• No results found

HOOFSTUK 1 ORIËNTERING

2. Probleemstelling en doel

Die oogmerk met die onderhawige studie is om te probeer verklaar waarom Setswanasprekende GOS-afkampusonderwysstudente wat hulle vrywillig vir ‟n afkampus- onderwysprogram in Lewensoriëntering aan die Noordwes-Universiteit ingeskryf het, ten spyte van papiergebaseerde, elektroniese én mobieleleerondersteuning, nogtans op kontakonderwys (persoonlike onderwys) sou aandring.

As navorser het ek gepoog om aan die hand van die ingesamelde data verklaringsgronde vir hierdie intellektuele raaisel te formuleer en om, voortvloeiend uit hierdie verklaringsgronde, riglyne vir effektiewe onderwys vir afkampusonderwysstudente te formuleer.

3.

NAVORSINGSDOELWITTE

Na aanleiding van bovermelde probleemberedenering kan die doel met onderhawige studie gevolglik soos volg verwoord word:

Navorsingsdoelwit 1: om deur ‟n literatuurondersoek die aard van

afkampusonderwys te bepaal.

Navorsingsdoelwit 2: om deur ‟n literatuurondersoek die plek, rol en

belangrikheid van IKT en sosiale interaksie in afkampusonderwys te bepaal.

Navorsingsdoelwit 3: om deur middel van ‟n empiriese ondersoek te bepaal

waarom Setswanasprekende GOS-afkampusonderwysstudente in Lewens- oriëntering kontakonderwys verkies.

Navorsingsdoelwit 4: om strategiese riglyne vir effektiewe onderwys in

afkampusonderwysprogramme vir praktiserende onderwysers te formuleer.

4.

NAVORSINGSMETODOLOGIE

4.1

Literatuurstudie

Ten einde relevante literatuur te bekom, het ek verskeie elektroniese databasisse gebruik, byvoorbeeld NEXUS, EBSCO-host, ERIC en Emerald; internetwebwerwe soos http: //www.qoa.ac.uk/public/dig/contents.htm, http: //www.delni.gov.uk;newdeal–qualitative- evaluation-no.4, http: //usq.edu.au/dec/staff/taylorj/readings/caudit.htm, http: //wwwnova.edu/ssss/QR/QR3-2/tellis1.html en www.worldbank.co.za) en internetsoekenjins soos Google, Google Scholar, ISI Web of Science.

Vir die doel van hierdie studie het ek, onder andere, die volgende sleutelwoorde en soekfrases gebruik: distance education, distance learning, interaction, adult learning,

7

education, contact education, information and communication technology (ICT), teacher training, social contact, en social communication.

4.2

Empiriese ondersoek

4.2.1 Navorsingsontwerp

3

My navorsingsontwerpbenadering kan essensieel as interpretatief beskou word, hoewel ek van ‟n kombinasie van kwalitatiewe én kwantitatiewe navorsingsmetodes gebruik gemaak het. Die ontwerptuiste van my navorsing, as sodanig, is egter die hermeneutiese fenomenologie, aangesien hierdie „n interpretatiewe ondersoek na „n geleefde, alledaagse verskynsel (te wete die GOS-program in Lewensoriëntering) onder mense (Setswanasprekende studente) is – afkampusonderwysstudente met hulle eie bedoelings, waardes en oortuigings (Valle, King & Halling, 1989: 3-16). Met hierdie navorsing stel ek in die besonder daarin belang om te verstaan en te verklaar waarom die GOS- afkampsonderwysprogram van die SVO vir Setswanasprekende studente nie „n geïsoleerde gebeurtenis verteenwoordig nie, maar eerder „n geval is van individuele menslike handelinge wat telkens in hulle geleefde kulturele konteks geplaas behoort te word (Cashin, 2003: 71- 73; Laverty, 2003: 3; Ajjawi & Higgs, 2007: 612-638).

Ek het uit die inligting wat ek uit die kwantitatiewe data verkry het, probeer vasstel hoe algemeen IKT deur studente benut word en hoe studente oor sosiale interaksie en die sosiale teenwoordigheid van ‟n dosent voel.

