• No results found

’n Teoretiese analise

2.5 D IE SOSIALE SISTEEMTEORIE

“Zoveel lijk zeker, althans voor (hen) die vanuit een of andere wetenschappelijke (sub)discipline de kunstwereld bestuderen: de moderne kunst verhoudt zich autonoom tegenover ethische, economische, politieke, religieuze of andere externe imperatieven. Ze vormt een zelfstandig social

system (Luhmann) of veld (Bourdieu). Autonomie is in deze uiteraard niet synoniem met isolatie, laat staan met ‘insulatie’. Ook het geauto- nomiseerde moderne kunstsysteem blijf aangewezen op politieke beslissingen (subsidies!), op economische prestasies (zoals de aankoop van kunstwerken door verzamelaars), op het onderwijsbestel (opleidingen), op de media (berichtgeving en kritiek) enzovoorts.”

(Laermans, 1996:436)

Literatuur word ook gesien as ’n betekenisproses wat deur mense gedeel word; daarom ook ’n proses wat in ander sosiale betekenissisteme ingebed is. Alhoewel individuele betekenistoekenning steeds as voorwaarde dien, word betekenis- toekenning as deel van die empiriese literatuurwetenskap ’n betekenisproses waar meer as een leser as ondersoeker of groepe by betrokke is. ’n Sisteem veronderstel nie die mens as enkel individu nie, maar mense wat deel vorm van ’n groep wat dien as basis waarin, waaruit en waardeur ’n sosiale sisteem ontstaan en lewend gehou word:

“Human beings are living systems.” (Schmidt, 1983:21).

Schmidt (1983) beskryf ’n lewende sisteem as “interactional systems that mutually construct consensual domains emerging from the connection of structures. Interaction always precedes communication; communication can only function because living systems as observers interact with other systems, imputing to these other systems that they are observers themselves – an imputation which, due to common biological equipment and in case of comparable socialization, is quite justified” (Schmidt, 1983:22).

Die ontwikkeling van die literatuurwetenskap as behorende tot outonome kulturele gebied, word deur onder andere Schmidt (1983) verklaar as ’n nuwe paradigma van die empiriese literatuurwetenskap, naamlik as ’n literêre sosiale sisteem. Die sosiale sisteemteorie veronderstel ’n geheel van “handelinge” – aksies – wat bydra tot betekenistoekenning van ’n teks of tekste. Tekste word ’n breë konsep wat kan strek vanaf die geskrewe teks in boekvorm tot die totale proses van publisering en bemarking, koop en verkoop, uitleen deur biblioteke, as deel van leeskringe, moontlike opvoerings of verfilming ensovoorts.

“Literature is represented in a model of literary action (not in a model of literay text!). An individual performs literary action if he produces or interacts with a text which he regards as a literary text on the basis of

poetic creeds. The fundamental empirical hypothesis concerning literary action in general is: In our society there is a system which can be described as a system of literary action. This system is part of the social system ART.”

(Schmidt, 1983:28)

Kommunikasie word as voorwaarde vir die bestaan van ’n sosiale sisteem gestel. Alle sosiale verhoudings berus op kommunikasie. Volgens Schmidt (1983:22) mag kommunikasie nie as die blote oordrag van inligting gesien word nie. Dit moet eerder beskou word as “an attempt to achieve a somewhat parallel or compatible construction of cognitive orientational processes within the cognitive domains of two or more living systems”.

“The system consists of the set of all actions focusing on texts which are regarded and rated as literary texts by acting individuals (=LITERATURE- system).”

(Schmidt, 1983:28)

“Binne het paradigma van het ‘radicale constructivisme’” onderskei Schmidt vier handelingsrolle, naamlik “de literaire producenten (auteurs), de bemiddelaars (de literaire ‘markt’), de recipiënten (lezers) en de verwerkers van literatuur” (De Geest, 1996:80). “Handelinge” verwys daarom meer spesifiek na kommunikatiewe handelinge wat sistematies beskryf word in terme van vaste onderliggende strukture.

“The structure of the LITERATURE-system can be described in terms of temporal and causal relations between those types of action which are performed by individuals rating texts as literary texts: i. e. production, mediation, reception, and post-processing of ‘literary texts’(…)”

(Schmidt, 1983:28)

Volgens Schmidt verkry ’n literêre sosiale sisteem bestaansreg as ’n outonome kulturele gebied omdat daar ’n teenstelling bestaan tussen tekste wat as literêr beskou kan word en ander wat nie as literêr beskou word nie.

“Behalve door dat interne structuurprincipe – waarbij de diverse handelingen onderling aan elkaar gerelateerd zijn – wordt het literaire systeem, naar buiten toe, geconstitueerd door een differentie, een binaire begrenzing tussen enerzijds het betreffende systeem en anderzijds de omringende omgeving, de Umwelt.”

(De Geest, 1996:80)

Schmidt (1980) omskryf hierdie fundamentele “leitdifferenz door middel van de binaire oppositie ‘literair’ versus ‘niet-literaire’” (De Geest, 1996:80). Dit is juis hierdie

onderskeid tussen die literêre en die nie-literêre wat die voortbestaan van ’n literêre sisteem, of ook deur die navorser gesien as die volhoubaarheid daarvan, moontlik maak (kyk 1.6). Hierdie teenstelling word deur twee konvensies gevestig, naamlik ’n estetiese konvensie en ’n polivalensie-konvensie.

Die estetiese konvensie dui daarop dat literêre kommunikasie nie noodwendig gerig is op dit wat as die waarheid beskou word of slegs gaan oor wat waar of vals, bruikbaar of nie bruikbaar is nie. Deelnemers aan die literêre kommunikasie/gesprek moet die literêre volgens esteties-relevante kriteria kategoriseer. Verder word van sodanige kritici verwag dat “they must be willing and able to designate and communicate actions intended as literary with appropriate signals during production, or to follow such signals during reception; and finally, to select as a frame of reference for the referring expressions in the text not primarily (or not exclusively) the socially established model of reality, but other frames of reference as well” (Schmidt, 1983:28).

Die polivalensie-konvensie dui daarop dat literêre tekste meerduidig van aard is. Hierdie gedeelde kennis van lede van die sosiale sisteem kom na vore deur middel van interaksie wat tydens die literêre kommunikasieproses plaasvind. Verder veronderstel dit dat:

“(a) text producers are not bound by the monovalence convention;

(b) text receivers have the freedom to produce different KOMMUNIKATE from the TEXT in different times and situations, and they expect others to do likewise;

(c) text receivers rate the realization of aesthetic KOMMUNIKATE as optimal, though the grounds for this rating may differ among participants and situations;

(d) text mediators and post-processors should not act in conflict with the aspects of the polyvalence convention in (a) through (c).”

(Schmidt, 1983:28)

Dit word duidelik dat wanneer literatuur as sosiale betekenissisteem gesien word, dit op die kommunikasie van gedeelte betekenissisteme gebaseer word. ’n Literêre sosiale sisteem se funksionaliteit word deur Schmidt (1983) verklaar as “a simultaneous activation and integration of subject-oriented cognitive, emotional, and

moral processes and states in the assignment of literary KOMMUNIKATE to appropriate TEXTS” (Schmidt, 1983:29).

Luhmann (1995) gebruik ook “kommunikasie” as die basiese handeling van ’n sosiale sisteem, naamlik die kunswerk of die literêre teks as sosiale sisteem. Volgens Luhmann kan die literêre teks as sosiale sisteem van organiese en fisiese sisteme onderskei word op grond daarvan dat dit “wezenlijk zinsystemen zijn”. Hierdie basiese kenmerk van ’n sosiale sisteem, naamlik “zingeving”, het enersyds “betrekking op de semantische of de referentiële relatie als zodanig”; maar andersyds “karakteriseert veeleer een bepaalde manier van omgaan met complexiteit, in handelen en beleving”.

“Aangezien dat proces van zingeving in sosiale systemen bij uitstek verloopt via communicatieve handelingen, krijgen (…) concepten als ‘communicatie’ en ‘informatie’ evenzeer een centrale rol toebedeeld.”

(De Geest, 1996:145, 147)

Terwyl “enkel gecodeerde communicatie resulteert in informatie”, word die begrip kommunikasie as ’n komplekse proses beskou wat “wezenlijk verbonden is met structurele (…) selectiviteit” – wat op sy beurt bydra tot die totstandkoming van kommunikasie – “via de momentane syntheses van drie onderscheiden selecties, met name mededeling, informatie en begrijpen”. As deel van ’n diskursiewe benadering tot kommunikasie, steun Luhmann (1995) op die talige aard van kommunikasie, maar kommunikasie word nie beperk tot ’n talige invalshoek nie: “(i)ntegendeel, het talige aspect maakt bij hem slechts één niveau uit van de globale communicatieproblematiek ” (De Geest, 1996:154).

“De eigenlijke sturingsmechanismen situeren zich (…) hoofdzakelijk op het niveau van de (verwachtings)verwachtingen, de massamedia (…) en vooral, het niveau van de zogenaamde ‘gegeneraliseerde communicatiemedia’.”

(De Geest, 1996:154)

Luhmann (1995) gaan van die standpunt uit dat dit nie die kunswerk of literêre teks self is wat kommunikeer nie, maar waarnemings oor dié tekste. Hiervolgens vorm literatuuropvattings die basis van ’n sosiale sisteem of die waarneming van ’n teks as literêre werk.

“Zo bezien zou het de functie van kunst zijn iets dat principieel niet gekommuniceerd kan worden, namelijk waarneming, in de communica- tieve samehang van de maatschappij te betrekken.”

(Luhmann, 1995:227)

Kunswerke of, in die geval waar die geskrewe teks ter sprake is, literêre tekste, kommunikeer volgens Luhmann “iets”. Dit wat gekommunikeer word, is egter alreeds op die een of ander wyse aan die waarnemer bekend. Daarom dra die teks wat as literêr geag word, gelyktydig ’n element van herkenning en verrassing. Sodanige kommunikasie vind plaas binne funksioneel gedifferensieerde deelsisteme, waar kategorieë soos “‘waarheid’, ‘geld’, ‘wet’, ‘macht’ en ‘liefde’” dien as “een conventioneel en cruciaal kader voor geslaagde communicatie (…)”. Die sukses van kommunikasie word volgens Luhmann nie bepaal deur die mate van konsensus wat bereik word nie, “maar eveneens door het gamma van aansluitingsmogenlijkheden voor verdere communicatie dat wordt gecreëerd” (De Geest, 1996:155,156).

Normatiwiteit vorm deel van so ’n diskursiewe benadering. Norme word beskou as “stabiliserende en sturende mechanismen” wat help om die “communicatieve verwachtingen – op grond van de reflectiviteit, ook ‘verwachtingsverwachtingen’ en ‘verwachtingen van verwachtingsverwachtingen” te oriënteer.

“Tegelijk werken normen ook complexiteitsreducerend, doordat ze omzeggens een richtsnoer bieden voor het verwerken (interpreteren, beoordelen) van nieuwe informatie.”

(De Geest, 1996:172)

Luhmann (1968 & 1984) baseer “die artistieke sisteem (…) op die basiese opposisies van ‘mooi’ versus ‘lelik’” (Van Coller & Odendaal, 2005:11). De Geest (1996) dui egter aan dat Luhmann se idee van “zingeving en communicatie” vir “nuancering en verbetering” vatbaar is.

“In de communicatieve productiviteit onderkent Luhmann de ‘autopoietische’, autoregulatieve dimensie van sociale systemen, die zich via communicatieve gebeurtenissen blijven articuleren, in stand houden en transformeren.”

(De Geest, 1996:156)

Hierdie sosiale sisteemteorie van Luhmann dui ook, soos dié van Schmidt, aan dat literatuur in ’n sosiale betekenisproses ingebed is wat deur kommunikasie ontstaan en verander word. Verder word dit ook duidelik dat betekenisprosesse wat op kommunikasie berus, die literêre teks as sosiale sisteem veronderstel.

Volgens die sosiale sisteemteorie van beide Schmidt en Luhmann verkry ’n literêre teks sy literêre status na aanleiding van dit wat gekommunikeer word; naamlik “a unit of action which defines the properties and relations of its elements through its organization” (Schmidt, 1983:29). ’n Teks is, volgens Schmidt, vir sy literêre status van “literary elites” afhanklik. Literêre elites word gesien as “instances which play a decisive role in the social construction of reality, in defining specific situations, and in making relevant decisions. Elites introduce, stabilize, and change socially relevant ideas, convictions and orientations as well as those symbolic systems which present the accumulation of subjective and cultural capital which in turn produces and preserves elites” (Schmidt, 1996:5).

Hierdie uitgangspunt toon ’n duidelike ooreenkoms met die marxistiese veronderstelling dat “(a)esthetic value belongs to the social order” (Goldmann, 1980:109). Waardebepaling is hiervolgens by uitstek sosiaal gefundeer.

“The understanding of the social genesis of literature is the understanding of social forces which allow literature to flourish.”

(Hall, 1977:45)