• No results found

Die reg op uitbreiding as boedelbate binne die konteks van geselekteerde belastingwetgewing

4 Die reg op uitbreiding as boedelbate 1 Inleiding

4.2 Die reg op uitbreiding as boedelbate binne die konteks van geselekteerde belastingwetgewing

Hoewel eiendom ʼn bepaalde betekenis het binne die privaatreg, word eiendom vir boedel- en belastingdoeleindes spesifiek gedefinieer in terme van relevante wetgewing. Vervolgens word kortliks verwys na die onderskeie wetgewing met spesifieke verwysing na die betekenis van “eiendom” vir boedel-, kapitaalwins- en skenkingsbelastingdoeleindes. Daar word ook gekyk na hoe die eiendomsbegrip die bepaling van die waarde van die reg kan affekteer.

230 Artikel 25(13) saamgelees met artikel 25(2). 231 Artikel 25(13).

232 Knoetze v Saddlewood CC 2001 (1) SA 42 (SE) paragraaf 48D-E.

233 Sien Lotz en Nagel se waarskuwing teen die gevare verbonde aan ongeregistreerde ontwikkelings in fase-ontwikkeling hierbo.

47

4.2.1 Boedelbelasting

Vir boedelbelastingdoeleindes word ʼn boedel in terme van artikel 3(1) van die

Boedelbelastingwet234 omskryf as “al die eiendom” asook “geagte eiendom” van ʼn

persoon op datum van dood.

“Eiendom” word beskryf as “enige reg op goed, hetsy roerend of onroerend, liggaamlik of onliggaamlik”.235

Fidusiêre regte, vruggebruik of ander dergelike belange word spesifiek by die definisie van eiendom ingesluit.236

Die reghebbende of sy opvolger in titel is geregtig om met die reg te handel ingevolge artikel 25 van die Deeltitelwet. Beperkte saaklike regte vorm dus deel van ʼn persoon se boedel en sal boedelbelastinggevolge inhou indien die reghebbende te sterwe kom terwyl die reg steeds van krag is.

“Geagte eiendom” sluit ook in eiendom wat ten tyde van afsterwe nog nie aan die oorledene behoort het of nog nie bestaan het nie. Hierby word onder andere ingesluit eiendom waaroor die oorledene bevoeg was om tot sy eie voordeel of tot voordeel van sy boedel te beskik.237 Van belang vir boedelbelastingdoeleindes is gevalle waar die reg op uitbreiding byvoorbeeld in ʼn trust gesetel is wat steeds deur die ontwikkelaar beheer word, in welke geval dit as geagte eiendom beskou mag word.

Boedelbelasting word teen ʼn vasgestelde koers op die belasbare bedrag van die boedel gehef.238 Artikels 5(1)(a) tot 5(1)(f) van die Boedelbelastingwet bevat ʼn aantal waardasiebepalings waarvolgens eiendom gewaardeer moet word. Artikel 5(1) bepaal dat enige bate wat vervreem word deur ʼn bona fide koop en verkoop transaksie in die loop van die likwidasie van die boedel, waardeer word teen sodanige prys. Indien die bate egter nie verkoop word nie, moet dit teen markwaarde waardeer word ingevolge artikel 5(1)(g). Die billike markwaarde is die waarde op datum van dood en word soos volg omskryf in artikel 1 van die Wet:

234 Boedelbelastingwet 45 van 1960.

235 Artikel 3(2) van die Boedelbelastingwet; kyk ook Haupt Inkomstebelasting 787. 236 Artikel 3(2)(a) van die Boedelbelastingwet.

237 Artikel 3(3) en 3(3)(d) van die Boedelbelastingwet. Kyk ook Haupt Inkomstebelasting 789. 238 Eerste bylae van Boedelbelastingwet. Kyk ook Haupt Inkomstebelasting 787.