Meer persoonlike inligting, afgelei uit die inligting wat ek uit die kwalitatiewe data verkry het, is vervolgens gebruik om na verklaringsgronde te soek waarom Setswanasprekende afkampusstudente wat hulle vrywillig vir die GOS in Lewensoriëntering in die SVO aan die Noordwes-Universiteit aangemeld het, nogtans op kontakonderwys (persoonlike onderwys) sou aandring.

Aan die hand van hierdie data is gepoog om riglyne vir effektiewe onderwys vir afkampusonderwysprogramme te formuleer wat in die besonder op die opleiding van praktiserende onderwysers gemik is.

Hierdie is ook ‟n gevallestudie (van die GOS-program in Lewensoriëntering), aangesien ek in hierdie navorsing direk as deelnemer-waarnemer by die navorsing betrokke was en steeds is.

4.2.2 Kwantitatiewe navorsingsmetode

Vraelys

4

Vir die doel van hierdie gedeelte van my navorsing het ek van geslote vraelyste gebruik gemaak (Tuckman, 1994: 216; Gall, Borg & Gall, 1996: 288; Neuman, 1997: 33; Wolf, 1997: 478; Bryman, 2001: sonder bladsyverwysings; Heiman, 2001: sonder bladsyverwysings). Vrae is opgestel om die persepsies van studente rakende die plek en rol van IKT in afkampusonderwys te bepaal, asook om te probeer vasstel in welke mate Setswana- sprekendestudente wat vir die GOS in Lewensoriëntering as afkampusonderwysprogram geregistreer is, IKT benut en waarom persoonlike interaksies tussen die dosent en student belangrik sou wees.

Op grond van my literatuurstudie (vgl. Hoofstuk 2 en 3) het ek tersaaklike temas geïdentifiseer wat ek in die vraelys verreken het. Die vraelys is dus hoofsaaklik aan die hand van die resultate van die onderhawige literatuurstudie ontwikkel.

Uit die resultate wat na aanleiding van die response op die geslote vraelyste verkry is, het ek leemtes en onduidelikhede geïdentifiseer wat ek tydens individuele en fokusgroep- onderhoude verder ondersoek het. Moontlike tendense is aan die hand van hierdie kwantitatiewe meetinstrument afgelei, terwyl die moontlike verklaringsgronde vir die tendense deur middel van opvolgende kwalitatiewe individuele en fokusgroeponderhoude ondersoek is.

‟n Loodsstudie is eweneens onderneem om die geldigheid en betroubaarheid van die vraelys te bepaal. Die geldigheid en betroubaarheid van die instrument is statisties vasgestel in samewerking met dr. Suria Ellis, verbonde aan die Statistiese Konsultasiediens van die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus).

9

Studiepopulasie

5

My studiepopulasie het al die gegewe beskikbare, ingeskrewe Setswanasprekende GOS- studente in Lewensoriëntering tydens al die fasiliteringsgeleenthede wat gedurende 2010 deur die Skool vir Voortgesette Onderwys (SVO) van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe aan die NWU (Potchefstroomkampus) aangebied is, ingesluit. Dit was alle studente wat hulle vrywillig vir, spesifiek, die GOS in Lewensoriëntering as afkampusonderwysprogram aan die Noordwes-Universiteit ingeskryf het en wat spesifiek tot die Atamelang-, Vryburg-, Lichtenburg-, Potchefstroom-, Rustenburg- en Garankuwa-fasiliteringsentra behoort. Op enkele uitsonderings na kom die meeste van hierdie studente uit tipiese informele woonbuurte, plattelandse en diep-plattelandse gemeenskappe rondom Atamelang, Vryburg, Lichtenburg, Potchefstroom, Rustenburg en Garankuwa (N = 103). Dit is gevolglik hierdie besondere studie se eenheid-van-analise. Die hoofrede hiervoor is dat die navorser die geleentheid gehad het om gedurende 2010 ongeveer twee tot drie maal per kalendermaand aktief by die aanbieding van hierdie groepe studente se fasiliteringsgeleenthede betrokke te kon wees.

