• No results found

Manlike en vroulike onderwysstudente : 'n vergelykende psigologiese studie

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Manlike en vroulike onderwysstudente : 'n vergelykende psigologiese studie"

Copied!
125
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

MANLIKE EN VROULIKE ONDERWYSSTUDENTE: 'N VERG£LYKENDE PSIGOLOGIESE STUDIE

deur

ELSA THEOPHILA VERWEY

Verhandeling voorgel~ ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad Magister Artium (Psigologie) in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte aan die

Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer OnderNys

STUDIELEIER: DR. D.A. LOUW

(2)

Opgedra aan

(3)

VOORWOORD

Besondere waardering en opregte dank word hiennee betuig aan: My studieleier, dr. D.A. Louw, vir sy onselfsugtige hulpvaardig= heid, opregte belangstelling en bekwame leiding.

Die Transvaalse Onderwysdepartement asook die rektor van ~ie Potchefstroomse Onderwyskollege, prof. H.O. Maree, vir die toe= sterrming om die meetinstrumente te mag toepas.

Mnr. G.J. de Korte vir sy vriendelike hulp met die praktiese reelings in verband met die toepassing van die meetinstrumente. Mnr. P.J.S. du Toit wat behulpsaam was met die toepassing van die meetinstrumente.

Die proefpersone vir hulle vriendelike samewerking.

Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing vir die nasien en statistiese verwerking van sekere meetinstrumente.

Mnr. C.J. van der Watt, verbonde aan die Departement Psigologie (PU vir CHO} vir sy hulp ten opsigte van sorrmige statistiese verwerkings.

Dr. Elsabe Steenberg vir haar hulp met die taalkundige versorging. Mev. N. du Toit vir die noukeurige tikwerk.

My man en kinders vir hulle aanmoediging.

POTCHEFSTROOM Desember 1978

(4)

INHOUD

HOOFSTUK 1

DOELSTELLING EN LITERATUUROORSIG 1.1

1.2

PROBLEEMSTELLING EN DOEL VAN ONDERSOEK LITERATUUROORSIG

1.2.1 Die noodsaaklikheid van 'n manlike model in die primere onderwys

1.2.2 Die persoonlikheidseienskappe van die sukses=

Bladsy 7 11 11 volle onderwyser 20 1.2.2.1 Inleiding 20

1.2.2.2 Bevindings van enkele ondersoekers 21 1.2.3 'n Oorsig van enkele Suid-Afrikaanse onder=

soeke in verband met die persoonlikheids=

eienskappe van onderwysstudente 38 HOOFSTUK 2

METODE VAN ONDERSOEK

2.1 2.2 2.3 DIE PROEFPERSONE DIE PROSEDURE DIE MEETINSTRUMENT 2.3.l Die Biografiese Vraelys

2.3.2 Die Nuwe Suid-Afrikaanse Groeptoets (NSAG) 2.3.2.1 Doe1

2.3.2.2 Beskrywing

2.3.2.3 Betroubaarheid en standaardmetingsfout 2.3.3 Die Persoonlike, Huislike, Sosiale en Forrrele

Verhoudingsvraelys (PHSF} 2.3.3.1 Agtergrond 2.3.3.2 Die doel 48 48 49 49 50 50 50 52 53 53 54

(5)

2.3.3.3 Rasionaal 2.3.3.4 Komponente 2.3.3.5 Beantwoording 2.3.3.6 Toetstyd 2.3.3.7 Nasien 2.3.3.8 Interpretasie 2.3.3.9 Betroubaarheid en standaardmetingsfout 2.3.3.10 Geldigheid Bladsy 54 54 57 58 58 58 59 60 2.3.4 Die Sestien-Persoonlikheidsfaktorvraelys (16 PF) 61 2.3.4.1 Beskrywing 2.3.4.2 Betroubaarheid en geldigheid 2.4 2.4.1 2.4.2 2.4.3

STATISTIESE VERWERKING VAN RESULTATE Die Biografiese Vraelys

Die akademiese prestasie van die proefpersone Die NSAG, die PHSF en die 16 PF-toetse HOOFSTUK 3

RESULTATE VAN ONDERSOEK 3.1 INLEIDING

3.2 RE$ULTATE VAN DIE BIOGRAFIESE VRAELYS 3.2.1 Leierskapbegeerte

3.2.2 Leierskap tydens die hoerskoolloopbaan 3.2.3 Die invloed van skoolvoorligting op die

beroepskeuse

3.2.4 Die persoon wat die beroepskeuse die meeste beinvloed het 61 69 70 71 71 72 73 73 73 75 76 77

(6)

Bladsy 3.2.5 Bespreking van persoonlike probleme

tydens die hoerskoolloopbaan 79

3.2.6 Hoerskoolprestasie 80

3.2.7 Opleiding van vader en moeder 81 3.2.8 Posisie ten opsigte van verenigings en

organisasies gedurende die laaste twee

studiejare 82

3.2.9 Motivering vir die keuse van die onderwys=

beroep 84

3.3 INTELLEKTUELE VERMOENS EN PRESTASIES 86

3.3.1 Resultate van die NSAG 86

3.3.2 Resultate van akademiese prestasie 87

3.4 RESULTATE VAN DIE PHSF 90

3.5 RESULTATE VAN DIE 16 PF 95

HOOFSTUK 4

SAMEVATTENDE OORSIG

4.1 DOELSTELLING 104

4.2 LITERATUUROORSIG 105

4.3 METODE VAN ONDERSOEK 107

4. 3.1 Die proefpersone 107 4.3.2 Die meetinstrumente 107 4.4 SAMEVATTING EN BEVINDINGS 108 4.5 AANBEVELINGS 110 BIB LI OGRAFI E 114 SUMMARY 120 3

(7)

TABELLE

Bladsy TABEL 1: GETALLEVERHOUDING MANS- TOT DAMESONDERWYSERS

(TOD) 1925-1977 8

TABEL 2: EIENSKAPPE VAN DIE GOEIE ONDERWYSER SOOS

VASGESTEL DEUR B.F. NEL EN R.B. CATTELL 22 TABEL 3: PERSOONLIKHEIDSWAARDERINGSKAAL VIR VOORNEMENDE

ONDERWYSSTUDENTE (B.F. NEL) 24

TABEL 4: INDELING VAN DIE EIENSKAPPE VIR DIE ONDERWYS=

PROFESS IE 33

TABEL 5: EIENSKAPPE WAT 'N SUKSESVOLLE ONDERWYSER MOET BESIT IN ORDE VAN BELANGRIKHEID 34 TABEL 6: SAMEVATTING VAN DIE BEVINDINGS VAN ANDERSON,

BURDICK, McCLAIN EN OSMON 39

TABEL 7: BETROUBAARHEID VAN DIE NSAG (SENIOR AFRIKAANS) 53 TABEL 8: BETROUBAARHEID EN STANDAARDMETINGSFOUT VAN

DIE PHSF 59

TABEL 9: TABEL VAN GELDIGHEID OP GROND VAN Z-WAARDES 60 TABEL 10: VERKORTE BESKRYWING VAN DIE VERSKILLENDE

PERSOONLIKHEIDSFAKTORE GEMEET DEUR DIE

16 PF-VRAELYS 62

TABEL 11: HALF-VERDELINGS-BETROUBAARHEIDSINDEKS VAN DIE

16 PF 70

TABEL 12: LEIERSKAPBEGEERTE BY DIE DAMES- EN MANSTUDENTE 74 TABEL 13: DIE LEIERSKAPPOSISIES TYDENS DIE HOERSKOOL=

(8)

Bladsy TABEL 14: DIE ROL VAN SKOOLVOORLIGTING IN DIE

BEROEPSKEUSE VAN DIE DAMES- MANSTUDENTE 77 TABEL 15: DIE PERSOON WAT DIE GROOTSTE INVLOED GEHAD

HET OP DAMES- EN MANSTUDENTE IN HULLE KEUSE

VAN DIE ONDERWYSBEROEP 78

TABEL 16: DIE PERSOON MET WIE DAMES- EN MANSTUDENTE HULLE PERSOONLIKE PROBLEME GEDURENDE HULLE HOERSKOOLLOOPBAAN BESPREEK HET 79 TABEL 17: HOERSKOOLPRESTASIE VAN DAMES- EN MANSTUDENTE 80 TABEL 18: AKADEMIESE OPLEIDING VAN VADER EN MOEDER

VAN DIE DAMES- EN MANSTUDENTE 81 TABEL 19: DIE POSISIE WAT DAMES- EN MANSTUDENTE BEKLEE

HET TEN OPSIGTE VAN VERENIGINGS EN ORGANISASIES GEDURENDE HULLE LAASTE TWEE

STUDIEJARE 83

TABEL 20: FAKTORE WAT DAMES- EN MANSTUDENTE GEMOTIVEER HET OM DIE ONDERWYSBEROEP TE VOLG (AANGEDUI IN VOLGORDE VAN BELANGRIKHEID) 84 TABEL 21: DIE NSAG-RESULTATE VAN DIE DAMES- en

MANS TU DENTE 87

TABEL 22: DIE GEMIDDELDE AKADEMIESE PRESTASIE VAN DAMES- EN MANSTUDENTE AAN DIE EINDE VAN

(9)

TABEL 23: DIE PHSF-RESULTATE VAN DIE DAMES- EN MANSTUDENTE

TABEL 24: DIE 16 PF-RESULTATE VAN DIE DAMES EN MANS TU DENTE

Bladsy

91

(10)

HOOFSTUK 1

DOELSTELLING EN LITERATUUROORSIG

1.1 PROBLEEMSTELLING EN DOEL VAN ONDERSOEK

Gedurende die afgelope paar jaar het die soeklig baie prominent op die onderwystoestand in Suid-Afrika geval. Daar is veral besorgdheid uitgespreek oor die getalleverhouding van mans tot dames in skole en die klein getal manstudente wat die afgelope jare ingeskryf het aan die verskillende onderwyskolleges. Ver= skeie openbare liggame soos onder andere die sinodes van die Afrikaanse kerke in Transvaal het dan ook hul kommer oor hier= die aktuele probleem uitgespreek, terwyl outoriteite soos Terblanche (1978) gepleit het vir 'n beter balans tussen die twee geslagte in die onderwys.

