• No results found

Die polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek"

Copied!
948
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

DIE POLISIEDIENS IN DIE ZUID-AFRIKAANSCHE REPUBLIEK.

deur

Proef skrif voorgel§ ter verkryging van die graad D.Litt. in die Departement Geskiedenis, Fakulteit Lettere·en Wysbegeerte van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike

Dktober 197'}.

\3

(2)

VOORWOORD.

Hierdie proefskrif is beide chronologies en ten opsigte van die aanbieding van die stof •n uitbouing van my meestersverhande-ling - ,,Die polisiediens in die Suid-Afrikaanse Republiek tot 1881" (P.U. vir C.H.D., 1957). Daardie studie was aanvanklik bedoel om die onderwerp tot 1902 deur te trek,maar dit het onmoontlik geblyk om s~lfs met 1881 as eindpunt binne die bestek van •n verhandeling aan selfs die ontstaangeskiedenis van die polisiediens reg te laat geskied.

Die keuse van dieselfde tema vir •n proefskrif het dus die geleentheid gebied om enersyds beide die voorgeskiedenis van die Transvaalse polisiewese te ondersoek en andersyds die bloeitydperk daarvan wat ten nouste met die ontwikkeling van die Witwatersrandse goudvelde saamhang ook tot hulle reg te laat kom. Andersins het die betragting van die onderwerp in sy geheel gedeeltelik •n ander as die bloat chronologiese aan-bieding wat in die verhandeling gevolg is moontlik gemaak. Temas soos die plattelandse naas die dorpspolisie, die ontwik-kelingsgang aan die Rand en die Jameson-inval naas dte groei van die sentrale administrasie, asook die aandeel van polisie aan sake buite hulle ,,normals" pligte, val as ontplooiings-momente nou makliker uiteen. Die wyer perspektief wat hierdeur verkry is het, hopelik, ook •n. meer sistematiese benadering moontlik gemaak as wat met die eerste werk die geval was •

...._

Ek is innig dankbaar vir die geldelike hulp wat by wyse van •n ad hoc-toekenning deur •n baie geduldige Raad vir Geestes-wetenskaplike Navorsing aan my beskikbaar gestel is vir navor-sing vir die proefskrif.

(3)

INHDUD.

INLEIDING

HDDFSTUK 1.

1. DIE VDDRGESKIEDENIS VAN DIE TRANSVAALSE

POLISIEDIENS ••••••••••••••••••••• • •••••• • • • • • •

1.1 Die polisiediens in die Kaapkolonie op die vooraand van die Groot Trek •••••••••• • 1 .1 .1 Die ,.Bepalingen en Instructien"

van De Mist •••••••••.•••••••••••.•

1.1.1.1 Die dorpspolisie,, •••••••• 1.1.1.2 Die plattelandse polisie,, 1.2 Die trekkende gemeenskap ••••••••••••·•••• 1.3 Die gevestigde gemeenskap in Natal ••••••••

1 .3 .1 1.3.2 Die plattelandse Die dorpspolisie polisie •••••••••• HDDFSTUK 2. 2. DIE VESTIGING VAN DIE PDLISIEDIENS IN

p ix - x p 1 - 5D 4 5 7 12 23 24 4D TRANSVAAL••••••••••••••••••••••••••••••••••••• p 51 - 108 2.1 Die behoefte aan •n polisiediens , ••••.••• , •

2 .1 .1 Die daarstelling van •n bantoe-beleid in Transvaal ••••••••••••••.• 2.1.2 Die verspreiding van vuurwapens

onder die Bantoes ••••••••••••••••• 2.1.3 Polisiebeskerming aan die Bantoe ••• 2.1.4 Slawerny •••••••••••••••••••••••••• 2.2 Die in"loed van nedersettings- en

poli-tiekeprobleme op die ontwikkeling van die polisiediens ; ••••.••.••••.•••.•••••. 2.3 Die veldkornet as polisieamptenaar ••••••

51 52 56 57 59 6D 82

(4)

~.4 .Die algemene publiek as polisie •••••••••• 2.5 Die Kommandant-generaalskap van S,J,P.

Kruger •••••••••••• ~ •. • ••••••••••••••••••••

HOOFSTUK 3,

97 104

3. DIE PLATTELANDSE POLISIEDIENS, 1871 - 1895,,, p 109 - 295 3.1 Die behoefte aan verbetering van die

polisiediens ••••••••••••••••••••••••••• 3.2 Opknapp~ng van die polisiediens in die

sewentigerjare ••••••••••••••••••••••••• 3,2.1 Vrywilligerkorpse ••••••••••••••• 3. 2. 2 Bantoekommissarisse , •.••••• , , • , •• 3,2,3· Die Transvaalse Jagers •••••••••• 3 .3 Britse tussenregering . , ...••.•...••.. !'

3 .3.1 3.3.2 3.3.3

Die Zoeloepolisie ••••••••••••••• Die Provisional Armed and Moun-ted Police ••••••••••••••••••••• Die Transvaal Mounted Police,, •• 3,3,4 Polisie vir die

bantoekommissa-risse . . . c • • . . .

3.3.5 Die Protective, Preventive and Detective Police ••••••••••••••• 3,3,6 Die Transvaal Police ••••••••••• 3.4 Die herstelde Republiek •••••••••••••••

!J)

3.4.1 Toest.8_nde na die Vryheidsoorlog. 3,4,2 Die korps Transvaal Rydende

Poli tie •...•••...•.•... 3.4.3 Die Rydende Artillerie en

Poli-tis Corps •••••••••••.••..•••... 3.4.3.1 Polisiediens op die

wesgrens •••••••••••••• 3.4.3,2 Polisiediens onder die

bantoekommissarisse •••• · 3.4.4 Die Zoutpansbergse Rydende

109 115 115 119 135 139 145 152 157 161 166 170 173 173 176 186 190 196 209

(5)

HOOFSTUK 4.

4. DIE POLISIEDIENS OP DIE DDRPE •••••••••••••••

4.1 Die vroegste dorpspolisie ••••••••••••••

4.2 Die algemene publiek as polisie •••••••••

4,3 Beheer oar die dorpspolisie ••••••••••••

4.3.1 4.3.2 4.3~3

Die landdros

...

Die openbare aanklaer Die distriksprokureur

4.3.4 Die vrederegter ••••••••• : •••••••

4.3.5 Die Balju ••••••••••••••••••••••• 4.3.6 Die staatsprokureur ••••••••··•·· 4.4 Pligte van die dorpspolisie •••••••••• ;.

4.5 Doeltreffendheid van die dorpspolisie, ••

4,6 Britse tussenregering ••••••••••••••••••

4.7 Die Eerste Vryheidsoorlog

4.S· Die herstelde Republiek ~

4.9 Samevatting •••••···~··••••••••••••••••• HDDFSTUK 5. p 227 - 295 227 238 241 241 243 244 246 249 250 255 260 270 282 289 294.

5. DIE GDUDVELDE VDOR 1896 ••••••••••••••••••••• p 296 - 359

5,1 Die eerste goudvelde, Marabastad en

Lydenburg • .; •••••••••••••••••••••••••••

5.1.1 Die weg na die delwerye •••••••••

5.1.2 Die administrasie van die

goud-velde ..••. ." ..•••••.• ~ .•••...•• 5,1.3 Die goudvelde verander van

karakter ..•••••...•••...•••••

5.2 Die Barbertonse goudvelde ••••••••••••••

5,3 Die Klerksdorpse goudvelde •••••••••••••

't.

5.4 Die Witwatersrandse goudvelde ••••••••••

296 300 305 316 323 336 340

(6)

6.

,X

5.4.1 Dntstaan van die polisiediens

...

5.4.2 Die vraagstuk van beheer ••••••••••• 5.4.3 Die vraagstuk van bevel • 8 • e 8 II • • a a a

HOOFSTUK 6.

UITBREIDING EN ONTWIKKELING

···~···· 6 .1 Ui tbreiding •.••••• "· ••.••••.•••••.••••••.• 6 .1 .1 Pligte en aanwending ••••••••••• · ••• 6.1.2 Bantoepolisie •••••••••••••••~••••• 6~ 1 .3 Geboue •••••••••••••••••••••••••••• 6.1.4 Speurpolisie •••••••••••••••••••••• 6.1.5 Spoorwegpolisie ·~•••••••••••••••••

6.2 Opknapping in die vroe~ negentigerjare ••••

a·.

2 .1 Reorganisasi e •• II • • • • • • • • • • • • • • • • • • 6.2.1.1 Die administratiewe buro •• 6.2.2 Opknapping van die sentrale beheer.

6.2.2.1 Die.hoofkommissaris van polisie •••••••••••••••••• 6.2.2.2 Pogings tot

rasionalisa-sie van die hoofkommis5a-rfs se beheer ••••••••••• ·5,2,2.3 Die Polisiewet van 1&.\5 •••

HOOFSTUK 7.