My studie fokus dus nie op daardie GOS-studente in Lewensoriëntering wat moontlik tipies Westerse, tipies Oosterse, tipies Latyns-Amerikaanse of enige ander oorgeërfde of aangenome kultureel etniese identiteite sou aanhang en / of handhaaf nie. My studie handel slegs oor Setswanasprekende GOS-studente in Lewensoriëntering by bovermelde kontaksentra.

Data-analise

6

Die statistiese data is met die hulp en aktiewe bystand van dr. Suria Ellis en die SAS-pakket (SAS Institute Inc. 1996) geanaliseer. Hierdie program verskaf beskrywende statistiek en dit het dit vir my moontlik gemaak om ‟n oorsig van die belangrikste kenmerke van die verspreiding en die gemiddeldes van die veranderlikes te toon.

Die doel met die uitvoering van die kwantitatiewe ondersoek (vraelyste) wat in die onderhawige studie as metode gebruik is, was slegs om ‟n beskrywing van die frekwensies

waarmee ‟n bepaalde eienskap in ‟n steekproef voorkom, te verskaf.

5 Vir volledige besonderhede oor hierdie aangeleentheid, raadpleeg asb. paragraaf 4.5.10 in Hoofstuk 4. 6 Vir volledige besonderhede oor hierdie aangeleentheid, raadpleeg asb. paragraaf 4.5.12 in Hoofstuk 4.

4.2.3 Kwalitatiewe navorsingsmetode

Individuele onderhoude

7

Die oogmerk met die individuele onderhoude was om te probeer verklaar waarom Setswanasprekende GOS-studente in Lewensoriëntering ten spyte van papiergebaseerde, elektroniese én mobieleleerondersteuning op kontakonderwys (persoonlike onderwys) aandring. Ek het die vrae direk aan die deelnemers gestel en vrae uit die vraelyste gebruik om meer beskrywende en verklarende inligting te bekom (Bryman, 2001: sonder bladsyverwysings; Mouton, 2001: sonder bladsyverwysings; Cohen, et al., 2002: sonder bladsyverwysings). Individuele onderhoude het my in staat gestel om verpersoonlikte inligting te bekom. Ek kon sodoende die werklike ervarings en realiteite, (gedraginge, idees, persepsies en gevoelens) van die respondente hermeneuties fenomenologies priem en begryp.

Studiepopulasie

8

Die studiepopulasie sluit in al die beskikbare GOS-studente in Lewensoriëntering wat die Skool vir Voortgesette Onderwys van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe aan die NWU (Potchefstroomkampus) se fasiliteringsgeleenthede gedurende 2010 kon bywoon. Dit behels die Setswanasprekende studente wat hulle vrywillig vir die GOS in Lewensoriëntering as afkampusonderwysprogram aan die Noordwes-Universiteit ingeskryf het en wat spesifiek tot die Atamelang-, Vryburg-, Lichtenburg-, Potchefstroom-, Rustenburg- en Garankuwa- fasiliteringsentrum behoort. Ek het uiteindelik sewe individuele onderhoude (N = 7) met deelnemers uit die beskikbare getal studente gevoer (N = 103).

Fokusgroeponderhoude

9

Die doel met my fokusgroeponderhoude was om selfonthulling aan te moedig sodat ek as navorser die gesindhede, persepsies en denke van die deelnemers vollediger kon ontleed en met die bevindinge van die individuele onderhoude, die kwantitatiewe vraelys en die literatuurstudie kon trianguleer en kristalliseer (Bryman, 2001: sonder bladsyverwysings; Mouton, 2001: sonder bladsyverwysings; Cohen, et al., 2002: sonder bladsyvewysings). Die fokusgroeponderhoude vind aansluiting by die doelstellings en epistemologiese onderbou

7 Vir volledige besonderhede oor hierdie aangeleentheid, raadpleeg asb. paragraaf 4.6.5 (eerste stippunt) in Hoofstuk 4. 8 Vir volledige besonderhede oor hierdie aangeleentheid, raadpleeg asb. paragraaf 4.6.2 in Hoofstuk 4.