Wanneer die statistiek oor die getalleverhouding in oenskou geneem word, blyk dit duidelik dat die genoemde kommer nie sonder rede is nie. So was daar op 31 Mei 1977 in al le onderwys= poste van die Transvaalse Onderwysdepartement (TOO) 'n getalle= verhouding van 33,6 persent mans teenoor 66,4 persent dames. In sekondere skole was die getalleverhouding 45 persent mans teenc oor 55 persent dames, terwyl daar slegs 21,3 persent mans teen= oor 78,7 persent dames in primere skole was. Dit is verder verontrustend dat slegs 29,9 persent mans teenoor 70,l persent dames hulle tans bekwaam vir sekondere onderwys. Die verhouding in die opleiding vir senior primere onderwys is ook 29,9 persent mans teenoor 70,1 persent dames (Du Toit, 1977).

Ter voltooiing van die geheelbeeld word die getalleverhouding van mans tot dames in onderwysposte van die TOD vanaf 1925 tot

(11)

1977 in tabel 1 aangetoon.

TABEL 1: GETALLEVERHOUDING MANS- TOT DAMESONDERWYSERS (TOD) 1925-1977

JAAR PERSENTASIE MANS PERSENTASIE DAMES Prirnere skole 1925 46,4 53,6 1935 51,4 48,6 1945 47,2 52,8 1955 33,2 66,8 1965 29,8 70,2 1975 22,2 77 ,8 1976 20, 7 79,3 1977 21,3 78, 7 Sekond~re skole 1925 65,7 34,3 1935 66,1 33,9 1945 66,8 33,2 1955 64,9 35,1 1965 57,0 43,0 1975 47,0 53,0 1976 45,0 55,0 1977 45,0 55,0

(12)

Uit die voorafgaande gegewens is dit duidelik dat die persentasie= vermindering van mans die vervrouliking van die onderwysprofessie tot gevolg het. Volgens Du Toit (1977) is die dames hoofsaaklik verantwoordelik vir klasonderwys en direkte kontak met die leer= linge omdat die meeste promosieposte deur mans gevul word. Ge= volglik het die mans minder en indirekte kontak met die leer= linge. Dit is hierdie verdwyning van die man uit die onderwys en spesifiek uit die klaskamer wat korrmer wek by almal wat be=

lang het by die onderwys.

Dosente van onderwyskolleges, dekane van opvoedkundefakulteite, inspekteurs van onderwys en hoofde van skole is dit eens dat die meeste d~mes wat gekeur word vir onderwysopleiding oor voor= treflike kwaliteite beskik. Hulle akademiese prestasie is ge= woonlik goed en hulle is gewoonlik konsensieus in hulle werk.

Dieselfde word egter nie altyd van die manstudent gese nie. Daar word beweer dat dit die minder intelligente en minder konsen= sieuse manstudent is wat horn wend tot die onderwys en dat die onderwys as gevolg daarvan verder skade kan ly.

Verskeie redes word aangevoer vir die persentasievermindering van mans in die onderwys en vir die daannee samehangende be= wering dat 'n minder goeie manstudent horn tot die onderwys wend. Du Toit (1977, p. 2) skryf dit toe aan "die ekonomie se suig= krag as gevolg van 'n mannekragtekort en beter salarisse in die private sektor". Volgens Kotzee (1973, p. 10) is "die man in sy aard gerig op uitdagings, oorkoming van weerstande, oor= skryding van grense en die avontuurlike". Dit is dus te be= grype dat ander betrekkings buite die onderwys hulle lok. Kotzee wys egter verder daarop dat "die onderwys daarenteen 'n

(13)

professie met 'n eie aard (is): dit bied uitdagings wat nie soseer in munt, of syfers, of betonstrukture gemeet kan word nie. Daarom lok dit diegene wat meer ingestel is op versorging, bewaring, blywende waardes, selfopoffering en toegeneentheid tot die kind" (p. 10).

Wat die redes vir die ongelukkige toedrag van sake ook al mag wees, is dit duidelik dat 'n toestand heers wat nie in belang van die onderwys is nie.

Vir die huidige ondersoeker wek veral die algemene bewering dat die man (teenoor die vrou) in die onderwys van minder goeie mensemateriaal is, kommer. Hieruit spruit die doel van die ondersoek, naamlik om 'n aantal dames- en mansonderwysstudente ten opsigte van biografiese gegewens, akademiese prestasie en persoonlikheidseienskappe teenoor mekaar te stel. As aanloop sal daar in die literatuuroorsig kortliks aandag geskenk word aan die noodsaaklikheid van 'n manlike model in die onderwys in die pri~re skool. Daarna sal 'n oorsig gegee word van die bevindings van enkele navorsers, buitelands sowel as Suid-Afrikaans, oor die persoonlikheidseienskappe behorende tot die suksesvolle onderwyser. Die soeklig sal ook val op bevindings in ondersoeke met studente verbonde aan onderwyskolleges in Suid-Afrika, met besondere klem op vergelykings tussen dames-en manstuddames-ente tdames-en opsigte van intellektuele vermoe, akademiese prestasie en persoonlikheidseienskappe.

(14)

1.2 LITERATUUROORSIG

Soos genoem is die tekort aan mansonderwysers 'n wesentlike probleem waannee die onderwysowerhede te kampe het. As gevolg van hierdie toestand in die onderwys word verskeie gevolg= trekkings gemaak. Van der Merwe (1976, p. 7) se siening is verteenwoordi gend: "Die feit dat d:iar meer mansonderpresteer= ders op skoal en universiteit as dames is, lei tot die gevolg= trekking - soms op heel onwetenskaplike wyse - dat die jong seun nie genoeg manlike identifikasie by die huis sowel as by die skoal ondergaan nie. Anders gestel, sou die beskikbaarheid van meer mans aan die laerskool byvoorbeeld, verhoed het dat die seuns teenoor die dogters op skolastiese vlak tweede kom? Hier= die argument word nog verder gevoer met die bewering dat die onverantwoordelike optrede van jong mense op die paaie, in hul werk en daaglikse kontak met wette en gebruike, baie minder sou gewees het, indien die dissipline meer deur mans uitgeoefen sou gewees het."

Op grand hiervan vind ondersoeker dit nodig om te besin oor die noodsaaklikheid van 'n manlike model in die pri~re onderwys.

1.2.1 Die noodsaaklikheid van 'n manlike model in die pri~re onderwys

Du Tait (1977), een van die weinige persone wat horn oor die manlike model in die onderwys uitlaat, voer die noodsaaklikheid van 'n gesonde getalleverhouding van mans tot dames in die onderwys terug na die gesin waar begin word met opvoeding in primere verband. In ideale omstandighede word die kind deur albei ouers opgevoed. Vader en moeder lewer 'n unieke bydrae

(15)

tot die volwassewording van die kind deurdat die vader sy man= likheid en die moeder haar vroulikheid in gesinsverband voor= leef. 'n Gesonde vertrouens-, ken- en gesagsverhouding tussen ouers en kinders sal lei tot 'n gevoelsbereidheid by die seun om horn met sy vader te identifiseer en die dogter om haar met haar moeder te identifiseer. Du Toit stel dit spesifiek dat identifikasie geskied deurdat die kind self die inisiatief neem tot die toe-eiening van nonne van manlike of vroulike volwassenheid. Die seun identifiseer horn met die manlike in sy vader en met die uiterlike gestalte van sy vader omdat hy graag soos sy vader wil wees. Die dogter identifiseer haar met haar moeder en sy probeer om soos haar moeder en ander vrouens te wees omdat sy bewus word van haar bestemming as vrou. 'n Gesonde verhouding tussen vader en dogter en moeder en seun is egter ook belangrik vir 'n latere gesonde verhou= ding met die teenoorgestelde geslag.

In die skoal word die opvoeding van die kind in sekondere ver= band voortgesit. "Die ideaal in die gemengde skoal is dat die beginsel van die manlike en vroulike vennootskap wat in die primere opvoedingsmilieu bestaan, oak deurgevoer behoort te word tot hierdie skole. Volwassewording tot man of vrou kan slegs toereikend geskied indien volwassenes van beide geslagte teenwoordig is. Die teenwoordigheid van sowel mans as vrouens in die onderwys is dus 'n dringende noodsaaklikheid vanaf die begin tot die einde van opvoeding in sekondere verband", aldus Du Toit (1977, p. 4).

Kotzee (1973, p. 9) stel dit soos volg: "Onderwysende opvoeding beoog begeleiding tot 'n begrip van volwassenheid. Om aan sy funksies te voldoen, kan 'n skoal nie slegs vaderlik-outoriter

(16)

met 'n manlike uitdagingskarakter ingerig wees nie, maar dit moet ook die uitnodigingskarakter van 'n geborgenheidsfeer en tuiste he waar elke leerling die geleentheid kry om self iemand te word aan die hand van die voorbeelde van manlik en vroulik wat voorgeskets word."

