• No results found

Die invloed van sinodebesluite op die Psalm as kerklied in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die invloed van sinodebesluite op die Psalm as kerklied in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika"

Copied!
261
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

DIE INVLOED VAN SINODEBESLUITE

OP DIE PSALM AS KERKLIED IN DIE

GEREFORMEERDE KERKE

IN SUID-AFRIKA

 

 

 

 

Willem Diederick Basson

21772916

 

 

 

 

Proefskrif voorgelê ter nakoming van die vereistes

vir die graad

Philosophiae Doctor

in Musiek

aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit

 

 

 

 

Promotor: Prof. Daleen Kruger

(2)
(3)

 

i

BEDANKINGS

Hierdie studie sou nie moontlik gewees het sonder die volgende persone en instansies se hulp nie:

• my studieleier, prof. Daleen Kruger, Skool vir Musiek, NWU (Potchefstroom); • prof. Hetta Potgieter, Skool vir Musiek, NWU (Potchefstroom);

• my vrou, Hanneke, en seun, Jan-Hendrik; • my ouers, (wyle) Hendrik en Yvonne Basson;

• dr. Liesl van der Merwe, Skool vir Musiek, NWU (Potchefstroom);

• dr. Wymie du Plessis, Administratiewe Buro van die GKSA in Potchefstroom; • dr. Suria Ellis, hoof van die Statistiese Konsultasiediens, NWU;

• mevv. Carmie Huisman en Alet-Elize van Jaarsveld, GKSA-argief in Potchefstroom; • me. Heila Maré, Fakulteitsbibliotekaris, Teologiebiblioteek, US;

• mee. Sonette Fourie en Essie Tarentaal, Musiekbiblioteek, US;

• prof. Leendert Dekker, prof. Marjanne Senekal, dr. Johannes Bingle, dr. Ernst en mev. Wiida Basson, mnr. Johan van den Worm;

• mev. Flavia Buttner (vertaling);

• prof. Annette Combrink (taalversorging); • my familie, vriende en kollegas;

• die Noordwes-Universiteit, Suider-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging en Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir finansiële ondersteuning.

Aan God, wat was, wat is en wat altyd sal wees, kom al die eer toe.

(4)
(5)

 

iii

ABSTRAK

In hierdie studie word 'n ondersoek gedoen om te bepaal tot watter mate die algemene sinode van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) se amptelike standpunte ten opsigte van die psalm as kerklied die gebruik daarvan in die erediens van Afrikaanssprekende gemeentes van die GKSA beïnvloed.

Ten aanvang word 'n historiese oorsig oor die ontstaan van die GKSA, die kenmerke van die Gereformeerdes, die ontstaan en kenmerke van die Gereformeerde erediens en die gebruik van psalms in die Gereformeerde erediens gegee. Die GKSA – waarvan die ontstaan deels 'n reaksie was op die invoer van die Evangelische Gezangen – ontwikkel tot 'n kerk met die Bybel en belydenisskrifte as rigsnoer vir die daaglikse lewe. In die Gereformeerde erediens staan die Woordverkondiging sentraal en word daar hoofsaaklik psalms, Skrifberymings en Skrifgetroue liedere gesing.

Ondersoeke toon egter dat die psalms in die goedgekeurde 1937-beryming en 2001-omdigting nie optimaal in die erediens benut word nie en dat daar weerstand teen veral die 2001-omdigting bestaan. 'n Empiriese ondersoek na die psalmgebruik in die erediens, asook predikante, orreliste en gemeentelede se ervaring van die psalms word onder 274 Afrikaanssprekende gemeentes van die GKSA gedoen. 87 respondente het vraelyste voltooi en teruggestuur. Resultate uit hierdie ondersoek bevestig die stelling dat die psalms nie optimaal benut word nie en dat die meerderheid van respondente nie positief is oor sinodebesluite met betrekking tot die psalm nie.

Die resultate van die empiriese studie word vergelyk met die resultate van 'n ondersoek na GKSA-sinodebesluite vanaf 1862-2012 om aan te dui dat die gebruik van die psalm in die erediens wel deur sinodebesluite beïnvloed word. Daar bestaan duidelike leemtes in sinodebesluite deurdat daar nie 'n betroubare, objektiewe sisteem bestaan waarmee psalms beoordeel kan word nie. Besluite wat geneem word, kom voor asof dit nie die musikale profiel van belydende en dooplidmate in ag neem nie.

Inligting wat deur middel van gemengde-metodes-navorsing ingewin is, word ten slotte volgens Richard Osmer se model vir praktiese teologiese navorsing geïnterpreteer om aan te dui dat die psalms nie optimaal benut word nie, deels as gevolg van sinodebesluite. Die optimale benutting van al 150 psalms sal 'n bereikbare ideaal wees indien die sinode daadwerklik probeer om 'n bruikbare, singbare psalmidioom te vestig wat nie net Skriftuurlik suiwer is nie, maar wat ook die musikale profiel van belydende en dooplidmate in ag neem.

(6)

Sleutelterme

Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika, Sinodebesluite, Psalms, Psalmberyming, Psalmmelodie, Argiefnavorsing, Gemengde-metodes-navorsing

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

(7)

 

v

ABSTRACT

In this study, an investigation is done to determine to what extent the official views of the general synod of the Reformed Churches of South Africa (RCSA) with regard to the psalms as hymns influence their use in the worship service of Afrikaans speaking congregations.

To begin with a historical overview of the origin of the RCSA, the characteristics of the Reformed, the origin and characteristics of the Reformed worship service, and the use of psalms in the Reformed worship service are given. The RCSA – whose origin came about partly as a reaction to the inclusion into the worship service of the Evangelische Gezangen (Evangelical Hymns) – developed into a church with the Bible and confessions as guidelines for everyday life. In the Reformed worship service the proclamation of the Word is central and mainly psalms and Scriptural hymns are sung.

Research, however, indicates that the psalms in the 1937 versification and 2001 re-versification are not optimally utilised in the worship service and that opposition exists especially to the 2001 re-versification. An empirical investigation into the use of psalms in the worship service, as well as the experience of the psalms by ministers, organists and members of the congregations, was done in 274 Afrikaans-speaking congregations of the RCSA. 87 respondents completed and returned questionnaires. Results from this investigation confirm the statement that the psalms are not utilised optimally and that the majority of the respondents are not positive about synod decisions concerning the psalms.

The results of the empirical study are compared with the results of an investigation into RCSA-synod decisions from 1862-2012 to show that the use of the psalms in the worship service is in fact influenced by synod decisions. There are clear disparities in the synod decisions in that a reliable, objective system against which psalms can be measured does not exist. Decisions taken appear not to be taking into consideration the musical profile of confessing and baptised members.

Information which has been gathered by means of mixed-methods research is finally interpreted according to Richard Osmer’s model for practical theological research to demonstrate that the psalms are not used optimally partly as a result of synod decisions. The optimal use of all 150 psalms will be an attainable ideal if the synod actively endeavours to establish a usable, singable psalm idiom which is not only Scripturally sound but which also takes into account the musical profile of the confessing and the baptised members.

(8)

Key concepts:

Reformed Churches of South Africa, Synod decisions, Psalms, Psalm versification, Psalm melody, Archival research, Mixed-methods research

 

 

   

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

(9)

 

vii

INHOUDSOPGAWE  

BEDANKINGS  ...  i  

ABSTRAK  ...  iii  

Sleutelterme  ...  iv

 

ABSTRACT  ...  v  

Key  concepts:  Reformed  Churches  of  South  Africa,  Synod  decisions,  Psalms,  Psalm  versification,   Psalm  melody,  Archival  research,  Mixed-­‐methods  research  ...  vi

 

HOOFSTUK  1  ...  1  

INLEIDING,  PROBLEEMSTELLING,  NAVORSINGSVRAAG,  HOOFSTUKINDELING  ...  1

 

1.1

 

Inleiding  ...  1

 

1.2

 

Doel  van  navorsing  ...  6

 

1.3

 

Hoofprobleemstelling  ...  6

 

1.4

 

Navorsingsdoelwitte  ...  6

 

1.5

 

Navorsingsbenadering  ...  7

 

1.6

 

Rol  van  die  navorser  ...  8

 

1.7

 

Begrensing  ...  9

 

1.8

 

Geldigheid  en  betroubaarheid  ...  9

 

1.9

 

Etiek  ...  10

 

1.10

 

Hoofstukindeling  ...  10

 

HOOFSTUK  2  ...  11  

NAVORSINGSMETODOLOGIE  ...  11

 

2.1

 

Inleiding  ...  11

 

2.2

 

