• No results found

Klipmure vertel verhale

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Klipmure vertel verhale"

Copied!
3
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Argeologiese Navorsing op

Doornpoort 19, Winburg

KLIPMURE VERTEL VERHALE

J .J .B . Dreyer

Bouvalle het nog altyd die belangstelling van mense geprikkel. Die oorsprong daarvan word soms in 'n mistieke vaagheid gehul. Die klipkraalruines van die Vrystaat het ook nie agterwee gebly nie en verhale van pigmiee wat die kliphuisies bewoon het word onder andere vertel. Nuuskierigheid omtrent die hutte en die bewoners het noodwendig tot meer intensiewe ondersoeke gelei.

In 'n vorige aflewering is kortliks verslag oor opgrawings op Doornpoort by Winburg gedoen. Die navorsing het geleer dat die bewoners van hierdie terrein hul self ordelik in wooneenhede gevestig het. Elke eenheid het bestaan uit veekrale, kleiner klipstrukture en hutte. Oor die hutte, wat op 'n besondere wyse gebou was, is daar- reeds vroeer meer breedvoerig berig. Veekrale:

Vee het onder tradisroneleomstandighede 'n baie belangrike rol in die lewe van die swartman gespeel. Dit was sy rykdom en status, bron van voedsel, middele om huwelike te sluit, offerdiere

en vele meer. ■ Die besondere^uitleg van die

wooneenhedeHdui; dus op 'n moontlike verband tussen die waarde van veeen die byna beskermde plasing van die veekrale. Dit onderstreep ook die toewyding en sorg- waarmee vee opgepas en beskerm is. Die uitleg!van die wooneenhede is van so 'n aard dat die vee waarskynlik langs 'n bepaalde roete die stat binnegebring is om te verhoed dat die woon- en leefareas binnegedring en gebruiksartikels vertrap word. In enkele gevalle is die kraalmure teen mekaar gebou of deur verbindingsmure aanmekaar geskakel - 'n verdere maatreel w at waarskynlik bedoel is om die beweging van die vee te beheeren om te sorg dat mens en dier in harmonie saamwoon. Klipmure is volgens 'n bepaalde tegniek gebou. Die twee buitekante van die mure is eers gepak van die beskikbare onbewerkte materiaal uit die

omgewing, w aarna die opening tussenin algaande met kleiner, los klippe opgevul is. Fondamente het bestaan uit groter klippe w at bloot op die grond geplaas is. Die krale is rofweg rond of ovaalvormig. Reghoekige strukture was aan hierdie mense onbekend. Die kraalhek is smal met 'n duidelike drumpelklip op die grond. Die punte van die mure is nie uitsonderlik afgerond nie en eindig soms taamlik ru.

Groottes van die krale wissel tussen 5,0 tot byna 36 m. Die aantal veekrale per wooneenheid wissel van een tot drie of selfs meer. Dit is duidelik dat sommige krale te klein is vir die hantering van grootvee en dit lyk dus logies dat dit gebruik was vir kleinvee of kalwers. Of daar wel skape of bokke op die terrein teenwoordig was, sal na 'n ontleding en identifikasie van die beenreste uit die opgrawings duidelik wees. Afgesien van die voor-die-hand-liggendegebruik om vee te beskerm en te beheer, het die krale ook nog ander gebruike gehad. Uit die aard van die sentrale ligging binne die wooneenheid, was dit die bymekaarkomplek van die mans (kgotla),

w aar sake bespreek, regspraak gelewer,

se re m o n ies a fg e h a n d e l en offerandes

plaasgevind het. Die kraal het ook as

begraafplaas gedien aangesien dit die gebruik by die Sotho was om manspersone onder die kraalmuur te begrawe. Daar is egter geen grafte van volwassenes op Doornpoort gevind nie. In die dele waar geskikte natuurlike plantegroei ontbreek, het beesmis sekerlik 'n belangrike bron van vuurmaakgoed voorsien. By sommige van die krale is die vloeroppervlakte binne die kraal opmerklik laer as die algemene grondvlak buite. Hierdie verskynsel is ook deur ander navorsers waargeneem en gee aanleiding tot die vraag of dit doelbewus so gemaak is om die vee binne te hou en of dit die resultaat is van voortdurende verwydering van die kraalmis vir brandstof.

(2)

'n Voorbeeld van die klipbouw erk van een van die veekrale w at baie good b ew aa r g eblyhet.