As gevolg van verskeie faktore, ender andere ekonomiese druk, militere diensplig en die hoe egskeidingsyfer, is die vader= figuur in 'n toenemende mate afwesig in die gesin. Dogters sowel as seuns soek reeds vanaf die kleuterskool in hulle opvoedingsnood na 'n vaderfiguur. M.M. Johnson (1963) soos aangehaal deur Tyler (1965, p. 271) beklemtoon die belangrik= heid van die vader vir die seun sowel as die dogter by die aanleer van hulle onderskeie geslagsrolle: "The boy child learns instrumental or masculine ways by trying to be a man as his father is, the girl child learns expressive or feminine ways by trying to be a woman who pl eases her father."

Ostrovsky (1962), 'n kinderpsigoloog en kleuteronderwyser, het na intensiewe navorsing gevind dat die jong kind nie genoeg= saam geleentheid kry om 'n emosionele band met die vader te vorm nie, as gevolg van die vader se afwesigheid tuis. Verder kom hy tot die gevolgtrekking dat die kind se siening en be= grip van die vader as persoon ernstig beperk is. Die kind ken dus nie die geslagsrol van die vader nie. Die kind se siening en begrip van die vader se beroepsrol is ook uiters beperk. Die gevolge hiervan is dat die jong kind 'n baie sterk behoefte het aan die teenwoordigheid van manlike volwassenes om hierdie leemtes te probeer aanvul. De Vos (1969) wys in die verband daarop dat navorsing in die buiteland daarop dui dat jong kin= ders terugval op 'n idealisering van die beroepsrolle van die

(17)

vullisverwyderaar, die melkman, die polisieman, die posbode en ander manlike persone wat hy bedags te sien kry.

'n Verdere gevolg van die afwesigheid van die vader is dat die kind meer as voorheen op die moeder aangewese is, nie net in die vervulling van die daaglikse behoeftes nie, maar ook by die neem van besluite waar die vader se invloed nodig behoort te wees.

As gevolg van hierdie toestand is dit noodsaaklik dat daar meer mansonderwysers in die primere skool behoort te wees om die kind te laat kennis maak met die manlike rol en om as plaasvervangende identifikasiefiguur van die vader te kan optree. Trouens, in die VSA word mans al vir meer as 30 jaar opgelei as kleuter= onderwysers.

Abraham (1964, p. 155) stel die probleem as volg: "In an en= vironment dominated by women, the need for men teachers becomes obvious. Born of women, reared by women, taught by women, and later married to women - our male population appears to be com= pletely influenced and dominated, and the necessity for a more balanced situation seems apparent."

Volgens Claus, aangehaal deur Whittemore (1973, p. 317), moet die skool die kind voorberei op die eise van die volwasse lewe: "Schools should help children grow up - to learn those behaviours which will help them survive in the adult world. Schools can best do this by exposing children to and having them interact with as many kinds of people as they will encounter in the real social world. In school they should meet the full range of per= sonalities from the super he-man coach to the gentle, kind man

(18)

teacher, just as they are apt to meet the full range of female personalities."

Veral die jong seun het sterk behoefte aan 'n manlike persoon as identifikasiefiguur. Hy moet self 'n man word en kan horn nie met 'n vrou identifiseer in sy ontwikkeling tot manlikheid nie. Johnston (1970, p. 144) haal die volgende aan uit "The feminized Male" van Sexton: "She describes him as 'one whose normal male impulses are suppressed or misshapen by overexposure to feminine norms' . " Sexton se verder: "In males' struggles to achieve and maintain manhood, they tend to become social misfits much more than women do." Sexton haal die volgende statistiek aan om haar bewering te staaf:

70 persent van al le suksesvolle selfmoorde word deur mans gepleeg;

in sielsieke inrigtings vir kinders is die verhouding van seuns tot meisies 3 teen l;

die verhouding van seun- tot meisiemisdadigers is !5 teen 1.

Du Toit {1977, p. 6) wys daarop dat die seun met sy manlike be= hoefte aan ontdekking, uitvinding, avontuur en skepping, mans= onderwysers en sogenaamde seuns vakke nodi g het "om vertroud te raak met die manlike benaderingswyse en manlike wesenskenmerke wat ekspansief gerig is op oorkoming van weerstand, aanvaarding van uitdaging, gesagsuitoefening, kultuurskepping, uitvinding en gerigtheid op prestasie".

(19)

vi r haar moet verbee l d. "Navorsers het daarop gewys dat dogters hulle graag identifiseer met manspersone vir wie hulle respek het en idealiseer. !ndien die vader in die huis en die onder= wyser in die skool dit nie kan bied nie, dan vind hulle sulke

persone in popsangers, filmsterre en desnoods twyfelagtige persoonlikhede", aldus Kotzee (1973, p. 9). Volgens Johnston (1970) word die noodsaaklikheid van die mansonderwyser vir die dogter dikwels oor die hoof gesien. Meisies word selfs ge= kondisioneer om mans te wantrou en selfs te vrees as gevolg van 'n gebrek aan identifikasie met 'n manlike persoon.

Opvoeding kan nie sooder gesag gedy nie en in die prim~re skool behoort daar ook mansonderwysers te wees wat as gesagsfiguur kan optree en dissipline gesond kan toepas. Du Toit (1977) konstateer dat, alhoewel dames gesag met sukses kan handhaaf, gesagssienskappe in die gernengde skool veral aan die man ge= knoop word. Die gemeenskap is ook geneig om gesag aan die man in die onderwys toe te ken. Veral die seun het behoefte aan 'n sterk gesagsfiguur - hy vra om gesag. Volgens Oberholzer (1967) is die kind gesagsweerbarstig, juis orndat hy in sy selfstandig= wording self iemand wil wees,wat horn in verset bring.

Nog 'n aspek wat aandag verdien, is die invloed van mans= onderwysers op die akademiese prestasie van laerskoolleerlinge, en in die besonder seuns. Vroegh (1975), verbonde aan die Institute for Juvenile Research in Chicago, lewer ornvattend verslag oor navorsing gedoen in hierdie verband. Volgens Vroegh het seuns meer akademiese probleme in die laerskool as meisies. Die verhouding wat algemeen gerapporteer is, is 4 tot

1. Wat betref sosio-emosionele probleme, is die verhouding 11 tot 1. Nie minder nie as 63 persent uitsakkers in New York se

(20)

skole is seuns. Verder is gevind dat terwyl onderprestering by meisies by die sesde graad begin, dit by seuns so vroeg as die eerste graad voorkom. Ook Tyler (1965) bevestig hierdie bevinding. Vroegh (1975) wys ook daarop dat twee derdes van alle herhalers op skool seuns is.

'n Groot aantal ondersoekers skryf die oorsaak van die seuns se probleme toe aan te veel damesonderwysers wat in hulle op= trede voorkeur gee aan meisies. "It is believed that the school is set up to make learning easier and more rewarding for girls than for boys", aldus Vroegh (1975, p. 390). Onderwyseresse gee dus groter voorkeur aan meisies se gedragspatrone en keur die gedrag en optrede van seuns sterker af. Vroegh haal ver= skeie navorsers aan, o.a. Sexton, Arnold, Lavin en St. John, wat hierdie bewering bevestig. So wys Sexton daarop dat seuns baie meer aktief as meisies is, maar dat dit in die klaskamer beskou word as steurend. Hierdie beperking op die seuns se natuurlike aktiwiteit in die klaskamer werk remmend in op die seuns se leervaardigheid. Volgens Sexton behoort hulle energie gebruik te word in die leersituasie in stede van gestrem te word. Sy beweer verder dat as manlike norme soos moed, sekere vonne van agressie, outonomie, sukses in tegnologiese vaardighede, groepsolidariteit en avontuur meer beklemtoon word in die klas= kamer, seuns minder probleme sal he.

St. John, aangehaal deur Vroegh (1975, p. 390) sluit hierby aan en skryf die seuns se laer akademiese prestasie toe aan 'n wan= verhouding tussen die seuns en hull e onderwysers. "Teachers fail to adjust themselves and their school procedures to the interests, attitudes and habits of boys as well as they do the personality traits of girls."

(21)

Davidson en Lang (1960) het in 'n ondersoek gebruik gemaak van klaswaarneming sowel as van vraelyste wat deur die leerlinge beantwoord moes word. Hulle bevind dat onderwyseresse meer goedkeuring u1tspreek teenoor meisies en groter afkeuring teen= oor seuns. Hierdie bevinding word ook deur Lee en ander onder= soekers bevestig. Davidson en Lang (1960, p. 112) beklemtoon die noodsaaklikheid van meer mans op die laerskoolpersoneel: "Not only is it desirable for boys to have a male model with whom to identify, but conditions may then be created which may assure greater teacher approval for boys and reduce teacher dis= approval for behaviour which is, to a large extent, culturally instigated." Minuchin, aangehaal deur Lee ( 1973), het gevind dat meisies na die goedkeuring van volwassenes streef en

spanning oplos deur onderwerping. Seuns is egter geneig om op spanning te reageer met weerstand en woede, veral as beperkinge geplaas word op hulle uitdrukking van persoonlike mag. "The school challenges and punishes the boy's sex-typed behaviours, while it confirms and rewards the girl 's sex-typed behaviours", aldus Lee (1973, p. 93).

