• No results found

4.4 Die fokuspunte waarop gelet moet word in die besigheidsomgewing

4.4.3 Billike vergoeding van die werkers

Jack Welch (2005:81) bevestig dat hierdie een van die belangrikste aspekte van besigheid is. Werknemers kan hulself nie aanstel nie, dus lê die verantwoordelikheid by mense met leierseienskappe, passie, doelgerigtheid en deursettingsvermoë. Dit moet mense wees wat ʼn proses kan begin en voltooi. Volgens Welch (2005:81) is dit van kardinale belang om die regte mense in die regte poste aan te stel.

Collins (2001:41) wy ʼn hele hoofstuk in sy boek “Good to Great” aan dieselfde onderwerp, nl. die kies van die regte mense om deel te wees van jou besigheid. Die

84

regte mense as deel van jou span vorm deel van die meeste suksesverhale in besigheid. Een van die maniere om dit te verseker, is om jou werknemers billik te vergoed. Beide Welch en Collins maak die stelling in hul onderskeie boeke dat hierdie manier van sake doen word bepaal deur ʼn paar fasette waarvan een is hoe jy jou mense billik vergoed.

Volgens Vorster (2006:125) is Adam Smith se standpunt rakende vergoeding een van drie maniere waarop ʼn mens kan geld verdien. Die ander twee is wins- en rente- opbrengs. Smith noem verder: “a man must always live by his work, and his wages must at least be sufficient to maintain him. Wages must at least in most cases be somewhat more, otherwise it would be impossible for him to bring up a family.” Rothchild (2005:129) voel dat dit die Christelike uitleef van liefde is. Friedman, volgens Vorster, sê: “the employer should pay to each according to what he and the instrument he owns produce.” Smith voel dat die salaris van ʼn werknemer lewensvatbaar moet wees in terme van die lewenskostes. Vorster haal vir Ryan (1996:161), ʼn Rooms-Katolieke teoloog aan wanneer hy sê die reg van elke werknemer om vergoed te word met ʼn salaris wat lewensvatbaar is, is reg, natuurlik en absoluut.

Die gevolgtrekking wat ons hieruit kan maak, is dat om jou werkers billik te vergoed sodat hul ʼn lewe kan maak en oorleef die regte manier is om besigheid te doen. Vorster (2006:125) gee dan ʼn paar punte wat blyk uit Ryan se werk. Dit is soos volg:  Alle mense ʼn is gelyk as mens na die inherente natuur gaan kyk.

 Die reg tot die aarde word geldig as mens begin werk op die aarde.

 Die mense in beheer van grond en werksgeleenthede het die verantwoordelikheid om toe te sien dat die mense wat wil werk, kan werk.  Die is die plig van die werkgewer om redelike salarisse te betaal.

 Die werknemer se reg om ʼn lewensvatbare salaris te ontvang, is groter as die van dié werkgewer om rente te verdien op sy kapitaal.

 Die werknemers wat meer as hul deel insit in ʼn besigheid het dan ook die reg om meer as hulle lewensvatbare salarisse te ontvang.

85

Hierdie beginsels van Ryan is altyd geldend. Die groot rede daarvoor is dat die Christelik etiek skriftuurlik van aard is, aangesien daar in Genesis aan Adam gesê word dat hy sy brood in die sweet van sy aangesig sal verdien. Dit het beteken dat die mens sal moet werk om te oorleef, maar ook dat harde werk beloon sal word. Kouwenhoven (1989:133) bring volgens Vorster ʼn baie belangrike punt in die vergoedingsaspek na vore, nl. - gelykheid, nie noodwendig as vergoeding nie, maar eerder in die geleenthede wat deur die werkgewer geskep word. As daar genoeg geleenthede is vir die werknemer om sy kennis en vaardighede ten toon te stel, sal daar ʼn gesonde kompetisie ontstaan wat sal lei tot gelykheid in die werksplek. Die werksomgewing sal dus die beste uit al die werknemers na vore bring en dit sal op sy beurt weer die besigheid na hoër hoogtes neem.

Vorster sê opsommend dat die besigheid as morele leier kan optree in die wêreld deur die beginsel van gelykheid en regverdigheid uit te leef in die werksplek. ʼn Besigheid hoef nie mense uit te buit om wins te maak nie. Werkgewers moet nie hul werknemers onbillik vergoed, om so doende hul eie kostes laag te hou en meer wins te genereer nie. Die beginsels van gelykheid en regverdigheid tref ʼn mens ook in die Christelike etiek aan. Deur bekend te staan as ʼn besigheid wat sy werkers regverdig beloon en hulle gelyke kanse gee om hulle vaardighede ten toon te stel, kry die besigheid ook die geleentheid om die regte werkers deel van die besigheidspan te maak. Dit sal ander werknemers aanmoedig om by die besigheid aan te sluit.

Ryan (1996:161) bevestig die belangrikheid van hierdie punt wanneer hy sê dat alle mense gelyk is. Die vraag wat hieruit ontstaan is: “Moet almal dan dieselfde betaal word in die besigheid? Hoekom kry sekere mense dan meer geld as ander? Hierdie stelling van Ryan kan soos volg geïnterpreteer word:

• Die feit dat alle mense gelyk is, beteken nie dat alle mense dieselfde vergoeding finansieel moet ontvang nie, maar wel dat elke mens die kans het om regverdig hanteer te word.

86

• Elke mens moet na regte vergoed word vir die belangrikheid van die tipe werk wat hy/sy verrig.

Die gevolgtrekking is dat die sleutel tot die verstaan van hierdie afdeling daarin lê dat alle mense gelyk is in die oë van die reg en die besigheid moet dit erken en uitleef. Alle mense is gelyk in die oë van die Here en daarom kan die reg dit erken en afdwing.

Indien die besigheid hierdie beginsel kan uitleef, tree hul selfs sonder dat hul dit weet as waarde-agente in die samelewing op. Kom ons gaan kyk in meer detail na die besigheid se verantwoordelikheid om as waarde-agent op te tree.

4.4.4 Die verantwoordelikheid wat ʼn besigheid het om as waarde-agent in die