• No results found

Verwydering van die rookskerm en die turquand-reël in die Suid-Afrikaanse trustreg

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Verwydering van die rookskerm en die turquand-reël in die Suid-Afrikaanse trustreg"

Copied!
52
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

VERWYDERING VAN DIE ROOKSKERM EN DIE

TURQUAND-REEL IN DIE SUID-AFRIKAANSE

TRUSTREG

Skripsie voorgele ter gedeeltelike voldoening

aan die vereistes van die Magister Legum in

Boedelreg by die Noordwes-Universiteit

(Potchefstroomkampus)

deur

Natassja Matthews

12868035

Vakke geslaag:

LLM 874

LLM 875

LLM 876

LLM 877

LLM 878

Studieleier: Prof AL Stander

2007

(2)

The removal of the smoke-screen and the application of the turquand-ru\e in the law of trusts

Summary

The purpose of this mini-dissertation is to investigate the possibility of applying the turquand-ru\e as well as lifting the corporate veil in the law of trusts. Usually the turquand-ru\e is only applicable in the Company law. This theory, however was threatened after the decision in Man Truck & Bus (SA) Ltd v Victor en Andere 2001 2 SA 562 (NK) and those cases that followed it. In this case the court ruled that the turquand-ru\e can also be applled in the law of trust. II based its decision on the principles of reasonableness and fairness.

Critics have not been shy to give their opinion about the ruling, It is generally felt that the turquand-ru\e as well as the lifttng the corporate veii can not be applled in the South African law of trust because of two main issues, namely the fact that juristic personality does not vest in trusts and the fact that trustees must act together at all times.

The validity of this critique will be placed under the microscope and all aspects concerning this issue will be separately dealt with. One of these aspects is the abuse of the trust that is taking place in South Africa. Trusts are used to manipulate family members, evade creditors and to obtain other advantages, like tax benefits. This is a concern to both academics and the man on the street. Some kind of remedy is thus needed to solve this dilemma. In my opinion it can be validly found in applying the turquand-ru\e and the llfting of the corporate veii also in the law of trusts.

(3)

INHOUDSOPGAWE

1 Inleiding en probleemstelling 1

2 Regspersoonlikheid 2

2.1 Inleiding 2 2.2 Die maatskappy as regspersoon 2

2.2.1 Verkryging van regspersoonlikheid 3

2.2.2 Teoriee oor die regspersoon 5 2.2.3 Gevolge van die maatskappy as afsonderlike entiteit 5

2.2.4 Samevattend. 7

2.3 Die trust 7

2.3.1 Anomaliee in die trustreg 8 2.3.1.1 Registrasie-aangeleenthede 8 2.3.1.2 Insolvensie-aangeleenthede 9 2.3.1.3 Belasting-aangeleenthede 9 2.3.1.4 Die trust as begunstigde 10

2.4 Gevolgtrekking 10

3 Die regsposisie van direkteure en trustees 11

3.1 Die direkteure van 'n maatskappy 11

3.1.1 Regsverhouding: Direkteur teenoor die maatskappy

ensylede, 12 3.1.2 Regte en verpligtinge van direkteure. 13

3.1.2.1 Vertrouenspligte 13 3.1.2.2 Plig tot sorg en vaardigheid 17

3.2 Trustees van 'n trust 18

3.2.1 Regsverhouding: Trustees teenoor die ander trustees,

trustbegunstigdes en trust 18 3.2.2 Die regte en verpligtinge van trustees. 19

3.2.2.1 Vertrouenspligte 20 3.2.2.2 Plig tot sorg en vaardigheid van trustees 21

(4)

4 Die turquand-ree\ 26 4.1 Die turquand-reel buite die maatskappyereg 28

4.2 Die turquand-reel in die trustreg 29

4.3 Gevolgtrekking 32

5 Verwydering van die rookskerm 34 5.1 Die filosofie agter die verwydering van die rookskerm. 34

5.2 Die verwydering van die rookskerm en relevante wetgewing 35 5.3 Die aanwending van die leerstuk van die verwydering van die

rookskerm 36

6 Gevolgtrekking 38

Bibliografie .42 Lys van afkortings 48

(5)

VERWYDERING VAN DIE ROOKSKERM EN DIE TURQUAND-REEL IN DIE SUID-AFRIKAANSE TRUSTREG

1 Inleiding en probleemstelling

The relationship between law and ethics compel South African lawyers and judges, all be it occasionally, to connect the dots between law and business ethics... South African courts are not completely detached from the demands of business ethics and the fingerprints of business ethics are detectable in some South African judgements in the sphere of business law1

Onlangs is obiter beslis dat die turquand-ree\ ook in die trustreg toegepas kan word.2

Tradisioneel is die toepassingsveld van hierdie reels by regspersone en in besonder by maatskappye. Dit is egter algemene kennis dat 'n trust nie oor regspersoonlikheid beskik nie.3 Op die oog af lei die beslissing, hoewel obiter, dus tot 'n teenstrydigheid

en word dit ook deur sekere skrywers gekritiseer. Die bestaan van hierdie reels in die Maatskappyereg is gegrond op billikheid en redelikheid en word algemeen aanvaar. Dit is so omdat die direkteure van 'n maatskappy in 'n vertrouensverhouding teenoor die werknemers en derdes staan. Daar bestaan dieselfde verhouding tussen die trustees van 'n trust en die begunstigdes. Dit noop die vraag of hierdie verhouding nie ook tussen die trustees en derdes, soos die skuldeisers van 'n besigheidstrust, bestaan nie? Indien dit wel die geval is, sal dit die aanwending van die bo-vermelde reels in die trustreg meer aanvaarbaar maak. Die rede vir hierdie stelling is die praktyk deesdae om die familiebesigheid sonder enige verandering in die omstandighede in die vorm van 'n besigheidstrust te bedryf, tot nadeel van die skuldeisers.

Hierdie familiebesigheid word op so 'n wyse bestuur dat die reels van die trustreg geignoreer word om so die eise van skuldeisers, gades en ander belanghebbendes te vermy. In der waarheid word die trust gevolglik bestuur asof die bates in die trust die bates van die trustee persoonlik is. Om hierdie rookskerm van ongeregtig te verwyder is dit myns insiens nodig om die turquand-ree\ ook in die trustreg aan te wend.

Du Toit F "Curbing the abuse of the Business Trust: A South African Perspective on Business Law and Ethics" 2006 EABR & ETLC 1-9.

Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker and Others 2005 2 SA 77 (HHA). Commissioner for Inland Revenue v Friedman and Others NNO 1993 1 SA 353 (A).

(6)

Vir hierdie doeleindes sal 'n uiteensetting van die maatskappy as regspersoon, teenoor die trust wat nie oor regspersoonlikheid beskik nie, gegee word. Die regsposisie van die direkteure van 'n maatskappy teenoor die trustees van 'n trust sal dan bestudeer word met die doel om die pligte, verantwoordelikheid en verwantskap tussen die twee ampte vas te stel. Daarna volg 'n kritiese bespreking oor die werking van die turquand-ree\ en die leerstuk van "piercing the corporate veil".4 Met hierdie

onderskeie konsepte onder die vergrootglas, sal gepoog word om die vraag of die verwydering van die rookskerm en die turquand-ree\ buite die normale konteks van die maatskappyereg ook in die trustreg van toepassing gemaak kan word, beantwoord word.

2 Regspersoonlikheid

2.1 Inleiding

Van die vernaamste kritiek teen die aanwending van die turquand-ree\ in die trustreg is dat die trust nie oor regspersoonlikheid beskik nie.5 Is dit genoegsame rede om nie

die reel ook in die trustreg van toepassing te maak nie? Wat presies behels regspersoonlikheid en watter effek het dit sodat die turquand-ree\ van toepassing is? Om hierdie vraag te beantwoord is dit nodig dat 'n ondersoek na hierdie regsfiguur gedoen word en met die trust, wat oor sekere aspekte regspersoonlikheid beskik en oor ander nie, vergelyk word.

2.2 Die maatskappy as regspersoon

Williams6 beskryf die regspersoon soos volg:

By 'n gebrek aan 'n akkurate en erkende afrikaanse begrip sal dit in hierdie navorsing met verwysing na die verwydering van die rookskerm vertaal word.

Sien in hierdie verband Du Toit F "Die aanwending van die turquand-reel in die Suid-Afrikaanse trustreg" 2004 TSAR 149-161 vir 'n samevatting oor die kritiek van die aanwending van die turquand-reel in die Suid-Afrikaanse trustreg. 'n Bespreking hieroor in meer besonderhede volg later.

(7)

The expression 'legal person' (Latin: persona) means an entity capable of having legal rights and incurring legal obligations. Legal personality is 'not a phenomenon but a creature of law'. In other words, the law determines what beings or objects are accorded legal personality.7

Die regspersoon kom dus ten opsigte van baie aspekte met die natuurlike persoon ooreen.8 Daar bestaan sekere uitsonderings. 'n Regspersoon kan byvoorbeeld nie in

die huwelik tree nie. Dit kan nie as voog vir 'n minderjarige aangestel word nie. 'n Regspersoon kan nie grond okkupeer nie of iewers teenwoordig wees nie.9 Alle

menslike eienskappe is uitgesluit. Dit kan dus nie regshandelinge self verrig nie, maar moet handel deur sy organe en verteenwoordigers.10

2.2.1 Verkryging van regspersoonlikheid

Daar is slegs 'n beperkte aantal wyses waardeur 'n entiteit regspersoonlikheid kan bekom. Met die onderwerp van hierdie navorsing in gedagte, word slegs op instansies van die privaatreg gekonsentreer. Dit is onder meer deur afsonderlike wetgewing,11 deur algemene magtigende wet12 en deur gedrag.

