, film en video en waar moontlik b. Kopieë van die areabestuursplanne en uittreksels van ander planne wat verwantskap het met die gebied c. Bibliografie d. Adres waar die inventaris, rekords en argief gehou word. 8. Handtekening in hoedanigheid van die Staatsparty*.

(35) 28. *. Deeglike verduidelikende notas word by elkeen van bogenoemde opskrifte. verskaf om leiding te gee aan daardie Staatsdepartemente se gebiedsnominasies vir die insluiting op die Wêrelderfenis Lys..

(36) 29. HOOFSTUK 3. KULTUURTOERISME. 3.1 Definisie en agtergrond van kultuurtoerisme. Die begrip kultuurtoerisme kan soos volg omskryf word: Dit is ’n vorm van toerisme wat van toepassing is op die geskiedenis, geloof, wetenskap, kuns, administrasie, ekonomie, politiek en die manier van lewe van ’n spesifieke gemeenskap. Dit is gerig op spesifieke kulture, en hoe meer die kultuur verskil van die toeris, hoe sterker is die behoefte by toeriste en om so ’n gemeenskap te besoek. In hierdie kategorie word museums, geskiedenis, volkskunde, geloof, kuns, spesiale geleenthede, taal, ’n manier van leef en die geleenthede vir sosiale interaksie wat verbind word met ’n spesifieke gemeenskap, ingesluit (Bennett 2000:9,12).. Hall definieer kultuurtoerisme as die beweging van mense as gevolg van belangrike kulturele motivering, soos vir studietoere, uitvoerende kunste, reise na feeste en ander kulturele aangeleenthede, besoeke aan gebiede en terreine soos monumente, reise om die natuur te bestudeer, volkskunde, kunste, asook pelgrimsreise (1992:23).. Kultuurtoerisme is die noodwendige opdoen van ondervinding van die kuns, kultuur, erfenis en spesiale karakter van die plek wat besoek word. Kultuurtoerisme is vandag een van die elemente van die toerismemark wat die meeste uitbrei. Die kenmerke van ‘n kultuurtoeris is dat hulle kulturele gebeurtenise insluit in hul reis; hulle is onder meer mense wat: •. Hoër as gemiddelde inkomste verdien. •. Beskik oor naskoolse opleiding. •. Bestuurs- of professionele beroepe beklee. (www.nea.gov/about/Facts/culturism.html 2004:2).. Navorsing het getoon dat die reisigers in die VSA wat deelneem aan ‘n kulturele geleentheid:.

(37) 30. •. Meer geld spandeer as die gewone reisiger. •. In ‘n hotel, motel of bed & ontbyt-fasiliteit sal bly. •. Vir langer periodes reis. •. Oor ‘n graad beskik (www.nea.gov/about/Facts/culturism.html 2004:2).. Toerisme is ‘n waardetoevoeging tot ekonomiese aktiwiteite wat ook ‘n oplewing in kultuurlandskappe tot gevolg het. By landelike en verwantskaplike kultuurlandskappe, soos byvoorbeeld Cinque Terre in Italië, het toerisme toegeneem en die getalle besoekers per trein en per voet is ‘n duidelike indikator hiervan (Lennon 2003:122).. Toerisme kan ‘n lae impak hê op die kultuurlandskap, maar tog kan dit ‘n groot rol speel in die oorgang na ‘n meer komplekse en diverse ekonomiese basis vir baie gemeenskappe, veral daardie wat meer afgeleë is (Lennon 2003:122).. Kultuurtoerisme verwys na daardie individue wat reis as ‘n lewenswyse en individuele gemeenskappe besoek, individuele geleenthede as ondervinding sien, en die geleentheid om ‘n erfenis, godsdienstige en kunstige gebied te besoek, sien as maniere om kennis uit te brei. Hierdie toerisme-ondervindinge sluit byvoorbeel in: die uitvoerende kunste, feeste, besoeke aan geskiedkundige gebiede en monumente, opvoedkundige toere, museums, natuurerfenisgebiede en godsdienstige feeste (Raj 2003:2).. Kultuurtoeriste word beskryf as mense wat, terwyl hulle op reis is, deelneem aan die kulturele aktiwiteite van die land of area wat hulle besoek. Dit is die vorm van toerisme wat doelbewus erfenisgebiede en kulturele monumente tydens hulle reise besoek. Garison Keillor het in 1995 in sy rede wat hy in die Withuis tydens die VSA se Konferensie van Reis & Toerisme gelewer het, kultuurtoerisme omskryf deur te sê:. We need to think about cultural tourism because really there is no other kind of tourism. It’s what tourism is…People don’t come to America for our airports, people don’t come to America for our hotels, or the recreation facilities…They come for our culture: high culture, low culture, middle culture, right, left, real or imagined – they come here to see America (Raj 2003:2).. Alhoewel kultuur in die moderne tyd gesien word as ‘n produk van regerings, groot organisasies en individue wat hul eie plek in die oop mark stel, soos byvoorbeeld kunshandelaars wat skone kunste bemark, het die behoefte van die toeris na die opdoen.

