• No results found

’n Teoretiese analise

2.4 E MPIRIESE ONDERSOEK

“Dié ontdekking van die literatuurwetenskap in die twintigste eeu was die ontdekking van die leser. Deur die ondersoekswaartepunt te verskuif van outeur na leser, van teks na leser, en in die jare negentig na die sosiale konteks, het daar daadwerklike verandering gekom in die denke oor literatuur.”

(Van der Merwe & Viljoen, 1998:144)

Literatuur word huidig ook algemeen erken as ervaring. As deel van die literêre kommunikasiemodel word die maatskaplike konteks waarbinne die teks funksioneer, as ’n volwaardige invalshoek tot literatuurondersoek beskou. Resepsie-ondersoek soos daargestel deur Jauss (1969) sluit nou ook empiriese ondersoek in, want “(d)e empirische wetenschappen doen in hun argumententatie een beroep op ervaringsgegevens” (Fokkema, 1985:251). Drie aspekte vorm volgens Jauss die basis waarop resepsie-estetika as literatuurbeskouing funksioneer, naamlik verwagtingshorison, oop plekke en empiriese ondersoek.

Wanneer die impak van sosiopolitieke verandering op die plek van vroueskrywers in die Afrikaanse literêre kanon ondersoek word, is die wedersydse beïnvloeding tussen literêre betekenisprosesse en die sosiokulturele en sosio- politieke konteks ter sprake. Ondersoek hierna sal ook ’n kyk na die rol wat literatuur binne ’n kultuur speel, insluit. Die ondersoeker vra onder andere of literatuur oor genoegsame selfstandigheid beskik en of dit ondergeskik is aan ander betekenisprosesse, soos politieke strominge, of selfs aan ekonomiese veranderings, met die maatskaplike gevolge wat daaruit mag voorkom.

Steeds as deel van ’n resepsie-ondersoek, maar nou ’n “moderne” resepsie- ondersoek, maak die maatskaplike betrokkenheid van wetenskap dit moontlik om “probleme te bestudeer wat relevant is vir wetenskap en samelewing” (Van der Merwe & Viljoen, 1998:144, 145). Die empiriese literatuurwetenskap stel ’n alternatiewe ondersoeksituasie binne die literatuurwetenskap voor.

Volgens die empiriese wetenskap is die struktuur van literêre tekste ook die struktuur van die literêre betekenisproses. Dit word gelykgestel aan literêre gedrag, wat as literêre kultuur veronderstel dat maatskaplike strukture neerslag vind in teksstrukture. Literêre tekste steun vandag sterk op maatskaplike verbondenheid, waar die literêre betekenisproses ’n teoretiese benadering tot literatuur veronderstel wat op die maatskaplike ingebedheid daarvan berus. Wat tans deur die empiriese literatuurwetenskap as literêre gedrag beskou word, word nie bestudeer deur die lees van tekste nie, maar deur skrywers en lesers in ’n eksperimentele situasie te ondersoek.

Om dit te kan doen, word van ’n spesiale vorm van resepsie-ondersoek gebruik gemaak. Hiervoor betrek empiriese literatuurondersoek “de maatschappelijke context waarbinne een tekst functioneert. We kunnen in dit geval vragen stellen naar de invloed die een werk op de maatschappelijke context uitoefenent, of – omgekeerd – in welke opzicht maatschappelijke structuren in literaire teksten terug te vinden zijn. Een andersoortige vraag betreft het probleem van de manier waarop literaire institusies (bibliotheken, onderwijsinstellingen, uitgeverijen, en dergelijke) het literaire klimaat op een bepaald moment medebepalen” (Segers, 1985:9).

Wanneer daar ondersoek ingestel word na die impak van sosiopolitieke verandering op die plek van vroueskrywers in die Afrikaanse literêre kanon, is dit nodig om empiries te werk te gaan. Dit wil voorkom of prosatekste soos Die ander

wat na meer as ’n eeu steeds in aanvraag is – vanuit die samelewing ontstaan. Dit verskyn verder ook in herdrukte vorm in ’n tyd dat literatuurstudie midde-in die samelewing plaasvind. Gedurende die laat negentigerjare vind daar, as deel van demokratisering, ’n duidelike verskuiwing plaas na literatuurwetenskap wat ’n groter maatskaplike betrokkenheid besit.

