• No results found

konklusieprobleem: Wet en noodsaaklikheid In hierdie hoofstuk ondersoek ons die verhouding tussen wet en universaliteit Die probleme

In document Modale universaliteit (pagina 87-91)

wat hiermee saamhang is die onderskeiding tussen noodsaaklikheid en kontingensie. Ons kan ook praat van die onderskeiding tussen determinisme en indeterminisme. ·n Verdere probleem is gegee in die vraag na hoer orde universalia en die assosiering daarvan met die wetsprobleem. Voorts bestaan daar ook nog die regulariteitsteorie van wette en probleme soos 'teen-feitlikhede' ("counterfactuals"), induksie, kousaliteit, moontlike were/de, ens. Dit het reeds geblyk dat die reformatoriese wysbegeerte 'n onderskeiding tref tussen die universele modale orde aan die wetsy van elke aspek en die universe/e moda/e subjekte (wat beide 'n modale onderskeid en 'n modale identiteit ten toonstel) onderskeidelik. en die entiter gespesifiseerde universele modale eienskappe van spesifieke entitere subjekfunk­ sies in verskillende modale aspekte (Strauss, 1990: 113).

In die besonder moet hier verwys word na die wyse waarop die aard van modale universaliteit saamhang met die onderskeiding tussen "orde vir" en "ordelikheid van". Hierdie problematiek kulmineer in die volgende vraag:

"How do we move from our experience of the ordered creation to knowledge of the ordering laws?" (Van der Walt, 1992: 6).

'n Analoe probleem in hierdie verband vind ons by Weinert. Hy onderskei tussen die wette van die wetenskap en natuurwette. Dit gaan hier oor die reelmatigheid van die natuur afgesien van ons kennis daarvan en afgesien van die simboliese formuleringe van sulke reelmatighede in wetenskaplike teoriee (Weinert, 1993: 147).

In die eerste plek gaan ons die verhouding tussen universaliteit en wet ondersoek. 'n Denker soos Armstrong assosieer sy universaliteitsteorie eksplisiet met die probleem van die wet. In sy siening van universaliteit onderskei hy tussen universa/ia as eienskappe (monadies) en relasies (as tweewaardig, driewaardig, ... n-waardig). Universalia word gelei deur die 'prinsipe van instansiasie'. 'n Eienskap moet 'n eienskap wees van 'n partikuliere 'iets'. Wat werklik is, hoef nie slegs beperk te word tot die hede nie. Die verlede, die hede en die toekoms is gelyktydig werklik (Armstrong, 1983: 82).

Natuurwette word gesien as onherleibare tweede-orde-relasies, werklike relasies tussen universalia wat aposteriori ontdek word. Hoerorde-relasies kan nie apriories ontdek word nie. Dit beteken dat interne relasies tussen universa/ia (d.w.s. relasies wat geld op grond

van logiese noodsaaklikheid op die basis van die aard van die universalia wat verbind is) nie werklike rela�ies is nie. Hierdie relasies is nie iets verhewe bo die "verbonde" universa/ia self nie (Armstrong, 1983: 84).

Armstrong verbind universalia aan 'n korresponderende uniformiteit. Hierdie verbinding is vir hom 'n noodsaaklikheid. Die vraag is egter of hierdie uniformiteit bevat is in die relasie tussen die universalia sodat die noodsaaklikheid die vorm aanneem van (P & Q) .. P met P = die uniformiteit? lndien dit die geval is, dan bevat die relasies tussen universalia 'n surplus Q ten opsigte van die uniformiteit. Wat is hierdie surplus en hoe word dit aan uniformiteit verbind? Het ons dalk te doen met 'n verdere noodsaaklikheid wat die relasie tussen universalia aan die een kant en die uniformiteit aan die ander kant verbind? Armstrong kom dan tot die volgende konklusie:

"We still have the puzzle of the relation between the universals which logically necessitates something distinct from itself: the uniformity" (Armstrong, 1983: 86). Dit gaan dus oor die verstaan van die relasie tussen wet en die reelmatigheid wat dit manifesteer (Armstrong, 1983: 89).