DIE JAMESON-KRISIS

a a a a 0 II a a a a a a a a a a a a a a a a a a a 8 8

Die polisie en die Ui tlanders •.••••••••••

117

.1

x

7.2 Kritiek van die kant van die Uitla:nders •• 7.2.1 Die bekamping van misdaad.~ ••••••• 7.2.1.1 Onvoldoende polisie •••••• 7.2.1.2 Dndoeltrefferide polisie ••

·---p 360 340 347 352 433 360 363 374 375 380 388 390 393 401 411 411 423 430 p 434 - 551 434 438 438 439 445

(7)

7.2.2 Verhouding tot die algemene

publiek ••••••••••••••••e••••••••••

j,7.3 Kritiek van die kant van die mynbedryf ••••

"'7 .3 .1 Die paswette en hulls toepassing •••

-?.3.2 Gauddiefstalle ••••••••• : ••••••••••

.-7.3.3 Onwettige drankhandel •••••••••••••

7.4 Ander tekortkominge van die polisie ••••••

7.4.1 Onbekwaamheid van senior personeel.

7.4.2 Gebrek aan opleiding en

regula-sies .•••...•.•...•.•....•..• 7 .5 Dael treffendh.eid ••••••••••••••••••••• • •••

?.6 Die Jameson-inval •••••••••••••••••••••; ••

./ •'°

/

7 .• 6.1 Toestande in Johannesburg o'p die

vooraand van die inval

...

7.6.2 Gebeure in Pretoria

~

,/

en om

...

'

...

7.6.3 Gebeure op die wesgrens

...

7.6.4 Gebeure in Johannesburg

...

7.7 Afloop van die opstand in Johannesburg ••••

..._

HOOFSTUK 8. 451 459 460 462 472 490 490 495 507 510 510 518 523 626 542

8. DIE REORGANISASIE VAN DIE POLISIEDIENS NA 1895. p 552 - 609

X8.1 Toestande na die Jameson-inval

...

552

'

..,_ 8.2 Administrasie ~"~8.3 Uniforms en bewapening

...

...

555 561

8.;4 Geboue • • • • • • • • • • • • • • • II! • • • • • • • • • • • • • • • • • • •

.,.

573

8.5 Bevelstruktul..lr 9 I •. a s . S • • s S • • • e . a. e • • • • • • • I 590

(8)

HOOFSTUK 9.

9. DIE POLISIEDIENS OP DIE WITWATERSRAND NA 1895. p 610 - 747

9.1 Die unifarmpalisie ••••••••••••••••••••••

j.. 9 .1 .1 Getalle ••.• " •• o • • • • • • • • • • • • • • • • • • 9.1.2

'I- 9.1.3

Opleiding en sasiale versarging ••• Beheer deur die Eerste publieke

aanklaer •••o••o••••••••••••~.; •••

speurdiens ••••••••••••••••••••••••••

Beheer deur die kommissaris van

polisie .... " •...•...•.. 9.2.r.1 Person eel

...

..,._ 9.2.1.2 Algemene pligte en

arga-nisasie

...

-.<. 9.2.1 .3 Onwettige drank- en

gaud-hand el

...

f;

9.2.1.4 Ontug II 9 S 9 9 9 9 S 9 9 9 9 9 9 9 9 a 9 9 """- 9.2.2 Beheer deur die staatsprakureur. •.

9.3 Doeltreffendheid • , • , ••••••••••••••• ,., .•••

9.3.1 Kritiek teen wetgewing en

regs-pleging •.• o •• • • 11 • • • • • • • • • • • • • • • • • •

9.3.2 Kritiek teen die·palisie ···•·•·•·

9.3.2.1/ Beheer •11••••••••••;.~.;.

t

i

9 .3. '2:.• 2~ Personeel •••.•..•...•... 993.2.3\, Opleidihg en· dissipline•.

~ 9~3.2s4 Korrupsie ••••••••••••r••

'r 9,3.2.5 Hauding teenaar Uitlan-ders ., .••..•••..•••... ; ..

9.3.2,6 Die Edgar-skietvaarval •••

9.3.3 Die geslaagdheid van

misdaadbe-kamping ••• u • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • 610 610 616 619 638 639 640 648 655 660 663 674 679 691 691 .704 707 712 717 724 743

(9)

HOOFSTUK 10. 10. DIE PLATTELANDSE POLISIEOIENS NA 1895

10.1 Reorganisasie •••••••••••••••••••••••••••

10 .1 .1 Grenspolisie ••••..•...•..•.••...

10.1.2 Die Soutpansberg ••••••••••••••••

10.2 Polisie onder die veldkornette •••••••••••

10.3 Swaziland ••••••••••••••••••11••••'••••••·

10.3.1 Die Bunu~voorval ••••••••••••••••

HOOFSTUK 11. 11. BEVEILIGING VAN DIE STAAT

11 .1 11 .2

-X!

11.3

Die grense •.••..••..••••.••....•...•..•.

Die geheime diens ••••••••••••••••••••••• Die veiligheidstaak van die polisie in Johannesburg ••••••••••••••••••••••••••••

HOOFSTUK 12.

12. DIE POLISIEDIENS TYDENS DIE TWEEDE

VRYHEIDS-p 748 - 803 749 749 764 774 783 793 p 804 - 856 805 811 848 OORLDG •••••••••••••••••••••••••••••••••••••••• p 857 - 906 12.1 Voorbereiding ••••••••••••••••••••••••••• 12.2 2(12.3

;x

12.4 12.5

Die spesiale polisie vir die Witwaters-rand en Pretoria •••••••••••••••••••••••• Die spesiale polisie vir die myne ••••••• Speur- en geheime diens in Johannesburg en Pretoria ...•...•... : ....• Polisie-optrede elders ••••••••••••••••••

12.6 Geheime-, speur- en polisiediens aan die

gevegsfront ..•••..•••.••....••.•... 857 863 879 883 894 899

(10)

HOOGSTUK 13.

p 907 911

(11)

INLEIDING.

•n Onderwerp soos ,,Die polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek" omvat noodwendiglik •n lang en bre13 weg. In lengte word die hele negentiende eeu betrek ten sir.ids oak die wortels waaruit die Transvaalse polisie-organisasie gegroei het aan ts dui. Daarnaas kon die ontplooiing van die polisiestelsel tydens verskillende fases slegs ten volle geanker word .indien sake wat nie direk by die polisiediens tuis hoort nie, aangesny word. Die betreding van o13nskynlike dwaalpaadjies word des ts meer onontbeerlik wannesr daar oar hulls net so min litisratuur bestaan as oar die polisiediens self of wanneer sodanige bronne nie in die polisieverbintenis aandui nis of dit in •n verkeerde lig stel. So moss sekere aspekte van die ontwikkeling·van die bantoeadministrasie, die krygsdiens, die groei van goudvelde en die betrekkinge tussen die Transvalers en die Uitlanders en selfs die Republisk en die Imperials faktor telkens betrek word, hopelik sander dat die leser sal twyfel of inderdaad nag met die polisiediens gehandel word. Aan die ander kant moss, ten einde •n volledige beeld van die polisie-opset te verkry, ook and er as die ,,normals" rol van die polisie, soos hulls milit~re en staatsveiligheidsfunksies aangestip w.ord, Hieruit blyk meteens dat die begrip ,; polisiediens" oor •n bre13 boeg gegooi is om alls owerheidsgeorganiseerde instellings wat direk kon of moes mee-werk tot die bestryding van misdaad in ts sluit met beklemtoning van beinv1oeding, organisasie, funksie err uitwerking.

Die omvattendheid van die onderwerp het ernstige vraagstukke geskep ten opsigte van indringing in die stof en aanbieding van die resultate. Die uitgangspunt waarop besluit is, was om die

(12)

onderwerp in sy deurlopendheid te betrag, vandaar die oorwegend chronologiese aanbieding, en andersyds om die hoofontwikkelings-gange - die plattelandse, Johannesburgse en dorpspolisie-organisasies van"mekaar te skei, maar oak om aan te dui waar hulle paaie gekruis het, soos met die sentralisasie van die diens onder die beheer van die hoofkommissaris van polisie en om die Jameson=inval heen.

Wat primers bronne betref vorm die laat tagtiger- en begin negentigjare, met die ontwikkeling van •n polisiediens vir Johannesburg en die instelling van die amp van hoofkommissaris van pcilisie, •n duidelike skeidslyn ten opsigte van kwantiteit en kwaliteit. Die lang voorafgaande periode van desentralisasie in die polisiediens het •n dienooreenkomstige verspreiding van argiefbronne gelewer en die argiewe van die kommandant-generaal, superintendent van bantoesake, landdroste en staatssekretaris moes gefynkam word vir inligting. Daarna volg •n meer gesistema-tiseerde liassering van polisiestukke in die argiewe van die staatsprokureur (wat die van die hoofkommissaris van polisie insluit) en mynkommissaris van Johannesburg waar.die grootste gedeelte van die bronne vir die laaste dekade gevind kon word.

