• No results found

HOOFSTUK 5: DIE PERSEVERANCE KERSFEESORKES

5.7 Organisasie en struktuur

Die Perseverance Kersfeesorkes het die volgende beamptes wat die bestuursraad vorm, ook bekend as die uitvoerende raad:

1. President 2. Voorsitter 3. Ondervoorsitter 4. Sekretaresse 5. Assistentsekretaresse 6. Rekordsekretaresse 7. Tesourier 8. Assistenttesourier 9. Kaptein 10. Onderkaptein 11. Orkesmeester 12. Drie Trustees

13. Werkende komitee (2 lede) 14. Twee addisionele lede

Volgens die grondwet (1969) word die pligte van die bogenoemde bestuur soos volg omskryf (ter wille van die outentisiteit van die studie word die pligte volledig hier gelys):

Pligte van die President:

1. Hy/Sy sal die leiding neem by al die uitvoerende komiteevergaderings. 2. Hy/Sy sal homself/haarself verwittig van die reëls en regulasies van die

organisasie en die unie, en alle lede as gelykes hanteer. Hy/Sy sal die herder van sy kudde wees.

Pligte van die Voorsitter:

1. Hy/Sy sal leiding neem by die algemene vergaderings en sal ‟n beslissende stem hê.

2. Hy/Sy sal na alle administratiewe pligte omsien.

3. Hy/Sy sal verseker dat alle lede die reëls en regulasies van die organisasie nakom.

Pligte van die Ondervoorsitter:

1. Hy/Sy sal leiding neem en in die afwesigheid van die voorsitter die pligte van die voorsitter uitvoer.

Pligte van die Sekretaris:

1. Hy/Sy sal ‟n deeglike en akkurate notule van alle vergaderings hou. Dit sal die plek, datum, tyd van aanvang en afsluiting toon asook die besluite en oplossings wat geneem is. Hy/Sy sal ook deeglik rekord hou van alle inkomende en uitgaande korrespondensie.

2. Hy/Sy sal deeglik rekord hou van alle geregistreerde lede.

3. Hy/Sy sal ook ‟n aanwesigheidsregister hou by elke vergadering.

Pligte van die Assistentsekretaris:

1. Hy/Sy sal die pligte soos benodig uitvoer in afwesigheid van die sekretaresse.

Pligte van die Rekordsekretaris:

1. Hy/Sy moet ‟n databasis hou van registrasies, geboortes en aktiwiteite van die organisasie.

Pligte van die Tesourier:

1. Hy/Sy sal verantwoordelik wees vir die orkes se finansies.

2. Hy/Sy sal alle gelde ontvang en nagaan en dit binne 24 uur by ‟n geregistreerde bank deponeer.

3. Hy/Sy sal ‟n inkomste- en uitgawestaat by die Algemene Jaarvergadering voorlê. ‟n Finansiële staat sal ook voorgelê word by bogenoemde vergadering.

Pligte van die Assistenttesourier:

1. Hy/Sy sal die tesourier bystaan in sy/haar pligte.

Pligte van die Orkesmeester:

1. Hy/Sy sal verantwoordelik wees vir al die musiek benodigdhede.

2. Hy/Sy sal verslag lewer aan die uitvoerende komitee oor die musikante wat nie oefeninge bywoon nie en sal skakel met die uitvoerende komitee oor die musikante wat gaan deelneem aan die jaarlikse kompetisies.

Pligte van die Kaptein:

1. Hy/Sy sal ten volle in bevel wees by kompetisies.

2. Hy/Sy sal verantwoordelik wees vir afrigting of mense vir hierdie doel aanwys.

3. Hy/Sy sal verslag lewer aan die uitvoerende komitee indien enig lid ‟n reël of opdrag in die grondwet oortree.

4. Hy/Sy sal verantwoordelik wees vir streng dissipline en moet verseker dat elke lid ‟n voorbeeld is vir ‟n ander.

Pligte van die Onderkaptein:

1. Hy/Sy sal die kaptein bystaan ten alle tye en sal volle beheer neem in die afwesigheid van die kaptein.

Pligte van die Trustees:

1. Om alle bates van die organisasie en trofeë wat by die jaarlikse kompetisie ontvang is, veilig te bewaar.

2. Hulle sal ‟n getroue jaarlikse ouditverslag van die tesourier se finansiële boeke indien.

Affiliasie:

1. Lede wat geaffilieer is tot ‟n ander orkes sal ‟n klaringskaart geteken deur die voorsitter en sekretaresse van die genoemde orkes lewer. 2. Lede sal aanvaar word op goedkeuring van die vergadering.

3. Die affiliasiefooi sal R10 wees vir alle lede.

4. „n Seisoenfooi van R10 vir alle lede is betaalbaar by die Algemene Jaarvergadering.

5. „n Lid wat bedank sal alle voordele verbeur, maar sal verantwoordelik gehou word vir enige skulde.

6. „n Lid sal met ‟n klaringskaart uitgereik word indien alle skulde vereffen is.

7. Aansoek om ‟n klaringskaart kan mondelings of skriftelik gedoen word by ‟n algemene vergadering.

Bogenoemde is die bestuur van die Perseverance Kersfeesorkes. Uit hierdie bestuur is daar ook verteenwoordigers op die Unie-bestuur en uit hulle is daar verteenwoordigers op die Raad se bestuur.

Tans is die voorsitter van die Perseverance Kersfeesorkes, Freddie Moore, ook die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Raad vir Kersfeesorkeste.

Die huidige bestuur (2010) lyk as volg:

President A.D. Cupido

Voorsitter F.C. Moore

Ondervoorsitter D. George Sekretaresse D. Maarman Assistentsekretaris P. Conradie

Tesourier B. Johnson Assistenttesourier A. April Trustees P. Witbooi B. George A. Stephens Kaptein A. Moore Onderkaptain A. Solomons Addisionele Lede M. Beukes

C. Johnson

Orkesmeester S. Hannie

Die Kersfeesorkeste is tans verdeel in drie rade. Die Westelike Provinsie Kersfeesorkesteraad, Die Suid-Afrikaanse Verenigde Raad vir Kersfees-orkeste en die Suid-Afrikaanse Raad vir KersfeesKersfees-orkeste. Die Perseverance Kersfeesorkes het in 2008 verskuif van die Suid-Afrikaanse Verenigde Raad vir Kersfeesorkeste na die Suid-Afrikaanse Raad vir Kersfeesorkeste.

Die volgende lys toon die huidige struktuur van die Suid-Afrikaanse Raad vir Kersfeesorkeste aan (2010):

Skiereiland en Distrikte Kersfeesorkes Unie

1. Young Royal Crusaders 2. Royal Stars

3. Wisemen of the East 4. Palm Crusaders

5. Guiding Stars – Mosselbay 6. Good Shepherds

7. Loving Shepherds 8. Guiding Stars 9. Royal Crusaders 10. Wellington Crusaders

Boland Kersfeesorkes Unie 1. Progress – Swellendam 2. Tulbach Crusaders 3. St. Blues – Robertson 4. Ceresians 5. The Fleet 6. Ceres Crusaders 7. Star of Calvary

Wes-Kaap en Distrikte Kersfeesorkes Unie

1. Perseverance

2. Young Royal Shepherds 3. Vision of Daniel – Worcester 4. Pilgrim Crusaders