Metode  ...  12

 

2.3

 

Navorsingsontwerp  ...  14

 

2.3.1

 

Navorsingsparadigma  ...  14

 

2.3.2

 

Navorsingsinstrumente  ...  17

 

2.3.3

 

Navorsingstrategie  ...  18

 

2.4

 

Samevatting  ...  22

 

HOOFSTUK  3  ...  24  

HISTORIESE  GEGEWENS  MET  BETREKKING  TOT  DIE  GKSA  ...  24

 

3.1

 

Inleiding  ...  24

 

3.2

 

Die  ontstaan  van  die  Gereformeerde  Kerk  in  Suid-­‐Afrika  ...  25

 

3.3

 

Kenmerke  van  die  Gereformeerdes  ...  32

 

3.5

 

Psalmsang  in  die  gereformeerde  kerke  ...  47

 

3.6

 

Samevatting  ...  53

 

HOOFSTUK  4  ...  54  

EMPIRIESE  ONDERSOEK  NA  DIE  GEBRUIK  VAN  PSALMS  IN  DIE  GKSA  ...  54

 

4.1

 

Inleiding  ...  54

 

4.2

 

Strategie  ...  54

 

4.3

 

Bespreking  van  die  vraelys  ...  56

 

4.4

 

Resultate  van  die  ondersoek  ...  67

 

4.5

 

Opmerkings  ...  141

 

(10)

HOOFSTUK  5  ...  144  

BESLUITE  VAN  DIE  NASIONALE/ALGEMENE  SINODE  VAN  DIE  GKSA  MET  BETREKKING  TOT  DIE   PSALM  ...  144

 

5.1

 

Inleiding  ...  144

 

5.2

 

Die  beginjare  ...  146

 

5.3

 

Die  eerste  Afrikaanse  psalmberyming  ...  149

 

5.4

 

Psalmhersiening  ...  153

 

5.5

 

Psalmboek  1977  ...  162

 

5.6

 

'n  Nuwe  psalmberyming  ...  166

 

5.7

 

Psalmboek  2003  ...  174

 

5.8

 

Samevatting  ...  189

 

5.9

 

Gevolgtrekkings  ...  196

 

HOOFSTUK  6  ...  199  

SAMEVATTING,  GEVOLGTREKKINGS  EN  AANBEVELINGS  ...  199

 

6.1

 

Inleiding  ...  199

 

6.2

 

Navorsingsmetodologie  ...  199

 

6.3

 

Historiese  gegewens  met  betrekking  tot  die  GKSA  ...  200

 

6.4

 

Empiriese  navorsing  met  betrekking  tot  die  psalm  as  kerklied  in  die    GKSA  ...  201

 

6.5

 

Sinodebesluite  met  betrekking  tot  die  psalm  ...  205

 

6.6

 

Gevolgtrekking  ...  208

 

6.7

 

Verdere  aanbevelings  ...  213

 

6.7.1

 

Ontwikkeling  op  die  gebied  van  psalms  ...  213

 

6.7.2

 

Voorstelle  vir  verdere  navorsing  ...  221

 

BYLAAG  A:  Dekbrief  by  die  vraelys  ...  223  

BYLAAG  B:  Vraelys  –  Psalms  in  die  GKSA  ...  224  

BYLAAG  C:  Etiekvorm  ...  230  

BYLAAG  D:  Figure  en  tabelle  ...  232  

BRONNELYS  ...  235  

 

(11)

HOOFSTUK 1

INLEIDING, PROBLEEMSTELLING, NAVORSINGSVRAAG,

HOOFSTUKINDELING

1.1

Inleiding

"Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika […] is 'n [p]salmsingende kerkverband" (Bingle, 2003:vii). Hierdie woorde deur die eindredakteur van Psalmboek 2003 loop vanaf sy ontstaan in 1859 soos 'n goue draad deur die geskiedenis van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA). Indien dit wel die geval blyk te wees, waarom word daar slegs 'n klein persentasie van die psalms in die Afrikaanssprekende gereformeerde erediens gesing? Lê die probleem slegs by die teks of musiek, of het die algemene sinode se besluite 'n invloed op die lae gebruiksfrekwensie van sekere psalms?

Net soos die vroegste tye, toe liedere afkomstig uit die kanonieke psalmboek tydens Israel se verering van God gebruik is (Strydom, 1994b:10), vorm psalmsang vandag steeds 'n kenmerkende deel van Calvinisties-gereformeerde denominasies se aanbidding (Jankowitz, 2009:1).1 Die Bybelse opdrag om psalms te sing, word in die volgende twee teksverse

duidelik:

… en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere (Efesiërs 5:19).

Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing (Kolossense 3:16).

Die reformatore Martin Luther (1483-1546) en Johannes Calvyn (1509-1564) het die erediens as 'n dinamies-dialogiese gebeure gesien waarin gemeentesang 'n deurslaggewende rol gespeel het (Strydom, 1994a:i). Johannes Calvyn het as teoloog die

                                                                                                               

1 Alhoewel daar na ‘n Calvinistiese inslag verwys word, is die erediens in veral die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika geskoei op die sogenaamde Nederlandse model wat weer op die liturgiese beginsels van Zwingli geskoei is. Zwingli se hervorming het die idee van Christus se teenwoordigheid by die Nagmaal verwerp, en die liturgie op die sogenaamde pedagogiese pronaus of gedeelte voor die mis gebaseer. Calvyn, daarenteen, het die gebruik van die antieke kerke en die struktuur van die Missa Romanum gevolg met die klem op ‘n absolute eenheid tussen Woord en Sakrament, asook gemeentelike deelname aan die erediens. Met sy terugkeer na Genève in 1541, is Calvyn egter nie toegelaat om sy liturgiese konsepte (kyk Calvyn se Straatsburg-liturgie, heruitgegee in 1542) te realiseer nie, behalwe die sing van psalms – dus minder tipies Calvyns (Strydom, 1994b:70; Spoelstra, 2004:270).

(12)

strukturele betekenis van gemeentesang geformuleer en dit met die Geneefse Psalter2

bevestig (Strydom, 1994b:66; Luth, 1995:73).

Die psalms, een van die rykste bronne van wysheid vir die aanbiddingspraktyk (Witvliet, 2007:xiii), dikwels met die kenmerkende psalmistiese opdrag "Sing vir die Heer" (Routley, 1959:14), verbind kulture en veranderende kontekste met mekaar deurdat dit 'n ekumeniese verbindingsrol tussen mense uit verskillende kerklike tradisies, wêrelde en tye speel (Vos & Olivier, 2002:1431, 1432). Die psalms as "elegant poetry, songs and prophecies to cause sorrow, repentance, praise and thanksgiving in order to arrive at confidence", is volgens Landon (2011:1) vandag meer as ooit geskik om in 'n postmoderne samelewing as voertuig vir 'n vitale geloofsgemeenskap te dien.

In die sterk gesekulariseerde Europese samelewing is daar toenemend belangstelling in die psalms (kyk ook voorstelle in Hoofstuk 6). In 1995 verskyn 'n bundel getiteld Nieuwe

Psalmen met Nederlandse en Vlaamse gedigte wat op psalms gebaseer of daardeur

geïnspireer is (Blaauw, 2014). Op die internet is moderne, eietydse Engelse en Nederlandse psalms te lees (Snyman, 2007:105). In 2005 verskyn 'n bundel getiteld Tussentijds –

Aanvullend liedboek bij het Liedboek voor de Kerken in Nederland waarin onder andere

nuwe vorme van psalms (41 psalms) opgeneem is (Endedijk, 2005). In die nuwe Liedboek wat in 2013 in Nederland verskyn het, skryf die sekretaris van die Interkerklijke Stichting voor het Kerklied, Klaas Holwerda, soos volg (Holwerda, 2013:s.p.):

Het eigene en kenmerkende van dit boek ligt onder meer in andere (onberijmde) vormen van psalmzingen, een aanzienlijk grotere afwisseling in genres. […] Op de achtergrond hiervan spelen naast ontwikkelingen in de liturgie ingrijpende maatschappelijke en culturele verschuivingen gedurende de laatste halve eeuw een rol, zoals ontzuiling, globalisering en individualisering.

