• No results found

Die Grondwet van Suid-Afrika se drie kernwaardes skep die ruimte aan die

gedragskode te kan opstel

2.4.1 Die voorwoord tot die Grondwet.

2.4.2 Hoofstuk 2: Die Handves van Fundamentele Regte. 2.4.3 Hoofstuk 2: Geloofsvryheid.

2.4.1 Die voorwoord tot die Grondwet

Volgens die Grondwet van Suid-Afrika (www.gov.co.za:2009) is dit baie duidelik dat die Grondwet van 1996 hoofsaaklik ten doel het om die foute van die verlede reg te stel en om eenheid, sosiale geregtigheid en gelykheid te bevorder. Dit gaan egter verder deur reeds in die begin van die Grondwet ook die rol van geloof in ons samelewing te erken deur na die volgende woorde in vier tale te verwys: “Mag God

25

ons mense beskerm”. Kort daarna word daar in afdeling 6 van die voorwoord meer uitgebrei op hierdie saak. Die grondwet lê klem op kulturele en geloofskommerpunte en hoe dit betrekking het op die taalaangeleentheid in ons land. (www.gov.co.za:2009).

In afdeling 6.2 (www.gov.co.za:2009) verklaar dit selfs dat die Staat ʼn Pan-Suid-

Afrikaanse taalraad tot stand moet bring wat na taalsake omsien en veral hoe uitheemse tale waarby geloof betrokke is, kan voordeel trek, soos byvoorbeeld Arabies en Hebreeus wat spesifiek vir geloofsdoeleindes gebruik word. Indien hierdie aspekte in die Grondwet voorkom, moet die Staat finansieel bydra tot hierdie sake om die kulturele en geloofsbelange te bevorder.

Dit is verder ook duidelik dat die Staat dit belangrik genoeg ag om hierdie sake in die Grondwet in te voeg om daardeur regterlike beskerming aan geloofsbeoefening te verskaf. Dieselfde reg as wat daar gegee word aan Gelykheid, Menswaardigheid, Vryheid en Sekuriteit, Nie-seksisme, Vryheid teenoor slawerny, Privaatheid en Vryheid van Spraak word aan die Handves van Fundamentele Regte gegee. Dit bring ons by die volgende kernwaarde naamlik die Handves van Fundamentele regte.

2.4.2 Handves van Fundamentele Regte

Die Grondwet en meer spesifiek die Handves van Fundamentele Regte is spesifiek opgestel om dit wat beskerming nodig het, te beskerm. Wat die rede ook al is, as dit binne die grondwet voorkom, is dit die plig van die Staat om dit te beskerm.

In hierdie studie wil daar vasgestel word of die staat ʼn beswaar kan hê as ʼn besigheid ʼn Christelik-etiese gedragskode opstel vir die werkplek. Dit is duidelik dat dit nie teengestaan kan word nie. Die regstelsel is die beskermer van die Grondwet. Die Staat is die uitvoerder daarvan. As dit in die grondwet voorkom, maar nie deur die Staat onderhou word nie, moet dit in ʼn wet vasgevang word, sodat die regstelsel die beskerming van ʼn grondwetlike saak kan waarborg.

26

Die besigheid word as ʼn regspersoon gesien deur die staat en dit val onder die Grondwet, net soos die wette van ons land ook onderhewig is aan die Grondwet. Dit stel die besigheid in staat om die grondwet te gebruik tot sy voordeel. As die besigheid dus binne die riglyne wat daar volgens die grondwet voorgestel word, handel, kan daar nie saak teen die besigheid gemaak word nie. So ook in die geval van die daarstelling van ʼn Christelik-etiese gedragskode vir die besigheid.

Die grondwet van Suid-Afrika maak net voorsiening vir onregverdige diskriminasie. As daar byvoorbeeld na regstellende aksie wat deur die staat toegepas word, gekyk word, is dit diskriminasie volgens die grondwet 1996, 2:9(3); maar gesien in die lig van die geskiedenis van ons land is dit tans nie onregverdige diskriminasie nie en mag dit voortgaan. Dit word ook so in die howe as uitspraak gelewer. As iets dus nie “onregverdige” diskriminasie is nie, mag dit voortgaan, mits dit ook positief bydraend is tot die land en nie afbrekend nie.

Volgens Blake en Litchfield (1999:529) kan daar gekyk word na die voorbeeld van vrouens wat nie mag priesters of predikante word in die Katolieke Kerk en ook in die Gereformeerde kerk nie. Dit mag gedoen word, omdat daar legitieme redes is om by te dra tot die instansie se doel om hul geloof uit te oefen.

Alhoewel hierdie saak nog nie voor howe gedien het nie, word daar geglo dat dit op grond van dié redenasie regverdig kan word; op grond van die feit dat die Grondwet die reg van vrye assosiasie en interne verbandsreg beskerm, mits dit nie bots met die grondwaardes van die grondwet nie.

Hierdie bring ons by die derde en laaste kernwaarde van die Grondwet wat ons punt ondersteun, naamlik Geloofsvryheid.

2.4.3 Geloofsvryheid

Die volgende saak wat die argument ondersteun dat die besigheid mag voortgaan met die implementering van Christelik-etiese gedragskode is die klousule van die Grondwet wat bepaal dat daar geloofsvryheid is.

27

Geloof mag dus vrylik beoefen word. Almal het die reg tot Vryheid van Gewete, Geloof, Denke, Oriëntasie en Opinie aldus die grondwet van Suid-Afrika, (1996, 2:15(1)). Die staat se houding is baie liberaal in hierdie opsig en verskil van dié in die VSA, waar daar baie meer gedoen word om die geloofsbeoefening te beperk en nie soveel vryheid gegee word aan gelowe soos hier by ons nie.

Dit is ʼn ope vraag of dit nie dalk vandag beter is as Christen om in Suid-Afrika te leef nie. Vandag is daar meer geleenthede om met mense van verskillende gelowe in aanraking te kom en so die Goddelike opdrag makliker uit te voer deur vir mense van Sy wonderlike daad aan die kruis te vertel. Die sendingveld is dus by jou voordeur en nie meer in ʼn ander land nie.