• No results found

Hoofstuk 4: Voorveronderstellings

4.3 Voorveronderstellings aanwesig by Van Til se apologetiese metode

4.3.1 Samevatting

Van Til toon nie net sy voorveronderstelling aan nie, maar pas dit ook toe. As die skepping en rede van die mens nie verstaan word met hierdie Basis-voorveronderstelling van God en sy Openbaring aan die mens nie – sal menslike ervaring sneuwel (soos hierbo in besonder uitgewys). Van Til verduidelik die ontwikkeling van hierdie apologetiese denke soos volg:

“At one point or another all the Reformed theologians of modern times argue that unless the “reason of man” and the facts of the universe be taken as they are taken in terms of the infallible revelation of God given to man in the Bible, human experience runs into the ground.It is this basic approach of Kuyper and Bavinck, of Charles Hodge and B.B. Warfield and Geerhardus Vos (ignoring or setting aside the remnants of the traditional method that is found in their works) that appeal is made in this work. It is of critical importance in the current scene that a consistently Reformed apologetic be set forth…” (Bahnsen, 1998:25).

Hierdie gereformeerde apologetiek is uiteengesit in die voorveronderstellings-apologetiese metode.

Van Til het egter kritiek (alhoewel meer gereserveerd) uitgespreek teenoor eenderskennendes, veral teenoor die metodes van apologete Francis Schaeffer en Edward J. Carnell172. Die

praktiese-gefokusde invloed, wat Francis Schaeffer gehad het as apologeet, kan en moet egter nie onderskat word nie173.

Bahnsen (1998:16 voetnota 54) beskryf die verskil in die benadering van Schaeffer en Van Til soos volg:

171Vgl. 4.5.

172 Vgl. (Bahnsen, 1998:16 voetnota 54; Edgar, 1995) 173

Francis Schaeffer is een van die apologete wat die grootste invloed gehad het op hoe apologetiek as wetenskap toegepas kan word. Sy nalatenskap kan onder andere gevind word inklank- en videoopnames, boeke, klaslesings en publieke toesprake (vgl. o.a. He is there and He is not silent (Schaeffer, 2001), The God who is there (Schaeffer, 1998). Die klankopnames van Schaeffer se gesprekke en lesings is op die internet beskikbaar by: www.labri-ideas-library.org

“Francis Schaeffer treated a “presupposition” as merely a hypothesis to be tested over against competing presuppositions by the standard of observational experience (apparently taking this experience as presuppositionally neutral and rationally intelligible apart from the Christian worldview)…”.

Met groot versigtigheid word hier kritiek gelewer teenoor Schaeffer. Schaeffer het twee dinge as vanselfsprekend, wat nie getrou is aan die voorveronderstellings-apologetiese metode nie, aanvaar. Die eerste is dat hy die rede van die ongelowige in ʼn sekere sin as neutraal hanteer. Wat dit impliseer is dat die gelowige sy lewens- en wêreldbeskouing het en die ongelowige syne en Christenskap as ʼn beter alternatief aandui. By Van Til sal Christenskap steeds as ʼn lewens- en wêreldbeskouing gehandhaaf word. Hy beskou dit egter as die enigste moontlikheid waarin die rede van die mens regverdiglik korrek kan funksioneer. Van Til begin met hierdie feit. Hy reken dat die rede van die mens nie kan funksioneer, as die ongelowige nie in God se wêreld geleef en uit God se wêreld geleen het nie. Hierdie inkonsekwentheid moet dus vir die ongelowige uitgewys word. Dit geld ook vir realiteit, ander epistemologiese kenmerke asook etiek. By Van Til is daar geen neutraliteit nie – ook nie by Schaeffer nie174. Schaeffer laat egter

tot ʼn mate ruimte daarvoor. Die kern van Van Til se denke is geleë in die metafisiese (die sogenaamde ontiese by Stoker) karakter van God. Sonder dat God as basis- voorveronderstelling gehandhaaf word, sou geen kennis, realiteit of etiek moontlik gewees het nie. Dit is juis in die “leen” vanuit die werklikheid wat die ongelowige wel kan redeneer wat apologeties inkonsekwent sal wees en daarop gewys moet word.175 Van Til redeneer dus nooit

met die ongelowige oor die bestaan van God nie, hy vra net dat die ongelowige moet aandui, hoe hy sonder om God as basis-voorveronderstelling te handhaaf, tot enige verklaring van kennis, realiteit of die moreel-etiese, kan kom. Die vrae wat Schaeffer aan die ongelowige sou vra en die vrae wat Van Til sou vra, sal verskil. Akademies gesproke verskil die benaderings egter op ʼn pertinente punt met mekaar. Met die uitskakeling van die mite van neutraliteit, deur die apologetiese metode van Van Til, word die basis-voorveronderstelling wat prakties toegepas word in ʼn lewens- en-wêreldbeskouing (bestaande uit denke oor metafisika, epistemologie en etiek) van die Christen teenoor die nie-Christen gestel.

174 Bahnsen 2007:5-23 – “Myth of Neutrality” 175

Hier wil egter gewys word dat die verskil tussen Schaeffer en Van Til amper as ʼn konsekwente toepassingsverskil aangedui kan word. Van Til verskil egter van die ander apologetiese metodes in groter besonderheid. Van Til begin met sy basis-voorveronderstelling dat God bestaan en dat die ongelowige dit moet erken en Hom vir die skepping en verlossing moet loof, waar ander apologetiese metodes die waarskynlikheid van ʼn God wat moontlik ooreenstem met die Woord van God wil verduidelik. Die probleme hiermee is voor-die-handliggend. Dit gesê, is ander apologetiese metodes steeds van groot waarde en sal die plek daarvan in 5.5 genoem word.

(Stoker, n.d.(b): 'Geen lewens- en wêreldbeskouing is religieus neutraal nie') toon ook duidelik aan dat geen neutraliteit bestaan nie. Hy gaan selfs verder en wys op die gevaar van afgode176:

“Dit geld vir elke lewens- en wêreldbeskouing, nl. dat dit religieus bepaald is, omdat religie die fundamentele, universele en integrale verhouding van die mens tot God is, daargelate of hy in die God van die Skrifte glo of die wêreld of die

mens self of die rede of wetenskap of kuns of mag of rykdom of sport of singenot of wat ook al tot afgod maak. Want aan daardie afgod word goddelike

eienskappe toegeken; daardie afgod bepaal die hoogste sin en doel van sy lewe, daardie afgod rig sy oortuigings en doen en late, daardie afgod dien en eer hy en vir daardie afgod offer hy alles op. Elke mens het ʼn God of ʼn afgod waaraan hy hom geheel en al onderwerp. Geen lewens- en wêreldbeskouing is religieus neutraal nie.”.

Om verder die bruikbaarheid van die apologetiese metode ook wysgerig-gerig aan te toon, sal die wysgerige karakter van Van Til se apologetiese metode bespreek word.