48

die prys wat by die verkoop van die eiendom tussen ʼn gewillige koper en ʼn gewillige verkoper wat onder uiterste voorwaardes in ʼn ope mark beding, verkry kan word. Soos hierbo aangetoon is daar egter verskeie faktore wat die waarde van die reg beïnvloed en is die vasstelling van ʼn markwaarde uiters moeilik.

4.2.2 Kapitaalwinsbelasting

Kapitaalwinsbelasting is van toepassing op “beskikkings” en “geagte beskikkings” van alle “bates”.

ʼn Bate word omskryf in paragraaf 1 van die Agste bylae van die

Inkomstebelastingwet239 en sluit die volgende in:

(i) Eiendom van welke aard ook al (roerend of onroerend; liggaamlik of onliggaamlik).

(ii) Regte of belange van welke aard ook al tot of in sodanige eiendom.240

In paragraaf 11 word ʼn “beskikking” omskryf. Hiervolgens word die volgende ingesluit by die definisie van “beskikking” vir kapitaalwinsbelastingdoeleindes:

(i) die verkoop van ʼn bate; (ii) die skenking van ʼn bate;

(iii) onteiening, omskakeling, sessie of uitruil van ʼn bate; (iv) enige ander vervreemding of oordrag van eiendomsreg; (v) verbeuring van ʼn bate;

(vi) tenietgaan van ʼn bate; (vii) verstryking van ʼn bate.

ʼn Geagte beskikking is enige bedrag wat hanteer word as ontvang deur of toegeval aan die belastingpligtige ten opsigte van daardie beskikking.241 Soos in die geval van boedelbelasting mag sogenaamde skyn-trusts ook hier die gevaar loop dat ʼn

239 Agste Bylae van Inkomstebelastingwet 58 van 1992 (hierna ook genoem Agste Bylae).

240 Sien ook Haupt Inkomstebelasting 886.

241 Paragraaf 35(1) van die Agste Bylae van die Inkomstebelastingwet; kyk ook Haupt

49

ontvangste of toevalling as geagte beskikking in die hande van die werklike eienaar belas kan word.

Paragraaf 33 van die Agste Bylae van die Inkomstebelastingwet bepaal dat waar slegs oor ʼn gedeelte van ʼn bate beskik word, slegs die gedeelte belasbaar is vir kapitaalwinsbelasting. Waar slegs ʼn gedeelte van ʼn reg op uitbreiding oorgedra word, sal slegs sodanige gedeelte gevolglik belas word.

Die Agste Bylae bevat ook ʼn aantal uitsluitings, maar geen van die uitsluitings is op die reg op uitbreiding van toepassing nie.242

ʼn Beskikking met betrekking tot ʼn reg op uitbreiding sal dus kapitaalwinsbelasting gevolge vir ʼn reghebbende inhou indien die reghebbende die reg, of ʼn gedeelte daarvan, oordra. Indien die reghebbende kostes aangegaan het om die reg te verkry en die periode verval waartydens die uitoefening van die reg uitgeoefen behoort te word, mag dit ʼn kapitaalverlies tot gevolg hê.

Ten einde die opbrengs te bepaal, is twee waardes van belang, naamlik ʼn basiswaarde en ʼn markwaarde. Die koste om die bate te verkry, te skep of te verbeter, is deel van die basiskoste mits die koste nie as inkomstebelastingaftrekking geëis is nie.243 Die basiskoste (of waardasiedatumwaarde) kan die markwaarde op 1 Oktober 2001 wees of bereken word deur ʼn tydtoedelingsbasiskoste-metode of deur die sogenaamde 20%-reël. In alle gevalle is daar egter sprake van ʼn markwaarde, en dieselfde probleem met betrekking tot die moontlike oor- of onderwaardering soos hierbo uiteengesit met betrekking tot boedelbelasting kan ook hier ontstaan.