In Suid-Afrika verskyn daar in die afgelope dekade verskeie nuwe liedboeke in Afrikaanssprekende kerkverbande, waaronder die NG Kerk (NGK) en die Nederduitsch Hervormde Kerk (NHK) (Liedboek van die Kerk, 2001), die GKSA (Psalmboek 2003) en die Afrikaanse Protestantse Kerk (Psalms en Gesange vir die AP Kerk, 2005) (Van Rooy, 2010a:1). Die VONKK- en FLAM-inisiatiewe van die NGK se Algemene Diensgroep vir

                                                                                                               

2 Die Geneefse Psalter verwys na die bundel Frans-berymde psalms deur Johannes Calvyn, Clément Marot en later ook Théodore de Bèze wat in Genève verskyn het. Hierdie psalms is gesing op melodieë afkomstig van die Duitstalige gemeente in Straatsburg, asook melodieë wat later deur Louis Bourgeois, Guillaume France en Maître Pierre gekomponeer is. Die eerste uitgawe van die Geneefse Psalter verskyn in 1539 in Straatsburg, en bestaan uit 19 psalms en drie gesange. Teen 1562 verskyn die bundel met al 150 psalms, asook 'n beryming van die Tien Gebooie en die Lofsang van Simeon (Luth, 1995:73; Kriek, 1995:78).

(13)

Gemeentelike Ontwikkeling bevat ook nuwe psalmberymings en psalmmelodieë wat aanlyn beskikbaar is.3

In teenstelling met hierdie siening, noem Elsabé Kloppers (2000:193) egter dat die volgende vrae oor die psalms in die Afrikaanse konteks herhaaldelik gehoor word:

• Is die nuwe psalmomdigting dinamies en in 'n meer eietydse taal en vorm? • Is die tekste 'n weergawe van singbare en sinvolle eenhede?

• Is die psalms [nog] singbaar?

• Is al die psalms liturgies bruikbaar as liedere?

• Reflekteer die nuwe psalms 'n verskeidenheid van style en vorme, of is die psalms steeds in 'n lang, strofiese vorm gegiet wat nie veel van die sogenaamde Totiusberyming verskil nie?

Die aandrang dat die kerklied (daarby ingesluit die psalms) vernuwe en verander moet word, het reeds tot die implementering van verskeie veranderings gelei (De Klerk & Smit, 2002:105) – alhoewel nie altyd bo verdenking nie (Strydom, 1994a:1). Belangrike beginsels by die oorweging van die opname van liedere in liedboeke is liturgiese funksionaliteit en 'n gerigtheid op 'n konkrete, liturgiese praktyk (Hoondert, 2009:72). Hedendaagse Christelike musiek staan voor die uitdaging om tegelyk Bybels én funksioneel effektief te wees, met ander woorde musikaal en sosiaal aanvaarbaar, maar terselftertyd in ooreenstemming met die Bybel (Adedeji, 2007:86).

Die Nederlandse teoloog, Abraham Kuyper, skryf in 1911 dat, ten spyte daarvan dat al 150 psalms volgens Art. KO 69 in die erediens gesing behoort te word, die oorgrote meerderheid van psalms in die Nederlandse erediens geen diens doen nie (Kuyper, 1911:65). 'n Ondersoek4 wat in 1990 deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) geloods

is (kyk Vos & Müller, 1990), asook twee proefskrifte oor die stand van psalmsang in Afrikaanssprekende kerke met 'n gereformeerde belydenisgrondslag wat onderskeidelik in 2008 en 20095 voltooi is, het bevind dat die psalms as kerkliedere/liturgiese liedere nie

optimaal benut word nie. In 'n empiriese ondersoek na die gebruik van psalms in die NGK

                                                                                                               

3 VONKK: Voortgesette Ontwikkeling van Nuwe Klassieke Kerkmusiek (http://www.vonkk.co.za/); FLAM: Funky Liedere vir 'n Aan-die-brand Musiekbediening (http://www.flam.co.za/).

4 Die oorspronklike ondersoek en resultate kon nie opgespoor word nie.

5 J.H. van Rooy (2008) – Die Psalmboek 2003 as kommunikasiemiddel in die liturgie van die

erediens in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika H.J. Jankowitz (2009) – Die praktyk van liturgiese psalmsang in die NG Kerk in Suid-Afrika en Namibië

(14)

het 88.9% van die respondente negatief en 11.1% positief oor psalmsang gereageer (Jankowitz, 2009:149). Van Rooy (2010b:35) se navorsing toon aan dat uit Psalmboek 2003 'n gemiddeld van 59 psalms van die 1936-beryming en 34 psalms uit die 2001-omdigting in die GKSA gesing word, ten spyte daarvan dat Kerkorde Artikel 696 (hierna KO Art. 69

genoem) bepaal dat al 150 psalms in die GKSA gesing moet word (GKSA, 2012:385).7

In Psalmboek 2003 word die doel van die boek, naamlik om "liturgiese liedere in ou én nuwe vorme op die liturgievierende tong van die gemeente te plaas" (Bingle, 2003:vii) om sodoende die liturgiese sang te verruim en te verryk, as motivering vir die nuwe bundel voorgehou. Die aanvaarding en insluiting van die 2001-omdigting8 van die psalms het ten

doel om die psalms in ‘n jonger taalidioom vir gebruik beskikbaar te stel. Die wens word voorts uitgespreek dat die ouer en nuwe liedere nie teen mekaar sal kompeteer nie, maar eerder komplementerend saam gebruik behoort te word (Bingle, 2003:vii-viii).

Psalmboek 2003, waarin onder andere ‘n nuwe psalmomdigting en ‘n aantal Skrifberymings9

opgeneem is, is nie oral positief in die GKSA ontvang nie. Gedurende die naweek van 25 en 26 Oktober 2003 is die boek landswyd in gebruik geneem. Tydens ‘n byeenkoms in die Gereformeerde Kerk Die Kandelaar10 in Pretoria op Saterdagoggend, 25 Oktober 2003, word

die nuwe omdigtings ten sterkste bevraagteken en afgekeur – in weerwil van die wens van die eindredakteur soos hierbo vermeld. Daar word selfs gepraat van die "grootste meningsverskil van die GKSA in sy 144-jarige bestaan" (Van Wyk, 2003b:6). Van Rooy (2008:472) is van mening dat die Psalmboek 2003 ‘n weerspieëling is van die verdeeldheid wat binne die GKSA voorkom. Die feit dat hoofsaaklik 34 psalms of 22.6% van die 2001-omdigting in die GKSA gesing word (Van Rooy, 2010b:35), asook die sinode van 2006 se gevolgtrekking (na aanleiding van sewe beswaarskrifte teen die nuwe psalmomdigting) dat

                                                                                                               

6

KO Art. 69:

"

In die kerke moet die 150 Psalms, die Tien Gebooie, die Onse Vader, die Twaalf Artikels van die Geloof, die Lofsange van Maria, Sagaria en Simeon gesing word. Ander Skrifberyminge en Skrifgetroue liedere wat die Sinode goegekeur het, word in die vryheid van die kerke gelaat" (GKSA, 2012:385).

7 In sommige reformatoriese kerke, onder andere dié met ‘n sterk fundamentalisties-Calvinistiese inslag, is dit tradisie dat al 150 psalms in ‘n liedboek opgeneem word, sonder om werklik te bepaal "watter liedere in die geskiedenis gesing is, gesing word en gesing kan word" (Kloppers, 2002:236). Volgens Kloppers (2002:236) word die liturgiese funksionering van liedere nie gewaarborg deur die opname daarvan in liedboeke nie. Die geskiedenis wys duidelik dat baie liedere in liedboeke opgeneem word wat nooit gesing word nie.

8 "Nuwe Psalmomdigting" verwys na die 2001-omdigting van die psalms, waarin al 150 Psalms deur onder andere T.T. Cloete omgedig is (Barnard, 2001:15).

9 Berymings van Skrifgedeeltes (dit wil sê buiten die psalms), belydenisskrifte, ensovoorts. 10 Die Gereformeerde Kerk Die Kandelaar in Pretoria bestaan onder andere uit ‘n aantal streng

(15)

daar nog nie eensgesindheid rondom die psalmomdigting bestaan nie (GKSA, 2006:739), dui daarop dat die nuwe omdigting nie die gewenste resultaat gehad het nie.

Die negatiewe reaksie op die jongste omdigting van die psalms beteken egter nie dat die vorige psalmbundels in die GKSA foutloos en sonder kritiek was nie. Sedert die verskyning van die 1936-beryming11 in 1937 en die Psalmboek in 1976 was die melodieë en die

singbaarheid daarvan, asook enkele besware teen die 1936-beryming gereelde besprekingspunte by sinodes (kyk GKSA, 1955:65-70; 1961:459-463; 1973:204-207; 1985:768-770). Die stand van sake versleg in só 'n mate dat daar in 1988 kennis geneem word van die groeiende onrus in die Gereformeerde gemeentes oor die juiste woord-toonverhouding (GKSA, 1988:37). Benewens kritiek teen die musikale inhoud van die psalms word die kritiek teenoor die taalgebruik van die psalmberyming al hoe feller en word taalargumente ten gunste van 'n nuwe beryming toenemend aangevoer (GKSA, 1991:585). Met die 2001-omdigting is daar gepoog om hierdie kritiek – veral ten opsigte van die woord-toonverhouding – in ag te neem (Van Rooy, 2008:4).

