• No results found

HOOFSTUK 4 : NAVORSINGSONTWERP EN METODOLOGIE

4.11 METODES VAN DATA-INSAMELING TYDENS STUDIE

4.11.1 Oopeind-vraelyste

Die doel van die oopeind-vraelyste in hierdie studie was om verskillende belanghebbendes in die onderwys se mening, ondervinding, onderwys, opvoedkundige agtergrond, houding, gevoelens, kennis en aanbevelings rondom die holistiese ontwikkeling van die Grondslagfase-leerder sedert 1998 te ondersoek.

Afdeling A van die vraelys het demografiese inligting verskaf en Afdeling B het inligting oor die deelnemer se jare ondervinding in die onderwyspraktyk verskaf. Afdeling C het gehandel oor die kennis rondom die kurrikulum en ondervinding en ervaring rondom die holistiese ontwikkeling van die Grondslagfase-leerder soos in tabel (Addendum E) beskryf. Afdeling C het gehandel oor die kennis rondom die kurrikulum en ondervinding en ervaring rondom die holistiese ontwikkeling van die Grondslagfase-leerder soos in Tabel 5.1 gesien kan word. Hierdie vrae is gestel om eers uit te vind of die deelnemer bevoeg genoeg voel en oor genoegsame kennis en vaardighede beskik om te weet hoe om ʼn leerder holisties te kan onderrig. Daarna is die deelnemer gevra of sy dink dat holistiese ontwikkeling belangrik is. Met hierdie vraag het die deelnemer meer spesifiek begin reflekteer oor holisme en in die daaropvolgende vraag is die deelnemer gevra watter voordele sy

101 sien in holistiese ontwikkeling. Die

deelnemer kon nou meer spesifiek antwoord. Nadat die

deelnemers hierdie vrae geantwoord het, het hul geweet wat tydens lesse van hul verwag

word om leerders holisties te kan ontwikkel. Met die volgende vraag wou die navorser

bepaal of die deelnemer tydens onderrig aandag gegee of tyd toegestaan aan die sosiale

en emosionele welstand van leerders in haar klas. In die volgende vraag moes die

deelnemer motiveer hoe sy die sosiale en emosionele welstand by leerders bevorder het.

Indien die deelnemer

in die vorige vrae positief geantwoord het sonder om werklik bewus te wees van wat holistiese ontwikkeling werklik behels, kon daarin hierdie vraag gesien word waar sy verduidelik hoe sy holistiese ontwikkeling by leerders bevorder het. In vraag 7 is ʼn rooster gegee van die Lewensvaardighede wat voorgeskryf is volgens die KABV vir elke graad. Die deelnemers moes aandui hoeveel tyd per week bestee is aan verskeie studie-areas soos Aanvangskennis, Persoonlike en Sosiale Welstand, Skeppende Kuns en Liggaamsopvoeding met elkeen se onderafdelings. Die doel hiermee was om te sien of die KAV genoegsame voorsiening maak vir holistiese ontwikkeling en of die tydstoekenning van die deelnemers meer akademies gerig was. Na aanleiding van die deelnemers se antwoorde op die rooster, kon hul vraag 8 antwoord waar daar aan hulle gevra is hoe die huidige kurrikulum aan die riglyne vir holistiese ontwikkeling van die Grondslagfase-leerder voldoen. Die volgende vraag was in konteks met die vorige vraag waar daar gevra is hoe die deelnemer haar lesplanne uitgewerk het om leerders holisties te kon ontwikkel. Die deelnemers se jare van onderwysondervinding het gehelp met die antwoord van die volgende vraag waar gevra is oor die belewenis/ervaring van die deelnemer ten opsigte van die kurrikulum sedert 1998 tot hede met betrekking tot die holistiese ontwikkeling van die Grondslagfase-leerder. Nadat die deelnemers bogenoemde vrae geantwoord het, kon die deelnemers self oordeel of hulle die leerders wel holisties ontwikkel en of daar dalk leemtes was wat holistiese ontwikkeling verhoed het. Daar is voorts gevra watter faktore in leerders se ouerhuise ʼn rol speel in die holistiese ontwikkeling van leerders in haar klas. Hierdie faktore kon bepalend wees in watter mate leerders tuis holisties ontwikkel word en het gelei na die volgende vraag oor wat die deelnemer kon aanbeveel wat ʼn bydrae kon maak tot die holistiese ontwikkeling van die leerders. Ten laaste kon die deelnemers nog iets noem aangaande die holistiese ontwikkeling van die Grondslagfase-leerder wat nog nie genoem was nie.

Die vrae is duidelik en ondubbelsinnig gevra sodat die deelnemer presies geweet het wat gevra word. Die vrae was maklik leesbaar sodat dit nie nodig was dat die deelnemer die vraag herhaaldelik moes lees om die vraag te verstaan nie. Vrae is spesifiek opeenvolgend gevra om die gedagtegang tot dieper denke te lei. Latere analisering van die data is ook ingedagte gehou met die agtereenvolging van die vrae. Volgens Cohen et al. (2011

:

261) moet daar ʼn balans wees tussen menings en feite en leidende vrae moet vermy word.