(38) 31. van ‘n ondervinding van erfenis, godsdiens en kuns, ‘n lewenswyse geword (Raj 2003:2). Hierdie siening dat regerings, organisasies en sekere individue kultuur skep, is ’n verskraling van die begrip kultuur, wat in werklikheid die doen en late en skeppinge van alle mense insluit. Dit is dan ook waarna die kultuurtoeris op soek is.. Nieu-Seeland se Toerismeraad het die ‘interaktiewe toeris’ geïdentifiseer as die hoofteiken van die toerismebemarkingsaktiwiteite, met die doel om die waarde van toerisme in Nieu-Seeland te verhoog. Navorsing het bevind dat die interaktiewe reisigers: •. Meer belangstel in baie aktiwiteite insluitende kultuurprodukte. •. Meer aan aktiwiteite deelneem insluitende ‘n aantal kultuurprodukte. •. Meer bevredig word met hul Nieu-Seelandse vakansie-ondervinding in die algemeen. •. Meer positiewe en sterker persepsies het van wat Nieu-Seeland het om te bied in terme van individuele kultuurprodukte, en. •. Meer van die internet as ‘n bron van reisinligting gebruik maak (Brunton, www.creativenz.govt.nz/resources/ gd:4).. Die interaktiewe toeris is meer geïntereseerd as ander reisigers in: •. Natuurwonders. •. Fisiese buitelug aktiwiteite. •. Wildlewe aktiwiteite. •. Die lewenswyse van mense van ander kulture. •. ‘n Land se plaaslike cuisine. •. Gebiede wat van belang is in die land se geskiedenis. •. Gebiede wat van belang is vir die land se inheemse mense. •. Geskiedkundige geboue. •. Uitstallings en nasionale geskiedenis (Brunton, www.creativenz.govt.nz/resources/ gd:5).. Die natuurlike en kulturele omgewing is ‘n belangrike element van die aantrekkingskrag tot ‘n area of gebied. Die bewaring van ‘n land se aardse natuurlike omgewing, insluitende die ryk fauna en flora en die diversiteit van die kulturele erfenisse, sal dan as ‘n groot aantrekkingskrag vir toerisme dien (Hofmeyr 1994:gb)..

