• No results found

Hoofstuk 3: Jerusalem en Athene

3.2 Die Skrywe

3.2.1 Konteks (“On Context of Knowledge”)

Stoker (1971:27) begin die skrywe met die bespreking van konteks. Konteks is belangrik deurdat dit gevorm word deur vertrekpunte, wat sekere voorveronderstellings insluit. Dit vorm die basis van die gesprek tussen Stoker en Van Til. Verder vorm dit ook die basis van enige wetenskapsbeoefening (vgl. 3.2.1.3.).Daarom is dit so belangrik dat dit spesifiek hier bespreek word. Stoker besef dat ʼn binding tussen sy kenleer en die van Van Til slegs moontlik is as hulle voorveronderstellings ooreenstem. Daarom met die aanvang van hierdie skrywe wys Stoker op die ooreenkoms in voorveronderstellings tussen homself en Van Til. Stoker is diep onder die indruk van die invloed van vertrekpunte op enige denke of wetenskapsbeoefening (vgl. Stoker, 1929:57-58).

Sonder dat die konteks (wat gevorm word deur vertrekpunte) van denke en wetenskapsbeoefening verreken word (self- en anderkrities), sal die verskille en ooreenkomste vanuit hierdie vertrekpunte gebore, altyd net maar verskille en ooreenkomste bly. Om werklik apologeties lewensveranderend met anderskennendes om te gaan moet die lewens- en wêreldbeskouing van die betrokke anderskennende uitgedaag kan word. Dit alleen is moontlik deur die vertrekpunte waaruit geredeneer word te verreken. Verder moet daar ʼn geskikte metode vir hierdie verrekening gekies word en dit moet doeltreffend aangewend word. Die ooreenkomste, betreffende vertrekpunte, wat Stoker dus tussen homself en Van Til aantoon is soos volg:

 Die ontologiese (ontiese) karakter van God. Vir Stoker (1971:26) begin alles by God as die “…absolute origin of all ‘things’ – also of man’s knowledge”. Dit is in direkte ooreenstemming met die kenleer van Van Til. Die hele apologetiese metode van Van Til berus juis op die ontologiese Drie-enige karakter van God (vgl. Van Til, 2003:32-34). Met ontologies, in hierdie sin, word die bestaan van die Drie-enige God bedoel.

By Stoker, soos by Van Til, word die mens se kennis bepaal deur sy siening van God. Stoker (1971:26)beskryf dit soos volg: “…—and that accordingly one’s view of God (or an “absolute” in other theories) determines in an ultimate sence one’s view of man’s knowledge…”. Ook Van Til (2003:32–34, 40–41)is dit hiermee eens: “…that man (created as…the of God) belongs to our created universe and, accordingly, his knowledge belongs to the universe…thus one’s view of the universe co-determines, in a basic sense, one’s view of man’s knowledge…”. Stoker en Van Til bevestig dus die verband tussen Godbeskouing en moontlikheid van kennis. Dit is ʼn uiters relevant, want die Godsbeskouing van ʼn gegewe anderskennende het ʼn direkte invloed op die moontlikheid van kennis (vgl. 3.2.2.1. asook 3.2.3.1. en 3.2.3.2.).Dit is hierdie Godsbeskouing of die afwesigheid daarvan (wat ook ʼn beskouing is) wat deur die apologetiese en filosofiese metodes van Van Til en Stoker onderskeidelik uitgedaag word. Volgens Stoker en Van Til het die Godsbeskouing van ʼn persoon ʼn direkte invloed op die kenleer van die gegewe persoon. Dit vind elkeen van hulle terug in die openbaring van God aan die mens (vgl. 3.2.2.1, 3.2.3.1, 3.2.3.2.).

ʼn Gevolg van die bogenoemde twee punte van ooreenstemming is dat kritiek deur Stoker en Van Til dieselfde karakter besit. Van Til lewer vanuit bogenoemde punte kritiek op die Rooms- Katolisisme, maar ook tegelyk kritiek op die Rasionalisme (vgl. Van Til, 2003:37,45). Ook Stoker, vanuit hierdie bogenoemde punte, lewer kritiek teenoor eenders- en anderskennendes.

