• No results found

’n Teoretiese analise

2.3 R ESEPSIE ONDERSOEK

Mooij (1985) dui aan dat daar “eenheid en veelheid” bestaan in die benaderings- wyses tot literatuurondersoek. In die literatuurwetenskap bestaan daar “veelheid” om te aanvaar dat “de literatuur vanuit verskillende gezichtspunten en in verschillende samehangen” (Mooij, 1985:287) bestudeer word. Tans bestaan daar eenheid in die siening dat die sosiale konteks ’n prominente deel uitmaak van “het literaire

communicatieproces”, ’n proses wat “zich afspeelt tussen vier groothede (auteur, tekst, lezer en maatskappij)” (Segers, 1985:8).

Die sosiale konteks as deel van die literêre kommunikasieproses word veral sedert die middel van die twintigste eeu as literatuurbenadering deur die resepsie- estetika ondersoek. Die funksionaliteit van die sosiale konteks as deel van literatuurondersoek tree egter eers daadwerklik teen die einde van die twintigste eeu in werking. Binne die raamwerk van die resepsie-estetika word die aandag gerig op die werking en resepsie van die teks. “Eenheid” bestaan veral in die besef dat die literêre kunswerk as objektiewe gegewe nie bestaan nie.

“The literature work is in terms of structural esthetics conceived of as an esthetic sign directed to the audience. We must thus constantly keep in mind not only its existence but also its reception; we must remember that it is esthetically perceived, interpreted and evaluated by the readership. It is first by being read that the work manifests itself esthetically, that it becomes an esthetic object in the consciousness of the reader.”

(Vodicka, 1942:71)

Hiermee bou Vodicka voort op Mukarovský (1891-1975) se idee dat die estetiese funksie van die teks voortdurend onderhewig is aan verandering na gelang van die sosiale norme van die lesers. Mukarovský (1977) onderskei tussen die teks as artefak en die teks as estetiese objek. As materiële artefak beskik die teks oor ’n potensiële estetiese funksie wat as estetiese objektiewe waarde na vore kom. Estetiese objektiwiteit gebeur wanneer interaksie tussen die leser, sy samelewing en die materiële teks as teken plaasvind. Resepsie dui ook op “reproduksie, verwerking, aanpassing, assimilasie en die gestaltegewing of konkretisering daarvan deur die leser” (Rossouw, 1992:427).

“Het werk is meer dan de tekst omdat het pas gaat leven als het geconcretiseerd wordt; bovendien is deze concretisering geenzins onafhanklijk van de gesteldheid van de lezer, hoewel deze laatste slechts in overeenstemming met de voorwaarden van de tekst wordt geactiveerd. Het literaire werk bevindt zich dus daar waar tekst en lezer samenkomen.” (Iser, 2001:221)

Lees is nie ’n passiewe proses nie. Iser (1926-) ontwikkel ’n model wat in aansluiting by die fenomenologiese benadering van Ingarden (1960) funksioneer. Volgens Ingarden (1960) se fenomenologiese literatuurteorie word daar tydens die analise van die literêre werk nie alleen rekening gehou met die “eigenlijke tekst” nie,

“maar ook, en in gelijke mate, met de handelingen die worden uitgevoerd om de tekst te interpreteren” (Iser, 2001:220):

“Roman Ingarden stelde daarom de gelaagde structuur van de literaire tekst tegenover de manieren waarop ze kan worden geconcretiseerd. De tekst op zich houdt volgens hem slegts enkele ‘geschematiseerde perspectieven’ paraat waardoor het onderwerp van het werk aan het licht komen. Het eigenlijke aan-het-licht-bringen is een daad van concretisering.”