(39) 32. ‘n Goeie voorbeeld van kultuurtoerisme en die belangstelling in kultuurlandskappe is die komplekse geskiedenis van Spanje, wat ‘n multi-kulturele landskap van unieke kuns en kulturele ruimte is. Afrika en Europa as kontinente is oorbrug, en die Iberiese skiereiland het die kruispunt geword van die groot tradisies van Christendom, Moslem en Joodse gelowe en kulture. In die stad Granada, wat deur die Sierra Nevades gedomineer word, kom die imposante Moorse tempel, naamlik die Alhambra, voor. Die Alhambra is vandag ‘n lewende bewys van die manier waarop hierdie kulture gekombineer en uitgeleef is. Musiek, dans, argitektuur, handwerkprodukte en ander aktiwiteite spreek van die kulturele rykdom van moderne Spanje en die kontraste wat ontwikkel het as tradisies in die moderne bestel (www.sit.edu/sudyabroad/europe/spain2.html gd:1).. 3.2 Suksesse en voordele van kultuurtoerisme by ’n kultuurlandskap. Kultuurtoerisme vind by alle kultuurlandskappe plaas. Toerisme behoort as ‘n positiewe invloed op die bestuur van ‘n kultuurlandskap gesien te word, en indien reg bestuur, sal dit ondersteuning bied vir kulture en natuurlike erfenisse, asook inkomste kan verskaf aan mense wat in die landskap woon en werk (Lennon 2003:122).. Daar. bestaan. etlike. suksesverhale. vir. die. behoud. van. kultuurtoerisme. by. kultuurlandskappe. Voorbeelde hiervan is nie net kultureel van aard nie, maar ook natuurlik van aard, soos die volgende voorbeelde illustreer:. In 1999 is die Giza Piramides in Egipte bedreig deur ‘n beoogde projek om ‘n snelweg naby Kaïro te bou wat ernstige skade aan die argeologiese gebied sou berokken. Onderhandelinge met die Egiptiese regering het gelei tot ‘n meer aanvaarbare oplossing en die projek is afgestel (whc.unesco.org/en/107/ 2005:1).. Die Koninklike Chitwan Nasionale Park in Nepal het in die vroeë 1990’s onder bedreiging gekom. Hierdie park is die vestiging van die eenhoring renosters, wat inheems aan Suid-Asië is. Die voorgestelde Raptirivier-verleggingsprojek sou die natuurlike habitat van die renosters erg nadelig beïnvloed. Die Ontwikkelingsbank en die regering van Nepal het die voorstel heroorweeg en later verwerp. Die Wêrelderfenisgebied het sodoende behoue gebly vir die nageslagte (whc.unesco.org/en/107/ 2005:1)..

(40) 33. Die Argeologiese gebied van Delphi in Griekeland was teen die tyd van sy nominasie in 1987, bedreig deur planne vir ‘n aluminium fabriek naby die area. Die Griekse regering is versoek om ‘n ander gebied vir die fabriek te vind. Dit het wel gebeur en so kon Delphi sy regverdige plek op die Wêrelderfenislys bekom (whc.unesco.org/en/107/ 2005:1).. Die situasie van die Walvis Reservaat van El Vizcanio in Mexiko het in 1999 ‘n hoogtepunt bereik met die Wêrelderfenisgemeenskap se indien van hul vertoë teen die vergroting van die bestaande soutfabriek vir kommersiële gebruik in die lagune San Igancio in El Vizcaniobaai in Mexiko. Hierdie baai is die laaste van die oorspronklike broeiareas van die Stille Oseaan se grys walvis. Die UNESCO se Wêrelderfenis Komitee het aan die Mexikaanse regering ‘n versoek gerig en die potensiële bedreiging van die uitwissing van hierdie walvisse uitgespel, asook die bedreiging wat dit vir die ekosisteme van die aard- en seelewe kon inhou. Die gevolg was dat die Mexikaanse regering in Maart 2004. die. goedkeuring. vir. die. werking. van. die. soutmyne. afgekeur. het. (whc.unesco.org/en/107/ 2005:2).. Berg Kenia Nasionale Park / Natuurlike woud van Kenia se aansoek vir lysting by die Wêrelderfenis Komitee is eers verwerp weens sprake van ’n marijuana-kwekery binne in die park. Dit het tot onwettige handel gelei. Die beherende liggaam van die park het voorsorg. getref. deur. meer. patrollies. en. meer. voertuie. beskikbaar. te. stel,. gemeenskapsbetrokkenheid aan te moedig, en beter opleiding vir die veldwagters te voorsien. Na drie waardebepalings is die gebied in 1997 gelys, alhoewel daar vandag nog probleme in die bestuur van hierdie landskap bestaan (whc.unesco.org/en/107/ 2005:2).. Suksesvolle restourasies is by Angkor in Kambodja gedoen. Dit is een van die belangrikste argeologiese gebiede in Suidoos-Asië. Angkor Argeologiese Park beskik oor merkwaardige oorblyfsels van die verskillende heersers van die Khmer Ryk van die 9de tot die 15de eeu. In 1993 het UNESCO ‘n poging aangewend om hierdie kultuurlandskap te bewaar. Die grootste probleme wat aangespreek is, was die onwettige opgrawings, die stroping van die argeologiese gebiede, en die bedreiging wat die landmyne, wat oorblyfsels van die oorloë was, ingehou het. ‘n Suksesvolle herstelproses het gevolg en in 2004 is die gebied van die gevaarlys verwyder (whc.unesco.org/en/107/ 2005:2).. Die ou stad van Dubrovnik in Kroasië staan bekend as die pêrel van die Adriatiese See. Die stad bestaan uit geboue van pragtige Gotiese, Renaissaance en Barok argitektuur wat die oorgang tussen die eeue uitbeeld en etlike aardbewings oorleef het. In.