H ie r kan duidelik gesien w o rd dat die m u u r u it drie dele bestaan. D ie g ro ter klippe aa n die b uitekan t m e t die o pvulling van kleiner klippe in die middel.

Oorblyfsels van een van die kleiner klipstrukture m et die gesm eerde kleivloer duidelik sigbaar.

(3)

° V

J

% \

®

BA S I S V A N MUUR K LI P MU U R & A S H O O P (h) h u t I N G A N G 3 £ K L I PS I R K E L # K L I P S T A P E L

'n Plantekening van een van die w ooneenhede. Die veekrale en kleiner klipstrukture w ord aangetoon. Die pyle toon die ingange vir die vee aan. W o o n h u tte w a s w aarskyn lik rondom die krale gelee.

Veekrale soos op Doornpoort 19, is duidelik 'n belangrike deel van die nalatenskap van die bewoners van die terrein. Dit het dus in hul algemene alledaagse lewensgang sowel as in uitsonderlike bedrywighede 'n vername rol gespeel.

Kleiner klipstrukture:

Kleiner klipstrukture is gewoonlikeffens buite die kring van veekrale gebou, maartog nog nabyof in

assosiasie met laasgenoemde. Hoe we I die

kleiner strukture w at grootte betref, verskil volgens deursnee (dit wissel tussen 1,50 m tot ongeveer 4,0 m) van die groter krale, is dit van dieselfde materiaal op basies dieselfde wyse gebou. In die meeste gevalle is daar 'n groter aantal kleiner strukture, gewoonlik rond of ovaalvormig. Vermoedelik het dit ook gedien as slaapplek vir kleinvee of kalwers.

Op Doornpoort is daar egter tydens die opgrawings in sommige van hierdie strukture

duidelike oorblyfsels van gesmeerde kleivloere gevind. Dit beteken dat hierdie woonhutte kon gewees het wat moontlikvan 'ngrasdak voorsien was. Bevestiging vir so 'n bewering is moeilik, aangesien daar niksvandiedakbewaargebly het nie. Ander navorsers in die Vrystaat noem egter dieselfde moontlikheid van kliphutte met lae mure en gesmeerde kleivloere en grasdakke as woonplek van die veewagters. In gevalle soos hierdie berus die verklaring van 'n bepaalde verskynsel dus bloot op omstandigheidsge- tuienis.

Alhoewel daar nie antwoorde op al die vrae en verklarings vir alle verskynsels deur middel van die opgrawings verkry kan word nie, word baie interessante gegewens tog wel verkry oor die lewenswyse van hierdie bewoners wat nie hulle geskiedenis in skrif nagelaat het nie. Op hierdie manier is dit moontlik om aan hulle ook 'n plek in

die verlede te gee. fjjjjj]

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Die voorsetsel voor het sy verskillende bctekenisse bewaar ( vgl. Die woord oes is algemeien gebruiklik, die vorm oogs het liguurlike bet,ekenis, bv.. belse

toekomsplanne van die Mandaatregering met betrekking tot die Duitse skole uiteengesit. Op l April 1920 sou al1e Duitse skole en koshuise deur die Regering

First finding of the parasitic fungus Hesperomyces virescens (Laboulbeniales) on native and invasive ladybirds (Coleoptera, Coccinellidae) in South Africa.. Danny Haelewaters 1,*

De rustige, groepsgewijze vrijlating van otters in één gebied leek een aantal voordelen te hebben, hoewel geen vergelijking mogelijk is met andere methoden: a de otters kennen

FIGDUR 6.25 DKHDROGR!H VAH BKTKKKNISVOLLE VERDKLERS TEH OPSIGTK YAH DIE BKLAMGRIKHEID YAK DIE BEHOEFTK AAH SK&URITKIT {bv. sekuriteit oor per1anente pos). 25

In a second step, HKV added potential flood areas behind dikes into this Model Maxau – Andernach (1) using information from the federal states of Baden-Württemberg (LUBW, 2011,

Eer deur persone van die teenoorgestelde geslag aan my bewys.. Besondere belangstelling van iemand van die teenoorgestelde ges1ag in

Die vyf vlakke soos Elliott (1995:70-71) daarna verwys, is novice, advanced beginner, competency, proficiency en expert. Hy beskryf die ontwikkeling op hierdie vlakke slegs