• No results found

Die eerste tree na 'n volwaardige Afrikaanse psalmberyming word tydens die sinode van 1920 gegee.119 Ds. J.A. van Rooy, predikant van die Gereformeerde Kerk Bethulie, vertel

tydens hierdie sinodesitting hoe hy by die lees van enkele Afrikaanse beryminge van Totius die "ingewing in die hart gekry het om te ywer vir ‘n Afrikaanse Psalmboek" (GKSA, 1936:180). Ds. Van Rooy se kerkraad het sy voorstel gesteun en die gemeente van Bethulie lê gevolglik die volgende besprekingspunt ter tafel: "Die Eerw. Sinode neem in oorweging ‘n Afrikaanse Psalmberyming met gepaste sangwys vir Kerkelike gebruik" (GKSA, 1920:55). Die sinode aanvaar ds. P.W. Bingle se voorstel dat 'n kommissie aangestel word om hom te beywer vir 'n Afrikaanse Psalmberyming en dat daar vir die taak "’n begaafde man of manne"120 gevind sal word (GKSA, 1920:56).

                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                         

egter begrond in Calvyn se uitspraak waarvolgens die vryheid van die liturgie streng aan die Woord van God gebind word. Juis daarom mag niks in die liturgie plaasvind vanweë ‘n gebondenheid aan menslike instellings en reëls nie. Die vryheid van die kerkraad/ liturg/gemeente dui egter op verantwoordelike, Skriftuurlik-verantwoordbare besluitneming (GKSA, 1997:740, 741).

119 Tydens die 1920-sinode word daar reeds terugvoer gegee oor die werksaamhede van die Kommissie Afrikaanse Oorsetting van Formuliere en Liturgie in verband met die beoogde samewerking met die NGK in die Afrikaanse vertaling van die formuliere en liturgie (GKSA, 1920:85).

120 Kyk Hoofstuk 2 waar dieselfde scenario afgespeel het nadat daar besluit is om ‘n nuwe omdigting van die psalms te maak.

Prof. J.D. du Toit ("Totius") word genader om met hierdie taak behulpsaam te wees. Kort daarna word 'n bundel met 36 psalms, met musikale "bewerking" deur prof. F.W. Jannasch, gepubliseer wat besonder byval gevind het, siende dat die eerste uitgawe van hierdie bundel gou uitverkoop is.121 Die kommissie beveel ook aan dat die sinode dit oorweeg om die

Afrikaanse beryming naas die "Hollandse" beryming vir gemeentelike samekomste en by katkisasie te gebruik (GKSA, 1924:145, 146). Op grond van prof. Du Toit se werk, versoek die sinode hom gevolglik om die werk voort te sit en te voltooi. Die sinode gee verder opdrag dat nuwe melodieë of bestaande melodieë vir die psalms gebruik word (GKSA, 1924:37).

Dit is ook tydens die 1924-sinode dat 'n kommissie vir die eerste keer benoem word om aan die liturgiese orde aandag te gee (GKSA, 1924:38). Die voorgestelde orde van die oggenddiens word in 1927, met enkele wysigings, deur die sinode aanvaar en die gebruik daarvan aan die vryheid van elke kerkraad oorgelaat (GKSA, 1927:33, 34).

Die sinode spreek verder die wens uit dat die gemeentesang verbeter moet word en beveel aan dat gemeentes staande sal sing en dat die psalms so ver moontlik ritmies en in hulle geheel in die erediens gesing behoort te word – weer eens met die vryheid hiertoe wat aan kerke oorgelaat word. Die kommissie se aanbeveling dat 'n vierstemmige psalmboek gekry moet word, word klaarblyklik nie aanvaar nie (GKSA, 1924:38).

Teen 1927 is dit duidelik dat prof. Du Toit, vanweë sy betrokkenheid by die Afrikaanse Bybelvertaling, nie genoeg tyd het om noemenswaardig vordering met die Afrikaanse psalmberyming te maak nie. Daar blyk ook belangstelling in die Afrikaanse psalmberyming te wees vanuit die NGK122. Die NGK spreek egter die wens uit dat slegs een Afrikaanse

psalmberyming in die Suid-Afrikaanse kerke gebruik moet word (GKSA, 1927:36,111-114).

