HOOFSTUK 4 BELIGTING VAN BRANDE
4.3 Lampe (lucernae)
4.3.1 Verskillende tipes lampe
Daar was twee basiese tipes lampe: handlampe en hangende lampe. Handlampe het
handvatsels gehad wat klein genoeg was om met die hand rond te dra terwyl
hangende lampe projeksies gehad het met openinge waardeur die kettings geplaas kon word. Volgens Vergilius het aangesteekte lampe uit die uitgegraveerde, goue
plafonne van ryk mense se huise gehang (Verg., Aen. 1.726). Daar was ook lampe wat langs die deure van huise gehang het (Petr. 30). Hangende lampe is gewoonlik relatief hoog aan die plafonne met behulp van hake gehang of vanaf kandelare
(candelabra) vanaf verskeie hoogtes (Paoli 1958:82).
Die volgende is enkele voorbeelde van verskillende tipes handlampe wat deur die eeue gevind is.24
24
Verlof is verkry by die outeur van die volgende internetbron om sy illustrasies van enkele voorbeelde vir akademiese doeleindes te gebruik (www.ancientlamps.com).
HOOFSTUK 4:
BELIGTING VAN BRANDE 57
Trident (Teen die middel van die eerste eeu tot vroeg tweede eeu n.C.)
Hierdie lamp het ‘n uitbeelding van ‘n dolfyn op wat ‘n drietandvurk dra.
Verskeie uitbeeldings van die vurk wat
geassosieër word met Neptunus kom
op soortgelyke lampe voor. Die
ontwerp is in die gipsvorm uitgekerf.
Fishbourne (ongeveer eerste eeu n.C.)
Dié Fishbourne tipe lamp is volgens die
oorspronklike Romeinse lamp gemaak. Dit het ‘n uitbeelding van ‘n gevleuelde
Cupido op wat fluit speel terwyl hy op ’n
dolfyn se rug ry. Hierdie uitbeelding is
nie alleen op lampe gevind nie, maar
het ook algemeen voorgekom op skilderye en mosaïek. So ’n mosaïek-
uitbeelding is selfs gevind in die
uitgrawings van die stad Fishbourne in Engeland.
HOOFSTUK 4:
BELIGTING VAN BRANDE 58
Knossus (Laat eerste eeu n.C. tot laat tweede eeu n.C.)
Knossos was ‘n stad in Kreta. Onder die baie
verskillende simbole kom ook die dubbel-byl voor.
Novum Vintum (Ongeveer die eerste tot
derde eeu n.C.)
In die sentrale diskus is die uitbeelding van ‘n druiwetros en op die buiterand word die
HOOFSTUK 4:
BELIGTING VAN BRANDE 59
Londinium (50 – 150 n.C.)
Hierdie onversierde Romeinse lamp is
vernoem na die Romeinse London waar die lamp vir die eerste keer in die omgewing van
die Teemsrivier gevind is. Dis moontlik
aanvanklik in Noord -Italië vervaardig.
Ongeveer 2.75" x 3.75" groot.
Korinte (eerste tot derde eeu n.C.)
Op die diskus van hierdie lampvorm word
Eros (Cupido) uitgebeeld waar hy ‘n fakkel
dra. Hierdie Cupido stem baie ooreen met dié op die lampe uit die Romeinse era wat tydens uitgrawings in Griekeland gevind is Dit is
HOOFSTUK 4:
BELIGTING VAN BRANDE 60
Gallië (eerste tot tweede eeu n.C.)
Hierdie tipe lamp is ‘n “fabriekslamp” genoem
en is in groot maat in lamp-fabrieke regoor die Romeinse Ryk , maar veral in Noord-Italië
gemaak. Lampe is gemerk met die naam van
die vervaardiger self op die basis. In
Jerusalem is presies dieselfde lampe gevind
met die inskripsie HEROD in Griekse letters op die basis. Ongeveer 3.5" x 2.5"groot.
4.3.1.1 Grondstowwe gebruik vir die maak van lampe
Antieke lampe is van verskeie grondstowwe gemaak met behulp van ‘n gietvorm (www.unicover.com/EA8RCNNI.htm). Die gietvorm was van klei gemaak, met die
hand gevorm, en wanneer dit gebak en droog was, was dit horisontaal deurgesny om
twee identiese vorms te kry wat afsonderlik vir die lampbasis en lampdeksel gebruik
is. Dit was egter skynbaar baie moeilik om die twee helftes behoorlik op mekaar te pas (Forbes 1958:152). Die meeste lampe is van terracotta en klei gemaak en was
gewoonlik nie geglasuur nie. Tog is rooi en groen geglasuurde lampe al gevind.