(41) 34. November en Desember 1991 is die stad erg beskadig deur kanonvuur en onmiddellik op die Gevaarlys van Wêrelderfenis geplaas. UNESCO het tegniese advies en finansiële bystand verleen, die Kroatiese regering het die fasades van die Franciscaanse en die Dominicaanse kloosters gerestoureer, dakke is herstel en paleise is herbou. Die suksesvolle gevolg was dat die antieke stad Dubrovnik in Desember 1998 van die gevaarlys afgehaal is (whc.unesco.org/en/107/ 2005:2).. Die Wielczka soutmyn naby Krakou in Pole is in 1978 as een van die eerste twaalf Wêrelderfenisgebiede ingeskryf. Die groot myn is reeds vanaf die 13de eeu aktief bedryf. Sy 300 kilometer van galerye bestaan uit kuns- en beeldhouwerke wat uit sout gemaak is, wat ernstig bedreig was deur die klam lug weens die installering van ventilasie teen die einde van die 19de eeu. Die gebied is in 1989 op die Gevaarlys geplaas. Gedurende die daaropvolgende nege jaar het Pole en die internasionale gemeenskap ‘n effektiewe dehumiditeitsisteem geïnstalleer. In Desember 1998 kon hierdie gebied ook van die Wêrelderfenis Gevaarlys afgehaal word (whc.unesco.org/en/107/ 2005: 2,3).. Die Ngorogoro Bewaringsgebied in die Verenigde Republiek van Tanzanië is die grootste krater met die grootste konsentrasie van wilde diere in die wêreld. In 1984 is hierdie gebied op die Gevaarlys geplaas weens die algemene agteruitgang van die gebied as gevolg van swak bestuur. In 1989, te danke aan die aaneenlopende monitering en tegniese samewerkingsprojekte, het die situasie verbeter en die gebied is van die Gevaarlys afgehaal (whc.unesco.org/en/107/ 2005: 3).. Behalwe die suksesse wat behaal is met die vind van oplossings en die restourasie van kultuurlandskappe, is daar ook voorsorgveldtogte geloods. Vanaf 1966 het UNESCO ‘n aaneenlopende voorsorgveldtog in Venesië, Italië, geloods om die stad te red teen vloede soos diè van 1965. ‘n Internasionale samewerkingsprojek is gestig wat ‘n hoë graad van tegniese kennis, baie tyd en geld vereis het (whc.unesco.org/en/107/ 2005: 3).. Die Tempel van Borobudur in Indonesië se internasionale voorsorgveldtog is in 1972 deur UNESCO geloods. Dié Boedhiste tempel, wat dateer uit die 8ste en 9de eeu, is in die jaar 1000 verlate gelaat. Die tempel is stadigaan deur plante toegegroei en is eers in die 19de eeu herontdek. Weens die aktiewe deelname van die Japanese Trustfonds vir die Wêreld Kultuurerfenis, asook met hulp van ander vennote, is die restourasie in 1983 voltooi (whc.unesco.org/en/107/ 2005: 3)..

