• No results found

4.3 Die beginsel waarvolgens die besigheid bedryf moet word:

4.3.3 Selfverloëning

In die konteks van hierdie studie moet Selfverloëning gesien word as die rol wat die makrobesigheid as waarde-agent speel deur nie alleenlik te fokus op winste wat gegenereer word nie. Hierdie tipe besigheid wat sy rol besef en selfverlonend optree, sal tipies kyk na ander sake rondom die besigheid wat mense of sake gelyk stel aan die generering van wins. Vorster (2006:117) sê oor selfverloëning in die Christelike konteks dat dit die daarstelling van beginsels is wat nie alleen die najaag van winste is nie, maar dat die besigheid soms bereid moet wees om opofferings te maak om die groter doel te dien. Die koninkryksgedagte sluit hierby aan, omdat dit ten doel het om eers vir jou naaste tot voordeel te wees voordat jy na jouself omsien.

Friedman (1963:133) se verduideliking oor die rol van ʼn besigheid is as volg, wanneer hy aandui dat die enigste sosiale verantwoordelikheid wat ʼn besigheid het,

74

is om sy hulpbronne te gebruik en in sake betrokke te raak wat sy winste sal laat groter word en dit alles moet binne die aanvaarbare reëls gebeur. Die algemeen aanvaarbare reëls van die wet is dat geen misleiding of korrupsie mag plaasvind nie. Hy sê: “Doing well is doing good.” Sundman (2006:9) noem hierdie denkwyse van Friedman die “Moral purpose-oriented view.”

Bonhoeffer (1995:61) vra die vraag: “Kan iets wat materieel suksesvol is moreel ook altyd suksesvol wees?” Hy sê dat as iemand – ʼn leier – prominent word en so suksesvol voorkom dat mense se denkwyses daardeur beïnvloed word, kan hulle perspektief verloor oor wat reg en verkeerd is. Hulle fokus dan net op die daad en nie op enige iets anders nie. Sy afleiding is die volgende: “Only what is good is successful.” Daar moet egter duidelik gestel word dat in die lig van hierdie studie dit nie regverdig kan word nie. Vorster (2006:119) is dit eens met Bonhoeffer (1995:61). Bonhoeffer het die Tweede Wêreldoorlog beleef en het Duitsland eerstehands ervaar in daardie tyd. Gedurende hierdie tydperk het Duitsland ontwikkel van waar hul na die Eerste Wêreldoorlog arm en moedeloos was tot waar hulle in die Tweede Wêreldoorlog tegnologies en materieel ʼn leier in die wêreld was. Dit het hul egter nie suksesvol gemaak nie. In die oë van die wêreld was dit egter ʼn uiters suksesvolle verhaal. Die waardesisteem waarmee hulle hierdie ontwikkeling en opheffing bewerkstellig het, kan egter nie as ʼn suksesvolle waardesisteem beskryf word nie. Die pad wat ʼn mens loop om by die bestemming uit te kom, is belangriker as die bestemming self. As jy die regte aanwysings volg en die regte pad stap, sal jy by die regte bestemming uitkom. Bonhoeffer (1995:61) toon dit aan deur te meld dat “an action that departs from a morally good value will be successful because it serves mankind better.” Dit is net nog ʼn bevestiging daarvan dat die belangrikheid van die waardesisteem in ʼn besigheid nie onderskat moet word nie. Dit bepaal of die besigheid op die lang duur gaan suksesvol wees en of dit aanvaarbaar gaan wees in die oë van die Here. Selfverloëning dra dus daartoe by dat die besigheid op die regte plek begin.

Dit is net nog ʼn bevestiging daarvan dat die belangrikheid van die waardesisteem in ʼn besigheid nie onderskat moet word nie. Dit bepaal of die besigheid op die lang

75

duur gaan suksesvol wees en of dit aanvaarbaar gaan wees in die oë van die Here. Selfverloëning dra dus daartoe by dat die besigheid op die regte plek begin.

Vorster (2006:120) gebruik die voorbeeld uit Warhane (2004:107) waar Levi Strauss besluit het om ʼn gedragskode op te stel wanneer hul sake doen met China. Dit is gedoen omrede Levi Strauss op ʼn beginselvaste waardestelsel wou besigheid doen. Die Chinese is bekend daarvoor dat hulle nie by billike besigheidsbeginsels hou nie. Levi Strauss se waardestelsel het soos volg gelyk:

• “All employment agreements are voluntary. • Employees are paid fair living wages.

• Working hours are limited to no more than 60 hours working weeks. • Children under 14 years of age are not hired nor allowed to work. • There is no prison or forced labour.

• Workers are employed on the basis of their abilities (rather than ethnicity, gender or bias.)

• Corporal punishment and mental coercion are forbidden.

“As a result of these demands the labour practices in China could not adhere to it. That ment in disengagement with the Chinese. And with that came a lot of opportunities lost to make money.“

Wat hierdie kort gedragskode laat uitstaan, is die direktheid waarmee hy sy probleme hanteer. Dit is nie langdradig nie en is doeltreffend en ter sake.

Jack Welch (2005:19) gebruik weer die voorbeeld van Bank One en JP Morgan wat saamgesmelt het in 2004. Hulle het besluit om ʼn spesifieke waardesisteem daar te stel, wat sin maak, uitvoerbaar is en ook meetbaar is. Dit moes nie iets wees wat net vir vertoon daargestel is nie, maar dit moes werklik effektief wees. Hier is hul voorbeeld:

76

“We treat customers the way we would want to be treated.” Welch (2005:19) Om dit te laat realiseer het hulle die volgende praktiese voorbeelde gegee om die waarde uit te leef:

 “Never let profit center conflicts get in the way of doing what is right for the customer.

 Give customers a good, fair deal. Great customer relationships take time. Do not try to maximize short-term profits at the expense of building those enduring relationships.

 Always look for ways to make it easier to do business with us.

 Communicate daily with your customers. If they are talking to you, they can’t be talking to a competitor.

 Don’t forget to say thank you.”

Hier is die fokus op die kliënt en die mense wat daar werk, en nie slegs op die winste wat op korttermyn gegenereer kon word nie. Dit dien as ʼn skitterende voorbeeld van selfverloëning.

Saam met selfverloëning gaan gehoorsaamheid aan God en sy voorskrifte. Kom ons kyk na gehoorsaamheid as deel van die Christelik-etiese perspektief op die besigheid.