Empiriese ondersoek maak dit egter steeds moontlik om te bepaal hoe betekenistoekenning in die individuele leesproses plaasvind, maar ook in veranderende sosiale omstandighede of die geskiedenis van die betrokke samelewing waarin tekste soos hierbo genoem, verskyn, gelees en waarde aan toegeken word. Die toekenning van waarde aan tekste vorm skynbaar deel van ’n historiese proses waarin voortdurend aanpassings gemaak word in die sosiale verhouding tussen die skrywer as produsent, die geskrewe teks, die uitgewer en verspreider, en die leser as ontvanger, resipiënt of verbruiker.

Ondersoek na sodanige benadering tot die literatuurteorie word gedoen “(m)et behulp van die empiriese literatuurwetenskap en die sisteemteorie”, deurdat die “ondersoekobjek verbreed tot alle literêre handelinge wat in die literêre kommunikasieproses ’n rol speel” (Van der Merwe & Viljoen, 1998:144). Kritiek van buite, soos dié van die literatuursosiologie, kom van die empiriese literatuur- wetenskap (kyk 2.2). Die “empirische literatuursosiologie” (Van Luxemburg et al., 1983:97) kan vir die navorser van Afrikaanse literatuur verklaar hoe faktore soos die bemarkingsmoontlikhede/-praktyke van ’n periode en die media waardeur die literatuur bemark word, asook die morele opvattings, politieke veranderings, religieuse oortuigings, ideologiese stromings en algemeen kulturele aspekte die aard van die literatuur van ’n bepaalde tyd bepaal (kyk 3.3).

“Waar een literatuurgeschiedenis voorheen allereerst een lijst was van essentiële data, namen van auteurs en titels van werken, worden nu ook andere aspecten van het literaire circuit in het onderzoek betrokken. Zo krijgen bijvoorbeeld tijdschriften een grotere rol toebedeeld in de literaire evolutie en wordt eveneens meer aandacht geschonken aan de receptiegeschiedenis van publicities en aan de literaire kritiek; daaruit resulteert een explicietere belangstelling voor de reconstructie van poëticale opvattingen.”

(De Geest, 1996:11)

“Literariteit” is nie slegs in die teks as struktuur opgesluit nie, maar ook die “naam van die skrywer, die uitgewer, die plek waar jy dit koop, die verspreidings- kanale, die voorblad, die titel, die subtitels en genre-aanduidings, deur wie en waar

dit geresenseer word” is “aanduiders van literariteit” (Van der Merwe & Viljoen, 1998:51). Volgens die “empirische literatuursosiologie” fokus empiriese ondersoek “op de samestelling van het lezerspubliek en de maatschappelijke positie van de schrijver” (Van Luxemburg et al., 1983:98). Hiermee word dit duidelik dat empiriese ondersoek buite die ondersoektradisie van teksgerigte literatuurbeskouings plaasvind. Verder word dit duidelik dat verskillende opvattings gehuldig word oor die aard van inhoudelike vrae en oor teorievorming.

“In de empirische literatuurwetenschap wordt de nadruk gelegd op de toetsbaarheid van wetenschaplijke uitspraken.”

(Fokkema, 1985:251)

Om na aanleiding van die impak van sosiopolitieke verandering die plek van vroueskrywers in die Afrikaanse literêre kanon te bepaal, is dit nodig om sodanige resepsie-ondersoek te loods – ’n resepsie-ondersoek wat empiries aangepak word. Dit veronderstel dat daar met vraelyste en gestruktureerde onderhoude die resepsie van tekste en hul skrywers fisies getel word. Deur die statistiese verwerking van data word geverifieerde feite oor die resepsie van tekste en die skrywers daargestel.

Daar kan dus gebruik gemaak word van resensies as resepsieprodukte om nie net die resepsie van tekste nie, maar ook die literêre prestige van skrywers te monitor. In die kontekstuele analise van die literêre prestige van Eleonor Baker in hierdie studie sal laasgenoemde werkwyse as ondersoekinstrument ingespan word. Uit diskussies wat uit resensies ontstaan, tree opvattings oor waardebepaling na vore. Wanneer die impak van sosiopolitieke verandering, soos by hierdie studie, ter sprake is, is dit nodig om vas te stel hoe literatuuropvattings ontstaan, hoe dit tot uiting kom en aanvaar word, maar ook hoe dit verandering in kulturele gedrag tot gevolg kan hê. As gevolg van die seleksiefunksie daarvan, is “botsende literatuuropvattings” ’n “voorvereiste vir waardebepaling” (Van Coller, 2003:2).