'n Vereniging van persone kan regspersoonlikheid verkry deur dit as 'n regspersoon te gedra.13 In die geval moet die vereniging voldoen aan sekere vereistes wat in die

Pienaar Gemeenregtelike Regspersoon 4 beskou dit as 'n groep mense wat met uitsluiting van individuele aanspreeklikheid as entiteit met langdurige voortbestaan en afsonderlike regte en verpligtinge aan die regsverkeer deelneem. Cilliers ea Koperatiewereg 5 verklaar dat as regspersoon die maatskappy in eie naam regte verkry en verpligtinge kan oploop. Dit kan bv bates verkry, werknemers in diens neem, 'n party tot 'n kontrak wees, 'n eis instel en in die hof gedagvaar word. Sien ook Webb & Co Ltd v Northern Rifles 1908 TS 462 464-465.

Pienaar Gemeenregtelike Regspersoon 9 voer aan dat beide die draer van subjektiewe regte en verpligtinge is. Indien van natuurlike en regspersone gepraat word, word die woord regsubjektiwiteit gebruik. Die woord regspersoonlikheid word slegs ten opsigte van regspersone gebruik.

Williams Corporate and Partnership Law 74.

Cilliers ea Koperatiewereg 6. Die aspek rondom die verteenwoordigers van 'n maatskappy sal meer volledig in die hoofstuk oor die regsposisie van direkteure en trustees bespreek word. Regspersoonlikheid word verkry deur middel van die betrokke instansie se eie afsonderlike wet. 'n Voorbeeld hiervan is Eskom wat deur die Eskomwet 40 van 1987 opgerig is. Sien ook Cilliers ea Koperatiewereg 6.

Hier word regspersoonlikheid verkry deur middel van 'n algemeen magtigende wet soos die Maatskappywet 61 van 1973 en die Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984. Die meerderheid van regspersone verkry op hierdie indirekte wyse regspersoonlikheid. Sien ook Benade ea Ondernemingsreg 58.

Hierdie gemeenregtelike regspersoon word deur Pienaar beskryf as " 'n reele, konkreet-organiese persoonverband, wat sy regsubjektiwiteit (regspersoonlikheid) aan die hand van regsbeginsels en ooreenkomstig die samelewingsordende funksies aan die positiewe reg ontleen. Uit hoofde hiervan neem dit as entiteit en regsubjek aan die regsverkeer deel deur op

(8)

Maatskappywet gestel word.74 Cilliers15 gebruik artikels 30 en 31 van die

Maatskappywet as voorbeeld. Artikel 30 bepaal dat 'n maatskappy, vennootskap of vereniging wat sake doen wat die maak van wins vir homself of vir sy lede ten doel het en wat uit meer as twintig persone bestaan, geregistreer moet word. Verder bepaal artikel 31 van die Wet dat 'n vereniging slegs 'n regspersoon is, as dit opgerig word met die oogmerk om wins te maak terwyl dit ingevolge die Maatskappywet of ander wet opgerig is.16 Derhalwe, indien 'n vereniging as 'n regspersoon wil

funksioneer moet dit ingevolge 'n wet opgerig word, met die oog om wins te maak.

Om onsekerheid uit die weg te ruim behoort dit uit die inhoud van die konstitusie van die entiteit duidelik te wees dat die entiteit as 'n regspersoon handel. Dit kan byvoorbeeld stel dat die bates die eiendom van die entiteit is, dat die entiteit self aanspreeklik is vir die besigheid se skulde en dat dit in eie naam regsgedinge aangaan.17

Volgens Pienaar18 moet daar aan die volgende vereistes voldoen word om as 'n

gemeenregtelike regspersoon (gedrag) te kwalifiseer:

(a) Daar moet 'n entiteit bestaan wat die draer is van regte en verpligtinge (afsonderlik van die individue);

(b) Die entiteit moet 'n bepaalde interne gesagstruktuur vertoon en dienooreenkomstig voortbestaan ongeag die wisseling van die individue van die entiteit en;19

(c) Die entiteit moet oor 'n voorafbepaalde hoofdoel beskik.

Cilliers en Pienaar het verskillende uitgangspunte oor die vereistes om te kwalifiseer as 'n regspersoon deur gedrag. Cilliers is van mening dat die entiteit as 'n regspersoon opgerig moet word ingevolge wetgewing met die doel om wins te maak.

'n eiesoortige wyse draer te wees van kompetensies afsonderlik van die kompetensies van die lede of organe waaruit dit saamgestel is" (Pienaar Regsubjektiwiteit 91).

14 Maatskappywet 61 van 1973 (hierna "die Maatskappywet'). 15 Cilliers ea Koperatiewereg 7.

16 Verenigings wat nie gewin nastreef nie sal dus nie deur artikels 30 en 31 van die

Maatskappywet, indien hul ledetal meer as twintig persone is geaffekteer word nie (Cilliers ea Koperatiewereg 7).

17 Cilliers ea Koperatiewereg 7; Webb & Co Ltd v Northern Rifles 1908 TS 462 464; Morrison v

Standard Buiding Society\932 AD 229 238.

18 Pienaar Regsubjektiwiteit 70.

(9)

Pienaar het 'n meer buigsame siening oor die onderwerp. Hy voer aan dat dit uit die struktuur en bestuur van die entiteit duidelik moet wees dat dit die doel van die entiteit is om as 'n regspersoon op te tree.

2.2.2 Teoriee oor die regspersoon

Alhoewel nie krities noodsaaklik vir die huidige navorsing nie, word volledigheidshalwe verwys dat daar volgens Pienaar20 ongeveer 16 verskillende

teoriee oor die regspersoon bestaan. Skrywers, ingesluit Pienaar, is van mening dat nie een van die teorieei die regspersoon en in die besonder die maatskappy, in alle opsigte bevredigend verklaar nie.21 Die juridiese realiteitsteorie is die teorie wat

volgens akademici die mees aanvaarbare verduideliking gee, alhoewel dit nie sonder kritiek is nie. Volgens die teorie word die regspersoon gelyk gestel aan die mens.22

2.2.3 Gevolge van die maatskappy as afsonderlike entiteit

Die betekenis en effek van regspersoonlikheid het al dikwels in die verlede in regspraak onder die loep gekom. Die grondbeginsel, dat die maatskappy die selfstandige draer van regte en verpligtinge is, is in Salomon v Salomon & Co Ltd neergele.23 Lord Halsbury het bevind dat op die oomblik dat 'n maatskappy

gemkorporeer word, dit soos enige ander onafhanklike persoon behandel moet word met sy regte en verpligtinge as sy eie.24 Hy het verder gemeld dat die bedoeling van

die partye wat in die maatskappy deelneem, irrelevant is. Daarom, al is al die aandele deur die gesin van Salomon besit, met die oorgrote meerderheid deur

Pienaar Gemeenregtelike Regspersoon 52.

Pienaar Gemeenregtelike Regspersoon 52; Cilliers ea Koperatiewereg 8; Benade ea

Ondernemingsreg 59.

Benade ea Ondernemingsreg 59. Vir kritiek teen die teorie sien Pienaar Gemeenregtelike

Regspersoon 103.

1897 AC 22. Die feite van die saak was die volgende: Salomon was 'n enkelondememer wat 'n welvarende besigheid besit het. In 'n poging om die onderneming te vergroot en voorsiening te maak vir deelname deur familielede, het hy 'n maatskappy opgerig en sy besigheid aan die maatskappy verkoop. Salomon het die koopprys verkry deur middel van aandele. Die enigste ander aandeelhouers in die maatskappy was sy vrou en vyf van sy ses kinders (elke kind het slegs een aandeel gehou). Kort na die maatskappy opgerig is, is die besigheid ernstig deur stakings en 'n afswaai in die mark vir sy produkte benadeel. Dit het tot die likwidasie van die maatskappy gelei. Die skuldeisers het aangevoer dat Salomon en die maatskappy een en dieselfde persoon is. Daarom is Salomon persoonlik aanspreeklik.

(10)

Salomon self, het dit nie 'n effek op die regspersoonlikheid van die maatskappy gehad nie. Die skulde bly die maatskappy se skulde.

In Dadoo Ltd v Krugersdorp Municipal Council25 het die hof beslis dat die eiendom in

die maatskappy vestig. Dit kan nie in enige of al die lede saam gevestig wees nie. Soos wat die eiendom van die besigheid in die maatskappy gevestig is, word die skulde wat die maatskappy opdoen ook nie persoonlik deur die direkteure en lede van die maatskappy gedra nie. Dieselfde beginsels geld ook ten opsigte van deliktuele aanspreeklikheid. Die maatskappy moet in eie naam dagvaar en gedagvaarword.26

In die saak van Mostert v Old Mutual27 moes die hof beslis of 'n entiteit wat met

pensioenfondse handel dryf as "regspersoon deur gedrag kwalifiseer". In die saak het die hof die onderskeid tussen garansiefondse en privaat geadministreerde fondse ontleed. Daar is bevind dat privaat geadministreerde fondse met betrekking tot die oudit van sy finansiele state aan 'n regulerende proses ingevolge die Wet op Pensioenfondse22 onderhewig is. Daarteenoor is garansiefondse vrygestel van

hierdie proses.29 Die hof het verder gemeld dat die regstatus, regte en verpligtinge

van die lede van die pensioenfonds gereguleer word deur die reels van die fonds. Hierdie vereiste is onderhewig daaraan dat die geld van die fonds nooit die eiendom van die werkgewer mag word nie.30 Artikel 5(1) van die Wet op Pensioenfondse

onderskei tussen 'n fonds wat uit 'n assosiasie van persone ((5(1 )(a)) bestaan en 'n fonds wat ingevolge 'n skema (5(1 )(b)) bedryf word. In die gegewe geval het die fonds onder artikel 5(1 )(b) geval. Artikel 5(1 )(b) het bepaal dat met registrasie al die bates, regte en verpligtinge van die fonds, geag word die fonds se bates, regte en verpligtinge te wees ongeag die reels of konstitusie van die skema of liggaam wat dit

1920 AD 530. In hierdie saak het twee Indiers 'n maatskappy laat registreer waarvan een, honderd nege en veertig aandele en die ander slegs een aandeel gehou het. Die maatskappy het daarna 'n grondstuk gekoop in 'n gebied waar Indiers kragtens apartheidswetgewing nie toegelaat is om grand te besit nie. Die regsvraag wat ontstaan het, was of die persoonlike verbod op grondbesit die maatskappy, waarvan die Indiers aandeelhouers was, geraak het. Williams Corporate and Partnership Law 81.

