• No results found

Voëlberinging - deel 1

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Voëlberinging - deel 1"

Copied!
3
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

VOELBERINGING — DEEL 1

R .A . Eail6

"I came upon a falcon/haw k and on its leg was a ring on which was w ritten the address . . .

'IN FO R M ZOO PRETORIA K 0 4 0 3 2 ' . . . I wish to send you this in the hope that it will be

of some benefit to you in helping you reach useful results. This hawk was captured on 4 / 1 1 / ‘9 8 according to the Islamic calender and was caught in NW Saudi Arabia about 1 0 7 km west of Medina . . . "

Hierdie is die tipe briewe w at gereeld ontvang w ord by die Suid-Afrikaanse voelberingings- eenheid (SAFRING) w at by die U niversiteit van Kaapstad gesetel is en w a t meehelp om verskeie aspekte van die biologie van vele voelspesies te ontrafel. Maar w aar kom hierdie voel aan die ring? Voels broei tog sekerlik nie met 'n ring aan die poot uit nie?

Voelberinging is sekerlik di6 wetenskaplike a ktiw ite it in die Voelkunde w at beide deur die am ateur en professionele Ornitoloog eweveel geniet word. Tydens die beringingsproses word 'n k le in m e ta a lrin g e tjie , g e w o o n lik van alum inium , vleklose staal of 'n m etaal-allooi om die voel se tarsus, dit is die harde gedeelte net bokant die tone, toegebuig, sodat die ring los om die tarsus pas maar nie oordie tone of "k n ie " kan gly en so verlore raak of ongerief vir die voel veroorsaak nie. W anneer die beringde voel vrygelaat is, sal dit w aarskynlik 'n paar maal aan die ring pik, maar na 'n ha lfu u r of so gaan die voel voort met sy normale aktiw iteite en gee geen

verdere aandag aan die ring nie. Opelke ring is 'n unieke reeksnommer ingegraveer, asook die woorde INFORM/VERWITTIG ZOO PRETORIA. Nuwe ringe w at vanaf 1 983 gebruik w ord, sal 'n nuwe adres he, naam lik INFORM SAFRING UNIVERSITY OF CAPE TOWN.

W at is die doel van beringing? Reeds in die middeleeue het Voelkundiges in Europa begin w onder w a t word van sekere van die voelspesies w at so volop is in die somer, maar totaal afwesig is in die Europese w inter. Toe Afrika minder donker begin word het in die 1 7 ,18en 19deeeue, het ontdekkingsreisigers w at Afrika, en veral suidelike A frika, besoek het, opgemerk dat baie van die voels waarmee hulle bekend was in Europa in A frika is tydens die Europese w inter. Of hierdie w erklik dieselfde voels was as w at in Europa in die somer die lugruim versier het, kon niemand na tu u rlik met sekerheid se nie. Daar moes toe aan metodes gedink w ord om voels individueel te merk. Baie metodes is beproef maar dit w as eers in 1899 dat 'n Deen, Christiaan Mortensen, 'n aantal voels van ringe voorsien het w at elk 'n reeksnommer gehad het. Die doel van hierdie beringing was om te sien waarheen die voels beweeg. Dit was na tu u rlik m oontlik aangesien elke voel, sodra dit 'n ring dra, as 'n individu herkenbaar w as indien dit weer gevang of andersins dood gevind sou word.

Die voel word stewig. maar versigtig vasgehou, terw yl die metaalringetjie om die tarsus toegedruk word.

(2)

Sedert 1947 toe die eerste voels in S uid-A frika bering is, is reeds sowat een m iljoen voels van ringe voorsien. Tans w ord daar sow at 20 000 voels per jaar bering deur die sow at 50 individuele beringers en verskeie organisasies in al die provinsies van S uid-A frika, Suidwes- Afrika, Zimbabwe en M alaw i.

