• No results found

Afsonderlike verweerin Suid-Afrika

RESENTE STRAFREGTELIKE VERWIKKELINGE IN BUITELANDSE REGSTELSELS

5.5 Afsonderlike verweer vir mishandelde vroue

5.5.4 Afsonderlike verweerin Suid-Afrika

In Suid-Afrika het die moontlikheid van 'n afsonderlike verweer vir moorddadige mishandelde vroue vir die eerste keer in S v Engelbrecht ter sprake gekom. In hierdie saak is die hof versoek om weg te beweeg van 'n individuele regverdigingsgrond, soos noodweer, na 'n algemene verweer van redelikheid.677 So 'n ontwikkeling van die reg sal inhou dat

'n hof wyer kyk as net na die streng vereistes van die uitgekristalliseerde regverdigingsgronde om 'n meer algemene verweer van redelikheid toe te pas.678

By die toepassing van 'n algemene redelikheidsverweer kan die

Grondwet effektief aangewend word by die bepaling van die

gemeenskapsopvatting.679 'n Mishandelde vrou se optrede word dus

getoets teen objektiewe standaarde soos beliggaam in, onder andere, grondwetlike waardes en beginsels.680 Hierdie objektiewe standaarde

kan haar spesifieke omstandighede tydens die doodmaak van haar mishandelaar insluit.681 Daar is egter geen kriteria voorgestel vir die

vasstelling van redelikheid as 'n algemene verweer nie.682 Satchwell

R683 was van mening dat die kriteria en toets vir noodweer die mees

geskikte kriteria en toets vir 'n algemene redelikheidsverweer sal wees.

675 NZLC Report 73 30; Roth Briefing Paper No 3/07 30; NZLC Report 73 29.

676 NZLC Report 73 29. Sien ook Roth Briefing Paper No 3/07 30. 677 S v Engelbrecht 2005 2 SACR 41 (W) 157H.

678 S v Engelbrecht 2005 2 SACR 41 (W) 1571. 679 S v E n g e t o r e c M 2005 2 SACR 41 (W) 1571. 680 S v Engelbrecht 2005 2 SACR 41 (W) 1571. 681 S v Engelbrecht 2005 2 SACR 41 (W) 158A. 682 S v Engelbrecht 2005 2 SACR 41 (W) 158B. 683 S v E n g e f o r e c W 2 0 0 5 2 S A C R 4 1 (W) 158C.

Volgens haar is dit moeilik om in te dink hoe die howe 'n algemene redelikheidsverweer sal toepas sonder om dieselfde ondersoek te loods as in die geval van noodweer.684 Op grond van hierdie redes wys

Satchwell R685 die voorgestelde ontwikkeling van die reg van die hand.

Daar kan nie fout gevind word met die redes vir haar besluit nie en haar siening word ondersteun.

Pieterse-Spies686 het haar uitgespreek teen die erkenning van die

mishandelde vrou-sindroom as afsonderlike verweer. Volgens haar fokus die sindroom op mishandelde vroue se geestesgesondheid, in plaas van die omstandighede wat aanleiding gee tot haar optrede teenoor haar mishandelaar.687 Op hierdie manier word belangrike

sosiale, ekonomiese, kulturele en politiese omstandighede geTgnoreer.688 Pieterse-Spies689 argumenteer dat daar nie net op 'n

mishandelde vrou se psige gefokus moet word nie, maar ook op strukturele ongelykheid, die sistematiese onderdrukking van vroue en die nadeel verbonde aan oorheersing en teekanting. Sy wys ook daarop dat 'n aanvaarding van die mishandelde vrou-sindroom as afsonderlike verweer die konsep van 'n "redelike mishandelde vrou" kan skep.690

Laasgenoemde sal uiters nadelig wees vir mishandelde vroue aangesien die howe dan elke mishandelde vrou se omstandighede sal toets teen die omstandighede van 'n "redelike mishandelde vrou", welke "redelike mishandelde vrou" bepaal sal word deur die hoeveelheid mishandeling wat sy verduur het.691

684 S v Engelbrecht 2005 2 SACR41 (W) 158B. 685 SvEngelbrecht 2005 2 SACR4A (W) 158C. 686 Pieterse-Spies THRHR 312-314.

687 Pieterse-Spies THRHR 313. 'n Soortgelyke kritiekpunt is deur die Regskommissie van Nieu-Seeland geopper. Sien NZLC Report 73 3 in hierdie verband.

688 Pieterse-Spies THRHR 313. 689 Pieterse-Spies THRHR 313.

690 Pieterse-Spies THRHR 313. Die Regskommissie van Nieu-Seeland het 'n soortgelyke kritiekpunt teen die mishandelde vrou-sindroom geopper. Sien in hierdie verband NZLC Report 73 4.

Reddi692 voer ook 'n goeie argument aan teen die erkenning van die

mishandelde vrou-sindroom as afsonderlike verweer wanneer sy se dat:

The recognition of issues defined in medical and psychological terms within a spurious scientific discourse cannot and does not aid the evolution of law.