Verder wys Vroegh (1975) daarop dat ondersoekers soos Sexton, McCandless, Roberts en Starnes gevind het dat meisies deur onder= wyseresse bevoordeel word tydens evaluering. Arnold, aangehaal deur Vroegh (1975), rapporteer dat meisies hoer punte behaal by mans- sowel as damesonderwysers. Verder glo verskeie onder= soekers dat die vrae wat onderwyseresse stel, die denkwyse van die meisie bevoordeel.

Dit wil dus voorkom asof skoolgaan vir laerskoolseuns 'n groter spanningsdrukvolle ervaring is as vir meisies. Die teenwoordig=

(22)

heid van meer mansonderwysers in die primere skool kan moontlik meewerk om die spanning vir seuns te verlig.

Vroegh (1975) rapporteer egter ook bevindings van verskeie onder= soekers wat geen verskil kon vind in die klaskameroptrede van dames- en mansonderwysers teenoor seuns en meisies nie. Daar word dus nie konstant verskillend opgetree teenoor seuns en meisies nie. Vroegh rapporteer verder dat van 15 ondersoekers slegs twee bevind het dat mansonderwysers beter akademiese resul= tate behaal met seuns as damesonderwysers. Die ander 13 onder= soekers kon geen bewyse vind vir die algemene veronderstelling dat mansonderwysers beter akademiese resultate met seuns in die laerskool behaal as damesonderwysers nie. Vroegh wys egter daarop dat die meeste ondersoeke gedoen is met seuns in die hoer klasse (graad 4 en 5) en dat die invloed van 'n mansonder= wyser op daardie laat stadium moontlik nie meer veel invloed kan he nie: "Theories about the development of sex-role iden= tity suggest that intervention with a male teacher earlier than in the studies reviewed, might have the desired impact" (p. 398). Lee (1973, p. 97) sluit hierby aan: "The available evidence suggests that, while male teachers may make little difference at the upper grades, they do seem to behave in demonstrably different ways from female teachers at the lower grades. One might expect that they would reduce the institutional stress for boys and, through their tolerance of more masculine activi= ties, provide a more varied environment for girls."

Dit wil dus voorkom dat die teenwoordigheid van mansonderwysers veral in die laer klasse van die primere skool tog 'n positiewe invloed kan he op die probleme van seuns, indien nie op akade= miese gebied nie, dan wel op emosionele vlak, aangesien die

(23)

seun aan minder spanning- en konfliksituasies blootgestel sal word. Dit kan weer positief inwerk op akademiese prestasie. 1.2.2 Die persoonlikheidseienskappe van die suksesvolle

onderwyser 1.2.2.1 Inleiding

Talle navorsingsresultate oor suksesvolle onderwys en die eien= skappe van die suksesvolle onderwyser het al die lig gesien. Biddle (1964) beweer selfs dat daar meer navorsing hieroor ge= doen is, as oor enige ander aspek van die onderwys. Tog werp die resultate van die meeste van die ondersoeke ~1einig lig op die persoonlikheidseienskappe van die suksesvolle onderwyser, aangesien die kriteria vir suksesvolle onderwys te vaag en on= duidelik is (vgl. Pretorius, 1966). Ook Ryans (1960, p. 4) wys op die talle probleme waannee ondersoekers te kampe het: "One very important reason why effective or ineffective teachers cannot be described with any assurance, is the wide variation that exists in tasks perfonned by teachers and in value concepts of what constitutes desirable teaching objectives". In die= selfde lig wys Marais (1970, p. 66) daarop dat dit bykans on= moontlik is om die goeie onderwyser in tenne van 'n saaklike definisie te omskryf, "aangesien onderwys so kompleks van aard is en omdat so 'n groot aantal persoonlikheids- en karakter= eienskappe 'n rol speel by die suksesvolle vervulling van die onderwyser se taak". Hy beweer ook dat daar net soveel benade= rings is soos die aantal persone wat genader word om 'n mening uit te spreek oor die eienskappe van die bekwame onderwyser. Volgens Van der Merwe (1976, p. 45) word die ondersoekterrein aansienlik verbreed, want "die onderwyser bestaan nie net uit

(24)

psigiese, fisiese, emosionele, perseptuele en ander komponente nie, maar funksioneer op verskeie vlakke in verskillende om= standighede, omring deur varierende sosio-kulturele eise en kodes".

Hy beklemtoon verder dat onderwyskwaliteite nie 'n absolute identiteit kan wees nie: "Daar is inter-aktiewe trekke wat op verskillende niveaus fungeer, spesifieke doeleindes wat gewigs= waarde van onderwysfunksies beinvloed, standaard van opleiding en kursusinvloede en ander faktore werksaam" (p. 45). Kruger

(1976) meen dat doeltreffende evaluering van onderwysers slegs kan geskied deur middel van objektiewe kriteria. Die probleem wat hieruit voortvloei, volgens horn, is dat menslike eienskappe nie meetbaar is nie, en in nog 'n minder mate objektief meet= baar.

Teen die agtergrond van bostaande uiteensetting word vervolgens aandag geskenk aan die bevindings van 'n aantal ondersoekers wat sowel hier te lande as in die buiteland navorsing op hierdie terrein gedoen het.

1.2.2.2 Bevindings van enkele ondersoekers

Cattell (1931) het vraelyste uitgestuur aan talle onderwysers, hoofde van skole, inspekteurs, dosente en direkteurs van onder= wys waarin hy hulle versoek het om onder andere die tien belang= rikste eienskappe van die goeie onderwyser aan te dui. Uit die eienskappe het hy 'n rangorde van onderwyseienskappe gefonnu= leer (vgl. tabel 2).

(25)

Nel (1947) het met Cattell se bevindings as basis, 'n soort= gelyke vraelys aan hoofde van skole en ander onderwysbeamptes gestuur waarin onder andere die tien belangrikste onderwys= eienskappe in volgorde genoem moes word. Hy het op dieselfde wyse as Cattell te werk gegaan ten opsigte van die toekenning van gewigswaardes en die bepaling van rangordes. In tabel 2 word die bevindings van Nel en Cattell met mekaar vergelyk. TABEL 2: EIENSKAPPE VAN DIE GOEIE ONDERWYSER SOOS

VASGESTEL DEUR B.F. NEL EN R.B. CATTELL

EIENSKAPPE B. F. Ne l : N= 100 R.B. Cattell: N=208 Rangorde % waarde Rangorde % waarde

Persoonlikheid en Wil 1 11, 11 3 8,9 Volharding en ywer 2 9,96 14 3,2 Goedhartigheid 3 8,93 10 4,9 Simpatie en takt 4 7,10 1 9,8 Idealisme 5 6,95 6 6,5 Klaskamertegniek 6 6,39 9 5,2 Onbevooroordeeldheid 7 5,45 4 7,9 Humors in 8 5,20 5 6,8 Entoesiasme 9 5,18 13 3,4 Verstand 10 5,15 2 9,4 Selfbeheer 11 4,62 11 4,2 Kulturele agtergrond 12 4,44 7 5,8 Ordelikheid en netheid 13 4,18 14 3,2 Kennis van Sielkunde en

Pedagogiek 14 3,92 7 5,8

(26)

EIENSKAPPE B.F. Nel: N=lOO R.B. Cattell: N=208 Rangorde % waarde Rangorde % waarde

Sosiale geskiktheid 16 2,50 21 0,7

Liggaamlike gesondheid 17 1,59 19 1,7

Buite belange 18 1,40 16 3,1

Algemene voorkoms 19 1,21 18 1,8

Wakkerheid van gees 20 0,70 20 1,3

Ondernemend 21 0,45 12 3,6

Konserwat i sme 22 0,35 22 0,2

(Oorgeneem uit Marais, 1970, p. 69-70.)

Dit is duidelik dat daar heelwat ooreenkomste is tussen die be= bevindings van Nel en Cattell. Die korrelasiekwosient is 0,66 met 'n waarskynlike afwyking van 0,081.

Albei ondersoekers het verder 'n vereenvoudigde persoonlikheids= waarderingskaal opgestel vir gebruik by die keuring van onderwys= studente.

Cattell se ranglys is soos volg:

(a) Intelligensie, persoonlikheid en wil, simpatie en takt, onbevooroordeeldheid, humorsin, idealisme

(10 punte elk).

(b) Goedhartigheid, entoesiasme, volharding, selfvertroue (5 punte elk).

(27)

met 'n statistiese meting om onderNysvennoe vas te stel. Elke student word individueel geweeg aan 'n aantal onafhanklike per= soonlikheidsfaktore.

In tabel 3 volg die vereenvoudigde skaal in diagramvorm, soos opgestel deur Nel (1947, p. 245).

TABEL 3: PERSOONLIKHEIDSWAARDERINGSKAAL VIR VOORNEMENDE ONDERWYSSTUDENTE (B.F. NEL}

Eienskap Sleutel

1. Standvastigheid en Selfvertroue, wilskrag, beslistheid, wilskrag. leierskap, vasberadenheid, sedelike

karakter, vermoe om te inspireer. 2. Volharding en ywer. Ywer, deeglikheid, geduld, verant=

woordelikheid, betroubaarheid, vashou aan sy werk.

