• No results found

H01: Daar sal nie ʼn statisties-beduidende verskil wees tussen Groep A en B se toetsresultate ten opsigte van hulle leesvaardighede na afloop van die intervensieprogram nie.

Die nul-hipotese met betrekking tot leesvaardighede word aanvaar. Volgens die Mann-Whitney-toets is daar na afloop van die intervensieprogram tussen beide groepe se natoetsresultate 'n statisties nie-beduidende resultaat van p > 0.05 = .273 opgemerk. Daar is dus nie genoeg bewyse om te aanvaar dat die een groep meer

gebaat het as die ander groep by die intervensie ten opsigte van hulle leesvaardighede nie (cf.5.5.1).

H02 Daar sal nie ʼn statisties-beduidende verskil wees tussen Groep A en B se toetsresultate ten opsigte van hulle woordherkenningsvaardighede na afloop van die intervensieprogram nie.

Die nul-hipotese met betrekking tot woordherkenningsvaardighede word aanvaar. Volgens die Mann-Whitney-toets is daar na afloop van die intervensieprogram tussen beide groepe se natoetsresultate 'n statisties nie-beduidende resultaat van p > 0.05 = .345 opgemerk. Daar is dus nie genoeg bewyse om te aanvaar dat die een groep meer gebaat het as die ander groep by die intervensie ten opsigte van hulle woordherkenningsvaardighede nie (cf.5.5.1).

H03 Daar sal nie ʼn statisties-beduidende verskil wees tussen Groep A en B se toetsresultate ten opsigte van hulle spelvaardighede na afloop van die intervensieprogram nie.

Die nul-hipotese met betrekking tot spelvaardighede word aanvaar. Volgens die Mann-Whitney-toets is daar na afloop van die intervensieprogram tussen beide groepe se natoetsresultate 'n statisties nie-beduidende resultaat van p > 0.05 = .500 opgemerk. Daar is dus nie genoeg bewyse om te aanvaar dat die een groep meer gebaat het as die ander groep by die intervensie ten opsigte van hulle spelvaardighede nie (cf.5.5.1).

H04 Daar sal nie ʼn statisties-beduidende verskil wees tussen Groep A en B se toetsresultate ten opsigte van hulle leesspoedvaardighede na afloop van die intervensieprogram nie.

Die nul-hipotese met betrekking tot leesspoedvaardighede word aanvaar. Volgens die Mann-Whitney-toets is daar na afloop van die intervensieprogram tussen beide groepe se natoetsresultate 'n statisties nie-beduidende resultaat van p > 0.05 = .345 opgemerk. Daar is dus nie genoeg bewyse om te aanvaar dat die een groep meer

gebaat het as die ander groep by die intervensie ten opsigte van hulle spelvaardighede nie (cf.5.5.1) .

H05 Daar sal nie ʼn statisties-beduidende verskil wees tussen Groep A en B se toetsresultate ten opsigte van hulle leesbegripsvaardighede na afloop van die intervensieprogram nie.

Hierdie hipotese word aanvaar, aangesien statistiese beduidende verskille van p = 0.000 en p = 0.000 onderskeidelik tussen die voortoets en natoets resultate van beide groep A en B opgemerk is. Beide groepe het dus ten opsigte van hulle leesvaardighede baat gevind by die intervensie opgemerk. Daar is dus genoeg bewyse om te aanvaar dat groep A meer gebaat het as die groep B by die intervensie ten opsigte van hulle begripsvaardighede (cf.5.5.1).

Alternatiewe hipotese (rigtinggewend):

H1 : Daar sal ʼn statisties-beduidende verskil wees tussen Groep A en B se toetsresultate ten opsigte van hulle leesvaardighede na afloop van die intervensieprogram.

Die alternatiewe (rigtinggewende) hipotese met betrekking tot leesvaardighede word verwerp. Volgens die Mann-Whitney-toets is daar na afloop van die intervensieprogram tussen beide groepe se natoetsresultate ʼn statisties nie- beduidende resultaat van p > 0.05 = .273 opgemerk. Daar is dus nie genoeg bewyse om te aanvaar dat die een groep meer gebaat het as die ander groep by die intervensie ten opsigte van hulle leesvaardighede nie. Daar is dus nie ʼn statisties- beduidende verskil tussen Groep A en B se voortoets en natoets ten opsigte van hulle leesvaardighede na afloop van die intervensieprogram nie (cf.5.5.1).