Verskillende literatuuropvattings wat in resensies na vore kom, kan ook die in- of uitsluiting van tekste uit die literêre kanon of die miskenning van skrywers as skeppers van dié tekste aantoon. Hierdie studie poog om kwalitatief te werk te gaan deurdat ook geskiedskrywings as aanduiders van posisie-inname en resensies as resepsieprodukte gebruik word om die impak van sosiopolitieke verandering op die plek van vroueskrywers in die Afrikaanse literêre kanon aan te dui.

“Ook zij die zich eerder op kwalitatieve methoden baseren en daarmee onderzoek doen naar de invloed van het literaire bedrijf op de receptie van

literaire teksten, kunnen als empirische literatuursociologen worden beschouwd.”

(Van Luxemburg et al., 1983:98)

Om so ’n empiriese ondersoek binne die resepsie-estetiese raamwerk aan te pak “beteken prakties dat die empiriese werklikheid nie maar sommer ter beskikking is om hipoteses aan te toets nie, maar deur ons voorkennis en die vrae wat ons vra, geskep word”. Formeel kan ons sê dat die “empiriese werklikheid teoriegelade is” (Van der Merwe & Viljoen, 1998:8). Hoe suiwer of hoe wetenskaplik empiriese ondersoek is, word dikwels bevraagteken. Die noue verbintenis tussen literatuur en samelewing – die sosiale ingebedheid van literatuur – is moontlik die grootste struikelblok wanneer suiwer wetenskap ter sprake is. Dit is veral die teenwoordigheid van die sosiale dimensie by benaderings tot literatuurondersoek wat meebring dat twyfel oor die wetenskaplikheid van dié wyse van bestudering van literatuur bestaan.

“Ook wanneer het object van ondersoek ruimer is dan de literatuur en tevens betrekking heeft op de produktie, de receptie en de culturele context van literatuur is het nuttig tussen zuiwere en toegepaste wetenchap te onderscheiden.”

(Fokkema, 1985:254)

Wanneer vrae oor die in- of uitsluiting by die literêre kanon ontstaan of wanneer “de toekenning van kwaliteit aan literaire teksten niet berus op specifieke – artistieke – overwegingen die op talige eigenschappen betrekking hebben”, word dikwels gevra hoe dit gebeur dat “de sterke overeenkomst tot stand” kom “tussen de kwaliteitstoekenningen van individuele leden van boekbeoordelende instituties” (Verdaasdonk, 1985:127). Verdaasdonk (1985) dui aan dat die beantwoording van hierdie vrae op empiriese literatuursosiologiese ondersoek aanspraak maak.

“Er dienen hypothesen te worden geformuleerd, en getoets, over de factoren die bepalend zijn voor het opereren van boekbeoordelende instituties. Deze factoren zijn sociaal van aard: om ze te kunnen preciseren, dient men inzicht te hebben in de organisatie en de werkwijze van boekbeoordelende instituties, in de positie die deze instituties ten opzichte van elkaar innemen, in de social – institutioneel – bepaalde overwegingen die ten grondslag liggen aan de beslissingen die binne boekbeoordelende instituties worden genomen, ensovoort.”

(Verdaasdonk, 1985:128)

Sodanige onderskeid tussen wat suiwer wetenskaplik geag word en wat as toegepaste wetenskap beskou word, is slegs moontlik wanneer daar vanuit “de

empirische literatuurwetenschap (…) dan ook de eis gesteld (wordt) dat bepaalde onderscheidingen worden gerespecteerd, zoals het onderscheid tussen wetenschappelijk onderzoek en normatieve bewegingen (waardeoordelen), tussen analyse en interpretatie, tussen onderzoeker en lezer” (Fokkema, 1985:251).

Literatuurwetenskap konsentreer op die struktuur van die literêre betekenis- proses as deel van die individuele leesproses. Hierteenoor kan betekenistoekenning ook in veranderende sosiopolitieke omstandighede plaasvind, omdat interpretasie en geskiedskrywing waarde as kulturele aktiwiteite het. Enersyds reflekteer literatuurgeskiedskrywings kultuur en andersyds word literatuur sodoende funksioneel deurdat kultuur oorgedra word.