Sowat 80 psalms van dié wat die meeste by die erediens gebruik word, is teen 1930 deur prof. Du Toit in Afrikaans berym, asook "enige lofsange" en ses Nuwe-Testamentiese liedere wat vir publikasie aanbeveel word (GKSA, 1930:50). Teen 1933 is 110 psalms reeds in Afrikaans berym. Die kommissie wat belas is met die psalmberyming beveel aan dat die Afrikaanse psalmboek ‘n ritmiese uitgawe moet wees, volgens die ritme van wyle prof. Jannasch (GKSA, 1933:29). Nuwe melodieë moet ook ritmies aangepas word. Die kommissie lê ‘n lys van psalms voor wat, volgens hulle oordeel, nuwe melodieë benodig. Die sinode aanvaar hierdie aanbeveling. Voorgestelde melodieë is afkomstig uit onder andere

                                                                                                               

121 Kyk Hoofstuk 2. Ottermann (1983:61) skryf dat hierdie bundel ‘n mislukking was. Dit stem dus nie ooreen met die sinode se siening dat die bundel ‘n sukses was nie.

die psalmboek (Psalter Hymnal) van die Christian Reformed Church in Noord-Amerika (1929), asook uit Church Praise (1888), die Nuwe Halleluja (1903) en die Scottish Psalter

and Hymn Book (1929) (GKSA, 1933:30, 31).123

Prof. du Toit is in staat om die oorblywende psalms teen die einde van 1933 te berym. 1934 en 1935 word gebruik vir hersieningswerk124 aan die berymings, met die gevolg dat daar nie

aan die versoek van die 1933-sinode om binne 'n jaar 'n psalmboek uit te gee, voldoen kon word nie (GKSA, 1936:78-81). Meer as die helfte van die melodieë is afkomstig uit die Franse en Nederlandse psalmboeke, waarvan die meeste bekende melodieë was (GKSA, 1936:82). Waar die versmate van die Afrikaanse berymings van dié van die Nederlandse berymings verskil het, of waar "die praktyk van eeue uitgewys het dat sekere wysies moeilik singbaar was" is melodieë óf uit ander bundels oorgeneem, óf nuut gekomponeer125 (GKSA,

1936:82). Die sinode keur die nuwe psalmberyming eenparig goed en benadruk die simboliek daarvan dat die versoek om 'n Afrikaanse psalmberyming daar te stel in 1920 van die gemeente van Bethulie ontvang is en dat die eerste Afrikaanse psalmberyming sestien jaar later tydens die sinodesitting in Bethulie amptelik aanvaar kon word (GKSA, 1936:139- 144). Die amptelike inontvangsneming126 van die Afrikaanse psalmberyming127 vind op 8

Maart 1936 in die NG Kerk Bethulie plaas (GKSA, 1936:179).128 Die kerkraad van die NG

Kerk Bethulie het goedgunstiglik hulle kerkgebou vir die plegtigheid beskikbaar gestel en die

                                                                                                               

123 Die sinode van 1933 ontvang opnuut ‘n versoek dat KO Art. 69 uitgebrei moet word om vir ander "Skrifpsalms" voorsiening te maak (GKSA, 1933:44).

124     By die inontvangsnemingsgeleentheid van die psalmboek in 1936 het dr. C.J.H. de Wet, voorsitter van die kerklike kommissie vir reviseurs, die keuringsproses verduidelik. Die nuwe psalmberyming moes aan die Bybel getoets word "om vas te stel of die vertolking met uistheid ooreenstem met die leer". Die kommissie het onder die indruk gekom van die feit dat ‘n teoloog die beryming gedoen het. Volgens hulle sou "geen ander […] dit so kon doen nie, want hier geld dit nie rymelary nie, dog digwerk binne die perke van Skrifvertolking" (GKSA, 1936:181). Dr. De Wet gaan voort deur te verduidelik dat die Nederlandse psalms nie oral suiwer skriftuurlik was nie en dikwels eerder ‘n verwerkte weergawe van Bybelgedeeltes was. By die teologiese keuring moes daar gevolglik ook met die "digterlike vryheid rekening gehou word" (GKSA, 1936:181). Soos met die Bybelvertaling is aanvanklik beplan om die "oorsetting uit die Nederlands te doen", maar later is besluit op ‘n regstreekse vertaling uit die oorspronklike Bybeltale (GKSA, 1936:181, 182).  

125 Dit is interessant om daarop te let dat die NGK reeds sedert 1915 besig was om die psalms te hersien deur nuwe melodieë te vind (GKSA, 1936:82).

126 Kyk Handelinge (GKSA, 1936:179-186) vir ‘n volledige oorsig van die inontvangsneming van die psalmberyming, soos opgeteken deur mev. E.P. Groenewald en aan die GKSA beskikbaar gestel vir publikasie in die Handelinge.

127 Volgens dr. Gerrit Dekker (GKSA, 1936:183) is die woord "psalmberyming" verkeerd en behoort daar eerder van ‘n "omsetting in metriese vorm" gepraat te word.

"twee Hollandse Gemeentes, saam met die Sinode, het dit van hoek tot kant beset" (GKSA, 1936:180).