Die vasstelling van sekere voels se trekroetes en trekgewoontes was die eerste groot doel met die beringing van trekvoels in S uid-Afrika. Hier het veral die Europese swaeltjie en verskeie van die strandloperspesies baie aandag gekry. Deurdat duisende Europese sw aeltjies in Suid-Afrika bering is, isvasgesteldatdie sw aeltjies w a t langs die Kaapse en Natalse kus gedurende ons somer vertoef, hoofsaaklik van Oos-Europa en Rusland afkom stig is, terw yl individue w a t in die Transvaal bering is, veral in W es-Europa broei. Uit elke sowat 1 00 0 Europese sw aeltjies w a t in S uid-A frika bering word, sal w aarskynlik net sowat drie in Europa teruggevind word. Daar moet dus groot getalle trekvoels bering w ord om voldoende in lig tin g oor hulle trekgewoontes te bekom. Die spoed waarmee die voel migreer kan na tu u rlik ook vasgestel word. So byvoorbeeld het 'n Europese swaeltjie binne net 34 dae vanaf Kaapstad tot in Sentraal-Rusland, 'n afstand van byna 12 00 0 km gevlieg. Dit beteken dat die voeltjie ongeveer 350 km per dag afgele het.

Die vasstelling van trekroetes van voels is lank reeds nie meer die enigste of hoofdoel van beringing nie en deesdae is voelberinging 'n basiese tegniek in byna elke studieprojek i.v.m. voels. Die m etaairing w o rd d ikw e lsg e b ru iksa a m m et a n d e r m e rkm e to d e s, soos p la s tie s e kleurringe, genommerde neussaels by eende en skouermerkers vir roofvoels. Deur van hierdie ander merkmetodes gebruik te maak is die gemerkte voels as individue herkenbaar in die veld sonder dat hulle eers gevang hoef te word om die nommer op die m etaairing te lees. So kan daar byvoorbeeld vasgestel w o rd of die Janfrederikke of lysters in u tu in elke jaar dieselfde pare vorm om te broei en of elke mannetjie dalk elke jaar 'n nuwe wyfie het. Deur 'n hele populasie Bergkwikkies te bering is daar byvoorbeeld vasgestel dat lewenslange pare gevorm word, maar sodra hulle onsuksesvol broei isegskeiding aan die orde van die dag. Deur voels te bering is bepaal hoe oud verskeie voelspesies kan word. Daar is vasgestel deur die beringing van 'n groot populasie Kaapse mossies in W es-T ransvaal dat die m anne tjies 'n gemiddelde lewensverwagting van slegs 1,5 jaar het en die wyfies 1,2 jaar. Baie van die Kaapse mossies word n a tu u rlik ouer as net die 1,5 of 1,2 jaar, maar baie bereik nooit dieeenjaar-m erk nie. 'n W it ooievaar w a t onlangs naby Bulawayo in Zimbabwe gevind is, het 'n ring gedra w at 30 jaar tevore reeds om sy tarsus geplaas isen 'n Malgas

Sekere rin g g ro o tte s wat gebruik word tesame met enkele apparate w a t vir beringing benodig word. Met die sen si tie we trekskaal word elke voel wat bering word se massa eers bepaal voor vrylating. Die staalliniaal met 'n "s to p " aan die een kant word gebruik om stert- en vlerklengtes te meet.

(3)

wat onlangs dood gevind is naby Lambertsbaai het 25 jaar oud geword. Ook kleiner voels word soms baie oud. 'n Lawaaimaker het 26 jaar lank in 'n woud naby Pietermaritzburg gewoon en m oontlik w oon hy nou nog daar, w a n t toe hy op 8 A p ril 1981 v ir 'n tweede maal gevang is, nadat hy op 27 Mei 1956 bering is, was hy nog springlewendig. n Europese swaeltjie het al 16 jaar oud geword en dus in hierdie tyd die afstand tussen Suid A frik a en S e n tra a l-R u sla n d (ongeveer 11 00 0 km) ten minste 32 maal afgele — dus 'n afstand van ongeveer 352 00 0 km net gedurende direkte migrasie. Hierdie in lig tin g sou glad nie bekend gewees het as die voels nie bering was en dus nie individueel herkenbaar was nie.

