• No results found

RESENTE STRAFREGTELIKE VERWIKKELINGE IN BUITELANDSE REGSTELSELS

5.2 Verwikkelinge in Australie

5.2.1 Algemeen

In 1996 is 'n ondersoek na die verwere van provokasie en noodweer geloods.549 Hierdie ondersoek is, onder andere, pertinent binne die

konteks van moorde tussen lewensmaats gedoen.550 Die ondersoek

was noodsaaklik as gevolg van die hoe syfer van moorde tussen lewensmaats in Australie.551 Sedertdien het verskeie hervormings ten

opsigte van die verwere van noodweer en provokasie in verskeie Australiese jurisdiksies plaasgevind.552 Vervolgens word enkele van die

belangrikste hervormings kortliks uiteengesit.

5.2.2 Hervorming van die verweer van noodweer

Die verweer van noodweer is onlangs in Victoria553 en Wes-Australie554

hervorm. In beide state word noodweer statuter gereel en is die aard en omvang van die verweer soortgelyk in beide hierdie twee state.555 In

beide Victoria en Wes-Australie kan 'n mishandelde vrou wat van moord op haar mishandelaar aangekla word, aanvoer dat sy in noodweer teen horn opgetree het.

Die blote feit dat 'n mishandelde vrou haar in Victoria en Wes-Australie op noodweer kan beroep, beteken nie dat die verweer enigsins

549 Roth Briefing Paper No 3/07' 1. 550 Roth Briefing Paper No 3/07 1.

551 Gedurende 1989 tot 2002 was daar op nasionale vlak 77 moorde tussen intieme lewensmaats in Australie. Gedurende 2004 tot 2005 was daar 66 moorde tussen intieme lewensmaats. Vir verdere statistieke in verband met moorde tussen lewensmaats en mishandelde vroue se beroep op die verwere van noodweer en provokasie, sien Roth Briefing Paper No 3/07 4- 8, 10, Mouzos and Rushforth TICCJ 2 en VLRC Options Paper xiii, xiv, 52, 110.

552 Sien paragrawe 5.2.2 en 5.2.3.

553 In 2005 is die verweer van noodweer op aanbeveling van die Regshervormingskommissie van Victoria gekodifiseer. Sien Roth Briefing

Paper No 3/07 23, 25.

554 In Wes-Australie is die gekodifiseerde verweer van noodweer, soos vervat in die Criminal Code, in 2008 op grond van voorstelle deur die Regshervormingskommissie hervorm. Sien in hierdie verband LRCWA

Final Report 172.

555 In Victoria word noodweer in die algemeen deur a 9AC en 9AE Crimes Act 1958 gereel, terwyl a 9AH spesifieke bepalings in verband met "n beroep op noodweer by voorvalle van gesinsgeweld bevat. In Wes-Australie word noodweer deur a 248 Criminal Code Act Compilation >4cM913 gereel.

afgewater is nie. Sy moet steeds daarvan oortuig wees dat die geweld wat sy teenoor haar mishandelaar gebruik noodsaaklik is om haarself te verdedig.556 Haar oortuiging moet op redelike gronde gebaseer wees.557

'n Mishandelde vrou kan ook in noodweer teen haar mishandelaar optree selfs al is daar nie 'n onmiddellik dreigende aanval aan sy kant nie.558 Op hierdie manier word voorsiening gemaak vir mishandelde

vroue wat teen hulle mishandelaars se onvermydelike aanvalle optree.