Ha2: Daar sal ʼn statisties-beduidende verskil wees tussen Groep A en B se toetsresultate ten opsigte van hulle woordherkenningsvaardighede na afloop van die intervensieprogram.

Die alternatiewe (rigtinggewende) hipotese met betrekking tot woordherkennings- vaardighede word verwerp. Volgens die Mann-Whitney-toets is daar na afloop van die intervensieprogram tussen beide groepe se natoetsresultate ʼn statisties nie- beduidende resultaat van p > 0.05 = .345 opgemerk. Daar is dus nie genoeg bewyse om te aanvaar dat die een groep meer gebaat het as die ander groep by die intervensie ten opsigte van hulle woordherkenningsvaardighede nie (cf.5.5.1) Daar is dus nie ʼn statisties-beduidende verskil tussen Groep A en B se voortoets en natoets ten opsigte van hulle woordherkenningsvaardighede na afloop van die intervensie- program nie (cf.5.5.1).

Ha3: Daar sal ʼn statisties-beduidende verskil wees tussen Groep A en B se toetsresultate ten opsigte van hulle spelvaardighede na afloop van die intervensieprogram.

Die alternatiewe (rigtinggewende) hipotese word verwerp. Volgens die Mann-Whitney- toets is daar na afloop van die intervensieprogram tussen beide groepe se natoetsresultate In statisties nie-beduidende resultaat van p > 0.05 = .500 opgemerk. Daar is dus nie genoeg bewyse om te aanvaar dat die een groep meer gebaat het as die ander groep by die intervensie ten opsigte van hulle spelvaardighede nie (cf.5.5.1). Daar is dus nie ʼn statisties-beduidende verskil tussen Groep A en B se voortoets en natoets ten opsigte van hulle spelvaardighede na afloop van die intervensieprogram nie (cf.5.5.1).

Ha4 : Daar sal ʼn statisties-beduidende verskil wees tussen Groep A en B se toetsresultate ten opsigte van hulle leesspoedvaardighede na afloop van die intervensieprogram.

Die alternatiewe (rigtinggewende) hipotese ten opsigte van leesspoedvaardighede word verwerp. Volgens die Mann-Whitney-toets is daar na afloop van die intervensieprogram tussen beide groepe se natoetsresultate ʼn statisties nie- beduidende resultaat van p > 0.05 = .345 opgemerk. Daar is dus nie genoeg bewyse om te aanvaar dat die een groep meer gebaat het as die ander groep by die intervensie ten opsigte van hulle spelvaardighede nie (cf.5.5.1). Daar is dus ook nie ʼn

statisties-beduidende verskil tussen Groep A en B se voortoets en natoets ten opsigte van hulle leesspoedvaardighede na afloop van die intervensieprogram nie (cf.5.5.1).

Ha5 : Daar sal ʼn statisties-beduidende verskil wees tussen Groep A en B se toetsresultate ten opsigte van hulle leesbegripsvaardighede na afloop van die intervensieprogram.

Die alternatiewe (rigtinggewende) hipotese met betrekking tot leesbegripsvaardighede word aanvaar. Volgens die Mann-Whitney-toets is daar na afloop van die intervensieprogram tussen beide groepe se natoetsresultate 'n statisties-beduidende resultaat van p > 0.05 = 0.007 opgemerk. Daar is dus genoeg bewyse om te aanvaar dat groep A meer gebaat het as die groep B by die intervensie ten opsigte van hulle begripsvaardighede (cf.5.5.1). Die verskil kan moontlik daaraan toegeskryf word dat Groep A se klasonderrigmetodes leesbegrip bevorder het, wat tot die statistiese beduidende verskil tussen Groep A en B in die retensietoets aanleiding gegee het.

5.8 SAMEVATTING

In hierdie hoofstuk is die beskrywende en inferensiële statistiek gebruik om data, wat deur middel van die ESSI-leestoets, ESSI-speltoets, eenminuutwoordleestoets en die begripstoets ingesamel is, statisties te analiseer, ontleed en interpreteer om die impak van die multi-sensoriese leesintervensieprogram op die leesontwikkeling van die grondslagfase-leerder te bepaal.

In die Hoofstuk ses word die studie opgesom, bevindings gemaak en aanbevelings gedoen.

HOOFSTUK 6

SAMEVATTING, GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS