HOOFSTUK 6 DIE CENA
6.1 Die triclinium (eetkamer)
Ten einde die verloop van dit wat so ‘n groot deel van die gemiddelde Romein se
aand in beslag geneem het, beter te verstaan, word die uitleg van die triclinium en die meublement kortliks bespreek. Die triclinium was die eetkamer in die Romeinse
42
HOOFSTUK 6:
DIE CENA 94
huis waarin die aandete, die cena, gewoonlik genuttig is. Dit was gewoonlik in die
verste regterkantste hoek van die atrium . Vitruvius (6.4) vertel dat die triclinium veral in die somer gebruik is en dat daar aan beide kante van die vertrek ‘n venster moes wees wat op die tuin uitkyk. Groter huise in Rome het dikwels meer as een eetkamer
gehad, wat gebruik is afhangend van die seisoen. Lucullus se huis het verskeie
triclinia gehad, en dan sou hy net sy slawe in kennis stel waar hulle sou eet.
Wanneer ‘n cena in die Apollo-eetkamer gehou is, het slawe geweet dat dit ‘n
uithaler-ete sou wees (Plut., Luc. 41.4 -7).
Daar was drie rusbanke (lecti) in die vertrek. Dié banke is gebruik tydens die
accubatio (aanlê tydens die ete). Die aanlê-posisie was nie alleen gemaklik nie, maar
was ook ‘n gebaar van elegansie en sosiale onderskeid (Carcopino 1941:265).
Wanneer die banke gereed gemaak is vir ‘n onthaal, is dit triclinia strata genoem (Caes., B.C. 3.92) en die banke moes dieselfde vorm en grootte hê, en van dieselfde
materiaal wees (Varr., L.L. 55.9.47).
Die gaste het gewoonlik op hul linkersy gelê, en hulle kop ondersteun met hul linkerhand. Slafies van Alexandrië het al singende eers die gaste se hande en
daarna hul voete met water gewas wat met sneeu afgekoel was (Petr. 31). Wanneer
twee of meer gaste op een bank gelê het, was die een man se kop naby die bors van
die persoon wat agter hom gelê het. Soos Plinius sê, een gas lê in die boesem van die ander (Ep. 4.22)! Gewoonlik was die maksimum hoeveelheid persone wat op ‘n
bank gelê het drie, wat dus beteken dat nie meer as nege mense op ‘n keer by die
cena teenwoordig was nie. Varro het ‘n reël gehad dat die hoeveelheid gaste nie
HOOFSTUK 6:
DIE CENA 95
dat daar nie minder as drie gaste, en nie meer as nege gaste by ‘n cena behoort te
wees nie. Tog was daar wel die uitsondering: in Horatius lees ons van vier mense wat op ‘n rusbank gelê het (Sat. 1.4.86). Wanneer meer as nege mense genooi was vir ete, is ekstra stibadia in die triclinium ingedra. Dit was ‘n groot boogvormige bank
wat dan die drie lecti vervang het, en as sigma bekend gestaan het. ‘n Ronde tafel in plaas van ‘n vierkantige is dan gebruik. Tot 36 gaste kon dan om vier tafels aanlê en
27 gaste rondom drie stibadia (Vitr. 6.7.3).
Die lecti was altyd op ‘n hoër vlak as die tafel (mensa) en was in ‘n U-vorm rondom ‘n vierkantige tafel gerangskik waarvan die een kant oop was sodat die slawe maklik die gaste kon bedien. Wanneer die gaste dan geëet het, het hul op hul maag gelê en
hulself uitgestrek en so gelê en eet totdat hulle versadig was. Dan sou hul hulself
weer op hul linkerelmboog stut (Hor., Sat. 2.4.39). Kinders het regop gesit en eet op stoeltjies wat voor hul ouers se rusbank geplaas is (Plut., Quaest. Conviv. 7.8.4).
