• No results found

De Gier, G.C. 2012. Orgue Cavaillé-Coll Cathédrale Sainte-Croix, Orléans. [CD-bespreking]

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "De Gier, G.C. 2012. Orgue Cavaillé-Coll Cathédrale Sainte-Croix, Orléans. [CD-bespreking]"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

96

CD-BESPREKINGS Christiaan Carstens

gERRIt cHRIStIaaN DE gIER –

ORgUE caVaIllÉ-cOll catHÉDRalE

SaINtE-cROIx, ORlÉaNS

C-M. Widor: Symphonie 7 en la mineur Opus 42/3 (Moderato; Choral; Andante-Allegretto; Allegro ma non troppo; Lento; Finale: Allegro vivace); F. Liszt: Fantasie und Fugue über den Choral

“Ad nos, ad salutarem undam”. Gerrit Chr. de Gier (orrel)

STH Quality Classics CD 1412782 (CD 77:07) Nederlandse, Engelse en Franse kommentaar ingesluit Opname: Cathédrale Sainte-Croix, Orléans, Frankryk (2012)

D

ie Nederlandse orrelis Gerrit Christiaan de Gier, tans orrelis van die Jacobikerk te Utrecht, Nederland, het met die uitvoering van twee groot werke in die Franse en Duitse simfoniese styl, ’n gedugte CD-vrystelling verseker. Met die eerste oogopslag verwonder ’n mens jou aan die programkeuse, totdat die programnotas die rasionaal daaragter verstaanbaar maak. Liszt en Widor was bevriend en die beroemde ouer musikus het soms saam met die jonger Widor na die indrukwekkende Cavaillé-Coll-orrel van die St. Sulpice-kerk in Parys gegaan. Liszt was ook vertroud met die orrels van Cavaillé-Coll omdat hy op reëlmaat vanaf die 1850’s orrelkonserte by die fabriek van Cavaillé-Coll bygewoon het (voordat ’n orrel afgebreek en verskeep sou word). Tydens hierdie geleenthede is hy aan o.a. Saint-Saëns en Franck voorgestel. Hoewel die Liszt-werk ’n belangrike uitvoering beleef het tydens die inwyding van die Duitse Ladegast-orrel in die Merseburg-katedraal, het Saint-Saëns dit by verskeie geleenthede uitgevoer op Cavaillé-Coll-orrels, o.a. in Amsterdam se Paleis voor Volksvlijt, waar daar ’n Cavaillé-Coll-instrument was. Dit is dus ook heel gepas dat hierdie opnames van De Gier gedoen is in die Orléans-katedraal waar daar ’n prag-voorbeeld van ’n Cavaillé-Coll-orrel staan.

Charles-Marie Widor se Symphonie 7 en la mineur Opus 42/3 vorm deel van tien solo-orrelsimfonieë, maar weens die omvang (ongeveer 46 minute) en die moeilikheidsgraad daarvan, is dit een van die mins-gespeelde uit hierdie versameling. Widor se voorliefde om tematiese materiaal uit ’n melodiese motief te ontwikkel (’n dalende kwint, gevolg deur ’n stygende terts), is ook hier kenmerkend. Die indrukwekkende opening van die Moderato gee onmiddellik ’n aanduiding van die gewigtigheid van hierdie werk, asook ’n klankmatige bekendstelling van die grootse Orléans-instrument. In die daaropvolgende Choral word die orkestrale uitgangspunt effektief gedemonstreer in die aanwending van die grondstemme, sowel as die 8’- en 4’-fluite en voix celestes. Die Andante-Allegretto (in ’n wiegende 3/8-metrum) bied ’n sagte solo-tongwerk aan, begelei deur fluitregisters. Hierop volg ’n Allegro ma non troppo met motiewe uit die Choral, asook ’n Lento waarin vyfstemmige kontrapunt figureer. In die majestueuse Finale met sy sterk improvisatoriese karakter, word die orrel weer in sy volle glorie gehoor en die komposisie luisterryk afgesluit.

(2)

96 97 Franz Liszt se Fantasie und Fugue über den Choral “Ad nos, ad salutarem undam” is in 1850 gekomponeer. Die tema waarop hierdie komposisie gebaseer is, kom uit Meyerbeer se opera Le Prophète wat die vorige jaar voltooi en opgevoer is. Heel gepas is die Fantasie opgedra aan Meyerbeer. In hierdie groot werk in een beweging word die tema langsamerhand op ’n opwindende en virtuose wyse ontwikkel deur ’n kwasi-improvisatoriese inleiding, ’n poëtiese tweede deel, ’n dromerige Adagio, ’n fuga met ’n rapsodiese kwaliteit en uiteindelik ’n majestueuse finale.

Met sy keurige registrasies slaag De Gier op ’n uitmuntende wyse daarin om die beste uit die orrel te haal. Voeg daarby sy weldeurdagte, verbeeldingryke interpretasies en vlekkelose tegniese vernuf, en ’n opname van uitsonderlike hoë kwaliteit is gelewer.

Die meegaande CD-boekie met ’n pragtige kleurfoto van die Orléans-orrel op die buiteblad, bevat ook mooi foto’s van enkele orrelkasversierings en die speeltafel, asook twee van die katedraal-interieur en die kunstenaar. Die teksinhoud (Nederlands, Engels en Frans) bevat besprekings van elke komposisie, geskiedkundige inligting oor die orrel, asook die disposisie van die instrument en ’n CV van die kunstenaar. Dit is egter jammer dat die uitstekende Nederlandse teks se Engelse vertaling deur Jennifer Geuze, veel te wense oorlaat (vergelyk byvoorbeeld “Voor zijn huis in Weimar...” wat vertaal is met “In front of his house in Weimar...” i.p.v. “For his house in Weimar...”, “stemmen” wat “votes” i.p.v. “voices” word, en die komieklike “kas” – verwysend na die orrelkas – wat vertaal is as “greenhouse” i.p.v. “organ case”). Ten spyte van die Engelse teks, verdien hierdie uitmuntende opname steeds ’n ereplek op enige CD-rak!

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

1b) natuurlijke toevoer via een ruimte (serre of atrium) : 0.00 dm³/s 1c) mechanische toevoer van buitenlucht (decentraal) : 0.00 dm³/s 1d) mechanische toevoer van voorverwarmde

Abs/Tact-In this paper, a multilead ECG data compression method is presented, First, a linear transform is applied to the standard ECG lead signals which are

Mereka tjdak mErnpunya1 ~odal untuk mengcrjakan lahan- Iahsn perke- bunsn d~n pers9wahan , kerene untuk mengerjakan satu.. bektar k~cang ked.la1 di lah8n tegBlan

Luister naar wat je leerkracht opnoemt.. Heb jij

aangeleverde berekeningen en spiegelsymetrie, wat eveneens geldt voor de in die gevel aanwezige ramen en deuren. De trap naar de appartementen moet 30 minuten brandwerend

Door innovatieve ontwikkeling maakt ELCO hoogwaardige en betrouwbare branders die bijdragen aan een betere leefomgevingN. In combinatie met de service van ELCO streven we

In welke situaties wil je graag beter Nederlands kunnen spreken..

» Het aanbestedingsbeleid van de gemeente Beuningen erop toeziet dat lokale ondernemers de mogelijkheid krijgen om mee te dingen naar opdrachten uit onze