Die opbrengs sal die bedrag wees wat deur die reghebbende ontvang is ten opsigte van die verkoop of beskikking van die bate. ʼn Kapitaalwins ontstaan wanneer die “opbrengs” of “geagte opbrengs” uit die verkoop of beskikking oor ʼn bate groter is as die basiskoste.244 ʼn Kapitaalverlies ontstaan wanneer die basiskoste meer is as die

242 Sien paragrawe 53, 54, 55, 56, 57, 57A, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 64A en 64B van Agste

Bylae van Inkomstebelastingwet.

243 Haupt Inkomstebelasting 911. Par 20 van Agste Bylae van Inkomstebelastingwet 58 van 1962.

50

opbrengs uit die beskikking oor die bate.245 ʼn Kort voorbeeld word in 4.3 hieronder uiteengesit.

4.2.3 Skenkingsbelasting

Skenkingsbelasting is daarop gemik om belastingbetalers te ontmoedig om skenkings te maak wat ʼn vermindering van hulle boedelbelasting of inkomstebelastingaanspreeklikheid tot gevolg kan hê.246 ʼn Skenking word in artikel 55(1) van die Inkomstebelastingwet omskryf as ʼn “gratis oormaking van eiendom of ʼn gratis afstanddoening van ʼn reg”. “Eiendom” sluit in “enige reg in of op eiendom, roerend of onroerend, stoflik of onstoflik”.247

In terme van artikel 58 word ʼn vervreemding wat minder as die “billike markwaarde” geskied as ʼn “geagte skenking” beskou. Aangesien die skenker verantwoordelik is vir die skenkingsbelasting, sal enige skenking of vervreemding van ʼn reg op uitbreiding teen minder as billike markwaarde skenkingsbelastingimplikasies vir die reghebbende inhou.

Soos in die geval van boedelbelasting mag die billike markwaarde aansienlik verskil, afhangend van watter uitgangspunt gebruik word: Potensiële waarde mag aansienlik hoër wees as die waarde van die reg in die hande van ʼn reghebber wat die reg om een of ander rede nie uitgeoefen het of gaan uitoefen nie.

4.3 Praktiese gevallestudie

In die lig van bogemelde, en ter illustrasie, word gevolglik kortliks aangetoon watter praktiese implikasies die reg op uitbreiding as boedelbate vir reghebbendes inhou. Fiktiewe waardes word gebruik om die belastingeffek van onderskeidelik boedelbelasting, kapitaalwinsbelasting en skenkingsbelasting aan te toon. Daar word telkens drie berekenings gedoen om die invloed van die waardasiewaarde op onderskeidelik ʼn onderwaardering, markwaarde of oorwaardering te illustreer. Dit word vir doeleindes van illustrasie verder aanvaar dat die verdere ontwikkelingsfases wesenlik dieselfde materiale, styl en omvang sal beslaan as die eerste fase.

245 Haupt Inkomstebelasting 884. 246 Rabinowitz Financial Planning 419. 247 Inkomstebelastingwet 58 van 1962.

51

4.3.1 Boedelbelasting-voorbeeld

Die eksekuteur moet die waarde bepaal van die reg op uitbreiding (as eiendom of geagte eiendom in terme van artikel 5). Soos hierbo aangetoon, moet die eksekuteur die billike markwaarde op datum van dood bereken indien geen bona fide verkoping plaasgevind het nie. Die eksekuteur sal waarskynlik die laagste moontlike waardasie wil gebruik en aangesien geen vasgestelde waardasiemetode bestaan nie, word ʼn waarde bloot verklaar.248

(i) Onderwaardasie

Ter illustrasie word die waarde van R10 miljoen rand gebruik as synde die koopprys van die reg te gewees het. Indien aanvaar word dat die waarde van reg op uitbreiding die netto waarde in die boedel vorm, is dit soos volg belasbaar:

Netto boedelwaarde = R10 000 000 Min korting van: R3 500 000 Totaal: R6 500 000 20% van R6 500 000

Boedelbelasting betaalbaar: R1.3 miljoen.

