• No results found

Hoofstuk 4: Voorveronderstellings

4.4 Apologetiese karakter van Stoker se wysbegeerte

Vir Stoker as filosoof was dit van uiterste belang dat die Christelike geloof ook vanuit sy wysbegeertese denke apologeties verdedig kan word. Inaggenome die feit dat alle wysgerige denke ʼn beginpunt (Archimedespunt) moet hê, is dit die ideale manier om op apologetiese wyse met die anderskennendes om te gaan. Dit is dan ook wat Stoker gedoen het. In die kyk na die apologetiese karakter van sy wysbegeerte sal daar sal hoofsaaklik na twee hoofbronne verwys word.

Ten eerste sal vlugtig gekyk word na die bron van Stoker wat die sterkste apologetiese karakter vertoon, naamlik die boek: Stryd om die ordes(vgl. Stoker, 1941c). Hierdie boek is deur Stoker geskryf in 1941.Dietydperk waarin hierdie werk die lig gesien het, het die skryf van hierdie boek baie kontroversieel gemaak. Die Britse regering het Suid-Afrika op daardie stadium as kolonie regeer en was in die Tweede-Wêreldoorlog betrokke met die Nasionaal-Sosialistiese Nazi- regering in Duitsland.

In hierdie tydperk skryf Stoker die boek en doen ʼn uiteensetting en lewer kritiek op die leer van die Liberalisme (Britse regeringsmetode), Kommunisme, Nasionaal-Sosialisme (Duitse regeringsmetode), Fascisme, en stel dit apologeties teenoor die Calvinisme. Hierdie kritiek, teen

Nasionaal-Sosialisme en Fascisme het vir Stoker groot gevolge ingehou. Stoker is o.a. ondanks hiervan geïnterneer (vgl. Raath, 1994a177).

In hierdie publikasie het Stoker die praktiese implikasies van sy wysbegeerte juis ook vir die apologetiek aangetoon. Hieruit blyk dat sy wysbegeerte met groot vrug gebruik kan word teen enige vorm van verabsolutering – soos wat sigbaar is o.a. in die Liberalisme en Nasionaal- Sosialistiese stelsels. Na die kritiek teenoor die verskeie regeringsmetodes, toon Stoker dan ook vanuit sy gereformeerde lewens en wêreldbeskouing die korrekte metode aan. Stoker wys dus nie slegs daarop dat sy wysbegeerte apologeties aangewend kan word nie – maar ook dat sy wysbegeerte ʼn Christelike lewens- en wêreldbeskouing, waarvolgens die eenderskennende kan leef en sy geloof versterk kan word, gee.

Die tweede voorbeeld waarna verwys moet word, is die antwoord wat Stoker aan Prof J. Lever in ʼn brief gegee het (Stoker, 1958:83-135). Stoker het gereageer op Lever wat evolusionisme (die verabsolutering van eenheid ten koste van verskeidenheid asook verabsolutering van die krag van die natuur asook die moontlike verabsolutering van die genetika) voorgestaan het. Hierdie gedeelte moet nie buite die konteks van die skrywe tussen Stoker en Lever verstaan word nie. Daarom sal in hierdie gedeelte gefokus word op die voorveronderstelling van elk wat aanwesig is en wat Stoker aantoon. Hierin kan soos by bogenoemde die belangrikheid van voorveronderstellings by Stoker opgemerk word.

Die diskussie is eerder wysgerig deur Stoker benader as natuurwetenskaplik. Die verskille wat Stoker noem en die apologetiese Bybels-gefundeerde argumente wat hy voer is belangrik. Die gesprek vind sy swaartepunt waar Stoker die verskil in wetenskapsidee tussen hom en Lever bespreek. Stoker178verstaan wetenskapsidee soos volg:

“Onder wetenskapsidee verstaan ek wat die wetenskaplike onder ‘wetenskap’ (in onderskeid van godsdiens, kuns, politiek, ekonomie, ens.) en sy grense verstaan, asook die beginsels en wetsorde, wat hy aan wetenskap as sodanig ten grondslag lê, sy bepaling van die doel van wetenskap, sy (met dit alles gegewe) voorkeur vir bepaalde wetenskaplike metodes, ens…(Vgl.my Beginsels en Metodes in die Wetenskap, o.a. bll. 202 tot 207, 251 tot 259, 273, 278, 296 tot 304).”.