Die probleem lê nie slegs by die psalmomdigting nie, maar blyk simptomaties te wees van dieperliggende probleme. Volgens die filosoof Johan Rossouw (2009) bevind die Westerse Protestantisme hom sedert die laat 19de eeu in 'n ernstige krisis. Spoelstra (2004:288) sien die verswakking of devaluasie van die leer as die hoofoorsaak vir die situasie wat hy as die "gespook van drenkelinge" beskryf. Waar die aanvanklike Reformasie onder Calvyn hoofsaaklik op die dogma (of leer) ten koste van die liturgie gefokus het, het die belangstelling in die leer ná Wêreldoorlog II afgeneem (Spoelstra, 2004:272). In Europa en ander dele van die Westerse wêreld is daar selfs sprake van ‘n totale breuk met die tradisie wat in feitlik alle kerke voorgekom het (Grindal, 1992:222). Die belangstelling het gaandeweg verskuif na globale politieke, sosiale en ander temas, met die gevolg dat die belangstelling in institusionele kerke12 afgeneem het en dat die tydperk voor 1994 gekenmerk word deur 'n

ekumeniese beweging wat by tye ontaard in 'n waaghalsige, lukrake, spiritualistiese eksperimentering sonder veel diepte (Strydom, 1994a:1; Spoelstra, 2004:272). Om daarvoor

                                                                                                               

11 Hierdie beryming staan ook in die volksmond as die "Totius-beryming" bekend, aangesien J.D. du Toit (alias Totius) in 1933 as berymer daarvoor verantwoordelik was (Strydom, 1994b:147).

12 ‘n Institusionele kerk kan beskryf word as ‘n kerk wat deur ‘n dominante institusionalistiese denkwyse gekenmerk word. Hierdie denkwyse het aanleiding gegee tot ‘n "ongebalanseerde en ongesonde kerkpraktyk" wat gekenmerk word deur "die onwaarskynlikheid van organiese groei binne die huidige ekklesiologiese wanbalans" (Van Helden, 2013:1). Institusionele kerke ervaar tans ‘n proses van krimping. Die "meeste gereformeerde gelowiges" skyn onbewus te wees van die verband tussen die institusionalistiese denkwyse en die krimpende kerke (Van Helden, 2013:1).

(16)

te vergoed, word daar toenemend na liturgiese vernuwing ten opsigte van simbole, nuwe vorme en kerkmusiek gesoek (Spoelstra, 2004:272). Spoelstra (2004:273) beweer voorts dat, alhoewel die gereformeerdes ernstig oor die erediens is, daar 'n onverskilligheid teenoor die liturgie waargeneem kan word – nieteenstaande die feit dat die kerk dikwels met sy liturgie geïdentifiseer word (Spoelstra, 2004:272). Sinodebesluite13 skep die indruk dat die

kerkleiding koersloos is met die onus wat op lidmate en predikante rus wanneer die liturgie bepaal moet (Spoelstra, 2004:273). Dit lei tot 'n tipe "bricolage liturgie"14 deurdat die liturgie

nie meer na gelang van 'n vasgestelde raamwerk saamgestel word nie (Hoondert, 2009:84).15

1.2

Doel van navorsing

Die ondersoeke wat deur die RGN, Van Rooy en Jankowitz gedoen is, fokus op die musikale en berymingsfaktore wat daartoe aanleiding gee dat psalms nie genoegsaam gebruik word nie. Die leemte wat egter in hierdie ondersoeke na vore kom, is tot watter mate die GKSA-sinodebesluite direk of indirek ‘n aandeel aan die lae gebruiksfrekwensie van psalms in die Afrikaanssprekende GKSA-gemeentes het.

1.3

Hoofprobleemstelling

 

Hoe beïnvloed sinodebesluite die gebruik van die psalm as kerklied in gemeentes van die GKSA?

1.4

Navorsingsdoelwitte

 

Die volgende navorsingsdoelwitte is deur die navorser gestel:

                                                                                                               

13 Kyk die Rapport Deputate Liturgiese Sake (GKSA, 1985:404) na aanleiding van die besluit geneem tydens die Algemene Sinode van 1927: "Die [...] liturgiese ordereëlings is aanvaar en die uitvoering daarvan word in die vryheid van die kerkraad gelaat."

14 ‘n "Bricolage liturgie" bestaan uit die kombinasie van verskillende liturgiese en liturgies-musikale style (Hoondert, 2009:77).

15 Vreemdelinge se waarneming van eredienste in die GKSA is dat die Woord steeds sentraal staan en dat "tradisie en stigtelikheid uitermate baie manifesteer" (Van Helden, 2013:3). Die "GKSA-godsdienstigheid" se sterk punt is steeds die suiwer navolging van die Woord as ononderhandelbare basis van gesag (Van Helden, 2013:5). Die liturgie en erediensgebruike word steeds hoofsaaklik deur die predikant bepaal en ingerig. In ooreenstemming met die karakter van ‘n institusionele denkwyse, word die eredienste dienooreenkomstig ingerig en vertoon dit "ongebalanseerdheid deur sterk tekens van formalisme" (Van Helden, 2013:5).

(17)

• ondersoek na die situasie in Afrikaanssprekende gemeentes van die GKSA met betrekking tot die gebruik van psalms in die erediens;

• die bepaling van die amptelike standpunte van die GKSA ten opsigte van die psalm as kerklied;

• die vergelyking van tendense binne gemeentes met amptelike sinodebesluite; • ‘n bespreking van gevolgtrekkings en aanbevelings.

1.5

Navorsingsbenadering

Twee belangrike komponente in 'n navorsingsbenadering is filosofiese aannames en spesifieke metodes of prosedures. Die navorsingsbenadering behels die plan om navorsing te doen, en bestaan gevolglik uit die filosofie, navorsingsontwerp en spesifieke metodes (Creswell, 2014:5). Hierdie navorsing is vanuit ‘n observerende in plaas van ‘n deelnemende hoedanigheid gedoen, aangesien ek nie as orrelis in die GKSA werksaam is nie.

Die waarde wat ‘n kombinasie van navorsingsmetodes en analitiese prosesse afkomstig van kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsing vir die navorser bied, het daartoe gelei dat daar op gemengde-metodes-navorsing as navorsingsparadigma of wêreldbeskouing16 (Creswell,

2014:6) besluit is (kyk Hoofstuk 2). Creswell (2015:15, 16) definieer gemengde-metodes-navorsing soos volg:

An approach to research in the social, behavioral, and health sciences in which the investigator gathers both quantitative (cloesed-ended) and qualitative (open-ended) data, integrates the two, and then draws interpretations based on the combined strengths of both sets of data to understand research problems.

Aanvanklik is ‘n literatuurstudie onderneem om ‘n breë oorsig te kon vorm. ‘n Empiriese ondersoek is deur middel van vraelyste onder 274 Afrikaanssprekende gemeentes van die GKSA gedoen. Die vraelyste is in samewerking van die Statistiekdiens van die Noordwes-Universiteit (NWU) in Potchefstroom opgestel en verwerk.

‘n Argiefondersoek na sinodebesluite is by die Teologiese Skool van die GKSA in Potchefstroom onderneem. Sinodale handelinge vanaf 1862-2012 is vir die doel bestudeer. Inligting uit die argiefondersoek is deur middel van die TAMS-sagteware (kyk Hoofstuk 5) gekodeer en geanaliseer.

                                                                                                               

16 Creswell (2014:6) verkies die term "wêreldbeskouing" of "worldview" in plaas van "paradigma":

I see worldviews as a general philosophical orientation about the world and the nature of research that the researcher brings to a study.

(18)

Die gemengde-navorsing-metode sal gebruik word om die kwantitatiewe en kwalitatiewe inligting te verwerk. Ten slotte sal Richard Osmer (2008) se waardevolle (kyk Heo, 2010:12; Flynn, 2010:1; Smith, 2010:111, 113) model vir praktiese teologie gebruik word om inligting wat uit die gemengde-metodes navorsing kristaliseer te interpreteer. Die model, tans een van die mees gebruikte navorsingsmodelle vir praktiese teologie (Woodbridge, 2014:90), bestaan uit take wat aan vier vrae gekoppel word, naamlik:

• Wat is aan die gang?