Mostert NO v Old Mutual Life Assurance Co (SA) Ltd 2001 4 SA 159 (HHA). 24 van 1956 (hiema "die Wet op Pensioenfondse").

171D-I.

(11)

bedryf. Die hof het beslis dat die fonds afsonderlik van sy lede bestaan, deurdat die fonds die bates en regte en verpligtinge afsonderlik van sy lede besit.31

On a proper interpretation, therefore, s 5(1 )(b) had to be taken to confer legal personallty. The fund was therefore at all material times a legal persona with hcpacity yt ocntract. .t tha the essential attributes of a universitas at common law with concomitant legal personality.32

2.2.4 Samevattend

Uit bogenoemde is dit duidelik dat dit nie net 'n maatskappy is wat regspersoonlikheid kan bekom nie. 'n Entiteit kan regspersoonlikheid bekom deur gedrag deurdat die regte en verpligtinge van die entiteit baie streng en baie duidelik apart van die regte en verpligtinge van die lede persoonlik gehou word. Solank die entiteit 'n interne gesagstruktuur toon en oor 'n hoofdoel beskik waar die entiteit die draer van regte en verpligtinge afsonderlik van sy individue is, kan dit oor regspersoonlikheid beskik. Regspersoonlikheid het tot gevolg dat die entiteit se skulde sy skulde bly; sy regte en verpligtinge sy eie is; eiendomsreg in die entiteit gevestig is; in eie naam dagvaar en gedagvaar moet word en kontrakte in die naam van die entiteit moet aangaan.33

2.3 Die trust*4

In spite of the statement by Stein CJ... that in addition to not being a persona, a ttust ts not a separate legal entity, it is clear that in the developing law of trusts in South Africa, it is recognised that a trust has a legal existence, whether it be called 'an entity', 'an institution' or 'an arrangement'.35

Die presiese regsaard van die trust is 'n omstrede kwessie in die Suid-Afrikaanse reg. Hoewel die Trustwet36 uitdruklik bepaal dat die trust nie oor regspersoonlikheid

beskik nie, vertoon dit in sekere omstandighede baie duidelik regspersoonlikheid. In sekere gevalle word die trust met kenmerkende eienskappe van regspersoonlikheid

178C-J. 179B-C.

Sien paragraaf 2.2.3.

Honore and Cameron Trusts 1 1eskryf did trust ssoo volg: "A trust is s legal alstitution in which a person, the trustee, subject to public supervision, holds or administers property separately from his or her own for the benefit of another person or persons or for the furtherance of a charitable or other purpose."

BOE Bank Ltd v vrustees, Knox Property erust 1999 1 SA 125 (D). Wet op die Beheeroor Trustgoed 57 van 1988 8hierna "die Trustwet").

(12)

hanteer. In Braun v Blann and Botha37 het die hof beslis dat "in its strictly technical

sense the trust is a legal institution sui generis"38 Vanwee die feit dat die trust

hierdie eiesoortige bestaan voer, het dit talle anomaliee tot gevolg. Hierdie anomaliee is vervolgens aan die orde.

2.3.7 Anomaliee in die trustreg

2.3.1.1 Registrasie-aangeleenthede

Die praktyk rakende die registrasie van trustgoed by testamentere trusts is die eerste instansie wat nie ooreenstem met die siening dat 'n trust nie oor regspersoonlikheid beskik nie. Artikel 40 van die Boedelwet39 bepaal dat indien 'n trustee aangestel is om

goed van 'n oorledene te administreer die eksekuteur die administrasie teen die titelbewys van die onroerende goed moet laat aanteken. 'n Endossement ingevolge artikel 40 van die Boedelwet het tot gevolg dat eiendomsreg aan die trustee oorgedra word. Die trustee word dus die eienaar van die trustbates. Die probleem is vervolgens daarin gelee dat dit nie met die bewoording van die endossement ooreenstem nie.40

By die inter vivos trust kan die eiendom of in die naam van die trustee of die trust geregistreer word.41 In die verlede was dit praktyk om die eiendom in die naam van

die trustee in sy hoedanigheid as trustee te registreer. Tans word dit geag dat daar in ons registrasiestelsel nie plek vir "naakte eienaarskap" is nie. Honore42 stem

hiermee saam en voer aan dat eiendom in die naam van die trust geregistreer moet word. Dit blyk dus dat dit die hedendaagse praktyk is om eiendom in die naam van

1984 2 SA 850 (A).

Braun v Blann and Botha 1984 2 SA 850 (A) 859. Olivier is van mening dat die wyse waarop die trust opgerig word geen verskil aan die aard van die trust maak nie. Daarom kan die trust inter vivos ook sy eiesoortige bestaan voer, sonder dat dit met ander regsverskynsels gelyk gestel word (Olivier Trustreg en Praktyk 2-30 - 23-1).

Boedelwet 66 van 1965 (hierna "die Boedelwet"). DeWaal Anomaliee 18.

De Waal Anomalies 19. In Joubert v Van Rensburg 2001 1 SA 753 (W) 770F-G het die hof aangevoer dat waar die trustgoed in die naam van trustees wat van tyd tot tyd as trustee optree, geregistreer word, dit onsekerheid meebring wat in die registrasiestelsel onwenslik is. Honore and Cameron Trusts 280. Olivier stem saam dat trusteiendom in die praktyk in die naam van die trust geregistreer word, maar keur nie hierdie praktyk goed nie.

(13)

die trust te registreer.43 Dit druis in teen die teorie dat die trust nie oor

regspersoonlikheid beskik nie.

2.3.1.2 Insolvensie-aangeleenthede

Artikel 12 van die Trustwet bepaal dat trustgoed nie deel van die trustee se persoonlike boedel vorm nie, behalwe vir sover hy as trustbevoordeelde op die trustgoed geregtig is. In Magnum Financial Holdings v Summerly44 het die hof beslis

dat 'n trust onder die definisie van "skuldenaar" ingevolge die Insolvensiewet45

tuisgebring kan word. Dit beteken dus dat die trust vatbaar is vir sekwestrasie. Nogtans het die hof erken dat "in certain respects a trust does posses legal personality".46 Hierdie aanmerking sal deurentyd in gedagte gehou word, om

uiteindelik tot 'n gevolgtrekking te kom oor die aanwending van die turquand-reee

2.3.1.3 Belasting-aangeleenthede

In Friedman v Clft1 het die hof beslis dat 'n trust nie ingevolge artikel 5 van die

Inkomstebelastingwet 48 as 'n juridiese persona aan klassifiseer nie. Die hof het

verklaar dat dit duidelik is dat die trust nie 'n maatskappy, soos gedefinieer in artikel 1 van die Maatskappywet ts nie.49 Verder het die hof sy beslissing op die saak van

Commissioner for Inland Revenue v MacNeillie's Estate50 gegrond. Die hof het

aangevoer dat niks in die Inkomstebelastingwet daarop dui dat die wetgewer die

Nog voorbeelde waar die trust in die praktyk as regspersoon behandel word, is bv waar aandele in 'n ongenoteerde maatskappy trustgoed is. Hierdie aandele word dikwels in die naam van die trust geregistreer. Verder bepaal artikel 4 van die Wet op Finansiele Instellings 39 van 1984 dat 'n direkteur of amptenaar van 'n finansiele instelling goed namens 'n klient kan bele in die naam van die betrokke trust. Sien ook De Waal Anomalies 19.

Magnum Financial Holdings (Pty) Ltd v Summerly 1984 1 SA 160 (W). Insolvensiewet 24 van 1936.

Magnum Financial Holdings (Pty) Ltd v Summerly 1984 1 SA 160 (W) 163H. Die hof berus sy beslissing op die feit dat krediteure nie teen die trustees persoonlik mag optree nie, maar slegs eise mag instel teen die eiendom van die trust: "It was impossible to secure a concursus creditorum by sequestrating the estate of either the donor or the beneficiaries or the personal estate of the trustee" (162B).

Friedman v Commissioner for Inland Revenue: In re Phillip Frame Will Trust v Commissioner for Inland Revenue 1991 2 SA 340 (W).

Inkomstebelastingwet 58 van 1962 (hierna "die Inkomstebelastingwet'). Sien ook De Waal MJ "Belastingreg" 1991 De Rebus 397-398.

(14)

bedoeling gehad het om die trust vir doeleindes van artikel 5 in te sluit nie.51 Die

anomalie is dat die wetgewer daarna die definisie van "persoon" soos uiteengesit in artikel 1 van die Inkomstebelastingwet uitgebrei het om ook die trust in te sluit.

2.3.1.4 Die trust as begunstigde

Wat is die posisie rondom 'n bemaking aan 'n trust? In Burnett v Kohlberg*2 was een

van die vrae wat die hof moes beantwoord of 'n trust 'n bemaking kan aanvaar al is dit nie 'n regspersoon nie. Die hof het bevind dat 'n bemaking wel aan 'n trust gemaak kon word. Die bemaking is in effek aan die trustees in hul amptelike hoedanigheid. Hierdie konstruksie is gekunsteld, veral in die geval van 'n bewindtrust

2.4 Gevolgtrekking

Sommige skrywers is van mening dat die onsekerheid oor die presiese aard van die trust uit die weg geruim sal word indien die trust as regspersoon erken word.53 Die

vraag is of dit werklik nodig is om regspersoonlikheid aan die trust toe te ken?

