• No results found

2.2 Omskrywing van relevante terme

2.3.2 Wêreldwye tendense oor oorgewig en obesiteit by kinders

Obesiteit word beskou as die mees algemene kroniese toestand wat by kinders voorkom (Mc Ardle et al., 2010:784). In 2016 is 41 miljoen kinders onder die ouderdom van 5 jaar as oorgewig of obees geklassifiseer (UNICEF, 2018:2; WHO, 2018b). Statistiek wys ook dat meer as 340 miljoen van 5 tot 19-jarige kinders in 2016 oorgewig of obees was (WHO, 2018b). Met hierdie agtergrond, word daar verder gerapporteer dat die voorkoms van oorgewigtigheid in die suidelike dele van Afrika toegeneem het vanaf 7.3% tot 18.7% vanaf 2000 tot 2017 (UNICEF, 2018:12). Die voorkoms van oorgewig en obesiteit het vanaf 1975 tot 2016 met 14% toegeneem (WHO, 2018b). Minder as 1% van 5- tot 19-jariges was in 1975 obees teenoor 2016 met meer as 124 miljoen (6% meisies en 8% seuns) wat as obees geklassifiseer is (WHO, 2018b). Volgens die American Heart Association (AHA, 2014) is een uit elke drie kinders en adolessente tussen 2 en 19 jaar oorgewig

Ouderdom in jare 85ste persentiel 95ste persentiel

6 - 7 19 - 22 27 - 28

9 - 10 29 - 32 41 - 43

of obees. Kinders vanuit lae en middelinkomstegroepe is meer blootgestel aan onvoldoende voeding tydens die prenatale, baba- en kinderjare (WHO, 2018a). Hierdie tendens is gerapporteer deur die WHO (2018a) met statistieke wat getoon het dat die hoeveelheid oorgewig kinders afkomstig uit die lae- en middelklaslande, die grootste toename getoon het. Kinders in hierdie lande word meestal blootgestel aan hoëvet, hoësuiker, hoësout en energiedigte, swak makrovoedingstofvoedsel wat meer bekostigbaar is, maar ʼn laer voedingswaarde het (WHO, 2018a). In 2011 is gerapporteer dat meer as tweederdes van kinders jonger as vyf jaar wat aan obesiteit lei, afkomstig was van lae en middelinkomstelande. In lande uit die suidelike gebied van Afrika, het die voorkoms van kinderobesiteit by kinders van vyf jaar of jonger van 10.3% tot 13.7% toegeneem van 2000 tot 2017 (UNICEF, 2018:6). Hierdie toename word vergelyk met internasionale tendense van ontwikkelde lande van 'n dekade gelede (Armstrong et al., 2006:62). Statistiek gerapporteer deur UNICEF (2018:2) dui verder aan dat 'n totaal van 9.7 miljoen kinders jonger as vyf in 2017 in Afrika, oorgewig was.

Muthuri et al. (2014:3) het 'n literatuuroorsig uitgevoer wat gebaseer was op die voorkoms van oorgewig en obesiteit in lae en middelklasinkomstelande soos Sub-Sahara Afrika, by kinders tussen die ouderdom van 5 tot 17 jaar. Volgens dié studie gebruik die meerderheid studies die IOTF en WHO se kriteria vir die klassifisering van LMI. Een-en-dertig van die 96 studies het geslagsverskille gerapporteer, naamlik dat meisies se liggaamsmassaindeks (LMI) hoër is in vergelyking met seuns (Mathuri et al., 2014:14). Slegs vyf van die studies het gerapporteer dat seuns 'n hoër LMI toon in vergelyking met meisies, terwyl sestig van die studies geen geslagsverskille gevind het nie. Obesiteitstendense met betrekking tot SES (sosio-ekonomiese status) is ook gerapporteer, waar 'n hoë sosio-ekonomiese status (SES) 'n hoër LMI-waarde by kinders aandui (Mathhuri et al., 2014:14). Mathhuri et al. (2014:14) rapporteer dat die meerderheid studies (27 uit 33) bewyse toon dat hoër LMI-waardes ook in stedelike gebiede teenoor landelike gebiede voorkom. Verdere bevindinge uit dié studie bevestig 'n duidelike toename in die verhoging van die voorkoms van oorgewig en obesiteit by kinders in Sub-Sahara Afrika, terwyl hierdie tendens in die verlede meestal voorgekom het by kinders in ontwikkelde lande (Mathhuri et al., 2014:14).