Kontemporere sekondere bronne, soos koerante en ander ge-skrifte, het hoof saaklik gedien as spieels van die tydgenoot-like betragting van die polisiediens van buite terwyl meer resents werke belangrike, maar terloopse, lig op ander.aspekte van die onderwerp as geheel werp.

(13)
(14)

Sien bibliograf ie vir •n verklaring van afkortings in voetnote.gebruik ten opsigte van argivale bronne.

(15)

HOOFSTUK I,

I. DIE VOORGESKIEDENIS VAW DIE TRANSVAALSE POLISIEDIENS.

1.1 Die polisiediens in die Kaapkolonie op die vooraand van die Groot Trek.

Soos die geval was met vele ander instellings wat later kenmerkend geword hat.van die republiekeinse staatsvorms in Suid-Afrika, het oak die polisiediens in •n groat mate sy beslag gehad tydens en onmiddellik na die Groot Trek~ As onontbeerlike uitvloeisel van die trekkersamelewing het dit algaande, maar aanvanklik onopgemerk, •n eie gedaante aangeneem. Die ontstaan en groei daarvan het geskied onder omstandighede van groat druk waartydens die· Trekkers gehsel op eie kragte en vinding-rykheid aangewys was. Toe die Oosgrensboer vir die laaste keer sy voordeur agter horn toegetrek en as Voortrekker die Kolonia verlaat het, het hy horn nie net losgemaak van •n stiefmoederlike Britse owerheid nie maar oak daardie mate van beskerming waarop hy as onderdaan aanspraak gehad het1 afgesweer.

Dit het nie in alls opsigte oak wat •n polisiediens betref, · betaken dat met staatsinstellinge van meet af aan begin moss

word nie, Anders as met die vroee wetgewende eksperimente in die Kaapkolonie, wat weens die afgeleentheid van die sentrale regering in Kaapstad, nooit deur die grensboer gesien en dus slegs half begryp was nie, het die Voortrekkers wel ondervinding~ van sekere uitvoerende funksies me~ hulls kon saamneem, ~

(16)

t

landdros en veral die militer-cum-polisieorganisasie van die kommandowese onder kommandante en veldkornette, die belangrikste hiervan. Dit was ook juis op hierdie gebied dat die afgelee Oosgrensbewoners opGiie plaaslike administratiewe

kragt~moes

staatmaak. Boonop was hierdie organisasie juis ontwerp vir die beskerming van •n yl-bevolkte, bedreigde en afgelee gemeenskap. Voortrekkerwetgewers kon gevolglik •n stel geskrewe polisie-regulasies met hulls saarrineem wat op die Oosgrens oor •n tydperk van bykans vyftig jaar proefondervindelik saamgestel was. Van al die parate staatsfunksies waarvan die Voortrekkers kennis gedra het toe hulls die koloniale grens oorgesteek het, was die half-militer-half-polisie-kommandostelsel die bests versekering dat die Groot Trek nie deur die binnelandse bedreiginge verswelg sou word nie.

Die Polisiediens as sulks was teen 1835 in die Kolonie goed gevestig. Die grater dorpe het op •n vroee stadium van hulls bestaan •n polisie-element bevat. Dnder toesig van die Burgersenaat .,fr'1ater die Politieke Raad, het die Kaapstadse polisie hulls opdragte van die fiskaal deur die hoofkonstabel ontvang.1)

Vo~r

die Tweeds Britse Besetting is geen belangrike vooruitgang egter in die ontwikkeling van die polisiediens

·--

-gemaak nie. Weens toenemende werksaamhede van die fiskaal en sy opvolger, die prokureur-generaal, is in 1825 besluit dat alls polisie voortaan deur •n voltydse amptenaar, die kommissaris

1)

Anon.: An Account of the Colony of the Gape of Good Hope (London, 1Bl9), p. 39; BR 114: Instructie voor den Gouverneur en Generaal en Chef, 7/5/02, p. 5. 2

(17)

van polisie, beheer sou word,2) terwyl vir Kaapstad •n aparte superintendent van polisie aangestel is. Hierdie foesighouden.de ampte was op Britse lees geskoei. Laasgenoemde sou hoofsaaklik dieselfde pligte uitvoer as die waarvoor die landdroste in ander distrikte ten opsigte van polisie-a.angeleenthede verantwoordelik was. Sy administratiewe pligte het ingesluit die toesig oar die sentrale gevangenis en vreemdelingebeheer vir die hele Kolonie. Voorlopig moes hy polisiedienste in oorleg'<met die Burgersenaat reel, wat beheer oar sekere pligte soos die berede patrolliediensi en die nagwaak behou het tot met die ontbinding van die Senaat in 1827.3) Die polisie se getalle het geleidelik toegeneem en die diens is opgeknap.· Teen 1834 was· hulls bewapen met knuppel en pistool en in 1837 maak •n assistent-superintendent sy verskyning naas •n kaptein van die nagwag. Daar was toe reeds twee verdere offisiere, kl~rke, sewentien voet- en sewe beredepolisie. Hiernaas·kon die hoofstad spog met afsonderlike gevangenisbewaarders.4) Meer as vyftig jaar sou verloop voordat in Transvaal dieseifde mate van administratiewe sentralisasie op die dorpe sou ontstaan.

2) '::;O 5918: Ordorinansie 11/25; An Account of the Colony df the Cape of Good Hope, p. 39 •

. ' ·3) CO 5918: Ordonnansie 34/27;. Sien ook Louwrens., J.E.: Die Toestand van die hawebevolking aan die Kaap, 1807 -1820. ·(ongep, M.A., U.K.o.v.s., 1945) vir beskouinge oar die· werksaamhede van. di.e Kaapse polisie. · ~-_ 4) CO 431: Polisieregter ·aan kol. sekr., 5/3/34;

The Cape of Good Hop·e, Annual Register, Directory ·and Almanac for 1837 (Kaapstad, 1836).

(18)

Daarenteen kon die plattelandse polisieorganisasie onmiddellik deur die Voortrekkers toegepas word. Die·polisia-diens op die platteland het van die in Kaapstad hoofsaaklik

daarin- ver.skil dat die besondere behoeftes van .. die buitedistrikte · •n veel grater mate van desentralisasie van beheer vereis het. Sodanig was dit die geval dat dit aan die polisia-opset op die platteland •n gans ander en eiesoortige voorkoms besorg het.

1.1.1 Die .. Bepalingen en Instructien" van De Mist~

Oat .die ontwikkeling hier reeds ten tye van die Betaafse bewind n ·h.oogtepunt bereik het was te danke aan die besondere belangstelling wat kommissaris J.A. de Mist vir die behoeftes van die platteland getoon het. Deur middel van sy .,Bepalingen en Instructien voor het bestuur van de Bui tendistricten ••• " 5) het hy •n gekodifiseerde stel polisia-instruksies voorsien wat een van die belangrikste erflatings van die kortstondige Bataafse bewind aan die Boererepubliek sou word.6) Hoewel die dokumente oak in ander opsigte invloed op die Republikeinse administrasie sou uitoefen, sou De Mist by uitstek sy eie woorde

5) Eybers;· G.W.: Bepalingen en Instructien voor het Bestuur van de Buiten districten van De Kaap de Goede Hoop (1805) (Amsterdam,. 1922); Van der Merwe1 J.P.: Die Kaap onder

die Bft:taafse Republiek (Amsterdam, 1926).

· 6) Sien ook Wypkema,· A.: Die invloed van Nederland op de ontstaan en ontwikkeling van de staatsinstellingen der Zuid-Afrikaansche Republiek tot 1881 (Pretoria, 1939),

4

p. 101; Van Jaarsveld, F.A.: Die veldkornet en sy aandeel in die opbou van die Suid-Afrikaanse Republiek tot 1870 (Ajb., 1950,· II Parow, 1951), p. 202 e.v.

(19)

nog in die veldkornetsinstruksies van die Z.A.R. op die vooraand van die Tweede Vryheidsoorlog. kon herken, sodat •n studie van die polisiediens van daardie Republiek by De Mist . se .,Bepalingen en Instructil§ln •••.• " moet begin.

Die omvattendheid daarvan, die ideale aanpasbaarheid in •n trekkende gemeenskap of jong nedersetting, wat sulke noue ooreenkomste sou toon met die bestaan op die Oosgrens, en die bekombaarheid daarvan in gedrukte vorm is afdoende verklaring ·vir die ereplek wat dit in Boerewetg.ewing behou het.