3. Goedhartig (liefde). Liefde vir kinders, simpatie met jeugdiges, jeugdig, vriendelik, vry= gewig.

4. Simpatie en takt. Vatbaar vir ander se gevoelens, sensitief.

(28)

Eienskap 5. Idealisme. 6. Onbevooroordeeld= heid. 7. Humorsin. 7. Entoesiasme. 7. Verstand. 7. Se 1 fbeheer. 11. Kulturele agter• grand Sleutel

Geloof in werk, gesonde lewensfilosofi~. godsdienstig, lojaal teenoor ideale en persone, intellektuele eerlikheid, egtheid, begeerte om saam te werk, altru'isme, afwesigheid van sinisme. Onpartydig, bree opvatting, nederig, aanpasbaar~ konsekwent, regverdig, vatbaarheid vir nuwe idees.

Humor, geestig, opgewek, lewendig, gesellig.

Gretigheid, gedurige nuwe belangstel= ling, ambisie.

Goeie oordeel, dinkkrag, onderskeidings= vennoe, oorspronk 1 i khe-1 d, verbee l ding, wysheid, visie, insig, ·vindingrykheid, geeskrag.

Sedelike selfbeheer, emosioneel besten= dig, selfrespek, selfkennis, self op agtergrond hou

Bree opvoeding, ontwikkelde gebalan= seerde opvattinge, kennis van die w~reld, taalbeheersing, belangstelling in studie, kunswaardering.

(29)

Eienskap 11. Ordelikheid en netheid. 13. Sosiale geskikt= heid. 14. Buite-belang= stell inge. Sleutel

Metodiese maniere, logiese gedagte= gang, netheid, stiptheid.

Goeie maniere, juiste uitspraak, sjanne, verfyndheid, afkoms uit goeie sosiale gesin en omgewing.

Belang in spele, stokperdjies, musiek, toneel, sosiale vraagstukke, gesonde lewensopvattinge, sosiale belang= stellinge, vermoe om te ontspan. 15. Algernene voorkorns Aanvallig, goeie stern, mooi figuur,

mooi voorkorns, waardig.

Lamke (1951) het in 'n ondersoek onder andere probeer vasstel of daar enige duidelike verskille is tussen die persoonlikhede van goeie en swak onderwysers. Hy het onder meer gebruik ge= maak van die 16 PF-persoonlikheidsvraelys van Cattell. Sy bevinding is dat daar nie 'n duidelike persoonlikheidspatroon vir goeie en swak onderwysers is nie: "The responses of good and poor teachers did not fall into two well-defined and characteristic patterns, but several patterns existed for the good teachers, and prob ab 1 y, severa 1 for the poor" (Lamke, 1951, p. 253).

(30)

Die ondersoek het wel getoon dat daar beduidende verskille was tussen die goeie en die swak onderwysers ten opsigte van Faktore F, Hen N. Volgens Cattell se terminologie vir Faktor F was die goeie onderwysers meer spraaksaam, opgeruimd, sorgeloos, open= hartig, vinnig en wakker as die swak onderwysers wat 'n neiging getoon het om stil, besorg, gespanne, traag en swygsaam te wees. By Faktor H was die goeie onderwysers meer waaghalsig, joviaal, hartlik, met sterk kunssinnige of emosionele belangstellings en 'n openlike belangstelling in die teenoorgestelde geslag. Die swak onderwysers was skaam, teruggetrokke, emosioneel versigtig, met beperkte belangstellings en min belangstelling in die teenoor= gestelde geslag. By Faktor N was die goeie onderwyser sosiaal afgerond, kieskeurig en beheersd. Die swak onderwyser was sosiaal lomp, maklik om tevrede te stel, en meer bedagsaam teenoor mense.

In 'n studie van Witty (1948), aangehaal deur Van der Merwe (1976), is die volgende persoonlikheidseienskappe van die mees behulpsame onderwyser getabuleer, na aanleiding van 'n nasio= nale kompetisie oor die onderwerp; "The teacher who helped me most". Hierdie onderwysers werk onder andere graag met ander saam en is demokraties ingestel, konsidererend en vriendelik, geduldig en besit 'n wye belangstellingsveld. Verder het hulle

'n aangename voorkoms en geaardheid, is regverdig en humoris= ties. Hulle is konstant in hulle optrede, toon belangstelling in kinderprobleme, is buigbaar en waarderend en word beskou as persone met bogemiddelde onderwysvermoe. Hierteenoor het die swak onderwyser negatiewe persoonlikheidstrekke soos 'n swak temperament, onverdraagsaamheid en partydigheid. Hulle is nie geinteresseerd in kindersake nie en is onvriendel ik en sarkas= ties.

(31)

Start (1966) het ook gebruik gemaak van die 16 PF-vraelys in sy ondersoek en gevind dat die volgende faktore beduidend korreleer met onderwyssukses: -A, +B, +E, -L, +M, -Ql. Dit impliseer dat die suksesvolle onden-iysers by Faktor A meer krities is, in hulself glo, afsydig, objektief en presies is teenoor die swakker onderwysers wat meer goedgeaard, sorgeloos, kooperatief en ongeerg is. Volgens Faktor B beskik die sukses= volle onderwysers oor beter intellektuele vermoe en insig asook oordeelsvermoe. Aan die hand van Faktor E is die suksesvolle onderwysers selfversekerd en selfstandig, terwyl die swakker onderwysers onderdanig en afhanklik is. By Faktor L is die goeie onderwysers aanvaardend, inskiklik en vertrouend, terwyl die swak onderwysers meer jaloers, dogmaties en agterdogtig is. Faktor M bring aan die lig dat die goeie onden-iysers minder konvensioneel, skeppend en verbeeldingryk is, met 'n belang= stelling in kuns, teorie en beginselsake. Die swakker onder= wysers is meer konvensioneel, met belangstellings wat beperk

is tot die onmiddellike. Volgens Faktor Ql is die suksesvolle onderwysers meer konserwatief, terwyl die swakker onderwysers meer liberaal en ondersoekend is.

Een van die belangrikste ondersoeke oor onderwysbekwaamheid is deur Ryans (1961) gedoen in sy Teacher Characteristics Study. Oor 'n tydperk van 6 jaar is 6000 onderwysers by die ondersoek betrek en is 100 aparte navorsingsprojekte uitgevoer. Die hoofdoel van Ryans se ondersoek was om kenmerkende eienskappe van bekwame onderwysers te identifiseer en objektiewe maat= stawwe te vind wat gebruik kon word vir die evaluering en voor= spelling van onderwysersgedrag. Opgeleide waarnemers het on= afhanklik van mekaar met behulp van 'n Classroom Observation Record betroubare inligting verskaf oor die klaskamergedrag

(32)

van dieselfde groep onderwysers. Met behulp van hierdie waar=

nemersverslae word die volgende hoofpatrone vir onderwysersgedrag in die klaskamer afgebaken:

Patroon X: hartlike, begrypende, vriendelike teenoor afsydige,

egosentriese, benepe onderwysersgedrag.

Patroon Y: verantwoordelike, saaklike, sistematiese teenoor

laks, onbeplande, slordige onderwysersgedrag. Patroon Z: stimulerende, verbeeldingryke teenoor eentonige,

roetine-onderwysersgedrag.

Met behulp van toetse en vraelyste verkry Ryans nog sewe by= komende onderv1yserseienskappe:

Eienskap R gunstige teenoor ongunstige menings oor leer=

linge.

Eienskap R1 = gunstige teenoor ongunstige menings oor demokratiese klaskamerprosedures. Eienskap Q gunstige teenoor ongunstige menings oor

administratiewe en ander skoolpersoneel.

Eienskap B kennis-gesentreerde (tradisioneel) teenoor

kind-gesentreerde (permissief) opvoedkundige standpunte.

Eienskap I hoer verbale begrip teenoor swakker verbale

(33)

Eienskap S emosionele stabiliteit (aanpassing) teenoor onstabiliteit.

In 'n vergelykende studie tussen die eienskappe van bekwame en onbekwame onderwysers is die volgende bevind: die goeie ender= wysers is baie ruimhartig in hulle evaluering van ander persone,

toon 'n sterk belangstelling in lees en letterkundige sake, musiek, skilderkuns en ander kunsvonne, het deel aan sosiale

verkeer, geniet leerlingverhoudinge, verkies nie-voorgeskrewe klaskamerprosedure, openbaar hoe verbale intelligensie en hoe emosionele stabiliteit. Die swakker onderwysers is baie krities in hulle evaluering van ander, verkies aktiwiteite wat nie noue persoonlike kontak vereis nie, uiter minder goeie opinies oor leerlinge. toon 'n lae verbale intelligensie, toon minder be= vredigende emosionele aanpassing en verteenwoordig ouer ouder= domsgroepe. Van belang vir die huidige ondersoek is Ryans se bevindings in verband met dames- en mansonderwysers. Wat laer= skoolonderwysers betref, 1~as daar 'n beduidende verskil by slegs vier van die eienskappe. By eienskap Y het die mans 'n be= duidende laer telling behaal as die dames. Dit dui op minder verantwoordelike, sistematiese en saaklike optrede by die mansonderwysers. Die mans het 'n gunstiger houding gehad teenoor demokratiese klaskamerprosedure, was meer geneig tot kind-gesentreerde opvoedkundige standpunte en was emosioneel meer stabiel as die dames.

Wat die sekond~re onderwysers betref, het die dames beduidende hoer tellings behaal by die volgende eienskappe: X, Y, Z, R, Rp -Ben I. Hiervolgens was die dames hartliker, begrypender en vriendeliker, meer verantwoordelik, saaklik en sistematies, meer stimulerend en verbeeldingryk. Verder het die dames 'n

(34)

gunstiger houding gehad teenoor leerlinge asook teenoor demo= kratiese klaskamerprosedure. Die dames was meer geneig tot kind-gesentreerde opvoedkundige standpunte en het hoer verbale begrip gehad. Die mans het beduidend hoer presteer by eien= skap Sen was dus emosioneel meer stabiel.