Dit is duidelik dat die maatskappy se regspersoonlikheid inhou dat die direkteure nie persoonlik vir die maatskappy se skulde aanspreeklik gehou kan word nie.54

Dieselfde beginsels geld ten opsigte van die trust en sy trustees.55 Die maatskappy

en die trust moet in sy eie naam dagvaar en gedagvaar word.56 Vir

Friedman v Commissioner for Inland Revenue: In re Phillip Frame Will Trust v Commissioner for Inland Revenue 1991 2 SA 340 (W) 3431-J. Sien ook De Waal 1991 De Rebus 397.

1986 3 SA 12 (A).

De Waal Anomaliee 26; Theron L "Enkele gedagtes oor die regsaard van 'n trust en die aanspreeklikheid van 'n trustee vir trustskulde" 1991 De Jure 321-323. Daar is egter nadele verbonde aan die verlening van regspersoonlikheid. Dit sal meebring dat die trust gelikwideer moet word. Dit beteken dat die eenvoudige bepalings van die Insolvensiewet nie meer van toepassing sal wees nie. Die trustee sal moet sekerheid gee wanneer hy namens die trust optree soos bepaal word in artikel 13 van die Maatskappywet. Die aankoop van onroerende eiendom sal teen hoer hereregte plaasvind. Die streng formaliteite van toepassing op maatskappye sal nou ook in die trustreg toegepas moet word (Theron 1991 De Jure 324). Salomon v Salomon & Co Ltd 1897 AC 22. Daar bestaan uitsonderings op hierdie reel wat volledig in hoofstuk 3 bespreek sal word.

Artikel 12 van die Trustwet. Die uitsonderings op die reel sal volledig in hoofstuk 3 bespreek word.

Salomon v Salomon & Co Ltd 1897 AC 22. Die trustees dagvaar ander in hul hoedanigheid as trustees (Rosner v Lydia Swanepoel Trust 1998 2 SA 123 (W)). In First National Bank v Stracham Family Trust 2000 3 ALL SA 379 (T), het die hof egter beslis dat litigasie eerder in die naam van die trust self moet geskied.

(15)

belastingdoeleindes word beide geag 'n persoon in eie reg te wees. By registrasie moet die besigheidseiendomme in die naam van die besigheid en nie in die naam van die direkteure of trustees geregistreer word nie. Daar is dus nie veel verskille tussen die werklike aard van hierdie twee tipes ondernemings nie.

Verder moet ingedagte gehou word dat regspersoonlikheid verkry kan word deur gedrag. Ek is oortuig dat as die vereistes van Pienaar57 op die trust aangewend

word, die trust wel oor regspersoonlikheid kan beskik.

De Waal is akkuraat wanneer hy se:

Teoreties is die trust nie 'n regspersoon of'n entiteit met afsonderlike persoonlikheid nie maar prakties word dit gereeld, en om 'n veeltal redes, as een behandel.58

3 Die regsposisie van direkteure en trustees

3.1 Die direkteure van 'n maatskappy

Die Maatskappywet definieer die direkteur as:

Ook iemand wat die posisie van direkteur of alternatiewe direkteur van 'n maatskappy beklee, by watter naam hy ook al bekend staan.59

Hierdie definisie van die direkteur sluit persone in wat die funksies van 'n direkteur verrig, maar wat nie regsgeldige volmag net om so op te tree nie.60 In die verlede is

daar al na die direkteur as 'n trustee verwys,61 agent van die maatskappy, besturende

vennoot en betaalde dienaar.62 Hierdie begrippe bied egter nie 'n voldoende en

Sien paragraaf 2.2.1. Die trust is die draer van regte en verpligtinge afsonderlik van sy trustees Die trust beskik oor 'n interne gesagstruktuur wat kan voortbestaan sonder die wisseling van individue en die sogenaamde "besigheidstrust" het die voorafbepaalde hoofdoel om wins te maak.

De Waal Anomalies 25. A 1(1).

Williams Corporate and Partnership Law 149. Hierdie persoon word gewoonlik na verwys as 'n de facto direkteur, bv waar 'n persoon genomineer is om as direkteur op te tree maar wie se nominasie vanwee 'n defek of onreelmatigheid ongeldig is.

Die direkteur en trustee sal deurentyd vergelyk word om te bepaal of daar wel ooreenkomste tussen die twee ampte bestaan.

(16)

akkurate beskrywing van die direkteur van 'n maatskappy nie. Om die rede sal die funksies, regte en verpligtinge en die verhouding waarin die direkteur teenoor sy direksie, die maatskappy en die aandeelhouers (lede) staan, krities ontleed word.

3.1.1 Regsverhouding: Direkteur teenoor die maatskappy en sy lede

Daar moet eerstens gelet word op die feit dat die blote ampsbekleding as direkteur geen kontraktuele verhouding tussen die maatskappy en die direkteur skep nie.63 Dit

is so omdat die direkteur as orgaan van die maatskappy beskou word. Die direkteur kan wel op verskeie wyses in 'n kontraktuele verhouding met die maatskappy tree. Dit is in die geval waar hy ook as 'n kommissie agent of as een van die werknemers van die maatskappy optree. By die toevoeging van hierdie opdragte word hy dan 'n funksionaris in die maatskappy. 64

In die interne opset van die maatskappy word die direkteur, soos genoem, as 'n orgaan van die maatskappy beskou. In hierdie interne opset ontstaan 'n bevoegdheidsverdeling tussen die ledevergadering en die direksie. Wanneer die direkteur binne hierdie bevoegdheidsverdeling optree, word die optrede as die van die maatskappy gesien.65 Wanneer die optrede na buite is, tree die direkteur volgens

Cilliers66 as verteenwoordiger op.67 Die direkteur word dus in verskillende lig gesien,

afhangende of dit 'n interne of eksterne optrede is.

In Cohen v Segal68 het die hof die probleem rakende die beskrywing van die

direkteur soos volg uiteengesit:

Benade ea Ondernemingsreg 118. Die statute bring ook nie sodanige verhouding tot stand nie.

Benade ea Ondernemingsreg 119. Hierdie regsverhouding is dus nie geyk nie. Dit moet binne die raamwerk van die heersende omstandighede in elke geval bepaal en ondersoek word. Cilliers ea Koperatiewereg 117'.

Cilliers ea Koperatiewereg 117. Die hof het in Parry, Leon & Hayhoe v Shapiro & Co 1930 EDL 132 beslis dat 'n direkteur wat 'n verhandelbare dokument in 'n maatskappy se naam teken inderdaad as die maatskappy teken en nie as 'n agent nie.

Volgens Gibson ea Mercantile law 350 word die besturende direkteur geag 'n agent te wees indien die besturende direkteur uitdruklike of gefmpliseerde volmag van die direkteure ontvang het. Wanneer derdes met hierdie direkteur 'n transaksie aangaan, kan hul aanneem dat die persoon voldoende volmag het om die transaksie aan te gaan as gevolg van die skyn wat geskep is (estoppel). Sien ook NBS Bank Ltd v Cape Produce Co (Pty) Ltd 2002 1 SA 396 (HHA).

1970 3 SA 702 (W). In die saak is ook aangevoer dat direkteure kommersiele pers'one is, wat beheer en handel dryf vir hulself en alle ander aandeelhouers op (706).

(17)

Directors are from time to time spoken of as agents, trustees or managing partners of a company, but such expressions are not used as exhaustive of the powers and responsibilities of those persons, but only as indicating useful points of view from which they may for the moment and for the particular purpose be considered.69

Derhalwe word tereg aangevoer dat 'n direkteur inderwaarheid 'n fidusiere posisie in die maatskappy beklee. In hierdie hoedanigheid tree hy op as orgaan en verteenwoordiger afhangende van die tipe optrede wat uitgeoefen word.

3.1.2 Regte en verpligtinge van direkteure

Een of meer direkteure of selfs die hele direksie is vir die bestuur van die maatskappy verantwoordelik. Wanneer slegs sommige van die direkteure die bestuur behartig, tree die voile direksie gewoonlik in 'n toesighoudende rol op.70

Die regte en verpligtinge van die direkteure word hoofsaaklik bepaal deur sy/haar kontrak met die maatskappy indien daar een is (byvoorbeeld 'n dienskontrak), die akte en statute van die maatskappy en die gemenereg.71

Die verpligtinge van die direkteur kan onder twee hoofkategoriee verdeel word: Eerstens sy72 fidusiere pligte van betroubaarheid en vertroulikheid en tweedens sy

plig om met sorg en vaardigheid op te tree.

3.1.2.1 Vertrouenspligte

Die direkteur staan in 'n vertrouensverhouding teenoor die maatskappy. Dit beteken dat die direkteur in goeie trou teenoor sy maatskappy moet handel en sy amp as direkteur tot voordeel van die maatskappy moet aanwend. Die verbreking van die direkteur se vertrouenspligte kan in een van vier kategoriee val, naamlik (a) die botsing van belange; (b) die oorskryding van die perke van sy bevoegdhede; (c) die

Cohen v Segal 1970 3 SA 702 (W) 706. Die hof het beslis dat die direkteur 'n kommersiele persoon is wat vir homself en vir die ander aandeelhouers handel dryf.

Benade ea Ondernemingsreg 137'. Benade ea Ondernemingsreg 125.

(18)

handhawing van 'n onbelemmerde diskresie; (d) en die aanwending van sy magte vir 'n ander doel as waarvoor dit verleen is.

