• No results found

2.3 Faktore wat leesontwikkeling beïnvloed

2.3.3 Taalontwikkeling en woordeskat

Vroeë leesontwikkeling is afhanklik van die ontwikkeling van die mondelinge of die gesproke taal (Pang et al., 2003:8). Alvorens leerders die geskrewe taal met die gesproke taal kan assosieer moet hul beskik oor taalwoordeskat, taalstrukture en die klanksisteem van die gesproke taal (Pang et al., 2003:8). Taalwoordeskat fokus op die leerder se diepte van taalkundige kennis (Sherman, 2004:6). Beginlesers gebruik hul verworwe taalwoordeskat om die betekenis te kry van die gelese woord (Sherman, 2004:6). Die UNESCO International Bureau of Education (2003) bevestig dat baie navorsers saamstem dat lesers wat oor ‟n goeie taalwoordeskat beskik, ook goed kan lees. Taalontwikkeling word deur lees bevorder en voordat lees kan plaasvind, moet die leerder oor ʼn woordeskat van gesproke taal en klanke beskik (SA, 2008b:12). Lerner (2003:372) beklemtoon die feit dat die skep van ʼn ryk, gestimuleerde taalomgewing van die uiterste belang is vir taalontwikkeling en gevolglik vir leesontwikkeling.

Die National Reading Panel (2000) asook Snow, Burns en Griffin (1998:281) het bevind dat ‟n ryk taalomgewing bevorder word deur:

 luister na stories;

 kommunikasie met ander;

 taallesse, asook die verduideliking van betekenisse;

 terloopse leer en lees;

 direkte aanleer van taal, woorde en hul betekenisse;

 beantwoording van vrae en onmiddellike verskaffing van antwoorde; opsommings van die gelese deel te maak; en

 die oorvertel van stories (sien diagram 2.1) (Lerner, 2003:373).

Schiefelbein van Unesco, het tydens ʼn Grondslagfase-konferensie wat deur die Gautengse Onderwysdepartement aangebied is in 2008, die navorsing wat deur Hart en Risley gedoen is (1995), as voorbeeld voorgehou hoe ʼn taalgaping by leerders hul leesontwikkeling negatief beïnvloed. Hart en Risley (1995) het die taalontwikkeling van twee-en-veertig kinders van die ouderdom een tot drie jaar, gemonitor. Die kinders het uit verskillende verbale omgewings gekom, naamlik ʼn professionele omgewing, ʼn werkersklasomgewing en ʼn omgewing waar baie welsyngevalle voorkom. Hart en Risley (1995) het bevind dat die kinders uit die steekproef in die drie jaar van navorsing die volgende aantal woorde gehoor het: in die professionele ouergroep is dertig miljoen woorde gehoor; in die werkersklas- groep is 20 miljoen woorde gehoor; en in die welsyngroep is slegs 10 miljoen woorde gehoor. (Sien grafiek 2.1).

Grafiek 2.1: Die invloed van die leerders se omgewing op leesontwikkeling (Hart en Risley, 1995)

Professionele groep

Werkersklas groep

Schiefelbein (2008:1) beklemtoon dat gapings tussen leerders vanaf verskillende milieu konstant bly soos leerders ouer word. ʼn Studie wat deur Snow, Burns en Griffen (1998:12) gedoen is, het bevind dat Graad 1 leerders vanaf ʼn hoër inkomste groep meer as dubbel die taalwoordeskat het as die leerders vanaf ʼn laer inkomste groep. Leerders met ʼn swak taalontwikkeling toon ook gewoonlik swak vordering in leesontwikkeling (Snow, Burns & Griffen, et al. 1998:12). Navorsing gedoen deur Blatchford en Plewis (1990:425) het bewys dat leerders wat met ʼn spesifieke geletterdheidsvaardigheid skool toe gaan, nie net in Graad 1 beter lesers is nie, maar dat hulle in die hoër grade steeds beter lees as die leerders wat nie met dié vaardighede skool toe gegaan het nie. Volgens Kapp (in Le Roux, 2004:42) begin die grondslag vir lees dus reeds in die ouerhuis voordat die kind die skool besoek het.

