• No results found

Die eerste algemene sinodale116 vergadering van die GKSA vind in 1862 te Reddersburg in

die Oranje-Vrystaat plaas. By hierdie vergadering word geensins melding gemaak van die psalms of die inrigting van die erediens nie. Daar word slegs besluit om die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Drie Formuliere van Eenheid, asook die Dordtse Kerkorde, soos vasgestel by die Sinode van Dordrecht in 1618/19, aan te neem. Wat die liturgie betref, word

                                                                                                               

114 Volgens Schulze (1978:5) het ons kerkvaders "inderdaad ‘n rekord van raaiselagtige en onbegryplike beslissings wat kerkmusiek betref".

115 Daar behoort kennis geneem te word van die waarde van KO Art. 69 ten opsigte van die daarstel van ‘n "gesamentlike kerklied in kerkverband ter wille van die reg en orde in die kerk van Christus". Ten spyte van die "seën" wat uit die toepassing van hierdie artikel verkry is, was daar spanning teenwoordig in wat gesing "mag" word en wat gesing "moet" word. Dit is duidelik dat daar ‘n behoefte was en is aan ‘n "sinvolle uitbreiding van die kerklied" (GKSA, 2006:568).

116 Die benamings vir sinodes/sinodale vergaderings het gereeld gewissel: tot 1920 word daar na die Algemene Sinodale ("Synodale") Vergadering verwys; vanaf 1924 word daar na Sinodale Vergadering verwys; vanaf 1985 word daar na Nasionale Sinode verwys en sedert 2009 word daar na die Algemene Sinode verwys (GKSA, 1862-2012).

die besluit geneem dat dit ook in ooreenstemming met die genoemde sinode van Dordrecht sal geskied (GKSA, 1862:8).

Benewens die gesangekwessie, wat in wedersydse korrespondensie tussen die GKSA en die NGK ter sprake kom (GKSA, 1869:41-44), is die psalms nie ter sprake tydens die sinodes van 1863, 1866 en 1869 nie (GKSA, 1863; GKSA, 1866).

Tydens die sinode van 1873 vra die kerkraad van Burgersdorp of dit toelaatbaar sou wees om by die "houden van godsdienst" ander gesange as dié wat deur die Kerk goedgekeur is, te laat sing. Die antwoord op hierdie vraag word egter uitgestel na die volgende sinode (GKSA, 1873:48) wat soos volg verklaar:

Die Synode der Gereformeerde kerk in Zuid-Afrika stelt vast, overeenkomstig art. 69 harer kerkorde: dat bij den openbaren godsdienst alleen zullen gezongen worden de 150 Psalmen Davids en gezangen van welke de tekst in Gods woord staat uitgedrukt; nl. te verstaan, De Berijming van 1773 door die Gereformeerde kerk in Nederland in dien tijd vervaardigd en in gebruik genomen (GKSA, 1876:26).

Daar word ook van voorgangers en lede van die Gereformeerde kerk verwag om hulle aan hierdie bepaling te hou wanneer daar buite die kerkgemeenskap beweeg word, tensy daar ander, buitengewone gevalle ontstaan waartydens dit nie moontlik sal wees nie (GKSA, 1876:26).

Nege jaar na die sinode van 1876 kom die gebruik van orrels in die erediens ter sprake. Die sinode keur nie die gebruik van orrels in die erediens af nie, maar versoek dat daar toegesien word dat die eenvoud van die erediens streng behoue moet bly en dat die musiek nie die gemeente mag hinder of 'n prominente plek inneem nie, maar slegs tot ondersteuning van die sang aangewend moet word (GKSA, 1885:53).

Op 'n vraag of die 12 Artikels (geloofsbelydenis) in berymde vorm gesing mag word, oordeel die sinode van 1888 dat daar by die kerk se standpunt gebly moet word dat slegs "de Psalmen en Gezangen waarvan de tekst in den Bijbel gevonden wordt" in die kerk gesing mag word (GKSA, 1888:54).

Tydens die sinode van 1894 word, op versoek van die algemene sinode van die Kaapkolonie, besluit dat 'n kommissie van ondersoek aangestel moet word om die wenslikheid van 'n psalmboek vir die Gereformeerde kerk te ondersoek (GKSA, 1894:59).