In Phillips v Fieldstone72 moes die hof die vraag beantwoord van wanneer 'n persoon

in 'n fidusiere verhouding teenoor die maatskappy staan. Die hof het beslis dat die bestaan 'n fidusiere verhouding 'n feitevraag is. Dit moet bepaal word met verwysing na die partye se onderlinge verhouding en met inagneming van die omringende omstandighede.74 Die hof het die volgende karaktereienskappe met betrekking tot

die vasstelling van die bestaan van so 'n verhouding uitgewys:

That relationships in which a fiduciary obligation has been imposed are marked by three characteristics: (1) scope for the exercise of some discretion or power; (2) that power or discretion can be used unilaterally so as to effect the beneficiary's legal or practical interests; and (3) a peculiar vulnerability to the exercise of that discretion or power.75

Ek stem saam met die konklusie dat 'n fidusiere verhouding derhalwe uit die aard van die verhouding ontstaan en nie gelee is in die spesifieke kategorie van persoon wat betrokke is nie.76

(a) Botsing van belange

'n Persoon mag geen ander voordeel uit sy amp bekom as dit waartoe hy deur middel van direkteursvergoeding geregtig is nie.77 Die direkteur moet homself nie in 'n

posisie plaas waar sy plig om tot voordeel van die maatskappy te handel in konflik met sy persoonlike belange kom nie.

In Cyberscene v v-Kiosk knternet and dnformation78 het sommige direkteure van 'n

maatskappy beplan om 'n kompeterende besigheid te begin.79 Die hof het beslis dat

Phillips v Fieldstone Africa (Pty) Ltd and Another 2004 3 SA 465 (HHA).

Phillips v Fieldstone Africa (Pty) Ltd and Another 2004 3 SA 465 (HHA) 477 H-l. Die hof het beslis dat die appellant in 'n posisie van vertroue en goeie trou gestaan het en dat niks meer nodig was om 'n saak van fidusiere plig uit te maak nie (477I-478A).

Phillips v Fieldstone Africa (Pty) Ltd and Another 2004 3 SA 465 (HHA) 482C-E.

Die fidusiere verhouding kan myns insiens daarom uitgebrei word na die trustees van 'n trust. Sienparagraaf478E-F.

Benade ea Ondernemingsreg 126.

Cyberscene Ltd and Others v l-Kiosk Internet and Information (Pty) Ltd 2000 3 SA 806 (K). Die applikante, 'n publieke maatskappy en sy besturende direkteur, het 'n interdik aangevra om hierdie onregmatige optrede van die respondente, wat steeds as direkteure en senior werknemers opgetree het, te verhoed. Hulle het aangevoer dat die respondente die publieke

(19)

'n direkteur sy fidusiere plig verbreek, waar hy die maatskappy se konfidensiele inligting tot sy eie voordeel (in die geval die oprigting van die nuwe besigheid) gebruik of waar hy kontraktuele geleenthede van die maatskappy saboteer.80

In Movie Camera Company y van Wyk81 was die feite soortgelyk aan die van die

Cyberscene- -n Atlas-sake. Die verskil het egter daarin gele dat die direkteur bedank het omdat hy ongelukkig in sy werk was. Sy doel met die oprigting van die nuwe besigheid was nie om die ander maatskappy te ondermyn nie. Wanneer hy en sy toekomstige kollegas bymekaar gekom het, was dit nie in sy hoedanigheid as direkteur nie, maar in sy persoonlike hoedanigheid. Die hof het daarom beslis dat hy nie sy vertrouenspligte teenoor die maatskappy verbreek het nie. Na my mening sou hierdie uitspraak waarskynlik anders wees indien die direkteur sy "binnekennis" sou gebruik het tot voordeel van die nuwe besigheid, ongeag sy goeie bedoelings.82

(b) Oorskryding van bevoegdhede

Dit is die direkteur se plig om horn te hou aan die perke wat deur die maatskappy aan horn gestel is. Indien die direkteur buite sy bevoegdhede optree (ultra vires)),an die maatskappy of die ander party aanvoer dat die handeling nietig83 is.84

(c) Onbelemmerde diskresie

maatskappy se naam, eiendomsregte, klandisiewaarde en besigheidsgeleenthede ondermyn het. Sien ook Pretorius ea Business Entities 103 -105.

Cyberscene Ltd and Others v l-Kiosk Internet and Information (Pty) Ltd 2000 3 SA 806 (K) 820. In Atlas Organic Fertilisers (Pty) Ltd v Pikkewyn Ghwano (Pty) Ltd and Others 1981 2 SA 173 (T) het die direkteur van 'n maatskappy, terwyl hy sy bedankingsmaand gewerk het, stappe geneem om 'n nuwe kompeterende besigheid te begin. Die hof het gevind dat dit wel in orde was, maar vanwee die sabotering van langtermyn kontrakte en sy aanmoeding aan bestaande werknemers om deel van sy besigheid te word, het dit op 'n verbreking van sy fidusiere verpligtinge neergekom.

Movie Camera Company (Pty) Ltd v Van Wyk and Another 2003 2 All SA 291 (K).

Dit is ook die plig van die trustee om 'n botsing van belange te vermy. Sien paragraaf 3.2.2.1. Cilliers ea Koperatiewereg 144. Hierdie handeling kan wel ingevolge artikel 36 van die Maatskappywet geldig verklaar word. Vir 'n volledige bespreking van artikel 36, sien Benade ea Ondernemingsreg 141-142.

Daar word ook van die trustee verwag om horn te hou by die bevoegdhede wat aan horn gestel word. Indien hy sy bevoegdhede oorskry, kan die handeling nietig verklaar word of hy kan persoonlik vir sy dade aanspreeklik gehou word. Sien paragraaf 3.2.2.3.

(20)

Die direkteur moet onbevooroordeeld die belange van die maatskappy bevorder. As dit in die beste belang van die maatskappy sal wees dat 'n direkteur op 'n sekere wyse moet op tree, is dit 'n verpligting wat op die direkteur rus.85 Hierdie

onbelemmerde diskresie duur voort selfs na 'n direkteur bedank het. In S v De Jager86 het die direkteur 'n persoon in sy plek aangestel wat hy geweet het nie die

mas sou kon opkom nie. Die hof het beslis dat die direkteur in die gegewe geval sy diskresie belemmerd uitgevoer het.87

Ten opsigte van die vraag of 'n direkteur sy onbelemmerde diskresie uitvoer, sal die howe hul ondersoek tot motiverende en prosedurele kwessies beperk. Wat hiermee bedoel word is byvoorbeeld dat wanneer getuienis daarop dui dat 'n direkteur 'n ernstige verkeerde besluit geneem het, dit vir die howe 'n bewys sal wees dat die direkteur nie die genoegsame sorg en goeie trou aangewend het om 'n onbelemmerde diskresie uit te voer nie. Met ander woorde, hoe belangriker die besluit vir die maatskappy is, hoe gunstiger is die geleentheid dat die howe die feite rondom die saak in ag sal neem.88 Ook in hierdie geval word elke saak op eie

meriete beoordeel.89

Hierdie kategorie van vertrouenspligte het verrykende gevolge vir direkteure wat onuitgereikte aandele wil uitreik. Die doel van die direkteur moet wees om verdere kapitaal vir die maatskappy te bekom en nie om beheer vir hulself te verseker of om ander persone in die maatskappy se belange te benadeel nie.90 Verder moet die

direkteur ook nie sy bevoegdhede misbruik om die oorname van die maatskappy te fnuik nie.91 Vanwee die subjektiewe aard van die kategorie, sal die uitkoms

grotendeels afhang van die diskresie van die hof.

3.1.2.2 Plig tot sorg en vaardigheid

85 Cilliers ea Koperatiewereg 145. Ongeldige en optredes wat teen die openbare belang is, kan

egter nie afgedwing word nie.

86 SvDeJager1965 2SA616(A).

87 SvDe Jager 1965 2 SA 616 (A) 622-623. In Fulham Football Club Ltd v Cabra Estates pic

1994 1 BCLC 363 (CA) 392 het die hof beslis dat dit die direkteur se plig is om bona fide teenoor die maatskappy op te tree.

88 Kennedy-Good en Coetzee 2006 Obiter 70-71.

89 Dieselfde geld vir die trustee. Die hof kan gelas dat 'n trustee persoonlik aanspreeklik gehou

word vir sy besluite indien hy nie die nodige sorg aangewend het nie. Sien paragraaf 3.2.2.3.

90 Benade ea Ondernemingsreg 129. 91 Cilliers ea Koperatiewereg 146.

(21)

Daar rus 'n verpligting op die direkteur om die maatskappy met sorg en vaardigheid te bestuur. Hierdie verpligtinge is nie 'n fidusiere verpligting nie. Met ander woorde, dit spruit nie uit sy fidusiere verhouding met die maatskappy nie.92 Volgens Williams93

weeg die plig om sy vertrouensverpligtinge na te kom swaarder as om met sorg en vaardigheid op te tree. Die redes vir bogenoemde opmerking is omdat 'n direkteur nie 'n werknemer van die maatskappy is nie.94 Hy het nie 'n kontraktuele verpligting om

met die nodige sorg en vaardigheid op te tree nie. Waar 'n persoon 'n sekere beroep soos 'n ouditeur of apteker beklee, kan die hof met meer gemak bepaal of die betrokke persoon nie sy verpligting nagekom het nie. Die direkteur het geen praktiese eksamen of praktiese ondervinding nodig om te kwalifiseer as direkteur nie.95 Daar bestaan dus geen maatstaf waaraan die hof sy pligte kan meet nie.

In City Equitable Fire Insurance eo Ltcf6 het die hof aangevoer dat dit onmoontlik is

om die pligte van direkteure in algemene terme of andersins te beskryf. Die pligte wat die direkteur moet nakom, sal afhang van die soort besigheid waarin hy homself bevind. Die pligte van 'n direkteur van 'n versekeringsmaatskappy sal byvoorbeeld verskil van die pligte van 'n direkteur van 'n bank.97 Samevattend se die hof:

There are...one or two... general propositions that seem to be warranted by the reported cases; (1) A director need not exhibit in the performance of his duties a greater degree of skill than may reasonably be expected from a person of his knowledge and experience...(2) A director is not bound to give continuous attention to the affairs of his company.98

In Fisheries Development Corporation" het die hof die beslissing in City Equitable Fire Insurance1100evestig. Die hof het beslis dat die direkteur nie aanspreeklik gehou

kan word vir "mere errors of judgement"101 nie. Die direkteur moet egter steeds sy

bevoegdhede met redelike sorg en vaardigheid aanwend.

Williams Corporate and Partnership Law 161. Williams Corporate and Partnership Law 161. Sien 3.1.1.

Williams Corporate and Partnership Law 161.

In re City Equitable Fire Insurance Co Ltd 1925 1 Ch 407. In re City Equitable Fire Insurance Co Ltd 1925 1 Ch 407 426. In re City Equitable Fire Insurance Co Ltd 1925 1 Ch 407 428.

Fisheries Development Corporation of SA Ltd v Jorgensen 1980 4 SA 156 (W). In re City Equitable Fire Insurance Co Ltd 1925 1 Ch 407.

Fisheries Development Corporation of SA Ltd v Jorgensen 1980 4 SA 156 (W) 165. 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101

(22)

Nevertheless, a director may not be indifferent or a mere dummy. Nor may he shelter behind culpable ignorance or failure to understand the company's affairs.102

Indien die direkteur nie sy sorgsaamheidsverpligtinge nakom nie, kan hy deur die maatskappy vir skadevergoeding aanspreeklik gehou word. Indien daar boonop 'n kontrak tussen die direkteur en die maatskappy bestaan het, kan hy horn ook aan kontrakbreuk skuldig maak.103

Samevattend kan dus gese word dat die direkteur te alle tye die belange van die maatskappy voorop moet stel wanneer hy in sy bevoegdheid as direkteur optree. Hy moet sorg dra dat geen botsing van belange plaasvind nie; hy nie sy bevoegdhede oorskry nie; en dat hy 'n onbelemmerde diskresie sal uitvoer. Indien die maatskappy skade ly vanwee die direkteur se verbreking van fidusiere verpligtinge sal die maatskappy en nie die direkteur nie, verantwoordelik wees vir die verliese. Dit is so vanwee die maatskappy se regspersoonlikheid. Dit is duidelik en ek is oortuig dat met betrekking tot al hierdie verpligtinge dieselfde vir die trustee van 'n trust geld. Dit sal vervolgens ondersoek word.104

3.2 Trustees van 'n trust

3.2.1 Regsverhouding: Trustees teenoor die ander trustees, trustbegunstigdes en trust

Die trustee is die party wat verantwoordelik is vir die administrasie van die trusteiendom tot voordeel van die trustbegunstigdes.105 Die Trustwet definieer die

trustee soos volg:

lemand (met inbegrip van die oprigter van 'n trust) wat as trustee optree uit hoofde van 'n magtiging kragtens artikel 6 en ook iemand wie se aanstelling as trustee by die inwerkingtreding van hierdie Wet reeds van krag is.106

Fisheries Development Corporation ofSA Ltd v Jorgensen 1980 4 SA 156 (W) 166. Cilliers ea Koperatiewereg 148.

Wanneer die direkteur egter roekeloos optree, kan die beginsel van "piercing of the corporate veil" toegepas word. Dit beteken dat die direkteur persoonlik verantwoordelik sal wees vir die verliese gely. Hierdie aspek sal volledig in hoofstuk 5 bespreek word.

Honore en Cameron Trusts 1. A 1 . 102 103 104 105 106

(23)

Artikel 6(1) van die Trustwet bepaal dat 'n trustee slegs mag optree in sy hoedanigheid as trustee, as die Meester horn skriftelik daartoe gemagtig het. Die vraag wat ontstaan, is of 'n handeling wat voor die magtiging plaasvind geldig is? In

Simplex v Van der Merwe107 het die hof 'n handeling wat voor die magtiging van die

Meester plaasgevind het ab initio nietig verklaar.108 Die hof het in Kropmann v

Nysshen109 'n ander benadering gevolg en beslis dat daar geen rede is waarom die

hof nie sy diskresie kan gebruik en sodanige handeling kan ratifiseer nie. Maar in die beslissing van Van der Merwe v Van der Merwe110 het die hof die benadering van die

Simplex-saak gevolg. Daar word nou aanvaar dat 'n handeling wat voor die magtiging van die Meester plaasgevind het nietig beskou word.111

Die trustee kan dus nie in sy amp optree voor hy nie magtiging van die Meester verkry het nie. Die verhouding waarin die trustee teenoor die trustees en trustbegunstigdes staan, sal verduidelik word aan die hand van die regte en verpligtinge van die trustees.

3.2.2 Die regte en verpligtinge van trustees

Die verpligtinge van die trustee het sy ontstaan uit drie bronne. Eerstens kan die oprigter van die trust sekere verpligtinge op die trustees plaas. Hierdie verpligtinge sal dus van trust tot trust verskil. Dan is daar ook die algemene verpligtinge wat uit

Simplex (Pty) Ltd v Van der Merwe and Others NNO 1996 1 SA 111 (W).

Simplex (Pty) Ltd v Van der Merwe and Others NNO 1996 1 SA 111 (W) 113E. Die hof het verklaar dat hierdie transaksie nie ratifiseerbaar is nie, omdat 'n handeling wat nietig is nie geratifiseer kan word nie. Die hof het horn nie uitgelaat of artikel 36 van die Grondwet hierdie handeling kan geldig verklaar nie.

Kropmann NNO v Nysschen 1999 2 SA 567 (T) 576F. In Watt v Sea Plant Products Bpk and Others 1998 4 ALL SA 109 (K) was die vraag of die respondente locus standi gehad het om voor die hof te verskyn omdat hul nog nie magtiging van die Meester ontvang het nie. Hulle is in hul hoedanigheid as trustees gedagvaar. Die hof het beslis dat artikel 6(1) so geinterpreteer moet word dat dit slegs te doen het met die verkryging van regte en verpligtinge namens die trust. Dit het geen invloed op die locus standi van partye nie (112 I).

Van der Merwe v Van der Merwe en 'n Ander 2000 2 SA 519 (K).

Wood-Bodley MC "The transactions of unauthorized trustees: Section 6(1) of the Trust Property Control Act 1988" 2001 SALJ 374-387.

(24)

die gemenereg en derdens statuter voortspruit.112 Hierdie verpligtinge is vervolgens aandieorde.113

3.2.2.1 Vertrouenspligte

Soos by die direkteur van 'n maatskappy, staan die trustee in 'n vertrouensverhouding teenoor die trust.114 Dit bring mee dat die trustee onpartydig in die bestuur van die trust moet optree. Hy mag nie geld van die trust vir persoonlike doeleindes leen, die trusteiendom koop, of dit in sy persoonlike hoedanigheid sedeer nie.115 Bogenoemde is om die belange van die trustbegunstigdes te beskerm.116

'n Uitvloeisel van hierdie vertrouenspligte is dat die trustee 'n konflik tussen sy persoonlike belange en die van die trust moet vermy. In Jowell v Bramwell-Jones117

was die betrokke trustee ook een van die trustbegunstigdes. Sy het regte uit die trustakte verkry wat haar instaat gestel het om met die trustbates te handel soos sy goedgedink het. Hierdie regte het veroorsaak dat sy bo die ander trustbegunstigdes bevoordeel word. Die hof het beslis dat hierdie regte nie tot kontrakbreuk as sodanig

'n Volledige uiteensetting van die verpligtinge van die trustee word gegee in Du Toit South

African Trust Law 67 -74. Vir hierdie doeleindes van die navorsing sal slegs daardie

verpligtinge bespreek word wat vir die onderwerp noodsaaklik is.

Die direkteur se pligte spruit voort uit die kontrak wat hy met die maatskappy aangaan sowel as uit die akte en statute. Laasgenoemde kan met die trustakte van die trust vergelyk word. Verder is albei aan die gemenereg onderworpe. Sien paragraaf 3.1.2.

In Doyle v Board of Executors 1999 2 SA 805 (K) 812 het die hof beslis dat dit nie bevraagteken kan word nie dat die 'n trustee 'n fidusiere amp beklee. Die trustbegunstigdes het die reg op inligting omtrent die bestuur van die trust.

Du Toit South African Trust Law 71.

So ook is dit die plig van die direkteur om slegs as orgaan van die maatskappy op te tree. Hy mag nie bates in sy eie naam registreer nie of transaksies in sy eie naam aangaan nie. Dit is ten doel om die ander aandeelhouers en lede van die maatskappy te beskerm. Sien paragraaf 3.1.2.1.

2000 3 SA 274 (HHA). Die appellant (Jowell) was een van vier kapitaalbegunstigdes kragtens 'n testamentere trust. Die appellant se vader het in sy testament voorsiening gemaak vir die oprigting van 'n trust waar sy vrou 'n inkomstebegunstigde en trustee sou word. Sy vier kinders is as kapitaalbegunstigdes genoem. In die trust sou alle aandele wat deur die vader gehou is, in die trust gevestig word en die vrou sou op alle inkomste en dividende geregtig wees. Die vrou het besluit om te emigreer na Kanada, om so haar inkomste te vermeerder. Sy het met die hulp en advies van die respondente 'n skema bewerkstellig waar sy die aandele sou verkoop. Die winste uit die verkoop van die aandele sou dan aan die trust geleen word. In haar kapasiteit as trustee sou sy dan die geld gebruik om Eskom aandele te koop. Hierdie aandele sou beter dividende genereer as die aandele wat sy uit die testament verkry het. Jowell het 'n deliktuele eis ingestel wat hy beweer het, het ontstaan as gevolg van ekonomiese skade wat uit 'n beweerde vermindering in die waarde van sy aandele (kapitaal in trust) voortgevloei het.

