• No results found

SAMEVATTING EN GEVOLGTREKKING

6.2 Invloed van die mishandelde vrou-sindroom op strafregtelike aanspreeklikheid

6.2.1 Suid-Afrika

Die eerste deel van hierdie studie het gefokus op die vraag of die effek van mishandeling op 'n vrou 'n invloed kan uitoefen op die strafregtelike aanspreeklikheidsvereistes van wederregtelikheid, handeling en skuld.

6.2.1.1 Invloed van die mishandelde vrou-sindroom op wederregtelikheid

Die wederregtelikheid van 'n mishandelde vrou se optrede teenoor haar mishandelaar kan deur 'n suksesvolle beroep op noodweer uitgesluit word. Aangesien mishandelde vroue normaalweg teen hulle mishandelaars optree in tye waar daar geen dreigende aanval aan sy kant is nie, kan die dreigende-vereiste by noodweer 'n mishandelde vrou se beroep op noodweer kelder. Hierdie probleem kan oorkom word deur die dreigende-vereiste uit te brei ten einde voorsiening te maak vir mishandelde vroue wat teen hulle mishandelaars se onvermydelike aanvalle optree. So 'n uitbreiding van die dreigende-vereiste hou egter die gevaar in dat noodweer deur mishandelde vroue misbruik kan word in 'n desperate poging om strafregtelike aanspreeklikheid vry te spring.

Noodweer is egter net tot 'n mishandelde vrou se beskikking wanneer daar geen alternatiewe regsmiddele tot haar beskikking is nie. In Suid- Afrika stel die WOG wel alternatiewe regsmiddele tot mishandelde vroue se beskikking. Die verkryging van interdikte deur mishandelde vroue en bystand deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens is die vernaamste regsmiddele waarvoor die WOG voorsiening maak. Indien 'n mishandelde vrou hierdie regsmiddele benut, en haar mishandelaar dit uiteraard gehoorsaam, sal haar misdryfpleging en so ook haar strafregtelike aanspreeklikheid heeltemal uitgeskakel word. Die realiteit is egter dat mishandelde vroue weens verskeie faktore verhoed word om die regsmiddele in die WOG te benut. Dit is ook belangrik om in gedagte te hou dat die regsmiddele in die WOG nie tot 'n mishandelde vrou se beskikking is wanneer 'n aanval deur haar mishandelaar in die proses is nie.

Behalwe vir 'n beroep op 'n regverdigingsgrond of die gebruikmaking van statutere remedies, is daar in die oe van die gemeenskap ook 'n derde moontlike uitweg wat mishandelde vroue kan kies. Hierdie uitweg behels dat 'n mishandelde vrou haar uit die mishandelende verhouding kan losmaak deur bloot haar mishandelaar te verlaat, in plaas daarvan

om hom dood te maak. Daar kan selfs so ver gegaan word om te vra of sy 'n plig het om te vlug alvorens sy in noodweer teen haar mishandelaar optree. Soos gesien uit die bespreking vroeer, is 'n blote verlating van die mishandelaar, weens verskeie faktore, nie so eenvoudig as wat dit klink nie. In Suid-Afrika rus daar ook geen plig op 'n mishandelde vrou om te vlug nie, aangesien so 'n plig die hele doel van noodweer sal verydel.

6.2.1.2 Invloed van die mishandelde vrou-sindroom op handeling en skuld

Die mishandeling wat 'n vrou moes verduur kan moontlik daartoe lei dat sy tydelik nie oor die vermoe beskik om haar handeling ooreenkomstig haar onderskeid tussen reg en verkeerd in te rig nie. In so 'n geval kan 'n mishandelde vrou wat haar mishandelaar doodmaak haar op nie- patologiese ontoerekeningsvatbaarheid as verweer beroep. Ten einde suksesvol te wees sal 'n mishandelde vrou getuienis moet aanbied wat aantoon dat sy tydens die doodmaak van haar mishandelaar tydelik onwillekeurig opgetree het. Wanneer 'n hof die finale besluit oor haar toerekeningsvatbaarheid moet neem sal 'n hof pertinent oorweeg of haar optrede tydens die doodmaak van haar mishandelaar gefokus, doelgerig en vooraf beplan was. Sou daar, na oorweging van hierdie faktore, enigsins twyfel bestaan oor die willekeurigheid van haar optrede, moet sy onskuldig bevind word.

Wanneer 'n mishandelde vrou haar mishandelaar doodmaak in 'n situasie waartydens sy willekeurig optree en nie op noodweer kan steun nie, kan daar ondersoek word of die doodmaak van haar mishandelaar subjektief ter oplegging van 'n ligter straf regverdigbaar was. In so 'n geval kan haar jarelange mishandeling, hulpeloosheid en emosioneel en sielkundig afgebreekte geestestoestand in ag geneem word om te bevind dat haar toerekeningsvatbaarheid tydens die doodmaak van haar mishandelaar verminderd was en dat sy 'n ligter straf verdien. Verminderde toerekeningsvatbaarheid sluit dus nie 'n mishandelde vrou

toerekeningsvatbaarheid is slegs 'n faktor wat relevant is vir vonnisoplegging.

Ten einde strafregtelik aanspreeklik te wees moet 'n mishandelde vrou ook skuld in die vorm van opset of nalatigheid toon, 'n Mishandelde vrou wat haar wil rig op die doodmaak van haar mishandelaartree doelbewus en met die nodige opset op. Die motief vir 'n mishandelde vrou se optrede teenoor haar mishandelaar moet nie met opset verwar word nie. Haar motief vir die doodmaak van haar mishandelaar kan hoogstens 'n effek op vonnis he. 'n Mishandelde vrou moet egter besef dat sy 'n handeling verrig, wat voldoen aan die omskrywingselemente van moord en dat haar handeling wederregtelik is. Indien sy van hierdie faktore onbewus is, dwaal sy en sal opset ontbreek. In so 'n geval kan 'n mishandelde vrou haar moontlik op putatiewe noodweer beroep. Vroeer in die bespreking is daarop gewys dat putatiewe noodweer nie 'n regverdigingsgrond is nie. Ten einde te slaag met 'n beroep op putatiewe noodweer moet 'n mishandelde vrou slegs aantoon dat sy nie die opset gehad het om wederregtelik op te tree nie. Indien opset ontbreek kan sy nie aan moord skuldig bevind word nie. Dit is egter moontlik dat sy aan strafbare manslag skuldig bevind kan word, aangesien nalatigheid vereis word vir 'n skuldigbevinding aan strafbare manslag. In die geval van nalatigheid is dit moeilik om aan 'n situasie te dink waar 'n mishandelde vrou haar mishandelaar op 'n nalatige wyse sal doodmaak ten einde van horn ontslae te raak.

6.2.2 Suid-Afrika en resente verwikkelinge in buitelandse reg-