ʼn Verdere ooreenkoms tussen die voorveronderstelling van Stoker en Van Til vind Stoker in die sentrale plek van die Woord van God in elkeen se denke. As persone wat hulself as gereformeerdes sien, maak die Skrif van God die basis van elkeen se denke uit. Die gevaar bestaan in die wysbegeerte asook in die teologie, dat die Skrif afgewater word en nie meer as die vertrekpunt vir alle denke, aksies en woorde gebruik word nie. Van Til (2003:19-20 e.v.) vat dit pragtig saam met die volgende stelling: “…the necessity of seeing all problems of knowledge in the light of the fundamental truths of Holy Writ.”. Om hierdie voorveronderstellings as implikasies te illustreer kan die volgende drie voorbeelde gebruik word:

 Stoker (1929:57-58) beklemtoon die belangrike rol wat voorveronderstellings speel in die evolusionistiese denke van Servet87: “Jou aanvaar van die naturalisties- positivistiese of

van die teïsties- supranaturalistiese Bybelverklaring en Bybelopvatting is ’n vooroordeel, ’n voorveronderstelling waarmee jy begin…en sonder een van hierdie

vooroordele kan geen Teologiese of Godsfilosofiese wetenskap gebou word nie. Jy moet óf

die Bybel in sy absoluutheid handhaaf, en wel in die geheel, óf die Bybel, psigologisties, historisties, naturalisties relativeer,– en wel vanuit die staanspoor.”.

Dit is hierdie relativering van die Skrif wat Stoker en Van Til wil aanspreek.

Dit is belangrik om hier daarop te let dat die Skrif sy gesag van die Christelik-Teïstiese God ontleen. Die Skrif sou geen gesag gehad het as dit maar net ʼn boek geskryf deur mense was nie, maar dit het juis gesag daarin dat dit die woorde van God is, geïnspireer deur die Gees van God. Gesien vanuit hierdie hoek, kan hier nie ʼn klag van Biblisisme gehandhaaf word nie. Daar moet eerder hier gesien word, dat die keuse om die Woord te relativeer, ʼn keuse is om ʼn ander Godsbeskouing te handhaaf. Die relativering van die Woord van God, het eintlik ʼn relativering van die Persoon (Wese) van die Christelike Teïstiese God tot gevolg. Daarom beklemtoon Van Til en Stoker die feit dat die Woord in sy absolute volheid gehandhaaf moet word Stoker en Van Til stel hulleself onder die gesag van God en daarvolgens ook onder die gesag van die Woord. Bybelgetroue denkers wil eerder hóór wat die Woord aan hulle verkondig, as om die Woord voor te skryf wat om aan hulle te verkondig. Wat duidelik ook vanuit hierdie stelling van Stoker aan Servet (kyk ook die antwoord van Henk Stoker aan Vorster hier onder) na vore kom, is die feit dat daar ʼn duidelike onderskeid bestaan tussen die beoefening van wetenskap vanuit die Christelike lewens- en wêreldbeskouing teenoor die vanuit nie-Christelike lewens- en wêreldbeskouing (wat o.a. rasionalisme, materialisme ens. kan insluit). Dit stel dus nie die beoefening van

wetenskap teenoor geloof nie – maar eerder geloof in die Christelike Drie-Enige God as die grond van enige moontlike wetenskapbeoefening (die rede vir geloof by die kenproses kyk 3.2.1.2). Daarom dat Stoker88 ook teenoor Lever die volgende gevolgtrekking kan maak:

“Ook hier bepaal jou uitgangspunt jou resultate. Gee ʼn mens prinsipieel aan die naturalisme toe, ‘your theism is gone, and the flood of naturalism sweeps away Christianity – the common Christianity of all branches of the historian Christian Church.”.

 Die tweede voorbeeld kan gevind word, in die antwoord wat Henk Stoker (2010:213 – 214)89

met toepassing van die bogenoemde aan Vorster90 gee. Om die agtergrond van hierdie

gesprek te skets, word die opsomming van Henk Stoker91 hier weergegee.