(Iser, 2001:220)

Konkretisering veronderstel volgens Ingarden (1960) ’n “proses van akkommodasie en assimilasie – akkommodasie vind tydens die leesproses plaas wanneer die leser sy verwagtingshorison wysig in die lig van dit wat hy besig is om te lees. Gepaardgaande hiermee vind assimilasie plaas, dit wil sê die leser herorganiseer sy verwagtingshorison as gevolg van sy nuwe leeservaring. Deur die evokering van hierdie twee horisonne kom die estetiese objek in die leser as kommunikasiebasis tot stand en vind aktiewe betekenisgewing deur die leser plaas. Begrip van die teks deur die werklike leser word moontlik deur ’n lesersrol wat in die teks self beslote lê:

“Het is het geheel van tekstuele aanwijzingen bestem voor de werklijke lezer, die daaroor te weten kan komen hoe die tekst gelezen moet worden.”

(Segers, 1980:22)

Iser (1972) dui aan dat die teks steeds die primaat is wat die leesproses stuur, maar die literêre teks word gesien as daardie teks wat oor die vermoë beskik om die leser tot “ware” betekenistoekenning te dwing. Sodanige teks bevat sekere instruksies wat die leser aktiveer. Die werklike lesers word volgens Iser (1978) ’n lesersrol toegesê, naamlik dié van implisiete leser. Die literêre teks is die estetiese respons van die werklike leser wat deur die toedoen van sy implisiete lesersrol tot stand kom. Hierdie lesersrol maak as deel van die tekstuele struktuur betekenisgewing moontlik. Sodanige gestruktureerde handeling is betekenisvormend.

“De analyse van het leesproces heeft ons tot nu toe doen inzien dat er drie belangrijke aspecten zijn die de verhouding tussen tekst en lezer grondvesten. Het lezer ontvouwt de tekst door anticipatie en terugkoppeling, en krijgt zo het karakter van een gebeurtenis die de indruk wekt gebaseerd te zijn op werkelijke leven.”

(Iser, 2001:239)

As fenomenoloog is Iser veral geïnteresseerd in die leesproses as ervaring. As konkretiseerder (Ingarden 1931) van die teks, kan alleen die werklike leser (Iser 1978), ook beskryf as die werklike historiese leser, uitsluitsel gee oor resepsie- estetiese aangeleenthede. Die werklike leser “vormt de toetssteen van receptie- esthetische hypothesen” (Segers, 1980:113).

“De betekenisopbouw die tijdens het lezen van een literaire tekst plaatsvindt, leidt daarom niet alleen – zoals we eerder hebben uitgelegt – tot de ontdekking van het ongeformuleerde, dat vervolgens kan worden opgenomen in de actieve verbeelding van de lezer; de betekenisopbouw laat ook zien dat in het formuleren van het ongeformuleerde de mogenlijkheid ligt om onszelf te formuleren, en op deze manier te ontdekken wat tot dan toe aan ons bewustzijn leek te ontsnappen.”

(Iser, 2001:243)

Beide Ingarden en Iser se belangstelling in die leser was beperk tot die leser in die teks. Iser se verklaring van die begrip onbepaaldheid of unbestimmtheid vorm egter ’n noodsaaklike bousteen van resepsie-ondersoek omdat dit die onbepaaldheid is wat die leser tot betekenisvorming of betekenistoekenning dwing.

“In die zin biedt literatuur de kans om door het formuleren van het ongeformuleerde onszelf te formuleren.”

(Iser, 2001:243)

’n Lesersreaksie word geaktiveer. Volgens Jauss (1921-1997) word die literêre teks ondersoek “vanuit dien lezersreakties die naar aanleiding van deze tekst gegeven worden” (Segers, 1974:392). Resepsie van die teks word die studie-objek van die resepsie-estetika. Terwyl Iser belangstel in die kognitiewe verbinding tussen die teks en die leser tydens die leesproses as resepsie, is Jauss geïnteresseerd in resepsie van die teks deur historiese lesers. Literatuurgeskiedenis bestaan volgens Jauss nie uit literêre feite nie, want dit “blijft beperkt tot de gesloten cirkel van een productie- en uitbeeldingsesthetica” (Jauss, 2001:185).

Volgens Jauss moet literatuurgeskiedenis eerder gesien word as ’n literêre gebeurtenis, waar die ervaring daarvan opgesluit lê in die resepsie én produksie van die leser. Met hierdie uitgangspunt speel Jauss sedert die einde van die sestigerjare ’n leidende rol in resepsie-ondersoek. Jauss (1967) poog om ’n verbinding tussen marxistiese en formalistiese literatuurbenaderings te bewerkstellig. Hy sien dit as ’n

uitdaging om “een brug te slaan over de kloof tussen literatuur en geschiedenis, historische en esthetische kennis”:

“De uitdaging waar de literatuurwetenschap op dit moment voor staat, is mijns inziens het weer oppakken van het probleem van de literatuurgeschiedenis, dat is de strijd tussen de marxistische en de formalistische methode is blijven liggen.”

(Jauss, 2001:185)

Jauss is van mening dat dit nodig is om die sosiale funksie van literatuur by literatuurondersoek te betrek. Hy formuleer ’n interpretasiemodel wat veronderstel dat tekens en tekste sosiale konvensies is wat in ’n kommunikasieproses ingebed is. Deur resepsie word die sosiale geskiedenis deel van literatuur, maar ook deel van die resepsieprodukte van literatuur. Skrywers moet volgens dié uitgangspunt ook as lesers gereken word. Literêre tekste funksioneer nie onafhanklik van lesers nie, en lesers maak almal binne ’n sekere sosiale raamwerk deel van die geskiedenis uit.

“De relatie tussen literatuur en publiek behelst meer dan dat ieder werk zijn eigen, historisch en sociologisch af te baken publiek kent, dat ieder schrijver afhankelijk is van het milieu, de voorstellingswereld en de ideologie van zijn publiek, en dat literair success alleen toevalt aan een boek dat tot uitdrukking brengt wat de groep verwachtte, een boek, dat aan de groep zijn eigen spiegelbeeld onthul.”

(Jauss, 2001:195)

Wanneer Jauss aandui dat die teks deur die leser as ’n historiese persoon geïnterpreteer word, word dit duidelik dat historiese betekenis nie onafhanklik van die historiese leser bestudeer kan word nie. Tussen literatuur en die leser bestaan ’n verhouding wat sowel esteties as histories van aard is, maar wat ook estetiese sowel as historiese implikasies inhou.

“Het historische leven van het literaire werk is niet denkbaar zonder de actieve bijdrage van zijn geadresseerde. Want pas deur diens bemiddeling wordt het werk opgenomen in de veranderende ervaringshorizon van een continuïteit waarin zich de voortdurende transformatie voltrekt van simpelweg lezen naar kritisch begrip, van passieve naar actieve receptie, van geaccepteerde esthetische normen naar nieuwe, grensverleggend creëren.”

(Jauss, 2001:187)

Die verwagtingshorison word deur Jauss (1970) gesien as die literêre sowel as die histories-kulturele agtergrond waarmee lesers tekste benader. Twee hoof-

is, en tweedens die verwagtinghorison van die betrokke sosiale konteks of samelewing van die leser wat deur die werk ingedra word. Analise van die leser se ervaring vind plaas deurdat die leser volgens ’n verwagtingspatroon lees. Hierdie verwagtingspatroon waarmee die leser die leesproses aandurf, word opgebou uit drie faktore: eerstens, “dat rond ieder werk op het historische moment van zijn verschijning wordt opgetrokken uit de bestaande kennis omtrent het genre”; tweedens, “uit de vorm en de thematiek van vooraf bekende literatuur” en derdens “uit de tegenstelling tussen poëtisch en praktisch taalgebruik” (Jauss, 2001:191).

“De estetische implicatie bestaat erin dat zelfs het primaire savoureren van een literaire werk inhoudt dat de lezer de estetische waarde toetst aan eerder gelezen teksten. De historische implicatie blijkt hieruit dat de interpretatie van de eerste lezers zich van generatie op generatie in een ketting van recepties kan doorzetten en verrijken, en daarmee ook over de historische betekenis van een werk beslist en zijn estetische rang zichtbaar maakt.”

(Jauss, 2001:187)

Op grond van vorige leeservarings gaan die leser met dié verwagtingshorison in dialoog met die teks. ’n Gesprek of diskoers kom sodoende tot stand. Volgens Jauss veronderstel die historiese en kommunikatiewe aard van literatuur “een dialogische en tegelijk in de relatie van boodschap en ontvanger, als in de relasies van vraag en antwoord, probleem en oplossing aan de dag treedt” (Jauss, 2001:187). Hiermee word dit moontlik om opeenvolgende veranderende sosiale omstandighede as deel van geskiedskrywing te betrek.

“De gesloten cirkel van een productie- en uitbeeldingsesthetica, waarbinnen zich de methodologie van literatuurwetenchap tot dusverre hoofdsakelijk heeft bewogen, moet daarom worden geopend naar een receptie- en werkingsesthetica, wil er een nieuwe oplossing mogenlijk worden voor het probleem hoe de historische opeenvolging van literaire werken als samenhangende literatuurgeschiedenis begrepen kan worden.”

(Jauss, 2001:187)

Terwyl die geskiedenis gesien word as die opeenvolging van veranderende sosiale omstandighede, word literatuur gesien as die afwisseling van kunsgrepe.

Literatuurgeskiedenis beskryf hierdie verandering, maar dui ook die resepsie van tekste deur lesers in ’n veranderende samelewing of sosiale omstandighede as konteks aan.

Literatuurgeskiedskrywing word ’n weergawe van die dialoog/gesprek of diskoers tussen skrywer en leser. Die relasie teks-leser beteken ook die bestaan van verwagtingshorisonne waar die wisselwerking tussen die teks en die leser beskou word as die punt waar literêre ervaring en lewenservaring nader aan mekaar gebring word. Hierdie estetiese distansie wat tussen die teks en die leser voorkom, is volgens Jauss bepalend vir die estetiese waarde of mate van “literariteit” van die teks. ’n Evaluasiebasis word gevorm wanneer horisonooreenstemming, -opheffing en -omvorming plaasvind.

“De afstand tussen verwachtingshorizon en werk, tussen het reeds vertrouwde van de voorafgaande esthetische ervaring en de ‘horizonverschuiving’ die het begrijpen van het nieuwe werk vereist, bepaalt langs receptie-esthetische weg het artistieke karakter van een literair werk (…).”

(Jauss, 2001:194)

Alhoewel die verwagtingshorison dit moontlik maak om “die verband tussen die teks en die betekenisgewende gemeenskap waartoe hy behoort” aan te dui, bestaan daar ook fundamentele kritiek daarteen. Eerstens kom dit te staan teenoor “literatuursosiologiese en literatuurpsigologiese modelle” omdat dit “die verhouding tussen literatuur en die werklikheid beskryf sonder dat die teks deur die metodes gereduseer word”. Verdere tekortkominge van die verwagtingshorison as deel van ’n evaluasiebasis word soos volg opgesom:

“In die praktyk kry die verwagtingshorison, soos ook sy vernaamste toepassing, naamlik die resepsiegeskiedenis, beperkte aandag, omdat resepsiedokumentasie gebrekkig onbetroubaar of inkonsekwent is en omdat die spontane resepsie nóg gedokumenteer nóg bevredigend toetsbaar is. Dit gaan ook mank aan die metodologiese fout wat dit ophef, omdat dit self ’n metode is wat spontane literêre effek reduseer. Dit staan in diens van ’n verestetiserende teksbeskouing wat die wesenlike verskil tussen literatuur en werklikheid en die outonomie van tekste handhaaf.” (De Jong, 1992:569)