Armstrong soek sy oplossing in die feit dat N(F,G) beide 'n relasie tussen universalia is, maar tegelykertyd 'n komplekse 'universal' is. Tog sal die toedrag van sake wat gekonsti­ tueer word deur N(F,G) nie die hele probleem kan opklaar nie. Die relasie van 'nomiese' noodsaaklikheid N sal aanvaar moet word as 'n primitiewe gegewe, en dat dit as 'n primitiewe gegewe tegelyk 'n tweedelige relasie daarstel en 'n toedrag van sake verteen­ woordig (Armstrong, 1983: 90).

Wette is voorts vir Armstrong reeel. Omdat hy dit as abstraksies sien kan dit nie onafhanklik van ander dinge bestaan nie. Watter soort abstraksies is hulle en waarvan word dit geabstraheer? Welte is universalia en is abstraksies van partikuliere (gegewens) wat die wet instansieer (Armstrong, 1983: 91 ).

Armstrong erken dus die onderskeid tussen wet en wetmatigheid en besef dat die relasie tussen wet en wetmatigheid 'n noodsaaklikheidsrelasie is. Hierdie konsep van noodsaak­ likheid is 'n relasie tussen universalia, tussen soorte van toedrag van sake, tipes eerder as tekens (Armstrong, 1983: 97).

lets ·wat 'n F is noodsaak iets wat 'n G is, waar 'n tipe van stand van sake (die 'universal' F) die tipe van stand van sake (die 'universal' G) noodsaak. Wanneer so 'n relasie geld tussen universalia, dan is dit outomaties dat elke partikuliere F bepaal dat dit 'n G is. Dit is net die instansiasie van die 'universal' N(F,G) in partikuliere gevalle. Die reelmatigheid resulteer automaties uit die instansiasie van die wet in die partikuliere gevalle. Die konsep noodsaak­ likheid tesame met die konsep van universalia (tipe van 'n stand van sake) gee aanleiding tot die wetsbegrip (Armstrong, 1983: 97).

Noodsaaklikheid word dus geplaas in 'n nuwe konteks, naamlik in soorte van stande van sake. Hierdie nuwe "komplekse idee" het vir Armstrong verklaringswaarde, maar hy gee toe dat daar geen bewys bestaan om dit te regverdig nie (Armstrong, 1983: 98).

Die moontlikheid van noodsaaklikheid word op alle vlakke gevind. Op die eerste vlak het ons met 'n eerste-orde stand van sake te doen wat 'n verdera eerste-orde stand van sake noodsaak. Op die tweede vlak ontmoet ons 'n eerste-orde 'universal', 'n tipe van eerste-orde stand van sake wat 'n eerste-orde 'universal' noodsaak, weer eens 'n tipe van eerste-orde stand van sake. Met hierdie noodsaaklikheid tussen universalia verkry ons ·n natuurwet. Op die derde vlak het ons 'n tweede-orde 'universal', d.i. 'n 'universal' geinstansieer deur eerste-orde universalia, 'n tipe van tweede-orde stand van sake wat 'n verdere tweede-orde 'universal' noodsaak, 'n tipe van tweede-orde stand van sake. Dit sal 'n tweede-orde wet wees, 'n wet oar eerste-orde wette. Daar bestaan geen apriori grense vir hierdie stygende

ry nie.

Die probleem is egter wat die posisie van N self is? Armstrong se die volgende: "There is no difficulty in treating N, the first-order relation holding between particular states of affairs, as the same thing as the sec­ ond-order relation N ... and the third-order relation N" (Armstrong, 1983: 99).