Het u a I ooit gekyk of die dooie voel w at u in u tu in kry of langs 'n pad teekom of op die strand optel, dalk 'n ring aan sy poot het? Heel w aarskynlik nie. Die m oontlikheid dat die voel wel 'n ring sal dra, is baie skraal, maar daar is tog 'n m oontlikheid. U mag dalk net die Europese swaeltjie optel w at 'n nuwe snelheidsrekord opgestel het van Engeland af na S uid-A frika of die oudste seemeeu tot nog toe gevind. W at maak 'n mens as jy wel 'n voel met 'n ring aan sy poot kry? Indien die voel dood is, moet die ring van die poot verwyder word, platgedruken met 'n stukkie kleefband op papier vasgeplak w o rd e n saam met die besonderhede, naam lik w aar die voel gevind is, wanneer, hoe lank en hoe die voel dood is en

n a tu u rlik die naam en adres van die persoon w at die voel gevind het, te stuur aan die Dieretuin in Pretoria of verkieslik direk aan SAFRING, Universiteit van Kaapstad, Rondebosch, 7700. Die Dieretuin in Pretoria kan ook ko stelo os

geskakel w ord by 01 2 -2 8 7 3 2 8 . Hierdie nommer is spesiaal vir in ligting oor beringde voels. As die voel lewend gevang en weer losgelaat gaan word, moet die nommer op die ring net afgeskryf en saam met die besonderhede aan SAFRING gestuur word. Binne ongeveer twee weke nadat SAFRING die besonderhede ontvang het, sal die persoon w a t die in lig tin g verskaf het, 'n rekenaaruitdruk ontvang waarop die voel se voile besonderhede verskyn: soos w aar en wanneer die voel bering is, deur wie, hoe v6r die voel beweeg het en enige ander in ligting w a t van belang kan wees. Beringers maak hoofsaaklik staat op die publiek om in ligting oordie voels w at hulle bering te bekom. Soms is persone o n w illig om ringe w at hulle aan voels kry w at hulle onw ettig gejag het in te stuur daar hulle bang is vir vervolging. SAFRING stel net belang in die voels en nie in wetstoespassing nie. As u dus ooit, of dalk w66r, 'n voel met 'n ring aan sy poot vind, dink daaraan dat baie in ligting verlore gaan as u nie die ring en voile besonderhede aan SAFRING besorg nie. Dan dink ons nie eens aan die moeite w at die beringer moes doen om die voel te bering nie. Hy het dalk tot by sy bors in 'n stinkende vlei gestaan w aar die muskiete hom byna opgevreet het, net om daardie voel te kon vang.

D ie w o o rd e IN F O R M / VERWITTIG ZOO PRETORIA, a sook 'n u n ie k e ree ks - nommer, is op elke ring in g e g r a v e e r . A lh o e w e l verwering van die ring, veral in ’ n w a te rh a b ita t. die nommer mettertyd onduidelik kan maak, is die ring se leeftyd gewoonlik veel langer as di£ van die voel.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

That is, each type of mental state or process is numerically identical with (is one and the same thing as) some type of physical state or process within the brain or central

Daar word verder op die hulpverleningspraktyk ten opsigte van lees- en spelvaardighede deur spesifieke gebruik van die ouditiewe modaliteit gelet. In hoofstuk ses

Hy het die gemeenskap gevra om die verkiesing nie te laat ontaard in ʼn tydelike vlaag van senuagtige, patriotiese, opgewonde raserny nie, maar gevra dat die

Ons het reeds gesien dat nuwe woorde van bestaande woorde afgelei word op drie maniore: (i) deur middt>l van voorvoegsels, (ii) deur midclel van agtervoegsels, en

[r]

At this stage in development, new sites were recruited; the network bursts shortened and became more intense. Around 9 DIV, the network bursts were intense enough to be automat-

Er zal moeten worden gekeken naar de eisen die aan deze producten worden gesteld en wat voor mogelijkheden er allemaal zijn om het verwerkt te krijgen tot het gewenste

Simulation of bioelectric potential changes in the styles of lilies using nerve impulse transmission models.. Citation for published