Volgens Jauss sal die estetiese waarde van die teks egter ook afhang van die mate waarin die werk die leser verras. Daar bestaan geen presiese korrelasie tussen die fenomeen wat in die literêre teks beskryf word en die objekte in die wêreld van die werklike leser se lewe nie. Hierdie verrassingselement sluit aan by Iser se idee van oop plekke of “blanks/gaps”, omdat dié verrassingselement oop plekke veronderstel. Volgens Iser (1989) dien oop plekke as “a kind of pivot on which the

whole text-reader relationship revolves” (Iser, 1989:34). Oop plekke is funksioneel tydens die leesproses, omdat dit die leser aanmoedig om die teks op sy eie individuele manier te lees, te konfronteer en te konkretiseer. Hoe groter die “verrassing”, hoe waardevoller is die teks.

Resepsie sluit die wyse in waarop die leser die teks lees, die wyse waarop betekenistoekenning plaasvind, maar ook die wyse waarop ’n sekere waarde daaraan toegeken word. Volgens die resepsie-estetika is kanonisering deel van resepsie en produksie as lesersreaksie. Die grootte van die verrassingselement dra daarom by tot die toetrede van die teks tot die kanon. Hiervolgens word daar nie gepoog om die bestaande kanon omver te werp nie, maar word daar eerder deur geskiedskrywing voortdurend na kanonvorming gestreef (kyk 3.2).

“Dat de receptiegeskiedenis van individuele werken het uitgangspunt vormt van de geschiedenis van literatuur, zou ertoe moeten leiden dat de historische opeenvolging van werken zó wordt gezien en gepresenteerd dat zij de voor ons relevante samehang van de literatuur als voorgeschiedenis van haar hedendaagse ervaring vaststelt en belicht.” (Jauss, 2001:188)

Dit word duidelik dat die resepsie-estetika poog om op ’n wetenskaplike wyse die kritiek en teorieë van ’n bepaalde periode te bestudeer en wel om die norme en kriteria asook lesersreaksie van die betrokke periode te verwerk. Hiermee word aan die bestudeerder van literatuur “die waarderingsgeskiedenis van ’n bepaalde werk of werke in die verloop van die tyd”, weergegee (Cloete, 1992:266). Gevolglik kan ’n teks se historiese betekenis op ’n bepaalde tydstip vir ’n bepaalde groep lesers redelik presies vasgestel word (kyk 3.3). Literatuurgeskiedskrywing word daarom beskou as ’n kontinue proses van veranderende produksie en resepsie van literatuur. Die resepsie-estetika bou hiermee voort op wat Tynjanov (1894-1943) alreeds vroeg in die twintigste eeu as literêre evolusie identifiseer. Literatuur word beskou as ’n reeks of sisteem wat “gecorreleerd is met en geconditioneerd wordt door andere reeksen en systemen” (Tynjanov, 1927:47; kyk 3.1).

Binne die raamwerk van die resepsie-estetika, dui Jauss (1970) egter aan dat die beskrywing van die literêre evolusie “als continue strijd van het nieuwe met het oude, of als het beurtelingse canoniseren en automatiseren van vormen”, die historiese karakter van literatuur reduseer “tot de eendimensionale actualiteit van literaire veranderingen, en beperkt het inzicht in de geschiedenis tot het observeren van zulke veranderingen” (Jauss, 2001:204).

“Gechiedschrijving van de literatuur als ‘literaire evolutie’ vooronderstelt het historische proces van esthetische receptie en productie tot aan het heden van de historicus, als voorwaarde voor de overdracht (het doorgeven) van alle formele tegenstellingen of ‘onderscheidende kwaliteiten’.”