11

van die onderhawige interpretivistiese studie. Die fokusgroeponderhoude het uit ‟n homogene groep deelnemers bestaan. Hierdie onderhoude het tot ‟n diepgaande begrip van deelnemers se persepsies en gesindhede met betrekking tot sosiale interaksie en die sosiale teenwoordigheid van hulle dosente gelei. Gegewe dat hierdie deelnemers Setswana- sprekend is en ‟n bewese kollektiewe, kommunale lewens- en wêreldbeskouing handhaaf, het ek as navorser ook op die voer van fokusgroeponderhoude besluit met die oog daarop om alle studente tydens die navorsingsgebeure te probeer akkommodeer. Fokusgroeponderhoude is dus gevoer om studente te akkommodeer wat verkies het om die vrae eerder in groepsverband te beantwoord. Ek het uiteindelik twee fokusgroeponderhoude met vyf deelnemers per fokusgroeponderhoud gevoer.

Data-analise

10

Om ondubbelsinnige verklarings te kan verskaf, het ek as navorser die data wat uit die onderhoude verkry is, nougeset gekodeer en met behulp van die rekenaarsagtewarepakket

Atlas.tiTM geïnterpreteer (Nisbet, 2007: 12-13). Dit het my in staat gestel om ‟n grondige

begrip te vorm van die moontlike redes waarom hierdie teikengroep van afkampusonderwysstudente op persoonlike onderwys aandring. Oop, selektiewe en aksiale kodering (http: //wiki.elearning.ubc.ca/axial; http: //wiki.elearning.ubc.ca/open; http: //wiki.elearning.ubc.ca/selective; Strauss, 1987: 59-71; Huberman & Miles, 1994: 55-58; Strauss & Corbin, 1998: 101-167) is telkens gebruik om temas vanuit die beskikbare data te identifiseer en te benoem; ooreenkomste en verskille tussen verskillende geïdentifiseerde datakategorieë bloot te lê en om oor die oorsake en gevolge van, voorwaardes vir en interaksies tussen datakategorieë te besin.

Die data-analise en -interpretasie van die empiriese ondersoek is vervolgens met die resultate van my literatuurstudie geïntegreer en in verband gebring (Nisbet, 2007: 12-13).

5.

HOOFSTUKINDELING

Hoofstuk 1 Oriëntering

Hoofstuk 2 Nommerpasonderwys (just-for-me-education)

Hoofstuk 3 Nommerpas-onderwys (just-for-me-education): die plek en rol van sosiale interaksie (kontakonderwys) en tegnologie in afkampusonderwys

Hoofstuk 4 Navorsingsbenadering, -ontwerp en –metodologie Hoofstuk 5 Bespreking van resultate

Hoofstuk 6 Betekenisvolheid en implikasies van studie

Hoofstuk 7 Strategiese riglyne vir die implementering van effektiewe onderwys in afkampus-onderwysprogramme vir praktiserende onderwysers

6.

ETIESE AANGELEENTHEDE

Toestemming om die navorsing uit te voer is van alle rolvennote en belangegroepe verkry. Die amptelike etiekmagtigingsnommer wat vir hierdie doel van die Noordwes-Universiteit ontvang is, is NWU-00067-10-S2 (vgl. Addendum G). Verder is die anonimiteit van die bovermelde studiepopulasie toereikend verseker. Die deelname van die studiepopulasie aan die beantwoording van die vraelys was voorts vrywillig. Dit geld ook die voer van persoonlike en fokusgroeponderhoude. Die navorser het soveel tyd as wat nodig was, daaraan afgestaan om moontlike gevolgtrekkings aan die ingesamelde data te ontpers, asook om my bewustheid van moontlike vooroordeel opsetlik en voortdurend te moniteer.