• Waarom is dit aan die gang?

• Wat is veronderstel om aan die gang te wees? • Hoe sou ons daarop kon reageer? (Osmer, 2008:4).

 

Die navorsingsmetodologie word volledig in Hoofstuk 2 bespreek.

1.6

Rol van die navorser

Ek is in die GKSA gedoop en het binne die kerkverband grootgeword en belydenis van geloof afgelê. Op 'n jong ouderdom het ek reeds 'n groot belangstelling in gemeentesang en orrelspel getoon. Op 13 het ek vir die eerste keer as aflosorrelis in my tuisgemeente waargeneem.

In my grootwordjare het ek gereeld met die vraag geworstel waarom ons slegs (enkele) psalms en Skrifberymings in die erediens sing en dan dikwels ook melodieë gebruik wat vir my vreemd op die oor geval het. Waarom het ons in die GKSA nie sulke mooi melodieë soos die NGK gesing nie? Waarom kon ons in die GKSA, byvoorbeeld, nooit gesange sing nie as die Bybel dan die opdrag gee dat psalms, gesange en ander geestelike liedere tot God se eer gesing moes word?

As hoërskoolleerling en as student (plaaslik en oorsee) het ek toenemend as aflosorrelis met ander kerkgenootskappe en hulle musiek in aanraking gekom. My onvergenoegdheid met die situasie in die GKSA het toegeneem en steeds kon ek nie antwoorde op my vrae vind nie. As ek gevra het waarom ons slegs sekere liedere sing, was die antwoord gewoonlik dat die sinode so besluit het. Waarom het die sinode dan nie ingegryp en liedere, wat nie inslag gevind het nie, verander nie?

My ervaring van die opset binne die GKSA en die vergelyking daarvan met die situasie in ander kerkgenootskappe het uiteindelik die agtergrond vir die keuse van navorsingsonderwerp gevorm.

(19)

Ek sien hierdie navorsing as 'n bydrae tot die diskoers binne die GKSA met die hoop dat dit die sinode sal aanspoor om opnuut die belangrikheid van die psalm as kerklied te ondersoek en die nodige veranderinge aan te bring wat daartoe sal lei dat meer psalms sodoende vir die deursnee-kerkganger ontsluit sou kon word.

Die volgende persone behoort in hierdie navorsing geïnteresseerd te wees: • Algemene en Partikuliere Sinodes,

• Deputate, • Predikante, • Orreliste, • Gemeentelede, • Navorsers in kerkmusiek.

 

1.7

Begrensing

Die volgende begrensing geld vir hierdie studie:

• Daar is slegs op Afrikaanssprekende gemeentes van die GKSA gefokus.

• Die navorsingsonderwerp behels nie ‘n ondersoek na die stand van liturgie in die GKSA of die musikologiese ondersoek na die psalms nie.

• Sinodebesluite van slegs die algemene/nasionale sinodes van die GKSA is in hierdie ondersoek bestudeer.

1.8

Geldigheid en betroubaarheid

Wetenskaplike navorsing behoort volgens wetenskaplike metodes te geskied (Bhattacherjee, 2012:1). Wetenskaplike navorsing moet verifieerbaar wees om die resultate van die ondersoek te kan bevestig (Shuttleworth, 2009). Die uitstaande kenmerk van gemengde-metodes-navorsing is triangulasie, met ander woorde die kombinasie van twee of meer databronne, metodologiese benaderings of teoretiese perspektiewe (Thurmond, 2001:253; kyk ook Creswell, 2015). Die effektiwiteit van triangulasie berus daarop dat die swak punte van 'n navorsingsparadigma of -metode deur die sterk punte van die teenoorgestelde navorsingsparadigma of -metode gekanselleer sal word (Jick, 1979:604).

Die geldigheid en betroubaarheid van die ondersoek in hierdie studie word bewerkstellig deur die deeglike bestudering van beskikbare literatuur, resultate van die empiriese ondersoek, asook temas wat na vore kom uit argiefnavorsing oor die onderwerp. Temas wat

(20)

uit hierdie ondersoeke na vore kom, word dan met mekaar vergelyk om te bepaal of dit ooreenstem of van mekaar verskil.

 

 

1.9

Etiek

Die Verklaring rondom Navorsingsetiek vir ‘n opvolg-evaluasie of studie/ondersoek (kyk Bylaag C) van die NWU is voltooi. Daarvolgens is aangedui dat die studie geen kwesbare deelnemers behels nie en dat geen NWU-personeel of studente in die ondersoek gebruik is nie. Geen sensitiewe inligting is benodig nie en die studie het ook nie potensieel-skadelike prosedures ingesluit nie. Die studie het voorts geen nadelige gevolge vir die beeld van die NWU of die Skool vir Musiek aan die NWU ingehou nie.

1.10 Hoofstukindeling

Hierdie proefskrif bestaan uit ses hoofstukke. In Hoofstuk 1 word die inleiding, probleem-stelling en motivering van die studie behandel. Die navorsingsmetodologie word ook kortliks bespreek, alhoewel dit breedvoering in Hoofstuk 2 behandel word. In Hoofstuk 3 word historiese gegewens met betrekking tot die ontstaan van die GKSA, die erediens van die GKSA en die gebruik van psalms in die GKSA behandel. In Hoofstuk 4 word die empiriese navorsing wat onder Afrikaanse gemeentes van die GKSA in Suid-Afrika en Namibië gedoen is, bespreek. Hoofstuk 5 handel oor die argiefnavorsing wat oor die sinodebesluite van die GKSA vanaf 1862-2012 gedoen is. Hoofstuk 6 vorm die slothoofstuk waarin die bevindings, gevolgtrekkings en aanbevelings behandel word. 'n Bylae met tersaaklike dokumentasie en die bronnelys rond die proefskrif af.

(21)

HOOFSTUK 2

NAVORSINGSMETODOLOGIE

2.1

Inleiding

In hierdie hoofstuk sal die navorsingsmetodologie wat gebruik is om te bepaal of die GKSA-sinodebesluite 'n invloed op die lae gebruiksfrekwensie van psalms in die GKSA-erediens het, bespreek word. Skematies kan die metode wat gevolg is soos volg voorgestel word:

Navorsingsparadigma Gemengde-metodes-navorsing

 

 

 

Dataversameling

Literatuurstudie Empiriese ondersoek

Positivisties Kwantitatief Argiefnavorsing Anti-positivisties Kwalitatief

 

 

Data-analise Gemengde-metodes

 

 

 

Interpretasie Osmer-model:

Beskrywend-empiriese taak: Wat is aan die gang? Interpretatiewe taak: Waarom is dit aan die gang?

Normatiewe taak: Wat is veronderstel om aan die gang te wees? Pragmatiese taak: Hoe moet ons hierop reageer?

(22)

2.2

Metode

In enige navorsing kom drie belangrike konsepte ter sprake, naamlik ontologie, epistemologie en metodologie. Ontologie verwys na 'n realiteit, epistemologie verwys na die kennis van die realiteit en metodologie verwys na die wyse waarop die kennis opgedoen is om die realiteit te kan verklaar (MacIntosh, 2009).

Die term "ontologie" is afgelei van die Grieks "onto", wat "wese" beteken (Lawson, 2004:1) en "logos" wat "studie", "of wetenskap" beteken (Truncellito, 2014). Volgens Lawson (2004:1) bestaan die term "wese" uit twee aspekte, naamlik dit wat is of bestaan en wat dit is

om te wees of om te bestaan.

Die term "epistemologie" is afgelei van die Griekse woord "episteme" wat "kennis beteken" en "logos" wat "studie", "of wetenskap" beteken (Truncellito, 2014). Mastin (2008a) definieer epistemologie as "the study of the nature and scope of knowledge and justified belief". Die doel van epistemologie is om die aard van kennis te analiseer en om te bepaal hoe dit verband hou met soortgelyke begrippe soos waarheid, opvatting en verantwoordbaarheid. Kennis is dus die bewustheid en begrip van spesifieke aspekte van realiteit of die ontologie (Mastin, 2008a).

Epistemologie bestaan uit 'n verskeidenheid take wat in twee kategorieë ingedeel kan word. Die eerste kategorie het te make met die aard van kennis (wat beteken dit om iets te weet of nie te weet nie?) en die tweede kategorie met die omvang van kennis (hoeveel moet, kan ons weet?) (Truncellito, 2014).