Die Instruksies het nie soseer •n nuwe stelsel in die lewe geroep as wat dit bestaande praktyk ooreenkomstig die gees van rasionalisasie van die tyd saamgevat en omskryf het nie. In· die Kolonie self het die Instruksies die 81£ttaafse tydperk oorleef en was dit ten tye van die Groot Trek met enkele onbelangrike wysigings en byvoegings nog van krag. Eers in 1848 sou enigsins omvattende veranderings in veral die pligte van die veldkornet daar aangebring word •. 7 )

1.1.1.1 Die dorpspolisie.

Oppertoesig oor die polisie is gelaat in die hande van die Poli'ti'eke Ra,ad.8) Hi' r a h t · e n e in o gor e v:an rang gevo g. v 1 d 1

7) CO 4776: Instructions fon the. field cornets or the Colony of the Cape of Good Hope, 32/D, 1848; CO 5929: Ordonnansie 9/48.

8) BR 114 :· Provinsiale Instructie voor den Raad· van Politie, Art. 28, onged.

(20)

die fiskaal, die prokureur-generaal 9) en die landdros wat, as hoof van die distrik se polisie, aan laasgenoemde verslag

'

10)

moes doen.

Die polisie waaroor.die landdros beskik het was: ,,een Onder-Schout, zes Ordonantie-Ruiters en zes

minders Dienaren tot hiertoe bekend onder den naarn van Kaffers".

Eersgenoemde twee amptenare sou deur die regering aangestel word op aanbeveling van die landdros en die nie-blanke konstabels deur die landdros self. Bewapen met stok en sabel en in uniform geklee sou die polisie die goeie orde handhaaf onder toesig van die Onder-Schout en op

instruksie van die landdros.11) Die gedrag'van die polisie m'oes gekenmerk word deur bedaardheid en beskeidenheid enersyds en erns en standvastigheid andersyds. Hulle sou veral gebruik word teen onordelike slawe, wat op straat summier gearresteer kon word, ander nie-blankes wat voor arrestasie op •n

betugtiging geregtig was en wettelose burgers wat naas •n vermaning aan die landdros gerapporteer moes word alvorens hulle deur sy opdrag in hegtenis ·geneem kon word. •n Ongelyke beregtiging dus vir hierdie drie klasse. Dit skyn of veral die Blankes immuun was teen arres sander ·n lasbrief.

9)

Eybers: 10) Ibid: 11) Ibid: 6 Bepalingen en Instructien Art. 88, 301. Art. 2981 302. II•.• t Art. 7.

(21)

Verder moes die polisie toesien dat taphuise op die neergelegde tye sluit, dobbelary en smokkelary bekamp word en, ter wills van higiene, f!l,Oes_gewaak word teen vullis en rondloperdiere op straat. Daaglikse roetine het bestaan uit gevangenisbewaring en patrolliediens. Dok teenoor eersgenoemdes moes •n polisieamptenaar met waardigheid en menslikheid optree om te verhoed dat. hy deur sy makkers

.. strengelyk warden gelaarsd". 12)

Behalwe.vir die gereelde polisie was daar ook amptenare. wat uit hoofde van hulle amp polisiediens kon of moes verrig. Die vernaamste onder hulls was die wykmeester.1 3 ) Hy het in geringer mate dieselfde pligte op die dorp uitgevoer as die veldkornet in die distrik. Sy hooftaak was die aanhou van •n register van die inwoners van sy wyk, maar hy was ook vir die ·volgende polisietake verantwoordelik: Hy moes persons wat

agterdog wek, verdagte samerotting, onwettige dobbelary en gevalle van moord aan die landdros rapporteer. Verder was hy verkeersamptenaar wat moes toesien dat sypaadjies en watervore skoongehou word en verkeer op straat nie deur allerhande obstruksies belemmer word nie.

1.1.1 .• 2 Die plattelandse polis±e.

Suite die dorpe was die veldkornet die belangrikste

12) Ibid: Art. 304 - 312.

13) BR 117: Instructien voor den wykmeesters, 28/1/04.

(22)

polisieagent. ' In Oktober 1803 is voorlopige instruksies wat polisiepligte ingesluit het aan veldkornette uitgereik 14

1

en hierop is uitgebrei in die ,,Instructie voor de Veldoornets" van 23 Oktober 1805 wat ge!nkorporeer is in die .,8epalingen

en

Instructien~

15

)

Die uitgangspunt was dat die uitgestrekte

distrikte nie langer deur die lsnddroste alleen·beheer kon word nie en distrikte is verdeel in veldkornetswyke, ses uur te perd wyd.

Na •n uiteensetting van sy siviele pligte vervolg die ·,.Instructie" met die veldkornette se polisieopdragte. Van

hulls is verwag om"

11naauwkeurig te letten op de rust en goede order.

in hunne omtrek en niet te gedoogen dat dezelve door iemand der Bewoners, wie hy ook zy, words gestoord",

Moord, huisbraak en ander misdade moss onverwyld onder die aandag van die landdros gebring word. Vryheid van optrede en speurdienste ten aansien van moordsake word aan horn opgedra in ruimer mate as aan die dorpskonstabel. Nogtans is van die veldkornet nie verwag om vinger-alleen die administrasie van die wyk waaroor hy geplaas was te dra nie. Ten opsigte van polisiepligte is hy gesteun deur die rrPolicie-Ruiters" wat deur die landdros ook buite die grense van die dorp aangewend kon word vir roetine patrolliewerk, 16) asook vermoedelik teen smokkelaars. Ander instansies wat vir polisiewerk op die platteland aangewend kon word, hoewel hulls

14) BR 114: Voorlopige Instructien voor Veld Cornetten, 4/10/03, p, 209,

15) Eybers: Bepalingen en Instrictien •••••Art. 224 e.v. 16) Ibid: Art. 298.

(23)

pligsomskrywing nie bepaalde polisietake bevat het nie,· was . eerstens •n korps ligte veldruiters wat .opgerig is ten tye van die Beitaafse bewind met die hoofdoel om berigte vinnig te · vervoer

,.als mede tot anders diensten, waartoe niet altyd en even gemaklyk en min kosbaar, manschappen

17) van het guarnisoen kunnen warden geemployeerd".

Aangesien polisiediens oak •n plig van die militl3re owerhede we:s,18) sou die veldruiters oak in die opsig aan die veldkornet bystand kon verleen. Dok die afdeiings Hottentot-korps in Kaapstad, Stellenbosch en Swellendam is in hierdie

. 19) .

tyd sodanig versterk dat die vermoede ontstaan dat oak aan hulls polisietake opgedra kon word. Maar die polisiesteun waarop die landdros en veldkornet te eniger tyd kon staatmaak was die burgers in die vorm van •n kommando.

Wanneer wetteloosheid werklik ernstige afmetings

aangeneem het, soos dikwels die geval was op die Oosgrens in •n tyd toe wrywing tussen Blank en Nie-blank reeds heelwat botsings tot gevolg gehad het, moes gereelde kragte ter hand-hawing van wet en orde aangevul word deur die.publiek. Om aan gr.ootskaalse wetteloosheid die hoof te bied sander fatale tydsverlies is die landdroste gemagtig om na goeddunke op te

17) 18)

19)

Kaap. plak. VI: p. 55.

BR 114: Instructie voor den Gouverneur en Generaal en . Chef, 7/5/02; Sien oak Percival, R.: An Account of the Cape of Good Hope (London, 1804), p. 201.

(24)

tree.20) Optrede deur •n kommando, waarvoor die·masjiifnerie voor De Mist se tyd-reeds bestaan het, het nie noodwendig die omvang van •n milit§re eksp~isie aangeneem nie. Die beginsel wat ten opsigte van polisie-aksie gegeld het, was dat die hulp van -die publiek ingeroep kon word of om hand by te sit met die voorkoming van misdaad, of met die inhaal van boosdoeners. In gevalle waar so •n handeling enigsins groat getalle vereis het is van die komma.ndostelsel gebruik gemaak~ Dok op kleiner skaal is die publiek se hulp, vrywilliglik of op

It. gedwonge voet ingeroep. So is kennisgewings deur plakate gepubliseer waar.in belonings aangebied is vir die ui tlewering van brandstigters, diewe en arider versteurders van die rus en vrede. 21)

Die taak van die polisiedienaar is veral ligter gemaak deur die groat mate van onafhanklikheid wat kenmerkend was van die Oosgrensboer. Gewoond daaraan om sy eie heil te bewerkstellig en bewus van die geestelike en fisiese af stande wat so dikwels tussen ham en die regering bestaan het, veral na 1806, het hy nie vir elks gebeurlikheid, of selfs bedreiging die hulp van •n amptenaar opgesoek nie, maar waar hy kon self gehandel.

Die verbeterings wat aan die Kaapstadse polisiediens ten tye van die Tweeds Britse Bewind aangebring is, het·aanleiding· gegee tot pogings om oak veranderings ten opsigte van die

Eybers: Bepalingen en Instructien •••••• Art. 326. Kaap. plak, VI: Kennisgewings, 29/4/03, 20/1/04, 21/1/04.