“Volgens veel empirische literatuursociologen wordt via (onder andere) het onderwijs de literatuuropvattingen van de heersende elite op de jeugd overgedragen, zodat er van het onderwijs een conservatieve werking uitgaat. In zijn algemeenheid is deze stelling juist, al moet er bij worden aangetekend, dat dit opgaat voor elke vorm van cultuuroverdracht.”

(Van Luxemburg et al., 1983:99)

Aktiwiteite soos literatuurgeskiedskrywing, literatuurkritiek en literatuurdidaktiek, is in ’n samelewing funksioneel as “cultuuroverdracht – met inbegrip van cultuurkritiek” wat “behoort vanwege haar ten dele normatieve karakter daarentegen tot het toegepaste onderzoek” (Fokkema, 1985:255). Alhoewel dit veral die invloed van die psigoanalise en sosiologiese benaderings tot literatuurwetenskap en “in zekere zin ook de semiotiek” (Mooij, 1985:278) is wat meebring dat suiwer wetenskapbeoefening onder die vergrootglas geplaas word, reken Fokkema (1985) egter dat die bydrae van hierdie dissiplines as hulpwetenskap tot literatuurondersoek kan dien.

Deur die insluiting van ’n sosiologiese benadering tot die literatuurwetenskap, soos hierdie studie beplan, word literatuurwetenskap aan kritiek van buite onderwerp, maar die literatuurwetenskaplike ondersoekresultate kan ook deur ander dissiplines benut word om ’n bydrae te lewer tot ons kennis van die mens en die samelewing. Daarom word dit nodig geag en behoort “(d)e literatuurwetenschappelijke onderzoek- resultaten (…) zich aan toetzing door onderzoekers uit andere disciplines te onderwerpen. Wat de literatuurwetenschapper over stilistische procédé zegt, of over de estetische ervaring, of over groepsvorming onder schrijvers en lezers, dient de toets van respectievelijk linguïstische, psychologische en sociologische kritiek te kunnen doorstaan” (Fokkema, 1985:258).

Wetenskaplike ondersoek na die sosiale prosesse van groepsvorming as deel van betekenistoekenning, is onder andere deur Schmidt (1989, 1992, 1996), Luhmann (1968 & 1984) en die sosioloog Pierre Bourdieu (1993) – duidelik onder die invloed van die literatuursosiologie as ’n empiriese literatuurwetenskap – daargestel.

“De perspektief van maatskappelijke relevantie van het literatuur- wetenschappelijke onderzoek vereist empirische onderzoek naar de produktie en reseptie van teksten, en controleerbare analyse van teksten die door bepaalde publiekengroepen als literair zijn aanvaard.”

(Fokkema, 1985:259)

Hoe literêre betekenisprosesse in ’n samelewing funksioneer, maar veral hoe relevant literatuur vir die samelewing is waarin dit voorkom, is vrae wat beantwoord moet word wanneer die volhoubaarheid, met ander woorde, die estetiese sowel as ekonomiese durendheid van tekste en meer spesifiek die prosateks, ter sprake is. Alhoewel “Afrikaans in sy literatuur, veral wat (…) fiksie en biografieë (betref), merkwaardig baie vir ’n relatief klein taalgemeenskap” bied, stel Giliomee (2004) dit duidelik dat “die uitdaging (…) steeds groot” bly.

“Van Wyk Louw het gewaarsku dat die taal eweseer bedreig word deur ’n gebrek aan dit wat ‘die verstand versadig’ as deur politieke gevare.”

(Giliomee, 2004:634)

Wanneer uitsprake oor die oorlewing van Afrikaans as taal gelewer word, is dit nodig om te kyk na die relevansie van literatuur vir die samelewing; hier dus Afrikaanse literatuur binne of vir die Afrikaanssprekende gemeenskap, maar veral Afrikaanse literatuur binne of vir ’n demokratiese Suid-Afrikaanse samelewing (verwys na doel van studie). Empiriese ondersoek bring literatuur en samelewing nader aan mekaar.

“’Relevance’ means: in the study of literature, knowledge must meet scientific demands and be useful for practical problems within and outside literary communication.”

(Schmidt, 1983:26)