“In 2009 verskyn ʼn artikel van Nico Vorster in-In die Skriflig, waarin hy ʼn nuwe verstaan van dele van die Skrif in die GKSA wil inlui (Vorster, 2009:115). Reeds uit die opskrif en opsomming van sy artikel (Vorster, 2009:95) is dit duidelik dat hy die keuse maak om “Genesis 1-3 as teologiese stof met ʼn polemiese en profetiese gerigtheid” te lees. Aangesien hy hierdie deel van die Bybel nie as historiese stof in die gewone sin van die woord wil hanteer nie, verreken hy daarna as polemiese teologie “die implikasies hiervan vir die Gereformeerde leer oor die erfsonde”. Hy pleit dat die Skrifgedeeltes wat as geskiedkundige stof in die kategese van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) en ander kerke hanteer word, in lyn met sy denke, nie meer soos dit daar staan as historiese weergawes aan die kinders gebied moet word nie (Vorster, 2009:115).In hierdie artikel word die sienings van Vorster (2009) vanuit die gereformeerde dogmatiek en apologetiek ondersoek.”

Tot sover die inleiding en agtergrond tot hierdie gesprek.

In antwoord op Vorster dui Henk Stoker92aan dat die voorveronderstellings aanwesig by die

denke van Vorster ʼn deurslaggewende rol uitoefen in sy resultate93:

“Soos by Genesis 1, lê die beslissing of die vertelling werklike gebeure is of nie, op ʼn metavlak. Dit word bepaal deur ʼn mens se voorveronderstellings oor die aard van die Skrif (vgl.Walton 2001:35-40). As ʼn mens die teks in sy finale vorm as eenheid en as God se openbaring

aanvaar (ooreenkomstig NGB art 2-7), is dit logies om te aanvaar dat hier werklike gebeure beskryf word.”.

88 Stoker 1929:57-58 89

Henk Stoker is tans (2013) Teologiese Professor aan die Noord-Wes Universiteit.

90

Nico Vorster is ook tans (2013) Teologiese Professor aan die Noord-Wes Universiteit.

91

Henk Stoker 2010:213-214

92 Henk Stoker 2010:229-230 93 Eie beklemtoning

Hieruit is duidelik dat die vertrekpunte (met voorveronderstellings) van ʼn persoon ʼn deurslaggewende rol kan speel in die resultate wat verkry word.

Henk Stoker94 kom egter by die hart van die kwessie uit met die daaropvolgende:

“Die keuse om dit wat God se Woord as werklike gebeure aanbied, te verskraal tot net sekere dinge wat werklik sou gebeur het, omdat dit inpas by die eksegeet se hedendaagse opvattings, berus op menslike oordeel, nie op die Skrif se eie aanspraak nie.”.

John Frame(1987:132) onderskei drie metodes van kennis, die normatiewe, situasionele en eksistensiële aspekte. Elkeen van hierdie aspekte kan ten koste van die ander gebruik word, die Normatiewe aspek (die Bybel) is egter die finale standaard vir die gelowige. Hierbo is ʼn duidelike geval waar die situasionele en eksistensiële aspekte voorrang geniet bo die normatiewe.

Hierdie bespreking rondom vertrekpunte (wat voorveronderstellings insluit) het nie net betekenis in die wysbegeerte of die apologetiek nie, maar ook ander vakwetenskaplike velde soos die pastoraat. Hier kan die studie van Bosman (2007) as voorbeeld dien. Hy verduidelik dit soos volg95:

“Gegewe die verstaan van voorveronderstelling as a belief that takes precedence over another and therefore serves as a criterion for another, word op Skrifperspektiewe gewys as verdere toespitsing van die basisbegrippe "mensbeskouing, "waarneming en lewens- en wêreldbeskouing, wat daarop dui dat voorveronderstelling(s) by beradenes verdiskonteer behoort te

word.”.Verder ook: “Voorveronderstellings by die Beradene – 'n Pastorale Studie

is 'n doktorale proefskrif wat die stelling ondersoek en bevind dat begrip oor die identifisering en verrekening van voorveronderstellings ("grondoortuigings)

by beradenes effektiwiteit van die pastorale beradingsproses verhoog.”.

Hieruit is dit duidelik dat die voorveronderstellings aanwesig in die denke van persone ʼn beslissende rol speel in die resultate wat gevind word. Hiermee is ook die praktiese belangrikheid van die invloed van vertrekpunte opnuut aangedui.

In die skrywe van Stoker aan Van Til hanteer Stoker eers sy eie kenleer en fokus dan ook op die kenleer van Van Til. Hy toon aan hoe sy eie kenleer die kenleer van Van Til kan aanvul en uitbrei.

94 Henk Stoker 2010:229-230 95 Eie beklemtoning