HOOFSTUK 4 BELIGTING VAN BRANDE
4.5 Brande
Volgens Lucretius het weerlig die eerste vuur na die aarde gelei en so het die hitte van die vlamme versprei (Lucr., De Rerum Natura 1:896-900). So het mense nie
alleen ‘n verhittingsbron gekry nie, maar ook ‘n middel waarmee kos gaargemaak kon word. Ook was vuur ‘n beskerming teen wilde diere en het as natuurlike ligbron
in die nag gedien. Uit hierdie vure wat later in houers rondgedra is, het die fakkel en
later die lamp ontstaan.
25
HOOFSTUK 4:
BELIGTING VAN BRANDE 65
Die Romeine het vuur gepersonifiseer tot ‘n god. Ovidius self het water en vuur as
gode beskryf in die gedig waar hy die gebruik van vuur tydens die Fees van Pales verduidelik het (Fast. 4.788). Die godin van die vuurherd, Vesta, is in die huise aanbid en is as goedgesinde godin van vuur gesien. Mense het geglo dat sy gesorg
het vir die vuur wat hitte verskaf, kos gaarmaak en wilde diere weghou (Rose 1925:43-44). Die god van vuur, Vulcanus is as die vernietigende god gesien – hy
was die god wat huise laat afbrand en mense laat doodbrand het. Vergilius het
byvoorbeeld ‘n vernietigende vuur metafories Vulcanus genoem (Verg., Aen. 5.622). Daar was egter mense wat hierdie aspek van vuur tot hul voordeel gebruik het. Martialis (3.52) vertel van ene Tongilianus wat met opset sy huis waarvoor hy 200
000 sestertii betaal het, aan die brand gesteek het en deur sy sogenaamde
versekering, 1 miljoen sestertii terugontvang het!
Vuur het egter groot gevare vir mense ingehou. Omdat oop vlamme gebruik is vir
beligting, vir die kook van kos en vir verhitting, het brande gereeld in huise en in die
alombekende Romeinse woonstelblokke, die insulae, ontstaan. In ‘n inwonersregister van die stad Rome is gevind dat daar ongeveer 44 000 insulae was teenoor ‘n skrale
700 domus (gewone huise). Ryk Romeine het in die atrium-tipe domus gewoon, dit
wil sê ‘n huis met ‘n voorportaal (atrium) en verskeie groot kamers, gewoonlik net op
die grondvloer. Die minder gegoede en werklik arm inwoners het in hoë, dikwels vervalle woonstelblokke gewoon (Jones 1997:225). Dit het baie dikwels gebeur dat
suinige woonsteleienaars slegs die basiese infrastruktuur van klip en sement gebou
het en die daaropvolgende verdiepings van hout (www.mmdtkw.org/02-03- 01RomefireInsulae.jpg ). Sulke “wolkekrabbers” het dikwels snags, wanneer kerse
HOOFSTUK 4:
BELIGTING VAN BRANDE 66
gebruik is en daar gekook is, aan die brand geraak. Die eienaars van die insulae het,
ten spyte van vele waarskuwings van Keisers Augustus (27 v.C - 14 n.C.) en Trajanus (98 - 117 n.C.), enorme wolkekrabbers in die hemel laat opstyg. Die insula van Felicula was byvoorbeeld so ‘n reuse blok in Rome en het by verskeie
geleenthede in ligte laaie gestaan (CIL 1.206, 2.20,24,50).
Die brande het ontstaan as gevolg van die enorme hoeveelheid hout wat gebruik is in
onder andere die vloere en plafonbalke en ook omdat die stene baie onstabiel
geraak het wanneer dit deur uitsetting verhit is. Dit blyk dat die ryker mense meestal op die grondvloer van ‘n woonstelblok gebly het en dus makliker kon vlug wanneer ‘n brand uitgebreek het, terwyl mense wat baie goedkoper op die boonste verdiepings
gebly het met slegs die dakteëls as beskerming, dikwels deur rook oorval is en
uiteindelik doodgebrand het. Volgens Ulpianus het daar “nie ‘n dag verby gegaan sonder die uitbreek van verskeie brande nie”.26
Dit is so ironies - waar die ryk mense baie lig geslaap het uit vrees vir brande en die
vernietiging van hul kosbare bronsornamente, marmerpilare en skilpaddop-inlegsels in die mure en vloere (Juv.3.198-199), het armes sleg geslaap as gevolg van hul
vrees om lewendig verkool te word deur die genadelose vlamme (Juv. 3.199-207).
Juvenalis het self op die boonste vloer van so ‘n insula gewoon (Shelton 1988:63).
Hy vertel dat die inwoners van die laer verdiepings nog tyd gehad het om van hul besittings te red wanneer ‘n vuur ontstaan het, terwyl die inwoners van die hoër
HOOFSTUK 4:
BELIGTING VAN BRANDE 67
oorweeg om uit Rome te trek as gevolg van sy vrees vir brande en sy gebrek aan
slaap vanweë brandalarms in die nag (Juv. 3.197-198). Dan het die woonstelblok- eienaar ook nog die vermetelheid gehad om vir hom (Juvenalis) in die aand ‘n heerlike nagrus toe te wens (Juv. 3.193-202)!