Die nuwe Afrikaanse psalmberyming129 is vanselfsprekend onder bespreking tydens die

sinode van 1939. Die kerkrade van Kaapstad en Burgersdorp versoek dat die ritme vereenvoudig word, dat elke vers van notasie voorsien moet word en dat net een melodie vir elke psalm gebruik sal word. Ook die klassisse van Pretoria en Rustenburg, die Partikuliere Sinode van Transvaal en die Algemene Vergadering van die Oranje-Vrystaat rig versoeke dat elke vers van notasie voorsien moet word (GKSA, 1939:46, 47). Die sinodale kommissie wat die saak ondersoek het, is van mening dat die psalmboek tot minder bevredigende gemeentesang aanleiding gee en maak die volgende aanbevelings met die oog op ‘n volgende druk van die psalmboek (GKSA, 1939:47):

• elke vers behoort van notasie voorsien te word; • ritme en sleutels behoort vereenvoudig te word; • slegs een melodie per psalm behoort geplaas te word;

• 'n verduidelikende voorbeeld van elke sleutel wat gebruik word moet voor in die psalmboek verskyn.

Die saak word deur die deputate ondersoek, maar vanweë die omstandighede [onder andere as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog] besluit die sinode om die uitgawe van ‘n psalmboek met "vol note" later weer te oorweeg wanneer die omstandighede daarvoor gunstiger sou wees (GKSA, 1942:186).

                                                                                                               

129     Dr. Gerrit Dekker, een van die letterkundige beoordelaars van die psalmberyming, het die problematiek met betrekking tot die metriese vertolking van die psalms tydens die inontvangsnemingsgeleentheid aan die aanwesiges verduidelik:

Aan so ‘n metriese vertolking is groot moeilikhede verbonde. Die eerste vereiste in kuns is die subjektiewe uitlewing van die kunstenaar, wat ‘n oorspronklike wese besit, wat hy in sy werk weergee. Die Psalmberymer mag daarenteen nie te individualisties wees nie, aangesien hy moet voel dat hy die ontroering van die Gemeente vertolk; aan die ander kant moet hy nie so eenvoudig skryf dat dit vir enige kind maklik kan wees om dit te assimileer nie. Tog moet die beryming sodanig wees dat dit metredelike inspanning en bevredigende geestelike belewing gesing kan word.

‘n Ander hindernis was die feit dat daar aan ‘n sangmaat gehou moes word – uit die 150 Psalms is vrywel nog 100 op die ou melodieë – en begryplik het dit veel moeilikheid gebaar met die verkorte uitgange in Afrikaans (GKSA, 1936:183).

Intussen word die sing van berymde Skrifgedeeltes, of Skrifberyminge130, by bykans elke

sinode bespreek (kyk onder andere GKSA, 1927, 1930, 1933, 1936, 1939, 1942, 1945). Die psalms kom eers weer ter sprake tydens die sinode van 1949 as daar opnuut besluit word dat die deputate ondersoek moet instel na die moontlikheid om elke psalmvers van notasie te voorsien of, indien dit nie moontlik is nie, dat die eerste vers op elke bladsy van notasie voorsien word (GKSA, 1949:296). Die gebrekkige sang by die erediens word weer onder die sinode se aandag gebring en die sinode word versoek om 'n brief aan kerkrade te stuur waarin die saak van die kerklike sang, psalms en Skrifberymings, asook die nuwe melodieë onder gemeentes se aandag gebring word. In hierdie brief sal kerkrade versoek word om die gemeentesang te bevorder deur sangoefeninge voor die aanvang van die dienste en by die JV131-vergaderinge, asook deur sang by die huisgodsdiens aan te moedig (GKSA,

1949:297). Daar sal ook van partikuliere sinodes en klassisse verwag word om by elke besoek aan gemeentes die verbetering van die sang te bespreek (GKSA, 1949:297).

Teen 1952 is die sinode van mening dat daar, op grond van kritiek teen die melodieë en ritme van die psalms (en Skrifberymings) genoegsaam rede is om die hersiening van die musiek van die psalmboek te ondersoek (GKSA, 1952:291).

Op grond van die voorafgaande blyk dit dat die eerste Afrikaanse psalmboek nie ‘n noemenswaardige bydrae tot die verbetering van die gemeentesang gelewer het nie. Daarby is die singbaarheid van die psalms, met spesifieke verwysing na die melodie en ritme, ook problematies. Geen statistiese of stawende bewyse word egter verskaf op grond waarvan die psalms en gemeentesang krities beoordeel kan word nie. Die kritiek teen die psalms blyk wel van só 'n aard te wees dat die sinode dit belangrik genoeg ag om 'n psalmhersiening te oorweeg. Die vrye lied (Skrifberyminge) word steeds tydens verskeie sinodes bespreek. Die feit dat KO Art. 69, soos dit tot nou toe bewoord is, problematies is, kom ook na vore.