• No results found

Struktuur en Dinamiek in Stegmuller se Wetenskapsleer

In document Modale universaliteit (pagina 133-135)

In hoofstuk 6 het ans gekyk na onderskeie grondnoemers in die wetenskap en hoofsaaklik gefokus op die onherleibaarheid en samehang van die modale aspekte van die werklikheid. In hierdie hoofstuk wil ans die aandag vestig op die verwantskap tussen Stegmuller se teoretisiteitskonsep en modale universaliteit. Terselftertyd gaan ons ook na die ontsluitings­ probleem kyk en aandag gee an die wyse waarop Stegmuller daarvan rekenskap gee in sy teoretisiteitskonsep. In die loop van hierdie hoofstuk sal die struktuurverskeidenheid van die verskillende aspekte van die werklikheid ook implisiet na die oppervlakte begin deurbreek.

Konstansie en dinamiek is 'n grondleggende probleem in die wetenskapsteorie. Die problematiek neem vorm aan in die stryd tussen die logiese metode en die historiese metode. Die empiristiese tradisie met sy metodiek van logiese analise en die rekonstruksie van die wetenskaplike taal, konseptuele sisteme en teoriee besit volgens die historisme geen informatiewe waarde nie. Logiese analise gaan net oor die fogiese vorm en stellings wat geldig is vir alle wetenskaplike verduidelikings - die logiese karakter van alle moontfike wette, die logiese struktuur van alle moontlike teoriee. ens. wat geen inhoud bevat nie. Dit is slegs die spesifieke wat inhoudelike waarhede bevat en wat filosofies van belang is. Die statiese aspek van die wetenskap was oorbeklemtoon ten koste van die dinamiese aspek. Laasgenoemde het te doen met die evolusie en ontwikkeling van die verskillende dissiplines wat logiese analise ontwyk. Die logiese metode moet dus vervang word met die historiese metode (Stegmuller, 1976: 3).

Volgens Stegmuller is Kuhn een van die mees bevoegde kontemporere wetenskapshistorici. Hy was egter slegs in staat om die psigologies-sosiologiese kant van sy nuwe konsep ten toon te stel en erken self dat hy geen bydrae gemaak het tot 'n nuwe logiese analise nie. Dit was Sneed wat 'n konseptuele fundering voorsien het wat geskik is om die logiese aspekte van Kuhn se idees te artikuleer. Hy voorsien dus die model-teoretiese toerusting om sin te maak van die idee dat 'n groep wetenskaplikes dieselfde teorie ten spyte van veranderende opinies kontinueer en dat 'n teorie immuun is teen falsifikasie (Stegmuller, 1976: 6).

Het ons hier net te doen met fisiese teoriee? In hierdie verband verwys Stegmuller na Hubner. Laasgenoemde beskou die komplekse samehang tussen wetenskap en kultuur en die historiese vervlegting van die wetenskap. Daar bestaan volgens horn 'n noodwendigheid dat die sistematiese en historiese bestudering van die wetenskap nie in isolasie meet

geskied nie. Veel eerder moet teoriee as komponente van 'n omvattende historiese sisteemversameling ondersoek word waartoe ook ander terreinne van die sosiale en kulturele lewe behoort. Hierdie ander terreine verwys na waardes en regsisteme, ekono­

miese ordeninge, die besigheidswereld, staatslewe en politiese hierargie, kuns, musiek,

godsdiens, ens. Al hierdie verskynsels behoort volgens horn tot historiese deelsisteme wat niks anders as geskape menslike reels is nie. Vir Hubner gaan dit egter nie oor 'n algemene kultuurfilosofiese postulaat nie, maar oor die vraag of die wetenskap die enigste weg tot waarheid is. Die probleem is egter dat sistematiese ondersoek in hierdie verband onvolledig is as gevolg van 'n tekort aan begripsmatige hulpmiddels om buite-wetenskaplike kulturele faktore te omvat. Ook is dit 'n probleem om die ooreenkomstige dele van ·n teorie in 'n pre-sistematiese sin van die woord by hierdie faktore te betrek. Wat die kulturele faktor

wetenskap betref. kan gepaste spesialisering van die algemene raamwerk, naamlik die pragmatiese uitbreiding van teorie-elemente en teorie-nette as geskikte beginpunt gebruik word om Hubner se intra-kulturele en inter-kulturele relasies aan te dui. Die geslaagdheid van so 'n projek sal nogtans afhang van die mate van sistematisering van ander kulturele faktore (Stegmuller, 1986: 125).

Hubner soek dus 'n fundering vir sy bevraagtekening van die wetenskap as enigste weg tot waarheid. Volgens StegmOller kom dit neer op die verbetering van ons verstaan van die interaksie van wetenskaplike en buite-wetenskaplike historiese sisteemversamelings in ons werklikheidservaring. Die doel is egter nie om op 'n "gelykwaardige vlak" in konflik met die wetenskap te kom nie, maar om 'n analogie te trek tussen die sogenaamde buite-weten­ skaplike "Gegenstande" en die sentraalstellende punt van die wetenskapsteorie, naamlik: "wissenschaftliche Rationalitat". Stegmuller vat dit soos volg saam:

"Es konnte sich dann sogar heraustellen, dap die Formen der Rationalitat, auf die man der Wirtschaft und im Geschaftsleben, im politischen Bereich und sogar in typischen Alltagssituationen st6pt, wie die moderne Entscheidungstheorie zeigt - dab diese Formen der Rationalitat auch die sogenannte wissenschaftliche Rationalitat nicht nur wesentlich erganzen, sondern sie sogar mittragen" (Steg­ mOller, 1986: 126).

Hierdie uitbreiding van die rasionele rekonstruksie van Stegmuller se teoretisiteitskonsep word ook soms met skeptisisme begroet. Die rede hiervoor blyk te wees dat die skeptici glo dat daar 'n fundamentele kloof tussen die natuurwetenskappe en die sogenaamde geesteswetenskappe bestaan. Stegmuller self se dat die sukses van sy rasionele rekon­ struksie sal afhang van die soepelheid van die strukturalistiese begripsapparaat om die nie·fisiese teoriee te omvat. Hy voer twee redes aan waarom dit wel kan slaag. Die eerste een le by die "Plausibilitatsbetrachtungen" - wat beteken dat die begripsapparaat van sy teoretisiteitskonsep nie die spesifieke natuurwetenskaplike en geesteswetenskaplike ge·

Analoog kan daar gese word dat die onderskeid tussen wette en kruissnydende verbin­ dingslyne ("Querverbindungen") ook in die geesteswetenskappe te vinde is.

Ook die kriterium vir T-teoretisiteit hoef nie meer gesien te word as terme wat slegs grootte aandui nie, maar kan eerder beskou word as kwalitatiewe of vergelykende terme. Selfs in die raamwerk van die formele presisering van die begrip van die struktuurspesies word geensins die metriese funksies voorveronderstel nie (Stegmuller, 1986: 361 ).

Wat bedoel StegmOller met 'n paradigmatiese voorbeeldmetode? Wat is T-teoretisiteit? Wat is struktuurspesies? Die tyd het aangebreek om StegmOller teoretisiteitskonsep te ver­ duidelik!

In document Modale universaliteit (pagina 133-135)