(25)

gely het nie.118 Sy is deur middel van die bepalings in die testament en nie deur haar

eie toedoen nie, bevoordeel. Wanneer bepaal moet word of 'n trustee sy of haar belange bo die van die trust plaas, sal die dokumente wat sy of haar regte uiteensit, noukeurig bestudeer moet word.

Die vertrouenspligte van die trustee stem dus grootliks ooreen met die van die direkteur van 'n maatskappy: Die trustee bedryf die trust tot voordeel van die trustbegunstigdes. Hy mag dus nie sy eie belange bo die van die trust s'n plaas nie.119 Die trustee mag nie sy bevoegdhede soos in die trustakte en Trustwet

voorgeskryf, oorskry nie.120 Dit is die plig van die trustees om 'n onbelemmerde

diskresie uit te voer wanneer hulle met die regte van die trustbegunstigdes werk.121

Laastens moet die trustee hul magte aanwend vir die doel waarvoor dit verleen is.122

3.2.2.2 Plig tot sorg en vaardigheid van trustees

'n Trustee moet die trustgoed hanteer soos wat hy 'n ander persoon se goed sou hanteer.123 Daar weeg dus 'n swaarder sorgsaamheidsplig op die trustee as wat dit

sou gewees het indien hy die trustgoed moes hanteer asof dit sy eie was.124 Verder

bepaal artikel 9(1) van die Trustwet dat die trustee sy pligte moet uitoefen met sorgsaamheid, yweren kundigheid.125

3.2.2.3 Regspraak rakende die regte en verpligtinge van die trustee

Jowell v Bramwell-Jones 2000 3 SA 274 (HHA) 284H.

Dit stem ooreen met die beginsel van vermyding van 'n botsing van belange wat by die direkteur van toepassing is. Sien Jordaan v Jordaan 2001 3 SA 288 (K) en Badenhorst v Badenhorst 2006 2 SA 255 (HHA) hieronder.

Sien paragraaf 3.2.1 en 3.1.2.1.

Coetzee Trustbegunstigdes se regte 406. In NBS Boland Bank Ltd v One Berg River Drive CC 1999 4 SA 928 (HHA) het die regter bevind dat die diskresie wat trustees by diskresionere trusts uitoefen in die algemeen altyd bona fide en billik moet wees. Dit gaan hier egter nie net oor die uitoefening van 'n diskresie by 'n diskresionere trust nie. Dit gaan oor die onbelemmerde diskresie in die bedryf en bestuur van die trust in die algemeen.

'n Trustee mag bv nie die bates van die trust aanwend om sy skuldeisers en eise van sy eggenoot te ontduik nie. Sien Jordaan v Jordaan 2001 3 SA 288 (K) en Badenhorst v Badenhorst 2006 2 SA 255 (HHA) hieronder.

Coetzee Trustbegunstigdes se regte 353. Coetzee Trustbegunstigdes se regte 354.

A 9(2) bepaal dat 'n bepaling in 'n trustake wat 'n trustee vrywaar teen aanspreeklikheid van troubreuk indien hy versuim om die mate van sorg in artikel 9(1) aan te wend, nietig is.

(26)

In die laaste paar jaar het die misbruik van die trust deur die trustees drasties toegeneem. Meer male word die trust gebruik om skuldeisers te fnuik en selfs om die trustees se gades in die proses van 'n egskeiding te benadeel. Die trustees handel met die trusteiendom asof dit deel is van hul persoonlike boedel. Die hof het in afsonderlike uitsprake gelas dat die trusteiendom in sulke gevalle deel van die trustee se persoonlike eiendom uitmaak - presies die teenoorgestelde wat die trustee beoog het.

In Jordaan v Jordaan126 het getuienis in die saak getoon dat die verweerder nie die

formaliteite van 'n trust nagekom het nie. Daar het onder andere groot bedrae geld tussen die onderskeie trusts gevloei sonder enige formele besluit. Die state van die trust het aangetoon dat die trust so gestruktureer was dat die verweerder (trustee) se inkomste belastingvry is. Voorts het dit uit die getuienis geblyk dat die verweerder die inkomste van al die trusts effektief as inkomste van sy eie beskou het. Die verweerder se eie getuienis het verder daarop gedui dat hy die trusts as sy alter ego beskou het. Dit was 'n manier waarop hy vir homself 'n finansiele voordeel kon bewerkstellig.127

Die hof het beslis dat, alhoewel die verweerder se magte aan die bepalings van die onderskeie trustaktes en die Trustwet onderhewig was, dit in ag geneem moes word dat die verweerder in die verlede die trusts gebruik het om vir horn finansiele voordeel in sy persoonlike hoedanigheid te bewerkstellig. Die finansiele voordele het daarop neergekom dat sy belasting: die verminder het omdat sy boedel kleiner was. Dit sou ook boedelbelasting spaar. Verder het dit horn in staat gestel om die

2001 3 SA 288 (K) 289. Die feite was soos volg: Die verweerder 'n suksesvolle sakeman, was tydens sy huwelik buite gemeenskap van goed met die eiseres getroud. Hy het 'n groot boedel opgebou. Hy het sekere trusts gestig. Daarmee wou hy sy besigheidsbelange bevorder. Hy het ook 'n plaas waarop een van die trusts boerdery bedryf het, geerf. Die eiseres het tuis gebly en vir hulle twee kinders, waarvan een gestremd was, gesorg. Na die huweliksverhouding vebrokkel het, het die eiseres die verweerder vir 'n egskeiding gedagvaar. Onder andere het sy 'n herverdelingsbevel ingevolge die bepalings van a 7(3) van die Wet op Egskeiding 70 van 1979 gevra. Alhoewel dit nie in geskil was nie dat die eiseres geregtig was op 'n bevel ingevolge a 7, was die omvang van die bevel in geskil geplaas. Die verweerder het oa beweer dat die trusts buite rekening gehou moet word by die bepaling van sy boedel. So ook die plaas wat hy geerf het.

(27)

skuldeisers se eise asook die eiseres se egskeidingseise te omseil.128 Die trust is

derhalwe misbruik om horn self te bevoordeel, terwyl persone wat 'n belang in die trust gehad het, benadeel is. Die hof het om die rede beslis dat dit redelik en billik is om die trustbates as deel van die verweerder se persoonlike bates te ag.129

In die beslissing van Badenhorst v Badenhorst130 het die vraag weer na vore gekom

of trustbates deel van 'n persoon se persoonlike bates kan vorm na aanleiding van 'n herverdelingsbevel ingevolge die Wet op Egskeiding.131

In hierdie saak was die feite kortliks soos volg: Die vrou (appellant) het aansoek gedoen vir 'n herverdelingsbevel ingevolge die Egskeidingswet. In hierdie aansoek het sy aangevoer dat die trustbates as deel van die man (respondent) se persoonlike bates geag moes word, omrede hy die trust as sy alter ego bestuur het. Die trust is gedurende die huwelik van die betrokke partye opgerig. By die oprigting van die trust het die man aan die vrou verduidelik dat die doel was om hulle teen die eise van skuldeisers te beskerm en om boedelbelasting te spaar. Die man en sy broer was die trustees terwyl die vrou 'n inkomstebegunstigde en die kinders kapitaalbegunstigdes van die trust was.132

Die hof het beslis dat dit vir hierdie doeleinde nodig was om te bewys dat die party (die respondent) beheer oor die trust gehad het en was dit nie vir die trust nie, sou hy die bates in sy eie naam besit het.133 Die hof het verder aangevoer dat 'n onderskeid

tussen de facto- en de iure beheer getref moet word.134 Soos in die Jordaan-saak

het die hof gevind dat die respondent selde sy mede-trustees se toestemming oor die bestuur van die trust gevra het. Hy het nie die nodige onderskeid tussen sy persoonlike bates en die bates van die trust getref nie. Dit het daartoe gelei dat die

Jordaan v Jordaan 2001 3 SA 288 (K) 299G - 300C-D Volgens artikel 9(1) van die Wet op die Beheer oor Trustgoed moet die trustee die trustgoed hanteer soos wat redelikerwys verwag kan word van 'n persoon wat die sake van 'n ander hanteer (klem ingevoeg).

Jordaan v Jordaan 2001 3 SA 288 (K) 301D - D-E. 2006 2 SA 255 (HHA).

Artikel 7(3) van die Wet op Egskeiding 70 van 1979 (hierna "die

Egskeidingswet)-Die feite is soortgelyk aan die Jordaa/7-saak. Egskeidingswet)-Die uitspraak is egter belangrik deurdat die hof in meer diepte in gegaan het op die aspek van die beheer van die trust deur die trustees

Badenhorst v Badenhorst 2006 2 SA 255 (HHA) 260I-J-261A.

De iure beheer is waar die trustakte voorsiening maak vir meerdere trustees wat saam die trust moet beheer en bestuur. De facto beheer is waar net een van hulle nou inderdaad die trust beheer. De iure en de facto beheer kan dus gelyk voorkom (Badenhorst v Badenhorst 2006 2 SA 255 (HHA) 261A-C). 128 129 130 131 132 133 134

(28)

trustee in werklikheid de facto beheer oor die trust gehad het.135 Die hof het beslis

dat die trustbates daarom deel van die respondent se persoonlike bates vorm.