Is noodsaaklikheid nie in hierdie geval 'n aprioriese grens nie? Dit is juis hierdie punt van kritiek wat Van Fraassen teen Armstrong formuleer.1

Hy onderskei tussen die identiteitsprobleem en die konklusieprobleem. Eersgenoemde vra terug na die identifisering van die noodsaaklikheidsre/asie tussen die universa/ia. laasge­ noemde vra na die informasie wat so 'n stelling -nl. dat een eienskap 'n ander eienskap noodsaak-verskaf oar gebeure en oor hoe dinge is. Die probleme is verbind aan mekaar. Die relasie wat geidentifiseer word as noodsaaklikheid meet as waarborg dien vir dft wat afgelei word van wette. Dit is ook reeds duidelik wat die paradigmatiese gevolgtrekking moet wees: as A en B eienskappe is, dan vereis A noodsaak B dat enige instansie van A 'n instansie van B is (Van Fraassen, 1987: 96).

Die eerste probleem gaan egter oor "noodsaaklikheid". Omdat die wet die grand van noodsaaklikheid vorm word algemeen aanvaar dat: as A 'n B is, dan is daar twee verdere moontlikhede, naamlik A noodsaak B of nie. lndien eersgenoemde die geval is, dan is A.

Van Fraassen kan beskou word as 'n anti-realis. Vir horn is die verbinding tussen wet en universaliteit nie die vernaamste nie. Die verduideliking van algemeen-geldigheid kan goed vereenselwig word met die begrippe van simmetrie en invariansie (Van Fraassen, 1989: 28).

noodsaaklik 'n B. lndien aan noodsaaklikheid hierdie afleibare status gegee word, is dit van geen waarde vir die universa/ia-weergawe nie, want indien gevra word of A noodsaak­ likerwyse B noodsaak, dan beteken hierdie vraag een van twee dinge, of "A noodsaak B" is 'n logiese waarheid, of daar is 'n hoer eienskap wat impliseer dat A die eienskap noodsaak wat B noodsaak.

Die tweede gevaar le daarin om die identifikasieprobleem en die konklusieprobleem teenoor mekaar af te speel. A noodsaak B vereis nie meer as A is 'n B nie. Noodsaaklikheid is hier 'n rol wat werklik gespeel word. Sodoende kan die konklusieprobleem opgelos word. Die

identifikasieprobleem kan opgelos word deur te postuleer dat daar ('n) relasie(s) tussen

universa/ia bestaan met sekere kenmerke wat 'n logiese bevestiging is dat dit hierdie rol kan speel.

Gestel die relasie is die relasie van ekstensiewe insluiting: A is ekstensief ingesluit in B indien alle instansies van A instansies van B is. Vervolgens kan ons se: A is ekstensief ingesluit in B noodsaak dat enige A 'n Bis. lndien laasgenoemde 'n noodsaaklikheidsrelasie kwalifiseer, dan word alle universele ree/matighede 'n saak wat verband hou met 'n wet. Die gevaar van trivialiteit kan egter nie nou uitgesluit word nie. Om dit te vermy moet daar by die identifiserende kenmerke iets meer wees om die konklusieprobleem op te los. Dit moet egter iets anders wees as ekstensionele insluiting. Die vraag ontstaan dan: hoe is dit moontlik dat eienskappe wat so verskillend is van die ekstensionele insluiting nog steeds die konklusieprobleem kan oplos?