Plinius die Jongere het tydens sy goewerneurskap van Bitinië in ‘n brief aan Keiser Trajanus ‘n voorbeeld van so ‘n brand beskryf. Hy het vertel dat ‘n vuur in Nicomedia
verskeie privaathuise en twee publieke geboue (die Gerusia en die Iseon) vernietig
het, al was die geboue deur ‘n pad geskei. Die vuur het blitsig versprei as gevolg van ‘n kragtige wind en daarna as gevolg van nalatigheid van die inwoners wat die brand net gestaan en aankyk het. Daar was geen brandweerman of -wa beskikbaar nie en
ook nie emmers of enige ander hulpmiddels om die brand te blus nie. Plinius wou
weet of hulle nie toestemming kon kry om ‘n brandweerkorps van sowat 150 mans in die dorp te stig nie. Hy het onderneem om hulle met ‘n ysterhand te regeer (Ep.
10.33). Trajanus het geantwoord dat so ‘n brandweerkorps maklik in ‘n collegium kan
ontaard wat politieke onrus kan veroorsaak. Hy beveel dus aan dat die nodige hulpmiddels om die brande mee te blus verkry moet word en dat die eienaars van
eiendomme dit moet gebruik en indien nodig, die skares moet vra om te help (Ep.
10.34).
26
HOOFSTUK 4:
BELIGTING VAN BRANDE 68
4.5.1
BRANDWEERMANNE (VIGILES)
"Commune Protegens " beteken om die gemeenskap te beskerm. Dit is die hoofdoel
van die brandweer (http://www.thefireservice.co.uk).
In 24 v.C. het daar onder die keiserskap van Augustus ‘n afdeling brandweermanne (vigiles) of vuurvegter-nagwagte tot stand gekom met die Praefectus Vigilum aan die
hoof. Daar is gepoog om brande te voorkom met behulp van wagte wat alarm
gemaak het wanneer vlamme of rook opgemerk is (www.toadspad.net/toad- history.html). Dit was aanvanklik ‘n groep slawe (Familia Publica) wat egter uiters versigtig vir hul eie veiligheid was en dus dikwels eers die brand kon geblus het
nadat baie skade aangerig is (www.dl.ket.org /latin3/mores/techno/fire/). Elke streek
in die stad het ‘n verkose amptenaar gehad wat aan hoof gestaan het van ‘n barak (excubitorium ), wat die hoofkwartier van die vigiles was.
Vrygelatenes is later gewerf om by die vigiles aan te sluit met die voorwaarde dat hulle burgerskap kon kry na ses jaar se diens in die brandweer. Dit was later so ‘n gesogte beroep, dat vrygelate manne net vir die status by die brandweer aangesluit
het aangesien die brandweer selfs meer respek by die volk afgedwing het as die leër.
Trouens, hulle het selfs wetlike toestemming gehad het om in huise in te breek wanneer die inwoners nie tuis was nie en die vermoede van ‘n brand in die huis bestaan het (www.dl.ket.org/latin3/mores/techno/fire/). So is vertel dat toe wagte een
nag die strate gepatrolleer het, hulle gedink het dat daar ‘n brand in Trimalchio se
huis was. Hulle het skielik by die deure ingebars, gereed met water en pale om hul plig uit te voer en die brand te blus (Petr. 78). Maar dit was net ‘n vals alarm alhoewel
HOOFSTUK 4:
BELIGTING VAN BRANDE 69
hulle ten volle gereed was. Strate is in die nag gepatrolleer om die inwoners teen
brande te beskerm (ss.fd40.com/Fire%20Prevention/Fire%20Prevention.htm ). Verskeie wette is in hierdie verband uitgevaardig, soos dat die huurders van die
cenaculae altyd water gereed moes hê ingeval ‘n vuur dalk in die gebou sou
uitbreek.27 In nog ‘n poging om brande in die nag te keer, is ‘n verbod geplaas op oopvlam vure in huise ná sonsondergang (Dig. 1.15.3,5).
Die brandweermanne het vure geblus met ‘n reeks gevulde emmers water wat op die
vlamme gegooi kon word. Water was verkry uit publieke fonteine en wasbakke, asook vanuit putte binne die geboue, onder die toesig van ‘n aquarius . Stukke materiaal is ook in water of in suur gedoop en is oor die vlamme gegooi
(http://www.ostia-antica.org/dict/topics/caserma/intro.htm). Hulle het ook lere en lang
pale met ysterhake vooraan gehad waarmee mure platgetrek kon word in ‘n poging om skanse teen die vlamme te vorm (www.thefireservice.co.uk/history.htm). Die hake
is ook gebruik om openinge te maak waardeur die hitte en rook uit die vertrekke kon
ontsnap. Vuurvegters sou selfs so ver gaan om met behulp van tipes plofstowwe geboue neer te trek in hul poging om die vuur te keer (http://en.C.arta.msn.com/text
761560244 2/Fire Fighting.html).
Tog was daar voor die bestaan van vigiles, geharde, geldgierige sakemanne soos
Crassus, wat homself verryk het uit mense se swaarkry (Plut., Crassus 2.5). Hy het sy eie brandweerbesigheid geopen en ‘n span vuurvegterslawe het vir hom gewerk.
Wanneer ‘n huis sou brand, sou hy hom na die toneel haas en die eienaar ‘n appel
HOOFSTUK 4:
BELIGTING VAN BRANDE 70
en ‘n ei aanbied om die brandende huis te koop. Hoe langer die gebou brand, hoe
laer het die aangebode prys geword totdat die eienaar ingegee en verkoop het. Dan eers het die slawe opdrag gekry om die vuur te blus. Wanneer hy die puin laat verwyder het, het hy dan ‘n nuwe woonstelblok op die erf gebou.