(25)

plattelandse polisie teweeg te bring. Maar behalwe vir noodsaaklike vermeerdering in die getalle van v~ral:die

dorpspolisie, was daar met die·aanvang van die Groot Trek slegs •n aantal 'oribeduidende wysigings eerder as_ vooruitgang te bespeur in die polisie-opset van die buitedistrikte. · Die onder-schout is vervang deur •n gevangenisbewaarder (gaoler) en aparte polisiebevelvoerder (sergeant).· Nie-blanke polisie is weer 11 Justice Kaffers" soos ·in die agtiende .

eeu genoem en polisie is vir die eerste keer in kle.inere gehuggies aangestel onder bevel van •n vrederegter.22) Oak is, in voorafskaduing van latere beleid om die Voortrekkers in die Trans-Oranjeg~bied te intimide~r, gebruik gerreak ·van die dienste van inboorling-opperhoofde buite die koloniale'grense om voortvlugtende

misd~dige~s

·en drosters te help aankeer.23) Hoewel daar niks van gekom het nie is in 1826 oak •n paging aangewend om, in ooreenstemming met die anglisasie~beleid, die benaming

v~ldkdrnet m~t

,,constable" te vervang, 24) •n betekenisvolle aanduiding van die oorwegendheid van die amptenaar se polisietaak.

22)

23) 24)

The Cape of Good Hope. Annual Register, Directory and Almanac for 1837 (Kaapstact, '1836); CO 4776: Ordonnansie 5/39; CO 5920: Ordonnansie 13/36.

Banister, S.: Humane Policy or Justice to the Aborigines (London, 1830), P• 35.

Eybers, · G

.w. ·:

Select Constitutional documents illustrating South African History (London, 1918), P• 65.

(26)

1.2 Die trekkende gemeenskap.

Die· navorser soek tevergeef s in die annals van die Groot Trek voor die permanents nedersetting in Natal na •n voltydse polisie-amptenaar of georganiseerde polisiediens. Die rede.hiervoor is duidelik wanneer die organisasie en doel van die.Groot Trek in aanmerking geneem word. Dit was

naamlik •n georganiseerde maar onvolledig beplande verskuiwing van persons en hulle beweegbare goedere na •n ongetemde land-streek ten einde daar •n gevestigde en polities onafhanklike· bestaan te voer. Van sentrale beheer oor die Trek was daar, in die praktyk altans, weinig sprake. Die Trek self was dus nie ·~ doel .nie maar •n middel tot ·n doel en kon in terme van organisasie en beoogde duur met •n minimum van voorbereiding onderneem en afgehandel word. Hierby kon vir •n georganiseerde en vql tyd_se polisiediens nie plek ingeruim word nie.

Maar aan terloopse polisiediens sou daar weldra •n dringende behoefte wees na gelang die Voortrekkers hulle al verder van die gevestigde blanke gebiede tussen die Bantoes in begeef het. Die noodsaaklike polisiediens wat met tye · onder hierdie 'omstc:ndighe~e toegepas moes word het ewe

onge-merk en feitlik; as •n vanselfsprekendheid uit die bestaande semi-militere kommando-organisasie van die Trek voortgevloei, Hierdie opset gee maklik daartoe aanleiding dat alle krag-dadige handeling van die Voortrekkers teenoor die Bantoes as militere optrede vertolk word. Vir saver die Retief-manifes as •n betroubare vertolking van die Voortrekkers se voorgenome bantoebeleid gereken word, moet aanvaar word dat hardhandige optrede teenoor die barbare in die binneland nie

(27)

noodwendig •n militere doel gedien het nie. Behalwe vir die polisieoptrede teen enkeling diewe is patrollies en selfs kommando's teen krale en hele stamme uitgestuur met·suiwer of oorwegend polisie-doelstellings.

Die Voortrekkers het reeds in die Kolonie geleer dat ernstige fisiese sowel as morele of kulturele bedreigings in •n filantropiese bantoebeleid skuil. Die besef dat kriminele vergrype alleen met die grootste mate van gevaar vir. homself ongestraf gelaat kon word het gevolglik die Voortrekker se verhouding met die Bantoe gekenmerk. Daar was in hier.die verband vir die Trekker geen noodsaaklikheid om fyn onderskeid te maak tussen polisie- en militere take nie. Die Bantoe was die bedreiging ·of as hoenderdief of as uitroeier van trekker en die an~woord op die bedreiging was •n burger of burgers met roer en te perd. Gevolglik is dit nie altyd maklik om die Voortrekker'-,.soldaat" van die Voortrekker-11polisieman" te onderskei nie en om hier.daaroor te bespiegel sal nie bydra tot •n beter begrip van die geaardheid of

organisasie van.die veiligheidstaak van die trekkende gemeenskap nie. Daar kan dus volstaan .. word om die beginsel van polisiediens te bepaal en die enkele identifiseerbare polisietake_aan te toon.

Dit.is moontlik om te onderskei tussen· polisie-optredes· wat teen die Blankes en teen die Bantoes gerig was.

Wat die omvang van die Voortrekkers s.e polisie-optrede teenoor die.Bantoes was, is moeilik te bepaal hoewel

polisie-opset in Ret'ief se manifes weerspieel word.

(28)

maar met die nodige inagneming van rasse- en beskawingsverskil-le, 25) As.hoof.van die trekkende staat het Retief die geleent-heid gehad om hierdie beleid in die praktyk toe ts pas en hoewel hy in •n gees van regverdigheid onderhandelinge met bantoestamme in die Trans-Oranjegebied aangekncop het,26) en sy selfvertroue in hierdie verband uiteindelik in Natal sy lewe gekos het, was hy nie genee om horn op die oenskynlike welwillendhe.id van opperhoofde ts verlaat \/ir die veiligheid. van sy.mense nie.27) Aan hulle kant is Voortrekkers meermale verbied om ir:iboorlinge .te molesteer 28) maar bepaalde

polisieinstruksies in.hierdie verband kon nie gevind word nie en het seker ook nooit bestaan nie.

Ten opsigte van polisi.ediens onder die Blankes kan die ond~rsoek begin qy die statutere organisasie. waarin die Trek gesmee is vanaf die einde van 1236 na gelang die·afsonderlike trekgeselskappe op die binnelandse hoeveld saangevloei het,

Thom noem ,.die vraagstuk van die handhawing ·van Reg en Geregtigheid waqrop die Voortrekker besonder gesteld was 1129 ) as •n rede .vir die vergadering by Thaba N' chu op 2 Desember 1836

25) :i:bid: P• 154,

26) Ibid: Chase, .,J.C.: ·Natal, A Reprint (Grahamstown, 1843); P• .87,

27) Sien hieronder .p.19 e.v, 28)

29)

Norden, B.: Brief in Grahamstown Journal, 22/6/39 (In Chase, a.w. p. 87); Sien ook hieronder p.17. .~ Thom, H.B.:. Die lewe van Gert Maritz (Kaapstad, 1947), P• 104,

(29)

wat uitgeloop het op die daar.stelling van •n bestuursliggaam vir die gesamentlike trek. •n Ooggetuie verklaar dat die .,Rechters" wat hier aangestel is twee funksies gehad het -eerstens die maak van wette eh daarnaas sou hulls

,,voor het a],gemene best en vrede zullen most waken"

wat verder omskryf is as die verpligting om

11onpartydiglyk niet(s) dan de zuiwerste

rechtvaardigheid te plegen en te doen

30) gedyen, zoo in Civil als Criminele zaken".

Dor regspleging onder die Voortrekkers voor hierdie tyd is niks bekend ·nie en aangesien nog net Potgieter se mense in ernstige botsings met die Bantoes betrokke was, was daar waarskynlik·ook nie voor hierdie tyd noodsaaklikheid vir polisieoptrede nie. Die daarstelling van geregsmasjinerie is trouens op sigself nie •n aanduiding dat daar reeds •n behoefte daarvoor bestaan het nie. Hier is o~a. voorsiening gemaak vir kriminele regspleging as deel van die omvattende bevoegdhede vafl die kollege van ,,Rechters". Dit was in ooreenstemming met die voorsitter, G. Maritz, se deeglikheid en regskennis dat dit so. gedoen sou word. Die karige inligting wat bewaar gebly het oor die doen en late van die

11Rechters" toon dat hulls wel deeglik hulls regterlike

fun~sies gebruik het. •n Naamlose brief in die Grahamstown Journal van 23 Maart 1837 vermeld dat goeie en doelmatige wette deur die Voortrekkers gemaak was, dat rus en orde gehandhaaf word en dat selfs vir wildbeskerming voorsiening

30) Smit, E.: Dagboek (In Preller,

G.:

Kaapstad, 1920, p. 67J.

(30)

gemaak was. 31 )

Tydens die Vetrivier-vergadering van 17 April 1837·is die funksie van die ,,Rechters", nou bekend as die Raad van Politie, beperk·tot wetgewende en regterlike bevoegdhede. Die uitvoerende magte waaroor hulls sedert die vorige Desember beskik het, het nou die taak van ,,Gouverneur",

32) P •. Retief, geword.