Verskeie ander buitelandse ondersoekers het navorsing gedoen oor die identifisering en eienskappe van goeie onderwysers. Chandler (1961) beklemtoon onder andere die waarde van belang= stelling en wys daarop dat gewilligheid van die persoon om sy kwaliteite ten volle in te span, van groot betekenis is vir sukses.

Van groter belang vir hierdie studie is egter navorsing wat deur Suid-Afrikaanse ondersoekers gedoen is, aangesien verskillende kulture verskillende vereistes en standaarde stel vir die onder= wys en opvoeding van hul jeug. Le Roux (1963) het in 'n ender= soek wyd uiteenlopende eienskappe gevind wat deel uitmaak van die toerusting van die goeie Suid-Afrikaanse onderwyser. Vrae= lyste is aan 580 proefpersone (300 leerlinge, 200 onderwys= studente en 80 onderwysers en dosente) gestuur. Daarin moes hulle die eienskappe van die ideale onderwyser aanteken. In ooreensterrming met oorsese ondersoeke is wyd uiteenlopende eienskappe gevind. Op grond van kwantitatiewe gegewens, het Le Roux die volgende rangorde van kerneienskappe van onderwysers wat as ideaal beskou word, saamgestel:

1. Gesonde menslike verhoudings.

2. Stabiele persoonlikheidsorganisasie.

(35)

3. Vennoe om gesag uit te oefen.

4. Belangstelling in en liefde vir die mens. 5. Kennis en belesenheid.

6. Aangename persoonlike en voorkomseienskappe. 7. Dryfkrag.

8. Godsdienstigheid en volksbewussyn.

Calitz (1958) het in 'n interessante ondersoek 'n studie ge= maak van die persoonlikheidseienskappe in verband met sekere professies, naamlik die van argitek, rekenmeester, onderwyser, predikant en die regs- en mediese professie. 'n Alfabetiese lys van die veertien belangrikste persoonlikheidseienskappe (wat vooraf deur kenners en gesaghebbendes geevalueer is) is aan beoefenaars van die verskillende professies gestuur. Hulle moes aandui watter van die veertien eienskappe vir die sukses= volle beoefening van die beroep as baie belangrik, belangrik, wenslik en onbelangrik beskou word. Ander eienskappe van be= lang kon ook bygevoeg word. Die vraelys is aan al le groepe wat die onderwysprofessie verteenwoordig, gestuur, naamlik onderwysers (hoer- en laerskole), hoofde, inspekteurs en dosente aan onderwyskolleges en universiteite (gemoeid met onderwys= opleiding).

Uit 'n totaal van 800 vraelyste is 'n statistiese ontleding ge= maak. In tabel 4 volg die indeling volgens rangorde.

(36)

TABEL 4: INDELING VAN DIE EIENSKAPPE VIR DIE ONDERWYSPROFESSIE

Baie belangrik Belangrik Wenslik Onbe 1 angri k

Hardwerkendheid Akku raathei d Praktiese sin Regverdigheidsin Inisiatief

Sos i a 1 e ins i g Skranderheid Selfbeheersing Moed Geduld Deursetti ngs= vennoe Leierskap Eerlikheid Geloof (Calitz, 1958, p. 146.)

By hierdie veertien belangrike eienskappe het die proefpersone nog ses gevoeg, naamlik, in volgorde: liefde, netheid, humor, leergierigheid, idealisme en simpatie.

Venter (1968) het vraelyste aan 'n verteenwoordigende universum van hoofde en personeellede van skole, asook rektore en dosente van inrigtings wat onderwysers'oplei, gestuur. Hulle is versoek om uit 'n lys van 25 eienskappe die 10 noodsaaklikstes vir die suksesvolle onderwyser in orde van voorkeur te rangskik. Die rangordes van hoofde en personeel van die skole en opleidings=

inrigtings het 'n groot mate van ooreenstemming getoon. In tabel 5 word die vier rangordes weergegee.

(37)

TABEL 5: EIENSKAPPE WAT 'N SUKSESVOLLE ONDERWYSER MOET BESIT IN ORDE VAN BELANGRIKHEID

Eienskappe Skole Inrigtings vir op=

leiding van onder= wysers

Hoof de Assistente Rektore Dosente 'n Simpatieke en ta kt=

volle persoon 1 2 5 3

'n Kenner van sy vak 2 1 1 1

Dissipline kan handhaaf 3 3 4 5

'n Intelligente persoon

wees 4 7 2 2

Godsdienstig wees 5 6 7 6

Volharding en ywer besit 6 4 17 4

Standvastigheid en wils=

krag besit 7 5 11 9

Selfbeheersend wees 8 8 14 11

(38)

Eienskappe Skole Inrigtings vir oplei' dinq van onde~vsers

Hoof de Assistente Rektore Dosente Morele standaarde handhaaf 10 15 12 14 Idealisties wees 11 13 6 10 Doeltreffende klas= kamertegnieke besit 12 11 9 13 Entoesiasties wees 13 10 3 12 Onbevooroordeeld wees 14 12 19 16

Sosiaal aangepas wees 15 14 8 15

Kennis van Opvoedkun=

dige Sielkunde besit 16 17 16 17

'n Kulturele agter=

grond besit 17 18 13 7

Ondernemingsgees besit 18 16 18 18

Kennis van die Peda=

gogiek besit 19 20 15 19

Wakker van geaardheid

(39)

Eienskappe Skole Inrigtings vir oplei• di nq van onderwysers Hoof de Assistente Rektore Dosente Wat sy algemene voor=

koms betref, 'n goeie

indruk maak 21 21 20 23

Goedhartig wees 22 23 25 21

Buiteskoolse belange

M 23 22 23 24

Konserwatief wees 24 24 22 25

Ordelik en net wees 25 25 24 22

(Oorgeneem uit Marais, 1970, p. 77.)

Marais (1970) bevind dat alleen 'n groepering van al die eien=

skappe orde kan gee in 'n doolhof van eienskappe van die goeie onderwyser-opvoeder. Hy maak die volgende indeling:

1. Fisieke eienskappe

Dit is eienskappe wat direk verband hou met die uiterlike-gestalte, grootte, gesondheid, netheid, kleredrag, voorkoms, persoonlike maniere, 'n goeie houding, stemgebruik ens. Volgens Marais is hierdie eienskappe van die grootste belang, aangesien die onderwyser soms slaafs nagevolg word deur sy leerlinge.

(40)

2. Geestelike eienskappe

a. Verstandsinspanning aan die kant van die onderwyser Hieronder noem Marais: waarnemingsvennoe en opmerksaamheid, die vermoe tot suiwer denke en kennis. Laasgenoemde sluit in boekekennis, lewensinsig, en -wysheid, mensekennis en kennis van die leerlinge.

b. Eienskappe wat verband hou met die gevoels- en strewingslewe van die onderwyser

Hier vind ons eienskappe soos liefde, meegevoel, bestendig= heid, entoesiasme, opgewektheid, blydskap, deursettingsvermoe en idealisme.

3. Sosiale eienskappe

Hier noem Marais eienskappe soos takt, selfbeheersing, self= vertroue, vindingrykheid, inisiatief, ywer, deursettingsvermoe, dryfkrag en die vennoe om te besiel.

4. Sedelike eienskappe

Die onderwyser moet 'n positiewe gesindheid by die kinders kweek wat veranker is in lewenserns, verantwoordelikheids= besef, lewenswaardes, diepsinnigheid en 'n religieuse uitkyk. Volgens die bevindings van genoemde Suid-Afrikaanse ondersoeke oor die eienskappe van die goeie onderwyser, is dit duidelik dat daar 'n groot ooreenkoms bestaan, alhoewel daar geringe

(41)

rangordeverskille voorkom. Die literatuur gee egter nie seker= heid oor die graad waarin aan die onderwyseienskappe voldoen word nie.

1.2.3 'n Oorsig van enkele Suid-Afrikaanse ondersoeke in verband met die persoonlikheidseienskappe van onderwysstudente

Aangesien dit in hierdie ondersoek gaan om 'n vergelykende ondersoek na dames- en mansonderwysstudente, sal daar voorts aandag geskenk word aan navorsing wat met onderwysstudente gedoen is en waar veral gebruik gemaak is van soortgelyke meet= middele as wat die huidige ondersoeker toegepas het.

Verskeie oorsese ondersoekers het gevind dat daar met behulp van die 16 PF onderskei kan word tussen suksesvolle en minder suksesvolle onderwysstudente. Van Aswegen (1970) gee 'n same= vatting van die bevindings van Anderson, Burdick, McClain en Osmon in die volgende tabel:

(42)

TABEL 6: SAMEVATTING VAN DIE BEVINDINGS VAN ANDERSON, BURDICK, McCLAIN EN OSMON

Geslag van Faktore van die 16 PF wat beduidend Navorser proefpersone korreleer met onderwyssukses Anderson M A, B, G, H • L, M, N, 04 Anderson

v

E, I • M, N • 0, 01. 02 Burdick M

&

V G, H, 02. 03. 04 McClain M G, H, L McClain

v

B, E, F, H Osmon M B, F, L, N, 0, 01. 02. 03. 04 Osmon

v

B, 0, 04

(Oorgeneem uit Van Aswegen, 1970, p. 207.)