Die omgewing waarin ʼn kind groot word het ‟n reuse impak op hoe die kind ontwikkel en leer (Bowman, 2000:23; Burns, Griffen, & Snow, 1999:14). Sousa (2005:28) lê klem daarop dat navorsing, wat oor die ontwikkeling van die jong brein gaan, suggereer dat ʼn taalverrykte ouerhuis en goeie voorskoolse omgewing in vroeëre kinderontwikkeling die kinders help om hul kognitiewe vermoë te verbeter (Burns, Griffen, & Snow, 1999:14; National Institute for Literacy, 2009). Studies wat in Amerika gedoen is het bewys dat 90% van kinders wat met lae vlakke van taalontwikkeling toetree tot die formele onderrig in skole terug gehou word in ʼn graad (Xinyu, 2007:2).

Sousa is ook van mening dat kommunikasie tussen ouers en kinders, asook ouers wat vir kinders van hul geboorte af voorlees, ʼn positiewe invloed het op die kind se taal- en leesontwikkeling (Sousa, 2005:29) (Sien diagram 2.1). Prior (2006) beklemtoon dat ʼn familie en omgewing waar betekenisvolle tweerigting verbale kommunikasie plaasvind tussen die kind en ouers, waar die ouers self geletterd is en storieboeke lees, asook voorlees vir hul kinders, baie belangrik is vir leesontwikkeling.

Die National Center for Education Statistics in Texas het in 2004 ʼn opname by skole gemaak, waarin hul ontdek het dat vroeëre leesblootstelling van kritieke belang vir toekomstige literêre (lees) en wiskundige sukses is (Xinyu, 2007:2). In Suid-Afrika beïnvloed hoë vlakke van ongeletterdheid taalontwikkeling, aangesien baie leerders in huise woon waar hul ouers self nie kan lees of skryf nie en hul nie kan help om leesvaardig te word nie (Hailstones, 2007:33).

Diagram 2.1: Aktiwiteite wat vroeë geletterdheid en lees te bevorder (verwerk uit Lerner, 2003:373)

Die swak matriekuitslae in Suid-Afrika bevestig die Matthew-effek (Hailstones, 2007:31,33; Schiefelbein, 2008:4): kinders wat met ‟n agterstand ten opsigte van taalontwikkeling aan die einde van Graad, behou die agterstand en die gaping vergroot al hoe meer, as hulle nie kan lees nie. Sodoende raak hul agter met alle akademiese en sosiale vaardighede. Die Matthew-effek is reeds in 1989 deur Stanovich in sy navorsing gebruik (in Research Triangle Institute, 2009:11). Volgens die Research Triangle Institute (2009:11), beteken die Matthew-effek dat, as leerders nie behoorlik kan lees nie, hulle al hoe verder agter raak met hulle akademie, aangesien die leerder se fondasie nie goed vasgelê is nie en dié wat goed kan lees vaar al hoe beter. ‟n Verdere bekommernis is dat, sonder basiese geletterdheid, baie leerders min kans het om armoede te ontsnap omdat hulle nie verdere leergeleenthede kan gebruik nie (Research Triangle Institute, 2009:11).

Goed ontwikkelde verbale taalvaardighede is noodsaaklik om leesvaardighede te ontwikkel (Fyrstén, et al., 2006:1). Lyon (1999b) ondersteun hierdie siening en voeg by dat leesontwikkeling ook steun op sistematiese en goed ingeligte leesinstruksie wat lei tot leesvlotheid.

Aktiwiteite wat vroeë

geletterdheid en lees bevorder

Van babatyd af moet daar met die kind gesels

word en hom/haar betrek met taalspeletjies Bou klank kennis. Maak hul bewus van letter klank en prent assosiasie Bou leeswoordeskat op. Gebruik woord en klankspeletjies

Omring die kind van babatyd met boeke,