Op •n derde vergadering op 6 Junie te Winburg vind ans •n verdere.grein van inligting oar polisie-funksies uit die Trektydperk. Die sg. Negs Artikels wat hier die 1ig gesien het was strafbepalings teen diegene wat deur weerbarstigheid . teenoor die Voortrekkerregering en sy wette die goeie orde van die Trek benadeel het. Di t most egter gesien word teen die agtergrond van politieke naywer.en die noodsaaklike militere orientasie van die Trek. Dok was die Artikels •n weerspieeling van die polisiebevoegdhede van die Voortrekker-staat en nie van die bestaan van •n polisieorganisasie nie.

31) Thom: a.w., P• 110.

32) Sien hieronder Du Plessis, J,S.: Die ontstaan en ont-wikkeling van die amp van staatspresident in die Suid-Afrikaanse Republiek, 1852 - 1902 (Ajb,, 1955, I. Elsiesrivier, 1955) P• 17 e.v.; Nieuwoudt, C .• F.: Die ontstaan en ontwikkelj.ng van die Uitvoerende Gesag in die Zuid-Afrikaansche Republiek (Kaapstad, 1964), p. 27; Van Heerden, J.J.: Die Kommandant-Generaal in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Republiek (Ajb., 1964, II. Kaapstad, 1964), p. 3,

(31)

Verder is dit n~e bekend of die drietal vrederegters wat by Vetrivier ingesweer is met die gemoedelike taak

,,om kleine voorkomende geschillen uit de weg te ruimen'', 33}

soos hulls ampsgenote in die Kaapkolonie oar polisiemagte beskik het nie, hoewel so •n funksie wel in die amp gelees kan word.

Onteenseglike polisie-instruksies word vir die eerste k~er gevind in twee stelle instruksies vir kommandante en veldkornette wat op 21

J~lie

1837 gepubliseer is. 34

J.

Die amp van polisieman val die kommandant en sy

ondergeskikte, die veldkornet, uit die instruksies te beurt. Die klem val op hulle militere pligte en die grootste gedeelte van die instruksies word gewy aan brandwag-, patrollie- en ander krygstake. Aan hulle sorg word egter oak opgedra die beskerming van diensknegte en die waak teen kinderroof en slawerny. Verder moss veral die kommandante wild en weiding beskerm en in geval van opsetlike brand-stigting ·die identiteit van die brandstigter deur speurwerk vasstel.

Onder die Trekkers het min misdaad voorgekom. B. Rudolph wat in Natal by die hooftrek aangesluit het,

33) Preller: Voortrekkermense, II. p. 102.

34) Pietermaritzburg 23: Instructie voor den Commandanten, 21/7/37, p.l; Instructions for the Field Cornets, 21/7/37 (In Chase: a.w., p. 117 - 118}; Sien oak Preller,

G:":

Piet Retief (Kaapstad, 1930), p. 377.

(32)

vermeld dat die gemeenskap B-='n die einde van 1837 daar stil en rustig uitgesien het soos blyk .uit die geringe aantal sake wat voor

di~

hof gedien het.35)

Waar die veldkornette en kommandante se polisietake dus geen besondere inspanning vereis het nie, was die militere aspekte van hulls instruksies, wat die beveiliging van die laers beoog het, nie teen die. enigste ware toets waaraan· hulle onderwerp was, naamlik die Zoeloe-aanslae gedurende die nag van 16 - 17 Februarie l838 op die laers aan die Tugela- en Boesmansrivier, opgewasse nie.

•n Ernstige krisis, vergroot deur die dood van Retief, Italeni en.die onenigheid onder die leiers wat die'terug-trekking van A.H. Potgieter na Transvaal tot gevolg gehad het, het hierop aangebreek. Hoewel die Natallers hierna in

afwagting van die koms van A,W. Pretorius op die verdediging geplaas was, het daar in die benouende dae tussen Hlomo Amabutho en Bloedrivier twee stelle grondwetlike instruksies die lig gesien wat getuig het van die geloof en deursettings-vermoe van die Voortrekkers.

In die Modderlaer is op 25 Mei •n vergadering gehou met die oog op noodsaaklike reorganisasie van die burgerlike bestuur.36) In opdrag van die vergadering en terwyl Maritz

35) Chase: a.w. p. 90. Een van die sake was juis na aanleiding van brandstigting.

36) Sien Ou Plessis, J,S.: a.w. P• 31 e.v. 18

(33)

ernstig siek was, het Jacobus Bosh of, •n besoeker ui t die · Kolonie, en •n onbekende aantal medewerkers twee stelle .. Regulatien en Instructien" opgestel.37)

Bi~ne

enkele dae 39) na die

v~rgadering

in die Modderlaer was die twee stelle instruksies gereed. Die 11Regulatien en Instructien voor den Raad van Representanten van het volk aan Port Natal en 't omliggende land" was in wese •n nuwe grondwet wat •n volksraad in die lewe geroep het, terwyl. die 11Regulatien en Instructien Voor den Regter of Magistraat en die maniere van Regtpleging voor het gemeenbest aan Port Natal en dies. omtrek1139) •n uitbouing

wa~

van die regterlike instruksies wat reeds bestaan het. Dit is veral laasgenoemde stel instruksies wat ans aandag verdien.

37) Thom: a.w., p. 243; Smit, A.: Die lewe van. J.N. Boshof · (ongep. D.Phil.u.o.v.s., 1970), hoofstukke III, IV.

Boshof, wat twee tot drie maande na die dood van Retief, by die Natalse Voortr8kkers besoek afgele het, het tot op .datum op die agtergrond verkeer hoewel hy. goed

gekwalifi-seerd was om •n leidende rol te speel. Hy sou as wetgewer •n waardige plaasvervanger vir die ongestelde Maritz wees. Hy was in hierdie tyd naamlik vrederegter en eerste klerk van die siviele kommissaris van Graaff-Reinet. Hierdie feit·tesame met die sterk persoonlikheid van.die latere staatspresident van.die 8.V.S., skakel die moontlikheid nie uit nie dat die vergadering van 25 Mei juis.bele kon· gewees het om met Boshof se besoek saam te val. Op •n latere vergadering het •n goedondersteunde memorie om horn tot voorsitter van die Volksraad te verhef gedien.

(Thom: a.w., p. 243).

38) Sien Du Plessis, J.S.: a.w., p. 31, voetnoot.

39) Vir die tekse sien Preller, G.: Voortrekkerwetgewing, 1839 - 18451 (Pretoria, 1942), p. xii - xvi en

(34)

.Opvallend is die vermenging van Hollandse en Britse gebruike. Hoewel paar getrag wprd om na die BE{taafse

stelsel terug te keer, word die benaming magistraat in plaas van landdros gebruik en word voorsiening gemaak vir beide heemrade en

juries~

4

D)

Na gelang die bevolking uitbrei en versprei kon meer magistrate (in die praktyk landdl".oste) aangestel word wie se pligte hier noukeurig omskryf is. · Die klem val op die verskeidenheid howe waarvan die getal deur die ander stel ,,Regulatien en I11structien" aangevul word, en die juridiese mcigte van die magistraat en die Volksraad. Regspleging sou geskied volgens die wette wat deur die Volksraad gemaak word of, waar die te kort skiet, sou die Hollandse regspleging, soos aan die Kaap toegepas, as basis di en.

Die Instruksie skep die indruk van •n sterk bewussyn van die noodsaaklikheid van die staat se regsfunksie en hou by implikasie in die noodsaaklikheid van •n georganiseerde polisiediens. Maar steeds word van polisie by naam geen melding gemaak 11ie. Om die verdere bepalinge van die · · Instruksie te kon uitvoer moes •n polisiediens van een of

and er aard wel bestaan het. Een van die take van die magistraat was .die uitreiking en diening va·n dagvaardings en artiki=il 10 bepaal in die verban.d dat

,,De Magistraat zal het regt hebben, de noodige aanstellengen te maaken, van personen, die aan zyn Hof·moeten dienen, of die in geval

van pligt-verzuim ontslaan".

40) Sien ook Wypkema: a.w., p. 201 - 202, 20

(35)

Oat een of meer van hierdie amptenare voltydse polisie moes wees ly geen twyf el nie en pas na die aanleg van die eerste dorpe, toe die 'instruksies eers werklik in swang gekom het, sou •n konstabel dan ook onder die personeel van die landdros tel. Verder kon Boshof ook nie onbewus gewees het van die behoefte aan polisie in •n landdroskaritoor nie. In Graaff-Reinet,. waar hy self met polisieaangeleenthede te doen gehad het, was daar in die tyd •n sersant, twee blanke en twee nie-blanke polisieamptenare.41) Behalwe vir die voltydse polisie waarvoor hier voorsiening gemaak word, bepaal artikel 11 dat

,.Elke veldkornet of anders private persoon, zal gehouden zyn 1 .den Magistraat, of die officiant vei.'n den Magistraat in de uitoefening zyner

vonnissen, (zoo civiel als crimineel) ts· 2 ) assisteeren en by weigering, verbeuren voor elks reis,4 . sens boete van niet minder dan Ads. 25".