Volgens Van Fraasen is daar nie 'n oplossing nie. Die wet is hier 'n enke/voudige stelling

oar universa/ia A en B. Die konklusie wat daarvan gemaak word strek oar 'n ander soort dinge, naamlik die individue wat instansies van A en Bis. Alhoewel hierdie instansies verbind is aan universa/ia is hierdie konklusie nie geldig genoeg nie (as gevolg van trivialiteit). 'n Bykomende veronderstelling om 'n verbinding te maak tussen die universalia en die

individue/e instansies werk ook nie, want watter veronderstelling gaan dit wees? Die

probleem is dat daar meer as een veronderstelling is wat die verbinding kan maak. Sodoende kan die konneksie slegs beweer word, maar nie verduidelik word nie. Gegewe is dus die relasie wat bestaan tussen universalia en die partikuliere wat hulle tentoonstel. Dan sal enige eienskap van iets universeels of van 'n relasie tussen universalia gereflekteer word in die korresponderende feite wat die partikuliere betrek wat die universalia tentoon­ stel. Nogtans is so 'n veronderstelling nie 'n saak van die logika nie, Dit verg meer as die logika om die regte korresponderingsfunksie te vind. Armstrong self wys daarop dat

noodsaaklikheid nie verklaar kan word nie en dat dit eenvoudig gepostuleer moet word. Wat is 'n postulaat egter? Indian daar geen bewys vir geldigheid is nie, wat dan van die aard van 'n analogie? Neem as voorbeeld 'n regskode wat 'n versameling van relasies tussen verskillende regeringsampte neerle wat 'n regsbeperking op die ampsdraers plaas. Die

ooreenkoms om die regskode te bekragtig, en het sodoende maar net weer te doen met instansiasies wat die konklusieprob/eem uitlig.

Van Fraassen verwys hier na die onderskeiding tussen feite en waardes en vra dan die vraag: "Given that chastity is a value, how does it follow that we should value it?" Verder waarsku hy: "We know the sad fortunes of attemps to solve the problem of facts and values, by reifying values as abstract entities!" (Van Fraassen, 1987: 99).

Is dit so dat ons net fisiese wette en reelmatighede kry? Weinert sal hiermee instem: "Laws, then, express structural features of physical systems as part of an interrelated network of regularities" (Weinert, 1993: 161 ). Oit is hierdie reduksionistiese agtergrond waarteen Van Fraassen se "trivialisering" verstaan moet word. Ekstensionele insluiting kan nie 'n nood­ saaklikheidsrelasie kwalifiseer nie, want dan word alle gewone universele reelmatighede wette. Oit kom neer op 'n implisiete ontkenning van die universele wetmatigheidskant van die skepping. Trivialiteit is egter nie genoeg rede om ekstensionele insluiting uit te sluit nie. Van Fraassen gee self toe dat argumente in die vorm van ekstensionele insluiting geldig kan wees. Oaarmee skep hy egter die konklusieprobleem. 'n Relasie moet gepostuleer word om 'n verband te le tussen die universalia en die individue wat hierdie universa/ia instansieer. Hierdie postulasie kan volgens horn nie verduidelik word nie. Hef die {pseudo-)probleem van trivialiteit op en ons het nie 'n konklusieprobleem nie. Trivialiteit word toegeskryf aan die reduksionistiese siening dat daar net fisiese wette bestaan. Waardes word dus bloot as subjektief gesien. Oaarom die bogenoemde antinomiese vraagstelling van Van Fraassen: "Given that chastity is a value, how does it follow that we should value it?" (Van Fraassen, 1991: 99).

Wat hier weliswaar gehandhaaf kan word is die insig dat relasies tussen individue universee/ is. lndividue besit dus 'n universe/a wetmatigheidskant. Wette het te doen met relasies tussen universalia terwyl die partikuliere (in hul individualiteit en tipisiteit) instansiasies van univer­ salia is. Tereg kan relasies tussen universalia nie gereduseer word tot die partikuliere eksemplare wat hul instansieer nie. Van Fraassen merk gevolglik ook tereg op dat dit nie net altyd 'n saak van die logika is nie. Oaar bestaan verskillende soorte wette, byvoorbeeld fisiese wette, biotiese wette, logiese wette, ens. Al hierdie verskillende wette vereis nog steeds ekstensionele insluiting.

Dit bring ons by die regressieprobleem.

Die regressieprobleem

In document Modale universaliteit (pagina 87-91)