Verwysend na die besprekingspunt rakende die sing van ander gesange tydens die 1873- sinode (GKSA, 1873:48) is die gebruik van sommige Gereformeerdes om ander liedere

(Kinderharp- en Sankey-liedere) buiten die goedgekeurde liedere tuis te sing 'n besprekingspunt tydens die 1907-sinode. Die sinode doen gevolglik opnuut 'n beroep op kerkrade om toe te sien dat die psalmsang bevorder word as teenwig vir die toename in die sing van Metodistiese liedere (GKSA, 1907:31). Die sinode van 1910 bevestig opnuut dat daar nie van Artikel 69 van die Dordse Kerkorde met betrekking tot die kerksang afgewyk sal word nie (GKSA, 1910:53).

Die eerste noemenswaardige aandag wat aan die psalmsang gegee word, geskied tydens die sinode van 1913. Die kerkraad van Burgersdorp vra wat gedoen kan word om die sing van psalms in die kerke te verbeter (GKSA, 1913:46). ‘n Kommissie van ondersoek word gevolglik voorgestel met die doel om ondersoek te doen na maniere waarop die psalmsang verbeter sou kon word. Die kommissie moet in sy ondersoek binne- en buitelandse kerke nader wat ook psalms gebruik. Ds. D. Postma onderstreep die "grote achteruitgang … in ‘t zingen van onze Psalmen" wat lei tot skade aan die openbare erediens en "geestelike doodsheid".117 Ds. Postma se voorstel, dat kerkrade moet toesien dat die psalms in

huisgodsdiens, katkisasie, kerkdienste en, waar moontlik, in skole geoefen word, word deur die sinode aanvaar (GKSA, 1913:47). Die sinode bevestig weer eens dat slegs die 150 psalms van Dawid, die Geloofsbelydenis en die gesange, afkomstig van tekste uit Gods Woord, die Onse Vader en die lofsange van Maria, Sagaria en Simeon gesing mag word. Daar word ook aanbeveel dat die 1773-beryming van die psalms gebruik word totdat die sinode 'n beter beryming goedgekeur het (GKSA, 1913:48).

'n Verskynsel, wat deur Spoelstra (2004:273) as "koerslose kerkleiding" beskryf word, kan waargeneem word in 'n sinodebesluit van 1918 met betrekking tot 'n liedereboek vir skool- en huisgebruik. Tydens hierdie sinode dien die gemeente van Reddersburg onder andere 'n voorstel in dat die sinode 'n kommissie benoem om 'n "keur van die, bij onse voorgeslag, so geliefde en geseende [sic] liedere uit Sluyters, Groenewege, Bodensteyn en andere weer in ere te herstel, voorsien met gepaste sangwijse, met die doel om sodanige liedere in die plek te stel van minder gewenste en op die wijse weer 'n gesonder gees in die huiselike kring te bevorder". Die sinode aanvaar 'n voorstel van ds. J.P. van der Walt dat die saak van geestelike liedere vir tuis- en skoolgebruik aan privaat insisiatief oorgelaat word (GKSA, 1918:53).118

                                                                                                               

117 Tydens die sinode van 1913 word melding gemaak van die sinode se besorgdheid oor die "kennelike ontaarding van onze hedendaagse kunst en de merkbare afval onder velen van ons volk door deelneming aan zondig vermaak". Daar word ook verwys na die "zondig" toneelspel en "alle onzedelike en ongoddelike bioskoop-vertoningen en de verderfelike sportsgeest van onzen tijd" (GKSA, 1913: 53).

118 Kyk ook die opmerking tydens die 1991-sinode rakende ‘n besluit oor die Skrifberyminge tydens die 1936-sinode (GKSA, 1991:595). Die konsep van vryheid aan die kerkraad word

Uit die voorafgaande kan waargeneem word dat sinodes besluite neem en gebruike handhaaf wat van Nederland oorgeneem is. KO Art. 69 word as geldende reël gehandhaaf en bepaal wat tydens die erediens gesing sal word, naamlik die Nederlandse psalmberyming van 1773 asook enkele vrye liedere wat op die Skrif gebaseer en deur die Sinode van Dordrecht in 1618/19 goedgekeur is.

Die behoefte aan en gebruik van enkele vrye liedere buite die goedgekeurde korpus bestaan reeds van die GKSA se begindae af (kyk onder andere GKSA, 1873:48; 1888:53; 1907:31). Dit blyk ook dat die psalmsang reeds sedert die begindae van die GKSA problematies is en selfs onder druk van die nie-goedgekeurde liedere verkeer.

In gevalle waar dit moeilik is om duidelike besluite te neem of om ‘n algemene beginsel of reël te formuleer en toe te pas, word die weg van keusevryheid eerder geneem (vergelyk die kommentaar van ‘n orrelis by Vraag 34 van die vraelys onder punt 4.4.2.28 dat die aanbevelings veilig speel).