In Victoria word uitdruklik bepaal dat daar in gevalle van gesinsgeweld geen proporsionaiiteit tussen die mishandelaar se aanval en die mishandelde vrou se afweershandeling hoef te wees nie.559 In Wes-

Australie is daar nie so 'n uitdruklike bepaling nie. In Wes-Australie word weer vereis dat 'n mishandelde vrou se optrede in noodweer 'n redelike

reaksie op die omstandighede, soos gesien uit haar oogpunt, moet wees.560

In Victoria en Wes-Australie verskil die effek van 'n suksesvolle beroep op noodweer. In Victoria lei 'n suksesvolle beroep op noodweer tot 'n algehele onskuldigbevinding. 561 In Wes-Australie verminder 'n

suksesvolle beroep op noodweer slegs 'n aanklag van moord na een van strafbare manslag.562

Noodweer is egter nie die enigste verweer wat onlangs in Australie hervorm is nie. Die verweer van provokasie is ook onlangs hervorm, welke hervorming vervolgens aan die beurt kom.

556 Hierdie beginsel is vervat in a 9AC en 9AE Crimes Act 1958 en a 248(4)(a) Criminal Code Act Compilation 4cM913.

557 In Victoria word hierdie beginsel in a 9AE en 9AH(1) Crimes Act 1958 vervat, terwyl dit in Wes-Australie in a 248(4)(c) Criminal Code Act

Compilation Act 1913 vervat is.

558 Sien a 9AH(1)(c) Crimes Act 1958 en a 248(4)(a) Criminal Code Act

Compilation Act 1913 vir hierdie beginsel.

559 Hierdie beginsel is vervat in a 9AH(1)(d) Crimes Act 1958. 560 A 248(4)(b) Criminal Code Act Compilation Act 1913.

561 Dit blyk uit a 9AC en 9AE Crimes Act 1958. Sien ook Roth Briefing Paper No 3/07 25.

5.2.3 Hervorming van die verweer van provokasie

In 2008 het 'n wysiging aan die verweer van provokasie in die Noorder- Territorium in werking getree.563 Hierdie verweer word statuter gereel en

is slegs 'n gedeeltelike verweer op 'n aanklag van moord.564

In die Noorder-Terhtohum kan 'n mishandelde vrou haar op die verweer van provokasie beroep indien sy aan twee vereistes voldoen. Die eerste vereiste is dat sy 'n verlies aan selfbeheersing moet ervaar, welke verlies deur haar mishandelaar se provokerende optrede veroorsaak moet word.565 Daar word nie vereis dat haar verlies aan selfbeheersing skielik

("suddenly") moet plaasvind alvorens sy haar op provokasie kan beroep nie.566

Die tweede vereiste is dat die mishandelaar se provokerende optrede sodanig moet wees dat dit kan veroorsaak dat 'n normale persoon selfbeheersing tot so 'n mate kan verloor, dat hy (normale persoon) die opset om die mishandelaar dood te maak, ontwikkel. 567 Vir 'n

suksesvolle beroep op provokasie is dit voldoende dat die mishandelaar se provokerende optrede uit erge beledigende woorde of optrede bestaan.568

In die Noorder-Territorium is dit vir 'n mishandelde vrou moontlik om haar op provokasie te beroep:

... regardless of whether the conduct of the deceased occurred immediately before the conduct causing death or at an earlier time.569

Dit blyk dus asof 'n mishandelde vrou haar op provokasie kan beroep selfs al is daar 'n tydsverloop tussen haar optrede en die van haar

563 Die verweer van provokasie is gewysig deur a 17 Criminal Reform

Amendment Act 34 van 2006.

564 A 158 Criminal Code Act.

565 Hierdie beginsel is vervat in a 158(2)(a) Criminal Code Act. 566 Sien a 158(6)(b) Criminal Code Act vir hierdie beginsel.

567 Dit is die beginsel wat vervat is in a 158(2)(b) Criminal Code Act. 568 Hierdie beginsel word vervat in a 158(3) Criminal Code Act. 569 Dit blyk uit a 158(4) Criminal Code Act.

mishandelaar. Verder word 'n redelike proporsionaliteit tussen 'n mishandelde vrou se optrede en die van haar mishandelaar nie vereis vir 'n beroep op die verweer van provokasie in die Noorder-Territorium nie.570