Joffe136 is van mening dat hierdie uitspraak 'n groot invloed op toekomstige trust sake

kan he. Die hof het wegbeweeg van die streng kontraktuele (teoretiese) benadering en sy beslissing op die etiek van die Suid-Afrikaanse trustreg berus:

While it is of course too early to come to this radical conclusion, all trust experts now await the next trust case to come before the SCA with great interest. It remains to be seen whether the obiter in this case is the start of a new approach, or simply the court taking the opportunity to wax lyrical.137

Bogenoemde gevalle het betrekking gehad op herverdelingsbevele. Nietemin het die hof in die Par/cer-saak,138 waar die trustee geld aan skuldeisers geskuld het, ook die

trustbates deel van die trustee se persoonlike bates laat vorm.

In hierdie saak het die hof klem gele dat daar ten minste een onafhanklike trustee in 'n trust moet wees. Die rede hiervoor is dat die beheer en genot van die trust apart gehou moet word om te verseker dat die belange van die trustbegunstigdes nie benadeel word nie.139 Dit is egter so dat die skeiding van beheer en genot nie op

sigself integriteit van die trustees sal verseker nie. Kernick140 meen tereg:

Separation of control and benefit does not in itself ensure integrity, which is a quality that is probably more important than, and which perhaps itself encompasses, independence. And it is the apparent lack of integrity on the part of the Parkers which dismayed the court.141

In die Par/cer-saak het die hof daarop gewys dat die trustees gesamentlik moet optree.142 Hierdie standpunt is in Thorpe v Trittenwein143 herhaal. Die hof moes

Badenhorst v Badenhorst 2006 2 SA 255 (HHA) 261 D-l. Joffe H '"Sham" trusts" 2007 De Rebus 25-26.

Joffe 2007 De Rebus 26.

Land & Agricultural Bank of SA v Parker and Others 2005 2 SA 77 (HHA).

Land & Agricultural Bank ofSA v Parker and Others 2005 2 SA 77 (HHA) 87C; Artikel 9(1) van die Wet op die Beheer oor Trustgoed.

Kernick L " Declaration of independence" 2007 De Rebus 27-29. Kernick 2007 De Rebus 28.

Die hof meld egter dat "unless authorised otherwise the Parkers and the son had to act jointly" (eie kursivering). Ingevolge die Parker-saak, bestaan daar wel 'n uitsondering op die reel dat trustees gesamentlik moet optree. Olivier, is van mening dat die trustees hulle van die besluitnemingsprosedures in die trustakte moet vergewis. Hy gebruik Tijmstra v Blunt-Mackenzie 2002 1 SA 459 (T) as voorbeeld waar die trustee uit sy amp verwyder is. Met 135 136 137 138 139 140 141 142

(29)

beslis of 'n verkooptransaksie in die afwesigheid van volmag aan 'n trustee, soos gestel in artikel 2(1) van die Wet op die Vervreemding van Grond™4 'n geldige

transaksie daarstel. Die hof het beslis dat by die verkoop van grond elke trustee se volmag of handtekening op skrif gegee moet word om onnodige litigasie te vermy.145

Wat die hof ook meld is dat in die afwesigheid van 'n klousule wat die teendeel stel, die trustees gesamentlik moet optree.146 Verder kan die trustees ander trustees

volmag gee om namens hulle op te tree. Met ander woorde indien die trustakte stel dat dit trustees nie gesamentlik hoef op te tree nie, maar dat 'n meerderheidsbesluit genoegsaam is, sal 'n transaksie geldig wees al het die trustees nie gesamentlik opgetree nie.

Kloppers147 is van mening dat die stelling dat trustees altyd gesamentlik moet optree

"onjuis en te ruim geformuleer is". Hy vergelyk die posisie met gades wat binne gemeenskap van goed getroud is. Hierdie gades is mede-eienaars van hul bates. Volgens die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984r4S hoef die gades, selfs al is hulle

eienaars, nie altyd gesamentlik op te tree nie. Dieselfde kan nou oor die mede-eienaarskap van die trustees, ten opsigte van die trustbates aangevoer word. Claasen149 voer weer aan dat trustaktes dikwels aan 'n trustee die bevoegdheid

verleen om alleen handelinge te verrig mits daar aan sekere voorvereistes voldoen is.150 Daar bestaan dus gevalle waar die trustees nie gesamentlik hoef op te tree nie.

Dit is billik dat derdes onder die indruk mag wees dat 'n trustee bevoeg is om op te tree. Die probleem kom hier in dat die derde nie weet of daar aan die voorvereistes, indien enige, voldoen is nie. Die toepaslikheid en aanwending van die turquand-ree\ is derhalwe inderdaad nodig om horn te beskerm.151

hierdie ingedagte voer hy aan dat trustees gesamentlik moet optree tensy die trustakte anders bepaal. Olivier Trustreg en Praktyk 3-26 - 3-27.

Thorpe and Others v Trittenwein and Another 2007 2 SA 172 (HHA).

Wet op die Vervreemding van Grond 68 van 1981 (hierna "die Wet op die Vervreemding van Thorpe and Others v Trittenwein and Another 2007 2 SA 172 (HHA) 176F-G. Hierdie vereiste word gestel by die vervreemding van grond ingevolge a 2(1) van die Wet op die Vervreemding

van Grond. Dit stel dus nie 'n algemene verpligting nie.

Thorpe and Others v Trittenwein and Another 2007 2 SA 172 (HHA) 1761. Kloppers 2006 TSAR4M.

A15(2) en a 15(3) van die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984 (hierna "die Huweliksgoederewef).

Claasen 2004 De Rebus 24.

Daar kan gevolglik aangevoer word dat Claasen met Olivier saamstem dat trustees in die algemeen saam moet optree, tensy die trustakte dit anders stel.

Die aanwending van die turquand-ree\ sal volledig in hoofstuk 4 bespreek word.

143 144 145 146 147 148 149 150 151

(30)

In die bogenoemde sake het die hof nie net die teoretiese aspekte van die trustreg in ag geneem nie, maar ook die beginsels van besigheids etiek toegepas. Dit blyk dat daar 'n wending is wat besig is om plaas te vind.152 Howe is nie meer so gesteld op

slegs die teoretiese aspekte van 'n saak nie, maar neem ook die sosiale en pragmatiese aspekte in ag.153

4 Die turquand-ree\

Soms magtig die aktes en statute sekere amptenare van 'n maatskappy om sekere bevoegdhede uit te oefen, maar koppel dit aan voorvereistes (soms baie streng voorvereistes). Dit kan nou gebeur dat die statute bepaal dat die handtekening van byvoorbeeld ten minste twee direkteure nodig is om die maatskappy te bind, tensy anders deur die algemene vergadering bepaal word. Alhoewel die statute vir insae vir derde partye ter insae beskikbaar is, het hul geen kennis van die besluite wat op algemene vergaderings geneem word nie. Dus, indien die algemene vergadering besluit dat 'n sekere amptenaar se handtekening op 'n dokument moet wees, sal die derde party nie bewus wees van hierdie besluit nie. Indien 'n transaksie dan gesluit word sonder hierdie spesifieke amptenaar se handtekening en die transaksie word nietig beskou, laat dit die derde party remedieloos in 'n situasie wat regverdiging nodig het.

Om die rede is die turquand-ree\ in die Engelsregtelike saak van Royal British Bank v Turquand ingestel.754 Die hof het beslis dat 'n derde wat met 'n maatskappy

kontrakteer kan aanvaar dat daar aan die interne regulasies en prosedures voldoen

Sien ook Joffe 2007 De Rebus 26.

Hierdie benadering word ook gevind in ander regsvelde. In die saak van Van der Merwe v Road Accident Fund and Another 2006 4 SA 230 (KH) bv het die hof a 18(b) van die Huweliksgoederewet ongeldig verklaar en aangevoer dat met inbegrip van die stellings gemaak deur die amicus, die sosiale konteks van huishoudelike geweld in ag geneem moet word (248G-249A).

Royal British Bank v Turquand (1856) 6 E&B 327; 119 ER 886. In hierdie saak het die konstitusie van die maatskappy bepaal dat die maatskappy van tyd tot tyd geld kon leen deur middel van verbande soos bepaal deur 'n besluit op die algemene vergadering geneem. Aangesien besluite op die algemene vergadering nie gepubliseer word nie moet 'n buitestaander eers navraag doen om te bepaal of daar aan hierdie interne prosedure voldoen is.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Toe dit in Augustus 1877 blyk dat daar 'n groot tekort op die Patriot is en die voorsitter, ds Du Toit, moedeloos wou word, het Hoogenhout die G.R.A. moed ingepraat, want van

Table 2: Median total expected waiting time from referral by GP to treatment, by specialty, 2020 (in weeks) Table 3: Median patient wait to see a specialist after referral from a GP,

Policy recommendations to mitigate the physician shortage emphasize on increasing enrolment at medical schools, improving the distribution of physicians in urban and rural areas

Die rugpyn word al hoe erger en toe hy uiteindelik by sy dokter uitkom, word daar besluit dat hy vir verdere toetse moet gaan.. Sy dokter noem vir hom die moontlikheid van kanker

Dit blyk dus dat die apostel wil veroorsaak dat die lesers die dinge wat hy in die opsomming van sy leer uiteengesit het, weer uit die geheue oproep en opnuut

regering in die verband verduidelik: Die Duitsers moes tot staatlose burgers verklaar word sodat wetgewing aan- vaar kon word om hulle tot Britse burgers te

Di t blyk reeds u:.i... groepe uit Bantoe- en Blanke mens tussen die ouderdomme negen- tien- tot vyf-en-dertig jaar sal best9.an. dat die tipe arbeid wat n persoon

In die onderstaande tabel word leierskap op skool aangetoon asook die aantal leiersposisies wat die studente beklee het en hierteenoor hulle akademiese prestasies