Navorsing deur Wang (2001:1131) toon bewyse dat die sosio-ekonomiese stand van 'n land 'n invloed uitoefen op die obesiteitsepidemie. Hierdie studie is in drie ontwikkelde lande, te wete

met die risiko van oorgewig of obesiteit. Hierdie verhouding is statisties betekenisvol op die ouderdom van 12 jaar (Wang, 2001:1132). Amerika toon die hoogste voorkoms vir oorgewig en obesiteit (25%) teenoor Rusland (16%) en China (7%) (Wang, 2001:1133). Wang (2001:1132) rapporteer verder dat die voorkoms van oorgewig en obesiteit hoër is by kinders (6 - 9 jaar) as by adolessente in Rusland en China. Wang (2001:1133) rapporteer ook dat die verband tussen etnisiteit en LMI by meisies 'n belangrike rol speel met betrekking tot oorgewig en obesiteit. In hierdie verband rapporteer 'n studie onder Amerikaanse adolessente meisies (N = 7272) in graad 7 tot 12 deur Boyd et al. (2010:677) bewyse dat swart Amerikaanse meisies meer geneig is om oorgewig te wees, in vergelyking met ander etniese groepe. In dié studie is bevind dat wit Amerikaanse meisies 'n laer LMI-waarde (22.1) toon in vergelyking met swart meisies (24.6), en dat meer wit meisies neig om fisiek aktief te wees (66.9% teenoor 56.8%) (Boyd et al., 2010:670). In ʼn land met 'n diverse bevolkingssamestelling, soos SA, speel etnisiteit ook 'n belangrike rol wanneer gewigstatus ontleed word (Armstrong et al., 2011:838; Kruger et al., 2014:6; Pienaar, 2015:6; Reddy et al., 2008:206).

Wanneer die risiko om onder-, oorgewig of obees te wees by lae- en hoë inkomstegroepe in dieselfde land voorkom, word dit as 'n dubbele gesondheidslas beskou. Die dubbele gesondheidslas word gekenmerk deur die voorkoms van ondervoeding (groeibelemmering, skraalheid en voedingstofafwykings) wat gepaardgaan met oorgewig en obesiteit, asook die voorkoms van nie-oordraagbare siektes as gevolg van eetgewoontes van individue, huishoudings en populasies oor 'n leeftyd (WHO, 2018b). Die WHO (2018c) beskryf hierdie tendens verder deur middel van die volgende eienskappe: individue met 'n soortgelyke voorkoms van twee of meer tipes wanvoeding, die ontwikkeling van hierdie toestande oor 'n leeftyd, huishoudings met verskeie familielede wat deur verskeie vorme van wanvoeding geaffekteer word, en populasies waar beide vorme van oorgewig en ondergewig in dieselfde gemeenskap, provinsie of nasie voorkom. Lande soos China, Brasilië en Rusland verwys na 'n dubbelle las van wanvoeding wanneer kinders én volwassenes in een huishouding as oorgewig en ondergewig geklassifiseer kan word (Doak et al., 2000:2968; Zang et al., 2015:381). Hierdie verskynsel word toegeskryf aan dramatiese veranderinge in dieet- en fisieke aktiwiteitspatrone wat gepaardgaan met voedingsoorgange in hierdie lande (Doak et al., 2000:2968).

2.3.3 Die voorkoms van oorgewig en obesiteit in Suid-Afrika met die fokus op