Glasuursel is gewoonlik aan die kleilamp gesmeer voordat dit in ‘n bakoond gebak is. Die glasuursel het nie alleen as versiering gedien nie, maar het dit ook effens
HOOFSTUK 4:
BELIGTING VAN BRANDE 61
versterk deurdat dit voorkom het dat die olie lek. Die baktemperatuur was ongeveer
1000 grade Celsius in ‘n bakoond wat soos ‘n vuurherd met hout gebrand het (Forbes 1958:158). Brons is ook gebruik om die basisse van die lampe te maak, alhoewel hierdie tipe heelwat duurder was en eerder as ornamente gebruik is. Baie
uitbeeldings van mense en diere is daarop gevind. Op die platteland is ook lampe gevind wat van steen en ander metale gemaak is (ww.unc.edu/courses/rometech/-
public/content/arts_and_crafts/Libba_McElreath/artificial_light_in_rome.html).
4.3.1.2 Tipe brandstof
Die lig van ‘n vlam het van twee eienskappe van die brandstof afgehang:
• die vlugtigheid van die brandstof en
• die tempo van verbranding (Forbes 1958:120).
Die mees algemene tipe brandstof was olie wat met sout gemeng was. Die sout het verhoed dat die olie oorverhit en het bygedra tot ‘n helderder geel kleur. Kasterolie
was ook as brandstof gebruik, veral deur die arm Romeine (Plin., H.N. 15.7), maar dit
het ‘n baie slegte reuk gehad.
Verder is enige olie gebruik – ook diè waarin kos gaargemaak was soos olyf-, vis- of
selfs roulynsaadolie (Forbes 1958:123). Stukkies vet is ook van die vleis afgesny wat dan as brandstof gebruik is - uit ‘n ekonomiese oogpunt was dit vir die armes baie
nuttig
(www.unc.edu/courses/rometech/public/content/arts_and_crafts/Libba_McElreath/arti
HOOFSTUK 4:
BELIGTING VAN BRANDE 62
in die lampe gebrand is (Clark 1952:246). Gegeurde olies is ook later gebruik (Petr.
70).
Die ontdekking dat ‘n lamp langer brand wanneer die pit in vet of olie gedoop is, het baie gehelp. Die pit was gewoonlik van plantvesel of gedroogde rietgras gemaak en
selfs bondels hare is gebruik. Plinius het ook geskryf dat wanneer die pit van die vesels van ‘n kasterolieplant gemaak was, was die vlam baie helderder, maar die olie
het stadiger gebrand omdat dit stadiger deur die pit geabsorbeer was (H.N . 23.4.41).
4.3.1.3 Die basiese bou van ‘n lamp
Die basiese Romeinse lamp het ‘n handvatsel aan die een kant, en ‘n opening vir die pit aan die ander kant gehad. In die middel van die lamp was nog ‘n opening wat die
hervulling met brandstof vergemaklik het. Daar was baie variasies van die
lampvorms, byvoorbeeld ‘n lamp met twee tuite vir twee pitte; soms was die twee tuite aan dieselfde kant, soms teenoorgesteld. Lucerna polymyxos was lampe met
meer as een pit - lampe kon in uitsonderlike gevalle tot veertien pitte hê, alhoewel dit
as een lamp gefunksioneer het (Mart. 14.41). Lampe was soms rond, ander kere
bootvormig (Paoli 1958:82). Op die lampe is tonele soms as versiering uitgebeeld;
daar is byvoorbeeld bro nslampe gevind met gedetailleerde uitbeeldings van dolfyne en arende (Giannelli 1963:54).
Lampe is ook gemaak om sekere geleenthede te gedenk, byvoorbeeld ‘n oorwinning ná ‘n oorlog. Die olie is in die onderste deel van die liggaam van die lamp
HOOFSTUK 4:
BELIGTING VAN BRANDE 63
ronde of bootvormige infundibulum gepas. Sommige lampe het ‘n margo (randjie)
gehad wat gedien het as rusplek vir die discus. Dit was soms versier en van die
discus geskei deur ‘n ko ordagtige randjie wat reg rondom die lamp geloop het. Die
tuit het ook bekend gestaan as die rostrum, nasus of myxus (Mart. 14.41). Die
meeste lampe het ‘n kenmerkende handvatsel (ansa of manubrium) gehad.
‘n Groot naald is gebruik om die pit (filum) regop te hou terwyl dit gebrand het, of om
wanneer dit uitgebrand het, dit maklik weer uit te kry wanneer die pit in die olie gedryf
het
(www.unc.edu/courses/rometech/public/content/arts_and_crafts/Libba_McElreath/arti ficial_light_in_rome.html).