Dit is egter ook moontlik dat die eksekuteur gebruik kan maak van Artikel 5(1)(b). Sodoende word voorsiening gemaak vir die berekening van ʼn waardasie van fidusiêre regte, vruggebruik of ander dergelike regte wat op ʼn sekere stadium eindig. Indien daar in die bogemelde geval nog net 5 jaar oor is van die tydperk van 20 jaar wat aanvanklik gereserveer is, sou die berekening soos volg geskied:

Jaarlikse waarde van vruggebruik: R10 000 000 x 12% = R1 200 000 Termyn wat oor is = 5 jaar

Waardefaktor per tabel B van lewensverwagtingtabel249= 3.6048 R1 200 000 x 3.6048.

Waarde van beperkte saaklike reg = R4 325 760 Netto boedelwaarde = R4 325 760

Min korting van: R3 500 000 Totaal = R825 760

248 Sien artikel 1 van die Wet op Hereregte 40 van 1949 waarin ʼn verklaarde waarde gebruik kan word indien geen vergoeding betaalbaar is nie.

52

20% van R825 760

= Boedelbelasting betaalbaar: R165 152.

(ii) Oorwaardasie

Die eksekuteur mag moontlik ʼn agentewaardasie aanvra of waarde verklaar gedagtig aan wat die ontwikkeling se potensiële waarde is. In hierdie geval kan daar moontlik gekyk word na wat die wins of opbrengs in vorige fases was, in welke geval die waarde aansienlik hoër sal wees. Indien die wins uit die eerste fase in hierdie geval dus R50 000 000 was, sal die boedelbelasting soos volg betaalbaar wees:

Netto waarde = R50 000 000 Min korting van: R 3 500 000 Totaal: R46 500 000 20% van R46 500 000

Boedelbelasting betaalbaar: R9.3 miljoen. (iii) Markwaarde

Indien die reg egter byvoorbeeld in ʼn bona fide verkooptransaksie uit die boedel verkoop is aan ʼn potensiële ontwikkelaar, wat ʼn koopprys moes bereken met inagneming van die winspotensiaal aan die een kant sowel as die risiko aan die ander kant, sou daar waarskynlik êrens tussenin ʼn waarde gevind word. Gestel die reg is verkoop vir R20 miljoen is die boedelbelasting soos volg betaalbaar:

Netto waarde = R20 000 000 Min korting van: R 3 500 000 Totaal: R16 500 000 20% van R16 500 000

Boedelbelasting betaalbaar: R3.3 miljoen.

4.3.2 Kapitaalwinsbelasting-voorbeeld

Soos vermeld, ontstaan kapitaalwinsbelasting sodra daar ʼn “beskikking” plaasvind met betrekking tot die bate. Die opbrengs is dus die bedrag ontvang of geag ontvang te wees. Dit is veral die basiskoste wat in hierdie geval problematies kan wees, aangesien dit soos in die geval van boedelbelasting soms aan ʼn waardasie gekoppel word. Daar moes egter op 1 Oktober 2001 ʼn waardasiedatumwaarde vasgestel gewees het. Indien ʼn waardasiedatumwaarde nie vasgestel is nie, word ʼn

53

sogenaamde tydtoedelingsbasiskoste, of die sogenaamde 20%-reël gebruik.250 Laasgenoemde behels dat die waardasiedatumwaarde 20% is van die opbrengswaarde van die beskikking nadat alle toelaatbare onkoste van die opbrengs afgetrek word.251

Met ʼn vasgestelde opbrengs van R20 000 000 kan die berekening soos volg verskil, afhangende van die waardasiedatumwaarde wat bepaal is:252

(i) Onderwaardeerde basiskoste253

Opbrengs = R20 000 000 Min waardasiedatumwaarde = R10 000 000 Min kostes aangegaan = R0

Kapitaalwins = R10 000 000 Belasbare kapitaalwins @33.33% = R3 333 000.