Hier word melding gemaak van 11vonnissen" wat letterlik

beskou sou beteken dat die veldkornet of gekommandeerde burgerlike se taak eers •n aanvang sou neem nadat in •n saak uitspraak gelewer is en dus slegs met die uitvoering daarvan verband sou he. Dit most egter aanvaar word dat die

uitvoering van vonnisse nie die sen en al van selfs die ex-officio pligte van die veldkornet of burgerlike konstabel kon gewees het nie. Daar is vermeld dat aan die velctkornette en kommandante reeds voorkomende en arresterende polisie-pligte opgele is en, soos in die Kolonie, sou hulls burgers

41) The Cape of Good Hope. Annual Register, Directory and Almanac for 1837. Polisiebegroting.

(36)

kon oproep om hiermee behulpsaam ts wees. Artikel 14 bepaal oak dat persons wat die magistraat in die uitvoering van sy pligte teestaar

.,dadelyk in arrest (sal) genomen warden".

Dit is dus aanvaarbaar dat die tergende woord ,.vonnissen" in hierdie konteks eerder as ,.opdragte" met wye omvang

rakende die hele spektrum van die landdros se taak gelees moss word.

Om verskeie redes is hier egter geen sprake van die formele konstituering van n polisiediens nie. ·Eerstens het ans hier ts doen met •n bree, byna elemtere grondwetlike opset rakende die regspraak eerder as die handhawing van_ orde in •n ordelike gemeenskap wat volgens Boshof self

.,peacebly disposed, well behaved and orderly (was) ••••• we did nag hear of a single instance of quarreling or fighting •••• nor did we meet with an individual intoxicated" .t.LJ)

Dok kan aangevoer word dat bestaande polisiereelings voldoende was terwyl die Voortrekkers nag nie met permanents nedersettings begin het nie. Hoewel die twee stelle

Instruksies vir •n gevestigde eerder as •n trekkende gemeenskap

43) Boshof, J .N. aan Grahamstown Journal, 1/9/38 (In Chas.e: a.w., p. 34). Waarskynlik dieselfde brief wat-Preller in Voortrekkermense, VI, p. 28 - 29 aanhaal onder die datum 23/8/38 en wat op 7/9/38 in De Zuid-Afrikaan verskyn het; Sien oak Thom: a.w., p. 157 oar die vredeliewendheid van die Voortrekkers·.

(37)

bedoel was het Boshof verklaar dat

11zy (volksraadslede en magistrate) beschouwen

die tyd (hulls eenjarige ampstermyn) en

die tans in werking zynde wette en reglementen, als voldoende, on in hunnen tegenwoordige

omstandigheden te voorzien, doch zy zyn voornemens vele veranderingen te maken wanneer zy voor goed gevestigd zyn". 44)

Die verwagtinge wat in hierdie dokumente skuil sou nie beskaamd word nie. Die koms van A. Pretorius en die

oorwinnings oar die Zoeloes enkele maande later sou •n .nuwe tydperk in Natal inlei,

1.3 Die gevestigde gemeenskap in Natal,

•n Opvallende kenmerk ·Van die Voortrekkersamelewing in Nata1 vanaf ongeveer die Slag van Bloedrivier was die snelle sosio-politieke metamorfose wat dit ondergaan het~ Die waens het finaal tot stilstand gekom en die troffel is opgeneem. Die verandering van •n trekkende en laerende na •n gevestigde en heersende samelewing het natuurlik nie oornag ~laasgevind nie maar dit was kenmerkend dat toe die Zoeloe-gevaar verwyder was, die laer plek gemaak het vir die dorp en die roer vir die ploeg. Wetgewing, administrasie en regspraak wat tot op daardie stadium so moediglik aan die Trek •n atmosfeer van normaliteit moes gee, hat tot hulle reg begin kom. Die volksraad, wat 'rT permanents setelplaas gekry

het en vir die eerste keer •n werklikheidsbestaan kon voer

44) Brief van Boshof, J.N. in De Zuid-Afrikaan, 7/9/38,

(38)

se notules het begin melding maak van wykmeesters·, skut-meesters, polisie en ander amptenare van wie laas in die Kolonie verneem is. Aan die ander kant het die gevestigde gemeenskapsbestaan nie beteken dat die krygsoffisiere van die toneel verdwyn het nie. Hulls take het eerder toegeneem. Die gevestigde staat wat hulle help skep het moes nou beveilig word. Die inisiatief in die betrekkinge met die Bantoe het.egter finaal in die hande van die blanke nedersetters oorgegaan. As geheel gesien het dit daarop neergekom dat die kommandant en veldkornet hulle militere pligte vir polisie-doeleindes moes aanpas.

In die bree het die nedersettingspatroon wat na 1838 gevolg .is die immigrante in plattelandse en dorpselemente verdeel wat •n terugkeer na die sosiale ontplooiing aan die Dosgrens.voor die aanvang van die Trek beteken het, Na analogie van die polisiediens daar sou die in Natal oak voortaan in dorps- en plattelandse polisie ontwikkel wat, tot met die ondergang van die Z .A .R,, •n opvallende ongelyk-soortige ontwikkelingsgang sou volg.

1.3.l Die plattelandse polisie.

Een van die oorsake van die Groot Trek was die onvermoe of·onwilligheid van die Kaapse bewindvoerders om

I

•n doeltreffende beleid vir die beskerming van die Oosgrens-koloniste te formuleer. •n Oogmerk van die Trek was dan oak om van die bantoebeleid eerder as die bantoegevaar op die Oosgrens weg te trek. Inderdaad was die Bantoegevaar in Natal grater as op die Dosgrens en was die Blankes in Natal nag meer op eie kragte aangewys. Tog het die betrekkinge

(39)

tussen Blank en Swart in Natal vir beide •n grater mate van versekerdheid in die hand gewerk.

Dit was •n fundamentele beskouing van die Voortrekker dat goeie betrekkinge met die Bantoe nie gegrond kon word· op filantropies-liberale Europese beskouinge nie maar sy beslag moes he in fisiese en morele distansi~ring. Daarbuite was die behoud van die Witman se beskawing, om onder die omstandighede van die.Trek nie te praat van sy lewe en eiendom nie, nie denkbaar nie. Lank voordat hulle hul in Natal gevestig het, was die Bantoebeleid wat hulle sou volg iets waaroor daar onder die Trekkers onuitgesproke eenstemmigheid geheers het. Vir die ui tvoering van so •n beleid sou on polisiediens met wye magte en, waar nodig, hardhandige metodes, nodig wees.

Na gelang omstandighede dit vereis het, het die Volksraad aan die veldkornette en kommandante bepaalde instruksies ten opsigte van hulle polisiefunksies teenoor die Bantoes uitgereik. Dit het geskied op aanbeveling van landdroste of die kommandant-generaal ender wie se_~oesig die Bantoes bepaaldelik getel het.45)

In soverre dit dus beleid, basiese wette en uitvoering betref, het die vestigingsfase van die Trekkers in Natal

45) Malan, J.: Die werksaamhede van die amptenare belas met die administrasie van die Naturellesake in die Zuid-Afrikaansche Republiek tot 18??.(ongep. M.A., U.P., 1958), p. 23; Van Heerden: a.w. p. 66.

(40)

in vergelyking met die onmiddellik voorafgaande tydperk, geen nuwigh_ede ten opsigte van die bantoebeleid opgelewer nie. Die wese van die Bantoevraagstuk was egter geensins dieselfde nie. Voor 1838 was die Zoeloe die heerser en die Blanke die indringer. Die grondafstandsakte en die

beeindiging van die Dingaanskril< he:. van sentraal-Natal blanke gebied gemaak en hier was die Bantoe voortaan die indringer. Aggressiewe optrede.van die kant van die Blanke is vervang

""'

deur oorwegings van beskerking wat daarin vergestalt is dat die krygsman vervang is deur die konstabel.

Indringing van die Bantoe in blanks gebied het spoedig so •n bedreiging ingehou dat beskerming daarteen die spil geword het waarom die polisiediens op die platteland sowel as die dorpe sou wentel. Na 1838 het die Bantoe

die Blanke gesien as of •n beskermheer en werkgewer, 6f. as •n numeries swak verspreide en gevolglik maklik beroofbare prooi. Die drie-dubbele taak van die plattelandse polisie-diens wat ~ieruit gespruit het, was die van beheer, beskerming en vergelding. Laasgenoemde taak sou die polisiediens se operasionele gebied tot buite die grondgebied van die Republiek uitbrei.

Die probleem_van beheer het voortgevloei uit die

gro~tskaalse indringing en willekeurige nedersetting. van

Bantoes uit 'alle oorde in Blanke gebied. Dit was onmoontlik en, weens die behoefte aan plaasarbeid, onwenslik om die instroming summier te verhoed. Die Volksraad het, sander om •n bantoebeleid bepaaldelik te formuleer, . ham daarop toegespits om behoorlike kontrole te behou oar die bewegings, versprei-ding en diensbaarstelling van diegene onder sy jurisdiksie.