Volgens Reddi693 is die bestaan van die mishandelde vrou-sindroom

gelee in die kampvegters vir vroueregte se begeerte om aandag te vestig op die problematiek rondom gesinsgeweld en mishandeling. Hierdie begeerte is prysenswaardig, maar die realiteit is dat die mishandelde vrou-sindroom sekere gebreke openbaar. Ten eerste kan die sindroom nie die lyding en skade wat vroue weens mishandeling opgedoen het uit die weg ruim nie.694 Tweedens kan die mishandelde

vrou-sindroom nie die moontlikheid van toekomstige mishandeling uit die weg ruim nie.695 Ten laaste fokus die mishandelde vrou-sindroom op

mishandelde vroue se geestesgebrek en hulle oenskynlike hulpeloosheid, in plaas van die omstandighede wat aanleiding gee tot haar optrede teenoor haar mishandelaar.696 Volgens Reddi697 is hierdie

faktore nadelig vir die verknorsing waarin mishandelde vroue hulle oor die algemeen bevind.

Reddi698 argumenteer dat die Suid-Afrikaanse reg aan bande gele,

eerder as bevorder kan word, deur die toelating van twyfelagtige wetenskap as basis vir geregtelike besluitneming. Met hierdie siening word saamgestem. Die toelating van die mishandelde vrou-sindroom as afsonderlike verweer, net soos enige van die ander afsonderlike verwere hierbo, kan onbedoelde en onsekere nagevolge vir die Suid-Afrikaanse strafreg inhou. Een so 'n nagevolg kan, in die woorde van die

Regskommissie van Victoria, wees dat die mishandelde vrou-sindroom, en dus ook enige ander afsonderlike verweer, aan Suid-Afrikaanse

692 Reddi SACJ 277-278.

693 Reddi SACJ 278.

694 Reddi SACJ 278.

695 Reddi SACJ 278.

696 Reddi SACJ 278. Sien ook Pieterse-Spies THRHR 313. 697 Reddi SACJ 278.

moorddadige mishandelde vrou 'n "vrypas om te moor" gee. Die Suid- Afrikaanse howe behoort eerder voort te gaan om mishandelde vroue wat hulle mishandelaars doodmaak, te behandel ooreenkomstig bestaande, uitgekristalliseerde regverdigingsgronde.699 Daar word ook

aanbeveel dat geen verwysing na die mishandelde vrou-sindroom voortaan in mishandelde vroue se strafsake gemaak word nie, maar dat eerder verwys word na die dinamika van mishandelende verhoudings en die effek van mishandeling op slagoffers oor die algemeen.700

5.6 Samevatting en gevolgtrekking

In Suid-Afrika kan 'n uitbreiding van die dreigende-vereiste by noodweer, soos in Victoria en Wes-Australie, nie ondersteun word nie. In Suid- Afrika is die posisie met betrekking tot die verweer van provokasie, voordeliger as die hervorming van die verweer in die Noorder- Territorium. Suid-Afrika sal dus nie enigiets waardevol uit daardie hervorming kan leer nie. Omdat verminderde toerekeningsvatbaarheid slegs relevant is ten opsigte van vonnisoplegging, kan dit vir die Suid- Afrikaanse strafreg voordelig wees om 'n verweer van verminderde toerekeningsvatbaarheid te skep. Verminderde toerekeningsvatbaarheid sal dan as 'n volkome verweer wat strafregtelike aanspreeklikheid ten voile uitsluit, geld. In hierdie verband kan die hervorming van verminderde toerekeningsvatbaarheid in Engeland en Wallis leiding aan Suid-Afrika bied.

Alhoewel daar goeie argumente bestaan vir die skep van 'n afsonderlike verweer vir mishandelde vroue, word so 'n stap nie vir die Suid- Afrikaanse reg aanbeveel nie. So 'n afsonderlike verweer kan

ongewenste en onbeoogde gevolge vir die Suid-Afrikaanse strafreg meebring. Daar is ook 'n risiko dat 'n afsonderlike verweer deur moorddadige mishandelde vroue misbruik kan word in 'n desperate poging om strafregtelike aanspreeklikheid vry te spring. Die omvang van

699 ReddiSACJ278.

700 Hierdie voorstel is gemaak deur die Regskommissie van Nieu-Seeland. Sien NZLC Final Report 73 6.

'n afsonderlike verweer wat uitsluitlik voorsiening maak vir die vroulike slagoffers van gesinsgeweld, sal te eng en gevolglik ook grondwetlik aanvegbaar wees. In die lig hiervan word aanbeveel dat die howe in Suid-Afrika eerder moet voortgaan om moorddadige mishandelde vroue ooreenkomstig bestaande, uitgekristalliseerde regverdigingsgronde te behandel.

HOOFSTUK 6