(ii) Oorwaardeerde basiskoste

Indien die basiskoste van die reg op uitbreiding hoër is as die markwaarde, ontstaan ʼn kapitaalverlies soos in die volgende voorbeeld:

Opbrengs = R20 000 000 Min basiswaarde = R50 000 000 Min kostes = R0

Netto kapitaalverlies = R40 000 000

Kapitaalverlies vir belastingdoeleindes254@33.33% = R13 322 000 (iii) Markverwante basiskoste

Opbrengs = R20 000 000 Min waardasiedatumwaarde = R20 000 000 Netto kapitaalwins/verlies = R0

4.3.3 Skenkingsbelastingvoorbeeld

Weereens word aannames soortgelyk as in die geval van boedelbelasting gemaak. Skenkingsbelasting kom nie slegs voor waar direkte oormakings plaasvind nie, maar kan ook voorkom waar ʼn vervreemding, insluitende ʼn boedelvervreemding,

250 Paragraaf 26 van Agste bylae van Inkomstebelastingwet.

251 Paragraaf 26 van Agste bylae van Inkomstebelastingwet.

252 Vir doeleindes van berekening is die toelaatbare korting weggelaat sowel as kostes aangegaan.

253 Sien bespreking van onderwaardasie hierbo.

54

plaasvind wat nie ʼn billike markverwante koopprys daarstel tussen ʼn gewillige koper en gewillige verkoper nie. Soos hierbo bespreek, is dit weer eens problematies om te bepaal watter basis as uitgangspunt vir die berekening van ʼn markwaarde kan geld.

(i) Onderwaardering

Waarde van reg op uitbreiding: R10 000 000

Skenkingsbelasting @20% = R2 000 000.

(ii) Oorwaardering

Waarde van reg op uitbreiding: R50 000 000

Skenkingsbelasting @20% = R10 000 000.

(iii) Markverwante waardasie

Waarde van reg op uitbreiding: R20 000 000

Skenkingsbelasting = R4 000 000.

4.4 Gevolgtrekking

In hierdie hoofstuk is aangetoon dat die reg op uitbreiding as boedelbate waarmee gehandel kan word, ʼn bepaalde waarde het wat van praktiese belang vir die boedelbeplanner is. In besonder is aangetoon dat die reg op uitbreiding as eiendom beskou word vir boedel-, kapitaalwins- asook skenkingsbelastingsdoeleindes. In elke geval is die waarde van die reg op uitbreiding van wesenlike belang in die berekening van belastingaanspreeklikheid.

Daar is aangetoon dat die bepaling van die waarde van die reg op uitbreiding problematies is. Vanweë die aard en objek van die reg op uitbreiding kan waardes nie bloot proporsioneel bereken word op grond van die bestaande grond en ontwikkelingskostes nie. Die reg is ʼn beperkte saaklike reg sui generis, wat ʼn

subtraction from the dominium van bestaande eiendom impliseer. Hierbenewens is

die objek van die reg nie tradisionele stoflike eiendom nie, maar deeltiteleiendom met ʼn eiesoortige karakter.

55

Verskeie veranderlikes wat die bepaling van die waarde van die reg verder beïnvloed sluit in:

(i) die verskil tussen die potensiële waarde van die reg en die waarde van ʼn onontwikkelde reg;

(ii) die tydsduur wat gepaard gaan met ʼn reg en wat met verloop van tyd kan verval;

(iii) moontlike verskille tussen die eerste fase en verdere fases van die ontwikkeling; en.

(iv) ontwikkelingsuitgawes wat reeds aangegaan is.

Bogenoemde faktore kan uiteindelik ʼn aansienlike onder- of oorwaardasie tot gevolg hê. Hierdie onsekerheid kan, soos prakties geïllustreer, ʼn wesenlike invloed hê op belastingaanspreeklikheid en dus ook op effektiewe boedelbeplanning.

Dit word aan die hand gedoen dat groter sekerheid in belastingwetgewing geskep moet word spesifiek met betrekking tot die waardasie van die reg op uitbreiding.

56

Hoofstuk 5