(41)

Die Trekkers het uit die Kaapkolonie dure ondervinding met huile saamgebring van die euwels wat met leegleery onder die ·Nie-blankes gepaard gegaan het,46)

Voor die beeindiging van die Dingaan-gevaar het die ,.makke kaffers" in die onmiddellike opgewing van die Voor-trekkers min las gegee. Behalwe vir •n aangebore geneigdheid tot diewery het hulle gedrag •n bepaalde mate van verkleefd- . heid aan hulle ,.huurhere" vertoon,47) Die snelle instroming het egter spoedig misdaad1 veral veediewery, laat toeneem.

Hieruit het die tweede probleem,. die van beskerming, gevloei.

Na gelang die aard en omvang·van die probleem duideliker geword het, het ook die bepaling van •n beleid daarteen •n meer bepaalde omlyning begin vertoon. In sy finale vorm het dit bepaal dat Bantoes hulle of op •n kwotabasis op boereplase moes

46}

47)

Vir die Voortrekker bantoebeleid in Natal sien o.m. Du Plessis, A.J.: Die Republiek Natalia (Ajb,, 1942, I, Kaapstad, 1942); Van Zyl, M.C.: Luitenant-Gorwerneur· Martin West en die Natalse Voortrekkers .(Ajb,, 1955, II, Parow, 1956); Huyser, J.D.: Die naturelle politi~k in Suid-Afrikaanse Republiek (ongep. D.Litt~ U.P., 1936}; Prell er: Pi et Retief; Thom: a, w, ; · Brookes, E.H.: The. history of Native policy in South Africa from 1830 to the present day (Pretoria, 1927); Van Biljon, P,: Grensbakens tussen Blank en Swart in Suid-Afrika

(Kaapstad, 1947).

Volksrd, aan goew. van Kaapkol., Nov. 1838. (S.A..Args., Natal I, bylae 5/38, p. 266).

(42)

vestig, of hulsel f tot · 1akasies deur die Volk.sraad · aangewys · moes bep~~k. · Eer~[enoemdes was verplig om jaarlikse

diens-knntrakte aan te gaan en paste te dra terwyl hulle bewegings beperk was tot •n voorgeskrewe afstand van hulle here s·e wonings.48) Maar die omvang van die probleem het steeds toegeneem en selfs in Port Natal is weldra gekla oar die toename van diefstalle.49)

Dit het alles gelei tot •n verskerping van. die alterna-t.iewe oplossing, naamlik om ongeemplojeerde Bantoes ·na

lokasies buite blanke gebiede saam te trek,50) Indien die· · houfmanne hulle hierteen sou verset, kon die

Kommandant-generaal •n kommando oproep om gehoorsaamheid af te dwing. Oar hierdie Bantoes· sou voortaan •n ,,opper Capitein of resident bevelhebber" aangestel word. om toe te sien dat die landswette

51)

gehoorsaam word. . Die hele lokasiebeleid was trouens •n paging tot polisiebeheer oar die steeds toenemende getalle. Bantoes wat, soos die Volksraad besef het, na die.blanks

46) Ldr. Pieterrnaritzburg aan Volksrd-., 28/2/40 (Ibid.: bylae 13/40, p. 340; VAN, 5/3/40, art. 10 (Ibid.: p, 34); Ibid. : 5/ 8/ 40, art. 4 (Ibid. : p, 48) ;-Ibid •. : 7/8/40, art. 12 (;-Ibid.: p, 51); Du Plessis, A.J.:. a.w., p. 154-.

49}

5G)

51)

VAN, 2/8/41, art. 3 (s.A. Args., Natal·I,<Wlil• 106). Lauts Versameling 4: nr. 146?, ldr. Pietermaritzburg aan Volksrd,, 28/2/40; VRN, 2/B/41, art, 3 (S.A. Args.1 Natal I, p. 107}; Sekr. van Volksrd. aan komt,-gen:l. · 12/8/41 (Vrtr. Args., p. '131).

(43)

gebied ingestroom het .ter wills van veiligheid. 52}

Dor die uitwerking van die beleid op die voorkoming van misdaad swyg die.bronne'. Dor die inhoud en fermheid van die beleid kan·daar egter geen twyfel·bestaan het nie 53 ) en dit ten spyte van •n gebrek aan amptenare en weerspannig-heid van die kant van die Bantoehoofmanne om aan die beleid uitvoering te gee.54) By gebrek aan behoorlike misdaad-statistieke kan nogtans aanvaar word dat die nugterheid van die Bantoebeleid oak die geslaagdheid van die polisiediens in die verband sou verseker het. •n Veelseggende oordeel oar die·Voortrekkers se Bantoebeleid was die van die Natalse Naturelle-kommissi 1 . .,at in 1853 aan die Natalse regering

verslag daaroor gedoen het:

,,Cruelty or oppression towards the Kaffir was not sanctioned by the Volksraad •••••• the Kaffirs distinctly understood their·true position; in the presence of that government they were peacable, submissive and willing to be instructed,

Both the civilized and the barbarous races were here great gainers". 55)

Die laaste taak van die plattelandse. polisie was om aan die grootskaalse en georganiseerde aanslae op Blankes se veetroppe cteur Bantoes van buite die Republiek se grense die hoof te bied. Die omvang van die rnisdaad, die groat getalle

52} Ibid.:2/8/41, art. 3. (Ibid.: p. 1D6). 53) Sien oak Van Zyl: a.w.t P• 128.

54) VRN, 5/8/4D, art. 4 (8.A. Args., Natal, I, P• 48) 55) Report of the Native Commission, 1852 - 1853

(1.!J

(44)

van die rowers en die lang afstande wat die buit oar die grense heen en die bergs in gevoer was het noodwendig. georganiseerde en getalsterke polisieoptrede uitgelok.· Die kommando, eerder as die eenman-patrollie, was die antwoord; agterhaling en straf eerder as voorkoming die metode.

Die probleem van strooptogte was-, eienaardig genoeg, die geringste vanuit die noorde of Zoeloe kant. Hierdie feit was moontlik toe ts skryf aan die invloed .van Pqnda, •n getroue ·bondgenoot van die Republiek en ooggetuie van. wat die vuurwapen van veronregte Blankes kon vermag.

Na die ooste en veral die suide was die probleem ernstiger.

Boesmans, wat voor die koms van die Blankes vir die Zoeloeskrikbewind in die bergs gaan skuil het, het nou met roof- en plundertogte van toenemende brutaliteit voor die dag gekom. Roof was vir die Boesman •n tradisionele bestaanswyse en die metodes waarmee hy ts werk gegaan het dienooreenkomstig verfynd. Anders as die Xhosa-strooptogte, waareian die Trekkers op die Oosgrens gewoori was en waarteen die kommani:iost:e1sel tot •n do8ltreffende afweermiddel

ontwikkel het, het ·die Boesmans nie hulls opwagting op die voorpo.ste van· Natal gemaak in die vorm ·van geadverteerde staminvalle of •n spoor van min of meer doellose vernieling agtergelaat nie, Die Boesman het ts werk gegaan met al die planmatigheid en ligvoetigheid van die beroepsrower waardeur die .doeltreffendheid van die kommandostelsel tot die uiterste beproef sou word.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Die spreker wat die toespraak hou, maak van gesigsimbole ( gebare en mimiek) en gehoorsimbole ( spreektaal) gebruik. Oor die vereiste vir goeie spraakgebruik het ons

De heer Rhodes se: &#34;dat hij, v6ordat hii de zaak wilde zien uitmaken, eerst verlangt te weten dat de &#34;fatsoenlike&#34; Hollands- sprekende bevolking voor de zaak was,

1) Die kleuterskool in Suid-Afrika verkeer in n eksperi- mentele stadium, die terrein is nog nie helder om- lyn en beskryf nie; daarom behoort eerste

het hulle gewys op die groot aantal Asiate wat nog altyd ingekom het en hulle het kommer uitgespreek oor die deurmekaar woon en die moeilike

Wanneer Petrus homself aan die lesers bekendstel as slaaf van Jesus Christus, bring hy daarmee 'n besondere aspek van sy verhouding tot Jesus Christus na vore:

Dit blyk dus dat die apostel wil veroorsaak dat die lesers die dinge wat hy in die opsomming van sy leer uiteengesit het, weer uit die geheue oproep en opnuut

Di t blyk reeds u:.i... groepe uit Bantoe- en Blanke mens tussen die ouderdomme negen- tien- tot vyf-en-dertig jaar sal best9.an. dat die tipe arbeid wat n persoon

In die onderstaande tabel word leierskap op skool aangetoon asook die aantal leiersposisies wat die studente beklee het en hierteenoor hulle akademiese prestasies