Alhoewel vroue die cena ook mag bygewoon het, moes ‘n vrou aanvanklik volgens
die ou Romeinse gebruik tydens die ete regop sit saam met die kinders omdat die mans gevoel het dat dit onsedelik is vir ‘n vrou om aan tafel te lê.43 Vrouens het egter
later saam met hul mans gelê. Slawe het tydens vakansies ook hul meesters
vergesel en kon dan selfs aansit, alhoewel dit byna ongehoord was (Col. 11.19). Ook
reisigers wat by ‘n herberg gestop het vir kos kon gaan aanlê vir die ete (Mart. 5.70).
Die drie banke was 90 grade ten opsigte van mekaar gerangskik en daar was ‘n
HOOFSTUK 6:
DIE CENA 96
geskei het; die gaste sou in orde van belangrikheid lê. Die belangriker gaste sou op
die regterkantste rusbank lê, en die minder belangrikes op die linkerbank. Die posisie op die middelste bank (lectus medius ) wat teenoor die oopkant van die mensa was, was die hoogste geag, en op die bank self was die regterkantste posisie die
belangrikste (consularis locus) (Carcopino 1941:266). Die gas wat op hierdie plek gelê het, het dus baie plek gehad om besigheid te doen (met papierwerk of individue)
indien dit nodig sou wees tydens die maal (Plut., Mor. 619; Quaest. Conv . 1, 3). Die
gaste is minder belangrik geag wanneer hul met die bors aan die gas langs hul se kop moes kontak maak om in die proses kos raak te vat (Liv. 39.43). Die gasvrou het haar posisie langs haar man op die linkerkantste lectum ingeneem (Suet., Claud. 32).
Horatius skryf dat gaste se belangrikheid bepaal het waar hulle sou aanlê aan tafel
en of hul supra (bo) of infra (onder) ‘n ander gas sou lê.44 Die cena waarna hy verwys was ter ere van Maecenas en hy het op die belangrikste posisie gelê. Die gasheer
was Nasidienus, en hy het op die linkerbank tussen twee gaste gelê. Dit was die
posisie waaruit die gasheer die maklikste bevele kon gee en die vermaak organiseer. Daar was ook ‘n umbra, ‘n niks -beduidende persoon (waarskynlik ‘n parasiet) wat in
die medius in medio posisie gelê het. Die locus summus in imo was gewoonlik die
gasheer se plek, met die belangrikste gas wat langs hom gelê het. Uit bogenoemde
blyk dat Maecenas nie langs Nasidienus gelê nie, wat daarop dui dat dié ongeskrewe reël nie altyd toegepas was nie. Tydens ‘n ete in Eutrapelos se huis het Cicero, die
43
mulieres sedere, quia turpis visus est in muliere adcubitus, Isid., Orig. 20.11.9.
44
Summus ego, et prope me Viscus Thurinus, et infra, si memini, Varius: cum Servilio Balatrone Vibidius, quos Maecenas adduxerat umbras. Nomentanus erat super ipsum, Porcius infra, Hor., Sat. 2.8.20-23.
HOOFSTUK 6:
DIE CENA 97
eregas, ook nie die imus in medio posisie ingeneem nie, maar die medius in medio
(Cic., Ad fam. 197).
Onverwagte gaste sou deur die gasheer genader en gevra word watter plek hulle sou wou inneem (Plut., Cato. 37.7f). So is Brutus en Cassius eenmaal by Sardis in 43
v.C. erg onkant gevang toe die onbeskofte M. Favonius ongenooid opgedaag het vir ete en hul hele tafelplan deurmekaar gegooi het omdat hy aangedring het om sy plek
op die medius lectus in te neem (Plut., Brut. 34.4.8).
Op die mure van sommige van die triclinia in Pompeii het die stadsvaders wyse sinsnedes laat verf soos dat ‘n gas nie vir sy buurman se vrou moet ogies maak nie45 en die gaste moet toelaat dat slawe hul voete was en afdroog.46
Die slaaf wat in beheer van die aandete was, is ‘n triclinarchia genoem. Hy was
verantwoordelik vir die algemene orde in die huis en moes toesig hou oor die slawe terwyl hulle die ko s voorberei en bedien het.