102 Die vraelys is met die studieleier bespreek; wenke is gegee en aanbevelings is gemaak; en met haar goedkeuring (ná ʼn loodsondersoek) is die goedkeuring van die etiekkomitee (Addendum A) verkry en die oopeind-vraelyste is uitgedeel aan deelnemers

(Vgl) bl 225.

103 Tabel 4.2

:

Kategorieë in oopeind-vraelyste

Afdelings Vakadviseurs (n=3)

Hoofde (n=5)

Departementshoof se vrae tydens die onderhoud (n=6) Grondslagfase- onderwyseres (n=18) Afdeling A Demografiese inligting

Fokus area soos Wiskunde, Huistaal, Eerste Addisionele Taal of Lewensvaardigheid

Soort skool: Plaasskool, Vorige Model C-skool, Parallelmedium- of inklusiewe skool.

Is sy ʼn Grondslagfase- onderwyser? Jare onderwysondervinding.

Het die onderwyseres Grondslagfase-opleiding? Hoeveel jare

onderwysondervinding? Wat is die hoogste kwalifikasie van die deelnemer?

Afdeling B Jare ondervinding as ʼn vakadviseur. Hoogste onderwyskwalifikasie. Jare ondervinding as ʼn hoof. Hoogste onderwyskwalifikasie. Jare ondervinding as departementshoof vir die Grondslagfase.

Hoogste

onderwyskwalifikasie.

Watter graad gee die deelnemer in onderrig. Aantal leerders in die klas. Gemiddelde ouderdom van die leerder.

Afdeling C Kennis rondom holistiese ontwikkeling (vgl. par. 1.2.1; 2.2.3 en 2.3.2)

Kennis rondom wat die holistiese ontwikkeling van die Grondslagfase- leerder behels.

Kennis rondom wat die holistiese ontwikkeling van die Grondslagfase- leerder behels.

Kennis rondom wat die holistiese ontwikkeling van die Grondslagfase- leerder behels.

Kennis rondom wat die holistiese ontwikkeling van die Grondslagfase- leerder behels.

104 Belangrikheid en voordele van holistiese ontwikkeling (vgl. par. 2.6) Die belangrikheid en voordele van holistiese ontwikkeling.

Hoekom die hoof dink holistiese ontwikkeling van die Grondslagfase- leerder is belangrik. Voordele vir ʼn leerder om holisties ontwikkel te wees.

Is holistiese ontwikkeling vir leerders in die

Grondslagfase belangrik? Voordele vir holistiese ontwikkeling.

Beskik onderwysers oor genoegsame kennis om leerders holisties te kan ontwikkel?

Dink sy holistiese

ontwikkeling is belangrik vir die leerder en watter voordele daarin lê dat die leerder holisties ontwikkel.

Toepassing van holistiese ontwikkeling (vgl. par. 2.3.5 en 2.4) Word Grondslagfase- leerders in die Kenneth Kaunda-distrik

genoegsaam holisties ontwikkel?

Die invloed van

departementele eise op Grondslagfase-

onderwysers ten opsigte van hul onderrigtyd.

Lewensvaardighede bestaan uit Aanvangskennis, Persoonlike en Sosiale welstand, Skeppende Kuns en Liggaamsopvoeding. Hoe laat sy hierdie studie- areas tot sy reg kom. Hoe holistiese

ontwikkeling in haar Grondslagfase geïnkorporeer word. Faktore wat ouerhuise speel rondom die

Hoe sy die leerder daagliks holisties laat ontwikkel.

Faktore in leerders se ouerhuise rondom holistiese ontwikkeling van so ʼn leerder.

105 holistiese ontwikkeling

van die leerder. Kurrikulum

sedert 1998 tot 2015

(vgl. par. 3.7.3 en 3.7.4)

Hoe voldoen die

kurrikulum aan die riglyne van holistiese

ontwikkeling.

Die belewenis/ervaring ten opsigte van die

kurrikulum sedert 1998 tot 2015 ten opsigte van die holistiese ontwikkeling van die Grondslagfase- leerder.

Watter verandering ondervind u in die

kurrikulum ten opsigte van die holistiese ontwikkeling van die Grondslagfase- leerders?

Die belewenis/ervaring ten opsigte van die

kurrikulum sedert 1998 tot 2015 ten opsigte van die holistiese ontwikkeling van die Grondslagfase- leerder. Faktore wat holistiese ontwikkeling verhoed (vgl. par. 2.3.4; 3.5.3; 3.7.5; 3.7.6 en 3.8) Leemtes of belemmeringe rondom die holistiese ontwikkeling van die Grondslagfase-leerders. Algemene klagtes wat hul as vakadviseur van onderwysers hoor wat holistiese ontwikkeling kan verhoed. Faktore wat Grondslagfase- onderwysers se vermoë om leerders holisties te kan ontwikkel beïnvloed.

Enige faktore in die skoolstelsel wat die holistiese ontwikkeling van die leerders verhoed.

Faktore wat haar mag verhoed dat sy nie die leerders holistiese kan ontwikkel nie.

Aanbevelings (vgl. par. 2.5 en 3.7.3)

Aanbevelings Aanbevelings Aanbevelings Aanbevelings rondom hoe

om leerders meer holisties te kan ontwikkel.

106