Stoker179neem dan die gesprek verder deur die volgende vraag180:

177 Geen bladsynommers 178 Stoker 1958:83-135 179 Stoker 1958:83-135 180 Eie beklemtoniong

“Ek het myself afgevra waarom m.b.t. die kernpunte (die oorsprong van die plant en die onderskeie plantphyla, van die dier en die onderskeie dierphyla en van die mens) u aan '‘ universele evolusie die voorkeur gee en ek nie, terwyl u self erken dat ʼn universele evolusie nie bewys nie (resp. onbewysbaar) is en dat die groot lakunes en spronge wat mens nie net m.b.t. die genoemde kernpunte nie, maar selfs by klasse en ordes aantref, evolusioniste somber stem. My

gevolgtrekking is dat u ʼn ander wetenskapsidee huldig as ek, en dat dit die fundamentele rede vir ons meningsverskille is.”.

Hiermee kom Stoker by die hart van die saak uit – hy toon tereg aan dat vertrekpunte en in meer besonderheid voorveronderstelling (wat verskil by homself en Lever) die verskil in wetenskapsidee tot gevolg het. Hierdie gevolgtrekking verduidelik Stoker181 soos volg182:

“Opvallend is dat ʼn wetenskapsidee nie los staan van die tydsgees (lewens-

en wêreldbeskouing) van ʼn bepaalde epog nie, dat ʼn wetenskapsidee in ʼn bepaalde epog geesverwant is aan die godsdiens, kuns, sosiale struktuur, politiek, ekonomie, ens. van die betrokke epog. Wat ons tyd betref, let op die

geestesverwantskap van die huidige (natuur-) wetenskaplike wetenskapsidee met die dialektiese Teologie, eksistensiewysbegeerte, holistiese-kreatief- evolusionistiese Wysbegeerte, huidige kuns V.V.O-gees, ens. Hieruit blyk dat ʼn

wetenskapsidee innig met lewens- en wêreldbeskouing verbind is.”.

Dit is vanuit hierdie vertrekpunt wat Stoker begin om Lever te antwoord en die inkonsekwentheid van sy lewens- en wêreldbeskouing aantoon. Stoker trek die kring egter selfs wyer deur die breë immanensie denkers in te sluit. Hierdeur toon Stoker (1961c) die veelsydigheid van hulle wysbegeerte aan183:

“In my stryd met wysgerige en (veral sielkundige) vakwetenskaplike skole het dit my opgeval dat immanensie-(kosmosentriese, uitsluitlik internkosmiese) denkers die eenheid van ons werklikheid in ʼn binnekosmiese kontinuïteitsideaal

soek (soos u…hierbo dit ook doen).Terwyl hulle hierdie eenheidsbeginsel verabsoluteer, wys u die betrokke verabsolutering van die hand. Gee u deur u

aanvaarding van ʼn binnekosmiese kontinuïteitsideaal aan die gangbare wetenskapsidee van die immanensiedenkers (en per implikasie aan die evolusie) nie te veel toe nie?”

Die trefkrag van die wysbegeerte van die skeppingsidee is veelsydig, want dit is nie vanuit die prakties-metodologiese gebou nie – maar vanuit die beginsel wat dit getrou handhaaf. Die

wysbegeerte van die skeppingsidee kan vele ander verabsoluterings uitwys, juis omdat dit kan

fokus op die voorveronderstellings en vertrekpunte van ander idees.

181

Stoker 1958:83-135

182 Eie beklemtoning 183 Eie beklemtoning

Stoker dui die invloed van ʼn sekere lewens- en wêreldbeskouing (hetsy dit rasioneel of evolusioneel is) duidelik aan. Daarmee dui Stoker ook suksesvol die verband, wat bestaan tussen onderskeidelik die voorveronderstellings tot vertrekpunte tot lewens- en wêreldbeskouing, aan.