Die verskille tussen onderskeie navorsers kan toegeskryf word aan die feit dat die nonne vir onderwysbevoegdheid van plek tot plek verskil. Wat egter opval, is dat elke navorser wat albei ge= slagte by sy navorsing betrek het, verskillende faktore by die verskillende geslagte aangewys het. Volgens Van Aswegen kan dit verklaar word in die lig daarvan dat mans en dames nie vol= gens dieselfde nonne beoordeel word nie en verskillende eise dus aan die manlike en vroulike onderwysers gestel word.

Van Aswegen (1970) het 'n ondersoek met finale jaar-onderwys= studente aan 'n onderwyskollege gedoen om te bepaal of sekere persoonlikheidseienskappe van onderwysstudente in verband staan

(43)

met onderwyssukses. Die volgende gegewens aangaande die studente (93 dames en 11 mans) is verkry:

(i) Hul I.K.-telling,

(ii) akademiese punt in Sielkunde, (iii) proefonderwyspunte,

(iv) graderings deur skoolhoofde en (v) deur voogdosente.

Die 16 PF-vraelys is deur die studente voltooi. Hul prestasies is ook vergelyk met die van studente van die universiteit van Port Elizabeth en met die van die algemene publiek van Port Elizabeth. Laasgenoemde gegewens is deur die RGN beskikbaar gestel. Die onderwysstudente se persoonlikheidseienskappe is gekorreleer met hulle proefonderwyspunte, akademiese punt in Sielkunde en hul graderings deur skoolhoofde en voogdosente. By die mansonderwysstudente het faktore A, B en C beduidend gekorreleer met sekere norme vir onderwyssukses. Hiervolgens besit die meer suksesvolle manstudente die volgende eien= skappe: na-buite-lewend, goedgeaard·, samewerkend, saggeaard, vertrouend, aanpasbaar, nalatig, warmhartig, humoristies-opgeruimd. Hulle is ook intelligenter, bedagsamer, beskaafder, meer volhardend en pligsgetrou, skerpsinnig en selfgeldend. Hulle is verder meer stabiel en emosioneel volwasse as die minder suksesvolle manstudent.

By die damestudente het faktore F, Hen 02 beduidend gekorre= leer met sekere norme vir onderwyssukses. Die meer suksesvolle damestudente onderskei hulle in die volgende: onbesorgdheid,

(44)

entoesiasme, spraaksaamheid, opgeruimdheid, rustigheid, on= verskilligheid, openhartigheid, impulsiwiteit en opgewektheid.

Hulle is verder meer waaghalsig, hou daarvan om mense te ont= moet, toon openlike belangstelling in die teenoorgestelde ge= slag, is simpatiek, joviaal en vriendelik. Hulle is ook meer

selfgenoegsaam en minder groepsafhanklik.

Die resultate van Van Aswegen se ondersoek toon 'n geringe oor= eenkoms met die buitelandse ondersoekers se bevindings. Volgens horn kan dit toegeskryf word aan die feit dat die persoonlikheid= samestelling van die populasie van die een land tot die volgende

mag verskil en dat daar dus verskillende persoonlikheidseienskap= pe aangetref sal word by die goeie onderwysers van elke groep.

'n Interessante en omvattende ondersoek is deur Du Toit (1973)

gedoen waarby ongeveer 3000 proefpersone aan 10 universiteite

en 14 onderwyskolleges betrek was. Die hoofdoel van die ender=

soek was om die verband tussen enkele nie-intellektuele faktore en die akademiese prestasie van eerstejaarstudente te ondersoek.

Die volgende veranderlikes is betrek in die ondersoek: bio=

grafiese gegewens, studiegewoontes en -houdings, prestasie=

motiviering, angs, persoonlikheidsfaktore en

matrikulasie-eksamenprestasie.

Van belang vir hierdie studie is die bevindings van Du Toit met betrekking tot dames- en manstudente aan onderwyskolleges.

Volgens die bevindings van die OSGH (Opname van studiegewoontes

en -houding) maak Du Toit die afleiding dat die studiegewoontes en -houding van damestudente deurgaans beter en waarskynlik meer bevorderlik vir akademiese prestasie is as die van die

(45)

manstudente. Wat akademiese prestasie betref, het die dames in die meeste vakke betekenisvol beter presteer in die matrikulasie-eksamen as die mans. Hierdie prestasie is her= haal aan die einde van die eerste jaar. Uit 12 verskille wat gerapporteer is, was die dames in 10 gevalle beter as die mans en ses van hierdie verskille is statisties beduidend. Du Tait het verder bevind dat daar ongetwyfeld 'n sterk positiewe ver= band tussen die studiegewoontes en -houdings van die studente en hulle akademiese prestasie bestaan.

Na aanleiding van die 16 PF-vraelys is 'n aantal statisties betekenisvolle persoonlikheidsverskille tussen die dames- en manstudente aan onderwyskolleges gevind. Manstudente, teenoor damestudente, is meer krities (-A), meer egosterk (+C), meer dominant (+E), waaghalsiger (+H), selfstandiger (-I), agterdog= tiger (+L), onverstoorbaarder (-0), meer radikaal (+Q1), meer ontspanne (-Q4).

Van der Merwe (1976) het met behulp van gegewens wat versamel is deur die RGN se landswye talentopname in 1969, 'n ondersoek gedoen na die gehalte en standaard van laerskoolonderwysers. Twee proefgroepe is met mekaar vergelyk, naamlik die eksperi= mentele groep bestaande uit laerskoolonderwysgerigte studente en 'n kontrolegroep bestaande uit nie-beroepsgerigte BA-studente. Net suksesvolle studente uit albei groepe is betrek. Die vol= gende meetinstrumente is toegepas: Die NSAG, die SAT, die SBB, die 19-VBV, die HSPV, die !PAT, die PHSF, die OSGH, matriek= uitslae en 'n Biografiese Vraelys.

Van belang vir hierdie studie is enkele bevindings van Van der Merwe ten opsigte van Afrikaanssprekende dames- en manstudente

(46)

in die eksperimentele groep. Volgens die Biografiese Vraelys besit die manstudente 'n sterker strewe na leierskap. Wat beroepsekerheid betref, is die damestudente meer oortuig van hulle beroep as die manstudente. Wat betref die hulp van voor= ligting in die keuse van hul beroep is beide dames- en man= studente dit eens dat hulle nie veel gebaat het by voorligting

nie.

Volgens die bevinding van die NSAG is die manstudente se aan= gebore verstandsvermoens op dieselfde vlak en selfs beter as die van die dames (totale LK.gemiddeld: mans 111 teenoor dames 110). Volgens die matriekuitslae het die damestudente egter beter presteer. 'n Verklaring hiervoor kan gevind word in die bevinding van die OSHG waar die dames veel beter pres= teer het as die mans. Van der Merwe kom tot die gevolgtrekking dat die onderwysgerigte manstudente nie volwasse genoeg teenoor studie in die bree opset staan nie. In verhouding tot hulle potensiaal is hulle onderpresteerders. Die damestudente daaren= teen, is in verhouding tot hulle potensialiteit positief en kon= sensieus wat betref hul studiegewoontes en -houding.

Volgens die bevindings van die HSPV is die manstudente meer geestesgesond wat betref persoonlikheidstrekke soos emosionele stabiliteit, selfstandigheid, kalmte en ontspannenheid. Bevin= dings van die PHSF toon dat die damestudente meer gesonde intra= persoonlike verhoudings op die verskillende primere aanpassings= gebiede het. Hulle behaal beter staneges in selfvertroue, eie-waarde, selfbeheer, gesondheid, persoonlike vryheid, hofmakery, opleiding- en beroepsverhouding.

(47)

Interessant is Van der Merwe se gevolgtrekking dat die eksperi= mentele groep, mans sowel as dames, ten opsigte van verstand= faktore as geskikte laerskoolonderwysers kan kwalifiseer. Wat belangstellings betref, voldoen die eksperimentele groep aan die vereistes en hulle is in 'n groot mate bereid om hulle mede= mens te dien. Ten opsigte van

.

spesifieke persoonlikheidstrekke, beskryf Van der Merwe die laerskoolonderwysers as gemaklike mense met 'n lae spanningsvlak, wat graag met die gemeenskapsverwag= tinge konformeer. Hy se voorts: "Persoonlikheidseienskappe waarmee die bree bevolking die laerskoolonderwyser graag wil assosieer, soos taktvolheid, pligsgetrouheid, humorsin en lewens= kragtigheid, goeie leiers- en sosiale verhoudinge, word in 'n voldoende mate by die eksperimentele groep aangetref" (p. 209). Van der Merwe kom tot die gevolgtrekking dat die potensiaal van die laerskoolonderwysers goed is in verhouding tot hulle.beroeps= eise.

Marais (1970) het in sy navorsing oor die keuring van die sukses= volle onderwysstudent onder andere 'n vergelyking getref tussen finale jaar dames- en manstudente aan 'n onderwyskollege. Hy vind die volgende verskille:

Die I.K.van die dames is beduidend hoer (p < ,05) as die van die mans (111 teenoor 107),

die Teoretiese Eksamenpunt (TEP) van die dames is beduidend hoer (p < ,01) as die van die mans (65 teenoor 60),

die Praktiese Onderwyspunt van Dosente (POD) van die dames is beduidend hoer (p < ,01) as die van die mans (69 teenoor 66),

die Praktiese Onderwyspunt van Hoofde (POH) van die dames en die mans verskil nie beduidend nie,

die Keuringsimbool (KS) van die mans is beduidend hoer (p < ,01) as die van die dames.