(Jauss, 2001:204)

Wanneer Jauss van die standpunt uitgaan dat die estetiese waarde afhang van die mate waartoe die teks verras, stel hy dit duidelik dat hierdie verrassing die grootste is wanneer die teks daargestelde norme deurbreek, maar gelyktydig ook ’n antwoord op ’n maatskaplike kwessie kan gee. Die verrassing veroorsaak egter ’n “spanningsverhouding tussen de afwijkende (vernieuwende) impulsen en de gecanoniseerde literaire traditie” (De Geest, 1996:22) wat op normdeurbreking uitloop.

Normdeurbreking is byvoorbeeld deur Anbeek (1990) gebruik in sy bekende Nederlandse literatuurgeskiedenis. Deur op die grotes te fokus en die kleineres te ignoreer, word vernuwing verabsoluteer. Gedurende die sestigerjare word die kwessie van vernuwing ook binne die Afrikaanse prosa deel van ’n debat tussen Opperman en N.P. van Wyk Louw na aanleiding van laasgenoemde se publikasie

Vernuwing in die prosa. Kritiek deur Opperman was veral dat Louw die “nuwe”

vooropstel en nie gehalte nie. Van Coller se kritiek op die werk van Louw sluit aan by Jauss se verwagtingshorison wanneer hy Louw daarvan beskuldig dat hy (Louw) “dit egter onvermeld gelaat (het) dat vernuwing in die prosa ook kan plaasvind deur doelbewuste aansluiting by ander werke (intertekstualiteit) – (…) – doelbewuste deurbreking van die verwagtingshorison van die leser” (kyk Steyn, 1998:948, 949).

“Vernieuwing is dus niet uitsluitend een esthetische categorie. Factoren als innovatie, verrassing, overtreffen, herordening en vervreemding, waaraan de formalistische theorie uitsluitend betekenis hechtte, kunnen het niet helemaal verklaren. Vernieuwing wordt ook een historische categorie, wanneer de diachrone analyse van de literatuur verder wordt doorgevoerd.”

(Jauss, 2001:203)

Wanneer normdeurbreking egter ook ’n antwoord op maatskaplike kwessies gee, word dit moontlik om, soos Jauss dit sien, ’n brug te slaan tussen die formalistiese en marxistiese benaderings tot literatuurondersoek. Aan die een kant word aangesluit by Tynjanov (1927:47) se idee dat die ondersoek na literêre evolusie gerig moet word “aan de dichtstbijzijnde reeksen en niet aan de verderweg liggende

reeksen”. Hiermee word alreeds vroeg in die twintigste eeu aangedui dat “(d)e overheersende betekenis van de belangrijkste maatschappelijke factoren ... daarmee niet ontkend (wordt); integendeel, hun invloed wordt pas in volle omvang duidelik zodra de problematiek van de literaire evolusie centraal staat”. Aan die ander kant word ook aangesluit by die realisme, “het klassieke principe van de ‘imitatio naturae’ alleen maar aan de oppervlakte is afgelost door het uitgangspunt dat literatuur de uitbeelding van een voorafgaande werkelijkheid is”. Jauss se konsep van die verwagtingshorison bring literatuurhistoriese en literatuursosiologiese benaderings nader aan mekaar en wel deur die daarstelling van ’n wetenskaplik gefundeerde teorie wat veranker is in “de voorwetenschaplijke ervaring van de dagelijks leven”. Daarom veronderstel literatuurgeskiedskrywing nie slegs die sinchroniese en diachroniese opeenvolging van sisteme nie, maar is dit ook ingebed in die algemene geskiedenis van die samelewing waarin dit voorkom. Hiervolgens verkry literatuur ook ’n “maatschappij-vormende funksie” (Jauss, 2001:211, 212).

“De maatschappelijke functie van de literatuur wordt pas daar als authentieke mogenlijkheid manifest waar de literaire ervaring van de lezer deel uitmaakt van de verwachtingshorizon van zijn dagelijks leven, vorm geeft aan zijn wereldbeeld, en daardoor ook weer op zijn maatschappelijk gedrag inwerk.”

(Jauss, 2001:211)