• No results found

Kuns nou amptelike museumfunksie

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Kuns nou amptelike museumfunksie"

Copied!
1
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Foto: D ie V o /ksb la d

KUNS NOU AMPTELIKE

MUSEUMFUNKSIE

Hoewel die Nasionale Museum sedert die vyftigerjare lokale beskikbaar gestel het vir die aanbied van kunsuitstallings en ook 'n kernversameling van kunswerke opgebou het, was kuns nie 'n amptelik erkende funksie van die Museum nie. Op aanbeveling van die Nasionale Advieskomitee vir Museums het die Minister van Nasionale Opvoeding onlangs goedkeuring verleen dat die Museum die kunsafdeling moet uitbou om te voldoen aan die behoefte aan 'n kunsmuseum in Bloemfontein. Dit bring mee dat onderhandelinge op 'n hoe vlak gevoer word om die statige ou Sinodale gebou op die hoek van St. Andrew- en President Brandstraat te bekom as kunslokaal.

Volgens vooraanstaande kunskenners leen die gebou hom uitstekend vir di6 doel en sal dit na bepaalde aanpassings effektief aangewend kan

word hiervoor. Gunstige en geesdriftige

kommentaar is reeds uit alle oorde van

kunsliefhebbers ontvang, wat uitsien na 'n eie ku n sm u seu m w a a rin ook die reisende kunsuitstallings, w at tans selde of ooit Bloemfontein aandoen omdat 'n geskikte lokaal nie beskikbaar is nie, in die toekoms uitgestal sal

word. e

Die geskiedkundige ou Sinodale gebou - vroeer bekend as die Jubileum saal - verteenwoordig die tradisionele beeld van 'n kunsmuseum. Sy statige neo-klassieke portiek gee ook n waardige indruk. Die gebou is ontwerp deur Gerhard Moerdyk en is in A p ril 1925 in gebruik geneem.

S.A.M.V. EN O.M.M.S.A.

Gedurende April het die direkteur, mnr. Hannes Oberholzer, mnr. Etienne du Pisani, etnoloog en mnr. Schalk Louw, entomoloog, die Konferensie van die Suider-Afrikaanse Museumvereniging te Gaborone, Botswana, bygewoon. Die etnoloog en entomoloog het ook van die geleentheid gebruik gemaak om vir 'n verdere tien dae in Botswana veldwerk te doen en materiaal vir hul onderskeie afdelings te versamel.

Die regering van M alawi was vanjaar die gashere

van die " O r g a n iz a tio n for M u s e u m s ,

Monuments and Sites in Africa,” wat gedurende Augustus sy tweede vierjaarlikse byeenkoms gehou het. Die direkteur van die Nasionale Museum, mnr. Hannes Oberholzer, was een van agt Suid-Afrikaners wat deur die gashere genooi is om die Konferensie van O.M .M .S.A. as waarnemer by te woon. Die Konferensie is in

Lilongwe gehou en is bygewoon deur

afgevaardigdes van veertien Afrika-state.

0

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

The increased input of P and soil erosion , altogether with a significant increase in anthropogenic related impacts , suggest ed that despite the remote location of lake

Aber auch Randts Roman enthält einen expliziten Verweis, der sich zwar auf eine fiktive Gegebenheit innerhalb des Textes bezieht, aber ohne Weiteres auf die

In conclusion, a free relative pronoun can serve double duty when the structurally shared morphosyntactic features correspond to the same complex lexical entry in both clauses..

Om te toetsen of positieve woorden accurater werden onthouden dan negatieve woorden voor en na stimulatie werd een rm-ANOVA met de factoren stimulatie (tDCS, placebo) en woordblok

Deze ontwikkeling heeft grote gevolgen, niet alleen voor de manier waarop communicatie tot stand komt, maar ook voor de verhoudingen tussen partijen die in de markt actief

American Women at the Dawn of the 1960s (New York: Basic Books, 2011); Helen Gurley Brown, Sex and the Single Girl (New York: Bernard Geis, 1962); Berebitsky, Sex and the Office:

[r]

foreign policy towards Indonesia throughout the Kennedy and Johnson years and the links between these policies and Washington’s priorities elsewhere in Southeast Asia during the