(48)

Marais vind verder 'n beduidende verband tussen I.K. en TEP en

tussen I.K., POD en POH by die dames, terwyl daar by die mans feitlik geen verband is nie. Hy maak dus die afleiding dat die manstudente glad nie volgens hulle vermoe presteer nie.

Verder kan die afleiding gemaak word dat hoofde van skole hulle laat be'invloed deur die geweldige tekort aan manspersoneel in

hul beoordeling. "Die mans bring tydelike verligting by skole

tydens praktiese onderwys deurdat hulle die personeel in hul

reeds oorlaaide program buitemuurse bedrywighede behulpsaam is,

terwyl daar in die geval van die dames nie so 'n behoefte be=

staan nie en hulle aktiwiteite op hierdie gebied dus nie so

opmerklik is nie", aldus Marais {1970, p. 218).

Hy beweer verder dat die verhouding mans tot dames tydens keuring ongeveer 1 tot 2 is en dat die hoofde moontlik onbewus die uiter= like sigbare eienskappe by die man hoer aanslaan. Hierdie aflei=

ding word verder gesteun deur die feit dat die beste praktiese

groep volgens POH en POD bestaan uit 86 persent dames en 14 per=

sent mans, wat teenstrydig is met die KS.

'n Vergelyking van die persoonlikheids- en temperamentsverskille

na aanleiding van die 16 PF-vraelys het die volgende getoon: Daar was beduidende verskille (p < ,01) in die geval van faktore C, E, I, L, 0 en 02, en (p < ,05) in die geval van faktore A, F,

H en

o

-

.

Die dames het beduidend hoer tellings as die mans be= haal ten opsigte van faktore A {Sonaliteit), I (Emosionele ge= voeligheid), 0 {Skuldgeneigdheid),

o

2 {Selfgenoegsaamheid) en

04 {Gespannenheid), terwyl hulle tellings beduidend laer was

betreffende faktore C (Emosionele stabiliteit), E (Dominansie),

(49)

Dit impliseer dat die damestudente meer goedgeaard. sorgeloos, kooperatief en saggeaard was, terwyl die manstudente meer krities, afsydig en objektief was.

Ook was die dames meer emosioneel gevoelig en afhanklik as die mans, wat meer selfstandig en onsentimenteel was. Die dames was verder meer bekommerd, terneergedruk, gevoelig, buierig en sensitief vir ander se mening as die mans wat vol selfvertroue, opgeruimd en kalm was. Die dames was meer selftevrede en ook meer gespanne en prikkelbaar as die mans.

Die mans was meer egosterk met groter emosionele volwassenheid en stabiliteit as die dames. Die mans was ook meer dominant as die dames en het groter avontuurlustigheid, jovialiteit en vriendelikheid geopenbaar. Hulle was meer spraaksaam en op= geruimd asook agterdogtiger.

Uit Marais se ondersoek blyk verder dat die bestaan van faktor G en -Q2 (Superegosterkte en Groepafhanklikheid) deel uitmaak van die toerusting van die suksesvolle onderwysstudent. Net soos vele ondersoekers voor horn, kan Marais egter nie 'n enkele persoonlikheidsbeeld vir die suksesvolle onderwysstudent vind nie.

Marais waarsku dat die feit dat manstudente hoer geevalueer word as dames tydens keuring en daar later geen beduidende ver= band gevind word tussen die keuringsimbool en hulle uiteindelike prestasie aan die onderwyskollege nie, tot gevolg mag h~ dat die beleid van strenger keuring sal veroorsaak dat meer dames van beter gehalte afgekeur kan word, terwyl meer mans met swakker eienskappe toegelaat kan word tot die onderwyskolleges.

(50)

Verder spreek hy konmer uit oor die bevinding van heelwat persoonlikheids- en temperamentsverskille tussen mans en dames en die invloed daarvan op die onderwys, aangesien daar aanduidings is dat die onderwys oorgaan in die hande van dames. Hy waarsku ook teen die oordra van oorwegend vroulike persoon= likheidseienskappe op die seuns.

(51)

HOOFSTUK 2

METODE VAN ONDERSOEK

In hierdie hoofstuk word die wyse waarop die ondersoek uitge= voer en die gegewens ingesamel is, uiteengesit. Eerstens word

'n omskrywing van die proefpersone wat betrek is, gegee. Twee= dens word die prosedure wat gevolg is, beskryf. Derdens volg

'n volledige beskrywing en evaluering van die meetinstrumente wat gebruik is en vierdens word die prosedure waarvolgens die gegewens statisties verwerk is, aangetoon.

2.1 DIE PROEFPERSONE

Die proefpersone het bestaan uit 142 toetslinge wat soos volg saamgestel is:

a. 92 vroulike Afrikaanssprekende vierdejaarstudente aan die Potchefstroomse Onderwyskollege gedurende 1977.

b. 50 manlike Afrikaanssprekende vierdejaarstudente aan die Potchefstroomse Onderwyskollege gedurende 1977.

2.2 DIE PROSEDURE

Toestemming is van die Transvaalse Onderwysdepartement verkry om die meetinstrumente toe te pas op die genoemde proefpersone. Met verlof van die rektor van die Potchefstroomse Onderwys= kollege is die betrokke studente vrygestel van lesingbywoning op Donderdag 7 Julie en is die toetsprogram uitgevoer vanaf 08h00 tot 13h00. Die proefpersone is in twee subgroepe verdeel

(52)

en die toetsing is in steuringsvrye lokale gedoen. Die toetse is afgeneem deur die ondersoeker en 'n opgeleide toetsafnemer. Die NSAG is eerste afgeneem en na 'n ruspouse van 45 minute is die Biografiese Vraelys, die 16 PF en die PHSF-persoonlikheids= vraelyste ingevul, met 'n kort verposing van 15 minute tussen die 16 PF en die PHSF.

Daar moet egter vermeld word dat die totale universum nie betrek kon word nie as gevolg van siekte, 'n rugbytoer en studente wat sonder verskoning weggebly het. Hierdie probleem sal waarskyn= lik altyd ondervind word waar studentedeelname aan 'n navorsings= program op 'n vrywillige grondslag plaasvind, ten spyte van alle pogings en motivering van die ondersoeker. Die samewerking van die proefpersone tydens die toepassing van die meetinstrumente was uiters bevredigend en geen noemenswaardige probleme is onder= vind nie.

2.3 DIE MEETINSTRUMENTE

Ten einde 'n vergelykende psigologiese ondersoek te doen tussen dames- en mansonderwysstudente, is daar gebruik gemaak van die volgende meetinstrumente:

2.3.1 Die Biografiese Vraelys

Die ondersoeker het dit nodig gevind om benewens die intelli= gensietoetse en die persoonlikheidsvraelyste ook biografiese gegewens by die ondersoek te betrek. Dit dek aspekte soos leierskapbegeerte, leierskap tydens hoerskoolloopbaan en kollege= loopbaan, die rol wat voorligting gespeel het in die keuse van

(53)

die ondenoiysberoep, hoerskoolprestasie, akademiese opleiding van ouers en faktore wat gedien het as motivering vir die keuse van die onderwysberoep. By die opstel van die vraelys het ondersoeker veral gebruik gemaak van die Biografiese Vrae= lys van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (1971). Sekere aanpassings is egter gedoen om te voorsien in die be= hoeftes van hierdie ondersoek. Die vraelys is per hand na= gesien en gekontroleer.

2.3.2 Die Nuwe Suid-Afrikaanse Groeptoets (NSAG)

Aangesien daar geen ander intelligensie-groeptoets beskikbaar is nie, is besluit om in hierdie ondersoek gebruik te maak van die Senior Reeks van die NSAG. Die volgende omskrywing van die NSAG is pri~r ontleen aan die Handleiding tot die NSAG (1965), Louw (1975), ~ruger (1972) en Horne (1973).

2.3.2.1 Doel

"Die NSAG is opgestel om sekere aspekte van die ontwikkelings= intelligensie, dit is oorgeerfde intellektuele potensiaal wat tot op die dag van toetsing onder omgewingsinvloede ontwikkel het, te meet, met die doel om gebruik te word as objektiewe hulpmiddel by klassifikasie, sifting en leiding van leerlinge ... 11 (Horne, 1973, p. 38).

2.3.2.2 Beskrywing

Die toets bestaan uit ses subtoetse waarvan drie uit nie-verbale en drie uit nie-verbale items saamgestel is. Elke sub= toets bevat dertig items waarvan die eerste vyf as vooroefening

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

The interactions will be governed by the intertwining operator R acting on the tensor product of two neighbouring particle spaces, and the reflection operator K which describes

These challenges will be divided into present compressor control limitations, shaft compressed air challenges and challenges with the supply lines of the

Vanderbijlpark en Sasolburg is in vergelyking met industriele streke van Oller vestiging relatief jonk en as 'n argief vir die Vaaldriehoek nou ingerig en tot

Eerst wordt er gekeken wat voor verbanden er zijn tussen zowel negatief en positief affect en de persoonlijkheidseigenschappen neuroticisme, altruïsme en consciëntieusheid als

73 De angst en de onzekerheid die de nasleep van de oorlog tussen Pruisen en Oostenrijk met zich meebracht lag voor Nederland dus in het feit dat Limburg en Luxemburg lid

It can be seen that a small tax will generally lead to a reduction of volatility, but when the tax reaches a certain value, a gradual decline in market trading and thus a reduction

Table 4 shows the top 10 words per perspective of the parsimonious language model with all documents that exhibit topic #69 as background-corpus.. Since the background-corpus

Especially compiled for the use of Anglo-South -