(42) 35. Soos hierdie suksesverhale bewys, word geleenthede vir kreatiewe venootskappe tussen die kulturele, handels- en publieke sektore van ’n gemeenskap, area of staat, geskep om die kultuurtoerisme-ondernemings aan te moedig. Hierdie venootskappe kan die missies van die kultuurorganisasies bevorder, die toerismebedryf uitbrei, en geleenthede tot volhoubare. ekonomiese. en. sosiale. ontwikkelling. vir. behoeftige. gebiede. skep. (www.nea.gov/about/Facts/Cultourism.html 2004:1).. 3.3 Probleme en nadele van kultuurtoerisme by ‘n kultuurlandskap. Wêrelderfenistoerisme het werksgeleenthede vir miljoene mense teweeggebring, soms in die mees afgeleë dele in die wêreld. Tog is die risiko wat die toerismeproses vir die kultuurlandskappe inhou, welbekend. ‘n Studie wat gemaak is van die Tuinkoninkryk van Dessau Wörlitz in Duitsland, beeld die verskillende tipes gedrag van toeriste uit. Die vorme van voorkoming word aan die bestuur en die administrasie van die kultuurlandskap oorgelaat, maar nêrens is 100% sukses behaal nie. Om die besoekers se gedrag na wense te beïnvloed, is dit van belang om hulle te oortuig van die uniekheid en die prag van die gebied wat hulle besoek en besigtig (Weinmann 2003:69).. Oor jare heen het kultuurtoerisme dwarsoor die wêreld inspirasie, ontspanning en genot aan ontelbare besoekers verskaf, maar so ook het dit die unieke, weerlose en oorspronklike omgewings vernietig en besoedel, plaaslike kulture bedreig, en erfenisse se waardes aangetas. Toerisme het ook ‘n groot geleentheid vir die algemene openbare waardering vir die waardes van Wêrelderfeniskultuurlandskappe geskep (Lennon 2003:121).. Toerisme is een van die belangrikste industrieë op ekonomiese en sosiale gebiede. Finansieel maak dit ‘n groot bydrae tot die ekonomie van ‘n land en dit verskaf werk aan groot getalle mense, wat weer op hul beurt geld spandeer op toerisme (Wheatley 1996:22).. Groot getalle besoekers kan ongelukkig ’n nadelige effek hê op die plekke wat hulle besoek, wat meestal kultuurlandskappe is. Die atmosfeer en algemene indrukke van die gebied is juis van die hoofredes hoekom ‘n plek besoek word. Sommige gebiede word beskadig weens swak beplande toegangspunte en lang rye toue waarin die besoekers.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

The integrated p250 plasmid was identified in only one of the contigs obtained from the genome sequence data (Figure 5.3).. hmcD hmcC hmcB

(b) in die diens van 'n provinsiale departement van onderwys deur die Departementshoof gedoen word. 2) Behoudens die bepalings van hierdie Hoofstuk, die Wet op

Die hipotese naamlik dat daar aanvanklik 'n hoe mate van homo= geniteit bestaan het tussen di e twee groepe proefpersone is ook statisties ondersteun deurdat

American Women at the Dawn of the 1960s (New York: Basic Books, 2011); Helen Gurley Brown, Sex and the Single Girl (New York: Bernard Geis, 1962); Berebitsky, Sex and the Office:

[r]

foreign policy towards Indonesia throughout the Kennedy and Johnson years and the links between these policies and Washington’s priorities elsewhere in Southeast Asia during the

This could give a better view of the overall popularity of movies and TV series, and by analysing the metadata of tweets, like loca- tion and time, provides us with insights into

After conducting an additional contrast test, there seemed to be no significant difference between information disclosure by the consumer and information disclosure by the