Die derde belangrike konsep in navorsing is die metodologie. Die term "metodologie" is afgelei van die Latynse woord "methodologia", saamgestel uit "methodus" en "logia". Dit kan verduidelik word as 'n spesifieke prosedure, of 'n stel prosedures of metodes (Merriam-Webster, 2014).

Die proses waartydens inligting bekom word met die doel om kennis op te doen of om bewyse te vind, word navorsing genoem (Taflinger, 2011). Taflinger (2011) onderskei drie tipes navorsing:

• Suiwer navorsing: ondersoek met die doel om meer oor die onderwerp uit te vind. • Primêre navorsing: oorspronklike ondersoek wat nog nie vantevore gedoen is nie. • Sekondêre navorsing: ondersoek gedoen na aanleiding van primêre ondersoek met

(23)

Navorsingsontwerpe kan volgens Bhattacherjee (2012:6) in drie kategorieë verdeel word:

• Ontdekkingsnavorsing: om meer inligting oor die omvang van 'n fenomeen, probleem of gedrag in te win.

• Beskrywende navorsing: deeglike waarneming en dokumentering van die fenomeen of probleem wat ondersoek word.

• Verduidelikende navorsing: die soeke na verduidelikings vir die waargeneemde fenomeen, probleem of gedrag.

Vir navorsing om as wetenskaplike navorsing geklassifiseer te word, moet dit volgens wetenskaplike metodes geskied, moet dit tot 'n wetenskaplike liggaam kan bydra (Bhattacherjee, 2012:1) en dit moet geverifieer kan word om die geldigheid daarvan te bevestig (Shuttleworth, 2009). 'n Metode wat dikwels deur kwalitatiewe navorsers gebruik word om geloofwaardigheid aan navorsing te verleen, is triangulasie, die kombinasie van twee of meer databronne, metodologiese benaderings of teoretiese perspektiewe (Thurmond, 2001:253).

Volgens Bhattacherjee (2012:5) is dit noodsaaklik dat 'n wetenskaplike metode volgens gestandaardiseerde prosesse en tegnieke gevolg word:

Scientific method refers to a standardized set of techniques for building scientific knowledge, such as how to make valid observations, how to interpret results, and how to generalize those results. The scientific method allows researchers to independently and impartially test preexisting theories and prior findings, and subject them to open debate, modifications, or enhancements (Bhattacherjee, 2012:5).

Bhattacherjee (2012:5) noem vier eienskappe of vereistes waaraan wetenskaplike navorsing behoort te voldoen:

• Herhaalbaarheid: onafhanklike navorsing behoort 'n wetenskaplike studie te kan herhaal en dieselfde of byna dieselfde resultate te behaal.

• Deeglikheid: teoretiese konsepte moet só gedefinieer en beskryf word sodat dit deur ander gebruik kan word om dieselfde teorie te toets.

• Weerlegbaarheid (falsifiability): vir 'n teorie of kennis om wetenskaplik te kan wees, moet aangetoon kan word hoe weerlegbaar of onweerlegbaar die teorie is.

• Spaarsaamheid: wanneer veelvoudige verduidelikings vir 'n fenomeen moontlik is, behoort die eenvoudigste of logies mees ekonomiese verduideliking aanvaar word.

Die toepassing van die wetenskaplike metode binne die sosiale wetenskaplike navorsing maak van 'n verskeidenheid navorsingsmetodes gebruik. Die belangrikste doel van die

(24)

wetenskaplike metode is om op empiriese vlak waar te neem en hierdie waarnemings te analiseer en te interpreteer (Bhattacherjee, 2012:5).

2.3

Navorsingsontwerp

Soos hierbo aangetoon, is die wetenskaplike metode se doel om empiriese waarnemings te analiseer en te interpreteer (Bhattacherjee, 2012:5). Hiervoor word 'n navorsingsontwerp benodig. Bhattacherjee (2012:35) definieer die navorsingsontwerp as 'n omvattende plan waarvolgens data binne 'n empiriese navorsingsprojek ingesamel word. Die basiese struktuur van 'n navorsingsontwerp bestaan uit die volgende drie aspekte:

• Navorsingsparadigma: 'n beskrywing van die paradigma of verwysingsraamwerk waaruit die studie onderneem is.

• Navorsingsinstrumente: instrumente wat tydens die navorsing gebruik is om die data mee te bekom, te verwerk en te analiseer.

• Navorsingstrategie: metodologie wat vir die studie gebruik is (Davison, 1998:3-2).

2.3.1 Navorsingsparadigma

 

'n Paradigma kan gedefinieer word as die waardestelsel of teorie waarvolgens optrede of 'n stel handelinge bepaal word. 'n Navorsingsparadigma bepaal gevolglik hoe daar navorsing gedoen sal word (Barney, et al.:sonder datum), met die doel om duidelike, unieke kennis voort te bring (Taylor & Medina, 2013).

Volgens Cresswel (2003:21) hang die keuse van 'n navorsingsmetodie of -paradigma van drie faktore af:

Navorsings- probleem NAVORSINGS-METODE Persoonlike ervaring Teiken-gehoor

(25)

Twee tradisionele navorsingsparadigmas is die positivisme, 'n objektiewe, kwantifiseerbare navorsingsparadigma (Dudovskiy, 2014) wat deur die Franse filosoof Auguste Comte (1798

-1857) ontwikkel is (Landow & Everett, 2014) en anti-positivisme, 'n subjektiewe, kwalifiseerbare navorsingsparadigma (Dash, 2005). Positivisme, in die epistemologiese sin van die woord, dui op 'n waardevrye studie van sosiologie deur gebruikmaking van natuurwetenskaplike metodes (Mastin, 2008c; Merton, 2014). Anti-positivisme, ook post-positivisme (Taylor & Medina, 2013) of interpretivisme (Cohen & Crabtree, 2006) genoem, is 'n waardegebaseerde studie (Cohen & Crabtree, 2006) in reaksie op die positivisme wat, volgens Hirschheim (1985), betekenisvolle ervaring as 'n belangrike kenmerk van menslike verskynsels afgeskeep het.

Sogenaamde paradigma-puriste of aanhangers van 'n enkele paradigma is oënskynlik in konflik met mekaar deurdat elkeen sy paradigma as die mees ideale een beskou.17

Kwantitatiewe navorsers handhaaf die mening dat die sosiologiese wetenskaplike navorsing objektief gedoen moet word om betroubare en geldige resultate te kan waarborg. Daarteenoor handhaaf kwalitatiewe navorsers die mening dat sosiologiese navorsing subjektief gedoen behoort te word, aangesien navorsing waardegedrewe behoort te wees (Johnson & Onwuegbuzie, 2004:14). Johnson en Onwuegbuzie (2004:14) beveel egter 'n derde navorsingsparadigma aan, naamlik gemengde-metodes-navorsing18 ("mixed methods

research"). Hierdie navorsingsmetode, waarvan die ontstaan herlei kan word na Campbell en Fiske se gebruik van veelvuldige metodes om die geldigheid van sielkundige eienskappe in 1959 te ondersoek, erken die tekortkominge van ander navorsingsparadigmas en bied die moontlikeheid om vooroordele van verskillende metodes te neutraliseer (Cresswel 2003:15). Schulze (2003) deel hierdie siening in sy mening dat 'n kombinasie van positivisme en anti-positivisme, of kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing moontlik is. Alle paradigmas of metodes, in teenstelling met 'n metodologiese monisme waarin slegs een navorsings-metodologie gebruik word, het waarde mits dit toepaslik aangewend word (Davison, 1998; Johnson & Onwuegbuzie, 2004:14). Pieterse (2010:104) sluit hierby aan as hy skryf: "I am hesitating to speak of hardened paradigms in our contemporary situation."

Volgens Teddlie en Tashakkori (2012:774) bestaan daar teenstrydige sienings oor gemengde-metodes-navorsing se basiese kenmerke. Hulle is egter van mening dat

                                                                                                               

17 Taylor en Medina (2013) verwys na "paradigma-oorloë" waar ondersteuners mekaar met mening van hulle gekose paradigma se superioriteit probeer oortuig. Wicks en Freeman (1998:123) verwys na die epistemologiese problematiek vir die etiek as gevolg van die debat tussen die positivisme en die anti-positivisme.

(26)

gemengde-metodes-navorsing oor vier basiese kenmerke beskik (Teddlie & Tashakkori, 2012:776):

1. Metodologiese eklektisisme: die gebruik van 'n verskeidenheid strategieë, afkomstig uit kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsing wat gemotiveer word deur die verwerping van die sogenaamde onversoenbaarheid van navorsingsmetodes (Teddlie & Tashakkori, 2012:776, 777).

2. Paradigma-pluraliteit: 'n verskeidenheid paradigmas vorm die onderliggende filosofie vir die gebruik van gemengde navorsingsmetodes. Dit kom neer op die verwerping van die idee dat metodes op 'n een-tot-een basis aan paradigmas gekoppel word (Teddlie & Tashakkori, 2012:779).

3. Diversiteit: gemengde-metodes-navorsing is in wese 'n herhalende siklus. Gemengde-metodes-navorsing word gekenmerk deur die siklus van deduktiewe en induktiewe logika wat op enige punt in die siklus sou kon begin (Teddlie & Tashakkori, 2012:781).

4. Continua: gemengde-metodes-navorsing bestaan uit 'n erkende stel basiese ("signature") navorsingsmetodes en analitiese prosesse afkomstig van kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsmetodes (Teddlie & Tashakkori, 2012:776, 782).

Johnson en Onwuegbuzie (2004:16) beskou pragmatisme as die "filosofiese vennoot" van gemengde-metodes-navorsing. Die pragmatisme is 'n filosofiese tradisie wat rondom 1870 in Amerika ontwikkel. Klassieke pragmatici, soos Charles Sanders Peirce (1839-1914), William James (1842-1910) en John Dewey (1859-1952), se uitgangspunt was dat die inhoud van die hipotese verklaar behoort te word deur die praktiese gevolge daarvan na te spoor (Hookway, 2013). Volgens Hookway (2013) word die pragmatiese filosoof gekenmerk as iemand wat 'n vorm van naturalisme aanhang en van interdissiplinêre wetenskaplike metodes gebruik maak.

'n Pragmatiese benadering kan juis tot voordeel wees om kommunikasie tussen die twee paradigma-puriste aan te spoor (Johnson & Onwuegbuzie, 2004:16). Volgens Greene et al. (1989:257) is die ideaal 'n vermenging van die puristiese paradigmatiese integriteit met die pragmatis se siening dat die begrip of verstaan van 'n spesifieke probleem juis deur gebruikmaking van ander paradigmas verhoog of verbeter kan word. Johnson en Onwuegbuzie (2004:19) wys egter op die tekortkominge van die pragmatisme. 'n Pragmatiese benadering sou tot gevolg kon hê dat basiese navorsing afgeskeep word ten gunste van toegepaste navorsing, aangesien laasgenoemde meer onmiddellike en praktiese resultate tot gevolg het. Alhoewel pragmatisme 'n mate van sukses kan hê, wys heelwat

(27)

moderne filosowe die pragmatisme af vanweë die logiese onvermoë daarvan om oplossings vir filosofiese dispute te vind (Johnson & Onwuegbuzie, 2004:19).

Die waarde van die pragmatisme vir die gemengde-metodes-navorser lê egter in die moontlikheid wat dit bied om deur middel van 'n verskeidenheid van metodes die studie te onderneem (Creswell, 2003:12). Cresswel bied die volgende vergelykende opsomming van die kenmerke van kwantitatiewe-, kwalitatiewe- en gemengde-metodes-navorsing (Cresswel, 2003:17):

Kwantitatiewe navorsing Kwalitatiewe navorsing Gemengde-metodes-navorsing

Voorafbepaald Opkomend Beide voorafbepaald en

opkomend

Geslote vrae Oop vrae Beide oop- en geslote vrae

Presterende-, houdings-, observerende- en sensusdata Onderhouds-, observasie-, dokument- en oudiovisuele data

Veelvuldige vorme van data afkomstig van alle

moontlikhede Statistiese analise Teks- en beeldanalise Statistiese en teksanalise

Tabel 1: Vergelyking van navorsingsmetodes

 

2.3.2 Navorsingsinstrumente

As gevolg van die waarde van die kombinasie van verskillende navorsingsmetodologieë word hierdie studie vanuit ‘n gemengde-metodes-navorsingsparadigma onderneem om die hoofnavorsingsvraag mee te ondersoek. Die volgende navorsingsinstrumente is gebruik om inligting mee in te win:

Figuur 3: Navorsingsinstrumente Argiefondersoek  

Sinodebesluite  

Empiriese  ondersoek  

Vraelyste  

Literatuurstudie  

(28)

 

(a) Literatuurstudie deur middel van biblioteek- en internetsoektogte. 'n Verskeidenheid resente en minder resente literatuur, afkomstig van boeke, artikels, periodieke publikasies en ander geskrifte is bestudeer. Die literatuurstudie word in Hoofstuk 3 behandel.

(b) Empiriese ondersoek deur middel van 'n vraelys (kyk Bylaag B) wat aan 274 Afrikaanssprekende GKSA-gemeentes in Suid-Afrika en Namibië gestuur is. Die ontwerp van die vraelys en die analise daarvan word in Hoofstuk 4 behandel.

(c) Argiefnavorsing wat die bestudering van GKSA-sinodebesluite vanaf 1862-2012 behels. Die navorsing is in 2010 begin deur besluite wat met die psalm verband hou vanaf die Administratiewe Buro van die GKSA in Potchefstroom te bekom. In September 2014 is die GKSA-argief in Potchefstroom besoek waar die Handelinge van al die sinodes vanaf 1862-2012 opnuut bestudeer is.

Die was belangrik om die rou data na betekenisvolle data om te skakel. Vir dié doel is die TAMS Analyzer-sagteware19 gebruik. TAMS Analyzer word gebruik om rou data te kodeer

volgens bepaalde temas. Die betrokke teks word ‘n aantal kere deeglik bestudeer en bepaalde temakodes word aan die teks toegeken. Nadat die teks bestudeer en temakodes toegeken is, was dit moontlik om statistiese gegewens in verband met temas te genereer. Schilling (2006:36) is positief oor die gebruik van analitiese sagteware, maar wys ook op die beperkinge daarvan:

These programs might be helpful in managing, retrieving, and analyzing the data but they do not release the assessor from making the decisions on how to shape the analytic process.

2.3.3 Navorsingstrategie

In Hoofstuk 1 is reeds genoem dat van gemengde-metodes-navorsing gebruik gemaak word om die kwantitatiewe en kwalitatiewe data te analiseer. Creswell (2015:52) gebruik die volgende diagram om die proses mee te verduidelik:

                                                                                                               

19 Text Analysis Markup System Analyzer is ‘n sagtewareprogram vir die kodering en analise van kwalitatiewe, tekstuele en oudiovisuele inligting (Weinstein, 2010:1). Dit is deur prof. Matthew Weinstein van die Universiteit van Washington-Tacoma ontwikkel en kan by die volgende adres bekom word: http://tamsys.sourceforge.net.

(29)

Figuur 4: Navorsingstrategie (aangepas)

Richard Osmer (2008) se navorsingsmodel vir Praktiese Teologie sal gebruik word om die resultate mee te interpreteer. Osmer koppel vier hooftake van praktiese teologiese interpretasie aan vier vrae (Osmer, 2008:4):20

1. Beskrywend-empiriese taak: Wat is aan die gang?

Die doel van die taak is die verkryging van inligting om sodoende die tendense en dinamika van spesifieke gebeure, omstandighede of kontekste te kan bepaal (Osmer, 2008:4).

Die GKSA sing nie soveel psalms as wat 'n mens sou verwag nie (kyk die RGN-ondersoek; Van Rooy, 2008). In hierdie studie sal inligting ingewin word om te bepaal of tendense met betrekking tot die gebruik van psalms in die GKSA aan

                                                                                                               

20 ‘n Variasie op Richard Osmer se model is die EDNA-model ("Exploratory research, Descriptive research, Normative research, Action research") (Woodbridge, 2014:95). Die EDNA-navorsing benader alles vanuit 'n Bybelse perspektief (o.a. die 5 Sola's) (Woodbridge, 2014:93, 94). Die verskil tussen die EDNA- en die Osmer-model is dat Osmer eers vra wat op die oomblik aan die gang is, voordat hy probeer vasstel wat daartoe aanleiding gegee het. EDNA ondersoek eers historiese en ander faktore wat tot die huidige situasie aanleiding gegee het, voordat die situasie bespreek word (Woodbridge, 2014:102, 103).

Kwalitatiewe data-versameling en analise Kwantitatiewe data-versameling en analise Samevoeging Interpretasie (Osmer)

(30)

sinodebesluite toegeskryf sou kon word. Vir hierdie doel is hoofsaaklik van argiefnavorsing en 'n vraelys wat aan 274 Afrikaanssprekende gemeentes van die GKSA in Suid-Afrika en Namibië gestuur is, gebruik gemaak. Verskynsels of tendense wat uit die empiriese resultate na vore getree het, is vergelyk met die resultate wat uit die bestudering van die GKSA-sinodebesluite na vore gekom het.

Hierdie taak is hoofsaaklik kwalitatief van aard. Die waarde van kwalitatiewe navorsing lê daarin dat dit 'n interpretiewe lig op die fenomeen wat bestudeer word, werp om dit sodoende verklaarbaar of verstaanbaar vir buitestaanders te maak (Cleary et al., 2014). Schilling (2006:35) skryf soos volg hieroor:

Qualitative methods have their special strengths in the discovery and generation of hypotheses, but also to get a more in-depth understanding of the ideas and views of a person. Therefore, qualitative designs are often the first step to analyze a topic and should be complemented and/or followed by quantitative approaches when necessary.

2. Interpretatiewe taak: Waarom is dit aan die gang?

Die interpretatiewe taak fokus daarop om te bepaal waarom tendense en dinamika voorkom (Osmer, 2008:4). Volgens Alvermann en Mallozzi (2010:1) fokus interpretiewe navorsers daarop om betekenis te ontsluit ter wille van 'n beter begrip van die kwessies wat betrokke is.

Inligting uit die empiriese ondersoek is aan sinodebesluite van alle algemene of nasionale GKSA-sinodes vanaf 1862-2012 getoets om te bepaal of die sinodebesluite 'n aandeel aan die tendense gehad het. Die interpretatiewe taak in hierdie studie vra die vraag hoe dit gebeur het dat, waar die aanvanklike Gereformeerdes (Reformasie, GKSA) aanvanklik net/hoofsaaklik psalms gesing het, dit vandag nie meer die geval is nie en dat slegs 'n klein aantal psalms gesing word?21 Hoe het sinodebesluite die

gebruik van die psalm in die erediens gereël en beïnvloed? Het sinodebesluite direk/indirek 'n aandeel aan die lae gebruikvlakke?

                                                                                                               

21 Vergelyk byvoorbeeld die uitbreiding van die Skrifberyminge wat tans groot aandag geniet (kyk GKSA, 2012:392-408).

(31)

3. Normatiewe taak22: Wat is veronderstel om aan die gang te wees?

Volgens Osmer (2008:4) het hierdie taak ten doel om spesifieke episodes, situasies of kontekste te interpreteer sodat etiese norme vasgestel kan word waarvolgens ons reaksies gelei kan word, asook om van "goeie praktyk" te leer.23

Die GKSA se begronding is die Skrif. Alles wat in die erediens gebeur, moet Skrifverantwoordbaar wees. Daarmee saam bepaal KO Art. 69 wat in die erediens gesing behoort te word, naamlik die 150 Psalms, Skrifberymings en Skrifgetroue liedere. Indien die normatiewe perspektief op hierdie studie toegepas word, sou dit kon lei tot die vraag: Wat sê die Bybelse oor die gebruik van die psalm?

4. Pragmatiese taak: Hoe moet ons hierop reageer?24

Osmer (2008:4) sien die doel van hierdie taak om strategieë te bepaal wat tot ‘n gunstige uitwerking en invloed op bepaalde situasies sou kon lei.

Van die vrae wat hier na vore kom, is hoe sinodebesluite die gebruik van die psalm behoort te beïnvloed en te reël, asook hoe die sinode kan bydra om ‘n werkbare psalmmodel te skep wat 'n groter gebruik van die psalm deur die postmoderne25

lidmaat sal meebring.

Die verhouding tussen hierdie vier take word deur Osmer (2008:11) as 'n hermeneutiese26

sirkel of hermeneutiese spiraal (Smith, 2010:101) voorgestel om aan te toon hoe die take, wat elkeen 'n selfstandige funksie het, met mekaar integreer:27

                                                                                                               

22 Sosiale wetenskappe ontwikkel gewoonlik nie normatiewe teologiese perspektiewe om navorsing te interpreteer, of om die navorsingsveld te vorm nie (Osmer, 2008:10, 11).

23 Osmer definieer ‘n "episode" as ‘n "incident or event that emerges from the flow of everyday life and evokes explicit attention and reflection". ‘n Situasie definieer hy as ‘n "broader and longer pattern of events … in which an episode occurs". ‘n Konteks "is composed of the social and natural systems in which a situation unfolds" (Osmer, 2008:12).

24 In sy bespreking van Osmer se model, spreek Smith (2010:113) kritiek uit teen die afwesigheid van ‘n stelsel waarmee ‘n duidelike teologiese teorie van optrede ontwikkel sou kon word.

25 Kloppers (2003a:320) skryf dat "[t]he worship service is surrounded by a postmodern culture, which may influence the singing of hymns, the compilation of hymnals and the reception of new hymns and hymnals". Kenmerke van die postmoderniteit is volgens Kloppers (2003a:320) die "spirit of anti-authoritarianism, anti-foundationalism, pluralism and the postmodern ‘global village’".

26 Ramberg en Gjesdal (2013) skryf dat hermeneutiek, as interpretasieteorie, sy oorsprong in die Antieke Griekse filosofie het. Hermeneutiek "covers both the first order art and the second

(32)

Beskrywend empiries

Interpretatief

Normatief Pragmaties

Figuur 5: Die vier take van praktiese teologiese navorsing

Die besluit om van Osmer se model gebruik te maak, berus op die feit dat, alhoewel die model vir praktiese teologiese navorsing ontwikkel is, praktiese teologie as ‘n akademiese veld nou aansluiting vind met ander teologiese dissiplines, die kunste en die wetenskap (Osmer, 2008:163; kyk ook Hugo, 2010:45). Die bruikbaarheid van Osmer se model vir navorsing maak dit 'n geskikte navorsingsmodel in ander velde buiten die praktiese teologie, soos byvoorbeeld musiekwetenskap en selfs natuurwetenskap (Van den Worm, 2014).28  

2.4

Samevatting

 

Hierdie studie is onderneem om die hoofnavorsingsvraag, hoe die sinodebesluite van die GKSA die gebruik van die psalm as kerklied beïnvloed, mee te ondersoek.

As verwysingsraamwerk is die studie vanuit ‘n gemengde-metodes-navorsingsparadigma, wat bestaan uit navorsingsmetodes en analitiese prosesse afkomstig van kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsmetodes, onderneem. 'n Positivistiese, kwantitatiewe benadering is toegepas in die empiriese ondersoek onder 274 Afrikaanssprekende gemeentes van die GKSA. ‘n Anti-positivistiese, kwalitatiewe benadering is toegepas in die argiefnavorsing van sinodebesluite van die GKSA vir die tydperk 1862-2012. Ten slotte is ‘n interpretatiewe

                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                         

order theory of understanding and interpretation of linguistic and non-linguistic expressions" (Ramberg & Gjesdal, 2013).

27 Smith (2010:101) verkies die woord "strategies" in plaas van "pragmaties".

28 Interdissiplinêre uitruiling van navorsingsmetodes is nie ongewoon nie (kyk Holden & Lynch, 2004).

(33)

benadering deur middel van Richard Osmer se model vir praktiese teologiese navorsing gebruik om tot die finale gevolgtrekkings te kom en aanbevelings vir verdere studie te maak.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

First finding of the parasitic fungus Hesperomyces virescens (Laboulbeniales) on native and invasive ladybirds (Coleoptera, Coccinellidae) in South Africa.. Danny Haelewaters 1,*

FIGDUR 6.25 DKHDROGR!H VAH BKTKKKNISVOLLE VERDKLERS TEH OPSIGTK YAH DIE BKLAMGRIKHEID YAK DIE BEHOEFTK AAH SK&URITKIT {bv. sekuriteit oor per1anente pos). 25

Daarnaast wordt genoemd dat grote bedrijven vaak te maken hebben met internationale moederbedrijven die een beleid uitstippelen, en dat er voor grote bedrijven allerlei regels zijn

In dit onderzoek zal gekeken worden naar het effect van het welbevinden van de thuisleerkracht en de teacher op de relatie tussen de leerkracht en de DWS leerling en de teacher en

To study charge injection, is measured as a function of stress voltage and time. One of the setups with which these mea- surements can be done is depicted schematically in Fig. To

toekomsplanne van die Mandaatregering met betrekking tot die Duitse skole uiteengesit. Op l April 1920 sou al1e Duitse skole en koshuise deur die Regering

Er bestaan veel verschillen tussen kinderen in de normale motorische ontwikkeling 10,11 : deze verschillen betreffen de uitvoering van motorisch gedrag, de volgorde van

• Er wordt gewerkt op de schaal van minimaal de 10 politieregio’s • Er zijn in de 10 regio’s regionaal coördinatoren voor de forensisch. medische expertise bij