• No results found

HOOFSTUK 5: DATA-ONTLEDING EN INTERPRETASIE

5.2 Navorsingsbevindinge aan die hand van die spesifieke doelwitte

5.2.3 Doelwit 3: Om die deelnemers se insig of persepsies van die verskil

5.2.3.2 Samewerkende vennootskappe

Binne die konsep van uitgebreide ondersteuning (aan leerders wat hindernisse tot leer ervaar) realiseer samewerking met ander en relevante rolspelers as metode van intervensie wel op skoolvlak. Kort op die hakke van ondersteuning word skakeling met rolspelers gelys as ʼn kenmerk van ʼn funksioneel werksame SGOS. Die SGOS as belangrike skakel tussen die skool, ouers of versorgers, ander ondersteuningsdienste en die gemeenskap word vanuit die data-ontleding soos volg onder subtemas gemotiveer:

5.2.3.2.1 Ouers

Die navorsingsdata reflekteer die bewustheid by vyf uit die vyf skole dat ouers kardinale rolspelers is in die hulpverlening- en ondersteuningproses aan leerders. Deur die bank maak die deelnemers melding van skakeling met ouers en in die besonder die ouers van leerders wat hindernisse tot leer ervaar. In die woorde van drie deelnemers word die bogenoemde bevinding gestaaf – C:F:2: “So

when we see such a learner we call the parent”; D:F:3: “And those who have barriers to learning we call parents ... We call parents and we advise them to be aware of the capabilities of their learners

…”; en E:F:3 “We also intervene with parents, learners and teachers for the support of those learners with learning problems.” Deurlopende skakeling met ouers word te kenne gegee by Skool C as

Deelnemer F:1 sê: “We keep on calling the parent …” Sou ouers nie reageer op Skool C se oproepe nie, gaan die skool tot die uiterste en word selfs die tuinier van die skool ingespan vir ouerbetrokkenheid – C:F:1: “… we even sent the gardener to call the parent.” Die SGOS-lede van Skool B is meer spesifiek en noem dat skakeling met ouers onderhoude veronderstel, byvoorbeeld B:F:1: “… when I come to interact with the parents, when I do interviews I do write down that I’ve met

the particular parent for these particular learners on this day.”

5.2.3.2.2 Gemeenskap

Binne die raamwerk van gemeenskapsgebaseerde samewerking maak min deelnemers melding van skakeling met gemeenskapslede en gemeenskapsorganisasies as deel van die ondersteuningsnetwerk. D:V:1 maak ʼn algemene stelling en meen dat die SGOS by die skool wel samewerking met gemeenskapslede aanmoedig: “Promote cooperation with parents and community

members.” Deelnemer A:V:1 noem dat Skool A besighede nader vir donasies: “They ask donation from different company to assist learners, for example uniform” en dat die skakeling met instansies

wel vrugte afwerp – “Support material from Old Mutual, they provided twenty learners with shirts for

school uniform.”

5.2.3.2.3 Spesiale skole as hulpbronsentrums

Personeel met spesialiskennis en -vaardighede verbonde aan spesiale skole (hulpbronsentrums) word by die ondersteuningsnetwerk betrek. Skool A maak eksplisiet melding van die spesiale skole (hulpbronsentrums) se spesialiste of terapeute wat betrek word by die hulpverleningsproses – A:V:1

“They invite specialists from special school to assess learners.” Ook benut Skool A beskikbare

hulpbronne wat deur die spesiale skool (hulpbronsentrum) uitgeleen word – A:V:1: “They require

resources from special school as resource centre for full-service school.”

5.2.3.2.4 Interdepartementele skakeling

Die deelnemers maak melding van ‘n totaal van vyf regeringsdepartemente wat onderling betrek word by hulpverlening en ondersteuning aan kwesbare leerders – opsommend saamgevat in B:F:1 se beskrywing: “We interact with various stakeholders …” en “We do involve social workers, SAPS,

Health Department, Home Affairs, SASSA, yes.” Skakeling met “susterdepartemente” gebeur by al

vyf landelike laerskole, maar nie noodwendig met al vyf die genoemde departemente nie. Met die data-ontleding is bevind dat skole grotendeels skakel met die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, moontlik weens die rede soos dit deur Deelnemer C:I:2 gestel word: “… most of the

problems here are social economical problems and these problems, really they derail these learners from performing well, you know. So if we identify them and try to sort this problem, at least there’s an improvement in terms of their performances.”

Bewyslewering van skakeling deur skole met die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling lui soos volg: B:F:1: “Children are not taken care of totally … the social worker is helping us …” C:F:1:

“We work a lot with social workers; even last week, she was here dealing with all the social problems … even the police as well.” C:I:B: “… they will even help or call the social worker to intervene …”

E:F:2: “In fact we … include … social workers …”

Skakeling met ander nasionale departemente, byvoorbeeld die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Departement van Gesondheid en die Departement van Binnelandse Sake, lewer skraler bewys op, maar sien soos volg daar uit: A:I:B: “… we also opt some stakeholders like, ‘adopt a cop’.” C:F:1:

“We work a lot with social workers … even the police as well.” E:F:2: “In fact we must include all the stakeholders like … social workers, parents, psychologist and doctors as well.”

5.2.3.2.5 Ander

Die feit dat twee van die vyf landelike laerskole ekstra moeite doen en bykomende platforms gebruik om rolspelers by die ondersteuningsproses aan kwesbare leerders te betrek, word duidelik geïllustreer deur Deelnemers A:I:B en C:F:1 se bydraes – “A member from tribal authority so that

maybe if we have some announcements, they should done it there at their Lekgotla where they meet some parents at tribal because usually, according to their plan, every Tuesday they meet …”; “We go to churches and try to ask for donations or clothes.”

Uit bogenoemde bewyslewering word waargeneem dat 100% van die landelike laerskole wat by die studie betrokke was, wel een of meer rolspelers betrek by die ondersteuning van leerders wat hindernisse tot leer ervaar. Deelnemer C:F:3 wil die kundigheid van ʼn SGOS motiveer aan die hand van die SGOS se skakeling met rolspelers en stel dit soos volg: “… when someone from outside can

come … and a professional comes in and also support on what we are saying, it really shows that we … know the needs of those learners.”